![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Biography
Twee vroue, een uit Nederland en die ander een uit die Vrystaatse Goudvelde, ontmoet mekaar in 'n hospitaalsaal in Bloemfontein. Vyftig jaar later vertel Hester die storie van hoe die lewe hulle gevorm het as verpleegsters, gemeenskapswerkers, bakkers en kunstenaars.In hierdie memorie vertel Hester van der Walt van die sleutel oomblikke in haar lewe wat haar daartoe gedryf het om kulturele en etniese grense oor te steek om sodoende uit te vind wie sy werklik is. Haar besluite neem haar vanaf die Vrystaat na Distrik Ses en Venda, na Nederland en die Verenigde Koninkryk, na Heideveld en Hanover Park en uiteindelik na McGregor. Haar nederige storie vertel van die geestelike isolasie van alle "vlugtelinge" wat die onversoenbare waardes van hulle "tuiste" (hetsy fisies of idologies) verlaat en nuwe maniere moet vind om 'n lewe te skep. Dit vertel ook van die wonder om 'n metgesel langs die pad te vind.
'n Biografie van die bekroonde skrywer Jeanne Goosen, met foto's, briewe en bydraes van vriende wat vertel hoe hulle dié ikoniese figuur ken. Die skrywer, Petrovna Metelerkamp, is die 2019-wenner van die ATKV-Veertjie vir nie-fiksie vir Ingrid Jonker - 'n Biografie. Die boek bevat materiaal wat voorheen ontoeganklik was en beloof om ure se leesgenot te verskaf aan die duisende aanhangers van die digter-dramaturg en skrywer van Ons is nie almal so nie.
Dirk Ligter is na bewering in 1860 op ’n plaas in die Tankwa-Karoo gebore. Hy het die naam “die Robin Hood van die Tankwa” gekry omdat hy dikwels by boere wat glo nie hulle werkers goed behandel het nie, skaap gesteel en geslag het om vir die betrokke boer se werkers te gee en vir homself ook ’n gedeelte te hou. Sy vuurtjie het gereeld hoog in ’n berghang gebrand, waar hy vleis gaargemaak en oornag het, maar hy is nooit deur die polisie daar vasgetrek nie. Die verhale oor hierdie legendariese skaapslagter met sy blikkitaar het danksy Boerneef en die toegewyde navorsing van Joe Dauth bewaar gebly.
Die Suid-Kaapse Agulhas-kus is ongetwyfeld besaai met stories en legendes oor die tientalle skeepsrampe wat hulle aan hierdie gevaarlikste deel van die ganse Suid-Afrikaanse kuslyn afgespeel het. Met hierdie besonderse boekstawing deur Jeanette Grobbelaar word hierdie boeiende verhale nie net byeengebring nie, maar word dit ook op só ‘n manier aangebied dat jy dié boek eenvoudig nie neer wíl sit nie.
Hierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar ontvoer het. Ina: Verhaal Van Genade En Genesing is die merkwaardige verhaal van ’n oorwinnaar, ’n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers. Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is. Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.
Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie. In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het – daar is neusoptrekkerige kelners, statige hertoginne, etlike botsings met die berugte Franse burokrasie en natuurlike talle faux pas in sy gebrekkige Frans. Om die vervalle château saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier, in ’n boetiekhotel te omskep het groot geduld en uithouvermoë geverg. Talle lesse is op die harde manier geleer. Een daarvan is dat vier verwarmers geensins genoeg is om ’n hele château te verhit nie en dit sal jou dae lank sonder elektrisiteit laat. Louis vertel ook van kaskenades met hulle gaste en hul eie avonture soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur aan. Hy vermeng stories oor hul lewe in Frankryk met brokkies geskiedenis en fassinerende inligting oor eg Franse tradisies. Dit is ’n moet vir Frankofiele!
Hierdie boek het ontstaan as 'n verhaal oor die lewe van 'n besonderse mens: David Samaai. Maar baie gou besef jy dat dit eintlik 'n boek oor 'n baie besonderse familie, die Samaai-familie woonagtig in Paarl, is. Davy Samaai was 'n legendariese tennisspeler, 'n begaafde musikant, 'n inspirerende skoolhoof of hardwerkende onderwyser. Hy het ook met sy voorbeeld gelei.
Toe Lanie van Reenen haar hoogs suksesvolle gastehuis in Kaapstad verkoop en al haar energie in ‘n kasteel in Aubusson ingooi het ieder en elk met ‘n gesonde verstand haar daarteen gewaarsku. Maar Lanie was besiel. Sy en haar vennote het die Franse chateau liefderyk restoureer tot die beste boutiek hotel in die streek. Die opening van die hotel val egter saam met tragedie... Dis wanneer dit voel asof alles inmekaarval, dat sy gaan sit en haar storie begin neerskryf, ter heling en van die begin af : die eksistensiele krisis van haar jong volwasse jare, haar huwelik met Michael en die hartseer einde daarvan, haar proses van self-aktualisasering wat al hoe groter en meer ambisieuse projekte insluit. C’est la Vie is die inspirerende memoires van ‘n vrou wat ten spyte van terugslae haar eie pad met energie en passie baan. Deernisvol, by tye roerend en soms skreeusnaaks - altyd vol lewensvreugde. Hierdie bygewerkte heruitgawe van C'est la Vie val saam met die verskyning van Net Mooi Fine, Lanie van Reenen se nuwe boek waarin sy die storie van 'n vrou en haar chateau klaar vertel en haar lesers verder neem op haar alleen avontuur...
Hel Toe En Terug vertel die geskiedenis van die oorlog binne die bestek van minder as 170 bladsye en is ingedeel in agt afdelings, elk toegelig met uitsonderlike foto's en toepaslike kaarte. Een afdeling word in die besonder gewy aan Suid-Afrika se deelname aan die oorlog. Die Groot Oorlog (1914-1918), soos wat die Eerste Wêreldoorlog oorspronklik bekend gestaan het, was waarlik in elke opsig enorm. Nie net het dit tot die dood van nagenoeg tien miljoen soldate gelei nie, dit was tot in daardie stadium ook die omvangrykste oorlog waarby sowat 80 miljoen mense van verskeie lande betrek is. Boonop is nagenoeg 9 miljoen mense permanent vermink, 12 miljoen is ernstig gewond en byna 8 miljoen is krygsgevange geneem. Louis Scott, 'n historikus en bekende inwoner van Polokwane, se boek oor dié oorlog, Hel Toe En Terug: Die Eerste Wêreldoorlog, 'n honderd jaar later, het pas verskyn - betyds vir die honderdjarige herdenking van dié verwoestende oorlog. Dit bied vir die eerste keer in Afrikaans 'n omvattende geskiedenis van dié oorlog.
Twaalf ongelooflike vroue wat ’n verskil maak tussen die bendes, die werkloosheid en die koeëls. Atlantis is steeds die verlore stad, maar hierdie twaalf vroue se verhale inspireer. Hulle het besluit om nie moed op te gee nie. Hulle stories is dié van moed, optimisme en inspirasie. Dit is ’n moetlees vir almal wat glo dat liefde en geloof ’n verskil kán maak. Atlantis aan die Weskus was die breinkind van ’n vorige regering se “desentralisasiebeleid” – maar is tans die toonvenster van ontheemding. Uit hierdie wanhoop, brand dié twaalf vroue se stories soos fakkelligte in ’n lang, donker nag. Hulle is: Francis Brown, Mary-Ann Cedras, Chrissie Cloete, Mandy Jonker, Christine Lewis, Sylvia Losper, Lenie Maya, Carol Muller, Sillene Oppel, Olivia Pharo, Mary Tenggren en Rachael Watson.
Daar is reeds baie navorsing gedoen en ‘n groot aantal publikasies het verskyn oor die geskiedenis van die Verenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) se tyd aan die Kaap. Nogtans het baie kundiges ‘n behoefte aan ‘n gesaghebbende publikasie wat die VOC se bewindstyd aan die Kaap volledig sou behandel, geidentifiseer. 'n Motivering was 'n nuwe belangstelling in die Kompanjiesgeskiedenis en heelwat aspekte van die VOC se verbintenis met Suid-Afrika wat nog nie in die historiografie neerslag gevind het nie. Sewentien medewerkers, wat elkeen ‘n deskundige op sy of haar besondere terrein is, is gewerf. Aspekte wat bespreek word, is die ontdekking van die seeroetes na die Ooste en die Amerikas teen die einde van die 16de eeu en die interafhanklikheid wat daardeur tussen Europa, die Ooste en die Amerikas ontstaan het. Dit het ook in Nederland neerslag gevind met die ontstaan van die VOC in 1602 en die groei van sy Oosterse handelsryk in die 17de eeu, wat dit die eerste groot internasionale handelsmaatskappy gemaak het. Daarna word die maatskappy se geleidelike agteruitgang en sy uiteindelike ondergang aan die einde van die 18de eeu geskets. Daar word gefokus op die rol wat die Kaapse diensstasie in die VOC se Oosterse handel gespeel het, die Kaapse bestuursinstellings en owerheidsdienste word bespreek en aandag word gegee aan die verdediging van die Kaap – die strategiese waarde van die Kaap en die verdedigingstelsel om dit te beskerm, die verdediging teen ‘n buitelandse bedreiging en die bekamping van binnelandse bedreigings. Laastens word die regspraak, gesondheidsdienste en onderwys volledig behandel. Daar is ook 'n fokus op die verskillende bevolkings-, kulturele of beroepsgroepe aan die Kaap, te wete die Khoisan, die Kompanjiesamptenare, die vryburgers, die slawe en die gemengde of “bruin” bevolkingsgroep. Ten slotte is daar 'n samevattende oorsig op die geskiedkundige nalatenskap van die VOC se teenwoordigheid aan die Kaap op die ontstaan en ontwikkeling van Suid-Afrika soos ons dit vandag ken.
Meer as ’n honderd jaar na die laaste skote in die Anglo-Boereoorlog geklap het, word genl. Christiaan de Wet steeds bewonder as onverbiddelike bittereinder, die held wat tot die einde toe volhard het. Sy jonger broer, Piet, word onthou as die joiner. In Broedertwis probeer Albert Blake verstaan waarom hulle lynreg in stryd met mekaar gekom het. Wie was reg? Christiaan, wat ten alle koste die vryheidstryd wou voer, of Piet, wat ’n einde aan die smart en lyding van die oorlog wou bring?
’n Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ’n wafferse prinses van ’n verre land deur Frankryk gereis en ’n vreeslik verleidelike padda leer ken. Omdat sy so graag in sprokies wil glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in ’n prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies werk. En wat gebeur toe? Saam met haar prins sit sy huis op in ’n Franse dorpie. Hulle gaan woon in ’n ou kliphuis in Rue de l’église – Kerkstraat. Dáároor skryf sy in In die hart van ons huis. En wat gebeur nou? Hulle trek. En nie waarheen nie . . . Na ’n plek wat bekend staan as Plek van die Paddas. ’n Fontein Voor Ons Deur is ’n reeks stories oor ’n verhuising – ’n Franse verhuising! Maar dit is dan eintlik stories oor dit wat die hart vasmaak aan ’n huis en sy mense; ook dit waarvan jy jou moet losmaak as jy verhuis. En daardie dinge wat altyd met jou saamtrek. Een ding is seker: Of dit nou in Kerkstraat of Paddastraat is, soos Marita van der Vyver dit sien, bly die lewe ’n fontein bruisend met verrassings.
Ton Vosloo is een van die mees gerekende koerant- en sakemanne in Suid-Afrika. Gedurende sy loopbaan van sowat sestig jaar het Suid-Afrika op politieke front ’n drastiese ommekeer ondergaan: die Nasionale Party het plek gemaak vir ’n ANC-regering, wat gelei het tot transformasie op sosiale, ekonomiese en sakefront. In 1983 is Vosloo as die besturende direkteur van Naspers aangestel en het hy hom dit ten doel gestel om dié groep – wat in 1913 as mondstuk van die Nasionale Party gestig is – te vernuwe. Vosloo het die maatskappy deur diep, onstuimige waters gestuur: op ideologiese vlak was dit ’n geveg tot die dood toe met die regse Perskor-groep om die steun van Afrikaners te wen. Naspers moes ook op kommersiële vlak moderniseer. Dit het uiteindelik gelei het tot die stigting van M-Net, Suid-Afrika se eerste betaaltelevisiekanaal. In 1992 is Vosloo as voorsitter van Naspers aangestel en het Koos Bekker die pos as besturende direkteur aanvaar. Onder Bekker se leiding het Naspers belê in die Chinese internetmaatskappy Tencent, en vinnig ontwikkel tot ’n groep wat vandag finansiële belange regoor die wêreld het. Dít sou nie moontlik gewees het sonder die fondasie wat Vosloo in die vroeë tagtigs vir sodanige vernuwing gelê het nie. Oor Grense is Ton Vosloo se memoir oor sy lewe in die koerantwêreld in ’n tyd toe Naspers nog baklei het om die posisie as markleier, ’n tyd toe die koerante binne sy stal baie na aan die politici van die dag gestaan het. Met sy eiesoortige humorsin en styl as gesoute joernalis vertel Ton Vosloo die storie van Naspers en van sy uiteenlopende ervarings as koerantman en sakeleier. Ook beskikbaar in Engels as Across Boundaries
Van sy eerste dag as nasionale dienspligtige was Francois Verster in die sop weens sy ingebore rebelsheid. Hy vertel op skreeusnaakse wyse van sy basiese opleiding en lewe as troeponderwyser op Omega. Hierdie geensins verromantiseerde storie bied ’n vars hoek op die Grensoorloggenre en ’n blik op hoe Afrikanermans die nuwe Suid-Afrika beleef.
Min ander gebeurtenisse in die Suider-Afrikaanse geskiedenis het so ’n onuitwisbare indruk gelaat as die Dorslandtrek. Die populêre reisverhaalskrywer Lawrence Green het dit byvoorbeeld beskryf as “the most painful chapter in the whole history of the Afrikaner race”. Kort ná hulle aankoms op Humpata het die graaf van Mayo die Dorslandtrekkers soos volg beskryf: “Taking them all round, a finer set of men I have never seen; without doubt, during that terrible seven years’ journey it was a case of the survival of the fittest.” Die Dorslandtrek: 1874–1881 vertel die aangrypende verhaal van die ongeveer 700 persone (benewens ’n onbekende getal swart arbeiders) wat Transvaal gedurende die jare 1874 tot 1877 verlaat het en hulle in 1881 ná ’n swerftog van sewe jaar op Humpata op die hooglande van Angola gevestig het. Gedurende hulle epiese tog het ongeveer 230 blanke trekkers gesterf en ongeveer dieselfde getal na Transvaal teruggekeer. Hoewel ongeveer 130 babas gedurende die trek gebore is, het slegs ongeveer 370 persone hulle beloofde land uiteindelik bereik. Die Dorslandtrek: 1874–1881 is die eerste boek wat in amper veertig jaar oor dié onderwerp verskyn. Bestaande feite word grondig ontleed en nuwe feite word op ’n omvangryke wyse byeengebring. Die resultaat is die mees omvattende boek oor dié aangrypende gebeurtenis.
Wat beteken dit as ’n jong Afrikanerman jou beskryf as “nogals orraait”? Hoe trek jy die gehoor se aandag as die basaarpoeding hulle gemesmeraais het? En waar in die wêreld is die berugte Pomona Spur? In dié piepie-jou-nat-van-die-lag memoire verklap Schalk – en sy soortvan-bestuurder, Erns Grundling – die bisarre en hartroerende dinge wat hy oorgekom het op sy reise regoor die land na oral waar ’n mikrofoon en ’n gehoor hom inwag.
Jan Smuts, een van die bekendste Suid-Afrikaners van die twintigste eeu, bly 'n omstrede figuur. Was hy een van die uitstaande staatsmanne van sy tyd of dalk 'n verraaier van Afrikanerbelange en moontlik 'n rassis? In hierdie boek word generaal J.C. Smuts herwaardeer. Smuts se rol as intellektueel (onder meer vader van holisme), militere strateeg (hy het 'n leidende rol tydens drie oorloe gespeel), politikus (vir 'n halwe eeu in die "era van die generaals" was hy prominent) en staatsman (hy was 'n dryfkrag agter die vorming van die Unie van Suid-Afrika, die Britse Statebond, die Volkebond en die Verenigde Nasies) word beoordeel. Altesaam 20 outeurs het help skryf. Soos Paul Kruger aan die einde van die 19de eeu en Nelson Mandela aan die einde van die 20ste eeu, het Jan Smuts in die eerste helfte van die 20ste eeu bo sy tydgenote uitgetroon as 'n leier van buitengewone formaat. Sy staatsmanskap is internasionaal gehuldig. Tog het die NP- en ANC-regerings sy bydraes vir dekades lank onderspeel, omdat dit nie hul Afrikaner- en swart nasionalistiese weergawes van die Suid-Afrikaanse geskiedenis onderskraag het nie. Dit was hoofsaaklik Engelssprekende skrywers, Suid-Afrikaners en buitelanders, wat Smuts se gedagtenis in stand gehou het. 'n Herwaardering van Smuts vanuit 'n Afrikaanse gesigspunt sal dus 'n leemte in die literatuur oor die geskiedenis van Suid-Afrika in die eerste helfte van die 20ste eeu vul. Vandag het ons 'n beter perspektief op sy bydraes binne die historiese konteks van sy tyd. Nuwe getuienis wat voortdurend aan die lig kom, maak dit ook moontlik om 'n meer ingeligte opinie te formuleer oor vrae rondom Smuts.
Die legendariese Wit Boesman, Peter Stark, skryf onderhoudend oor sy belewenisse in die destydse Duits-Suidwes-Afrika. Eers as plaasbestuurder en leeuvanger van formaat (wat Natuurbewaring by Etosha grys hare gegee het) en later self as natuurbewaarder, het hy ’n formidabele kennis van die veld, die San, die wild en die mense opgedoen. Hierdie kennis spreek mee in die staaltjies en verhale oor sy ervarings, opgeskryf in die gesellige trant eie aan Namibie. Peter Stark is in Duits-Suidwes-Afrika (vandag Namibie) gebore en was vir baie jare natuurbewaarder in die Okaukuejo-omgewing. As ware seun van die veld het Peter hom onderskei as onverskrokke grootwildjagter, uitnemende ruiter en spoorsnyer van formaat. Hy het in 1974 by die destydse Suid-Afrikaanse Weermag aangesluit as kommandant in die rykunsvleuel, waar hy 'n enorme bydrae gelewer het tot die opleiding van ruiters. Vandag woon op die plaas Vogelsang naby Ventersdorp.
Dit het die land geruk, die wêreld geboei en sal in die geskiedenis bekendstaan as die opspraakwekkendste hofsaak tot nog toe in Suid-Afrika. Oscar Pistorius se moordverhoor is die storie van die dekade. Dis ’n liefdesverhaal wat ’n misdaadriller geword het, ’n sprokie wat in bloed geëindig het. En dís hoe Marida Fitzpatrick die verhaal vertel. Sy weef die skrikwekkende gebeure van daardie noodlottige nag en die mees dramatiese hoofstukke van die verhoor op só ’n manier ineen dat dit soos ’n spanningsverhaal lees. Tussendeur dié boeiende vertelling is uittreksels uit onderhoude wat Fitzpatrick met van die betrokkenes se naastes gevoer het. Saam met al die menslike vertellings verskyn daar ook ’n interessante ontrafeling van die tegniese aspekte van die verhoor: Wat het die ballistiek, die getuienis oor die gille en Oscar se twee verwere uiteindelik vir hom beteken? Dit word alles geïllustreer met treffende foto’s wat op die toneel geneem is en grafiese voorstellings. Die Staat vs. Oscar is ’n fassinerende storie wat nie net al die legkaartstukke van die Oscar-raaisel in plek laat val nie, maar deurentyd aangryp en meesleur.
Ethienne reynecke se ongelooflike verhaal. In 2018 het die doodsengel drie keer aan die oudrugbyspeler Ethienne Reynecke se deur geklop. Hy het geweier om oop te maak – toe sy milt bars, toe hy ’n beroerte gehad het en toe hy in die agterkop geskiet is. Boonop, ná ’n egskeiding daardie jaar, het sy twee liefingdogters na ’n ander stad verhuis. Die noodlot het sy spraakvermoë gesteel en hom sy werk as kommentator by SuperSport gekos. Dit het hom, soos Reynecke dit stel, in ’n pampoen verander. Maar het hy geweier om bes te gee. Minder as twee jaar later, in Maart 2020, word Reynecke die Suid-Afrikaanse ligswaargewig-amateurkampioen in gemengde gevegskuns (MMA). Hierdie is die storie van hoe Ethienne Reynecke dit reggekry het om staande te bly en vas te klou aan hoop waar wanhoop ander sou meesleur.
Springbokkaptein, predikant, filosoof, ambassadeur, kabinetsminister, wêreldreisiger, kunsliefhebber, gesinsman. Dit was en ís die wêreld van dr. Dawie de Villiers, een van Suid-Afrika se ikone wat sy land dekades lank op vele terreine met groot onderskeiding gedien het. Hierdie boeiende lewensverhaal neem lesers op ’n merkwaardige lewenspad deur Suid-Afrika se sport- en politieke geskiedenis. De Villiers se jeugjare in ’n polities georiënteerde gesin, sy vinnige opgang vanuit sy geliefde Stellenbosch Rugbyklub tot in die Springbokspan, sy moeilike pad met sportbeserings en die soet en suur van Springbok-wees is maar enkele aspekte van dié lekkerlees-ervaring. Hy vertel van sy betrokkenheid in die politiek as ’n ywerige waarnemer van onder andere die bekende filosoof, prof. Johan Degenaar; sy opwindende lewe as ambassadeur in Londen; as kabinetsminister onder P.W. Botha, F.W. de Klerk en Nelson Mandela; die Kodesa-onderhandelinge en die oorgang na demokrasie; en uiteindelik ’n reeks verrykende reise oor die wêreld as adjunk-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se World Tourism Organization (UNWTO). My lewensreis is ’n belangrike bydrae om die rol te beskryf van Afrikanerleiers wat uit die rigiede denkskema van apartheid ontsnap het, wat vanweë morele oortuigings én hulle bevoegdhede ’n nuwe Suid-Afrika help skep het.
Toe Vivian op 16-jarige ouderdom haar pa in die winkel se deur sien staan met sy hoed in sy hand het sy geweet haar lewe gaan onkeerbaar verander – haar pa het sy werk verloor. Hulle word uit hulle huis op Paternoster gesit. Vivian dink sy is gelukkig toe die veel ouer John by die werk in haar begin belangstel. Hy belowe om vir haar gesin ’n huis op Vredenburg te kry, maar min weet sy die huis het ’n prys. Vivian word vervreem van haar familie en verval in ’n spiraal van mishandeling. Sy laat haar egter nie onderkry nie, en besluit eendag dat sy genoeg gehad het. Sy begin haar lewe van voor af bou. Vivian het ’n kop vir besigheid, en ná verskeie poste besluit sy om haar eie wynbesigheid te begin. Nou, jare later, het sy haar eerste oes afgehaal en word die wyn na Wallmart uitgevoer. Vivian se verhaal is een van hoop, passie, deursettingsvermoë en die wete dat God daar is, al lyk die omstandighede hoe sleg.
‘Met die middagson kom die lugspieëlings wat aan die vallei sy naam gegee het: Deception Valley. Dan skuil alles wat asemhaal in die koelte van ’n matjarra, rug na die wind gedraai. In die lang geelwit gras lê die leeus uitgestrek en slaap. Net die vlakvarke draf stertorent nader vir ’n modderbad.’ Annelize Slabbert was ’n joernalis in Johannesburg en haar man, Gerard, ’n apteker. Stedelinge. Toe word hulle moeg vir die lewe in die stad, die spitsverkeer, die gebrek aan stilte en sterre. En hulle volg die krom wandelpad na Die Droom van ’n landelike idille met skape en groen gras. Tot, uiteindelik, in die son en sand van die Sentraal-Kalahari in Botswana waar hulle ’n vierster-lodge bestuur. Wat kan dan nou verkeerd loop? 'n Ware verhaal, uitstekend vertel, skreeusnaaks en aangrypend.
Al is die Nobelpryswenner J.M. Coetzee wereldwyd as romanskrywer en letterkundige bekend, was daar nog geen omvattende biografie oor hom nie. Vir J.M. Coetzee: 'n Geskryfde Lewe het J.C. Kannemeyer, wat veral vir sy Afrikaanse literatuurgeskiedenis in twee dele asook verskeie biografiee van Afrikaanse skrywers bekend is, die samewerking van Coetzee self gehad. Coetzee het onderhoude aan hom toegestaan, en Kannemeyer met familielede, vriende en kollegas in aanraking gebring. Coetzee het hom ook toegang tot 'n aansienlike aantal dokumente in sy private besit gegee. Voorts het Kannemeyer die geweldig omvattende literatuur oor Coetzee bestudeer en op inligting afgekom wat nie tevore ontgin is nie. Kannemeyer het hierdie biografie voor sy skielike heengaan op 25 Desember 2011 voltooi, en Michiel Heyns het dit uit Afrikaans in Engels vertaal. Die boek is 'n reis deur Coetzee se lewe, en begin met 'n ondersoek na sy geslagsregister. Daarna kom sy kinderjare in Kaapstad en Worcester onder die loep. Na 'n beskrywing van sy skooljare word sy loopbaan, van sy studentejare aan die Universiteit van Kaapstad en sy tyd as rekenaarprogrammeerder in Brittanje, uitgele. Hierna het hy sy doktorsgraad aan die Universiteit van Texas in Austin verwerf, en daarna was hy drie jaar lank 'n lektor aan die New Yorkse Staatsuniversiteit in Buffalo. Sy deelname aan vreedsame versetoptrede teen die teenwoordigheid van die polisie op die Buffalo-kampus het daarop uitgeloop dat sy aansoek om 'n visum vir verdere verblyf in daardie land geweier is, en hy moes na sy geboorteland terugkeer. Met sy terugkeer in 1971 is Coetzee as lektor in Engels aan die Universiteit van Kaapstad aangestel, en vir die volgende dertig jaar het hy 'n vermaarde akademiese loopbaan geniet. Onder meer was hy besoekende hoogleraar aan universiteite in die Verenigde State, en het hy ook talle lesings en voorlesings by 'n groot verskeidenheid konferensies en instellings gelewer. Sy eerste roman, Dusklands, het in 1974 verskyn, en is gevolg deur etlike romans wat hom as 'n vooraanstaande romanskrywer in Engels gevestig het. Vir die eerste keer openbaar hierdie biografie inligting oor 'n outeur wat nie net by uitsondering onderhoude aan joernaliste toestaan nie, maar ook baie swygsaam oor sy private lewe is. Die biograaf het 'n geleentheid gekry om talle wanopvattings wat steeds bestaan, reg te stel, en inligting te voorsien wat lig op die ontstaan en implikasies van die romans werp. Die biografie is in wese 'n onontbeerlike bron vir almal wat hulle met die werk van J.M. Coetzee bemoei. |
![]() ![]() You may like...
Hero of the Pre-War Olympiads…
Dmitry Kryakvin, Galina Petrova-Matisa
Hardcover
R719
Discovery Miles 7 190
|