0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (3)
  • R50 - R100 (7)
  • R100 - R250 (43)
  • R250 - R500 (132)
  • R500+ (9)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Biography

Se My, Is Julle Twee Susters? - 'n Memorie (Afrikaans, Paperback): Hester van der Walt Se My, Is Julle Twee Susters? - 'n Memorie (Afrikaans, Paperback)
Hester van der Walt
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Twee vroue, een uit Nederland en die ander een uit die Vrystaatse Goudvelde, ontmoet mekaar in 'n hospitaalsaal in Bloemfontein. Vyftig jaar later vertel Hester die storie van hoe die lewe hulle gevorm het as verpleegsters, gemeenskapswerkers, bakkers en kunstenaars.In hierdie memorie vertel Hester van der Walt van die sleutel oomblikke in haar lewe wat haar daartoe gedryf het om kulturele en etniese grense oor te steek om sodoende uit te vind wie sy werklik is.

Haar besluite neem haar vanaf die Vrystaat na Distrik Ses en Venda, na Nederland en die Verenigde Koninkryk, na Heideveld en Hanover Park en uiteindelik na McGregor. Haar nederige storie vertel van die geestelike isolasie van alle "vlugtelinge" wat die onversoenbare waardes van hulle "tuiste" (hetsy fisies of idologies) verlaat en nuwe maniere moet vind om 'n lewe te skep.

Dit vertel ook van die wonder om 'n metgesel langs die pad te vind.

Jeanne Goosen - 'n Lewe Vol Sinne (Afrikaans, Paperback): Petrovna Metelerkamp Jeanne Goosen - 'n Lewe Vol Sinne (Afrikaans, Paperback)
Petrovna Metelerkamp
R313 Discovery Miles 3 130 Ships in 6 - 10 working days

'n Biografie van die bekroonde skrywer Jeanne Goosen, met foto's, briewe en bydraes van vriende wat vertel hoe hulle dié ikoniese figuur ken. Die skrywer, Petrovna Metelerkamp, is die 2019-wenner van die ATKV-Veertjie vir nie-fiksie vir Ingrid Jonker - 'n Biografie. Die boek bevat materiaal wat voorheen ontoeganklik was en beloof om ure se leesgenot te verskaf aan die duisende aanhangers van die digter-dramaturg en skrywer van Ons is nie almal so nie.

C'est la vie - Van Lief En Leed En Kanse Vat (Afrikaans, Paperback): Lanie van Reenen C'est la vie - Van Lief En Leed En Kanse Vat (Afrikaans, Paperback)
Lanie van Reenen
R304 Discovery Miles 3 040 Ships in 4 - 6 working days

Toe Lanie van Reenen haar hoogs suksesvolle gastehuis in Kaapstad verkoop en al haar energie in ‘n kasteel in Aubusson ingooi het ieder en elk met ‘n gesonde verstand haar daarteen gewaarsku. Maar Lanie was besiel. Sy en haar vennote het die Franse chateau liefderyk restoureer tot die beste boutiek hotel in die streek. Die opening van die hotel val egter saam met tragedie...

Dis wanneer dit voel asof alles inmekaarval, dat sy gaan sit en haar storie begin neerskryf, ter heling en van die begin af : die eksistensiele krisis van haar jong volwasse jare, haar huwelik met Michael en die hartseer einde daarvan, haar proses van self-aktualisasering wat al hoe groter en meer ambisieuse projekte insluit. C’est la Vie is die inspirerende memoires van ‘n vrou wat ten spyte van terugslae haar eie pad met energie en passie baan. Deernisvol, by tye roerend en soms skreeusnaaks - altyd vol lewensvreugde.

Hierdie bygewerkte heruitgawe van C'est la Vie val saam met die verskyning van Net Mooi Fine, Lanie van Reenen se nuwe boek waarin sy die storie van 'n vrou en haar chateau klaar vertel en haar lesers verder neem op haar alleen avontuur...

Hel Toe En Terug - Die Eerste Wereldoorlog, 'n Honderd Jaar Later (Afrikaans, Paperback, Gedenkuitgawe): Louis Scott Hel Toe En Terug - Die Eerste Wereldoorlog, 'n Honderd Jaar Later (Afrikaans, Paperback, Gedenkuitgawe)
Louis Scott
R477 Discovery Miles 4 770 Ships in 4 - 6 working days

Hel Toe En Terug vertel die geskiedenis van die oorlog binne die bestek van minder as 170 bladsye en is ingedeel in agt afdelings, elk toegelig met uitsonderlike foto's en toepaslike kaarte. Een afdeling word in die besonder gewy aan Suid-Afrika se deelname aan die oorlog.

Die Groot Oorlog (1914-1918), soos wat die Eerste Wêreldoorlog oorspronklik bekend gestaan het, was waarlik in elke opsig enorm. Nie net het dit tot die dood van nagenoeg tien miljoen soldate gelei nie, dit was tot in daardie stadium ook die omvangrykste oorlog waarby sowat 80 miljoen mense van verskeie lande betrek is. Boonop is nagenoeg 9 miljoen mense permanent vermink, 12 miljoen is ernstig gewond en byna 8 miljoen is krygsgevange geneem.

Louis Scott, 'n historikus en bekende inwoner van Polokwane, se boek oor dié oorlog, Hel Toe En Terug: Die Eerste Wêreldoorlog, 'n honderd jaar later, het pas verskyn - betyds vir die honderdjarige herdenking van dié verwoestende oorlog. Dit bied vir die eerste keer in Afrikaans 'n omvattende geskiedenis van dié oorlog.

Die VOC Aan Die Kaap, 1652-1795 (Afrikaans, Hardcover): Con de Wet, Jan Visagie, Leon Hattingh Die VOC Aan Die Kaap, 1652-1795 (Afrikaans, Hardcover)
Con de Wet, Jan Visagie, Leon Hattingh
R551 Discovery Miles 5 510 Ships in 4 - 6 working days

Daar is reeds baie navorsing gedoen en ‘n groot aantal publikasies het verskyn oor die geskiedenis van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se tyd aan die Kaap. Nogtans het baie kundiges ‘n behoefte aan ‘n gesaghebbende publikasie wat die VOC se bewindstyd aan die Kaap volledig sou behandel, geidentifiseer. 'n Motivering was 'n nuwe belangstelling in die Kompanjiesgeskiedenis en heelwat aspekte van die VOC se verbintenis met Suid-Afrika wat nog nie in die historiografie neerslag gevind het nie. Sewentien medewerkers, wat elkeen ‘n deskundige op sy of haar besondere terrein is, is gewerf. Aspekte wat bespreek word, is die ontdekking van die seeroetes na die Ooste en die Amerikas teen die einde van die 16de eeu en die interafhanklikheid wat daardeur tussen Europa, die Ooste en die Amerikas ontstaan het. Dit het ook in Nederland neerslag gevind met die ontstaan van die VOC in 1602 en die groei van sy Oosterse handelsryk in die 17de eeu, wat dit die eerste groot internasionale handelsmaatskappy gemaak het. Daarna word die maatskappy se geleidelike agteruitgang en sy uiteindelike ondergang aan die einde van die 18de eeu geskets. Daar word gefokus op die rol wat die Kaapse diensstasie in die VOC se Oosterse handel gespeel het, die Kaapse bestuursinstellings en owerheidsdienste word bespreek en aandag word gegee aan die verdediging van die Kaap – die strategiese waarde van die Kaap en die verdedigingstelsel om dit te beskerm, die verdediging teen ‘n buitelandse bedreiging en die bekamping van binnelandse bedreigings. Laastens word die regspraak, gesondheidsdienste en onderwys volledig behandel. Daar is ook 'n fokus op die verskillende bevolkings-, kulturele of beroepsgroepe aan die Kaap, te wete die Khoisan, die Kompanjiesamptenare, die vryburgers, die slawe en die gemengde of “bruin” bevolkingsgroep. Ten slotte is daar 'n samevattende oorsig op die geskiedkundige nalatenskap van die VOC se teenwoordigheid aan die Kaap op die ontstaan en ontwikkeling van Suid-Afrika soos ons dit vandag ken.

Dollars Eventualis - Ware Verhale Rondom 'n Regspraktyk (Afrikaans, Paperback): Nico Van Rensburg Dollars Eventualis - Ware Verhale Rondom 'n Regspraktyk (Afrikaans, Paperback)
Nico Van Rensburg
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 6 working days

AFRIKAANS – ware lewensketse van gebeure met gewone mense wat noodgedwonge in die regswêreld van prokureurs en howe beland. Treffend vertel deur ‘n ervare en ingeligte prokureur.
DIE REG EN WETTE – is op almal se lippe, veral ná die hofsaak van Oscar Pretorius en die Konstitusionele Hofuitspraak oor Nkandla.
RAAK HUMOR – ironiese en humoristiese, dog skreeusnaakse insidente van gebeure met gewone en soms stukkende mense.
Die SKRYWER – ’n ervare prokureur wat betrokke is by nasionale Grondreg- wetgewings. Sy loopbaan word gekenmerk deur sy passie vir die behoeftiges en mense in nood.
WARE STORIES – in en om die Hof, wat die volle spektrum van die reg dek – mense se eerlike foute en ander se oneerlike sette om die Hof te probeer bewimpel.
BELEEF – agter die kostelike stories die skerp denke van ’n mentor wat die leser saamneem en kritieke regsbegrippe leer begryp.

Dollars Eventualis is lekkerlees-stories vir mense van alle soorte, van 18-81 jaar:

  • Kostelike leesstof vir dié wat die wet ken.
  • Kragtige leesstof vir dié wat in die wet belangstel.
  • Kosbare leesstof vir dié wat die wet nodig het.
Ina - Verhaal Van Genade En Genesing (Afrikaans, Paperback): Ina Bonnette Ina - Verhaal Van Genade En Genesing (Afrikaans, Paperback)
Ina Bonnette
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar ontvoer het.

Ina: Verhaal Van Genade En Genesing is die merkwaardige verhaal van ’n oorwinnaar, ’n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers. Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is.

Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.

Goeiemore, Mnr Mandela (Afrikaans, Paperback): Zelda la Grange Goeiemore, Mnr Mandela (Afrikaans, Paperback)
Zelda la Grange 5
R341 Discovery Miles 3 410 Ships in 4 - 6 working days

Goeiemôre, mnr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe Zelda la Grange se lewe, oortuigings en vooroordele omvergewerp word deur die grootste staatsman van ons tyd.

Dit volg die ongelooflike lewenspad van ’n verskrikte tikster in haar vroeë twintigs wat gekies word as Nelson Mandela se lojaalste steunpilaar en haar loopbaan daaraan wy om reisgenoot en versorger te word van die man wat sy ‘Khulu’ noem.

Hierdie boek wentel om liefde en tweede kanse. Dit sal jou lewe raak en jou laat glo elkeen van ons, ongeag wie ons is en wat ons gedoen het, het die mag om te verander.

'n Fontein Voor Ons Deur (Afrikaans, Paperback): Marita van der Vyver 'n Fontein Voor Ons Deur (Afrikaans, Paperback)
Marita van der Vyver
R94 Discovery Miles 940 Ships in 4 - 6 working days

’n Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ’n wafferse prinses van ’n verre land deur Frankryk gereis en ’n vreeslik verleidelike padda leer ken. Omdat sy so graag in sprokies wil glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in ’n prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies werk.

En wat gebeur toe?

Saam met haar prins sit sy huis op in ’n Franse dorpie. Hulle gaan woon in ’n ou kliphuis in Rue de l’église – Kerkstraat. Dáároor skryf sy in In die hart van ons huis.

En wat gebeur nou?

Hulle trek. En nie waarheen nie . . . Na ’n plek wat bekend staan as Plek van die Paddas.

’n Fontein Voor Ons Deur is ’n reeks stories oor ’n verhuising – ’n Franse verhuising! Maar dit is dan eintlik stories oor dit wat die hart vasmaak aan ’n huis en sy mense; ook dit waarvan jy jou moet losmaak as jy verhuis. En daardie dinge wat altyd met jou saamtrek.

Een ding is seker: Of dit nou in Kerkstraat of Paddastraat is, soos Marita van der Vyver dit sien, bly die lewe ’n fontein bruisend met verrassings.

Die wit Boesman (Afrikaans, Paperback): Peter Stark Die wit Boesman (Afrikaans, Paperback)
Peter Stark
R304 Discovery Miles 3 040 Ships in 4 - 6 working days

Die legendariese Wit Boesman, Peter Stark, skryf onderhoudend oor sy belewenisse in die destydse Duits-Suidwes-Afrika. Eers as plaasbestuurder en leeuvanger van formaat (wat Natuurbewaring by Etosha grys hare gegee het) en later self as natuurbewaarder, het hy ’n formidabele kennis van die veld, die San, die wild en die mense opgedoen. Hierdie kennis spreek mee in die staaltjies en verhale oor sy ervarings, opgeskryf in die gesellige trant eie aan Namibie. Peter Stark is in Duits-Suidwes-Afrika (vandag Namibie) gebore en was vir baie jare natuurbewaarder in die Okaukuejo-omgewing. As ware seun van die veld het Peter hom onderskei as onverskrokke grootwildjagter, uitnemende ruiter en spoorsnyer van formaat. Hy het in 1974 by die destydse Suid-Afrikaanse Weermag aangesluit as kommandant in die rykunsvleuel, waar hy 'n enorme bydrae gelewer het tot die opleiding van ruiters. Vandag woon op die plaas Vogelsang naby Ventersdorp.

Dawie de Villiers: My Lewensreis - Springbok, Politikus, Diplomaat (Afrikaans, Paperback): Chris Schoeman Dawie de Villiers: My Lewensreis - Springbok, Politikus, Diplomaat (Afrikaans, Paperback)
Chris Schoeman 1
R346 Discovery Miles 3 460 Ships in 4 - 6 working days

Springbokkaptein, predikant, filosoof, ambassadeur, kabinetsminister, wêreldreisiger, kunsliefhebber, gesinsman. Dit was en ís die wêreld van dr. Dawie de Villiers, een van Suid-Afrika se ikone wat sy land dekades lank op vele terreine met groot onderskeiding gedien het.

Hierdie boeiende lewensverhaal neem lesers op ’n merkwaardige lewenspad deur Suid-Afrika se sport- en politieke geskiedenis. De Villiers se jeugjare in ’n polities georiënteerde gesin, sy vinnige opgang vanuit sy geliefde Stellenbosch Rugbyklub tot in die Springbokspan, sy moeilike pad met sportbeserings en die soet en suur van Springbok-wees is maar enkele aspekte van dié lekkerlees-ervaring.

Hy vertel van sy betrokkenheid in die politiek as ’n ywerige waarnemer van onder andere die bekende filosoof, prof. Johan Degenaar; sy opwindende lewe as ambassadeur in Londen; as kabinetsminister onder P.W. Botha, F.W. de Klerk en Nelson Mandela; die Kodesa-onderhandelinge en die oorgang na demokrasie; en uiteindelik ’n reeks verrykende reise oor die wêreld as adjunk-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se World Tourism Organization (UNWTO).

My lewensreis is ’n belangrike bydrae om die rol te beskryf van Afrikanerleiers wat uit die rigiede denkskema van apartheid ontsnap het, wat vanweë morele oortuigings én hulle bevoegdhede ’n nuwe Suid-Afrika help skep het.

Anton Goosen - Liedjieboer (Afrikaans, Paperback): Hanlie Retief Anton Goosen - Liedjieboer (Afrikaans, Paperback)
Hanlie Retief 1
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 5 - 7 working days

Dié boek is rock ’n roll in die binnewêreld van die legendariese liedjieboer, Anton Goosen. Hanlie Retief vertel Goosen se buitengewone lewensverhaal – van sy grootwordjare in die Vrystaat, die Musiek-en-Liriek-era, sensuur, hoogtepunte en teleurstellings . . . tot waar die vader van Afrikaanse Rock 'n terugblik gee op sy merkwaardige lewe.

Omega, Oor En Uit - Die Storie Van 'n Opstandige Troep (Afrikaans, Paperback): Francois Verster Omega, Oor En Uit - Die Storie Van 'n Opstandige Troep (Afrikaans, Paperback)
Francois Verster
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Van sy eerste dag as nasionale dienspligtige was Francois Verster in die sop weens sy ingebore rebelsheid. Hy vertel op skreeusnaakse wyse van sy basiese opleiding en lewe as troeponderwyser op Omega.

Hierdie geensins verromantiseerde storie bied ’n vars hoek op die Grensoorloggenre en ’n blik op hoe Afrikanermans die nuwe Suid-Afrika beleef.

Marga & Henriëtte: In die Skadu van Skisofrenie (Afrikaans, Paperback): Marga van Rooy, Henriette Boot Marga & Henriëtte: In die Skadu van Skisofrenie (Afrikaans, Paperback)
Marga van Rooy, Henriette Boot 1
R155 Discovery Miles 1 550 Ships in 4 - 6 working days

Dis een verhaal, maar ook nie. Asof vanuit twee hoeke in dieselfde vertrek, vertel ma en dogter van hul worsteling nadat Henriëtte op 18 gediagnoseer is en Marga en haar man, Frans, die verdoemende woorde moes hoor: Jul kind is skisofrenies. Nou is dit 30 jaar later en Marga en Henriëtte het vrede gemaak. Met die siekte, maar ook met mekaar.

Die Dorslandtrek - 1874-1881 (Afrikaans, Hardcover): Nicol Stassen Die Dorslandtrek - 1874-1881 (Afrikaans, Hardcover)
Nicol Stassen 1
R1,081 Discovery Miles 10 810 Ships in 4 - 6 working days

Min ander gebeurtenisse in die Suider-Afrikaanse geskiedenis het so ’n onuitwisbare indruk gelaat as die Dorslandtrek. Die populêre reisverhaalskrywer Lawrence Green het dit byvoorbeeld beskryf as “the most painful chapter in the whole history of the Afrikaner race”.

Kort ná hulle aankoms op Humpata het die graaf van Mayo die Dorslandtrekkers soos volg beskryf: “Taking them all round, a finer set of men I have never seen; without doubt, during that terrible seven years’ journey it was a case of the survival of the fittest.”

Die Dorslandtrek: 1874–1881 vertel die aangrypende verhaal van die ongeveer 700 persone (benewens ’n onbekende getal swart arbeiders) wat Transvaal gedurende die jare 1874 tot 1877 verlaat het en hulle in 1881 ná ’n swerftog van sewe jaar op Humpata op die hooglande van Angola gevestig het. Gedurende hulle epiese tog het ongeveer 230 blanke trekkers gesterf en ongeveer dieselfde getal na Transvaal teruggekeer. Hoewel ongeveer 130 babas gedurende die trek gebore is, het slegs ongeveer 370 persone hulle beloofde land uiteindelik bereik.

Die Dorslandtrek: 1874–1881 is die eerste boek wat in amper veertig jaar oor dié onderwerp verskyn. Bestaande feite word grondig ontleed en nuwe feite word op ’n omvangryke wyse byeengebring. Die resultaat is die mees omvattende boek oor dié aangrypende gebeurtenis.

Van Sprokie Tot Tragedie In Die Kollig (Afrikaans, Paperback): Ilse Salzwedel Van Sprokie Tot Tragedie In Die Kollig (Afrikaans, Paperback)
Ilse Salzwedel
R236 Discovery Miles 2 360 Ships in 4 - 6 working days

Die tragedie wat op Valentynsdag 2013 Reeva Steenkamp se lewe kortgeknip en Oscar Pistorius se status as internasionale sportheld aan skerwe laat spat het, en die ongekende mediadekking van die sensasionele moordverhoor daarna, het verreikende gevolge op vele terreine gehad.

Soos nog nooit tevore nie het die kollig geval op fasette wat ons lewens op talle terreine raak: die manier waarop regspleging in Suid-Afrika geskied; hoe sosiale en nuusmedia opinies genereer, beïnvloed en rapporteer; die publiek se obsessie met heldestatus; en die intriges wat van minnaars moordenaars maak.

Vir hierdie boek het Ilse Salzwedel deur ’n vloedgolf menings gesif om sin te maak van die Oscar-saak. ’n Fassinerende prentjie ontvou waarin sleutelaspekte ontleed word, soos die belang van forensiese besonderhede, die kundigheid van polisie- en regsbeamptes, die rol van die staat en die verdediging in die hof, die effek van mediadekking op die publiek se persepsies, en nog meer.

In die toeganklike, nugtere en nie-sensasionele styl waarvoor dié gerespekteerde joernalis bekend is, vra die skrywer: watter lesse hou ’n tragedie soos hierdie in vir vandag se samelewing?

... En Daar Was Dagga - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback): Heinz Modler ... En Daar Was Dagga - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback)
Heinz Modler
R285 R263 Discovery Miles 2 630 Save R22 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die daggaplant (Cannabis sativa) word al vir duisende jare gebruik. Dit is, inderdaad, ’n baie nuttige plant om materiaal en toue mee te vervaardig. Dit is egter die bekendste vir die psigotropiese effekte van dagga se aktiewe bestanddeel, tetrahidrokannabinol (THC).

Die kwessie oor of dagga verslawend is, is nog nie heeltemal duidelik nie. Baie navorsing word gedoen om korrekte en interessante inligting vir gebruikers, hul naasbestaandes, handelaars en almal wat oor dagga wonder, beskikbaar te stel.

Hierdie handleiding bring die leser op datum met alles wat ons weet aangaande dagga. Slegs wanneer al die feite op die tafel is, is dit sinvol om ’n opinie oor hierdie wonderlike plant te waag.

Sedert Die Dood Ons Skei (Afrikaans, Paperback): Beryl Botman Sedert Die Dood Ons Skei (Afrikaans, Paperback)
Beryl Botman
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) In Stock

Hierdie verhalende nie-fiktiewe werk vertel die storie van Beryl Botman wat aan Russel Botman onthul hoe sy sy skielike afsterwe ervaar en hanteer. “Hoe moet sy leer leef en hul liefde vir mekaar herken in hierdie nuwe dimensies van bestaan?” is die sentrale vraagstuk van die eenrigtinggesprek.

Die gebeure speel af vanaf die oomblikke voordat sy besef dat Russel gesterf het tot die op die dag van die eerste herdenking van sy afsterwe – die verloop van een jaar. Dis vir haar die jaar waarin sy haar op haar diepste sterkpunte beroep; haar troebelste swakhede in die gesig staar en op haar hele wording staatmaak om selfs een tree te gee.

Die vertelling vind in drie dele plaas en begin met ‘n dag-vir-dag weergawe van die eerste twee weke van ervaringe en gewaarwordinge. Die daaropvolgende twee dele is weeklikse en daarna maandlikse onthullings. Haar spirituele en reële blootlegging volg ‘n reis vanaf Stellenbosch tot Wynberg en sommige ander plekke in die wêreld.

Beryl hanteer lewensveranderende besluite en optredes in haar wêreld met die gemak en liefdevolle ondersteuning van familie en vriende, en terselfdertyd die vyandigheid van ander familie en die afsydigheid en verwerping van vriende en kennisse.

Seks, Leuens en die Internet (Afrikaans, Paperback): Erla-Mari Diedericks Seks, Leuens en die Internet (Afrikaans, Paperback)
Erla-Mari Diedericks
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Seks, leuens en die internet is ’n rou, eerlike vertelling deur ’n vrou wie se hart gebreek is, maar weier om moed op te gee. Op 50 lyk al die prinse en perde bra gehawend, maar vasbeslote durf sy die wilde wêreld van aanlyn afsprake aan, moedig op soek na haar sielsgenoot. Hierdie boek is deel van die immergewilde selfhelp-genre en kombineer die onderwerpe van verhoudings; seks en selfondersoek. Dis ’n eerlike en soms skreeusnaakse memoir - maar ook ’n nuttige gids oor die wêreld van aanlyn afsprake.

Waar Rats Die Ribbok Gaan - Briewe Van Elsabe Steenberg (Afrikaans, Paperback): Sarel Venter Waar Rats Die Ribbok Gaan - Briewe Van Elsabe Steenberg (Afrikaans, Paperback)
Sarel Venter
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Elsabe Steenberg was die suster van André P. Brink en self ‘n gewilde en bekroonde Afrikaanse skryfster, veral bekend vir haar kinder- en jeugliteratuur. Sy het egter ook, onder andere, kortverhale en dramas geskryf. Sy is met veelvuldige sklerose gediagnoseer, maar het ten spyte daarvan aangehou skryf. Sy sou hierdie jaar haar 80ste verjaarsdag gevier het.

Hierdie is ‘n versameling briewe wat Elsabe geskryf het aan Elizabeth Venter, die samesteller se vrou. Dit vertel die verhaal van die Steenberg-gesin oor meer as 30 jaar, Elsabe se skryfwerk, haar werk as dosent in Potchefstroom- en haar uitmergelende siekte.

Die gevierde en bekroonde skryfster is in 1996 aan veelvuldige sklerose oorlede. Haar laaste brief aan Elizabeth is ‘n maand vroeër geskryf.

Golgotha Van Die Oseane - Skeepsrampe Aan Die Agulhas-kus (Afrikaans, Paperback): Jeannette Grobbelaar Golgotha Van Die Oseane - Skeepsrampe Aan Die Agulhas-kus (Afrikaans, Paperback)
Jeannette Grobbelaar
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 4 - 6 working days

Die Suid-Kaapse Agulhas-kus is ongetwyfeld besaai met stories en legendes oor die tientalle skeepsrampe wat hulle aan hierdie gevaarlikste deel van die ganse Suid-Afrikaanse kuslyn afgespeel het.

Met hierdie besonderse boekstawing deur Jeanette Grobbelaar word hierdie boeiende verhale nie net byeengebring nie, maar word dit ook op só ‘n manier aangebied dat jy dié boek eenvoudig nie neer wíl sit nie.

Vier en Veertig, Agtien - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Peet van Aardt Vier en Veertig, Agtien - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Peet van Aardt
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 6 working days

Ettienne Leroux en Ingrid Winterbach het begin briewe uitruil in 1966 wat gelei het tot die publikasie van een van Leroux se persoonlikste en geheimsinnigste werke, 18-44. Amper vyftig jaar later word Leroux se briewe deur Philip Snyman ontdek, ‘n afgedankte joernalis wat probeer om die pad na herstel te vind na die dood van sy meisie en die ineenstorting van sy loopbaan.

Hoe dieper Philip egter in die briewekorrespondensie delf, hoe meer raaisels en geheime boodskappe ontdek hy. Dit lei hom na ‘n onverwagse, tragiese verkenning, nie net van Leroux nie, maar ook homself.

Hy raak al hoe meer obsessief. Hy praat met homself en skryf rye en rye getalle neer waarin hy insiggewende ooreenkomste sien. Teen hierdie tyd kan niks meer as die waarheid aanvaar word nie, en moet die leser saam met Philip die raaisel probeer oplos.

Hul Voorland Was Die Galg (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Fanie Brits Hul Voorland Was Die Galg (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Fanie Brits
R330 Discovery Miles 3 300 Ships in 4 - 6 working days

Die 'verdrinking' van 'n 16jarige skooldogter, Bettie Smith, wat na bewering gedurende die veertigerjare betrokke was by ongeslypte diamante in die dorre Noord-Kaap het die gemeenskap warm onder die kraag gelaat.

Haar onnatuurlik dood word eers 10 jaar later, met die opgrawing van haar lyk ondersoek met die verhoor wat in omstrede omstandighede eindig. Die spilpunt van die saak sentreer rondom ongeslypte diamante waarin Adriaan Nieuwoudt se saak te berde gebring word.

Woestyn Blom (Afrikaans, Paperback): Amanda Joseph Woestyn Blom (Afrikaans, Paperback)
Amanda Joseph
R224 Discovery Miles 2 240 Ships in 18 - 22 working days

Dit is my storie oor hoe God my gehelp het deur persoonlike pyn, swaarkry, woede, GBV, emosionele mishandeling en selfmoordgedagtes op 'n vroeë ouderdom van my lewe totdat ek 'n volwasse vrou geword het.

In hierdie boek sal jy meer leer oor hoe ek myself moes optel toe ek af en uit was, daar was 'n paar tye van trane, woede, bitterheid en selfs gelag, dis waar God my gelei het oor hoe om beproewings en beproewings te oorwin.

God het vir ons al die stukke gegee wat nodig is om uitsonderlike welstand en gesondheid te bereik, maar Hy het dit aan ons oorgelaat om hierdie stukke bymekaar te sit.

Jy leer meer uit mislukking as uit sukses. Moenie dat dit jou keer nie. Mislukking bou karakter.

Op Die Man Af (Afrikaans, Paperback): Freek Robinson Op Die Man Af (Afrikaans, Paperback)
Freek Robinson
R342 Discovery Miles 3 420 Ships in 5 - 7 working days

Vir 45 jaar het Freek Robinson die grootste nuusgebeure in die ou én nuwe Suid-Afrika eerstehands beleef. As TV-joernalis en nuusanker was hy ’n gereelde besoeker in miljoene Suid-Afrikaners se huise.

In sy memoires deel Freek dit wat hy agter die skerms beleef het.

Dié boek verweef die lewe en loopbaan van een van ons land se mees gerespekteerde en geliefde joernaliste en gee ’n besonderse blik op die ingrypende nuusomwentelinge in ons onlangse geskiedenis.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Glass Tower
Sarah Isaacs Paperback R280 R259 Discovery Miles 2 590
Law as Data - Computation, Text, & the…
Michael A. Livermore, Daniel N. Rockmore Hardcover R791 Discovery Miles 7 910
Lawrence 3 Inch Dabber
R813 Discovery Miles 8 130
If You Keep Digging
Keletso Mopai Paperback  (1)
R261 Discovery Miles 2 610
Data Mining Applications for Empowering…
Hakikur Rahman Hardcover R4,584 Discovery Miles 45 840
Neural Networks - A Practical Guide For…
Steven Cooper Hardcover R600 R544 Discovery Miles 5 440
Research Anthology on Big Data…
Information R Management Association Hardcover R15,738 Discovery Miles 157 380
Contemporary issues in Administrative…
Dalinda Prinsloo Paperback R552 R522 Discovery Miles 5 220
Die Verevrou
Jan van Tonder Paperback R385 R344 Discovery Miles 3 440
Risk and Systems - With Applications in…
David G. Carmichael Hardcover R4,071 Discovery Miles 40 710

 

Partners