0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (22)
  • R100 - R250 (109)
  • R250 - R500 (156)
  • R500+ (6)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance

Die Lewe vir Beginners (Afrikaans, Paperback): Bernette Bergenthuin Die Lewe vir Beginners (Afrikaans, Paperback)
Bernette Bergenthuin
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

'n Storie van begin, weer begin en óórbegin ...

Carla Kasselman se lewe val uit mekaar nadat haar man reg in eie hande neem, 'n onnoembare daad pleeg en die skuld op haar pak. Hy neem alles van haar af weg, eers haar babaseuntjie, en daarna pers hy haar af om hul blonde krulkopdogtertjie af te teken. Lewensmoeg en sonder hoop vlug sy na Sannasklip, 'n eenvoudige Weskusdorpie waar die eksentrieke tante Doreen haar op haar voete help.

Die lewe raak weer draaglik, en aangenaam voorspelbaar, totdat 'n weerbarstige grootwildjagter se Landie sonder brandstof voor haar voordeur gaan staan. Carla ontdek dat die lewe bestaan uit probeer en wéér probeer, en dat die liefde nie wag op 'n uitnodiging nie, maar hom ongenooid tuis maak wanneer hy so voel.

Meer as twintig jaar later sien sy weer haar dogter, maar Mignon is gebroke, verslae en sonder 'n wil om voort te gaan. Carla bring haar saam Sannasklip toe, maar sal haar verhouding, en die dorp se kalm ekwilibrium Mignon se donkerte kan absorbeer? Hoe is dit dan dat sy nie die bedorwe, depressiewe entjie mens wat net soos sy lyk, herken nie? Skuldgevoelens en verwyte verteer ma en dogter en dreig om hulle te verswelg. Is daar lig aan die einde van die tonnel? Of dalk binne Sannasklip se vuurtoring waar die aantreklike besigheidsman, Bernard Bartman, besig is om 'n restaurantkoninkryk te vestig?

Mignon ontdek dat sy meer is as die lappop wat haar pa geskep het en dat sy in staat is om lief te hê en liefgehê te word. Vergifnis word onvermydelik en die verlede se donker geheime verloor hul krag.

Bewustelik Joune (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Bewustelik Joune (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

Vyf jaar ná die aanval op Kris, wat byna haar lewe gekos en haar met ’n letsel op die gesig gelaat het, is sy weer op koers. Wel, as mens nou die nagmerries wat haar soms ry, uitskakel. Haar aanvallers is agter tralies, haar verbreekte verlowing is iets van die verlede. Wanneer sy die kans kry in haar fisioterapiepraktyk, breek sy ook weg om kursusse aan te bied in bewustelikheid – oftewel mindfulness: Sy help mense ontdek hulle kan maar net wees, hulle hoef nie heeltyd te doen nie. Dit is wat haar met heelwording gehelp het.

Dit is tydens so ’n kursus dat haar en Luca se paaie kruis, ’n ultra-atleet in wie se wêreld daar nie plek is vir enigiets anders nie, laat staan ’n vrou, veral nie een met “issues” nie. Daarvan het hy genoeg gehad. Maar dit is nogal ’n moeilike situasie as jy in dieselfde huis saam met een woon. Haar nagmerries help ook nie juis nie. En hy moet fokus vir sy volgende wedren in Amerika om sy borge tevrede te hou. Hy moet wen, anders het hy verloor, dis sy leuse.

Die Aanspraak Van Lewende Wesens (Afrikaans, Paperback): Ingrid Winterbach Die Aanspraak Van Lewende Wesens (Afrikaans, Paperback)
Ingrid Winterbach
R278 Discovery Miles 2 780 Ships in 4 - 6 working days

Komies, hartroerend, meditatief, verruimend! Hierdie kick-ass roman bied ’n priemende blik op twee parallelle reise: ’n man en ’n vrou elk op soek na die oorsake van ’n broer en ’n suster se ondergang.

Na ’n onthutsende oproep van ene Josias Brandt, vertrek Karl Hofmeyr teësinnig om sy broer, Iggy, wie se kop skynbaar uitgehaak het, te hulp te snel. Karl – heavy-metal-fan de luxe – se reis word vertraag deur sy obsessies wat hom in verskillende situasies lelik kniehalter.

Maria Volschenk word op ’n dag oorval deur ’n groot leegte. Sy reis na die Wes-Kaap op ’n sending waarteen sy lankal opsien, in ’n poging om hierdie beleërende leegte af te weer. Die twee verhaallyne vloei saam op ’n onwaarskynlike stadsplaas iewers in Kaapstad, waar die broer, Ignatius Hofmeyr, in ’n bitter tweestryd met die onpeilbare Brandt-kêrel gewikkel is.

Toorbos (Afrikaans, Paperback): Dalene Matthee Toorbos (Afrikaans, Paperback)
Dalene Matthee
R521 Discovery Miles 5 210 Ships in 18 - 22 working days
Brandwaterkom (Afrikaans, Paperback): Alexander Strachan Brandwaterkom (Afrikaans, Paperback)
Alexander Strachan
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 4 - 6 working days

Alexander Strachan se Brandwaterkom is ’n dubbelloop-roman: Dit is enersyds ’n aangrypende, bloedstollende verhaal oor die lewe van een van die berugste Boereoffisiere, andersyds is dit ’n boeiende ondersoek na die verleidelike, soms selfs verraderlike manier waarop verhale van ons besit neem en ons verbeelding op loop jaag.

Met verbluffende vernuf trek Strachan albei snellers van die roman gelyk af.

Christine le Roux Keur 3 (Afrikaans, Paperback): Christine le Roux Christine le Roux Keur 3 (Afrikaans, Paperback)
Christine le Roux
R330 R295 Discovery Miles 2 950 Save R35 (11%) In Stock

In Die honger hart moet Julia Naude haar peetpa se ongewone voorwaarde behou om die plaas, wat sy saam met die plaasbestuurder geerf het, te beskerm. In Deel van die pakket staan Gita van Duinen op die drumpel van ’n nuwe lewe, maar meer veranderinge le voor. In Verskuilde liefde, keer dr. Edmund Wiese terug uit die buiteland. Hy moet vrede maak met die lee kol wat sy broer, Fanie, agtergelaat het. En drie weke later maak hy ’n onverwagse ontdekking wat sy prioriteite verander.

Barmhartigheid Aan Duisende - 'n Familiesage Uit Die Sandveld (Afrikaans, Paperback): Beatrix Kotze Barmhartigheid Aan Duisende - 'n Familiesage Uit Die Sandveld (Afrikaans, Paperback)
Beatrix Kotze
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Casey Olivier van Velddrif in die Sandveld aan die skilderagtige Weskus het alles: ’n goeie man, twee suksesvolle seuns en lekker kantoorwerk by die munisipaliteit.

Dog, reeds van haar tienerjare smag sy na die groen gras aan die ander kant van die draad. Helaas ook na wat baie mense sal afkeur as onsedelikheid. Dit lê in haar gene. Afkomstig uit die geslag van haar ontugtige oumagrootjie, Anna Smit, kan sy beswaarlik beter vaar, verdedig sy haarself.

Die roman begin in 1861, strek oor vier geslagte en eindig in 2020, die jaar van die groot Covid-19-pandemie – op ’n verrasssende hoogtepunt.

Donatello & Volksie (Afrikaans, Paperback): Erskine. Marion Erskine. Marion Donatello & Volksie (Afrikaans, Paperback)
Erskine. Marion Erskine. Marion
R314 Discovery Miles 3 140 Ships in 5 - 7 working days

Dis die goeie ou dae van chat rooms en Internet Explorer; emoji’s met leestekens; waar jy moet verduidelik wat afkortings soos LOL beteken; en Joost en Amor is Suid-Afrika se “it couple”.

Zoë Zietsman sit op Oukersaand stoksielalleen voor haar rekenaar – sonder selfs ’n hond om mee te cuddle. En cuddle is volgens Zoë ’n basic human right. Vanaand is die aand, besluit sy terwyl sy as “Volksie” op die Matchmatewebwerf inteken.

Só ontmoet sy vir “Donatello”, ’n advokaat wat sy klerekas colour code en net suiwer Afrikaans praat. Zoë, daarenteen, meng haar tale, sy ry nog met haar Vespa en gee jogaklasse vir swanger vroue.

Wat het ’n konserwatiewe metro-man en ’n alternatiewe maltrap soos Zoë gemeen? Met twee goeie feë in die gedaante van ’n gay boesembuddie en ’n huishulp wat nie met haar laat sukkel nie, kan Mars en Venus dalk tog bymekaarkom.

Maar kan mens regtig jou instink vertrou oor skerms, sleutelborde en digitale kabels?

Onvergeetlike Oomblikke (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Onvergeetlike Oomblikke (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 6 working days

Dina Botha is een van die suksesvolste skrywers in Afrikaans. Sedert Februarie 2013 was Dina Botha 192 keer op Nielsen Bookscan se Top100 vir fiksieverkope.

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Dina Botha se vorige Romanzas, Sy rooikopbaas, Liefste Willemientjie en Liefdeskrale.

Sy rooikopbaas:
Voor Sandra haar oë uitvee, sit sy met ’n manlike “sekretaresse” – Ryk Willemse. Maar haar firma word skielik bedreig, Oumsie soek verbete vir haar ’n man, en sy begin wonder: Is sy ’n verstokte oujongnooi, mannetjiesagtig, ’n rooikopheks?

Liefste Willemientjie:
Wilmien het lankal vergeet om aan haarself te dink. Ná haar ouers se dood moet sý sorg, voog van haar vyf broers en suster wees, boer – al maak Rhys du Randt weer die vrou in haar wakker.

Liefdeskrale:
Platsak moet rykmansdogter Esté oorleef, haarself bewys. Sonder haar ontwerpersklere, -skoene, sportmotor. Schalk Brink word haar baas, ’n man wat vroue vir brekfis opeet. En Esté moet net keer. Sy vlam mag haar nie ook skroei nie.

Liefdesreis (Afrikaans, Paperback): Susan Olivier Liefdesreis (Afrikaans, Paperback)
Susan Olivier
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Susan Olivier se vorige Romanzas, Bod op ’n biljoenêr, Kylie se keuse en Verborge obsessie.

Bod op ’n biljoenêr:

Agtien maande was nie lank genoeg om Nico te vergeet nie, dit besef Eva die oomblik toe sy hom weer sien, en skielik is sy glad nie meer seker dat sy van hom wil skei nie.

Kylie se keuse:

Toe Kylie ná jare in die buiteland terugkom om haar pa se plek in sy maatskappy in te neem, sit Alex du Preez daar. En daar’s groot fout in die maatskappy. Is hy die skuldige, heuningmond en al?

Verborge obsessie:

Ná al die jare is Michael Meskin terug, nou die wêreldbekende sakeman. Maar hy straf haar, asof Sonika die skuld dra vir sy swakheid van destyds, toe hy die omkoopgeld aanvaar en die pad gevat het, landuit.

Brand (Afrikaans, Paperback): Peet Venter Brand (Afrikaans, Paperback)
Peet Venter
R315 Discovery Miles 3 150 Ships in 4 - 6 working days

Hoë politici sweer saam om Suid-Afrika in ’n diktatorskap te dompel. Die armes het genoeg gehad en kom in opstand. Die land brand. Mense vir wie Thys Krige omgee, kry seer. Iemand moet daarvoor boet.

Hierdie keer word hy betrek by korrupsie en komplotte op regeringsvlak. ’n Korrupte president speel in die hand van buitelandse moondhede met imperialistiese ambisies wat ’n voet in die deur soek. Sagte kolonisasie, noem mens dit. Staatskaping noem die media dit. Die tentakels daarvan al so diep in die struktuur van mense in sleutelposte dat niemand meer seker is wie betrokke is en wie vertrou kan word nie. In sulke gevalle protesteer mense gewoonlik. Hulle kan byvoorbeeld so aggressief gemaak word dat hulle mekaar begin uitroei. Traangas word gedokter met dwelms wat ten doel het dat mense mekaar te lyf gaan. Grootskaalse chaos maak ’n land onregeerbaar. Dryf die mense se frustrasie tot breekpunt. Sweep hulle teen mekaar op. Maar daar is maniere om hulle stemme stil te kry.

In Krige se stryd het drie vroue deel van sy wêreld geword: sy halfsuster, ’n gestremde IT-spesialis en ’n genie wat die donkerweb met die donkerbewuste in die mens se psige in verband bring. Al drie gaan gebuk onder pyn en trauma, soos Krige, en vir al drie ervaar hy iets wat aan liefde gelykgestel kan word.

“Hy voel die wonderlike pyn wegsak, diep in, dieper, dieper, tot dit sag word en tot rus kom op die koue en harde ding in hom.”

Hoe Diep Die Liefde Lê (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Hoe Diep Die Liefde Lê (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Elsa Winckler se vorige Romanzas, Waar liefde lê, Want daar’s skoenlappers en Heldergeel dag.

Waar liefde lê:

Lana sien regtig nie kans vir die passievolle omgewingskundige wat ’n Kilimandjaro-ekspedisie reël nie. Sy vrees berge. En sy vrees die uitwerking wat hierdie dinamiese en hartstogtelike man op haar het.

Want daar’s skoenlappers:

Gemma is ’n mediese dokter en Nick ’n oorlogsfotograaf. Boonop is hulle aangetroude familie. Maar op die een of ander manier vryf hulle mekaar telkens verkeerd op. Of is hulle eintlik onweerstaanbaar vir mekaar?

Heldergeel dag:

Cara en haar vriendin Lana se broer Henry kon mekaar nog nooit verdra nie. Of is dit maar hoe mense optree wat eintlik van die begin af te veel van mekaar gehou het? Hulle storie het al in Waar liefde lê en Want daar’s skoenlappers begin ...

Angelique en die boekanier (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): Dina Botha Angelique en die boekanier (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
Dina Botha
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Angelique van Olgen het op veertien al ’n onverskrokke gees. Nie eens ’n wilde seerower verskrik haar nie. Sy is net so ontembaar soos haar vlamrooi hare en sy laat geen man haar hiet en gebied nie. Maar dis moeilik om nie die knie voor die ewe formidabele aristokraat Graaf Dante de Péronne te buig nie. Hy bekoor haar, maak vreemde wilde begeertes in haar wakker en toets haar onskuld. Selfs toe hulle deur omstandighede verplig word om te trou behou Dante sy afstand. Hy gaan die Kaap sonder haar verlaat. Hy is op ’n missie en dit sluit haar nie in nie.

Ena Murray Omnibus 35 - Die Vrou In Die Spieël / Die Oujongnooi Van Polkadraai / Die Kleine Kring (Afrikaans, Paperback): Ena... Ena Murray Omnibus 35 - Die Vrou In Die Spieël / Die Oujongnooi Van Polkadraai / Die Kleine Kring (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R524 Discovery Miles 5 240 Ships in 18 - 22 working days

In Die vrou in die spieël word die hoofkarakter een oggend wakker . . . en ontdek dat sy niks kan onthou nie, nie eens haar eie naam nie. En toe ’n lang, aantreklike man skielik die kamer binnestap, noem hy haar Ansie, ’n naam wat sy in haar diepste wese wéét nie hare is nie!

In Die oujongnooi van Polkadraai gebruik Silpa haar besonderse grimeertalent om haarself ’n volle twintig jaar ouer te laat voorkom – sy beeld ’n middeljarige oujongnooi uit wat aansoek doen om die pos van huishoudster vir twee jong kinders. Maar sy het nie rekening gehou met die streng dog aantreklike pa van die kinders nie.

En in Die kleine kring lig Henda se verloofde haar ’n maand voor hul troue in dat hy ’n ander vrou liefhet. Om aan die lewe te bly aanvaar sy ’n pos as huishoudster op Brakrivier, maar die opset waarin sy haar bevind is veel anders as wat sy haar dit voorgestel het . . .

The Crooked Path (Paperback): Irma Joubert The Crooked Path (Paperback)
Irma Joubert
R427 Discovery Miles 4 270 Ships in 18 - 22 working days

From the bestselling author of The Girl From the Train, comes another compelling coming of age story of delayed love, loss, and reconciliation in WWII-era South Africa.

Lettie has always felt different from and overshadowed by the women around her– this friend is richer, that friend is more beautiful, those friends are closer. Still, she doesn’t let this hold her back. She works hard to apply her mind, trying to compensate for her perceived lack of beauty with diligent academic work and a successful career as a doctor. She learns to treasure her friendships, but she still wonders if any man will ever return her interest.

Marco’s experience in the second world war have robbed him of love and health. When winters in his native Italy prove dangerous to his health even after the war has ended, he moves to South Africa to be with his brother, husband to one of Lettie’s best friends. Marco is Lettie’s first patient, and their relationship grows as she aids him on the road back to restored health.

In the company of beloved characters from The Child of the River, Marco and Lettie find a happiness that neither of them thought possible. With that joy comes pain and loss, but Lettie learns that life—while perhaps a crooked path—is always a journey worth taking.

Robyn se Ongetemde Man (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Robyn se Ongetemde Man (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Robyn het alles wat ’n meisie kan begeer. As sy net verlief was op die man waarmee almal verwag sy gaan trou. Eers toe Connor in haar lewe verskyn, weet sy wat sy misgeloop het.

Alles wat ’n meisie maar kan begeer, dit het Robyn. Skoonheid, kreatiwiteit, geld en ’n gesogte beroep. Boonop kan sy binnekort die vrou wees van ’n man wat self skatryk is en met die huwelik sal haar gesin se sakebelange verder bevorder word. Dis nou te se as hulle kan ooreenkom oor ’n troudatum, iets waartoe sy haar tot dusver nog nie kon bring nie omdat sy heimlik nie seker is of sy op hom verlief is nie. In hierdie kritieke stadium verskyn Connor asof uit die niet in haar kantoordeur. Hy wil he sy moet ’n ontmoeting met haar pa vir hom reel. Eers toe Robyn nie daarin slaag nie, besef sy haar pa het al die jare ’n geheim in hom omgedra, iets wat reelreg bots met die etiek wat hy Robyn en haar susters ingeprent het.

Die gevoelens wat Robyn vir Connor begin ontwikkel het, is gewoon ’n onmoontlikheid want hy blyk haar pa se aartsvyand te wees en sy wil ook nie haar pa geruineer sien nie. Toe gebeur die ondenkbare en haar lewe verander in ’n oogwink in die soort bestaan wat sy haar nooit eens sou kon voorstel nie. Nie dat sy ongelukkig is nie, maar so ...?

Ontwakende Passie (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Dina Botha Ontwakende Passie (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Dina Botha
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Celestine de Peronne se susters verwyl hul tyd met borduurwerkies, mooimaaksessies en dagdrome oor toekomstige mans, maar sy droom van om eendag die eienares van Lavoisier, die familieplaas, te wees.

Sy bestuur reeds haar pa se plaas, teel perde, plant wingerde aan en maak wyn. Haar pa stel ’n aantreklike en sjarmante Fransman, Argonne de Lattre, as stalmeester aan, maar hy verkies meisies soos haar susters.

Hy is die eerste man wat haar soen; haar kop laat duisel. Hy vra haar om te kies; dis of hy of Lavoisier, en dis die moeilikste besluit van haar lewe.

Zandile: The Resolute - Hlomu: Book 2 (Paperback): Dudu Busani-Dube Zandile: The Resolute - Hlomu: Book 2 (Paperback)
Dudu Busani-Dube
R345 Discovery Miles 3 450 Ships in 4 - 6 working days

Zandile the resolute continues the story of the eight Zulu brothers.

Rich, handsome, powerful, dangerous and the wealthiest and most powerful families in Johannesburg, Zandile is the wife of the first brother Nkosana, their love story is like a South African township Romeo and Juliet.

Their families hate each other but their love is so strong, it endures all the hatred, the deaths and even prison time.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Code 1244 - The 1986 Mount Hood Tragedy
Ric Conrad Hardcover R836 Discovery Miles 8 360
Eden Valley and South Lakes Limestone…
Ron Kenyon, Nick Wharton, … Paperback R588 Discovery Miles 5 880
Adventure Expedition One - Plan…
Aaron Linsdau, Terry M Williams Hardcover R1,035 Discovery Miles 10 350
Todra - Rock Climbing in Morocco's Todra…
Steve Broadbent Paperback R789 Discovery Miles 7 890
Scrambles in the Lake District - South…
John Fleetwood Paperback R535 R483 Discovery Miles 4 830
Eiger Dreams - Ventures Among Men and…
Jon Krakauer Paperback R283 R248 Discovery Miles 2 480
Himalayan Travels - Sikkim, Kulu and…
John Meredith Williams Hardcover R681 Discovery Miles 6 810
Jackson Hole Hiking Guide - A Hiking…
Aaron Linsdau Hardcover R1,034 Discovery Miles 10 340
The Assault on Mount Everest, 1922…
C.G. Bruce Hardcover R805 R709 Discovery Miles 7 090
Aconcagua and the Southern Andes…
Jim Ryan Paperback R475 R429 Discovery Miles 4 290

 

Partners