0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (3)
  • R50 - R100 (7)
  • R100 - R250 (43)
  • R250 - R500 (132)
  • R500+ (9)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Biography

Die Mighty Men Verhaal (Afrikaans, Hardcover): Angus Buchan Die Mighty Men Verhaal (Afrikaans, Hardcover)
Angus Buchan
R293 Discovery Miles 2 930 Ships in 4 - 6 working days

Die Mighty Men Verhaal vertel op boeiende wyse hoe een man se gehoorsaamheid aan God herlewing gebring het in Suid-Afrika en duisende lewens vir altyd verander het. "God het my gelei om hierdie storie te skryf sodat ek die ware verhaal kan vertel van wat gebeur het," sê die bekende en geliefde evangelis Angus Buchan self.

Die Mighty Men Verhaal vertel die verstommende verhaal van die Mighty MenTM-fenomeen - hoe dit begin het met 'n mosterdsaad-idee in 2003, tot hoe dit in 2010 geëindig het toe die konferensie deur meer as 300 000 mans bygewoon is.

Meer as 40 persoonlike getuienisse van mans wat by hierdie konferensies aangeraak is deur die Gees sal elke leser aan die hart gryp. Dit spreek van nuutgewonde vuur vir God wat in die harte van duisende mans aangesteek is, en sal lesers inspireer om God met nuwe toewyding te dien.

Die Mighty Men Verhaal vier onwankelbare geloof, oneindige hoop en vreugdevolle en oorvloedige lewe in Christus!

Victor: My Reis (Afrikaans, Paperback): Victor Matfield Victor: My Reis (Afrikaans, Paperback)
Victor Matfield
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Een Wêreldbeker, ’n reeks-oorwinning oor die Britse en Ierse Leeus, twee Drienasies-titels, drie Super Rugby-trofeë en drie Curriebekers… Dit is een man se buitengewone prestasies in ’n loopbaan wat oor 16 ongelooflike jare gestrek het. Sy naam is Victor Matfield, en hy is ’n internasionale en Suid-Afrikaanse sportlegende. Jy wíl sy storie lees…

Vanaf sy grootwordjare toe hy ’n skaam, sport-mal seuntjie in Pietersburg was totdat hy die kruin van sy sukses in sy rugbyloopbaan bereik het, het Victor as ’n professionele sportman op die harde manier geleer van die plesier wat die lewe bied sowel as die pynlike druk wat daarmee saam gaan. In hierdie outobiografie waarna daar met groot afwagting uitgesien is, vertel hy openhartig van sy verhoudings met sy afrigters, insluitend Heyneke Meyer, Jake White en Peter de Villiers, die sterk bande wat hy met sy spanmaats gesmee het by die Bulle en in die nasionale span, en sy diepgaande liefde en respek vir die Springbok-trui. Hy bespreek die strydige kwessies wat die Suid-Afrikaanse rugbytoneel geteister het in die tydgleuf waarbinne sy loopbaan geval het, die opgang in Blou Bul-rugby en hul tekortkominge ten opsigte van topvorm-kondisie tydens sy laaste rugbyseisoen, die Bokke se kontroversiële kwarteindstryd wat die einde van hul mededinging om die Rugbywêreldbeker in 2011 beteken het, sy uittrede uit rugby en veel, veel meer.

Victor: My Reis is ongetwyfeld die een boek wat elke rugbyliefhebber sál wil lees.

Woord Vir Woord (Afrikaans, Paperback): Johan Stemmet Woord Vir Woord (Afrikaans, Paperback)
Johan Stemmet
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Daar is min gesigte op Suid-Afrikaanse televisie so wyd herken en geliefd soos die van Johan Stemmet, en min kenwysies so sinoniem met naweekaand-vermaak as die vrolike Noot vir Noot-klingel. Dat Johan Stemmet al vir meer as dertig jaar ononderbroke by televisie betrokke is, voor en agter die skerms, mag dalk sommige verras (hy lyk dan nie 'n dag ouer as dertig nie?) - maar nog interessanter is die doodgewone aardsheid en opregte menswees wat die toonaard bepaal vir die gebore Weskusklong se lewenslied. Woord vir Woord is 'n reis deur Johan se lewe: 'n kleurvolle concerto met 'n goeie sarsie dawerende akkoorde (geweet dat Johan as student vir Paul Getty II partytjiemusiek verskaf het? Of die een was wat gesorg het vir Tolla van der Merwe se eerste televisieverskyning?) en onverwagse vingerlopies (hy't Afrikaans gegee by Rondebosch Boys High - en dink self sy onderbaadjies op televisie lyk verspot!). Of jy nou 'n getroue aanhanger is, of eerder grappenderwys dink 'Kyk hoe kyk hy vir my!' - Woord vir Woord is meer as bloot die vertel van 'n fassinerende lewe. Dis ook die verhaal van die ontvouing van die Suid-Afrikaanse televisiebedryf en 'n sout-van-die-aarde-storie wat nie anders kan as om wyd te resoneer en te boei nie!

Koos Meyer: Lag-lag 'n Legende - Soos Oorvertel Deur Deon Van Zyl (Afrikaans, Paperback): Deon Van Zyl Koos Meyer: Lag-lag 'n Legende - Soos Oorvertel Deur Deon Van Zyl (Afrikaans, Paperback)
Deon Van Zyl
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 6 working days

Koos Meyer is ‘n legende. Op laerskool reeds was hy ‘n entrepreneur met die aardigste geldmaakplanne. As nie-studerende student op Stellenbosch het hy roem verwerf as poetsbakker en kansvatter. En as joernalis, prospekteerder, grootwildjagter, matroos, hotelbestuurder, wildbewaarder en toespraakmaker het hy hom onderskei deur sy ongewone manier van doen.

Hy het nooit nodig gehad om snaaks te wees nie; hy was dit net. Met verborge agter die plesierige masker ‘n diepte waarvan min weet. Hier is bekende en minder bekende Koos-stories – nostagiese plesier vir tydgenote van hom, en ‘n aansteeklike kennismaking vir jonger lesers.

Soos Ollie Viljoen sê: “Daar is net één Koos Meyer.”

Historikus: 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback): Hermann Giliomee Historikus: 'n Outobiografie (Afrikaans, Paperback)
Hermann Giliomee
R470 R371 Discovery Miles 3 710 Save R99 (21%) Ships in 2 - 4 working days

As uitgesproke kommenatator wat voor en na 1994 met die regering gebots het, een van die Dakar-gangers wat al in die 1980s die ANC gaan ontmoet het en wereldkenner van die Afrikaners, is Giliomee ten nouste betrokke by ons land se geskiedenis – en hoe ons dit verstaan. Hier verweef hy sy eie lewensverhaal met die van die land en die mense wat hom fassineer in leesbare, narratiewe vorm, vol staaltjies en onvertelde verhale.

Wynie - My Bloed Is Blou (Afrikaans, Paperback): Wynie Strydom Wynie - My Bloed Is Blou (Afrikaans, Paperback)
Wynie Strydom 1
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Wynie Strydom was jare lank ’n onmiddellik herkenbare figuur op die kantlyn van elke Blou Bullewedstryd, plaaslik en in die buiteland.

As die Blou Bulle se spanbestuurder het hy oor 17 veelbewoë jare heen die hoogte- en laagtepunte en die suksesse en mislukkings van sy gunstelingspan beleef. In hierdie boek vat Wynie Strydom en sy medeskrywer, Alita Steenkamp, die leser op sy lewenspad wat maar altyd met rugby vervleg was.

Dit is onontbeerlik vir alle rugbyliefhebbers, ongeag watter span hulle ondersteun.

Stories Van Die Kantlyn (Afrikaans, Paperback): Theuns Stofberg Stories Van Die Kantlyn (Afrikaans, Paperback)
Theuns Stofberg 2
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

n Versameling stories oor rugby, die lewe en allerhande ander dinge wat jou sal laat lag, ontroer en opkikker, deur een van Suid-Afrika se ware rugbylegendes… Theuns Stofberg se glorieryke rugbyloopbaan het van 1976 tot 1985 geduur, en hy word in die algemeen beskou as een van die grootste Springbokke ooit. As die 36ste Springbokkaptein – een van slegs 56 spelers wat die eer kon he – was hy taai en kompromisloos op die veld, maar langs die kantlyn was hy ’n ware heer en uitstekende storieverteller – soos bewys word deur die anekdotes wat byeengebring is in hierdie boek. In Stories van die kantlyn neem hy lesers tot agter die skerms, na sy kinderdae as skoolseun-rugbyspeler, tot die berugte meelbom-toer in Nieu-Seeland in 1981, en ook sy Curriebeker-oorwinnings vir drie provinsies – tot vandag toe ’n ongeewenaarde prestasie. Hy skryf ook oor hoe dit was om saam met legendes soos Morne du Plessis, Gerrie Germishuys, Schalk Burger snr. en Gysie Pienaar te speel, hy roep bewonderaars se vreemde en dikwels fleurige gedrag in herinnering en gee lesers ’n fassinerende blik op die amateurdae van rugby in Suid-Afrika. Hy vertel in sy unieke, onnabootsbare styl van sy persoonlike stryd met ’n spraakgebrek en gesondheidsprobleme, en hoe hy ’n tragedie in die familie hanteer het. Elke Suid-Afrikaanse rugbyliefhebber sal hierdie boek, wat soms diep persoonlik, soms amusant en partymaal nostalgies is, koester en geniet.

Afrikaner Sondebok? - Die Lewe Van Hans Van Rensburg Ossewabrandwag-Leier (Afrikaans, Paperback): Albert Blake Afrikaner Sondebok? - Die Lewe Van Hans Van Rensburg Ossewabrandwag-Leier (Afrikaans, Paperback)
Albert Blake 1
R607 Discovery Miles 6 070 Ships in 18 - 22 working days

Hans van Rensburg se magnetiese persoonlikheid en sy sterk teenkantingteen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog het Afrikaners só aangegryp dat die Ossewabrandwag (OB) binne drie jaar na sy stigting by die 300 000 lede gehad het.

In die vroeë 1930’s was Van Rensburg egter nog deel van die regering en het ’n blink politieke toekoms vir hom gewink. Hy was die jongste Justisiehoof voordat hy as die jongste administrateur van ’n provinsie aangestel is. Hy was ook ’n regsgeleerde, filosoof, taalkundige en taalstryder, bekwame burokaat, militaris, boer, wildjagter en hengelaar.

Sy lewensverhaal strek oor sewe dekades en hy was by al die belangrikste historiese gebeure van 20ste eeubetrokke-van die Anglo-Boereoorlog tot die apartheidsregering.Dit is ’n tydperk waartydens talle “ismes” hoogty gevier het: imperialisme, nasionalisme, nasionaal-sosialisme, kapitalisme, kommunisme en rassisme.

In die verlede is besprekings van Van Rensburg meestal beperk tot sy rol as OB-leier, terwyl hierdie boek ook gaan ondersoek instel na sy rol in die totstandkoming van die apartheidsbewind. Dit is minder bekend dat hy in die vroeë 1950’s as kommissaris van die Groepsgebiederade –’n ankerpunt van apartheidsbeleid –aangestel is.Sy konflik met die verantwoordelike minister, PW Botha, het tot sy bedanking gelei.

Van Rensburg worddikwels as ’n verbete Afrikaner-fascis beskryf, maar die werklikheid is meer kompleks. In vele opsigte was hy dalkeerder ’n gerieflike sondebok vir die Smuts-en Nasionale Party-regerings.

Als Is Nie Net Swart En Wit Nie (Afrikaans, Paperback): Malvory Adams Als Is Nie Net Swart En Wit Nie (Afrikaans, Paperback)
Malvory Adams
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

’n Bekroonde joernalis, Malvory Adams, skrik wakker in ’n hospitaalbed en wonder hoe hy daar beland het. Dit tref hom soos ’n tienpondhamer tussen die oë: Sy selfmoordpoging het misluk! ’n Bleddie “Samaritaan” het hom uit die kloue van die dood weggeruk.

Malvory se hartverskeurende lewensreis sleep jou enduit saam en laat jou by tye na jou asem snak.

Als is nie net swart en wit nie skets ’n prentjie van swaarkry, stryd, sukses, selfvernietiging, ’n dans met die dood en die lewe.

’n QR-kode word ook by Als is nie net swart en wit nie ingesluit van sy nuutste liedjie, “Hemel-Dal” asook ’n Engelse weergawe genaamd “Heaven’s Vale”.

Die Groot Boere-Ontsnapping (Afrikaans, Paperback): Willie Steyn Die Groot Boere-Ontsnapping (Afrikaans, Paperback)
Willie Steyn
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie boek is Willie Steyn se eerstehandse weergawe van wat ongetwyfeld die grootste ontsnappingsveraal van die Anglo-Boereoorlog is. Hy was een van seshondred Boere wat per skip na die eiland van Ceylon gestuur is om daar in die Diyatalawa-kamp geïnterneer te word. Die skip was op 'n donker, maanlose nag in die hawe van Colombo vasgeanker toe Steyn en vier van sy mede-gevangenes een-een met 'n tou in die water afsak terwyl Britse soldate om die skip patrolleer.

Die bekoring van Willie Steyn se persoonlike weergawe lê in die onderbeklemtoning en die feitlike eenvoud daarvan. Hy probeer homself nie as 'n held voorstel nie en maak geen aanspraak op roem nie, maar die intensiteit en krag van die vertelling verhoog namate dit ontvou. Vanaf die oomblik dat hy op die slagveld gevange geneem word, het Willie Steyn een doel voor oë: Hy gáán ontsnap. Die leser word bewus van hierdie dwingende dryfkrag, en leer Willie ken as 'n ongebonde gees, wat selfs in gevangenskap nooit sy brandende begeerte en vasberadenheid om tot die stryd terug te keer, verloor nie.

Deneys Reitz - skrywer van Kommando en bekend vir sy eie dapperheid - het in 1903 Steyn as 'een van ons dapperste burgers' beskryf, en sy ontsnapping as 'n daad 'sonder weerga in die geskiedenis van ontsnapping' genoem.

Rian - 16 Dinge wat ek nie moes sê nie (Afrikaans, Paperback): Rian van Heerden Rian - 16 Dinge wat ek nie moes sê nie (Afrikaans, Paperback)
Rian van Heerden
R304 Discovery Miles 3 040 Ships in 4 - 6 working days

Met sy heel eerste verskyning op televisie as hoërskool-laaitie het Rian van Heerden reeds die volk die josie ingemaak. Sedertdien het hy dikwels koerantvoorblaaie gehaal - en is telkens afgedank! - vir sy omstrede uitlatings. In dié boek skryf hy onbeskaamd oor al die goed wat mense meen hy eerder nié moes gesê het nie. Hy maak vir die eerste keer sy hart oop oor sy persoonlike lewe, sy worsteling met gaywees en sy eerste liefdesverhouding. Blatant eerlik, skreeusnaaks, aangrypend.

Pik Botha En Sy Tyd (Afrikaans, Hardcover): Theresa Papenfus Pik Botha En Sy Tyd (Afrikaans, Hardcover)
Theresa Papenfus
R450 Discovery Miles 4 500 Ships in 4 - 6 working days

’n Biografie oor Pik Botha, een van Suid-Afrika se kleurrykste figure, en in sy tyd die langsdienende Minister van Buitelandse Sake ter wêreld.

Goeiemore, Mnr. Mandela (Afrikaans, Paperback): Zelda la Grange Goeiemore, Mnr. Mandela (Afrikaans, Paperback)
Zelda la Grange
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 4 - 6 working days

Goeiemôre, mnr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe Zelda la Grange se lewe, oortuigings en vooroordele omvergewerp word deur die grootste staatsman van ons tyd.

Dit volg die ongelooflike lewenspad van ’n verskrikte tikster in haar vroeë twintigs wat gekies word as Nelson Mandela se lojaalste steunpilaar en haar loopbaan daaraan wy om reisgenoot en versorger te word van die man wat sy ‘Khulu’ noem.

Hierdie boek wentel om liefde en tweede kanse. Dit sal jou lewe raak en jou laat glo elkeen van ons, ongeag wie ons is en wat ons gedoen het, het die mag om te verander.

Veronica: Die Kleur Van Liefde (Afrikaans, Paperback): Alita Steenkamp Veronica: Die Kleur Van Liefde (Afrikaans, Paperback)
Alita Steenkamp
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Die kleur van liefde is ’n verhaal van onreg. Twee mense raak verlief op mekaar, maar dis ’n verbode liefde want die regering van die dag duld nie liefde oor die kleurgrens nie. Dis die sestigerjare, en Suid-Afrika is vasgevang in die knelgreep van Apartheid. Selinah Phaswane raak swanger en beide sy en Paul Mills weet dat dit onmoontlik sal wees om die baba te behou. Op Paul se aandrang vlug Selinah met die pasgebore baba na Lydenburg waar daar ’n groot bruin gemeenskap is. Sy laat haar baba in die sorg van die Nagels, min wetend dat haar kind daar nooit enige liefde of koestering sal ervaar nie.

Zephany - Twee Ma's. Een Dogter. 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback): Joanne Jowell Zephany - Twee Ma's. Een Dogter. 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback)
Joanne Jowell 2
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) In Stock

“Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met ’n hoodie aan en ’n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek … Dit het my gebreek. Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word ’n misdadiger genoem.”

Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid.

’n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miché Solomon pas met matriek begin. Sy het ’n kêrel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat ’n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en ’n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie.

Miché is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer háár storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis.

Jeremy Vannie Elsies (Afrikaans, Paperback): Jeremy Vearey Jeremy Vannie Elsies (Afrikaans, Paperback)
Jeremy Vearey
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Van laaitie tot politieke kryger, bandiet tot generaal-majoor, ondergrondse operateur tot presidensiële lyfwag…

Van sy kleintyd in Elsiesrivier neem Jeremy Vearey se lewe talle onvoorspelbare wendings. Sy eiesoortige vertelling sluit die ouere manne van sy jeug in, die ooms by die damstafel, kerkjeugkampe en die Kommuniste-manifes, skoolhou en ondergrondse werk vir MK, en sy aanhouding op Robbeneiland. As Mandela se lyfwag help hy ’n opstand in die Karoo ontlont, voor hy deel word van die nuwe SAPD, waar hy saam met die gewese vyand terrorisme en Kaapse bendes takel.

En onder alles loop ’n donker stroom.

Ai, Abraham (Afrikaans, Paperback): Abraham Luckhoff Ai, Abraham (Afrikaans, Paperback)
Abraham Luckhoff
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

Dr. Abraham Lückhoff het as dominee, koerantman en diplomaat op drie vastelande gewerk en so ’n leeftyd se humoristiese staaltjies en stories bymekaargemaak.

Hy vertel van sy sorgelose kinderdae op Clanwilliam, die guitige manewales van sy tienerjare op Graaff-Reinet en die snaakse wedervaringe van sy lewe as predikant in Amerika, Mexiko en België.

Op Soek Na Saartjie - Lagenhoven Se Geheime Liefde (Afrikaans, Paperback): Dominique Malherbe Op Soek Na Saartjie - Lagenhoven Se Geheime Liefde (Afrikaans, Paperback)
Dominique Malherbe 2
R367 Discovery Miles 3 670 Ships in 4 - 6 working days

Op 15 Julie 1932 sterf CJ Langenhoven skielik. Dat hy ’n jong Joodse vrou, die vurige rooikop Sarah Eva Goldblatt, as eksekuteur van sy literêre nalatenskap benoem, kom as ’n verrassing. Dominique Malherbe was van kleins af gefassineer deur die familiefluisteringe oor dié groottante van haar en haar verhouding met Langenhoven. Uiteindelik besluit sy om antwoorde te soek  oor Saartjie se lewe, haar werk en die raaisel rondom haar babaseun.’n Ongewone en boeiende literêre liefdesverhaal.

Uitvinders, Planmakers En Ander Slimkoppe Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Engela Duvenage Uitvinders, Planmakers En Ander Slimkoppe Van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Engela Duvenage 5
R399 Discovery Miles 3 990 Ships in 4 - 6 working days

In hierdie boek sal jy lees van allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika.

Hier is stories oor mense wat mediese deurbrake gemaak het. Stories oor mense wat met diere en plante werk. Stories oor mense wat die geheime van die hemelruim probeer ontrafel. Stories oor mense wat interessante ontdekkings oor fossiele, die aarde, water en die klimaat maak.

Dit is voorwaar ’n trots Suid-Afrikaanse boek wat elke leser sal inspireer en motiveer om vrae te vra, te ontdek en te skep.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Labour Relations In South Africa
Paperback R636 Discovery Miles 6 360
Big Panda And Tiny Dragon
James Norbury Hardcover  (1)
R505 R466 Discovery Miles 4 660
Managing Human Resource Development - A…
Marius Meyer Paperback  (1)
R1,984 Discovery Miles 19 840
Tantric Traditions in Transmission and…
David B. Gray, Ryan Richard Overbey Hardcover R3,592 Discovery Miles 35 920
Oriental and Linguistic Studies…
William Dwight Whitney Paperback R608 Discovery Miles 6 080
On the Move to Meaningful Internet…
Herve Panetto, Christophe Debruyne, … Paperback R1,499 Discovery Miles 14 990
GBC 8mm CombBind 21 Loop Binders (100…
R140 Discovery Miles 1 400
Sputtering Materials for VLSI and Thin…
Jaydeep Sarkar Hardcover R3,947 R3,741 Discovery Miles 37 410
Reject the Diet Mentality - What Kind Of…
Lorena Keen Hardcover R817 Discovery Miles 8 170
The Secret Battle of Evan Pao
Wendy Wan-Long Shang Hardcover R428 R405 Discovery Miles 4 050

 

Partners