![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance
Op ’n winterdag in 1945 ontferm ’n kinderlose wit egpaar, Sara en Erik de Graaff, hulle oor ’n driejarige halwe weeskind – Mina Afrika. Hulle wil haar graag ’n kans in die lewe gee. Terwyl Mina nog vol ambisie haar toekoms beplan dryf die verraderlike daad van ’n ryk jong wit man haar weg uit die Vallei, laat haar beland in ’n eindelose spiraal van bedrog. ’n Lewe van vernedering in Groenpunt en tussen die bendes van Distrik Ses.
An emotional second-chance romance story about the strength of love, life-changing friendships, and forgiveness. Sometimes perfect love finds you at the most imperfect time. At least that was what she'd spent nine years, eight months, and six days telling herself. But when it comes to her true feelings, Sabrina September is a prolific liar. Their love had arrived at the perfect time, but fear was a destructive force in matters of the heart. Ten years ago, she arrived in Japan, broken, and desperately searching for a way back to herself. But in between the wonder of summer in a new city, vending machine curry, and new best friends, she found Max Harris. In his arms, she discovered the one place in the world she felt safe enough to tell the truth. But real and terrifying obstacles shattered their happy ending before it even began. Now, a decade later, Sabrina takes a massive leap of faith and moves to North Carolina. If you asked her family, she was there to complete her PH.D. If you asked her heart, she was there to get him back. Join Sabrina and Max in a world where summer is for losing your heart to love, and fall is for fighting to get it back. Told across a dual timeline, split between then and now, romance author Nikki Lincoln weaves loss, love, and the ache of past mistakes. Sabrina September Is A Liar is a full-length contemporary romance with a guaranteed (but hard-won) Happily Ever After, profanities, and explicit scenes. This book contains mature content that may not be suitable for all audiences.
’n Ligte spanningsverhaal met ’n tikkie liefde. Nerien-hulle se huishulp vertel haar van kinderdae af van die nagreisiger. Sy kry dikwels nagmerries oor hom – ’n man wat haar in die donker agtervolg of langs die pad staan en duimgooi. Sy kan nooit sy gesig uitmaak nie. Op ’n dag besef Nerien dat die nagreisiger mens se gewete is – en dis onmoontlik om dit te ontvlug. Waarheen ook al jy gaan – jou gewete reis saam … Die Nagreisiger het oorspronklik in 1995 as ’n tydskrifverhaal in Huisgenoot verskyn, en is in 2004 as roman gepubliseer. Hierdie boek is ’n verwerkte weergawe van die 2004-publikasie.
Kortverhale met liefde as tema: Die wonderbaarlike gewaarwording wat iewers tussen verstand, psige en liggaam vatplek kry en ’n menselewe rig. Soms trap dit met oshoewe deur die fynste ruimte. En maak wreedaardig seer. Sodat die slagoffer wil vergeld. Of dit liefde vir die omgewing, ’n voorwerp of tussen mense is, in elke teks loop die liefde ’n pad wat sy meelopers by ’n tuiste bring, soms met ’n traan, meesal met ’n lag, maar altyd met nuwe insig.
Hans loop op 90 nié met ’n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis en in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone. Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.
Skipper Mias Mulder keer uit Walvisbaai terug na Ei-Land aan die Weskus toe hy hoor dat ’n ander man by sy verloofde kuier. Hy leen ’n motorfiets en pak die lang rit na sy tuisdorp toe aan. Op pad kom hy ’n vrou, Carminda, teë wat gestrand is en ’n geleentheid soek. Sy ry agterop die motorfiets saam en klou styf aan hom vas. Eers geleidelik word haar hartseer herkoms bekend. Hulle noem haar Carminda is ’n verhaal van liefde wat byna alles bedek, hoewel spoke uit die verlede bly pla.
Carli en Ruben ken mekaar al van Graad 1 af. Toe hulle op universiteit trou, is Ruben se ouers hewig daarteen gekant. Ruben verdwyn en Carli vlug, verneder. Kort daarna ontdek sy sy is swanger. Ses jaar later ontmoet hulle weer toe Ruben die reservaat besoek waar Carli werk. Ruben vind uit hy het ’n dogter en eis dat Carli en hul dogter ‘n vakansie saam met hom in die Kaap deurbring. Kan hulle mekaar weer leer vertrou?
For Kari du Toit, Valentine's Day will never be the same again. When the love of her life reveals he's been unfaithful to her, life, romance, and everything in-between come crashing down. Suddenly it seems as if her previous life – one far removed from Bloubergstrand's sandy beaches – is slowly catching up with her. But then after ten years of silence, Kari receives a call from her estranged brother. At the foot of Devil’s Peak, where neighbourly salaams and burkas are as ordinary as yellow polka-dot bikinis in Blouberg, she once again becomes Karima Essop, daughter of Amina and Farouk Essop. Daughter, sister, deserter. For Kari, sometimes finding love means going back to where you came from
Dit is Simone se annus horribilis. Op vier en veertig stap sy vir die tweede keer uit n huwelik, bankrot, werkloos, moedeloos, verbrysel. Al wat sy het om van vier en veertig jaar te wys, is n bedenklike verlede, n tienerseun wat skaars met haar praat, en die besef van mislukking en ontoereikendheid wat soos n meulsteen om haar nek hang. Al waarheen sy het om te gaan, is die kleinburgerlike dorp op die Oos-Vrystaatse platteland waar sy grootgeword het, waar haar konserwatiewe ma en konvensionele suster haar gedurig aan haar tekortkominge kan herinner. Rock bottom, dis waar sy is. Maar omdat dit al is wat daar is om te doen, begin sy herbou; aan n loopbaan, n vriendekring, haar verhouding met haar kind, haar verhouding met haar ma. Aan haar vertroue in haarself. Stelselmatig kom daar lig, en sin, en rigting, selfs vir haar. Al waarvoor sy glad nie reg is nie, is Barnard Richter, wat van haar verwag om ten spyte van alles wat sy nie kon vermag nie en alles wat sy nooit sal kan wees nie, weer in die liefde te glo.
Juanita Goosen erf haar ouers se gastehuis in ’n kusdorpie en vind vrede in eenvoud. Viljoen Kleynhans, ryk en gerekend, ervaar die wreedste verraad en vlug blindelings. Hy laat alles agter en kom uiteindelik by Juanita se gastehuis uit. In haar wêreld vind hy betowering wat geld nie kan koop nie, terwyl sy ’n hunkering na meer as oorlewing ontdek. Twee vreemdelinge, een dorpie, en ’n passie wat hulle uitdaag om reëls te breek. Soms is die lewe wat jy nooit beplan het nie die moeite werd.
Ná haar musikantpa se dood en 'n liefdesteleurstelling, leef Elara Hartwell vir haar werk as ouditeur. Toe sy gevra word om liedjies te skryf vir Marko Roos, verander alles. Marko, 'n gebore swerwer, vind in Elara iets wat hom laat twyfel aan die lewe wat hy ken - en vir die eerste keer vra hy homself af of konstante beweging regtig vryheid beteken. Maar kan 'n man wat gewoond is aan vlug, regtig stilstaan? En kan Elara waag om weer lief te hê?
Ná ’n mislukte huwelik en jare in die buiteland, besluit Trix om haar lewenskoers te verander. Sy word ’n grimeerkunstenaar op die Wes-Kaapse platteland. Haar eerste kliënt, ’n teësinnige bruid, veroorsaak konflik met die bruid se ouboet, Ray. Ray is toevallig Trix se nuwe buurman en eienaar van Landauer Distilleerders. Hy wil Trix se plasie hê en begin ’n romanse met haar. Toe dinge versuur, maak Trix uit weerwraak ’n mampoer-proelokaal langs sy distilleerdery oop. Kan maanskyn en brandewyn versoen?
Hierdie keur bevat drie lekkerlees liefdesverhale deur Christine le Roux: ’n Wêreld sonder hom, ’n Kwessie van tegniek en Bewys van liefde.
Hoe onmasker ’n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir
sy wraak te word?
Tillie het ’n heel goeie lewe, dankie. Ja, sy werk haar oor ’n mik as kelnerin in Mellville, en ja daar’s nie iemand spesiaals in haar lewe nie, en ja, haar beste vriendin Milanka ís highmaintenance, maar so ken Tillie haar, en Milanks het al vir haar báie beteken. Haar eksieperfeksie, #blessed vriendin Milanka. Maar uhm… Sy’t nou nie verwag Milanka sal aandring sy wat Tillie is, moet sorg dat Milanka en Jacques se troue gereël kom nie! Eensklaps is Tillie in ’n warrelwind van warmlugballonne, dringende missed calls en uitheemse Milankabestellings: reënbooghoringperde, en ’n Alice in Wonderlandtema, en en en… En dít terwyl Jacques eintlik aanvanklik Tillie se date was! Soos Milanka ál meer op Bruidzilla begin trek, begin Tillie bemerk iets is nie pluis nie. Wat skuil agter Milanka se monstermondering? Sal sy en Jacques ooit gekerk kom – en sal haar vriendskap met Tillie dit oorleef?
Katarien Roos, ’n rotsingenieur, keer terug na Suid-Afrika nadat haar ouma ’n beroerte kry. Na ’n verwoestende ervaring is haar werk die enigste plek waar sy suksesvol voel. Op pad Rustenburg toe kry haar motor ’n pap wiel. Armandt du Toit, beesboer en uitvoerende beampte van Mabewhu Platinummyn, help haar. Hy sien haar vrees en probeer deur haar emosionele skanse breek om haar hart te bereik. Sal sy hom kan vertrou en haar ware self aan hom wys?
Alana Rothman se lewe verander toe Roux op die masseertafel in haar skoonheidsalon beland. Die volgende week daag hy weer vir ’n ander behandeling op. Gou besef Alana sy is verlief op hom. Toe dit duidelik word dat iemand die salon saboteer, verdink Alana heel eerste vir Roux, omdat die eerste insident plaasgevind het op die dag wat hy vir sy eerste behandeling daar was en omdat hy nie ’n tipiese kliënt is nie. Wat steek hy weg? En is hy werklik die saboteur?
Belladonna, Krista Joubert se dating-agentskap, moet so gou moontlik vir Andreas Meyer ’n vrou vind. Hy moet binne ses weke trou, of hy verbeur ’n groot erfporsie. Toe Krista nie betyds iemand kan vind nie, bied sy self aan om ’n ring aan sy vinger te steek. Andreas maak dit duidelik: Hy glo nie juis in die liefde nie. Die hart weet egter wat die hart wil hê en Krista moet uiteindelik vra: Hoe lank is Andreas se “vir altyd”?
Sofie Olivier hou van haar werk as sekuriteitsbeampte en het nie tyd vir romanse nie. Toe sy saam met kolonel Jordaan Wessels van die polisie moet werk, vryf hy haar dadelik verkeerd op. Hy is arrogant, ’n beheervraat en skynbaar ’n rokjagter. Trou is nie deel van Jordaan se toekomsplanne nie, maar Sofie se groen oë vang hom elke keer. Toe hy en Sofie in ’n veilige woonstel moet bly en voorgee hulle is verloof, verander sake. Is dit net die vreemde omstandighede, of iets meer?
Liefdesles is die derde en laaste boek in Vita se trilogie. Klaskamer en Skoolgeld was die eerste twee. Daniël en Emma se verhouding is steeds ingewikkeld: Daniël probeer sy vervreemde vrou, Sally, oorreed om die egskeiding toe te staan en Emma sukkel om vir Daniël te vertel dat sy swanger is. Sal Daniël haar steeds na sy klaskamer neem? Is BDSM veilig tydens swangerskap? Sal Daniël kan vrede maak met die verlede en sy verhouding as jong seun met die onderwyseres, die verhouding wat sy seksvoorkeure bepaal het, sien vir wat dit was? Vir Daniël en Emma kom die liefde uiteindelik met baie lesse.
Melanie se modelloopbaan lê aan skerwe nadat sy haar enkels tydens ’n fotosessie breek. Ben, die helikoptervlieënier, wat die noodvlug beman waarmee sy uit die klowe gevlieg word, dring haar lewe – en haar hart – binne terwyl sy herstel. Nie net moet sy drastiese loopbaanbesluite neem nie, maar sy moet haar biologiese pa ná twintig jaar weer in haar lewe toelaat. Sy moet uitvind haar ma het nie altyd die waarheid oor hom gepraat nie. Kan Melanie op die dodelike aantreklike Ben vertrou in ’n moeilike tyd, of het hy verskuilde motiewe?
Ella Olivia is ’n kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae. Na ’n belaglike insident waarin sy ’n meme geword het (natuurlik op ’n Vrydag), is haar laaste minuut aanvaarding by Kovsies om medies te studeer ’n nuwe begin vir haar. Maar na nóg ’n belaglike verwarring, bevind sy haarself in die laaste situasie waarin sy wil wees: die kollig. Sy moet Con Trubleau, gewilde kitaarspeler en hoofsanger van die boyband Vuurvreter, se fake meisie wees. Hierdie is só nie deel van haar plan nie.
Dr. Emma Retief, ’n wildsveearts, moet haarself in ’n manswêreld bewys. Sy koop ’n praktyk in haar tuisdorp, maar is nie voorbereid op die aantrekkingskrag tussen haar en haar buurman, Regardt, nie. Regardt het ’n reputasie as rokjagter, daarom bepaal hy hom nou by sy plaas en sy werk om wildstropers te stop. Hy glo hy kan dit beter as Emma doen en hulle stamp koppe. Emma begin ook twyfel aan Regardt se integriteit te midde van die wildsmokkelary. Gaan hulle die afstand tussen hulle kan oorbrug?
Groentjiejoernalis Anna is twee-en-twintig en woon saam met haar twee pa's en onheilige horde honde en katte op 'n klein plekkie in KwaZulu-Natal. Sy onthou hoe haar ouers se huwelik op die rotse beland het toe haar pa uit die kas geneuk het - ten aanskoue van konserwatiewe familielede en nuuskierige agies vir bure en haar boheemse ma, 'n skrywer wat nou op goeie voet met Anna's se pa's verkeer. Dis wel nie aldag maklik om kop of stert uit te maak van wat aangaan in so 'n huishouding nie, veral nie nou dat haar een pa met ernstige gesondheidsprobleme sukkel nie. Anna se werk by die koerant is ook nie sonder uitdagings nie. Maar hoe maak jy tyd vir jou eie lewe as jy die spil raak waarom die hele spulletjie tol? In Huisies Van Papier, vier Dalena Theron die liefde en familie in al sy kleurryke gedaantes.
Hy sug. “Weet jy wat dink ek? Ek dink jy moenie so hard dink en worrie
oor wat Christa sê nie, en ek dink nie jy moet verliefraak van jou
lysie afhaal nie.” |
You may like...
Internet of Things Based on Smart…
Giancarlo Fortino, Paolo Trunfio
Hardcover
R2,658
Discovery Miles 26 580
Privacy and Identity Management for Life…
Michele Bezzi, Penny Duquenoy, …
Hardcover
R1,441
Discovery Miles 14 410
|