0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (22)
  • R100 - R250 (108)
  • R250 - R500 (156)
  • R500+ (6)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance

Tango Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback): Rina Cilliers Tango Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback)
Rina Cilliers
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) In Stock

Lisette Posthimus, talentvolle balletdanseres, is gewoond aan koerantopskrifte waarin haar talent besing word. Die euforie word wreed onderbreek wanneer sy die rol waarin sy 'n pas de deux saam met 'n wêreldberoemde balletdanser sou dans, met 'n onderduimse gekonkel verloor. Dan moet die dansteater sy deure sluit weens die negatiewe nadraai wat die Covid-pandemie op die kultuurwêreld het.

Drie jaar se verblyf in Londen moet sy uit eindelik in 'n enkele tas pak. Op die nippertjie kry sy 'n tydelike pos as aupair in Spanje by 'n Suid-Afrikaanse familie. Hier loop sy haar vas in 'n uiters aantreklike man met 'n verlede wat by hom spook , sy niggie wat aan 'n persoonlikheidsteuring ly, en sy sjarmante neef. Lisette word gekonfronteer met haar eie onvermoëns en geneigdheid om eerder te vlug as om te veg.

In 'n omgewing waar vurige flamenco-musiek en -danse in die sigeuners se bloed ingebore word, dans ook sy uiteindelik die tango: Die dans van die liefde.

Mirre (Afrikaans, Large print, Paperback): Chanette Paul Mirre (Afrikaans, Large print, Paperback)
Chanette Paul
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe ontmasker 'n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir sy wraak te word?

“Hy sal vir jou sê dit sal nooit weer gebeur nie, maar trust me, dit sal. As daardie membraan tussen selfbeheer en gewelddadigheid eers eenkeer geskeur het, word dit nooit weer heel nie. Dis soos ʼn maagdevlies. Jy kan nooit weer ʼn maagd word nie. Soos onskuld. As jy dit eers verloor het, kry jy dit nooit weer terug nie. En die aanrandings sal eskaleer. It is the nature of the beast.”

Mirre weet Marilyn is reg, maar ʼn Dreyer skei nie. En as sy hom aankla van huishoudelike geweld, sal hy nooit weer sy beroep as befaamde huweliksberader kan volg nie. Sy reputasie sal vernietig wees. En dít sal hy haar nooit vergewe nie.

Buitendien, sy verstaan waar die 'beast' in haar andersins sjarmante man vandaan kom. Maar sy weet ook dat sy volgende keer dalk nie ʼn aanranding sal oorleef nie.

Mirre gaan skuil by haar vriendin Corali op Vywerbaai, waar Boeta Naudé met sy vrou en drie seuns ook woon. Boeta, haar jeugliefde wat steeds haar hart in die holte van sy growwe bouershand hou.

Mirre is die tweede deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

Die Tuiskoms (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Sophia Kapp Die Tuiskoms (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Sophia Kapp 1
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Tien jaar gelede is Liz Aucamp van haar geboortedorp weggejaag. Nou moet sy terug en haar verlede in die oe kyk. Die leuens is groter, die geheime donkerder. Durf sy meer as net haarself beskerm?

Annabella (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Annabella (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Annabella (1922/1923, Tamara se oudste dogter) het die verkryging van vrouestemreg as tema. Die vraag hier is: Wat gebeur as 'n vrou twee groot passies in haar lewe het - stemreg vir vroue en haar musiekstudies - én sy moet kies tussen twee uiteenlopende mans?

Die een is in 'n posisie om die saak van stemreg te bevorder en die ander een is 'n briljante violis wat haar hart in die holte van sy hand hou, maar vrede het met vrouestemreg.

Liefde Vir 'n Prins (Afrikaans, Paperback): Zinet Oosthuizen Liefde Vir 'n Prins (Afrikaans, Paperback)
Zinet Oosthuizen
R110 R65 Discovery Miles 650 Save R45 (41%) In Stock

Die Prins-egpaar aanvaar die jong Delmarie Kemp met ope arms nadat sy in haar matriekjaar wees gelaat word. Sy word deel van hul familie en doen alles in haar vermoë om eendag onafhanklik te wees.

Waarmee sy egter nie tred hou nie, is die feit dat die hart hom nie laat voorskryf nie. Deur die loop van jare het die Prins-boeties ontwikkel in aantreklike, selfversekerde jong mans, en tydens ’n gesinsvakansie by die see ontdek Delmarie dat sy in diep-diep moeilikheid is.

Dit is immers een van haar “broers” teen wie sy haar hart moet staal, en sy moet probeer kophou om nie die grense van haar aanneemfamilie se lojaliteit te oorskry en hul vertroue in haar te skaad nie. Want hoe sal sy haar tweede stel ouers teleurstel as sy vir hulle moet vertel wat in haar hart brand? Veral as die gevoelens vir iemand is wat, deur die wêreld en haar aanneemouers gesien, veronderstel is om haar broer te wees? ’n Broer wat dit ook telkemale duidelik gemaak het dat hy haar nie in die familie wil hê nie!

Uit die Bloute (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Uit die Bloute (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul 1
R390 R366 Discovery Miles 3 660 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël, Ewebeeld en Paaiboelie is terug.

Sy bars van nuuskierigheid oor die groep vroue in die Akkedisberge wat wag vir ʼn moederskip van die Pleiade-sterrestelsel. Sy weier egter om weer saam met Irene en Valk te werk, tot ʼn boogskutter op rolskaatse ʼn bekende regter vermoor en die vermoede ontstaan dat dit moontlik verband kan hou met die UFO-groep.

Toe sy weer sien, konkel sy saam met Irene agter Valk se rug om die raaisel te probeer oplos. Iets wat haar verhouding met Joachim tot die uiterste beproef.

Vir Ayla is haar verlede ʼn verleentheid. Nes haar liggaamsbou. Maak nie saak wat sy doen nie, die stigma van haar ma se bewering dat sy ʼn vlieënde piering gesien het bly net so aan haar kleef soos die groot heupe wat sy by haar ouma oorgeërf het. Sy het egter haar lewe so ingerig dat sy uit die oog kan bly – totdat sy as grafoloog ʼn handskrif moet ontleed en besef haar suster verkeer in wesenlike gevaar. Jojo Richter sal haar kan help om Nimue op te spoor, maar Jojo werk reeds vir Irene en dis Irene se suster wat vir Nimue gevaar inhou. En Strach Serfontein met sy liederlike handskrif wat integriteit, maar ook misleiding verklap, is nou weer ʼn ander tameletjie.

Tien Voor Een (Afrikaans, Paperback): Adele Vorster Tien Voor Een (Afrikaans, Paperback)
Adele Vorster 1
R372 Discovery Miles 3 720 Ships in 4 - 6 working days

Die verhaal van 'n veertigjarige vrou se bestekopname van haar lewe. Sy is morbied obees en kos speel 'n baie belangrike rol. Dis in die vorm van dagboekinskrywings, sms'e en e-posse. Dit bied 'n kykie in die psige van 'n eetverslaafde; iets waarmee baie lesers sal kan identifiseer. Dis ook 'n liefdesverhaal (wat in die verlede afspeel), d.m.v. sms'e en e-posse en derdens volg die leser die broodkrummels na die jeugtrauma wat haar gedefinieer het.

Hierdie is 'n roman wat jou verbeelding beetpak en nie maklik laat gaan nie. Omdat dit in kleinerige brokke aangebied word, omdat dit soveel donker humor bevat en ontdaan is van selfbejammering, omdat die taal so lewendig is, is dit toeganklik sowel as ... wel, gewigtig.

Isabelle (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Isabelle (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Isabelle (1932, Willemien se dogter) is 'n opstêrs Ierse gravinnetjie met 'n passie vir skilder, maar sy voel die verantwoordelikheid van haar gravinskap swaar op haar rus, veral toe sy besef dat haar titel bepaal met wie sy mag trou.

En des te meer toe sy op 'n bywoner wat klei uithaal op hul plaas in Suid-Afrika verlief raak.

Corali (Afrikaans, Large print, Paperback, Grootdruk): Chanette Paul Corali (Afrikaans, Large print, Paperback, Grootdruk)
Chanette Paul
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is?

As jong, uiters begaafde kunstenaar sou Corali feitlik enigiets doen om haar kunstenaarskap voluit te kon uitleef. Daarom sou die kinders wat haar geliefde so graag wou hê hoegenaamd nie in haar lewe ingepas het nie. Haar ambisie en smagting na erkenning laat Corali uiteindelik tot die ondenkbare instem, al kos dit haar die man wat sy liefhet.

Vyf jaar later besef Corali eers hoe duur sy daardie erkenning gekoop het en hoe tydelik en vervlietend roem is. Ná jare in Frankryk en Engeland keer sy terug na Vywerbaai waar sy as kind vakansies deurgebring het. Die eensaamheid knel. Die verbod wat aan haar gestel is, versmoor haar. ʼn Swaard hang oor haar kop. Haar familie het haar afgeskryf. Alles wat vir haar betekenisvol was, het sy verloor.

Geleidelik begin die mense uit haar Suid-Afrikaanse verlede egter weer ʼn rol in haar lewe speel. Boeta Naude wat vir haar soos ʼn kleinboet is. Leon, die verinneweerde, afgetrede dokter met sy eie stryd en pyn. Mirre vir wie sy jare gelede onder haar vlerk geneem het, maar met wie sy kontak verloor het.

Corali is die derde deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue en mans wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie.

Stillewe (Afrikaans, Paperback): Marie Spruyt Stillewe (Afrikaans, Paperback)
Marie Spruyt
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die ware betekenis van la dolce vita ...

In ’n skoendoos vol papiere wat Lizette de Klerk by haar bejaarde ma kry, ontdek sy ’n brief van haar oupa. Dié versoek dat ’n bedrag geld aan die Italiaanse De Lucas-gesin betaal word. Haar oupa het gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Italië geveg en is daar gewond. Presies wat tussen haar oupa en die De Lucas-gesin gebeur het, is nie duidelik nie, maar dit stuur Lizette op ’n speurtog na Italië. Hier onthul die geskiedenis van oupa Isak se verbintenis met Isabella De Lucas sigself soos ’n skildery, laag-op-laag en ontroerend mooi.

In Italië, aan huis van haar galante gasheer, die kunsprofessor en kunstenaar Alphonso Lombardi, leer Lizette die ware betekenis van la dolce vita ken.

Deborah (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Deborah (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Deborah (1923/1924, Tamara se middelste dogter) is 'n buitengewoon slim vrou met 'n passie vir argeologie.

Hoe kry 'n vrou dit in daardie jare reg om op 'n argeologiese terrein aanvaar te word en wat gemaak as sy vermoed dat die man wat sy liefhet argeologiese skatte steel en verkwansel vir eie gewin?

Meer As Blomme (Afrikaans, Paperback): Ilde Grove Meer As Blomme (Afrikaans, Paperback)
Ilde Grove
R110 R55 Discovery Miles 550 Save R55 (50%) In Stock

Sy liefde is soos die eerste lenteblom.

Mia se gunstelingmens is haar ouma en haar gunstelingplek is haar ouma se blommewinkel, Die geel katstert. Daarom sal sy enigiets doen om te verhoed dat die nuwe indringer, sexy Emil Mühlbacher, die plek toemaak. Hy kan dreig, skreeu, vlei; niks gaan haar oortuig nie.

Sy is bestand teen mans met geheime ná Jacques se verraad. Emil is wel nie 'n hartelose sakeman nie; hy het ʼn sagte kant maar ʼn troebel verlede. Hy het nie per toeval in dié pragtige dorpie kom bly nie. Mia moet ʼn plan maak om die winkel te red én sy moet haar hart beskerm. Hoe moeilik kan dit nou wees?

Die verhaal handel oor hoe gemeenskappe in klein dorpies laer trek wanneer daar moeilikheid is. Die bykarakters is heerlik driedimensioneel, wat sorg vir ʼn genotvolle leeservaring.

Web van Liefde (Afrikaans, Paperback): Rykie Roux Web van Liefde (Afrikaans, Paperback)
Rykie Roux
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) In Stock

Web van liefde is ñ samestelling van Rykie Roux se vorige Romanzas - Mariek en die magnaat; Satynprinses & Naweekbruid.

Blom in die Hare (Afrikaans, Paperback): Kristel Loots Blom in die Hare (Afrikaans, Paperback)
Kristel Loots
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In haar grootwordjare in die laat tagtigs dra vroue skreeuhelder neonkleure, skouerkussings en groot hare. Maar nie háár aanneemma nie en ook nie Kaila sélf nie. Sy skáám haar!

Haar ma is kerklik en koeklik en oorgewig en nie regtig lief vir haar nie.

Kaila word bespot en leer verwerping ken op vele vlakke.

Daar is ’n gevaarlike, verbode aantrekkingskrag tussen haar en haar Wiskunde-onderwyser. Sal hy die liefde van haar lewe wees?

Ná ’n motorongeluk wat ernstige letsels laat, verdwyn Kaila se ma spoorloos. Die onsekerheid en verlange spook lank daarna nog by haar.

As enkelouer stort sy jare later al haar liefde uit op haar seun, Sebastian. As hy tog net nie bevriend was met Bertina, die wildewragtige dogter van Max Viljoen, nie! Toe Bertina swanger raak, staan Kaila se seun se toekomsdrome gevaar om verpletter te word. Wat gemaak met die swangerskap wat soveel mense se lewe in skerwe laat spat? Max is vasbeslote dat sy dogter nie alleen met die baba in die arms gaan bly staan nie terwyl Kaila haar seun wil beskerm. Eintlik het Kaila en Max mekaar nodig, maar Kaila se hart breek wanneer sy die pyn in haar jong seun se oë sien.

En Kaila weet, sy weet, ’n mens het meer nodig as ’n blom in jou hare om gelukkig te wees.

Tamara (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Tamara (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul 1
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die Davelvroue bestaan uit sewe boeke: Tamara, Willemien, Annabella, Deborah en Isabelle, Maryn en Fleur. Die reeks, wat in 2006 verskyn het, word nou heruitgegee op aandrag van lesers. Benewens die kwessie van vroue se bemagtiging, spreek Die Davelvroue ook eg Suid-Afrikaanse en spesifiek Afrikaanse geskiedkundige kwessies op subtiele wyse aan, alhoewel die genre steeds fokus op vroue se belewing van die liefde.

Tamara (1899 – 1902) speel tydens die Anglo-Boereoorlog af en die romantiese vraag in dié boek is: Wat gebeur as twee mense grootgemaak is om te glo dat hulle broer en suster is, mekaar liefkry en teen die agtergrond van die chaos van oorlog moet probeer uitvind hoe sake inmekaar steek?

Toyboy (Paperback): Leon van Nierop Toyboy (Paperback)
Leon van Nierop 3
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

From the moment 26-year-old Tristan Hansen steps out of the shower and onto the roof garden of his Maboneng loft, Toyboy pulsates with eroticism. The air is hot and humid, and there’s a Joburg thunderstorm brewing on the horizon. The first flashes of lightning illuminates Tristan’s spectacular flat and the riches it contains: gifts of thanks from his many clients, tokens of their appreciation. Because Tristan is an angel of pleasure, an exclusive escort to Johannesburg’s rich and powerful women. And he is one of a kind.

At how the enigmatic Tristan were trained in the art of lovemaking his clients can only guess. He seldom speaks of those who helped him shake off the strictures of his conservative mother who had to raise him on her own when his father committed suicide. Christina, his first love, and their story set far off in a small Italian village, he also keeps to himself.

But how did Tristan end up here? Who were those women who taught him all he knows? And who is the mystery caller who keeps on phoning and whose calls are filled with menacing silence?

Twenty years ago, Leon van Nierop published his Afrikaans bestseller Plesierengel. Toyboy, published in Afrikaans and English, is its prequel.

Hartklop Omnibus 4 (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach, Madeleine Malherbe, Rykie Roux Hartklop Omnibus 4 (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach, Madeleine Malherbe, Rykie Roux
R255 R227 Discovery Miles 2 270 Save R28 (11%) Ships in 5 - 7 working days

In Dokter van ver ontmoet dokter Rafaella Continari die oorrompelende dokter Giulio di Mareneschi tydens sy besoek aan Suid-Afrika. Sy en haar ouers word dan ook sommer na sy familielandgoed op die Italiaanse platteland genooi.

Tydens hul besoek ontmoet sy Giulio se sjarmante broer, asook die pragtige jong rykmanserfgenaam wat dink Giulio behoort aan háár.

In ​Yskoue, vuurwarm liefde vertrek Sandra Botes as skeepsdokter na Antarktika om weg te kom van iemand se onwelkome aandag. Sy ontmoet vir Brandon, die ekspedisieleier, en leer ken ook die aantreklike blondekop Konrad Malan. Nou wonder sy: Watter man laat nou eintlik haar hart vinniger klop?

In Dokter Draak kruis Livia Naudé se pad ná vier jaar weer dié van die broeiende Anton Duvel in die trauma-eenheid van ’n Pretoriase hospitaal. Hy het egter in die ongenaakbare Dokter Draak verander. Boonop stry Livia steeds teen die roepstem van die liefde in haar hart.

Hoe Hakke met Hoogwater (Afrikaans, Paperback): Jacolet van den Berg Hoe Hakke met Hoogwater (Afrikaans, Paperback)
Jacolet van den Berg
R288 Discovery Miles 2 880 Ships in 4 - 6 working days

Die surfer-meisie Simone, die wulpse huisvrou Andrea en die gesofistikeerde weduwee Maggie is vreemdelinge vir mekaar. Maar op ’n dag wat die lewe hul al drie platgeslaan het, bring die noodlot hulle in ’n ou kombi byeen en so begin ’n onwaarskynlike maar besonderse vriendskap. Wie sou kon raai dat hul liefdes en verliese toe nie so verskillend is nie? Saam trotseer die drie vroue die hoogwater in hul lewe, hoe hakke en al.

Pelgrimshoop (Afrikaans, Paperback): Ronel Nel Pelgrimshoop (Afrikaans, Paperback)
Ronel Nel
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Op Pelgrimshoop, 'n weggesteekte dorpie in die voue van die Laeveld, waar die vlaktes wemel van skaap, gras en die oudste klipformasies in Suid-Afrika, daar vind Hannah de Witt haar voete weer na 'n verbryselende verhouding wat sy agterlaat in Pretoria. Ongeag die feit dat haar student, Elias Bart, die knorrige boer van Bartelheim, die man wat 'die ding het met die perde', aanvanklik nie wil saamwerk met waarvoor hy haar laat kom het nie: Om hom verder te kom leer. Die legendariese fete tussen Vliet Vorster, sy 4-manbende, en Bart dreig boonop om in 'n volskaalse konflik te ontaard want Vorster haat die 'bontspul' op Bartelheim. Vliet Vorster, voorste boer en burgemeester, wat elke Saterdagaand Die Oog leegdrink en Sondag voor in die kerkgestoeltes sit. Ondanks die dorp se opstand oor Hannah en haar skrywerbroer Abram se teenwoordigheid in die omgewing, die atmosfeer op die plaas wat maar styf is en Hannah se onwillige student groei die waarheid, teerheid en nederigheid - en Hannah leer 'n ander Elias ken.

You Lost Me (Paperback): Marita van der Vyver You Lost Me (Paperback)
Marita van der Vyver 3
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Willem Prins wanders the streets of Paris, disillusioned and glum. Once, he showed great promise as a South African writer of distinction, but years of disappointment have left their mark. Drowning himself in the Seine may well be the only option left to drive up his book sales. His reason for being in Paris - the French translation of an erotic novel he wrote under a pseudonym - is not exactly something to be proud of. He is no stranger to Paris. An ex-wife of his (one of three) lives in the city with his eldest son, a young man who barely knows his father. Willem finds an unlikely companion in Jackie, a young South African working as an au pair in the city, a woman old enough to be his daughter. Together, the two of them will face the chaos of the terror attacks on Friday the thirteenth in Paris. You Lost Me is bestselling author Marita van der Vyver's thirteenth novel, a story about life's thunder clouds and the bonds between us that offer shelter. It is a tale of disillusionment and loss, told with warmth and wicked humour.

Bloedlyn (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Bloedlyn (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust 1
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die privaat ondersoeker Renata Malan worstel steeds met die feit dat haar oupa en pa moordenaars is. Te meer omdat haar stiefpa, ’n sielkundige, in sy ondersoek na hierdie geval byna bo twyfel bewys het kinders erf hulle voorgeslagte se bose gene.

Renata bevind haar in ’n benouende posisie toe haar pa al hoe sterker verdink word van die reeksmoorde wat sy en haar kollega ondersoek. Hoewel die doodstraf destyds oor haar pa uitgespreek is, het hy op pad na sy teregstelling ontsnap en nou lyk dit of hy veel nader aan Renata woon en leef as wat sy gedink het. Eers wanneer hy agter tralies is, sal sy met haar lewe kan aangaan. Wel, in die sin dat sy dan sal kan bewys sy wil hom uit die samelewing verwyder.

Maar is die reeksmoordenaar inderdaad haar pa? En as dit nie is nie, hoekom kry Renata telkens ’n boodskap daaroor en waarom word die slagoffers op sulke strategiese plekke gevind?

Mieke - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Mariel le Roux Mieke - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Mariel le Roux
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Liefde vra soms van jou om onmoontlik dapper te wees. Teen haar beterwete nooi Mieke vir Boeta in haar huis en haar lewe. Sy het nie geweet van haar man se vorige verhouding of sy kind nie. Hoe kan sy Boeta kwalik neem vir sy pa se vergrype as jongman? Buitendien, Boeta hou almal se harte in die holte van sy hand. Mieke leer dat die mense wat jy liefhet soms van jou vra om onmoontlik dapper te wees. Dat seerkry en heelword verskillende kante van 'n munt is. En dat almal uiteindelik die koestering van huis en huismense nodig het.

Maryn (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Chanette Paul Maryn (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Chanette Paul
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Maryn (1933, Tamara se jongste dogter) is 'n oujongnooi en nie veel meer as 'n konfytkokertjie in die oë van die eienaar van die laventelplaas La Lavende nie.

Maar sy moet help om Bergendal vir die Davels te red en uit die kloue te hou van die einste laventelman wat agter hulle lemoenboorde se bloeisels aan is - selfs al is hy die man wat haar wat haar bedwelm met sy kerslelie oë.

Ter Wille Van Jou (Afrikaans, Paperback): Magdaleen Walters Ter Wille Van Jou (Afrikaans, Paperback)
Magdaleen Walters
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Geboei aan die verlede ...

Christoff de Lange is ’n lid van die polisie se taakmageenheid. Hy word valslik van dwelmhandel aangekla en kry drie jaar tronkstraf. Hy spandeer elke sent wat hy het op regshulp om sy onskuld te probeer bewys, maar as hy uiteindelik ’n kwytskelding kry, is hy steeds nie nader aan die waarheid as die dag waarop hy gearresteer is nie. Hy is sinies, bitter en werkloos.

Met die hulp van oom Bertie, ’n afgetrede sersant en sy vriend, vind hy ’n werk en ’n plek om te woon in Stoffel Myburgh se houtwerkfabriek op ’n kleinhoewe buite Johannesburg.

Juanita, Stoffel se dogter wat ook daar werk, is minder entoesiasties oor haar pa se besluit. Daar is absoluut geen plek in haar lewe vir gevangenes of Lotharios nie. Buitendien dra sy swaar aan haar eie bagasie. Totdat sy die verlede kan vergeet en skielik nie ’n toekoms sonder hom kan voorstel nie ...

Seisoen Van Vergifnis (Afrikaans, Paperback): Alta Cloete Seisoen Van Vergifnis (Afrikaans, Paperback)
Alta Cloete
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 4 - 6 working days

Amanda kry dit nie meer reg om aan Wim as net haar stiefbroer te dink nie. En as sy nie wilde hoop met moontlikhede verwar nie, is sy boonop op haar biologiese pa se spoor.

Die vyfde roman in die Geur- en Seisoen-reeks.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Blood Treason
Iris Kain Paperback R592 Discovery Miles 5 920
Advances in Nanotheranostics II - Cancer…
Zhifei Dai Hardcover R3,505 Discovery Miles 35 050
Bridges
Josh Groban CD R122 Discovery Miles 1 220
Printed landscape
Colin Sackett Paperback R396 Discovery Miles 3 960
Race, Class And The Post-Apartheid…
John Reynolds, Ben Fine, … Paperback R290 R268 Discovery Miles 2 680
Book of Branding - a guide to creating…
Radim Malinic Paperback R606 Discovery Miles 6 060
FRCR Part 2A - Single Best Answer (SBA…
Tristan Barrett, Nadeem Shaida, … Paperback R1,189 Discovery Miles 11 890
Midnights
Taylor Swift CD R505 Discovery Miles 5 050
The Collected Crowley
Eddie Skelson Hardcover R683 Discovery Miles 6 830
100
Vera Lynn CD R219 Discovery Miles 2 190

 

Partners