0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (3)
  • R50 - R100 (6)
  • R100 - R250 (29)
  • R250 - R500 (113)
  • R500+ (9)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Biography

Bloed, Dunner as Water - Suid-Afrika se Berugste Familiemoorde (Afrikaans, Paperback): Charne Kemp Bloed, Dunner as Water - Suid-Afrika se Berugste Familiemoorde (Afrikaans, Paperback)
Charne Kemp
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die motiewe agter gesinsmoorde is dikwels vreemder as fiksie. Tergende vrae kan deur psigiaters beantwoord word ... of dalk nie. Deur na verskeie gevalle van gesinsmoord te kyk gooi hierdie boek ’n bietjie lig in 'n baie donker plek. Met onder meer die stories van die Lotters wat gebreinspoel was tot moord op hul ouers en die Van Breda bylmoorde.

Paul Kruger - Toesprake En Korrespondensie Van 1881-1900 (Afrikaans, Hardcover): Johan Bergh Paul Kruger - Toesprake En Korrespondensie Van 1881-1900 (Afrikaans, Hardcover)
Johan Bergh 3
R396 Discovery Miles 3 960 Ships in 4 - 8 working days

Paul Kruger: Toesprake en korrespondensie van 1881–1900 probeer om die klem te plaas op minder bekende briefwisseling en optredes van Kruger om sodoende ’n verteenwoordigende beeld van staatspresident Kruger se werksaamhede en standpunte aan te bied. Die teks is deeglik toegelig met ophelderende voetnote. Verder is ’n algemene inleiding, agtergrondsinligting en -ontleding verskaf by elke toepaslike breër tydperk in Kruger se lewe tot 1900.

Die beeld wat van Kruger na vore kom uit ’n deeglike ontleding van veral sy minder bekende korrespondensie en toesprake, verskil dikwels ingrypend van dit wat oor ’n lang tydperk in publikasies oor hom aangebied is. Hierdie publikasie vervul daarom ’n belangrike behoefte: Dit stel die leser in staat om regstreeks deur die lees en bestudering van Kruger se standpunte tot eie en nuwe gevolgtrekkings te kom.

Christo Wiese - Risiko en Rykdom (Afrikaans, Paperback): T J Strydom Christo Wiese - Risiko en Rykdom (Afrikaans, Paperback)
T J Strydom
R395 R370 Discovery Miles 3 700 Save R25 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Op sy dag eienaar van ’n diamantmyn, ’n wynplaas én die duurste huis in Kaapstad. Voorsitter van Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar. Direkteur van die Reserwebank, en die rykste man in die land.

As jong man het Christo Wiese sy tande by Pep Stores geslyp. Mettertyd bou hy ’n magtige sakeryk op, wat Shoprite en ’n rits ander maatskappye insluit. Sy wenresep: ’n eindelose liefde vir transaksies, ’n vreeslose aptyt vir risiko en ’n oog vir ’n winskopie. Dié sjarmante sakeman was nog nooit bang om ’n kans te waag nie. Die berekende risiko’s wat hy oor 50 jaar neem, maak hom hoogs suksesvol. Tot hy die meubelgroep Steinhoff teëkom, en dinge lelik skeefloop. Sakejoernalis en skrywer TJ Strydom vertel die verhaal van een van Suid-Afrika se bekendste sakereuse op ’n vars, pakkende manier.

“Boeiend. Beide sprokie én raadsaalriller.” – Waldimar Pelser

“’n Treffende, insiggewende werklikheidstorie oor die mens Christo Wiese – van kleinbegin tot dealmaker en sakereus.” – Freek Robinson

“’n Fabelagtige, meesleurende leeservaring . . . ” - Peter Bruce

Ongeskonde (Afrikaans, Paperback): Alwyn Uys Ongeskonde (Afrikaans, Paperback)
Alwyn Uys
R255 R239 Discovery Miles 2 390 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die kranige sportman Alwyn Uys word in die fleur van sy lewe verlam. Ten spyte van dié verlies en ander terugslae bly Alwyn se gees ontembaar.

Hy besluit om sy lewe ten volle te leef: Hy word onder andere die eerste parapleeg ooit wat van Robbeneiland na Bloubergstrand swem. Ongeskonde is Alwyn se openhartige vertelling van sy worsteling en hoe hy met genade van Bo besluit het om uit te styg bo sy beperkinge.

Sy eerlike verhaal sal jou inspireer om jou eie uitdagings aan te pak en te oorkom.

Van Tweeling Tot Trafalgar Square - 'n Memoir (Afrikaans, Paperback): Portchie Van Tweeling Tot Trafalgar Square - 'n Memoir (Afrikaans, Paperback)
Portchie
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Portchie is een van Suid-Afrika se suksesvolste kunstenaars, maar wie is die man wat agter die skilderye skuil? Waar kom die naam Portchie vandaan? En hoe en wanneer het Jan Hendrik Viljoen van die klein dorpie Tweeling in die Vrystaat, aangemeld om die wêreldbekende kunstenaar Portchie te word? Hierdie memoir kombineer Portchie se inspirerende verhaal met foto’s, staaltjies en selfs resepte. Dit vertel die storie agter die storie: onopgesmuk, sonder tierlantjies, maar met ’n tikkie flair.

Op Die Duiwel Se Spoor - Hoe Ek Die Krugersdorp-Moordenaars Vasgetrek Het (Afrikaans, Paperback): Ben "Bliksem" Booysen Op Die Duiwel Se Spoor - Hoe Ek Die Krugersdorp-Moordenaars Vasgetrek Het (Afrikaans, Paperback)
Ben "Bliksem" Booysen 1
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Ná herhaaldelike polisiebrouwerk begin kaptein Ben Booysen die Krugersdorp-moorde in 2016 manalleen ondersoek.

Booysen haal koerantvoorblaaie toe hy die baasbrein, Cecilia Steyn, en haar vyf trawante vir minstens 11 moorde in hegtenis neem.

Suid-Afrika se eie “Chuck Norris” neem die leser tot agter die skerms van die satanistiese moorde en onthul nuwe, skokkende besonderhede van die misdade wat die land amper ’n dekade lank vasgenael gehou het.

Hoe Ek Dit Onthou (Afrikaans, Paperback): Francois Van Coke, Annie Klopper Hoe Ek Dit Onthou (Afrikaans, Paperback)
Francois Van Coke, Annie Klopper
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Francois van Coke span met die skryf van hierdie biografie saam met Annie Klopper om in sy eie stem die gebeure te vertel wat hom as mens en musikant gevorm het. Sy perspektief word gebied op als van Fokofpolisiekar tot Van Coke Kartel, die sukses van “Toe vind ek jou” en sy rol as afrigter op The Voice. Minder bekende en onbekende verhale word ook vertel oor wilde partytjies, vuisgevegte, dwelms, nagte in tronkselle, liefde, soberheid en pa-wees. Dít is sy stories, hoe hý dit onthou.

Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Rassie Erasmus, David O'Sullivan Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Rassie Erasmus, David O'Sullivan
R350 R317 Discovery Miles 3 170 Save R33 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Rassie Erasmus is al geniaal genoem. Hy is al roekeloos genoem. Nog sy lewe lank het hy dinge anders gedoen. Nou sal Rassie op sy kenmerkende openhartige manier gesels oor sy lewe vol voorspoed en teëspoed, op en weg van die rugbyveld – as Springbokspeler, provinsiale afrigter, en as die hoofafrigter wat die nasionale span na die Rugbywêreldbeker-sege in 2019 en ook in die aanloop tot 2023 se Wêreldbeker gelei het.

Hy sal terugkyk op sy loopbaan as speler en afrigter, iemand wie se ingebore rugby-instink, vermoë om ’n wedstryd anders te lees en aptyt vir harde werk hom nog altyd onderskei het, en gelei het tot omstredenheid en mislukking, maar ook dawerende sukses.

Rassie werk saam met die bekende joernalis David O’Sullivan om sy lewensverhaal te vertel. David is ’n bekroonde skrywer en omroeper.

Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal (Afrikaans, Paperback): Toef Jaeger Koning Eenoog - 'n Migranteverhaal (Afrikaans, Paperback)
Toef Jaeger; Translated by Zandra Bezuidenhout
R110 Discovery Miles 1 100 Ships in 4 - 8 working days

In 1957 emigreer die negejarige Henk van Woerden vanaf Nederland met sy gesin na Kaapstad – leertas in die hand, mussie oor die ore, serp om die nek, glasoog in die oogkas. Eers veertig jaar later ontdek hy wat die rede was vir hierdie vertrek na Suid-Afrika: Sy pa was ’n kollaborateur in die Tweede Wêreldoorlog. Die emigrasie is die begin van ’n lewe as buitestaander en vorm later die goue draad in sy skilderye en literêre werk.

Koning Eenoog is ’n boeiende biografie van die ewig soekende emigrant Henk van Woerden (1947–2005), ’n skrywer wat nie net ’n bekroonde oeuvre agtergelaat het nie (Een mond vol glas – Alan Paton Award en die Frans Kellendonk-prys, Ultramarijn – Gouden Uil en Inktaap) maar ook die Nederlandse literatuur oor Suid-Afrika verander het.

Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense (Afrikaans, Paperback): Richard Steyn Jan Smuts - Afrikaner Sonder Grense (Afrikaans, Paperback)
Richard Steyn 1
R620 Discovery Miles 6 200 Ships in 10 - 15 working days

Jan Christiaan Smuts was ’n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar ’n leierskapsvakuum.

In Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek, omdat daar soveel te leer is uit sy merkwaardige prestasies. Die hoogs leesbare verslag ondersoek onder meer Smuts se rol as politieke leier, as adviseur van wêreldleiers, sy spirituele en intellektuele lewe en sy verhoudings met vroue. Sy unieke bydraes op ʼn verskeidenheid ander terreine, insluitend botanie, bewaring en filosofie, word ook bespreek.

Jan Smuts: Afrikaner Sonder Grense skram egter nie weg van die paradoksale in Smuts nie. Hoewel hy een van die argitekte van die Verenigde Nasies en ʼn groot kampvegter vir menseregte was, kon hy nie so ver kom om die plaaslike swart meerderheid politieke regte te gun nie.

Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma (Afrikaans, Hardcover): Jonathan Jansen, Naomi Jansen Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma (Afrikaans, Hardcover)
Jonathan Jansen, Naomi Jansen 1
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Jonathan Jansen is die voormalige Rektor van die Universiteit van die Vrystaat, met 'n formidabele reputasie vir transformasie en 'n diepgewortelde verbintenis tot versoening in gemeenskappe wat met die erfenis van apartheid saamleef. In hierdie boek, Jansen se persoonlikste en mees intieme boek tot op hede, daag Suid-Afrika se geliefde professor die stereotipes en stigma uit wat so maklik op Kaapse Vlakte-ma's van toepassing gemaak word as luidrugtig, wellustig en sonder tande – en bied hy dié deernisvolle verhaal aan as 'n lofsang vir ma's oral wat op moeilike plekke gesinne moet grootmaak en gemeenskappe moet bou.

As jong man het Jansen gewonder hoe ma's dit regkry om kinders onder moeilike omstandighede groot te maak – en toe besef die antwoord is reg voor hom in die vorm van Sarah Jansen, sy eie ma. Deur haar vroeë lewe in Montagu en die gevolge van apartheid se gedwonge verskuiwings na te speur, werp Jansen lig op hoe sterk vroue nie slegs daarin geslaag het om gesinne bymekaar te hou nie, maar hulle kinders ook met integriteit groot te maak.

Met sy kenmerkende fynsinnigheid, humor en eerlikheid, volg Jansen sy ma se lewensverhaal as 'n jong verpleegster en ma van vyf kinders, en wys hy hoe dié ma's hulle verlede verwerk het, hulle huise ingerig het, sin gemaak het van die politiek, die liefde bestuur en kernwaardes gekommunikeer het – hoe hulle hulle lewens gelei het. Om sy eie herinneringe te balanseer, het Jansen hom op sy suster, Naomi, beroep om haar eie insigte en herinneringe te deel, en daardeur spesiale waarde tot hierdie roerende memoir toe te voeg.

So Lyk 'n Vrou - My 40 Jaar Van Hel Saam Met 'n Narsis (Afrikaans, Paperback): Ilse Verster So Lyk 'n Vrou - My 40 Jaar Van Hel Saam Met 'n Narsis (Afrikaans, Paperback)
Ilse Verster 1
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bart, die aantreklikste ou in haar matriekklas, soen Esli uit haar vel. Vir meer as veertig jaar deel hulle hul lewens, maak saam kinders groot en sien om na vriende en familie. Jaarliks vier hulle Kersfees in Kleinmond met geskenke en trifle en stappies langs die see met hul worshond.

Maar hoekom val Bart se broer uit ’n boom voor Esli se ouerhuis? En watter donker geheim is onderliggend aan Bart se ma se vreemde gedrag en onfatsoenlike grappe? Wat dink kollegas van Esli se haarstyleksperimente en panda-oë? Verdien sy om in die spaarkamer te skuil omdat sy, volgens Bart, aand na aand die kos brand en die hond se pote laat nat word as dit reën?

In So Lyk ’n Vrou vertel Ilse Verster van Esli se heelwording en hoe sy, ná ’n leeftyd van mishandeling, in ’n rooi rok op die strand kon staan met een vuis in die lug en vry kon voel. Sy gee stem aan ’n stukkende vrou wat net wil hê die pyn moet stop. Sy deel wat dit verg om jou teen die muur op te trek, jou teen die samelewing te handhaaf en jouself te red.

Hierdie Land - Daar Is Iets Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Various Hierdie Land - Daar Is Iets Aan Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Various; Foreword by Nicol Stassen
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 4 - 8 working days

Wat is vir jou uniek en kosbaar aan Suid-Afrika? Wat laat jou verlang? Wat laat jou lag? Wat maak jou trots? Is dit ’n spesifieke landskap, landmerk, kos, dier, plant, liedjie of tradisie? Vir elkeen is dit iets anders.

In hierdie bundel beskryf verskeie skrywers, kunstenaars en ander bekendes wat vir hulle besonders is aan Suid-Afrika. Die bundel bestaan uit kort sketse (1000 woorde of minder) en enkele gedigte. ’n Verskeidenheid van perspektiewe op wat belangrik en spesiaal aan Suid-Afrika is, word van mense van verskillende ouderdomme en agtergronde gegee.

Dit sluit nostalgiese herinneringe uit die verlede, reisbeskrywings, ’n komiese bespreking van die ikoniese Suid-Afrikaanse melktert, ’n essay oor die merkwaardige fossielvondste van die land, en nog vele meer, in.

Sy is Veilig - 'n Onthulling Van Die Donker Wereld Van Mensehandel (Afrikaans, Paperback): Emma van der Walt Sy is Veilig - 'n Onthulling Van Die Donker Wereld Van Mensehandel (Afrikaans, Paperback)
Emma van der Walt 1
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Emma van der Walt is ’n pastor, ’n ma en eggenoot, en ’n vrou met ’n hart vir God. Sy is ook die vreeslose stigter van die niewinsgewende organisasie, Brave to love.

Daagliks betree hulle die donker wêreld van die seksbedryf en mensehandel om jong vroue uit die kloue van euwel te red. Hierdie meisies word dan met liefde en leiding ’n nuwe begin gebied.

Emma en haar span werk sy-aan-sy met plaaslike en internasionale wetgewende instansies. Saam beveg hulle mensehandel en slawerny en vlek die korrupsie en ontsaglike lyding wat agter toe deure plaasvind, oop.

Hierdie is haar storie en die skokkende verhale van die gelukkiges wat gered kon word om die hel van mensehandel te oorleef.

Willem Pretorius - Iewers, Erens (Afrikaans, Hardcover): Willem Pretorius - Iewers, Erens (Afrikaans, Hardcover)
1
R365 Discovery Miles 3 650 Ships in 4 - 8 working days

Willem Pretorius is een van ons voorste skilders wat die Suid-Afrikaanse platteland vasvat met soortgelyke patos as Walter Meyer, aan wie alle skilders in hierdie genre hulde bring. Sy skilderye is amper foto-realisties maar inspireer tog ʼn sekere gevoel van nostalgie na ʼn verlore onskuld, na die sogenaamde goeie ou dae wat nie vir almal goed was nie. Daar is ook ʼn afstandelikheid, ʼn gebrek aan kommentaar: Die landskap spreek vir homself.

Die boek bevat kleurafdrukke, professioneel gefotografeer, van sy 50 jongste werke, ʼn goeie mengsel van sy gebruiklike onderwerpe: huise, treine, versaakte swembaddens, landskappe, ou karre en gekrokte bakkies, plattelandse winkels, huise en dorpstonele, ensovoorts.

Elke skildery is begelei deur ʼn skryfsel van ʼn bekende skrywer, musikant, digter of skilder. Dis nie ʼn beskrywing of tegniese ontleding van die skildery nie, eerder vry assosiasie, ʼn kort kortverhaal, ʼn herinneringskets. Elk is ongeveer 500 woorde en beslaan dus nie meer as een bladsy nie; die bladsy langs die skildery wat dit geïnspireer het.

Derick Hougaard - Die Storie Van Die Liefling Van Loftus (Afrikaans, Paperback): Brenden Nel Derick Hougaard - Die Storie Van Die Liefling Van Loftus (Afrikaans, Paperback)
Brenden Nel
R275 R258 Discovery Miles 2 580 Save R17 (6%) Ships in 4 - 8 working days

"Dié seun is vir groot dinge bestem . . ."

Só het sy afrigters by Boland Landbou sedert sy hoërskooldae geglo. Toe hy op die bloedjong ouderdom van 19 die Curriebeker vir die Blou Bulle verower én die skopkoning Naas Botha se eindstrydpunterekord verbeter, het dit gelyk of sy pad na roem en rykdom geplavei was. Maar toe begin die dobbelstene verkeerd val vir die liefling van Loftus.

Harsingskudding, Kamp Staaldraad, beserings en toé ’n allesverterende pilverslawing het hom laat steier. Sy sprokies-huwelik is verwoes en sy beroepslewe en geldsake is in ’n warboel gelaat . . .

Dié boek onthul staaltjies oor sy rugbydae maar ook vriende en vertrouelinge se vergeefse pogings om Derick uit die kloue van verslawing los te wikkel.

Dit is ’n diep menslike verhaal wat wys hoe dun die lyn tussen sukses en mislukking is en hoe maklik selfs die grootste helde tot op hul knieë gedwing kan word.

Agter My Glimlag (Afrikaans, Paperback): Lindie Stander Agter My Glimlag (Afrikaans, Paperback)
Lindie Stander
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In 2012 verdwyn Binnelanders se geliefde Elise Kruger sonder waarskuwing van kykers se televisieskerms af. Lindie Stander, wat die rol van die vermaaklike Elise vertolk, was op die kruin van haar loopbaan toe sy in ’n bloedbevlekte bed in ’n staatshospitaal wakker word. Hier het sy besef dat sy haar rol en haar lewe soos sy dit ken, kwyt is.

Lindie Stander: Agter my glimlag is die eerlike ervaring van dit wat kykers nie op skerm sien nie: die verpletterende verlies van haar pa, haar worsteling met dwelmmisbruik en rehabilitasie, ’n lewe met depressie en ’n gewonde vrou se genadelose soeke na ’n liefde wat kan heelmaak.

In haar bekende, deernisvolle stem vertel Lindie haar hartverskeurende, maar hoopvolle verhaal soos net sy kan: sonder skroom en met ’n goeie skeut humor.

Rooiletterkind (Afrikaans, Paperback): Sandy Schoeman Rooiletterkind (Afrikaans, Paperback)
Sandy Schoeman
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

My reis, eers as pleegma en later as aanneemma, was nie een waarop iemand my kon voorberei nie. Rooiletterkind is my poging om hierdie reis so eerlik as moontlik te ondersoek, vanaf die vertrekpunt een oggend voor ’n kerkdiens tot by ’n handgemaakte Moedersdagkaartjie meer as vyf jaar later.

Wat maak jy met ’n kind wat aanhou om teen jou liefde te baklei? Hoe help jy haar deur die slaggate van die lewe as jyself nooit daardeur is nie?

Dit is maar net twee van die vele vrae wat ek myself onophoudelik moes vra terwyl ek verbete vasklou aan ’n rooiletterdatum, ’n halsstarrige kind en ’n hart wat gereeld uit my borskas geruk word.

Saam met ons eie verhaal was daar egter ook ander stories wat vertel moes word — stories van ons kind se herkoms, van gebrokenheid en straatmense en kriminele en ’n drughuis sonder reëls of taboes.

Bloedbroers - Na die slagveld van Smokeshell en terug (Afrikaans, Paperback): Deon Lamprecht Bloedbroers - Na die slagveld van Smokeshell en terug (Afrikaans, Paperback)
Deon Lamprecht
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

“Dis politici wat oorlog verklaar, nie ons nie. Ons het gedoen wat ons geglo het ons moes doen en hulle [die vyand] ook . . .” – Marco Caforio, ouddienspligtige

Op 10 Junie 1980 gedurende ’n eindelose dag van bloedige gevegte onder die Angolese son is 13 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag dood en etlike beseer toe 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep ’n kompleks van Swapo-basisse in die suide van Angola aangeval het.

Gedurende Operasie Sceptic het tweede luitenant Paul Louw sy peleton in vier Ratels na die slagveld by die doelwit Smokeshell gelei.

In die chaos wat daardie dag gevolg het, is 12 dienspligtiges in sy peleton van 44 noodlottig gewond en hy is self ook beseer. Een van sy troepe, die 18-jarige HP Ferreira, is met ’n 14,5 mmmasjiengeweer deur sy pelvis geskiet en hy is ook deur etlike AK-47 koeëls getref. Hy het wonderbaarlik oorleef. Louw, nog met die bloed van sy manne aan sy klere, en ’n handjievol ander soldate het die aand deurgebring in ’n Ratel wat deur ’n RPG-vuurpyl getref is. Hulle was heeltemal afgesny van die res van die aanvalsgroep en het nie geweet of hulle die son sou sien opkom nie.

In Bloedbroers vertel van die oorlewendes van hul ervarings tydens die geveg. Dit werp ook lig op wat met soldate gebeur nadat die laaste skote afgevuur is en volg die veterane toe hulle vier dekades ná die operasie vir die eerste keer na die slagveld teruggekeer het.

De Jagers In Die Dorsland (Afrikaans, Hardcover): Nicol Stassen De Jagers In Die Dorsland (Afrikaans, Hardcover)
Nicol Stassen
R484 Discovery Miles 4 840 Ships in 4 - 8 working days

In die jare 1891 tot 1893 het ongeveer 770 persone Transvaal verlaat en na Angola en Duits-Suidwes-Afrika getrek om hulle heil daar te soek. Dit staan bekend as die “sesde” Dorslandtrek.

Sowat 45 De Jagers het in verskillende groepe aan hierdie epiese trek deelgeneem. Ná die sesde Dorslandtrek het hulle tussen Angola, Suidwes-Afrika, Suid-Afrika en selfs Kenia rondgeswerf en verdere avonture oor die hele Suider-Afrika beleef. Sommige De Jagers het in 1928 van Angola na Suidwes-Afrika getrek en hulle daar gevestig, terwyl ander eers in 1958 uit Angola gerepatrieer is.

Uit die beperkte beskikbare bronne is die verskillende trekroetes van die sesde Dorslandtrek gerekonstrueer en vir die eerste keer word ’n kaart van die verskillende trekroetes gepubliseer. ’n Geslagregister van bykans 1800 afstammelinge en aangetroude familielede van die De Jagers van die sesde Dorslandtrek en byna 500 foto’s vorm ’n omvattende beeld van hierdie familiegeskiedenis.

My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg 1
R285 R267 Discovery Miles 2 670 Save R18 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Hykie vertel in rou eerlikheid van sy stryd met ADHD. Van 'n weerlose seuntjie wat nie kon stilsit nie tot 'n jong man wat in Weskoppies opgeneem word en alles verloor. Hykie ondersoek die hele fenomeen van ADHD – hoeveel diagnoses daar gemaak word, hoe die medikasie ontstaan het, die samestelling en die newe-effekte daarvan. Hykie wys dat medikasie nie die enigste antwoord is nie. Hykie gee ook waardevolle raad aan Christene oor hoe om mense wat aan geestessiektes lei te ondersteun.

Ingrid Jonker - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback): Petrovna Metelerkamp Ingrid Jonker - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback)
Petrovna Metelerkamp
R390 R360 Discovery Miles 3 600 Save R30 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Ingrid Jonker, begaafde jong digter, loop op 19 Julie 1965 die see in by Drieankerbaai en verdrink. Sy laat haar familie en vriende agter met meer vrae as antwoorde. Gedurende die afgelope 50 jaar het sy ’n ikoon van die Afrikaanse en Suid- Afrikaanse letterkunde geword. In so ’n mate, dat haar lewe en veral haar dood soms haar werk en die belangrike bydrae wat sy tot die literêre beweging van die Sestigers gemaak het, oorskadu.

Haar politieke sieninge, soos uitgedruk in haar poësie en haar passie en die droefheid van haar onstuimige liefdesverhoudings met onder andere Jack Cope en André P. Brink het al tot baie besprekings gelei. Sy het weer onder die publieke oog gekom toe oudpresident Nelson Mandela in sy inhuldigingsrede in 1994 in die Parlement een van haar gedigte aangehaal het. Hy het haar gedig: “Die Kind” voorgelees en gesê: “Sy was beide ’n digter en ’n Suid-Afrikaner.”

Sedert haar dood is daar vele bespiegelings oor haar lewe en tragiese einde. Van dié vrae word beantwoord in hierdie eerste omvattende biografie. Petrovna Metelerkamp doen al jare navorsing oor Jonker. Sy neem die leser saam deur Ingrid se grootwordjare, digterslewe, liefdesverhoudings en die laaste paar jaar van haar lewe.

Metelerkamp bring nuwe inligting aan die lig wat sy neem uit onbekende nuwe briewe en dagboekinskrywings, o.m. uit die dagboeke van Jack Cope. Talle nuwe onderhoude met mense wat Jonker geken het, word in die biografie opgeneem. Sy weerlê ook die beeld van Jonker as ’n ongebalanseerde kunstenaar wat haar houvas op die werklikheid verloor het in hierdie toeganklike biografie oor een van Suid-Afrika se aangrypendste kunstenaars.

Sing, Mamma, Sing (Afrikaans, Paperback): Theresa Papenfus Sing, Mamma, Sing (Afrikaans, Paperback)
Theresa Papenfus
R396 Discovery Miles 3 960 Ships in 4 - 8 working days

Sy sal notas maak oor haar kinders, besluit 'n vrou voor haar jongste se geboorte. “Voor ek vergeet. Voor hulle groot is, weg, in 'n oogwink.” Sy lê oomblikke vas: die vrae sonder antwoorde, gebedjies, 'n eerste wisseltand, sywurms, huisvergaderings, die huiskat wat kleintjies kry en drome van eendag.

Sing, Mamma, Sing is haar opgaaf van die frustrasie, weekheid, verwondering, trots en benoudheid wat elke ma ken. Dis haar kennismaking met ouers se grootste vrees en verlies wanneer die jongste op byna agt en dertig sterf.

Die boek sluit aan by die genre van die moeder-memoir en die subgenre van verlies.

Die Geskenk - Liefde, Selfdood en Dieper Leef (Afrikaans, Paperback): Riette Rust Die Geskenk - Liefde, Selfdood en Dieper Leef (Afrikaans, Paperback)
Riette Rust
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

“Op die kombuisvloer sit-lê my man met sy rug na my toe. Sy ledemate hang slap, soos ’n marionet wat pas sy toutjies verloor het. Op die toonbank lê sy haelgeweer. Ek weet dadelik hy is dood.”

Die geskenk is die bekende skrywer Riette Rust se ontroerende ware verhaal, onthutsend eerlik, vol menslikheid en soms selfs skreeusnaaks. Van haar kinderjare in die Paarl, waar haar pa whiskey-bottels in die gangkas wegsteek, haar huwelik met JD, die onbeplande swangerskap en gelukkige gesinsjare, tot dié oggend, toe Riette se hele wêreld aan skerwe spat.

Te midde van die diepste verskrikking gaan soek Riette na kennis. Sy studeer sielkunde en lees wyd oor trauma en rou, en met dié boek deel sy wat sy uitvind. Hierdie is nie net die memoir van ʼn merkwaardige vrou aan wie die lewe groot uitdagings gestel het nie. Dit sal ook van groot nut wees vir elkeen wat deur trauma geraak word, met die nuutste wetenskaplike inligting oor selfdood en die nadraai daarvan, van die waarskuwingstekens tot die skaamte en skuldgevoelens, en ʼn hoofstuk oor die verskillende soorte rou.

Riette, nou skielik “ʼn weduwee”, is blootgestel aan skindertonge, geniepsige pastore, en ʼn huis wat herstel moet word. Met Die geskenk bied sy ons die deurleefde wysheid van iemand wat self daar was. Iemand wat weet dit is moontlik om weer voluit te leef, selfs al het die ondenkbare gebeur.

Hierdie dapper, inspirerende boek sal jou uitkyk op die lewe vir altyd verander.

Legkaart van 'n Jong Lewe - Essays Oor Wat Was en Geword Het (Afrikaans, Paperback): Dolf van Niekerk Legkaart van 'n Jong Lewe - Essays Oor Wat Was en Geword Het (Afrikaans, Paperback)
Dolf van Niekerk
R209 Discovery Miles 2 090 Ships in 4 - 8 working days

Ter viering van Dolf van Niekerk se negentigste verjaarsdag verskyn hier ’n versameling filosofiese, bepeinsende en besinnende essays uit die pen van een van Afrikaans se meesterskrywers.

Vanaf sy vroegste gewaarwordinge tot sy kennismaking met groot filosowe soos Nietzsche, Kant en Hegel op universiteit en in sy daaglikse handel en wandel daarna: altyd maar bly die bewustheid van ’n onsigbare “iets” by hierdie aristokratiese gees – en ’n soeke na ’n beter verstaan van dít wat “die sterretyd en die menstyd aan mekaar verbind”.

In 48 essays wat die biografiese tydperk tussen ongeveer sy vyfde en twintigste lewensjaar dek, skryf ’n deurleefde, wyse Van Niekerk oor sy vroegste herinnerings aan sy geboortedorp, sy gesin en sy helderste herinnerings aan die plekke en mense wat hom gevorm het tot die mens wat hy geword het. Want, soos wat hy in die verhaal “Die skinkbord” skryf: Jy kan net wees wie jy is, en jy is wat jy word.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Sketch Book
Washington Irving Paperback R641 Discovery Miles 6 410
The Works of George Berkeley…
George Berkeley Paperback R675 Discovery Miles 6 750
The Works of Alexander Pope
Alexander Pope Paperback R639 Discovery Miles 6 390
Nerves and Common Sense
Annie Payson Call Paperback R528 Discovery Miles 5 280
Sol Plaatje's Mhudi - History…
Sabata-Mpho Mokae, Brian Willan Paperback R330 R305 Discovery Miles 3 050
The Lounger - No. 1-52; Feb. 5…
Henry MacKenzie Paperback R675 Discovery Miles 6 750
The Poetical Works of John Milton
John Mitford Paperback R679 Discovery Miles 6 790
A Poetical Review of the Literary and…
John Courtenay Paperback R354 Discovery Miles 3 540
Race, Nation, Translation - South…
Zoe Wicomb Paperback R395 R365 Discovery Miles 3 650
Ties that bind - Race and the politics…
Shannon Walsh, Jon Soske Paperback R395 R365 Discovery Miles 3 650

 

Partners