0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (17)
  • R100 - R250 (107)
  • R250 - R500 (156)
  • R500+ (6)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance

Prooi (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Prooi (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 1
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste trein – waaruit Johnson klaarblyklik gespring het – is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting.

Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dít is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy ’n laksman vir die Stasi en KGB was.

Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoënlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?

Die Vrou In Die Blou Mantel (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Die Vrou In Die Blou Mantel (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R160 R143 Discovery Miles 1 430 Save R17 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bennie moet ’n ring koop. En nie sommer ’n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dít bekostig?

Terwyl hy wag om te hoor of die bank sal help, word ’n naakte vroueliggaam op Sir Lowryspas gevind. Uitgestal langs die pad; dit lyk soos die werk van ’n reeksmoordenaar. Ongeïdentifiseerd word sy na die staatslykshuis gebring – waar sy bekend word, weens die bleikmiddel waarmee sy geskrop is, as die Gebleikte Lyk.

Kort daarna word sy Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy’s ’n buitelander: Alicia Lewis, ’n kunskenner op die spoor van ’n Fabritius-skildery wat kwansuis in die Kaap is – en hý was ’n Rembrandt-leerling van wie bloedweinig werke bekend is. ’n Onbekende Fabritius sou ’n gróót storie in die kunswêreld wees.

Dan vind Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar, en Vaughn weet dadelik daar’s gróót fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news . . .

Into The Sun - A Novel (Paperback): M. Takalani Into The Sun - A Novel (Paperback)
M. Takalani
R330 R295 Discovery Miles 2 950 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In a village in Venda, Thandeka has a chance encounter with a business tycoon that offers her the words of comfort she has been longing to hear. They don’t exchange names but she is shocked to learn from a friend that he is a serial womaniser. Gundo is delighted when the beautiful woman he met in Venda shows up as a cleaner at his company in Johannesburg. He would love to get to know Thandeka better. He doesn’t realise that she has been misinformed about his identity and his intentions . . .

Christine le Roux Keur 10 (Afrikaans, Paperback): Christine le Roux Christine le Roux Keur 10 (Afrikaans, Paperback)
Christine le Roux
R330 R295 Discovery Miles 2 950 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Keur 10 van dié gewilde liefdesverhaalskrywer sluit drie bekoorlike verhale in: Die glasappel is ’n heerlike roman waarin humor en eksentrisiteit sjarmant verweef is.

In Die blou uur besef Klarissa du Toit dat haar man se werk besig is om ’n wig tussen hulle in te dryf, maar is ’n toekoms sonder hom wat sy werklik wil hê?

En in Die groen maan kom die protagonis voor die eeueoue probleem te staan: Besluit jy met jou hart of jou kop wanneer dit kom by die liefde?

In The Midst Of It All (Paperback): Thabile Shange In The Midst Of It All (Paperback)
Thabile Shange
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Nandi Nxumalo and Femi Adewoye are in love. But although the ladies at Nandi’s favourite hair salon drool over her tall, dark and super handsome boyfriend who has his own auto repair shop, there are others in her community who are less pleased that she, a Zulu woman, has fallen for a ‘foreigner’.

Nandi has to hide her relationship with her Nigerian boyfriend from her xenophobic father who would never allow them to date. But Femi is serious about her and wants to meet her parents. She is afraid of what her father might do when she introduces them. On the other hand, she doesn’t want to lose Femi. His ex-girlfriend Chichi is already trying to come between them.

When xenophobic attacks break out all over the country, Nandi and Femi do not escape unaffected. Nandi feels she has to do something – she can no longer be silent.

Helene de Kock Keur 6 (Afrikaans, Paperback): Helene Kock Helene de Kock Keur 6 (Afrikaans, Paperback)
Helene Kock
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Helene de Kock skryf meesleurende romans en sy beeld haar karakters met deernis en humor uit. Hierdie keur bevat twee van haar gewildste wynlandverhale: ’n Kind vir Vier Oude Vrinde en Volmaakte versnit?.

Is Mos Oos (Afrikaans, Paperback): Jaco Alant Is Mos Oos (Afrikaans, Paperback)
Jaco Alant
R261 Discovery Miles 2 610 Ships in 6 - 10 working days

’n Afgelegde professor in Durban, KwaZulu-Natal, dink terug en probeer sin maak van sy verlede.

Hy leef met ’n vrou in sy herinnering – Mied. Deur die oënskynlike diefstal van sy geel Volkswagen Kewer met sy hond Os-Moses agterin, ontmoet hy ’n Afrikaanssprekende Zoeloe-meisie, Mandie. Hy word Mandie, haar Ma Nxasana en ’n gestremde kind na wie Ma Nxasana omsien, Gumanam, se vertroueling. Intussen word hy lastig geval deur oproepe van ene John wat ’n MA wil doen oor eko-literatuur en mineurskrywers.

Is mos Oos is ’n surrealistiese, byna absurde roman, ’n verhaal van verandering wat ontvou in die spel van name en die vervloeiing van uiterstes: hede/verlede, man/vrou, leuen/waarheid, lewe/dood.

Doodloopstraat (Afrikaans, Paperback): Leon van Nierop Doodloopstraat (Afrikaans, Paperback)
Leon van Nierop
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 6 - 10 working days

Lourens Schoeman veroorsaak 'n beroering met sy aankoms op 'n dorpie in Botswana. Die gemeenskap wonder hoekom die aantreklike jong man 'n pak klere dra ten spyte van geweldige hitte en waarom daar soveel hartseer in sy oë skuil. Maar hy swyg soos die graf oor sy verlede. Toe Elzaan Jonker dit regkry om Lourens effens beter te leer ken, besluit sy om ondersoek in te stel. Sy is vasbeslote om uit te vind wat hom jaag en hoekom 'n plaaslike inwoner glo dat hy die doodsengel is.

Die Wêreld van Charlie Oeng - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Etienne Van Heerden Die Wêreld van Charlie Oeng - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Etienne Van Heerden
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Tian Killian se ouers is voor sy oë vermoor, die aand van die vuurwerke op Slootplaas. Nou reis hy, Amsterdam toe en na Kowloon, oral op die spoor van Charlie Oeng, oftewel Koekepan, oftewel Gelatenheid, oftewel Sjinees. Eens op ’n tyd ’n onbeduidende Hollywood-ekstra, maar ’n hoofrolspeler in Tian se wêreld. Hoe harder Tian probeer om die pyn wat hom sedert sy jeug vergesel, te verstaan, hoe tergender word die vraag: Waar eindig die Sjinees se skuld en waar begin sy éie aanspreeklikheid?

’n Ryke verskeidenheid karakters bevolk dié ambisieuse verhaal, van die Sjinese matriarg Ouma Voetjies in Amsterdam tot die blinde siener Ouma Ogies in die Oos-Kaap, van Cor van Gogh, hy met die kleinood in die koker, tot die enigmatiese, naamlose “Sy” . . .

Die wêreld van Charlie Oeng staan in die tradisie van breedopgesette vertellings met veelvuldige verhaallyne en uitgebreide agtergrondbeskrywings. Feit en verdigsel is sjarmant verweef in hierdie verbluffende roman.

Die Tragiese Saak Van Pamina Vermaak (Afrikaans, Paperback): Annie Klopper Die Tragiese Saak Van Pamina Vermaak (Afrikaans, Paperback)
Annie Klopper
R288 Discovery Miles 2 880 Ships in 4 - 6 working days

Toe Pamina Vermaak by die werk uitfreak, sit sy skielik sonder inkomste. Boonop verloor sy haar kêrel, haar woonstel in Tamboerskloof, asook die laaste flenters toekomsideale wat sy naarstig aan ’t vasklou was – alles in een dag. Sy is gedwing om druipstert terug te keer na haar ouerhuis op die klein Weskusdorp Witwaterbaai. ’n Plek wat sy gesweer het haar nooit weer sal sien nie.

Intussen basuin die voorblaaie van poniekoerante dit uit dat rockster Wolf de Jager se verlowing met aktrise Daniella du Toit verbreek is en krioel dit op sosiale media van steelfoto’s waar sy hom verneuk. Hy moet weg uit die Kaap en ’n lukrake seleksie op Google Maps bring hom tot op Witwaterbaai, waar sy swart leerbaadjie harder as sy Fender Stratocaster skreeu teen die gehekelde doilies in Ant Leentjie se gastehuis.

Sal Pamina en Wolf op hierdie slakkepas-dorp van bokkoms droog en stoepsit hul probleme kan ontduik? Of lê daar net nog meer komplikasies voor?

Vrydagaand (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Vrydagaand (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R339 Discovery Miles 3 390 Ships in 6 - 10 working days

Liefdeskortverhale deur 27 bekende Afrikaanse skrywers om jou naweek op ’n romantiese noot mee te begin.

Laat die week en sy gewoel agter met dié stories uit die pen van Juanita Aggenbach, Bernette Bergenthuin, Henk Breytenbach, Malene Breytenbach, Alma Carstens, Alta Cloete, Leona Conradie, Trisa Hugo, Madelie Human, Jaco Jacobs, Anzil Kulsen, Kristel Loots, Cliffordene Norton, Susan Olivier, Didi Potgieter, Gerrit Rautenbach, Felicia Snyman, Cecilia Steyn, Dibi Symington, Louise van der Merwer, Santie van der Merwe, Nanette van Rooyen, Frenette van Wyk, Antoinette Venter, Louise Viljoen, Magdaleen Walters en Elsa Winckler.

Say Something About You (Paperback): Pumza Shabangu Say Something About You (Paperback)
Pumza Shabangu
R301 Discovery Miles 3 010 Ships in 6 - 10 working days

A novel about two young men that fall in love under unlikely circumstances.

One of them has sworn off relationships to avoid turning out like his abusive father, while the other rediscovers himself. The book follows their journey as they navigate through their new found feelings.

It’s a fun, quirky read but also an intense emotional rollercoaster.

Die Wolkversamelaars (Afrikaans, Paperback): Nadia De Kock Die Wolkversamelaars (Afrikaans, Paperback)
Nadia De Kock
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die laaste wens van ’n jare lange vriendin stuur Talla na die Glencoe-vallei in Skotland. Sy neem digbundels saam, asook haar wolkboekie om haar stokperdjie voort te sit – die soeke na seldsame wolke. Sy gaan by Munro’s tuis, ’n onopgesmukte herberg gewild onder bergklimmers, en hoop om stories oor tradisionele tartanwewerye te versamel.

By Munro’s ontmoet sy die koddige rondloper, Mikey, wat die hele Skotland plat stap op soek na sy Kate – ’n geliefde wat hom glo jare gelede sonder waarskuwing verlaat het. Talla word by Mikey se soektog betrek, maar dit blyk gou dat sy gedagtes nie helder is nie, en sy geestestoestand net so troebel.

Intussen duik herinneringe aan Talla se kinderdae in Warmbad, en aan haar eerste liefde, Astian, by haar op. Wat is dit aan die stilte van hierdie vallei wat vergete verledes na die oppervlak laat dryf? Dit help ook nie dat Astian net ’n dag se reis ver, in Shetland, woon nie. Sal sy dit waag om die antwoorde op vrae uit haar eie verlede na te jaag?

Voorouer. Pelgrim. Berg. (Afrikaans, Paperback): Ingrid Winterbach Voorouer. Pelgrim. Berg. (Afrikaans, Paperback)
Ingrid Winterbach
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Vrou, Katerina Steenkamp, haar oog ferm op die berg, gaan op ’n aanlyn dating site en ontmoet mense met onverwagse gevolge. ’n Man, sy kop vol apokaliptiese frases, patrolleer die strate sonder enige sigbare voorneme of doel. ’n Ander man hou die naghemel dop en wag op die koms van ’n elliptiese tuig. Nog ’n vrou, aan die einde van haar lewe, besin oor haar huwelik, en die lewens van haar drie susters. ’n Uitdagende roman, wat bowenal dui op vernuwing in Winterbach se werk. 

Die Dekonstruksie van Retta Blom (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Die Dekonstruksie van Retta Blom (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Jare lank al is Lauretta Blom ’n gedienstige huisvrou in haar beige paleis, die eggenoot van Tobias Blom, ’n suksesvolle sakeman met belange in Johannesburg én die Kaap. Maar met hulle seunskinders wat nou groot en uit die huis uit is, begin die stilte en die pynlike netheid van Retta se praghuis in die Johannesburgse sekuriteitslandgoed haar vasdruk. En sy wonder oor al die dinge wat sy nié gedoen het nie en hoe dit haar lewe gevorm het.

Wanneer sy boonop begin vermoed dat Tobie vir haar iets wegsteek, besluit sy dat dit tyd is om dié dinge te doen wat sy nooit tevore aangedurf het nie.

Eerste op die lys is ’n road trip Kaap toe saam met haar hond, Charlie, en haar kunstenaarsvriendin, Leigh. Die reis lei na die ontwaking van ’n nuwe Retta op ’n kleinhoewe buite Bethulie, maar ook na onthullings in die Kaap wat haar hele lewe omverwerp.

Hy kom met die Skoenlappers (Afrikaans, Paperback): Valda Jansen Hy kom met die Skoenlappers (Afrikaans, Paperback)
Valda Jansen
R299 R267 Discovery Miles 2 670 Save R32 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hoe kyk ’n mens terug na jou lewe en wens jy het ‘n ander vurk in die pad geneem? Wat sou gebeur het as? As?

In dié diep ontroerende novelle toor die skrywer soos ’n alchemis van ouds met verdriet en spyt. Dit is ’n liefdesroman, ’n elegie aan die verlore liefde. Die verteller verlang terug na Anders, na Jena, na Duitsland. Maar die verlede spoel ’n mens rond soos die see.

Nou is dit te laat. Vir altyd te laat.

Being Lily (Paperback): Qarnita Loxton Being Lily (Paperback)
Qarnita Loxton
R205 R183 Discovery Miles 1 830 Save R22 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dr Lily De Angelo is counting down the final weeks before her wedding to Owen Fisher, making sure everything is perfect. The seating arrangements, for one. Owen’s dad from Elsies River on the Cape Flats will have to be seated far away from Lily’s snobbish parents who keep insinuating that Owen is not good enough for their trust fund baby. Owen might look like a young Robert de Niro, but it seems they are all too aware that he is of mixed Capetonian rather than Italian stock. As if that matters!

But Lily’s seating arrangement woes are nothing compared to the shock she gets when Owen’s ex Courtney Hay shows up with her fifteen-year-old mini me, Chiara. With silver bullet suitcases in tow they have come to break the news that Owen might be Chiara’s dad. Suddenly everything goes pear-shaped for Lily, including her ass – and that's despite the incentive bonus to her personal trainer.

Courtney and Chiara move in with Lily and Owen and not only is the ex from hell making eyes at him, but Owen seems a bit too happy at the thought of potentially being a dad. Lily and Owen had decided long ago to commit to love and marraige, but without the baby carriage, thank you very much. Is he changing his mind about children, about her?

Being Lily is a story with equal amounts of humour and depth, exploring what it means to live, love, and commit in the changing times of happy-(n)ever-after.

Debora Gaan Huis Toe (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Debora Gaan Huis Toe (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In die opvolg op Debora en seuns is die fokus weer die lief en leed van die Schlagerfeldts. Dis nou die 1960’s, en die hoofkarakter is Debora se kleindogter, ook ’n Debora. Die 27-jarige dokter kom terug na die Oos-Vrystaat om by haar pa in sy praktyk aan te sluit. Maar dan ontmoet sy dr Tristan Murray en al haar voorgenome drome stort ineen. Sy volg haar neef na Londen om haar wonde te lek, en vind dat die pad van verlore liefde na geluk deur gevaar en hartseer lei.

Helene de Kock Keur 7 - Ver Vlug Na More / Met Vandag Se Brood (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Helene de Kock Keur 7 - Ver Vlug Na More / Met Vandag Se Brood (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Twee vroeë romans deur een van Afrikaans se gewildste liefdesverhaalskrywers. Albei verhale speel af in die Vrystaatse Riemland, die heimat van die Bassons en Baumanns, twee families wie se geskiedenis deur vriendskap en intrige verweef is.

In Ver vlug na môre reis Eugene Basson na Europa om te gaan vasstel wat van sy gevoelens vir die mooi blonde Elsje geword het.

In Met vandag se brood is Renier, die jong dominee op Petrusdal, vasgevang tussen sy verstand en sy hart.

My Trio Covenant - 21st Century Polygamy: Book 2 (Paperback): Busiswe Precious Khumalo My Trio Covenant - 21st Century Polygamy: Book 2 (Paperback)
Busiswe Precious Khumalo
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 4 - 6 working days

The SMS said, ‘don’t look for me’. I died right there. MaZwane, please no matter what happens, we can fight until we mutilate each other but do not leave me. Anelisa, I hope you have spoken to her seriously. We are married, we don’t leave each other. We stay for better or for worse, through thick and thin. The three of us do not part ways no matter what caused the misunderstanding. They both look at me attentively, I can’t be more serious than this.

Heart In Two: Book 2 (Paperback): Yvonne Maphosa Heart In Two: Book 2 (Paperback)
Yvonne Maphosa
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 6 - 10 working days

In the sequel to Heart in Two, Lotus finds herself sinking deeper into the world of the Wolves Gang. She tries to hide what she did from her boyfriend and in the process ropes in more people into the mess, burns some bridges and sometimes ends up with blood on her hands.

She also deals with a relentless stalker, death, loss and a drastic change in her life. She finally gets to meet her father but that does not go as expected. She forms an unexpected alliance that keeps her alive and saves her time and time again.

It seems like the more she tries to make things right, the worse they get.

Mphathi My Perpetual Lover Part 2 (Paperback): Busiswe Precious Khumalo Mphathi My Perpetual Lover Part 2 (Paperback)
Busiswe Precious Khumalo
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

It's a story of forbidden love. A young woman named Thab’sile Ngcobo from a famous wealthy family in Durban finds herself falling in love with a township guy who lives on a hand to mouth budget. His name is Mphathi Samson Mhlongo. He crossed his path with Thabi Ngcobo during a disciplinary hearing. He worked as a cleaner in a cleaning company that was owned by Thabi. It was love at first sight for both of them. They fortunately did not waste time, they threw themselves right in the deep of their uneasy relationship. Thabi’s parents had already arranged someone else from another affluent family to marry her. The story unfolds in an unexpected way. Part 2 is about their lives as a married couple. Thabi’s life takes a turn as she is now disowned by her father. She gets to learn the hardships of township life and the struggles they go through as a casted out couple. How they raise their children and their day to day lives. Part 2 is a window that allows access to their somewhat challenged life. The story takes a turn when their illegally adopted daughter is diagnosed with a gruesome illness that nearly claims her life. Their daughter’s sickness invites temptations, as they cannot afford her medicals bills. Thabi and Mphathi’s love is again tested. Will it survive this time around?

Koms van die Motman (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Koms van die Motman (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dié nuwe spanningsroman delf diep in Ella se verlede. Elf jaar gelede is haar pa amper noodlottig gewond, en die skuldige, Arthur Wilky, word nou weens goeie gedrag op parool vrygelaat. Binne weke is daar egter nuwe moorde – en van die slagoffers is voormalige tronkmaats van Wilky. Hoekom kan Ella se speurderkollegas nie die verbintenisse raaksien nie? Selfs kolonel Silas wil nie ag slaan op haar vermoedens nie . .

What's Wrong With June? (Paperback): Qarnita Loxton What's Wrong With June? (Paperback)
Qarnita Loxton 1
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

June has worked hard for her family, but she is starting to feel like the dull accountant trope. She is safe and comfortable and bored. June wants more.

On the eve of the new year, when the radio DJ encourages listeners to make the most of it, June feels like he’s talking to her, and she decides to make a vision board — magazine cutouts, silver glitter and all.

Maybe 2022 is the year that June Cupido reinvents herself.

Chains That Bind (Paperback): Pumza Shabangu Chains That Bind (Paperback)
Pumza Shabangu
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

In a world where power and destiny entwine, Dumisani Ngcobo, a prince with unwavering determination, has always been groomed for the throne of the Twelve Kingdoms. He's been moulded by a lifetime of trials and tribulations, all leading to the moment he believes he's fated for. But when a haunting spectre from his past threatens to unravel the very fabric of his ambitions, he finds himself in desperate need of an unlikely saviour, the only one who can identify this ghost: Zizomila.

Zizomila Mabhanga, a fiercely independent and successful businesswoman, is a force to be reckoned with. She's never been one to bow to anyone, let alone an arrogant prince like Dumisani. Yet, fate has a twisted sense of humour, and their paths collide in a way neither can ignore. Their magnetic attraction defies reason, and they are drawn together despite the glaring warning signs that surround Dumisani's enigmatic persona.

As the dangers surrounding them intensify, their connection deepens, and soon, they find themselves ensnared in a love that's as intoxicating as it is perilous. Dumisani, driven by an unquenchable need to dominate, becomes addicted to Zizomila, making her his sole obsession and jeopardising the very plans he's spent a lifetime crafting.

Zizomila, torn between her desire for independence and her inexplicable yearning for Dumisani, faces a choice that could shatter their world. The chains of their shared past traumas threaten to pull them apart, but their passion burns brighter than any obstacle. In Chains That Bind, a dark romance unfolds as a prince and an unlikely princess ignite a destructive passion that could set their world ablaze, leaving them to question whether they can break free of the chains that bind them, or succumb to the chaos they've unleashed in their quest to be together.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bruidzilla
Marion Erskine Paperback R310 R277 Discovery Miles 2 770
Being Kari
Qarnita Loxton Paperback R205 R183 Discovery Miles 1 830
Raaiselman
Salma Swanepoel Paperback R110 R89 Discovery Miles 890
Oorlewingsgids vir 'n Bedonnerde Diva
Sophia Kapp Paperback  (1)
R399 Discovery Miles 3 990
Being Shelley
Qarnita Loxton Paperback R205 R183 Discovery Miles 1 830
Vrydag Is Ek Verlief
Cecilia Steyn Paperback R230 R216 Discovery Miles 2 160
Christine le Roux Keur 9
Christine le Roux Paperback R330 R295 Discovery Miles 2 950
Hans 1: Hans Steek die Rubicon Oor
Rudie van Rensburg Paperback R285 R255 Discovery Miles 2 550
Die Lys
Erla-Mari Diedericks Paperback R110 R103 Discovery Miles 1 030
Hoe Lank Is Vir Altyd?
Dina Botha Paperback R110 R89 Discovery Miles 890

 

Partners