![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
Drie sekondes is al wat staan tussen die persone wat se "wat ook al" en die wat se "wat ook al dit van my sal vra". Die skrywer en sielkundige onthul ses algemene impulse wat verhoed dat jy jou potensiaal bereik. Ons kan ons volle potensiaal bereik as ons leer hoe om ons eerste impulse 'n tweede kans te gee.
Leierskapkenner John C. Maxwell wys lesers in Wen met gesindheid hoe om die gesindheid van ’n wenner te ontwikkel deur hul pad na sukses oop te dink, asook hoe om hul gesindheid in hul grootste bate te omskep. Ontdek saam met Maxwell die geheim van sukses. Die praktiese boek met sy aantreklike ontwerp, luukse sagteband-omslag in Italiaanse leer en elegante kleur-drukwerk binne, help lesers om alles wat Maxwell se, op hul eie lewe van toepassing te maak.
Vir te veel mense bestaan die lewe uit die "wag op beter dae," of : "eendag wil ek nog …" Met hierdie ekskursie deur die wereld van die terminaal gesonde mens wil ek jou help om die vreugde van die lewe te ontdek, of as jy dit reeds het, jou te motiveer om jou volle potensiaal te bereik. Nee, dit is nie "agt-maklike-stappe-tot-lewenskwaliteit" nie, maar 'n eerlike kyk in die siel van iemand wat daardie keuse self gemaak het. Deur hierdie titel te lees neem jy reeds die eerste tree na 'n nuwe, energieverrykte lewe. Jy gaan die bron van onuitputlike energie ontdek en ontsluit. Niks gaan ooit weer dieselfde wees nie!
Gedurende die 4de eeu het die Kerkvaders, met voldoende konsensus, God gereduseer om in 'n bemarkbare boksie te pas, beplak met aantreklike waarheids- en bemarkingsetikette. Oor die daaropvolgende millennia is die kerk se gesag gebruik om 'n monopolie op "die waarheid" te bekom. Andersdenkendes is met letterlike en figuurlike brandstapels gedwing om die kerk se waarheid te aanvaar of op om die brandstapel te beland. Vandag ken die Westerse beskawing God net in die vorm waarin die Kerkvaders "Hom" vir ons gegiet het. Op 13 November 2003 neem die skrywer se dogter haar eie lewe en, vir hom, sterf die kerk se "God in die boks" saam met haar. Sy God was dood, maar nie sy hunkering na God nie. Hierdie titel beskryf die skrywer se pogings om buite die boks oor die waarheid en God te dink. Het God die brein geskep of het die brein God geskep? Is die mens se hunkering na God oor honderde duisende jare deur die proses van evolusie in sy gene vasgele? Is God dalk die energie waaruit die hele kosmos, selfs die mens as verdigte energie, ontstaan het en bestaan? Of is God dalk bloot 'n woord in die woordeboek? Is dit beter om te glo as om nie te glo nie? Wat glo jy? Waar sit jou God? In die laaste hoofstuk kom die skrywer tot 'n slotsom, maar kan dit 'n finale insig wees? Of is die soeke na waarheid deel van 'n deurlopende openbaringsproses.
Aan die hand van die Skrif en die praktyk toon die skrywer aan hoe God dinge in ons lewe laat gebeur. Maar hoekom maak Hy dit vir ons so moeilik om sy teenwoordigheid en sy plan raak te sien? Hierdie titel handel oor hoe om die ontwerpende hand van God en sy ingryping in ons lewe so raak te sien dat ons weet dat Hy 'n besondere doel vir elkeen van ons het, en dat Hy ons daardeur sal dra totdat ons Hom van aangesig tot aangesig kan ontmoet en onsself volkome kan leer ken. Hy toon aan hoe verskillende aspekte van die lewe saamspeel om ons telkens by die antwoord te bring.
Vyftien essays oor die gewone dinge van elke dag waarin die uitsig op God en die ontmoeting met Hom op die mees onverwagte manier na vore kom - is ook vir ons beskore. Elke mens is op die pad van die lewe. Op daardie pad gebeur meestal doodgewone dinge. Maar dit kan 'n heerlike reiservaring word as ons leer om in die gewone en bekende die uitsig op God te behou. Dan word elke dag 'n ontmoeting met die Here en met die mense om ons – en die gewone word onverwags 'n ervaring wat nooit vergeet word nie.
Hosea is 'n vreemde kerel in die Bybel. Eintlik is dit meer sy huwelik wat so vreemd is. God verwag van hom om met 'n prostituut te trou en keer op keer na haar toe terug te gaan. So word Hosea en sy vrou en kinders beeld van God se verhouding met sy bruid – ons. Ons beur die heeltyd weg en God trek ons nader na Hom toe.
Ongeag hoe vernuftig jy speel, die spel van die lewe sal tot 'n einde kom. En dan … gaan alles wat jy hier gewen het, terug in die boks. Wat kan 'n mens wen wat vir altyd sal hou? Begin met die regte doelwit – om ryk by God te wees – en leef dan met ’n ewigheidsperspektief, jou oog op die "onverganklike kroon".
Ligdans is 'n titel oor depressie. Die skryfster, 'n vrolike tydksrifjoernalis, vertel hoe sy in 'n verskrikkende, donker maalkolk van depressie beland het. Met genade van Bo, 'n diep geloof, mediese hulp en haar geliefdes se bystand kon sy mettertyd egter weer met passie begin leef. Sy verweef haar eie rou maar ook hoogs inspirerende verhaal met die vertellings van 16 ander Suid-Afrikaanse depressie-vegters wie se ouderdomme, beroepe en geloofs- en lewensfilosofiee verskil, maar almal openlik erken (sommige vir die eerste keer) dat hulle teen depressie veg. Uiteindelik word hulle klopdans van wanhoop egter 'n hoopvolle dans in die lig – maar sonder dat hier oppervlakkige en onoortuigende oplossings opgedis word.
Jy as leier het dalk 'n visie, maar is dit by jou mense ingeskerp? As visie gaan om dit wat kan en moet wees, hoekom is julle nog vasgevang in dit wat is? Die skrywer glo dat dit leiers se verantwoordelikheid is om die visie by hulle mense in te skerp. Hy vertel watter drie oorsake 'n visie laat vervaag..asook op watter drie maniere jy dit kan skerp hou.
God se genade is die teenoorgestelde van die gedrag wat my gewond het. Genade is om nie weer deur God seergemaak te word nie. Genade is om erns met my seer ernstig te maak en te begin om dit te heel. Genade is om ruimte te maak waar ek dit weer kan waag om verlore dele van my menswees te ontdek. Genade is om ruimte vir my hele menswees te skep. Genade is om nie weer, soos baie in die verlede gedoen het, vir my te se ek moet anders, beter, heiliger, volmaakter, slimmer, foutloser wees nie. Ek hoef nie die hele tyd in beheer te wees nie, want ek hoef nie die hele tyd volmaak te wees nie. Ek kan maar beheer laat gaan.
Die enkele indrukwekkendste leier in die hele geskiedenis is Jesus. Tog het Hy party kernbeginsels van leierskap verbreek! Die beginsels is gewoonlik in harmonie met dit wat die Bybel ons oor dissipelskap leer. Maar wat gemaak as die influistering van die Gees nie te rym is met die sakewereld en die kenners se beproefde wyshede oor leier-wees nie?
God se genade is die teenoorgestelde van die gedrag wat my gewond het. Genade is om nie weer deur God seergemaak te word nie. Genade is om erns met my seer ernstig te maak en te begin om dit te heel. Genade is om ruimte te maak waar ek dit weer kan waag om verlore dele van my menswees te ontdek. Genade is om ruimte vir my hele menswees te skep. Genade is om nie weer, soos baie in die verlede gedoen het, vir my te se ek moet anders, beter, heiliger, volmaakter, slimmer, foutloser wees nie. Ek hoef nie die hele tyd in beheer te wees nie, want ek hoef nie die hele tyd volmaak te wees nie. Ek kan maar beheer laat gaan.
Lesers van oraloor het besonder positief gereageer op Die vriendelike God, die Bybelse dagboek wat 'n jongdominee aan sy ouers gestuur het. Daarom is 'n verdere jaar se Bybelstudies van die groepie in "Jongdominee" se studeerkamer ook in 'n titel, Die vrolike God, saamgevat. Die vrolike God volg dieselfde patroon as sy voorganger en stel dieselfde God aan lesers voor - die Here wat sy kinders in sy arms optel, wat vriendelik na hulle toe afkyk terwyl Hy hulle dra. Ons, sy kinders, kyk op na Hom en sien hoe Hy na ons toe lag. Liefdevol, troostend, want Hy het alles in sy hande. Ook vir ons – bekommerde bondeltjies vol vrae en vrese. Die vrolike God is 'n titel wat lesers dag vir dag herinner aan die God wie se kinders nie vir Hom te swaar is om te dra nie.
|
You may like...
The Incomplete Adult - Social Class…
Edith Martindale, Margaret Lundberg
Hardcover
R1,726
Discovery Miles 17 260
Verbal Interaction and Development in…
Manfred Hofer, James Youniss, …
Hardcover
R2,047
Discovery Miles 20 470
Human Development - A Life-Span View
Jacomien Muller, Robert Kail, …
Paperback
R942
Discovery Miles 9 420
Autism Out Loud - Life With A Child On…
Kate Swenson, Carrie Cariello, …
Hardcover
Handbook of Advances in Culture and…
Michele J. Gelfand, Chi-yue Chiu, …
Hardcover
R3,938
Discovery Miles 39 380
Annals of Theoretical Psychology
Paul Van Geert, Leendert P. Mos, …
Hardcover
R4,230
Discovery Miles 42 300
Child Psychopathology
Katherine Nguyen Williams, David Wolfe, …
Paperback
|