As grootoog seun in die ou Oos-Transvaal het Louis Jansen van Vuuren
nooit kon dink dat hy eendag die Franse kunswerke in ’n ensiklopie in
sy pa se studeerkamer in lewende lywe sou sien nie, wat nog te sê dat
hy ’n château in die Franse platteland sou besit.
Louis se liefde vir alles wat Frans is, is so aansteeklik dat ’n rits
ander Suid-Afrikaners die afgelope paar jaar ook blyplekke in die
Boussac-omgewing gekoop het. In Biltong en Dior deel hy kostelike
vertellings oor hoe inkommers in ’n vreemde land met ’n haas onleerbare
taal en eiesoortige gewoontes moet oorleef.
Hulle tel baie op oor Franse styl en kultuur, maar die Franse leer ook
iets oor Suid-Afrikaners se onblusbare ondernemingsgees en gasvryheid.
Sy stories word verryk met boeiende brokkies oor die Franse
geskiedenis, taal en kultuur.
Uiteindelik gee hierdie Afrikaanse Fransman se lewe in die vreemde gee
hom ook ’n nuwe waardering vir dit wat hom uniek en trots
Suid-Afrikaans maak.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!