0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (38)
  • R100 - R250 (76)
  • R250 - R500 (153)
  • R500+ (8)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance

Droomwewer (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Droomwewer (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Ná ’n vernederende insident by die werk, verwag Mariechen Jonker onmiddellike ontslag. ’n Werksaanbod naby Kaapsehoop bied ’n welkome uitkoms, veral omdat sy by haar geliefde tante kan gaan bly.

Die restourasieprojek op Kaapsehoop is ’n lekker uitdaging. Maar dan begin sy vreemde drome droom waarin ’n karakter uit die dorp se delwersgeskiedenis sterk figureer – ’n man wat nes haar werkgewer, Heinrich Retief, lyk.

Op ’n spooktoer tydens die Wildeperdefees, ontdek Mariechen dat drome en werklikheid kan oorvleuel, en dat ware liefde kosbaarder is as goud.

Liefste Kersvader (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Liefste Kersvader (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Danielle is moeg om alleen te wees. Veral oor Kersfees. Dis haar derde Kerspartytjie by Love Incorporated en sy het steeds nie ’n man in haar lewe of ’n ring aan haar vinger nie. Mense begin skinder. Hoekom is ’n beeldskone jong vrou soos sy steeds enkellopend? Vir die pret skryf al die werknemers hulle Kerswense neer en die bestuurshoof stuur dit Noordpool toe.

Maar die briefies is anoniem. Hoe sal Kersvader weet Danielle is die een wat vir ’n man vra?

Boere-Aspoester (Afrikaans, Paperback): Beatrix Smith Boere-Aspoester (Afrikaans, Paperback)
Beatrix Smith
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Alinda is vasbeslote om haar sterfbedbelofte aan haar ma na te kom voor sy trou. Maar watter man sal sewe jaar vir haar wag, soos Jakob vir Ragel?

Dieselfde dag waarop sy haar ontroue aanstaande die deur wys, steel ’n Gautenger haar parkeerplek. Alinda besluit net daar om mans die rug te keer.

Toe dit blyk die Gaut enger is haar buur man se kleinseun Harry, spat die vonke behoorlik tussen hulle. Sal Harry Alinda kan oortuig hy is ’n man soos Jakob?

'n Liedjie Vir Anine (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler 'n Liedjie Vir Anine (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe dans jy as die lied in jou hart stil geraak het?

Bekende musiekster, Zander Breedt, se muses het hom verlaat. Die helder ligte van die verhoog het hul glans verloor, en dit klink asof die suiwer melodieë in sy kop vervang is met ’n droewige klaaglied.

Boonop is daar sy nuwe skoonsus, Anine Vos, ’n joernalis, ’n spesie waarvoor hy nie baie ooghare het nie. Hy moet haar gedoog, al maak sy dit duidelik dat sy nie tyd het vir ’n popster soos hy nie. Tog, om een of ander rede begin die note weer helder deur Zander se
gedagtes klink wanneer sy naby is.

Anine kan nie verstaan hoekom juis sý die opdrag moes kry om ’n in diepte-artikel oor Zander te skryf nie. Sy het mos niks verloor by hierdie mislike musikant nie. Om deur sy lewe te krap is die laaste ding wat sy wil doen terwyl haar eie hart nog gebreek is.

'n Jetski vir twee (Afrikaans, Paperback): Ilze Beukes 'n Jetski vir twee (Afrikaans, Paperback)
Ilze Beukes
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Met haar prokureur se hulp, vind Lizzy onder ’n nuwe identiteit ’n toevlug op ’n plaas by die see. Daar versorg sy die visser shuisies en bly naweke in die eienaar, Reuben, se huis terwyl hy in Mauritius is.

Alles gaan goed, tot Reuben een nag onv erwags opdaag en Lizzy hom vir ’n inbreker aansien en haar self verdedig.

Reuben is kalm, onder steunend en dierbaar. Hy maak haar deurmekaar, al sê hy hy wil ook nooit trou nie. Gaan haar hart dié keer selfs seerder kry as voorheen?

Om Isla op te pas (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Om Isla op te pas (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Isla Vosloo se lewe word bedreig ná sy haar nuwe baas aangekla het van teistering. Toe hy haar dreig en begin agtervolg, moet sy teen haar wense haar vriendin se broer, Janco Watermeyer, toelaat om by haar in te trek tot haar woonstel beveilig is.

Janco is ’n IT-spesialis by ’n sekuriteitsfirma en ’n hartebreker wat nie in verhoudings belangstel nie.

In die klein ruimte van Isa se woonstel, raak dit egter toenemend moeiliker om te onthou hoekom hy nie aan haar mag raak nie.

Volmaansoene in Mauritius (Afrikaans, Paperback): Rene van Zyl Volmaansoene in Mauritius (Afrikaans, Paperback)
Rene van Zyl
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Zoey haar beste vriende se troue op Mauritius bywoon, moet sy Liam, die man wat haar kort voor hul huweliksdag verneuk het, trotseer.

Zoey neem haar gay vriend as haar kamma-verloofde saam om haar waardigheid te beskerm, maar sy kom gou agter dat haar hart steeds na Liam smag, al is hy nou weer verloof.

Nou moet sy besluit of sy haar hart of kop moet volg.

As die Lentebloeisels Bot (Afrikaans, Paperback): Corne van Rooyen As die Lentebloeisels Bot (Afrikaans, Paperback)
Corne van Rooyen
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Toe rekenmeester Zelri Cloete se mededinger as afdelingshoof aangestel word op grond van al Zelri se harde werk, is Zelri woedend en ontnugter.

By haar broer op sy wildreservaat, Enigma, ontmoet sy vir Phillip de Necker, ’n aantreklike blonde veearts met die mooiste blou oë.

Phillip doen snaakse dinge aan haar. Hy maak haar woedend, laat haar lag en vir die eer ste keer in jare voel sy spesiaal. Sy’t nie liefde kom soek nie, maar sy kan dit ook nie ontwyk nie. Gaan die liefde die som van haar lewe laat klop?

Om Leah veilig te hou (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Om Leah veilig te hou (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Leah Roelofse werk op haar uitgewer se aandrang saam met krimiskrywer Arend Bosman aan ’n moor dtoneel in haar liefdesverhaal. Die skurke oor wie Arend se nuwe misdaadroman handel, spoor vir Leah by sy huis op. Arend besluit om saam met haar op ’n veilige plek te bly totdat die misdadiger s wat hulle bedreig gevang word. Sy krimi benodig onverwags ’n liefdestoneel, een waarmee Leah hom kan help. Om dae lank saam met Leah in die klein woonstel te werk, raak egter baie vinnig baie gekompliseerd.

Leer my liefkry (Afrikaans, Paperback): Louise van der Merwe Leer my liefkry (Afrikaans, Paperback)
Louise van der Merwe
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Hy voel hoe haar klein hande soekend onder sy hemp probeer inkruip. Hy staan net ’n aks van haar af terug en trek sy hemp met een beweging oor sy kop voor hy haar weer tot styf teen hom aantrek en hy weer haar mond opsoek. Haar knieë knak liggies en hy trek haar stywer teen hom om haar te steun. So deur die soen du hy haar terug na die groot bed toe. Haar oë rek groot toe hy haar optel en op die bed neer sit. “Ek sal niks doen wat jou ongemaklik maak nie. Ek belowe. As my hande te verdwaal, vat dit weg. As jy ongemaklik voel en wil stop, sê my. Ek is in jou hande.”

Sy knik haar kop en vat inisiatief om sy kop nader te trek vir ’n soen. Bliksem, hierdie vrou weet nie wat sy aan hom doen nie! Haar hande is oral op sy bors en arms en hy stut homself so dat sy die toegang het na wat sy verlang. Hy probeer seker maak sy is gewoond aan hom voor hy sy eie verkenningstog begin waarna hy so smag. Hy sis deur sy tande toe sy liggies met haar naels oor sy rugspiere trek en eis weer haar mond op. Sy hand skuif onder haar toppie in en hy sprei sy hand gretig oor haar plat maag en heupe.

Sy kreun toe hy die soen verbreek om sy kop in haar nek te druk en haar sagte vel daar te soen en proe. Stadig, sonder om haar te laat skrik, vou hy sy hand oor haar bors. Die materiaal is van kant en haar bors pas perfek in sy hand. Hy beweeg oor na haar ander bors en dit is haar beur t om deur haar tande te sis.”.

Liham Vermaak, ’n suksesvolle entrepreneur, se streng reëls en koue houding keer dat ’n vrou deel word van sy lewe. Tot Landrie in sy lewe instap.

Landrie wil die wêreld gaan sien en nie gering geskat word as ’n ernstige besigheidsvrou nie. Al maak Liham dit hoe moeilik, gaan sy haar nie laat afgeskrik nie. Maar haar behoef te om hom te leer liefkry word groter as haar droom om die sakewêreld te verower.

Gaan hulle ’n plek in mekaar se harte kan vind?

Roxy (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Roxy (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Jessica Rabbit probeer nie voorgee om iets te wees wat sy nie is nie. Sy’s ’n uitlokkende vrou en klaar.

Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy sy soek ’n roekelose, skelrooi lipstiek-lewe. Almal dink in elk geval sy is sletterig en uitgesproke – grotendeels weens haar blog wat sy onder die skuilnaam Jessica Rabbit skryf. Haar kollega Zander dink sy is Jessica Rabbit in lewende lywe: so witwarm sensueel dat sy ’n nat lap aan die brand kan steek. Roxy voel allesbehalwe sensueel, en die geraamtes uit haar verlede beduiwel telkens haar flirtasies en verhoudings. Daarom gryp sy nou na rooi lipstiek.

Wanneer Zander se pa, die bekende motiveringspreker Adam Muller, op die toneel verskyn, raak Roxy se lipstiek-lewe nog meer deurmekaar. Die enigste sekerheid in Roxy se nuwe wêreld blyk Ouma Lot te wees – totdat dié ook in raaisels begin praat. Roxy se lipstiek begin al meer na oorlogsverf lyk. . .

Die Hart Het Geheime (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Die Hart Het Geheime (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Claire Odendaal moet geld verdien vir haar verdere grade om sielkundige te word. Sy word ’n au pair vir die moeilike stiefdogter van wewenaar Adrian Lawrence, eienaar van ’n landgoed en ’n tegnomaatskappy.

Claire en Adrian is aangetrokke tot mekaar, maar sy is ambisieus en hy wil nie weer trou nie. Daarby is Adrian se rokjagterbroer Wayne agter Claire aan en daar is kriminele aktiwiteite in die Lawrencefamilie.

Kan Claire Adrian vertrou? En wil sy in so ’n opset inp as?

Passie in Parys (Afrikaans, Paperback): Tosca de Villiers Passie in Parys (Afrikaans, Paperback)
Tosca de Villiers
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Margaux is op pad Parys toe. Sy wil ’n kunstenaar word, daarom draai sy haar rug op haar familie, hul besigheid en ’n amper se gereëlde huwelik.

Met Saint-Émilion se oesseisoen op hande is die Kaapse wynboer Dawid Malan te besig om hom deur ’n p aar sexy bene te laat verlei. Veral nie die bene van ’n kunstenaar nie – daardie les het hy op die har de manier geleer.

Maar Parys word nie verniet die Stad van Liefde genoem nie …

Winterwens (Afrikaans, Paperback): Lizelle von Wielligh Winterwens (Afrikaans, Paperback)
Lizelle von Wielligh
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Lianca op haar broer se troue met Paul van Huyssteen dans, weet sy hy is haar trouman, maar Paul het net oë vir die bruid.

Twee jaar later gee Paul se ouers Lianca werk én reël vir haar verblyf in die woonstelletjie op Paul se werf. Hy weet nie Lianca is die man wat sy verloofde gesteel het se suster nie.

Wat gaan gebeur as hy uitvind? Sal Lianca se omgeehart Paul se skanse kan oorkom?

Volbloedman (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete Volbloedman (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Denise vind nog haar voete in die Boland nadat sy uit ’n toksiese huwelik ontsnap het. Dirk is ’n toegewyde polisieman, maar sy eksvrou het hom oor ’n enkele fout in sy verlede finansieel afgepers.

Toe Denise se woonstelgebou afbrand, vermoed sy haar eksman is verantwoordelik. Maar sy bly uit skaamte stil oor haar verlede. Dirk vind uit hoe Denise van haar eksman ontkom het en moet besluit of hy hom daarmee kan versoen.

Sal hulle saam liefde en aanv aarding bymekaar kan vind?

Sy Proe Soos Heuning (Afrikaans, Paperback): Ciska Olivier Sy Proe Soos Heuning (Afrikaans, Paperback)
Ciska Olivier
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Irma het ’n bakkievrag probleme. Daar is haar eks-verloofde, ’n sukkelende trekker en ’n koei wat dringend mediese hulp benodig.

Boonop is Michael, die veearts wat tydelik in Mariental kom waarneem en in die woonstel op hulle plot kom bly, die allerlaaste man wat sy weer wil sien!

Sy probeer uit Michael se pad bly, maar hul paaie bly kruis. Sal sy sy sjarme kan weerstaan?

The Harvard Wife (Paperback): Busisekile Khumalo The Harvard Wife (Paperback)
Busisekile Khumalo
R369 Discovery Miles 3 690 Ships in 2 - 4 working days

The Harvard Wife is the portrayal of the modern career woman. Her struggles in relationships, marriage, divorce and motherhood. It’s a story about a woman who finds herself in an unhappy marriage and while running away from her problems on safari with her best friend she runs into the one that got away. Things spiral downwards from there for her marriage but through it all, divorce and almost losing her child, she finds herself and grows.

Die Reünie (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Die Reünie (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

“Jy lyk ongelooflik. Sensueel. Ek het nie eens besef daar skuil so ’n ongelooflike figuur onder daardie onooglike slaaphemp wat jy gisteraand aangehad het nie.”

Sy wip haarself regop. “Wat bedoel jy met onooglik?!”

“Trust me. ’n Xtra large, verlepte ou hemp met ’n teddiebeertjie op het nog geen man lus gemaak vir enigiets nie.”

“O, regtig. Is dit so? Vir iemand wie glo afgesit was deur ’n teddiebeerhemp, was jy gisteraand taamlik voor op die wa en vol idees.”

Hy lag. Trek haar nog nader. “Ek het nie gesê ek was nie aangetrokke nie. Ek was net nie bewus van al jou versteekte bates nie. Om die waarheid te sê, vir jou sal ek begeer al dra jy ’n goiingsak .”

In ‘n flitsmoment vind sy lippe haar mond. Sy soen deurdring haar, sy lyf stoot haar agtertoe, nader, al hoe nader aan die aantrekhokkie se muur wat sy met ’n slag tref. Haar oë vlieg oop. Daar is sy en hy in die spieëls. Oor en oor word hulle herhaal. Dit. Is. ’n. Publieke. Plek.

Dié woorde refrein saam met die spieëlbeelde in haar kop. Sy druk hom weg, maar hy pen haar arms bo haar kop vas teen die muur.

“Jy gaan nêrens nie.”

Andrea is min lus vir haar skoolreünie, tot sy hoor Stiaan Smith gaan beslis daar wees. Hy het haar hart gebreek toe hy haar ná universiteit vir ’n ander vrou gelos het.

Die saak is uitgemaak: Sy gaan Kaap toe vlieg vir die reünie. Daar gaan sy Stiaan se hart uit sy bor skas pluk, dit braai en afsluk saam met ’n goeie glas rooiwyn. Dit is nou wel jammer sy het nie ’n met gesel nie, maar nou ja.

Die noodlot het egter ander planne.

Haar Grootmensliefde (Afrikaans, Paperback): Cynthia Robertson Haar Grootmensliefde (Afrikaans, Paperback)
Cynthia Robertson
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Juta Enslin is ’n spor tredakteur en aan oefen verslaaf. Tot meningitis haar by die dood laat omdraai en haar gehoor en balans aantas. Sy is skielik van almal om haar af hanklik en voel sy het alles verloor.

Dan ontmoet sy vir Logan Duiguid, ’n Skotse fisioterapeut, wat haar help om haar balans te herwin en weer te begin lewe. Sy raak hopeloos verlief op Logan, maar hy het ’n lieflike meisie.

Juta besef Logan is haar groot liefde, maar kan sy haar eie geluk opgee ter wille van syne?

Jy is my Hartklop (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Jy is my Hartklop (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Ná twee jaar op haar eie is Lelanie oortuig sy is oor haar verslawing aan haar vervreemde man, Adam. Tot hy aangestel word as die besturende direkteur by die maatskappy waar sy werk.

Adam is vasbeslote om haar terug te wen, maar Lelanie wil haar kop nie ’n tweede keer stamp nie. Toe hy tydelik by haar moet intrek, is die versoeking groot om haar slaapkamerdeur en haar hart vir hom oop te maak.

Maar hoe kan sy seker wees hy het werklik verander?

Volbloedvrou (Afrikaans, Paperback): Marile Cloete Volbloedvrou (Afrikaans, Paperback)
Marile Cloete
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Joga-instruktrise Lexi Retief glo aan dankbaarheid en om in die oomblik te leef. Toe fisioterapeut Alex van Aarde Lexi se geliefde hond Hilde kom behandel, bly nié Hilde of Lexi se hart onaangeraak nie. Maar Lexi is besig om haar besigheid op te bou en hou nie van rooikoppe nie, al is sy self een.

Kan twee mense wat so eender s is werklik ’n gesonde verhouding bou? En wat van Alex se moeilike ma en Lexi se oom Danny?

Skakerings van liefde (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Skakerings van liefde (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Barbara se ouers sterf, moet sy haar graad in beeldende kunste staak en uit haar skilder ye ’n bestaan maak.

Plaaseienaar Ryno de Villiers ontferm hom oor haar en laat haar toe om in ’n vervalle kothuis op sy plaas te bly.

Ryno is ’n bekende sanger wat oral in die land optree. Hy en Barbara is aangetrokke tot mekaar, maar albei het bagasie en boonop hulle is t eenoorgesteldes.

Die liefde het vele skakerings. Sal hulle bymekaar kan aanpas?

Somersoen (Afrikaans, Paperback): Lizelle von Wielligh Somersoen (Afrikaans, Paperback)
Lizelle von Wielligh
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Chrisjan Grey op Nicolene verlief raak, tel sy lewe as rykmanskind teen hom. Nicolene se broer glo nie Chrisjan sal die mas opkom as die plaas sou ondergaan nie. Chrisjan verbreek noodgedwonge kontak met Nicolene, maar kan haar nie vergeet nie.

Nicolene daag met ’n ander kêrel by haar broer se troue op, oortuig dat sy net afleiding vir Chrisjan was. Vol jaloesie besluit Chrisjan om homself te bewys deur self sukses te behaal.

Sal hy Nicolene kan terugwen voor dit te laat is?

Die Perfekte Meisie (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Die Perfekte Meisie (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Franzelle se pa eis dat sy ses maande lank as ’n doodgewone winkelbestuurder by die familiebesigheid werk. Sy mag vir niemand sê dat sy sy enigste erfgenaam is nie en sy mag ook nie ’n verhouding aanknoop nie. Haar sportmotor en bodemlose beursie moet ook tuis bly.

Alles werk goed uit tot sy ryk en sjarmante Marnus Bailey ontmoet.

Hy aanvaar Franzelle vir wie sy op die oog af is, maar sy ma is ’n ander storie.

Sal Franzelle en Marnus se liefde oorleef ?

Onwillige Held (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Onwillige Held (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Anja is ’n verpleegsuster met ondervinding van terapiehonde. Toe sy weens ’n bedrogspul sonder heenkome of geld op ’n kusdorp beland, bied oom Er nst haar tydelike werk aan. Sy seun Stiaan glo egter sy het bymotiewe.

Anja sien oom Ernst se troeteldiere tree vreemd op en besef iets is verkeerd. Sy oorreed die oom om vir mediese toetse te gaan, wat tot ’n vroeë kanker diagnose lei.

Maar kan oom Ernst se positiewe benadering tot sy toestand Stiaan en Anja se houding teenoor mekaar en die lewe verander?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Suitcase Of Memory
A'Eysha Kassiem Paperback  (1)
R345 R308 Discovery Miles 3 080
Die verdwyning van Mina Afrika
Zuretha Roos Paperback R250 R227 Discovery Miles 2 270
Love, Zola
Zibu Sithole Paperback R320 R265 Discovery Miles 2 650
Nagreisiger
Leon van Nierop Paperback R318 Discovery Miles 3 180
Droomjagter
Leon van Nierop Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Love At First Flight
Jo Watson Paperback R444 R408 Discovery Miles 4 080
Sabrina September Is A Liar
Nikki Lincoln Paperback R538 Discovery Miles 5 380
Mirre
Chanette Paul Paperback R390 R366 Discovery Miles 3 660
Hulle Noem Haar Carminda
E. Kotze Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Children Of Sugarcane
Joanne Joseph Paperback  (3)
R320 R286 Discovery Miles 2 860

 

Partners