|
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
Mense se soeke na goedkeuring neem epidemiese afmetings aan. Hulle
voortdurende behoefte om ander tevrede te stel spruit uit gevoelens
van onsekerheid en lae selfagting. Dit oorheers mettertyd hulle
hele lewe. Joyce Meyer deel drie verreikende stappe om hierdie
verslawing te oorkom: Aanvaar wie jy is; Vat jou verslawings vas,
en; Breek los uit ou gedragspatrone. Sy deel uit haar eie ervaring
hoe sy reggekry het om uit te vind wie sy werklik is, haar
selfbeeld te verander en haarself te leer liefkry. Sy stip ook uit
hoe om gevoelens van skuld, woede, onvergewensgesindheid en
verwerping te hanteer, en hoe om jou selfagting te grond op jou
identiteit in God, en nie op ander mense se opinie van jou nie.
Hierdie boek is geskryf in dieselfde dinamiese styl as ander Joyce
Meyer-topverkopers soos Sewe dinge wat jou vreugde steel, Ontmoet
God elke oggend en Eindig jou dag met God.
In die boek wat ’n ‘nuwe paradigma vir kerkwees geskep het’, gee Rick Warren ’n volledige oorsig van hoe die kerk sy rol in die moderne samelewing moet vol staan.
Deur te kyk na die kerk se vyf Nuwe Testamentiese doelwitte, vang hy die essensie van die hedendaagse kerk se taak vas en wys hy watter vrug groei ten opsigte van die vyf doelwitte meebring: gemeensaamheid bring warmte; dissipelskap bring diepte; aanbidding bring krag; bediening bring invloed, en evangelisasie bring groei.
Hierdie bekroonde boek verskaf al die Bybelse beginsels, strategieë en praktiese wenke om blakend gesonde, blywend groeiende kerke tot stand te bring. Dit verskuif die fokus van gemeentebouprogramme na die opbou van lidmate sodat kerke doelgerig hul doelwitte kan verwesenlik.
'n Mens sou kon se dat daar vandag 'n soort "stille krisis" in kerk
geledere sluimer. Te midde van indringende bevraagtekening van
bybelwaarhede is die gewone kerklidmaat op homself aangewese om
antwoorde te soek. Dit is in die lig dat hierdie werk van die
skrywer gesien moet word. Hierdie titel is van aktuele belang en
kan aanbeveel word by almal wat na die waarheid soek.
Mense soos ons, ’n geloof soos Syne vertel die verhale van gewone mense wie se geloof in ongewone en dikwels moeilike omstandighede na vore kom. Hierdie mense is nie die Billy Grahams van hierdie wêreld nie, maar is doodgewone mense – ’n ma, ’n huisvrou, ’n verpleegster, ’n bankklerk – wie se geloof gegroei het weens die probleme wat hulle in hul lewens teëgekom het. Al hierdie mense het die lewens van ander beïnvloed toe hul geloof hulle opgewasse vir die taak gemaak het – om ’n aanvaller te vergewe, om krag te kry ongeag die aftakeling van serebrale verlamming, om liefde te kies waar rassediskriminasie dit moeilik gemaak het – en om te midde van die soeke te besef dat God self die antwoord op alle vrae is.
As God my liefhet, waarom het my kind gesterf? As die lewe veronderstel is om wonderlik te wees, waarom voel ek so ongelukkig? As God my gebede hoor, waarom is ek steeds enkellopend? As God aan die stuur van die wêreld is, waarom is die lewe so wreed? Wanneer ons swaar kry en dit lyk of alles of almal teen ons draai, is dit bloot menslik om te wonder: Waar is God? Sal Hy my help? Is Hy getrou? Kan ek sy beloftes glo? Op al hierdie vrae antwoord Sheila Walsh dawerend: Ja! Die lewe is swaar, maar God is getrou. Hierdie boek gee ’n kykie in die harte van mense wat ontdek het hoe om teenspoed te oorwin. Sheila put inspirasie uit die Bybelboek Job en noem agt belangrike keuses wat ons moet doen om moeilike tye te bowe te kom. Sy lig hierdie keuses toe met voorbeelde uit haar eie lewe en dié van talle ander Christene wat ervaar het dat God deur hartseer en kwelling heen getrou bly.Die lewe is swaar, maar God is getrou bied ’n bemoedigende blik op wie God is, hoeveel Hy ons liefhet, hoe Hy deur ons keuses in ons wil werk. Hierdie eerlike ondersoek na ons ingesteldheid in moeilike tye wys opnuut dat God liefdevol, almagtig en vergewensgesind is.
Is jy al ooit deur ’n Christen in die steek gelaat? Het ‘n Christenleier jou al diep seergemaak? Is jy ontnugter deur die kerk? Ongelukkig is die antwoord op hierdie vrae alte dikwels ja. Kan die wonde wat toegedien is, genees word? Kan die kerk verander? Die antwoord hierop is gelukkig ook ’n onomwonde ja. Dave Burchet wys hoe ’n nuwe benadering ons getuienis aan die wêreld kan verander. En hierdie uitdaging word aan die adres van elkeen wat al ooit deur ’n Christen seergemaak is én die gelowiges wat die wonde toegedien het, gerig.
|
|