|
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance
Nadine Bester is ’n traumasuster op lugambulanse. Toe haar seun
gedragsprobleme toon, stel die laer skool se jeugwerker, Rusty, voor
dat Nadine w eer begin uitgaan.
Haar seun hou egter glad nie v an haar nuwe kêrel nie. Daarby verhuur
haar ma die tuinwoonstel op hulle er f aan Rusty en nou is die
jeugwerker onder haar neus en kom telkens tot haar redding.
Kan Rusty haar seun help om Nadine se nuwe liefde te aanvaar?
Of is die aantreklike rooikop jeugwerker juis die probleem?
Toe Adelie haar aantreklike Franse tutor ontmoet, begin haar hart
volksvreemde tale praat. Sy moet besigheidsterminogie leer, maar bewys
gou sy is dit reeds baas. Daarna maak Sihan elke oomblik tussen hulle
kosbaar en leer haar die werklike betekenis van die
sinnetjie “Je t’aime”.
Dis nou tot haar eerste liefde, Shane, weer op die toneel verskyn.
Dieselfde Shane wat in die boomhuis in hul agtererf talle beloftes aan
haar gemaak het en toe haar hart gebreek het. Al uitweg wat Adelie
sien, is dat sy en Sihan hul eie boomhuisbeloftes moet maak.
Tot die dag toe alles skielik in duie stort ...
Juliëtte geniet haar werk as juffrou en sy en haar trouman, Lodewijk,
beplan om verloof te raak. Dis nou tot haar grootword-boetie, Arendt,
onverwags uit Frankryk terugkeer.
Die seun uit haar kinderdae is nou ’n aantreklike dokter. Hy wek
gevoelens in haar op wat Juliëtte nie kan verstaan of beheer nie. Sy
doen haar bes om Arendt te vermy en spandeer selfs meer tyd saam met
Lodewijk.
Maar haar hart wil nie na rede luister nie en dwing haar telkens terug
in Arendt se arms.
South African playwright Hannah Meade arrives in London for the
opening night of her new play. She has arranged to meet Pierre, the
student she was in love with when she taught English in Paris. During
their time together, they lied their way towards truths they were too
young and inexperienced to endure. Perhaps this time they will have a
second chance.
As the reader is drawn from contemporary London back to Paris
on the eve of the war in Iraq, the mystery of past events is brought to
vivid life in a series of dramatic, intriguing and deeply moving
encounters. Written in layered, stark prose, The White Room lays bare
many of our assumptions about language, identity, memory, loss and
love.
‘Craig Higginson is at the vanguard of the latest and most exciting
novelists in South Africa, both robust and sensitive, offering a barometer
of the best to be expected from the newest wave of writing in the
country.’ – André Brink
‘In its conception and execution, The White Room is remarkable ...
Evocative and dreamlike, yet all too nightmarishly real, this is a story so
moving that it leaves a powerful afterimage on the reader’s
imagination.’ – Craig Mackenzie
Dis twaalf jaar vandat Anika se pa afgedank is en hulle gesin van die
Grahams se plaas af weggejaag is. Sy is seker die man wat haar as
perdetemmer aangestel het besef nie wie sy is nie, en dit is goed.
Sy is terug vir vergelding.
Dis tyd dat die hoogmoedige Grahams besef hulle is nie beter as
enigiemand anders nie. Veral die oudste seun, Ian. As sy hom tot ’n val
kan bring, kan sy weer begin dink aan drome droom oor haar eie toekoms.
Maar die lewe loop soms onbeplande draaie ...
Joernalis Cecile se humeur is net so warm soos haar vlamrooi hare en
kaptein Ruan de Wet laat dit elke keer opvlam. Cecile is nuut by die
plaaslike koerant en niks gaan haar keer om die scoop te kry oor die
diefstal van die blou diamante nie.
Dit plaas haar egter direk in die spervuur. En dan dreig haar hart
boonop om sag te word om Ruan.
Gaan hy haar hart kan vasboei of gaan sy weereens eerder vlug as veg?
Vir Armin en Gia is dit liefde met die eerste oogopslag toe hulle op ’n
vlug tussen Dub ai en Londen ontmoet, maar die noodlot gryp in. Toe
hulle mekaar vyf jaar later weer op ’n vlug raakloop, is Gia getroud.
Byna drie jaar later kruis hulle paaie weer en alhoewel Gia intussen
geskei is, is Ar min nou verloof. Sal die vonk tussen hulle dié keer
behoorlik ontvlam? En wat van die geheim wat Gia tenalle koste van
Armin wil weerhou?
Yolandi huiwer toe die hoofredakteur van Rooibos Media haar stuur om ’n
onderhoud te voer met Kruger Wolmarans, ’n moordverdagte wat sy onskuld
wil bewys. Die hoofredakteur is immers haar ma is en Kruger haar
hoërskoolliefde.
Gou is haar loopbaan aan skerwe en haar lewe word deur ’n klomp
booswigte bedreig. Haar romanse met Kruger vlam weer op, tot sy ontdek
dat hy en haar familie jare lank vir haar gejok het oor sy verdwyning.
Kan sy hom weer vertrou?
Fiona Viviers, ’n suksesvolle ortotis is in ’n ongelukkige verhouding
vasgevang. Anton Bruwer, ’n enkellopende spysenier, help Fiona in ’n
ongemaklike situasie.
Die insident beland op die internet en Anton word as ’n held gesien,
wat hom dwing om verder betrokke te raak. Fiona waardeer sy hulp, al
hou sy nie daar van om “gered” te word nie.
Gaan sy hom die kans gee om ’n tikkie towerkrag in haar lewe te bring?
Elandi vlug na Roodezand om weg te kom van die skindertonge wat haar
lewe verwoes het. In haar nuwe pos fokus sy op haar Wiskundeonderrig en
om geld in te samel vir die matriekafskeid.
Sy wil nie weer ’n man in haar lewe hê nie, maar Hendrik de Bruyn en
dominee Neels stel belang. Hendrik wil dalk weer liefde ’n kans gee, en
Neels soek ’n vr ou wat orrel kan speel.
Wie gaan haar hart wen?
Retha Malan sien dokter Isak Vermeulen die eerste keer toe hy ontstoke
uit haar dosent se spreekkamer storm en haar amper onderstebo loop. Hy
hoor lat er dat sy hom ’n brombeer noem!
Soos hulle mekaar leer ken, besef hulle hulle is geesgenote en Isak
begin selfs praat van trou. Dan sien Isak vir Retha in ’n vurige
omhelsing met ’n ander man. Hy konfronteer haar en sy sien sy gebrek
aan vertroue onvergeeflik.
Sal liefde en vergifnis dié struikelblokke kan oorwin?
Maya is ’n suksesvolle eiendomsagent by haar flambojante verloofde,
Douw, se agentskap. Een die kliënte vir wie Maya huis soek, is dokter
Reinhardt Enslin. Hulle is aangetrokke tot mekaar, maar hy rou nog oor
sy vrou wat dood is, en hy het twee kinders op universiteit.
Toe Maya uitvind Douw is ontrou aan haar en knoei met die agentskap,
sneuwel hul verhouding. Is daar vir haar ’n toekoms saam met die
aantreklike, innemende Reinhardt, of droom sy verniet?
Ná ’n nag van passie het Jacqueline en Boshoff hul harte op mekaar
verloor, maar haar noodgedwonge leuens oor haar verlede het hulle
uitmekaar gedwing.
Dan besoek Jacqueline ’n gewilde wynplaas om ’n artikel na te vors, net
om uit te vind Boshoff is mede-eienaar. Boshoff maak asof hy haar nie
ken nie en dan hoor sy dat hy boonop verloof is. Jacqueline moet veg
teen haar eie gevoelens en Boshoff se giftige verloofde.
Gaan Jacqueline en Boshoff mekaar weer vind?
Ná haar man se dood kruip Issa Joubert weg in haar groentetuin op die
erf langsaan. Hier kan sy haar tyd neem om te genees van die onreg en
seer.
Tot ’n ontwikkelaar besluit hy wil ook die erf hê. Richter Human is
Issa heeltyd een stappie vooruit, maak haar deurmekaar en erken sy trek
hom aan.
Hy druk al die regte knoppies, maar kan sy hom vertrou? Is hy te goed
om waar te wees, of kan hulle saam geluk vind?
Ná ’n huwelik vol leuens en ontrou, is Riana klaar met mans.
Tot sy een aand op aandrang van haar vriendinne ’n
spoedafspraak-geleentheid bywoon en vir Jacques ontmoet.
Jacques is aantreklik, selfversekerd en laat haar hart vinnig klop. Ná
sy egskeiding, het hy net op sy werk gefokus, maar ’n ligte hartaanval
het hom sy prioriteite laat heroorweeg.
Van die eerste ontmoeting spat die vonke tussen Riana en Jacques. Maar
kan hulle dit waag om weer te vertrou en lief te hê?
Emma keer ná sestien jaar na Silver Creek Ranch terug, salig onbewus
van die chaos wat sy op die plaas veroorsaak. Sy was James, die eienaar
se oudste seun, se jeugliefde, maar hy het nou ’n ander meisie. Emma en
James het albei verander, en hul onskuldige kinderliefde verander
stadigaan in iets onstuimiger.
Gaan Emma se gladde mond haar en James vir altyd uitmekaar dryf? Of
gaan James dit reg kry om Emma finaal te tem?
Ná emosionele terugslae sukkel Kelly Logan, internasionaal bekroonde
skrywer, om haar nuutste misdaadroman te voltooi.
Toe sy dreigbriewe ontvang, huur haar uit gewer ’n lyfwag vir haar. Gou
besef Kelly dat Jason, ’n gespierde oudsoldaat, die perfekte
storieboekheld is.
Nog nooit was sy so geïnspireer nie en Jason help graag met haar
navorsing oor die perfekte soen. Maar hulle albei het geraamtes in die
kas. Sal hulle geluk in mekaar se arms kan vind?
Of gaan die noodlot teen hulle draai?
Alicia van Aarde is tuis in haar werk as bibliotekaresse en in
Amsterdam. Toe haar ma, Elizabeth, vir Alicia na haar troue uitnooi,
word hulle bande weer versterk.
Alicia is aanvanklik geïrriteerd met Ruben Retief, die neef van
Elizbeth se aanstaande, wat ook in Europa werk en vir die troue
Suid-Afrika toe reis. Tog verras Ruben, ’n operasanger, haar met sy
andersheid.
Hulle families het verwagtinge oor hulle twee, maar albei is versigtig
vir seerkry. Sal die liefde die gaping tussen hulle kan oorbrug?
Kathleen Porter wil wegstap van haar familiegeskiedenis in Leydsdorp
maar John Perkins oortuig haar om hul voorsate se verhale in die
Bosvelddorpie te gaan naspoor. Al is daar net spoke oor.
Dit is die einste spoke, Ou Sandy en Karla, wat die verlede se geheime
verklap. Kathleen besluit om as erfgenaam die oorgelewerde geskiedenis
tot ’n einde te bring, maar haar hart wil saamspeel nie.
Gaan sy die lewendige spook uit John se die verlede kan besweer? En sal
hulle hul verskille kan oorkom?
Ná haar lewe uitmekaar val, vlug Kate Ierland toe. Op die vliegtuig,
vang Flynn, ’n aantreklike rooikop Ier wat Afrikaans praat, haar onkant
met sy sjarme. In Ierland loop Kate weer in Flynn vas, maar toe sy
uitvind hy is die dorp se pier ewaaier sluit haar hart af.
’n Motorongeluk verander alles. Flynn, die enigste mens wat sy in die
vreemde land ken, help Kate om weer op haar voete te kom.
Maar sal sy ooit weer heeltemal heel wees?
Al wat Surika Breedt wil hê nadat haar kêrel haar vir ’n ander meisie
gelos het, is ’n rustige Kersvakansie by haar ouerhuis.
Daar vind sy egter ’n indringer: Alex de Bruyn wil hulle Karoodorp in
’n vakansie-oord omskep. Wie is hy om te dink hy weet wat Grysbult
nodig het?
Boonop moet Surika vir ses weke saam met Alex in haar ma se gastehuis
bly. Tot haar ontsteltenis ontdek sy die man kan soen soos ’n droom.
Gaan sy hom kan weerstaan?
As lewensafrigter help Lize graag mense om hul lewe op koers te kry.
Mark Lessing is plat geslaan ná ’n groot verlies en klop slegs op
aandrang van sy ma by Lize aan. Lize verstaan moeilike ma’s en groot
verlies, maar Mark is hardkoppig en eiesinnig.
Lize fassineer Mark en maak hom weer lus vir die lewe.
Uiteindelik oorreed sy hom om w erk te soek. Sy nuwe baas is egter ’n
beeldskone blondine, en dis toe dat die poppe begin dans.
Karla is ’n sorgvrye en kreatiewe bakster. Regardt is ’n vlieënier en
’n perfeksionis. Tog is hulle vriende. Toe Regardt vir Karla vra om
voor te gee om sy verloofde te wees, ter wille van sy sterwende oupa,
sê sy ja.
Maar toe trou hulle regtig, want Regardt se oupa wil by die troue wees.
Met elke soen en liefkosing val Karla al hoe meer vir haar nuwe man.
Gaan sy Regardt se hart kan wen, of gaan hy haar altyd net as ’n
vriendin sien?
Karla Malan, ’n prokureur, kuier in Ciprus waar haar dogter as au pair
vir die Demetriou-gesin werk.
Daar ontmoet sy die aantreklike professor Nikolas Demetriou. Karla en
Nikolas voel aangetrokke tot mekaar, maar beide het slegte skeisake
agter hulle en iemand anders wat in hulle belangstel.
Kan hulle die hindernisse in hul pad oorkom en ’n tweede kans vir
liefde vind?
Celeste is die jongste kind en voel haar familie onderskat haar. Toe sy
hoor van ’n pos by ’n seunskoshuis op die kleinhoewe Hemel-op-aarde wat
dringend gevul moet word, gryp sy die geleentheid aan.Maar die
aantreklike Arno Hougaard meng met haar werk in en laat haar aan haar
vermoëns twyfel. Haar vriendinne beskou hom as ’n vangs, maar in haar
oë is hy sommer net ’n pyn. Gaan Celeste haar voete en liefde kan vind?
|
You may like...
The Ex Effect
Jo Watson
Paperback
(1)
R295
R264
Discovery Miles 2 640
Nagreisiger
Leon van Nierop
Paperback
R318
Discovery Miles 3 180
Bad Luck Penny
Amy Heydenrych
Paperback
(1)
R350
R323
Discovery Miles 3 230
Liefdesles
Vita du Preez
Paperback
R320
R300
Discovery Miles 3 000
Bruidzilla
Marion Erskine
Paperback
R310
R277
Discovery Miles 2 770
Droomjagter
Leon van Nierop
Paperback
R340
R304
Discovery Miles 3 040
|