0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (23)
  • R50 - R100 (46)
  • R100 - R250 (223)
  • R250 - R500 (144)
  • R500+ (36)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Christelike Publikasies

Bybeltyd (Afrikaans, Paperback): Jeannine van den Berg Bybeltyd (Afrikaans, Paperback)
Jeannine van den Berg
R358 Discovery Miles 3 580 Ships in 2 - 4 working days
Die Evangelie Van Thomas (Afrikaans, Hardcover): Piet Muller Die Evangelie Van Thomas (Afrikaans, Hardcover)
Piet Muller; Translated by Piet Muller
R21 Discovery Miles 210 Ships in 4 - 8 working days

Die Evangelie van Thomas is deel van die geskrifte wat in 1945 naby die Egiptiese dorp Nag Hammadi ontdek is deur ’n paar kleinboere wat besig was om vir bemestingstof te grawe. Die teks bevat gesegdes van Jesus waarvan maar sowat veertig persent ook in die drie sinoptiese Evangelies (Matteus, Markus en Lukas) voorkom – en dit is daarom 'n besonder interessante geskrif om naas die Bybel te bestudeer. Voor die ontdekking van die Nag Hammadi-geskrifte en die ontdekking van ’n volledige Koptiese teks (die ou Egiptiese taal, wat sedert die dae van die Ptolemeiese koningshuis met Griekse letters geskryf is) is 'n paar flentertjies papirus met dele van hierdie Evangelie in Grieks op 'n ashoop by Oxyrynchus in Egipte gevind. Hierdie tekste sowel as fragmente van die Matteus-evangelie is die oudste Christelike dokumente wat ooit gevind is.

Kom Saam - Wysheid vir jou lewe (Afrikaans, Paperback): Sonja Goldberg Kom Saam - Wysheid vir jou lewe (Afrikaans, Paperback)
Sonja Goldberg
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kom saam: Wysheid vir jou lewensreis is die tweede boek in die gewilde Kom Saam-reeks van dagstukkies deur Sonja Goldberg en die opvolg van die eerste boek, Kom saam: Inspirasie vir jou lewensreis. Hierdie besonderse dagstukkies is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis deur die laag- en hoogtepunte van elke dag.

Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en vrese. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge?

Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde gereed hê oor die lewe vir onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike- en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise – en ons betroubare, drie-enige God.

Hierdie dagstukkies nooi jou uit om teen jou eie pas Jesus Christus beter te leer ken, om te begryp hoe innig God jou lief het, en hoe naby Hy langs jou stap op jou lewenspad.

Koning se Wingerd (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe): F.A. Venter Koning se Wingerd (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe)
F.A. Venter
R375 R352 Discovery Miles 3 520 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Moet Agab getrou bly aan die ou lsraelitiese waardes, of kan hy sy vrou volg die afvallige tydsgees in? Teenoor lsebel staan die profetiese figuur van Elia - wat die droogte oor Israel voorspel, die profete van Baal in 'n tweestryd op Karmelberg verneder, en uiteindelik die finale doemwoord oor Agab en sy huis uitspreek. Daar is ook die verhaal van Nabot,wat nie bereid om te erken dat God die God van alle mense is nie. En van die liefde van Johanan vir Ada, die dogter van hul dienskneg.

'n Reenboog deur my trane (Afrikaans, Paperback, 4th ed): Solly Ozrovech 'n Reenboog deur my trane (Afrikaans, Paperback, 4th ed)
Solly Ozrovech
R195 R183 Discovery Miles 1 830 Save R12 (6%) Ships in 4 - 8 working days

’n Reenboog deur my trane is ’n bron van ryke troos en bemoediging vir enigeen wat treur oor die verlies van ’n geliefde en wat genesing soek vir hulle verskeurde harte. Dit bied 31 dagstukkies, gebede en inspirerende aanhalings wat God se vertroosting in onstuimige tyde met die leser deel, asook ’n lys van beloftes uit die Bybel vir spesifieke behoeftes in tye van nood.

Die Net Is Gebreek - Gebed, Die Weg Na Vrede En Vervulling (Afrikaans, Paperback): Chris van der Merwe Die Net Is Gebreek - Gebed, Die Weg Na Vrede En Vervulling (Afrikaans, Paperback)
Chris van der Merwe
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die meeste mense beland die een of ander tyd in ’n net van ellende. Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar. Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee. Jy het die moed verloor om aan te hou lewe.

In die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van ’n net wat inderdaad gebreek het: Met die sterwe van Jesus is die toegang tot God vry gemaak vir almal. Die prys vir die skuld van die mensdom is betaal, sodat alle mense God te alle tye met vrymoedigheid kan nader. Die blydskap oor die gebreekte vangnet kan egter slegs ervaar word deur diegene wat weet van die net wat hulle gevange hou en waaruit hulle nie self kan ontsnap nie.

Alleen die nederige persoon kan opreg bid, en nederigheid is ook die gevolg van ’n gesonde gebedslewe.

Kragtige Gebed Deur God se Woord Gebedeboek (Afrikaans, Paperback): Stormie Omartian Kragtige Gebed Deur God se Woord Gebedeboek (Afrikaans, Paperback)
Stormie Omartian
R39 R36 Discovery Miles 360 Save R3 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Stormie Omartian se boeke het al baie mense se lewens aangeraak en hulle gehelp om die krag van gebed te ervaar. Die hartroerende en kragtige gebede in Kragtige gebed deur God se Woord – Gebedeboek is saamgestel uit haar boek Kragtige gebed deur God se Woord.

Lesers sal deur hierdie boek God se stem en leiding ervaar van Genesis deur die Ou Testament tot by Jesus se lewe saam met die dissipels in die Nuwe Testament. Elke gebed van Stormie bring vir die lesers beskerming, persoonlike leiding en krag uit die Skrif en gee vir hulle bemoediging om elke dag vir God te leef. Hierdie handige boekie in sakpas-formaat is ideaal om mee te reis, in ’n handsak of tas te sit of om langs die bed te hou om soggens en saans daaruit te lees.

Kragtige gebed deur God se Woord – Gebedeboek is ’n wonderlike geskenk vir elke gelowige.

Die Oorkantste Oewer - Spiritualiteit Anderkant Godsdiens (Afrikaans, Paperback): Abel Pienaar, Flip Schutte Die Oorkantste Oewer - Spiritualiteit Anderkant Godsdiens (Afrikaans, Paperback)
Abel Pienaar, Flip Schutte
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie nuwe wêreld van kwantumfisika kan ons eenvoudig nie meer na die lewe kyk met die bygelowige drieverdieping-wêreldbeeld van onder meer die Bybel en die Koran nie. Die oorkantste oewer daag tradisionele denkwyses en lewensbeskouings uit. Dit nooi die leser om saam nuwe moontlikhede te ontdek en terselfdertyd ruimte en respek aan mekaar te gun.

Die Tint Van Ons Toekoms - Padlangse Geprekke Oor Psalms (Afrikaans, Paperback): Johan Cilliers Die Tint Van Ons Toekoms - Padlangse Geprekke Oor Psalms (Afrikaans, Paperback)
Johan Cilliers
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) In Stock

Die psalmboek is ’n eeue oue bron van vertroosting. Dit verwoord ons vrese, onsekerhede, vreugde en hoop. Dit spreek tot ons met troos en verwagting en afwagting. Die psalms is hartswoorde wat uit die dankbare of gekwelde hart van mense na God opstyg.

Daar is verwondering oor die skoonheid van die skepping en die vaste patrone daarin. Daar is ook psalms wat deurdronge is van ervarings van krisis en nood. Dis ’n roepe uit ons hart na God. Daar is psalms waarin die lofliedere, dankbaarheid en hernude verwondering oor God se genade en voorsiening opklink. In Die tint van ons toekoms ondersoek Johan Cilliers die psalms as wegwysers na oordenkings oor verwonding, verwondering en verwagting met die hoop dat dit die leser op ’n nuwe weg sal plaas, ’n nuwe toekoms tegemoet.

In die psalms praat en bid, sug en sing mense hul hart voor God uit. Maar God praat daarin ook sy hart teenoor ons uit. In ’n sin is dit ’n gesprek van hart tot hart. Dis God wat ons uit die skadu’s van lyding en leed, verwonding en dood uitlei en ons toekoms algaande versadig met lig.

Die Ongetemde Hart/Jy is Bekoorlik! (2-in-1) (Afrikaans, Paperback): Stasi Eldredge, John Eldredge Die Ongetemde Hart/Jy is Bekoorlik! (2-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Stasi Eldredge, John Eldredge
R270 Discovery Miles 2 700 Ships in 2 - 4 working days

God se hart oor man-en vrouwees beskryf.

Die twee topverkoperboeke wat God se hart oor man- en vrouwees beskryf, Die ongetemde hart deur John Eldredge en Jy is bekoorlik deur John en Stasi Eldredge, is nou vir die eerste keer in Afrikaans in een volume beskikbaar.

Die ongetemde hart is sonder twyfel die belangrikste boek vir Christenmans wat die afgelope dekade verskyn het. Sedert die verskyning van Wild at Heart in 2002 en Wild at Heart (revised edition) in 2011, is daar al ver oor ’n miljoen eksemplare verkoop.

John Eldredge hou ’n totaal nuwe benadering tot manwees voor. Hy skryf nie ideale gedragspatrone vir Christenmans voor nie, maar nooi hulle op ’n verkenningstog om hulle Godgegewe, ongetemde aard te ontdek.

In Jy is bekoorlik wys John en Stasi Eldredge waarvoor God die vrou oorspronklik geskep het, en hoe haar hart herstel kan word om die vryheid, krag en skoonheid te beleef wat vir haar bestem is. Hulle kyk ook na die drie begeertes van ’n vrou: ’n avontuur

• om te deel

• om mooi te wees

• om bemin te word.

Goeie Werke Of God - Onderskei Wanneer Goeie Werke in God se Wil is of nie (Afrikaans, Paperback): John Bevere Goeie Werke Of God - Onderskei Wanneer Goeie Werke in God se Wil is of nie (Afrikaans, Paperback)
John Bevere
R281 Discovery Miles 2 810 Ships in 2 - 4 working days

Dit wil voorkom of die terme “goed” en “God” deesdae sinoniem is. Ons glo dat dit wat oor die algemeen as goed beskou word, in lyn met God se wil moet wees. Vrygewigheid, nederigheid, geregtigheid – goed. Selfsugtigheid, arrogansie, wreedheid – boos.

Die onderskeid blyk tog duidelik te wees. Maar is dit al wat dit behels?

Indien “goed” dan so voor die hand liggend is, hoekom sê die Bybel dan dat ons onderskeidingsvermoë moet hê om dit te identifiseer? Goeie werke of God? is nie net nóg ’n selfhelp-boodskap nie. Hierdie boek sal baie meer doen as om jou te vra om jou gedrag en gesindheid te verander. Dit sal jou in staat stel om op so ’n vlak met God te kommunikeer dat dit elke aspek van jou lewe sal verander.

101 Gebede Vir Vroue (Afrikaans, Hardcover): 101 Gebede Vir Vroue (Afrikaans, Hardcover)
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 2 - 4 working days

101 persoonlike gebede vir elke seisoen en situasie in ’n vrou se lewe. Hierdie sakgrootte gebedeboek bevat verskeie kort gebede oor:

• Temas soos vreugde, seerkry, eensaamheid, danksegging en leiding;

• Verskillende persoonlike situasies, soos bv. siekte, finansiële probleme, afdanking, ’n nuwe baba en vele ander situasies wat op vandag se vrou van toepassing is;

• Verskillende mense soos ‘my tiener’, ‘my man’, ‘my kind wat oorsee werk’; en

• Temas rondom jou verhouding met God, bv. gehoorsaamheid, liefde vir God, vergifnis en versoening.

Ook ingesluit is ’n gepaste Bybelvers by elke gebed en ’n alfabetiese indeks vir maklike opsoek. Die grootte maak dit gerieflik om oral met jou saam te dra.

Lewensgids vir Vroue (Afrikaans, Paperback): Alette-Johanni Winckler Lewensgids vir Vroue (Afrikaans, Paperback)
Alette-Johanni Winckler
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lewensgids vir vroue, Aletté-Johanni se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by vroue van alle ouderdomme sal vind.

Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord sê oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in vroue se daaglikse lewens. Aletté-Johanni gesels met die leser soos ’n goeie, wyse vriendin. Die inhoud bied die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat vroue se hedendaagse leefstyl, verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van vrouwees aan.

Van die onderwerpe wat bespreek word is ‘Hoe om die beste JY te wees’, ‘Hoe om ’n goeie vriendin te wees’, ‘Hoe om ’n goeie jong student te wees’, ‘Hoe om die beste vrou te wees’, ‘Hoe om die beste ma te wees vir babas/kleuters/laerskool kinders/tieners’, ‘Hoe om sosiale media te benader’, ‘Hoe om finansies te hanteer as individu/getroud/gesin’ en vele meer.

Ontmoet Die Heilige Gees - 'n Interaktiewe Studie van die Persoon van die Heilige Gees (Afrikaans, Paperback): John Bevere Ontmoet Die Heilige Gees - 'n Interaktiewe Studie van die Persoon van die Heilige Gees (Afrikaans, Paperback)
John Bevere
R232 Discovery Miles 2 320 Ships in 2 - 4 working days

Die Heilige Gees word dikwels misverstaan, en baie mense het geen idee Wie Hy regtig is en hoe Hy Homself aan ons openbaar nie. Die Heilige Gees word dikwels as ’n “vreemde verskynsel” uitgebeeld. Die Bybel maak dit egter duidelik dat die Gees nie iets is nie, maar iemand – ’n Persoon wat belowe het om jou nooit te verlaat nie. In Ontmoet die Heilige Gees nooi John Bevere jou om die Persoon en werk van die Heilige Gees te ontdek.

Hierdie interaktiewe boek is veeldoelig – deels boek, deels Bybel studie, deels groepstudie – en bevat vyf hoofstukke wat die volgende bespreek:

• Wie is die Heilige Gees?

• Die persoonlikheid van die Heilige Gees

• Ons verhouding met die Heilige Gees

• Hoe ons bekragtig word deur die Heilige Gees

• Die taal van die Heilige Gees

Elke hoofstuk is opgedeel in vyf voorgestelde leesstukke met ooreenstemmende Bybelstudies aan die einde van die hoofstuk en ’n afdeling met besprekingsvrae vir groepstudie. Dit bevat ook ’n bonus-hoofstuk met ’n diepgaande vraag en antwoord-gesprek waarin van die moeilikste vrae oor die Heilige Gees beantwoord word.

Lewensgids vir Mans (Afrikaans, Paperback): Heinz Winckler Lewensgids vir Mans (Afrikaans, Paperback)
Heinz Winckler
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lewensgids vir mans, Heinz Winckler se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by mans van alle ouderdomme sal vind.

Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord sê oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in mans se daaglikse lewens. Heinz gesels met die leser soos ’n goeie, wyse vriend. Die inhoud bied die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat mans se hedendaagse leefstyl, verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van manwees aan.

Van die onderwerpe wat bespreek word is ‘Hoe om die beste JY te wees’, ‘Hoe om ’n goeie vriend te wees’, ‘Hoe om ’n goeie jong student te wees’, ‘Hoe om die beste getroude man te wees’, ‘Hoe om ’n goeie pa te wees, ‘Hoe om sosiale media te benader’, ‘Hoe om finansies te hanteer as individu/getroud/gesin’ en vele meer.

Die Bybelse Vas (Afrikaans, Paperback): Ilse Roux Die Bybelse Vas (Afrikaans, Paperback)
Ilse Roux
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die Bybelse vas is ’n omvattende studie en eietydse uiteensetting van hoe die Bybelse vas gelowiges kan versterk in geloof en hulle verhouding met Jesus Christus verdiep.

Wanneer ons verstaan hoe om te vas en waarom ons dit doen, betree ons nuwe hoogtes van vryheid, geestelike vuur en oorwinning wat vir alle gelowiges deur Christus bewerk en beskikbaar gestel is. Die Bybelse vas ontsluit die verborge kern van geestelike gesag en berei lesers voor om meer van God in hulle daaglikse wandel te ontdek en te ontvang.

Deur doelbewus die rumoer en bedrywighede van die wêreld opsy te skuif, skep ons meer ruimte vir God, sy stem, sy Woord, sy vrede en sy herstellende teenwoordigheid. Vas is ’n geestelike gebaar van onderwerping en innerlike verootmoediging aan God se gesag en sy koninkryk wat lewensveranderinge gevolge kan hê, want wanneer ons voor God neerbuig, lig Hy ons op.

Elke kind van God is bestem om die misterie van die transformerende krag van die Bybelse vas vir daadwerklike deurbrake op elke vlak van hulle lewe te ontdek en ervaar. Die Bybelse vas is jou sleutel vir die deure na vryheid, oorwinning en ’n ongeskonde verhouding met die Drie-enige God.

Riviere in die Wildernis (Afrikaans, Paperback): Karlien van Jaarsveld Riviere in die Wildernis (Afrikaans, Paperback)
Karlien van Jaarsveld
R320 R279 Discovery Miles 2 790 Save R41 (13%) Ships in 7 - 11 working days

In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit. Daar waar sy met Hom kan gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en met deernis luister.

Karlien vertel van haar kronkelpaaie van pyn en verlies en hoe sy deur die jare daardie paaie gevleg met haar onwrikbare geloof gestap het. In hierdie poëtiese teks vol beeldspraak en vloeiende kreatiwiteit gesels sy oor kwesbare grepe uit haar lewe. Sy deel met die leser haar ondersoeke in die Woord, die suiwer leringe van Jesus, sielvolle gedigte, lirieke en diep persoonlike gewaarwordinge.

In Riviere in die wildernis leer ons Karlien ken soos nog nooit tevore nie.

In haar arms het sy al lewe, siekte en dood vasgehou en geleer hoe om, of die Here nou gee óf neem, steeds ’n halleluja te sing.

Die rykste man in Babilon - Finansiele teksnotas deur Hein Kruger (Afrikaans, Paperback): George S. Clason Die rykste man in Babilon - Finansiele teksnotas deur Hein Kruger (Afrikaans, Paperback)
George S. Clason
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Ons land se voorspoed is afhanklik van die finansiele sukses en onafhanklikheid van ons as individue. Hierdie titel handel oor die persoonlike suksesse van elkeen van ons. Sukses is die resultaat van dit wat bereik word deur ons pogings en toewyding. Behoorlike voorbereiding is die sleutel tot ons sukses. Ons dade en die bereiking van ons doelwitte is die gevolg van ons wysheid en begrip. Dit is die doel van hierdie titel: om aan hulle wat na finansiele sukses en insig streef, te help om geld te maak, om die geld te hou en om jou geld vir jou te laat werk. In die volgende bladsye word ons teruggevoer na antieke Babilon, die wieg van destydse rykdom en welvaart, waar hierdie wette gekoester en toegepas is en deur alle eeue steeds deur suksesvolle mense toegepas word. Hierdie verhaal is vir elke mens, jonk en oud, wat nou deel gaan word van lesers reg deur die eeue, wat hierdie verhale gehoor, gelees en oorvertel het. Dis 'n verhaal van mense wat deur praktiese toepassing en ervaring lesse geleer het en sodoende die waarde van geld ontdek het.

Jy Is Sonder Gelyke (Afrikaans, Paperback): Lisa Bevere Jy Is Sonder Gelyke (Afrikaans, Paperback)
Lisa Bevere
R259 Discovery Miles 2 590 Ships in 2 - 4 working days

Daar is ’n rede waarom ons ander mense as mededingers beskou en onsself inperk deur vergelyking en wedywer: Ons het ’n vyand wat gedurig ons gedagtes, wil en emosies bombardeer in die hoop dat ons onsself en ander sal aanval. Só onstaan ’n siklus wat ons daar van weerhou om intieme konneksies te maak, verwarring oor ons identiteit skep en ons laat misluk in die bereiking van ons doel.

In Jy is sonder gelyke, beskryf die topverkoperskrywer Lisa Bevere hoe ’n onthulling van God se liefde hierdie siklus en beperkings verbreek. Eerder as om ander as mededingers te beskou, leer sy ons hoe om daardie diep, intieme konneksie met ons Skepper te vorm waarna ons smag. Hierdie konneksie bevat die belofte van ware identiteit en intimiteit. Aan die hand van Bybelse lering deurweef met profetiese insig vir die tyd waarin ons lewe, gebruik Lisa humor en passie om jou uit te daag:

• Draai mededinging om sodat dit die beste in jou uitbring

• Hou op om weg te skram van gesprekke waaraan jy eintlik moet deelneem

• Antwoord die argument wat beweer dat vroue nie opgewasse is nie

• Breek geslagsmededinging af en werk saam met die mans in jou lewe

Dit is tyd om die stap te doen om ’n lewe sonder wedywer te leef.

Alles Wat Ek Nodig Het (Afrikaans, Hardcover): Angus Buchan Alles Wat Ek Nodig Het (Afrikaans, Hardcover)
Angus Buchan
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Of jy nou krag nodig het vir ’n moeilike dag, of troos te midde van uiters uitdagende tye, Alles wat ek nodig het sal jou bemoedig met beloftes en hoop uit God se Woord. Die 366 oordenkings deur die bekende evangelis Angus Buchan sal jou bewus maak van God se teenwoordigheid in jou lewe en dat Hy alles voorsien wat jy nodig het.

Word bemoedig om God se liefde elke dag uit te leef terwyl jy inspirasie put uit die Skrifgedeeltes en die plat-op-die-aarde raad en bemoediging van Angus Buchan.

Klankgrens - 'n Oorlog Teen Geloof En Hoop (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens, Magda Slabbert Klankgrens - 'n Oorlog Teen Geloof En Hoop (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens, Magda Slabbert
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Maretha Maartens en Magda Slabbert neem hande om in Klankgrens die verhaal van pyn, oorlewing en die diepe worstelinge van die grensoorlog se weermagvroue oop te vlek.

Uit die oogpunt van die vrouens wat moes agterbly, wat moes aanhou, wat moes verstaan, en kop bo water hou, leer ken ons vir Jo en haar kinders en die stryd wat die vrouens gevoer het, weg van die grens.

Die Familiebybel (Afrikaans, Hardcover): Die Familiebybel (Afrikaans, Hardcover)
R295 R277 Discovery Miles 2 770 Save R18 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die Familiebybel het die volledige Bybel in die 2020-Afrikaanse vertaling met bykomende materiaal deur Johan Smith, spesiaal gemik op gesinne. Dit bevat artikels oor die gesinslewe deur die familiekenner, dr Johan Smith van Vita Amp; kaarte en 'n woordelys, Bybelstudiemateriaal vir ’n jaar; Bybelleesplan; ruimte vir julle familiestamboom en 'n bladsy om trou- en geboortedatums aan te teken. Hierdie Bybel sal 'n kosbare erfstuk vir die gesin en groter familie word. 

'n Tyd Om Te Praat - Vanaf Vernederende Stilswye Tot Innerlike Oorwinning (Afrikaans, Paperback): Rinscha 'n Tyd Om Te Praat - Vanaf Vernederende Stilswye Tot Innerlike Oorwinning (Afrikaans, Paperback)
Rinscha
R197 Discovery Miles 1 970 Ships in 4 - 8 working days

'n Tyd om te praat gaan beslis vir elke leser op 'n spesifieke wyse praat, wat jou gaan laat besef wie jy werklik is. Leer ken jou diepste wese met hierdie boek op verskillende vlakke. Ontdek so dieper insig om regte besluite te maak.

Rinscha deel haar lewensverhaal ter verryking van alle mense, sodat ieder en elk iets hieruit die toekoms mag saamneem. Dit is Rinsha se passie om mense in die eg te verbind, want baie siele word so gewen met haar boodskap wat sy vooraf van Hom ontvang het.

By meeste mense wanneer daar baie seer tye in hul lewens insypel, ontstaan 'n innerlike worsteling en kan dit 'n mens soms onnodig besig hou. Verkeerde keuses kan reggestel word en mens hoef nie weg te kruip en in skaamte te leef nie.

Sy hoop dat hierdie boek 'n aanwins en aansporing sal wees vir elke mens om te besef dit is nooit te laat om reg te maak en weer geluk te vind nie.

Vyf Tale van die Liefde - Die Geheim van Liefde vir 'n Leeftyd (Afrikaans, Paperback): Gary Chapman Vyf Tale van die Liefde - Die Geheim van Liefde vir 'n Leeftyd (Afrikaans, Paperback)
Gary Chapman 1
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die behoefte aan romantiese liefde is diep in ons onderbewussyn gewortel. Om die liefde in die huwelik lewend te hou, is ’n baie ernstige saak.

Dr. Gary Chapman het deur jare se ervaring tot die gevolgtrekking gekom dat mense liefde op verskillende maniere bewys en ervaar. As jy jou liefde op ’n manier uitdruk wat jou maat nie verstaan nie, gaan hy of sy nie besef wat jy besig is om te doen nie. Vyf tale van die liefde bespreek die vyf tale van die liefde en help die leser om hul eie taal asook dié van hul maat te identifiseer.

Vyf tale van die liefde fokus op die vyf tale en hoe om hulle kragtig toe te pas:

• Opbouende woorde
• Kwaliteit-tyd
• Geskenke
• Diensbaarheid
• Fisieke aanraking

Hierdie bygewerkte uitgawe kyk ook na die rol van tegnologie in ons verhoudings asook langafstand-verhoudings en bevat ’n bygewerkte vraelys en ’n nadink-vraag aan die einde van elke hoofstuk.

Soeter As Heuning - Delf Daagliks Dieper In Die Woord (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Soeter As Heuning - Delf Daagliks Dieper In Die Woord (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dawid skryf in Psalm 119:103, “Hoe aangenaam is U Woord, soeter as heuning in die mond.” Soos wat ’n vars byekorf nog uitgepers moet word om egte, onverwerkte heuning voort te bring, so help Soeter as heuning jou om Bybelse waarhede te ontdek en selfs te herontdek, soos jy diep oor elkeen nadink en dit in jou lewe toepas.

Deur God se Woord sorgvuldig in te neem, ontdek Dawid die diepte van God se liefde en vergifnis. Hy ervaar innerlike genesing en lewensvreugde wat net God in sy lewe kon bring.

Soeter As Heuning kan jou help om ook so ’n ervaring soos Dawid te hê.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Sympathy - A History
Eric Schliesser Hardcover R3,996 Discovery Miles 39 960
Prisoner 913 - The Release Of Nelson…
Riaan de Villiers, Jan-Ad Stemmet Paperback R399 R374 Discovery Miles 3 740
Anakin's Reading Log - My First 200…
Martha Day Zschock Hardcover R412 Discovery Miles 4 120
Managing the Cooperative Enterprise…
Bruno Jossa Hardcover R2,781 Discovery Miles 27 810
A History Of South Africa - From The…
Fransjohan Pretorius Paperback R435 Discovery Miles 4 350
Grammar and Conceptualization
Ronald W Langacker Hardcover R4,833 Discovery Miles 48 330
High Vistas, Volume II - An Anthology of…
George Ellison Paperback R532 R492 Discovery Miles 4 920
Drake's Reading Log - My First 200 Books…
Martha Day Zschock Hardcover R412 Discovery Miles 4 120
The Two Knights; Or, Delancey Castle
Mary Martha Sherwood Paperback R564 Discovery Miles 5 640
Khamr - The Makings Of A Waterslams
Jamil F. Khan Paperback  (5)
R330 Discovery Miles 3 300

 

Partners