0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (3)
  • R50 - R100 (2)
  • R100 - R250 (31)
  • R250 - R500 (109)
  • R500+ (20)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Biography

Anton Rupert - Die Lewe van 'n Sakeleier (Afrikaans, Paperback, Opgedateerde Uitgawe): Ebbe Dommisse Anton Rupert - Die Lewe van 'n Sakeleier (Afrikaans, Paperback, Opgedateerde Uitgawe)
Ebbe Dommisse
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die verstommende storie van ’n sakelegende wat een van Afrika se welvarendste maatskappye uit niks opgebou het.

Anton Rupert was 'n Karooseun wat in die Depressie grootgeword het, en dit skaars kon bekostig om te gaan studeer, maar sy Rembrandt groep word uiteindelik ʼn wêreldleier in o.m. luukse goedere. Wat was Rupert se geheim? Rupert se oorspronklike sienings oor die skepping van werk en welvaart in ‘n sukkelende ekonomie is sy blywende nalatenskap met diepgaande lesse vir Suid-Afrika vandag. Sy storie is meer relevant as ooit.

Hier vertel die gesoute sakeskrywer Ebbe Dommisse die volle verhaal, vol kleur en anakdotes, in dié opgedateerde uitgawe van sy hoogaangeskrewe biografie van Rupert.

Die Herero-Opstand 1904-1907 (Afrikaans, Paperback): Gerhardus Pool Die Herero-Opstand 1904-1907 (Afrikaans, Paperback)
Gerhardus Pool
R360 Discovery Miles 3 600 Ships in 2 - 4 working days

Die Herero-opstand 1904–1907 is ’n heruitgawe van ’n boek wat ses keer tussen 1976 en 1979 deur HAUM gepubliseer is. Die lotgevalle van die Hererovolk word in hierdie boek geskets, ’n stuk geskiedenis wat ’n sentrale plek in Namibie se kleurryke geskiedenis beklee. Die opstand van die Herero’s in 1904 teen Duitse koloniale gesag kan beskou word as die enkele gebeurtenis wat die gebied se volksverhoudinge die ingrypendste verander het. Die Herero-opstand 1904–1907 vertel van die geleidelike opbou na die konflik, die skielike uitbarsting van geweld en die tragiese afloop vir die Herero’s toe duisende verhonger het en hulle grond en politieke seggenskap verloor het.

Terugblik 2 - Nog 80 Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback): Fransjohan Pretorius Terugblik 2 - Nog 80 Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback)
Fransjohan Pretorius
R431 Discovery Miles 4 310 Ships in 6 - 10 working days

Die tweede versameling van prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van die vroegste tye tot taamlik onlangs wat in die dagblad Beeld verskyn het.

Maak kennis met nog helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis asook 'n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure.

Wat's Nuus? (Afrikaans, Paperback): Riaan Cruywagen Wat's Nuus? (Afrikaans, Paperback)
Riaan Cruywagen
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Hier is dit nou! Riaan klim uit die TV-kas! Sy langverwagte outobiografie met die ware Riaan gaan elke mens laat regop sit.

Gou word die leser in hierdie kostelike, gemaklike en informatiewe biografie ingetrek, sodat jy later absoluut meegevoer word deur die welkome inligting. Dit voel eintlik asof jy vir ete by die Cruywagens genooi is en jy in 'n diep gemakstoel na daardie welluidende mooi stem sit en luister wat op 'n boertige en gesellige manier onthou. Hy bring al vir die afgelope 47 jaar vir ons die nuus in ons huis en lyk sowaar nog presies dieselfde. Vind uit hoekom hy die geloofwaardigste Suid-Afrikaner naas Nelson Mandela is. In hierdie boek wys ons jou wie Riaan werklik is. 'n Familieman wat ‘n passie het vir Afrikaans en wat mal is oor 'n goeie grap.

Hierdie boek gaan jou laat skater van die lag en jou hart laat warm klop na jy dit gelees het.

Op die Spoorweg - Die storie van ons treine (Afrikaans, Paperback): David Williams Op die Spoorweg - Die storie van ons treine (Afrikaans, Paperback)
David Williams
R330 R295 Discovery Miles 2 950 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op die Spoorweg neem lesers mee in Suid-Afrika se lewendige spoorwegerfenis. Ontdek die ingenieurswonderwerke wat die moeilike terreine oorwin het en die lewendige spoorwegdorpe wat gemeenskappe onderhou.Williams skroom nie om die bitter werklikheid van rasseskeiding te bespreek nie. Hy balanseer vaardig die glans van die spoorweë teen die skerp waarhede.

Terugblik - Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback): Fransjohan Pretorius Terugblik - Sketse Van Ons Geskiedenis (Afrikaans, Paperback)
Fransjohan Pretorius
R395 Discovery Miles 3 950 Ships in 6 - 10 working days

Prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van voor Jan van Riebeeck se landing tot die jongste tye wat in die dagblad Beeld verskyn het.

Maak kennis met die helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis asook 'n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure.

Retoervloot - Kaapstad En Die VOC In 1713 (Afrikaans, Hardcover): Dan Sleigh Retoervloot - Kaapstad En Die VOC In 1713 (Afrikaans, Hardcover)
Dan Sleigh
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dit is 1713. VOC-admiraal Johannes van Steelant bring sy ryklik belaaide retoervloot via die Kaapse diensstasie terug na Nederland uit Batavia. Saam op die vlagskip, sy vyf jong kinders. Op die oop see raak hulle een-een siek. Hete koors, maagpyn, swere – die gevreesde pokke.

Op 12 Februarie gaan die gesin, nou almal gesond, aan land in Tafelbaai. Hul skeepsklere word gewas in die VOC se slawelosie. Enkele maande later is byna die helfte van die Kaapse bevolking dood aan pokke.

In Retoervloot bring VOC-kenner Dan Sleigh dié gegewe, en die verbysterende werkinge van die VOC-retoervlootstelsel, lewend voor die oog. Aan die hand van Van Steelant se nuut-ontdekte skeepsjoernaal, met die agtergrondinkleding wat ’n meesterlike geskiedkundige soos Sleigh kan bied, staan die leser op die dek van vlagskip Sandenburg – ’n magtige skip van ’n roemryke organisasie, dog uitgelewer aan die woedende oseaan. Verder is Retoervloot ’n gedenksteen vir Kaapstad se grootste ramp tot op hede

Die Potlooddief Se Bruid - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback): Keina Swart Die Potlooddief Se Bruid - En Ander Stories (Afrikaans, Paperback)
Keina Swart
R121 Discovery Miles 1 210 Ships in 6 - 10 working days

Die Potlooddief Se Bruid En Ander Stories, a collection of columns by Keina Swart, is the result of different journeys, of her heart, mind and imagination, and adventurous explorations of places far and near.

She writes about the people closest to her – the men, women and children of her heart – and explores the soul of South Africa and its unique stories.

Antjie Krog - 'n Ondersoekte Lewe (Afrikaans, Paperback): Louise Viljoen Antjie Krog - 'n Ondersoekte Lewe (Afrikaans, Paperback)
Louise Viljoen
R559 Discovery Miles 5 590 Ships in 6 - 10 working days

Antjie Krog is ’n (ook internasionaal) bekroonde digter, joernalis, vertaler en akademikus. Sy debuteer op die jong ouderdom van 18 met die bundel Dogter van Jefta (1970) waarna talle bekroonde digbundels en publikasies volg. As joernalis by Die Suid-Afrikaan lewer sy in die 1990’s verslag oor die Waarheids-en-versoeningskommissie en verwoord haar ervarings oor dié proses in Country of my skull, wat in 1998 gepubliseer is en onder meer die Alan Paton-toekenning vir niefiksie en die Olive Schreiner-prys ontvang. Sy vertaal ook Nelson Mandela se biografie, Long walk to freedom, in Afrikaans as Lang pad na vryheid.

Sy wen drie keer die gesogte Hertzogprys – vir Lady Anne (1990), Mede-wete (2017), asook vir haar jongste poësiebundel, Plunder, in 2023. Mees onlangs het sy die Tienie Holloway-medalje van die SA Akademie ontvang vir Vetplantfeetjies, saam met medewerkers Fiona Moodey en Ingrid de Kock, vir haar kinderdigbundel oor die natuur en inheemse plantegroei.

Hierdie huldigingsbundel is die 16de in die reeks van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns wat literêre kunstenaars huldig wat met die Hertzogprys bekroon is, en wat die Afrikaanse letterkunde oor dekades heen verryk het.

Landuit - Want jy wil mos (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Landuit - Want jy wil mos (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Min het Zirk van den Berg, toe hy in 1998 met sy gesin na Nieu-Seeland verhuis, geweet wat dit sou verg vir ʼn huis vol Kapenaars om Kiwi’s te word. Hy vind homself werkloos, in ʼn piepklein huisie van karton, in die land van kettingsae en grassnyers. Die son skyn nooit en sy vrou sniks sags in haar kussing. Tog slaag Zirk uiteindelik daarin om ʼn betekenisvolle bestaan in Auckland vir hom en sy mense te bou.

Vredemaker - 'n Aangrypende verhaal van hoop (Afrikaans, Paperback): Reggie Peace Vredemaker - 'n Aangrypende verhaal van hoop (Afrikaans, Paperback)
Reggie Peace
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie presteer. Maar hy bly ontevrede met homself - hy sug voordurend na erkenning en aanvaarding. Tot hy besef dat hy ʼn keuse het: Kies die lewe, óf kies ’n stadige dood. Reggie se verhaal is een van hoop. Sy storie is een van swaarky, maar ook van uitdagings wat oorkom kan word en hoe om met Christus aan jou sy sterker anderkant uit te kom.

Onder 'n Bloedrooi Hemel - Liefde En Geweld In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Annemarie van Niekerk Onder 'n Bloedrooi Hemel - Liefde En Geweld In Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Annemarie van Niekerk
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Annamarie van Niekerk gaan brutaal eerlik om met vraagstukke waarmee ons daagliks worstel: plaasmoord, geweld teen vroue, skuld en onmag, aandadigheid en keuse.

Sy woon in Den Haag, maar keer terug Suid-Afrika toe vir die begrafnis van haar liewe vriend, Ruben, wat saam met sy ma in ʼn wrede plaasmoord vermoor is. Dié reis lei terug na ander reise: Van haar kinderjare in PE in ʼn streng Nasionale huishouding met ʼn Broederbondpa. Na Umtata, waar sy gaan klasgee en verlief raak op ʼn swart kollega. Na Hillbrow, waar die twee van hulle onwettig saamwoon en aktief is in skrywersirkels met vriende soos Nadine Gordimer en Njabulo Ndebele. Tot geweld ook hul verhouding binnedring. Uiteindelik na die tronk, waar sy Ruben se moordenaars gaan soek in haar strewe na verstaan.

Van Niekerk vervleg haar eie storie aangrypend met ’n verkenning van die groot kwessies in ons land. Onder ʼn bloedrooi hemel is ʼn diep ontroerende persoonlike reis, van geweld na genade, meesterlik vertel.

Geroep vir 'n Tyd Soos Hierdie (Afrikaans, Paperback): Farren Cloete Geroep vir 'n Tyd Soos Hierdie (Afrikaans, Paperback)
Farren Cloete
R275 R246 Discovery Miles 2 460 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Farren Cloete is geroep vir ’n tyd soos hierdie, maar wys vir jou op jou roeping ook: dit maak nie saak wat mense sê nie, as God jou geroep het kan geen mens jou keer nie en jy hoef aan niemand rekenskap te gee nie. Farren kom maak ons vry daarvan dat ons dink ons moet ander gelukkig maak, en help ons om te fokus op wat God van ons wil hê. Dit maak nie saak hoe moeilik ons roeping is nie, of ons opgewasse voel daarvoor of nie, God is by ons en Hy roep ons vir ’n tyd soos hierdie.

Voetspore Van Fanie Du Preez (Afrikaans, Paperback): Fanie du Preez Voetspore Van Fanie Du Preez (Afrikaans, Paperback)
Fanie du Preez
R392 Discovery Miles 3 920 Ships in 2 - 4 working days
Kyk Na My - Herinneringe Aan 'n Kindertyd (Afrikaans, Paperback): Nataniel Kyk Na My - Herinneringe Aan 'n Kindertyd (Afrikaans, Paperback)
Nataniel
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) In Stock

Met hierdie unieke boek vertel Nataniël die verhaal van ’n kindertyd in drie klein dorpies en een groot voorstad, ’n era waartydens reëls blindelings gevolg is en oor ’n jong seun met ’n oorweldigende vrees vir die gewone. Kyk na my is Nataniël se eerste volwaardige memoir. 

'n Baie Lang Brief Aan My Dogter (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver 'n Baie Lang Brief Aan My Dogter (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R395 R353 Discovery Miles 3 530 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Baie lang brief aan my dogter is Marita van der Vyver, een van Afrikaans se mees geliefde skrywers, se ontroerende jeugmemoir. Dit is 'n speurtog deur die skrywer se beginjare, maar dit is ook ’n liefdesbrief aan ’n dogter en ’n taal en ’n land. En bowenal is dit ’n ma se poging om sin te maak van hierdie onverskillige en wrede wêreld waarin sy haar nou begewe.

Die Brug - Na Die Hel En Terug In Angola (Afrikaans, Paperback): Deon Lamprecht Die Brug - Na Die Hel En Terug In Angola (Afrikaans, Paperback)
Deon Lamprecht
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In vergeelde foto’s van drie dekades gelede staan oopgesigseuns vol bravade voor Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg.

In ’n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doodsakker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.

Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer ’n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting - en om die wrak te vind van die Ratel waarin ’n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.

Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook ’n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is ’n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.

Geloof Soos Aartappels (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Geloof Soos Aartappels (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R129 R119 Discovery Miles 1 190 Save R10 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Geloof soos aartappels is die inspirerende ware verhaal van bekende evangelis Angus Buchan. Dit is ’n getuienis van hoe geloof ’n mens deur die donkerste tye kan dra. Nadat Angus tot bekering gekom het, is hierdie humeurige man wat van sy drank gehou het, verander in ’n passievolle dienaar van God. Sy geloof het hom al deur droogtes, familietragedie en finansiële krisisse gedra. Sedert hy tot bekering gekom het, het Angus die evangelie oor die wêreld heen verkondig. Hy het ook ’n kinderhuis gestig, verskeie boeke geskryf en duisende mense geïnspireer met sy boodskappe op TV, radio en by sy konferensies. Hierdie aangrypende boek sal jou opnuut verseker van God se almag en sy voorsiening vir sy kinders.

Ystervuis Uit Die See - Uiters Geheime Seewaartse Recce-operasies (1978-1988) (Afrikaans, Paperback): Arne Soderlund, Douw Steyn Ystervuis Uit Die See - Uiters Geheime Seewaartse Recce-operasies (1978-1988) (Afrikaans, Paperback)
Arne Soderlund, Douw Steyn
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Gedurende die Grensoorlog het die Spesiale Magte se 4 Verkenningsregiment tientalle klandestiene seewaartse operasies saam met die SA Vloot uitgevoer. Van Cabinda in Angola tot Dar es Salaam in Tanzanië het hulle strategiese teikens soos oliedepots, vervoerinfrastruktuur en selfs Russiese skepe aangeval. Die bestaan van 4 Recce is grootliks geheim gehou, ook in die SAW.

Ystervuis uit die see beskryf 50 operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot. Daaronder tel Operasie Kerslig (1981), waartydens ’n operateur dood en ander beseer is in ’n aanval op ’n olieraffinadery in Luanda, en Operasie Argon (1985) toe kaptein Wynand du Toit in Angola gevange geneem is.

Die skrywers, wat self aan etlike van die operasies deelgeneem het, het ook toegang gekry tot uiters geheime dokumente wat intussen gedeklassifiseer is. Hul dramatiese vertellings wys hoe veelsydig en doeltreffend hierdie elite-eenheid was.

Die omvattende boek is ’n moet vir enigeen met ’n belangstelling in die Spesmagte. Dit neem jou na die hart van die aksie, die adrenalien en vrees van seewaartse operasies.

Sonneblomme & Sneeu In Oekraine (Afrikaans, Paperback): Michele Potgieter Sonneblomme & Sneeu In Oekraine (Afrikaans, Paperback)
Michele Potgieter
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Nadat Ockert en Michele Potgieter getroud is, het hulle hul tasse gepak en vertrek Oekraïne toe, nie vir hulle wittebrood nie, maar om daar te werk onder die mense wat onlangs bevry is van agter die ystergordyn.

Dit is egter ’n groot ontnugtering vir Michele in die begin – dit is yskoud in die winter en snikwarm in die somer. Die meeste huise het net buitetoilette en daar is min verskeidenheid in basiese kruideniersware. Die mense is baie vriendelik en hulle word meestal met oop arms verwelkom. Maar alles is nie altyd maklik nie, daar is ’n noue ontkoming met die mafia, agtervolging deur die KGB en verraad van binne die gemeente. Dan sterf Ockert tydens die Covid 19-pandemie tydens ’n besoek aan Suid-Afrika. Michele moet besluit of sy teruggaan Oekraïne toe, waar ’n oorlog dreig en of sy in Suid-Afrika by haar mense en haar kinders bly.

Dit is ’n aangrypende verhaal oor liefde: liefde vir God, vir die mense van die Oekraïne, maar ook die liefde tussen Michele, Ockert en hul kinders.

Memoires van ?n Soldaat - ?n Selfskryf Nalatenskapsjoernaal (Afrikaans, Hardcover): Anne Pretorius Memoires van ‘n Soldaat - ‘n Selfskryf Nalatenskapsjoernaal (Afrikaans, Hardcover)
Anne Pretorius
R495 R457 Discovery Miles 4 570 Save R38 (8%) Ships in 5 - 10 working days

• Daarna is dit ‘n gepaste geskenk vir enige tyd van die jaar.
• Kunstig saamgestel, duursaam en inspirerend.
• Nie net ‘n mooi geskenk nie, dis ‘n kunswerk en ‘n erfstuk.
• Die boek bestaan uit 8 hoofstukke met gepaste digkuns en kunswerk wat jou op reis neem - deur jou eie weermag herinneringe.
• Daar is ‘n stewige koevert waarin die oorlog veteraan memorabilia soos foto’s, dokumente, balkies en ‘n usb (vir video’s, foto’s en stemboodskappe) kan plaas.
• Dit bevat ook kaarte waarop oud makkers kan aandui waar hulle opleiding ontvang het en aangewend is.
• Die boek sluit ‘n kleiner handleiding in wat inspirasieprikkelaars (prompts) bevat. Die doel is om leiding te gee, sonder om voorskriftelik te wees.

Met My Honde - 'n Suid-Afrikaner Se Vlug Uit Oekraïne (Afrikaans, Paperback): Kobus Olivier, Hilda van Dyk Met My Honde - 'n Suid-Afrikaner Se Vlug Uit Oekraïne (Afrikaans, Paperback)
Kobus Olivier, Hilda van Dyk
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) In Stock

Toe die eerste bomme op Februarie 2022 Kijif aan flarde skiet, was Kobus Olivier gereed. Maar om te vlug was bloot nie ’n opsie nie – wat sou van sy vier geliefde honde word?

In Met my honde word Kobus en sy vier brakke se verhaal vertel.

Die angswekkende nagte terwyl bomme om hul neerreën, die verhaal van onvoorwaardelike liefde tussen mens en dier, en hoe jy selfs tydens ’n oorlog op die hulp van vreemdelinge kan staatmaak.

Tronkhond (Afrikaans, Paperback): China Mouton Tronkhond (Afrikaans, Paperback)
China Mouton
R234 Discovery Miles 2 340 Ships in 2 - 4 working days

Dis 'n fassinerende verslag van die lewe in maksimumsekuriteit-gevangenisse, met vars invalshoek: China was hondemeester, aan die voorfront tydens tronkgevegte. Gewapen slegs met 'n knuppel en sy hond moes hy messtekers en oproeriges afweer. Hy is 'n mensch, 'n ongeslypte diamant met hart en ondernemingsgees.

Hy herinner aan Bennie Griessel: hy rook en drink straf, sy huwelik is op die rotse, hy sukkel om gevoelens te wys, maar oor 'n hond wat doodgaan, grens hy. Sy eerste pos, toe hy net 16 was, was op Robbeneiland, waar hy 'n lang, breedgeskouerde gevangene met 'n vriendelike gesig gesien skerm het. Hy was self 'n bokser en kon sien die man het 'n besonderse tegniek, dat hy lig op sy voete soos 'n weltergewig was.

Die bokser was Nelson Mandela. Saans het Mandela deur sy tralies vir die seun hardgekookte eiers wat hy afgeskil het, aangegee, dan eet hulle saam en gesels. Mandela het hom altyd aaangepor om verder te gaan leer.

My Verhaal Op Theuniskraal (Afrikaans, Paperback): Rosette Jordaan My Verhaal Op Theuniskraal (Afrikaans, Paperback)
Rosette Jordaan
R285 R263 Discovery Miles 2 630 Save R22 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Rosette Jordaan (gebore Theron) het vyftig jaar gelede Theuniskraal toe getrek as jong vrou van Kobus Jordaan, een van die plaas se twee erfgename. Hierdie boek bevat grepe uit haar lewe op dié spogplaas in die Tulbagh-vallei – die fabelagtige “Land van Waveren” – waar van Suid-Afrika se beroemdste wyne gemaak word.

Dit vertel ook Theuniskraal se verhaal en die vallei se geskiedenis vandat Jan van Riebeeck se landmeter, Pieter Potter, dit besigtig het, en die eerste setlaars hul so dertig jaar later daar gevestig het. Amusant, interessant en soms ontroerend, dis ’n lekkerleesrelaas van ’n halwe eeu van lief, lag en leed op ’n besonderse Bolandse plaas.

Bowenal spreek dit van die skryfster se deernis vir haar gesin, Theuniskraal, al sy mense en diere, en haar hele gemeenskap.

Kambrokind - 'n Jeugreis (Afrikaans, Paperback): F.A. Venter Kambrokind - 'n Jeugreis (Afrikaans, Paperback)
F.A. Venter
R355 Discovery Miles 3 550 Ships in 2 - 4 working days

In Kambrokind deel F.A. Venter sy jeugherinneringe vanaf sy voorskoolse jare tot op universiteit.

Op boeiende wyse vertel Venter hoe hy die Karoo se sagte én harde kant leer ken. Hy kon homself wees in die veld en sy gedagtes vrye teuels gee, maar hy het ook die wreedheid van droogtes en siektes en die lang trekpad met skaap na beter weiding ervaar.

Op skool het sekere onderwysers hom ontvanklik gemaak vir die wêreld van boeke en oordenking en het dit hom gedryf om hard te werk sodat hy met ’n studielening en twee pakke klere kon gaan studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Triumph Bonneville T100, T120…
Matthew Coombs Paperback R964 R889 Discovery Miles 8 890
Honda 70 Enthusiast's Guide - All CL…
Jeremy Polson Hardcover R981 Discovery Miles 9 810
Harley-Davidson Xl/Xlh Sportster
Mike Morlan Paperback R1,349 Discovery Miles 13 490
Yamaha YZF-R1 (98 - 03)
Haynes Publishing Paperback R956 R882 Discovery Miles 8 820
The South African Guide To Gluten-Free…
Zorah Booley Samaai Paperback R400 R357 Discovery Miles 3 570
Operations Management - Global…
Nigel Slack, Alistair Brandon-Jones, … Paperback  (4)
R1,144 Discovery Miles 11 440
Foodies Of South Africa - 100 Recipes…
Hardcover R450 R415 Discovery Miles 4 150
Trust & Inspire - How Truly Great…
Stephen M.R. Covey Paperback R440 R393 Discovery Miles 3 930
Mastering Primary Religious Education
Maria James, Julian Stern Hardcover R2,862 Discovery Miles 28 620
In the Company of Children
Horace Puglisi Hardcover R704 Discovery Miles 7 040

 

Partners