![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Biography
In die middel van die winter word Miem Fischer saam met haar enigste seun en ander familielede weggevoer van hulle plaas naby Ermelo: eers na die konsentrasiekamp by Standerton en daarna na die kamp by Merebank naby Durban. In haar dagboekinskrywings ontvou dag na dag die aangrypende verhaal van hoe sy die haglike realiteit van lewe in ’n konsentrasiekamp moet verduur. Tant Miem Fischer se kampdagboek is een van maar ’n handjievol dagboeke wat die lyding van Boerevroue en -kinders van dag tot dag weergee en wat na die oorlog behoue gebly het.
Anna de Jager het in KwaZulu Natal grootgeword. Dit was nog altyd vir haar ʼn passie en selfopgelegde uitdaging om oomblikke vas te vang deur te skryf en te skets. Sy is in 1990 met Gert de Jager getroud en woon in Centurion. Hulle het twee dogters, Anita en Gerda en ‘n skoonseun, Marco. Daar het al verskeie vakpublikasies uit haar pen verskyn, maar hierdie is haar eerste memoires. Kort nadat sy haar PhD voltooi het, is sy met borskanker gediagnoseer. Chemo, koekies en tee is ’n openhartige deel van ʼn eiesoortige perspektief, baie genade en dankbaarheid.
Aan die hand van eietydse dokumentasie het Karel Schoeman in hierdie titel die lewe herkonstrueer van sy Suid-Afrikaanse stamvader, die Duitser Hendrik Schoeman uit Sleeswyk-Holstein, wat in 1724 as matroos in diens van die VOC die Kaap bereik het, 'n prekere bestaan gemaak het as veeboer in die binneland van Suid-Afrika, en in 1765 in armoede in die huidige Klein-Karoo oorlede is. Soos Schoeman opmerk, is hierdie man in verskeie opsigte geskik om as "tipiese" stamvader uit die Kompanjiestyd beskou te word.
Francois, Hunter, Wynand, Jaco en Johnny is die vyf lede van Fokofpolisiekar. Sedert hul eerste optrede in 2003 het dié band dikwels die koerante gehaal: Musiekjoernaliste was opgewonde oor hulle klank, maar hul omstrede uitlatings het dikwels groter opslae gemaak. Maar wie skuil agter die uitdagende naam? Sommige lesers sal verbaas wees om te hoor dat die meeste van die lede in 'n charismatiese kerk bevriend geraak het, dat hulle 'n bemarkingsveldtog uitgedink het nog voordat hulle enige liedjies geskryf het en dat hulle eens op 'n tyd skaars sjampoe kon bekostig. In Biografie van 'n Bende kan nuuskieriges lees van Fokofpolisiekar se lewe in die huis wat hulle 'The Barracks of Rebellion' gedoop het, asook van die ander suksesvolle splintergroepe wat ontstaan het uit dié kerngroep. In hierdie biografie word vertel hoe dié uiteenlopende individue boesemvriende geword het en die eerste suksesvolle Afrikaanse punkrockgroep gestig het deur bloed, sweet en 'n paar goeie sakebesluite. Dié boek is Fokofpolisiekar se eerste goedgekeurde biografie.
Charmé word met pre-eklampsia gediagnoseer toe sy 27 weke swanger is met Lisa. Klein Lisatjie word met ’n noodkeisersnee gebore en Charmé se lewe verander heeltemal. Lisa weeg 850 gram, en sy veg elke dag om haar lewe. Charmé se reis tot ma-word was nie maklik nie. Maar Charmé vertel haar storie met humor en deernis: ‘n universiële storie van oorlewing van elke modern ma. Charmé se storie help ons om te weet dat ons nie alleen is nie, die ma langs jou het dieselfde pyne, vreugde, angs en vrae.
Ben Viljoen sal in die eerste plek onthou word as die Boeregeneraal, die oorwinnaar in die Slag van Vaalkrans en, danksy FW Reitz se bekende gedig, die veroweraar van die Lady Roberts. Viljoen was flambojant van geaardheid, romanties, ’n sterk leier, behulpsaam en lojaal. Gedurende die Anglo-Boereoorlog word hy bevorder van kommandant tot assistent-kommandant-generaal. Sy individualisme het hom egter verhinder om effektief in ’n groter georganiseerde eenheid te funksioneel. Hy verkies om sy eie kop te volg en sy besluite was dikwels omstrede. Kort voor die einde van die oorlog word hy krygsgevange geneem en na St. Helena verban. Na die oorlog vestig hy hom in Nieu-Mexiko in die VSA en Mexiko en word daar militere raadgewer van die Mexikaanse president.
Sulke Vriende Is Skaars bevat die geannoteerde briefkorrespondensie tussen twee seminale figure in die Suid-Afrikaanse Westerse kunsmusiek. Dit is die eerste keer dat briefwisseling binne die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenisskrywing gepubliseer word en is ’n publikasie wat ’n noemenswaardige bydra tot die dissipline van Suid-Afrikaanse musiekhistoriografie, asook tot Afrikaner- en apartheidshistoriografie, sal maak. Dit toon die belangrikheid aan van verdere navorsing oor die geïnstitusionaliseerde posisie van wit kunsmusiek in Suid-Afrika. Benewens die briewe, word belangrike foto’s, afskrifte van faksimilees, telegramme en ander vorme van korrespondensie geplaas en groot klem geplaas op die visuele voorkoms van die boek.
Hierdie boek is die voltooiing van Elsa Joubert se outobiografiese drieluik wat ingelei is deur ’n Wonderlike geweld (2005) en Reisiger (2009). Dit fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd woon, maar haar belewenis van die hede en onlangse verlede word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan veel verder terug, alles geteken met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers. Elsa Joubert - Biografiese inligting Elsabé (Elsa) Antoinette Murray Joubert is op 19 Oktober 1922 in die Paarl gebore. Sy matrikuleer in 1939 aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Sy behaal ’n BA-graad (1942) en ’n Sekondêre Onderwysdiploma (1943) aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1945 verwerf sy ’n meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad. Daarna is sy die vroueredakteur van Die Huisgenoot van 1946 tot 1948. Hierna begin sy te reis en in 1957 verskyn haar eerste reisverhaal, Water en woestyn, wat handel oor haar ervarings in Egipte en Uganda. Elsa Joubert se reise deur Afrika, Suid-Amerika, Europa en die Verre-Ooste het op ’n besondere wyse in haar werk neerslag gevind. In 1963 verskyn haar eerste roman, Ons wag op die kaptein, wat onder meer die Eugène Marais-prys ontvang het. Sy is met die WA Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys bekroon vir haar invloedryke roman Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), wat in 2002 aangewys as een van die honderd beste boeke in Afrika. In 1981 ken die British Royal Society of Literature die Winifred Holtby-prys aan haar toe en word sy ’n Fellow van die Society. Haar magistrale roman Die reise van Isobelle (1995) is met die Hertzogprys bekroon. Haar lewenswerk word bekroon met eredoktorsgrade van die Universiteite van Stellenbosch (2001) en Pretoria (2007), en sy ontvang die Orde van Ikhamanga (2004). Skakel van Maandag, 18 Junie 2018 af in op RSG om te luister na Elsa Joubert se jongste roman, Spertyd (2017, Tafelberg) voorgelees deur Rika Sennett.
Hanlie Retief se skerp, pittige en op-die-man-af-onderhoude in Rapport is iets waarna baie lesers elke Sondag uitsien en heel eerste lees. Waarom? Hanlie kies die interessantste mense om mee onderhoude te voer en vra die vrae wat almal wil vra. Ná 20 jaar van onderhoude voer is dit hoogtyd dat ’n keur van die beste onderhoude te boek gestel word. Hanlie gesels met bevat 50 van Hanlie se mees prikkelende onderhoude: dié waaroor mense lank gepraat het, dié wat mense kwaad gemaak het, laat lag het of ’n traan laat pik het. Dit is ook interessant om weer die stemme te hoor van mense wat ons ontval het, soos Chris Barnard en Marike de Klerk. Desmond Tutu, Steve Hofmeyr, dr. Piet Koornhof, Steve Booysen, Piet Byleveld, Anton Goosen, Pik Botha, Kurt Darren, Pierre Spies, Vernon Koekemoer en Julius Malema is van die mense wat opgeneem word in hierdie boek. Die leser van hierdie boek geniet ’n kleurvolle reis deur die gedagtes en dinge van Suid-Afrika se interessantste bekendes.
Die Boereheldin Johanna Brandt, wat bekendheid verwerf het met haar boeke Het concentratie-kamp van Irene (1905), The Petticoat Commando (1913) en Die Kappiekommando (1913) was 'n merkwaardige vrou, besonder intelligent en met sterk leierseienskappe en buitengewone energie. Gedurende die Anglo-Boereoorlog word sy betrek in die spioenasienetwerk van die Transvaalse geheime diens en haar woning word 'n skuilplek vir boerespioene. Vir 'n tyd lank is sy ook kampverpleegster in die Irene-konsentrasiekamp. Na die oorlog neem sy as predikantsvrou 'n leidende rol in die opheffing van die verarmde Boerevrouens en help bou aan die geestelike vorming van 'n nasionale bewussyn en die emansipasie van die vrou.
Rosette Jordaan (gebore Theron) het vyftig jaar gelede Theuniskraal toe getrek as jong vrou van Kobus Jordaan, een van die plaas se twee erfgename. Hierdie boek bevat grepe uit haar lewe op dié spogplaas in die Tulbagh-vallei – die fabelagtige “Land van Waveren” – waar van Suid-Afrika se beroemdste wyne gemaak word. Dit vertel ook Theuniskraal se verhaal en die vallei se geskiedenis vandat Jan van Riebeeck se landmeter, Pieter Potter, dit besigtig het, en die eerste setlaars hul so dertig jaar later daar gevestig het. Amusant, interessant en soms ontroerend, dis ’n lekkerleesrelaas van ’n halwe eeu van lief, lag en leed op ’n besonderse Bolandse plaas. Bowenal spreek dit van die skryfster se deernis vir haar gesin, Theuniskraal, al sy mense en diere, en haar hele gemeenskap.
Hans van Rensburg se magnetiese persoonlikheid en sy sterk
teenkantingteen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog het
Afrikaners só aangegryp dat die Ossewabrandwag (OB) binne drie jaar na
sy stigting by die 300 000 lede gehad het.
Op 40 voel Gerard Scholtz onfiks, vet en verveeld. Hy koop ’n tweedehandse fiets en trap saam met sy vrou Anuta die Argus tot hulle gereed is om verder te reis. Van St Petersburg tot Moskou; die lengte en breedte van Frankryk; oor die Alpe, oor die groot riviere van Europa, Ierland en Wallis reis hulle. Later is dit twee skoeters waarmee hulle elke jaar tot 10 000 kilometer deur Europa aflê. Hulle reis ook per trein, per motor, boot en soms te voet. In hierdie bundel spreek Gerard se vertellings van sy kennis en liefde vir geskiedenis, kuns, musiek, letterkunde … Hy word veel meer as net reisiger en verteller. Gerard neem die leser ook ’n op metafisiese avontuur …
Alhoewel hierdie twee persone betreklik onbelangrik was in die geskiedenis van die vroee Kaap, is hulle lewens goed gedokumenteer en slaag Karel Schoeman daarin om 'n verbasend omvattende en interessante beeld te herskep van die lewe onder die hoer Kaapse amptenary in die vroee agttiende eeu.
Die outobiografie dek die eerste 25 jaar van Joubert se lewe, haar grootwordjare in die Paarl, haar skooljare, studentejare aan die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad, eerste onderwysposte en haar slyping in die joernalistiek. Dit is 'n outobiografie wat met verstommende detail 'n beeld bied van 'n bepaalde era in die land se geskiedenis, maar ook van die wording van 'n skrywer. Joubert deins nie terug van omstrede kwessies nie, en onder meer kom haar betrokkenheid by die Ossewabrandwag aan bod. Maar die vernaamste beeld is die van 'n skrywer wat as kind reeds die drang na woorde ervaar, wat in die onstuimige tyd na die Tweede Wereldoorlog te midde van klomp invloede haar onafhanklike stem as skrywer probeer vind.
Die ware verhaal van 'n ma se stryd om met onvoorwaardelike liefde te aanvaar dat haar kind gay is. Die skrywer se doel met hierdie boek is om ander gesinne in soortgelyke omstandighede hoop te gee. Sy vertel van die skok wat sy en haar man moes verwerk toe hulle lieflingdogter aankondig sy is verlief op 'n vrou. Lidia Theron beskryf die pad wat hulle moes loop om tot volle aanvaarding te kom.
Springs, 1977. Robert en Jeanne Smit word wreed om die lewe gebring in wat die WVK later as 'n politiese gemotiveerde moord sou beskryf. Dekades daarna gons dit oor wie presies vir die grudaad verantwoordelik was. Daar is rookskerms en ontkenning, verduistering en misleidings, en bespiegelings en teorieë oor presies wie die aanvanklike opdrag gegee het. En iewers in die politieke kookpot prut stories van 'n dapper dertienjarige dogter Liza Smit. Nadat haar ouers uit haar lewe geruk is, sou niks ooit weer dieselfde wees nie. Toe sy hoor dat die WVK die saak wil ontrafel, begin sy en die ondersoekende joernalis Alet van Rensburg die saak navors. Saam-saam durf die twee, met enorme deursettingsvermoë, vasberadenheid en 'n porsie domastrantheid die taak aan : om die waarheid te ontbloot oor die dood van Liza se ouers. Liza se verhaal word afgewissel met uittreksels uit die oorspronklike veslag wat sy aan die ongure onderwêreld van die destydse Suid- Afrika vol korrupte politici, taakmagte en internasionale intriges. Dis ook die storie van 'n lewe wat afspeel teen hierdie agtergrond, en hoe een indrukwekkende vrou haarself uit haar persoonlike hel reg.
Brand Pretorius weet wat dit beteken om 'n leier te wees: in sy loopbaan van oor die vier dekades was hy onder meer in leierskapsposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep. In Aan die stuur praat Pretorius openhartig oor sy suksesse en die foute wat hy begaan het en die gevolge daarvan vir die maatskappye en werknemers onder sy stuur. Pretorius gee die leser 'n unieke, eerstehandse vertelling van die “alles loop reg”-jare by Toyota, van die donker jare as hoof van die McCarthy-groep waar die groep byna skipbreuk gelei het, tot die groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. Die wysheid vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat sake doen in Suid-Afrika of wat ’n suksesvolle ondernming wil bedryf. Pretorius wys ook hoe elkeen van ons persoonlike leierskap aan die dag kan le en Suid-Afrika so kan help verbeter. Brand Pretorius weet wat dit beteken om ’n leier te wees: in sy loopbaan oor vier dekades, was hy in topbestuursposisies by Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep waar hy uitvoerende hoof was. In Aan die stuur deel Pretorius sy sakesuksesse en die bestuurslesse wat hy geleer het en die impak daarvan op die maatskappye en werknemers onder sy bestuur. Pretorius praat openhartig oor die “alles loop reg”-jare by Toyota en van die donker tye by die McCarthy-groep toe die maatskappy byna ondergegaan het, tot die groep se hergeboorte as suksesvolle motormaatskappy. Die lesse vervat in hierdie boek is ontbeerlik vir enigeen wat wil verstaan hoe om sake te doen in Suid-Afrika, hoe om ’n suksesvolle ondernming te bedryf en watter groot rol goeie leierskapskap speel in die land se ontwikkeling.
Op 29 April 1963 stuur die 29-jarige digter Ingrid Jonker ’n telegram aan André P. Brink. Sy bedank die 27-jarige skrywer vir blomme en ’n brief wat hy aan haar besorg het. In die meer as tweehonderd skrywes wat hierna tussen die twee volg, ontvou sekerlik die bekendste liefdesverhouding in die Afrikaanse literêre geskiedenis. Jonker se finale brief aan Brink is gedateer 18 April 1965 – drie maande voordat sy die see in loop by Drieankerbaai. ’n Halfeeu later word lesers se verbeelding steeds aangegryp deur die hartstog van dié teer, dikwels stormagtige verhouding. In Desember 2014, drie maande voor sy dood, het André P. Brink die liefdesbriewe tussen hom en Ingrid Jonker vir publikasie aangebied. Die briewe is nog nooit voorheen gepubliseer nie en sluit onbekende persoonlike foto’s in.
As uitgesproke kommenatator wat voor en na 1994 met die regering gebots het, een van die Dakar-gangers wat al in die 1980s die ANC gaan ontmoet het en wereldkenner van die Afrikaners, is Giliomee ten nouste betrokke by ons land se geskiedenis – en hoe ons dit verstaan. Hier verweef hy sy eie lewensverhaal met die van die land en die mense wat hom fassineer in leesbare, narratiewe vorm, vol staaltjies en onvertelde verhale.
Voortrekkerstamouers 1835–1845 is die eerste keer in 2000 gepubliseer. Dié tweede, hersiende uitgawe is aangevul met 214 nuwe stamouers. Dit bring die aantal mense wat die Groot Trek meegemaak het, op 23 000 te staan, in plaas van die oorspronklik geskatte 20 000. Wat hierdie databasis van Voortrekkers nog meer besonders maak, is die versameling uiters skaars foto’s en portrette wat aangebied word. In hierdie fotokabinet kan ongeveer 150 afbeeldings van Voortrekkers gesien word.
’n Epiese reis in ’n klein seiljag van Frankryk tot aan die
Namakwalandse kus gedurende die Tweede Wêreldoorlog,
sabotasiepogings en planne om Eerste Minister Jan Smuts in ’n
sluipmoord om die lewe te bring . . . In die vroeë 1940’s is die
Suid-Afrikaanse publiek aangegryp deur die uitdagende optrede van
die Olimpiese bokser en swaargewigkampioen Robey Leibbrandt. Hy was
dodelik gekant teen Suid-Afrika se deelname aan die oorlog.
Hierdie boek het ontstaan as 'n verhaal oor die lewe van 'n besonderse mens: David Samaai. Maar baie gou besef jy dat dit eintlik 'n boek oor 'n baie besonderse familie, die Samaai-familie woonagtig in Paarl, is. Davy Samaai was 'n legendariese tennisspeler, 'n begaafde musikant, 'n inspirerende skoolhoof of hardwerkende onderwyser. Hy het ook met sy voorbeeld gelei.
Twee vroue, een uit Nederland en die ander een uit die Vrystaatse Goudvelde, ontmoet mekaar in 'n hospitaalsaal in Bloemfontein. Vyftig jaar later vertel Hester die storie van hoe die lewe hulle gevorm het as verpleegsters, gemeenskapswerkers, bakkers en kunstenaars.In hierdie memorie vertel Hester van der Walt van die sleutel oomblikke in haar lewe wat haar daartoe gedryf het om kulturele en etniese grense oor te steek om sodoende uit te vind wie sy werklik is. Haar besluite neem haar vanaf die Vrystaat na Distrik Ses en Venda, na Nederland en die Verenigde Koninkryk, na Heideveld en Hanover Park en uiteindelik na McGregor. Haar nederige storie vertel van die geestelike isolasie van alle "vlugtelinge" wat die onversoenbare waardes van hulle "tuiste" (hetsy fisies of idologies) verlaat en nuwe maniere moet vind om 'n lewe te skep. Dit vertel ook van die wonder om 'n metgesel langs die pad te vind.
Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie. In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het – daar is neusoptrekkerige kelners, statige hertoginne, etlike botsings met die berugte Franse burokrasie en natuurlike talle faux pas in sy gebrekkige Frans. Om die vervalle château saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier, in ’n boetiekhotel te omskep het groot geduld en uithouvermoë geverg. Talle lesse is op die harde manier geleer. Een daarvan is dat vier verwarmers geensins genoeg is om ’n hele château te verhit nie en dit sal jou dae lank sonder elektrisiteit laat. Louis vertel ook van kaskenades met hulle gaste en hul eie avonture soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur aan. Hy vermeng stories oor hul lewe in Frankryk met brokkies geskiedenis en fassinerende inligting oor eg Franse tradisies. Dit is ’n moet vir Frankofiele! |
![]() ![]() You may like...
Everything: Volcanoes and Earthquakes
National Geographic Kids
Paperback
![]()
Understanding and Managing Fluency…
Santosh Maruthy, Pallavi Kelkar
Paperback
R1,171
Discovery Miles 11 710
Language Intervention for School-Age…
Geraldine P. Wallach
Paperback
New All-In-One Grade R Workbook for Home…
Mart Meij, Mart Meij, Beatrix de Villiers, Rina Erasmus, Laurika Henning, Amorie Van Straaten, Charlotte Sullivan
Paperback
Teaching Science - Foundation To Senior…
Robyn Gregson, Marie Botha
Paperback
R610
Discovery Miles 6 100
Science School - 30 Awesome STEM…
Tia Williams, Laura Minter
Paperback
|