0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (98)
  • R100 - R250 (351)
  • R250 - R500 (136)
  • R500+ (37)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Christelike Publikasies

Genesing Vir Trauma - In Die Suid-Afrikaanse Konteks (Afrikaans, Paperback): Yvonne Retief Genesing Vir Trauma - In Die Suid-Afrikaanse Konteks (Afrikaans, Paperback)
Yvonne Retief
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die tweede, hersiene uitgawe van Genesing vir Trauma is ’n diepgaande, omvattende handleiding wat steun op dekade lange eerstehandse ervaring in berading. Die tweede uitgawe is nie net volledig opgedateer en bygewerk nie, maar bevat ook nuwe hoofstukke, soos die hoofstuk oor die impak van Covid-19.

Beide beraders en slagoffers sal kan baat vind by die verstaanbare, relevante inhoud propvol algemene wysheid en geestelike begeleiding. Elke hoofstuk bevat waardevolle riglyne oor hoe om mense wat 'n spesifieke vorm van trauma beleef het by te staan, en wel binne die Suid-Afrikaanse konteks.

Hierdie opgedateerde uitgawe spreek tot alle groepe binne die Suid-Afrikaanse samelewing. Hoewel die boek vanuit 'n Christelike perspektief geskryf is, is die beradingstegnieke wetenskaplik-gefundeerd en kan dit deur 'n wyer mark gebruik word. Individuele genesing het ’n genesende uitkringeffek op die gemeenskap wat vir almal van belang is. Yvonne Retief se sentrale boodskap is dat daar genesing en hoop vir slagoffers van trauma is.

Dit Het Jesus Nooit Gesê Nie (Afrikaans, Paperback): Andries Enslin Dit Het Jesus Nooit Gesê Nie (Afrikaans, Paperback)
Andries Enslin
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days

Wat het Jesus werklik gesê

• Jy mag nie lag en die lewe geniet nie

• As jy twyfel glo jy nie regtig nie

• ʼn Man is ʼn vrou se baas

• Jou besluite en keuses is jou probleem …

Daar word baie keer verkeerdelik geglo of oorgedra wat hulle dink Jesus gesê het. Mense glo dan iets wat nie altyd waar is nie.

In Dít het Jesus nooit gesê nie word feit en fiksie geskei. Daar word duidelik gesê wat die wêreld glo Jesus sê en wat Hy werklik gesê het.

Die sewe kruiswoorde - Oordenkings oor Jesus se lyding (Afrikaans, Hardcover): Alwyn Griebenow Die sewe kruiswoorde - Oordenkings oor Jesus se lyding (Afrikaans, Hardcover)
Alwyn Griebenow
R157 Discovery Miles 1 570 Ships in 4 - 6 working days

Drie kruise. Een Middelaar. Sewe uitsprake. Op 'n koppie buite Jerusalem het daar tweeduisend jaar gelede drie kruise gestaan. Jesus van Nasaret het aan die middelste kruis die geskiedenis letterlik in twee gedeel. Hy het die mag van sonde en dood finaal verslaan, sodat die mens vir wie Hy so lief is, weer die vreugde van ’n hegte verhouding met Hom kan beleef. Terwyl Jesus aan die kruis hang, vloei daar sewe uitsprake oor sy lippe – onvergelyklike woorde van liefde, hoop, versmagting en, uiteindelik, oorwinning. Daardie woorde weerklink vandag nog net so helder, en hou ook ’n boodskap in vir jou lewe. Beleef hoe hierdie uitsprake God se liefde en genade in jou lewe tuisbring, en waarom die gebeure daardie Vrydag jou nie onaangeraak sal laat nie.

Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se Uniekheid (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se Uniekheid (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

Koeke en terte gee jou skreeusnaakse wenke oor die verskille tussen mans en vroue en verskillende tipe vroue. Dit is geskik vir almal wat ’n goeie humorsin het – en veral vir hulself kan lag. Susan takel ernstige onderwerpe soos dat jy as vrou is goed genoeg is, jy nie so hard op jouself moet wees nie en jy is genoeg vir God net soos jy is. Sy help jou om jouself te leer waardeer en jou eie gawes te ontwikkel en om by jouself en ander te leer. 

Kom Sit Aan - Vind Vreugde in die Alledaagse (Afrikaans, Paperback): Rudi Swanepoel Kom Sit Aan - Vind Vreugde in die Alledaagse (Afrikaans, Paperback)
Rudi Swanepoel
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kan eet teruggeëis word as heilige daad, deels met die wete dat jy nooit geïsoleerd is nie, selfs al voel dit so?

Hedendaagse verbruikerskultuur vergeet die onsigbare, minag die ontasbare en maak ’n bespotting van die geringe. Is daar ’n lewegewende alternatief vir hierdie kultuur? Ons kan dit verander deur Christelike spiritualiteit en die keuse om aandagtig en bewustelik te lewe. Jy kan dit doen by ’n tafel – jy kan ’n sinnelose, bedwelmde bestaan ontkom en jy kan sien en hoor wat jy nooit sal sien en hoor as jy slegs ’n gewone verbruiker bly nie. Begin deur bewustelik te eet. Kyk na jou bord, asem die reuke in, kyk saam met wie eet jy, besef dat iets moes sterf vir daardie kos om op jou bord te beland, hetsy ’n hoender of ’n wortel. Die tafel is die verbindingsplek, met jouself, die natuur, met ander mense en met God. Kry balans in alles – moenie te veel eet nie, moenie te min eet nie, eet van alles, eet volhoubaar.

Evangelieliedere (Afrikaans, Hardcover): Evangelieliedere (Afrikaans, Hardcover)
1
R129 R119 Discovery Miles 1 190 Save R10 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie bundel is gevul met paslike liedere vir elke omstandigheid en geleentheid. Dit bevat Afrikaanse en Engelse liedere en probeer Engels- en Afrikaanssprekende gelowiges op geestelike gebied nader aan mekaar bring. Die liedere hierin sal enige byeenkoms ophelder en almal wat saamsing en luister tot seen wees.

Afrikaanse (1933 / 1953) Verklarende Studiebybel - (Swart) (Afrikaans, Leather / fine binding): Afrikaanse (1933 / 1953) Verklarende Studiebybel - (Swart) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte.

Unieke kenmerke en eienskappe sluit in:

  • Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans
  • Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek
  • 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat ’n algemene oorsig bied oor die hele Bybel
  • Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste temas en leringe verken
  • Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom
  • Volkleur karate

Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
Die dans met God (Afrikaans, Paperback): Abel Pienaar Die dans met God (Afrikaans, Paperback)
Abel Pienaar 1
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Is daar 'n absolute waarheid wat ons lewe beheer? Wereldwyd raak al meer mense in hulle denke volwasse. Hulle aanvaar nie sake onkrities vir 'n "tweedehandse" lewe nie. Die dans met God vra reguit vrae en sny diep deur tradisionele antwoorde om by die sin van die lewe uit te kom. Moderne mense fokus net op dinge wat hulle kan bewys - maar verloor die misterie. Is daar 'n ander pad? Hoe kan ons nuut dink oor God en die geloof, sonder om die innerlike belewing prys te gee? Hierdie oopkop en rustige (soms vrolike) boek neem die leser op 'n lewensreis waar elkeen self kan soek - en vind. Jy leef die oomblik, want dis heilig.

Afrikaanse (1933/1953) Verklarende Studiebybel (Groen) (Afrikaans, Hardcover): Afrikaanse (1933/1953) Verklarende Studiebybel (Groen) (Afrikaans, Hardcover)
R399 R367 Discovery Miles 3 670 Save R32 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte.

Unieke kenmerke en eienskappe sluit in:

  • Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans
  • Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek
  • 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat ’n algemene oorsig bied oor die hele Bybel
  • Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste temas en leringe verken
  • Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom
  • Volkleur kaarte

Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
Die Bybel - Afrikaans 1983 vertaling (Afrikaans, Hardcover, 18th ed): Die Bybel - Afrikaans 1983 vertaling (Afrikaans, Hardcover, 18th ed)
R335 Discovery Miles 3 350 Ships in 5 - 8 working days
Aangename Kennis, Here (Afrikaans, Paperback): Retief Burger, Wanda Bam, Isak Burger Aangename Kennis, Here (Afrikaans, Paperback)
Retief Burger, Wanda Bam, Isak Burger
R147 Discovery Miles 1 470 Ships in 4 - 6 working days

ONTMOETINGS MET DIE LEWENDE GOD GEBEUR NIE NET IN DIE KERK NIE ...

Is jy bekommerd oor jou familie? Sukkel jy met skuld, huweliksprobleme, verslawing of jou gesondheid?

Is jy gestres en kan jy nie meer die Here se seëninge raaksien nie?

Asem dan die woorde in hierdie boek in soos die asem van God wat nuwe lewe in jou bestaan blaas. Lees wie die Here is, waarvan Hy hou en hoe Hy mense verras. Jy leer net ’n deeltjie van Hom regtig ken deur wat jy ervaar. Nou kan jy ’n klomp hartsopenbaringe bymekaar sit, en ’n groter prentjie geteken kry in jou binneste.

Aangename kennis, Here is ’n program op Radiokansel wat soggens vroeg uitgesaai word. 50 verstommende getuienisse is nou in boekformaat beskikbaar, sodat jy kan lees wat beroemdes en mense wat jy nie ken nie uit hulle geloofsharte vertel.

WARE VERHALE, OPREGTE MENSE, WARE HOOP.

Die Bybel - 1933/1953-vertaling - Grootdruk Naslaanbybel (Afrikaans, Hardcover, 12th ed): Bible Society of South Africa Bible... Die Bybel - 1933/1953-vertaling - Grootdruk Naslaanbybel (Afrikaans, Hardcover, 12th ed)
Bible Society of South Africa Bible Society of South Africa
R732 Discovery Miles 7 320 Ships in 5 - 8 working days
Riviere In Die Wildernis (Afrikaans, Paperback): Karlien van Jaarsveld Riviere In Die Wildernis (Afrikaans, Paperback)
Karlien van Jaarsveld
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit. Daar waar sy met Hom kan gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en met deernis luister.

Karlien vertel van haar kronkelpaaie van pyn en verlies en hoe sy deur die jare daardie paaie gevleg met haar onwrikbare geloof gestap het. In hierdie poëtiese teks vol beeldspraak en vloeiende kreatiwiteit gesels sy oor kwesbare grepe uit haar lewe. Sy deel met die leser haar ondersoeke in die Woord, die suiwer leringe van Jesus, sielvolle gedigte, lirieke en diep persoonlike gewaarwordinge.

In Riviere in die wildernis leer ons Karlien ken soos nog nooit tevore nie.

In haar arms het sy al lewe, siekte en dood vasgehou en geleer hoe om, of die Here nou gee óf neem, steeds ’n halleluja te sing.

Kom Saam - Wysheid vir jou lewe (Afrikaans, Paperback): Sonja Goldberg Kom Saam - Wysheid vir jou lewe (Afrikaans, Paperback)
Sonja Goldberg
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kom saam: Wysheid vir jou lewensreis is die tweede boek in die gewilde Kom Saam-reeks van dagstukkies deur Sonja Goldberg en die opvolg van die eerste boek, Kom saam: Inspirasie vir jou lewensreis. Hierdie besonderse dagstukkies is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis deur die laag- en hoogtepunte van elke dag.

Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en vrese. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge?

Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde gereed hê oor die lewe vir onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike- en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise – en ons betroubare, drie-enige God.

Hierdie dagstukkies nooi jou uit om teen jou eie pas Jesus Christus beter te leer ken, om te begryp hoe innig God jou lief het, en hoe naby Hy langs jou stap op jou lewenspad.

Die Evangelie Van Thomas (Afrikaans, Hardcover): Piet Muller Die Evangelie Van Thomas (Afrikaans, Hardcover)
Piet Muller; Translated by Piet Muller
R21 Discovery Miles 210 Ships in 6 - 10 working days

Die Evangelie van Thomas is deel van die geskrifte wat in 1945 naby die Egiptiese dorp Nag Hammadi ontdek is deur ’n paar kleinboere wat besig was om vir bemestingstof te grawe. Die teks bevat gesegdes van Jesus waarvan maar sowat veertig persent ook in die drie sinoptiese Evangelies (Matteus, Markus en Lukas) voorkom – en dit is daarom 'n besonder interessante geskrif om naas die Bybel te bestudeer. Voor die ontdekking van die Nag Hammadi-geskrifte en die ontdekking van ’n volledige Koptiese teks (die ou Egiptiese taal, wat sedert die dae van die Ptolemeiese koningshuis met Griekse letters geskryf is) is 'n paar flentertjies papirus met dele van hierdie Evangelie in Grieks op 'n ashoop by Oxyrynchus in Egipte gevind. Hierdie tekste sowel as fragmente van die Matteus-evangelie is die oudste Christelike dokumente wat ooit gevind is.

Grenslose Genade - 'n Moderne Geloofsbelydenis (Afrikaans, Paperback): Chris van der Merwe Grenslose Genade - 'n Moderne Geloofsbelydenis (Afrikaans, Paperback)
Chris van der Merwe
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die boodskap van die Nuwe Testament is dat Jesus die straf vir die mens se sonde op Hom geneem en vryspraak verwerf het vir diegene wat in Hom glo. Hierdie geloof in die plaasvervangende lyding van Jesus laat vrae by baie mense ontstaan. Was die wrede dood van Jesus nodig? Waarom vergewe God nie onvoorwaardelik, sonder om ’n offer te eis nie? Is God die Vader beperk in sy vergewensgesindheid? Die geloof in hemel en hel wek angs en twyfel by vele – angs vir die hel en twyfel of hulle die hemel sal ‘haal’. Kan ’n
God van liefde, die God wat deur die Christelike Kerk verkondig word, so iets oor sy hart kry?

Die skrywer het geen pretensie dat hy die finale antwoord op al hierdie vrae het of dat hy die ryke betekenis van die lewe, sterwe en opstanding van Jesus kan uitput nie, maar hy hoop van harte dat die gedagtes wat volg, tog lig sal bring vir mense wat met hierdie vrae worstel.

Bakens Van Geloof (Afrikaans, Paperback): Ilse Roux Bakens Van Geloof (Afrikaans, Paperback)
Ilse Roux
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bakens van geloof is ’n kragtige getuienis en praktiese voorbeeld van ’n daaglikse bonatuurlike wandel met God. Hierdie boek sal jou ’n voorskou gee van hoe groot en hoe werklik God se goedheid is teenoor sy kinders.

Ilse Roux deel haar passie vir die Woord en haar praktiese geloofspad met God op so ’n manier dat mens net weer oorweldig word met wie hierdie liefdevolle God werklik is. Sy het die waarde daarvan ontdek om in kinderlike geloof op God se Woord te vertrou en sien die vrug daarvan in haar en haar gesin se lewens.

Die deurlopende draad van gehoorsaamheid aan God se beginsels en sy stem, sal jou inspireer om ook jou verhouding met Hom te verdiep en sal jou leer dat jy Hom ten alle tye kan vertrou. Kort voor lank sal jy jou eie bakens van geloof hê wat spruit uit jou persoonlike geloofspad met Hom.

Die Oorkantste Oewer - Spiritualiteit Anderkant Godsdiens (Afrikaans, Paperback): Abel Pienaar, Flip Schutte Die Oorkantste Oewer - Spiritualiteit Anderkant Godsdiens (Afrikaans, Paperback)
Abel Pienaar, Flip Schutte
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie nuwe wêreld van kwantumfisika kan ons eenvoudig nie meer na die lewe kyk met die bygelowige drieverdieping-wêreldbeeld van onder meer die Bybel en die Koran nie. Die oorkantste oewer daag tradisionele denkwyses en lewensbeskouings uit. Dit nooi die leser om saam nuwe moontlikhede te ontdek en terselfdertyd ruimte en respek aan mekaar te gun.

Wilderniswenke Vir Vroue (Afrikaans, Paperback): Wanda Bam Wilderniswenke Vir Vroue (Afrikaans, Paperback)
Wanda Bam
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Besluit om te wíl oorleef.

Wat ek wel weet, is dat hierdie boek jou gaan vertel van My storie, Jou storie en ʼn wildernis. Dit gaan jou konfronteer met soms erge onverpakte keuses. Jy gaan kies tussen doodgaan en oorlewing.

Ek vertrou dat jy in die proses ook vaardighede sal ontdek in jouself wat van jou wildernis storie, ʼn inspirerende storie sal maak. Jy gaan lewens verander met die lesse wat jy geleer het en ontdek dat jy reeds besig is om jou volgende wildernis te betree. Elke wildernis ervaring en oorlewing laat jou keuses maak, vorentoe beweeg met spore van oorlewing agter jou wat vir die wat ná jou kom, sal bewys dat hulle dit kán maak!

Jy mag dalk jou wenkbroue lig as ek sê dat 5- en 10-punt planne vir die voëls is. Dit het nie vir MY gewerk nie. Sal nooit.

Vir my, maak dit van boeke topverkopers en sprekers, ikone en ja, ons het ikone nodig vir suurstof in swaarkry, maar dit is dit, want, dis húlle wildernis storie. Met ʼn duur boek onder jou arm en ʼn ongemaklike middelrif volgestop met koek en tee uit duur koppies, sal jy van funksie na fees en van kamp tot kursus, steeds in die wildernis bly verdwaal, mits…

Jý besluit om te wíl oorleef, uit die wildernis te wil stap as ʼn bevryde mens, jou oorlewings vaardighede in lesse wil omskakel wat uiteindelik sal lei na ʼn storie met inhoud.

Goeie Werke Of God - Onderskei Wanneer Goeie Werke in God se Wil is of nie (Afrikaans, Paperback): John Bevere Goeie Werke Of God - Onderskei Wanneer Goeie Werke in God se Wil is of nie (Afrikaans, Paperback)
John Bevere
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Dit wil voorkom of die terme “goed” en “God” deesdae sinoniem is. Ons glo dat dit wat oor die algemeen as goed beskou word, in lyn met God se wil moet wees. Vrygewigheid, nederigheid, geregtigheid – goed. Selfsugtigheid, arrogansie, wreedheid – boos.

Die onderskeid blyk tog duidelik te wees. Maar is dit al wat dit behels?

Indien “goed” dan so voor die hand liggend is, hoekom sê die Bybel dan dat ons onderskeidingsvermoë moet hê om dit te identifiseer? Goeie werke of God? is nie net nóg ’n selfhelp-boodskap nie. Hierdie boek sal baie meer doen as om jou te vra om jou gedrag en gesindheid te verander. Dit sal jou in staat stel om op so ’n vlak met God te kommunikeer dat dit elke aspek van jou lewe sal verander.

Beloftes Vir Oorwinning - God Se Woord Oor Geestelike Oorlogvoering (Afrikaans, Paperback): Beloftes Vir Oorwinning - God Se Woord Oor Geestelike Oorlogvoering (Afrikaans, Paperback)
R157 Discovery Miles 1 570 Ships in 4 - 6 working days

Beloftes vir oorwinning bevat talle beloftes uit die Bybel oor geestelike oorlogvoering en gebed, en bied ’n gids aan gelowiges oor hoe om die vyand teen te staan, hulle posisie in Christus in te neem en vas te staan in oorwinning. Onderwerpe sluit in:

• Weet Wie God werklik is

• Weet wie jy in Christus is

• Ken die vyand se strategie

• Onderskeiding

• God se krag oor die viand

• Jou geestelike wapenrusting

• Jou posisie in Christus

• Wees waagmoedig – jy hoef nie die vyand te vrees nie

• Word vernuwe

• Staan die vyand teë

• Gebed – ons strategie teen die viand

Bybelverse word geneem uit die Nuwe Lewende Vertaling, asook verskeie ander Bybelvertalings. Beloftes vir oorwinning bevat ook gepaste aanhalings deur verskeie Christenskrywers oor die onderskeie onderwerpe. pe

101 Gebede Vir Vroue (Afrikaans, Hardcover): 101 Gebede Vir Vroue (Afrikaans, Hardcover)
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

101 persoonlike gebede vir elke seisoen en situasie in ’n vrou se lewe. Hierdie sakgrootte gebedeboek bevat verskeie kort gebede oor:

• Temas soos vreugde, seerkry, eensaamheid, danksegging en leiding;

• Verskillende persoonlike situasies, soos bv. siekte, finansiële probleme, afdanking, ’n nuwe baba en vele ander situasies wat op vandag se vrou van toepassing is;

• Verskillende mense soos ‘my tiener’, ‘my man’, ‘my kind wat oorsee werk’; en

• Temas rondom jou verhouding met God, bv. gehoorsaamheid, liefde vir God, vergifnis en versoening.

Ook ingesluit is ’n gepaste Bybelvers by elke gebed en ’n alfabetiese indeks vir maklike opsoek. Die grootte maak dit gerieflik om oral met jou saam te dra.

Spore Van Genade - 45 Woordkunstenaars, 1 Bundel (Afrikaans, Paperback): Spore Van Genade - 45 Woordkunstenaars, 1 Bundel (Afrikaans, Paperback)
R255 Discovery Miles 2 550 Ships in 6 - 10 working days
Ontmoet Die Heilige Gees - 'n Interaktiewe Studie van die Persoon van die Heilige Gees (Afrikaans, Paperback): John Bevere Ontmoet Die Heilige Gees - 'n Interaktiewe Studie van die Persoon van die Heilige Gees (Afrikaans, Paperback)
John Bevere
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days

Die Heilige Gees word dikwels misverstaan, en baie mense het geen idee Wie Hy regtig is en hoe Hy Homself aan ons openbaar nie. Die Heilige Gees word dikwels as ’n “vreemde verskynsel” uitgebeeld. Die Bybel maak dit egter duidelik dat die Gees nie iets is nie, maar iemand – ’n Persoon wat belowe het om jou nooit te verlaat nie. In Ontmoet die Heilige Gees nooi John Bevere jou om die Persoon en werk van die Heilige Gees te ontdek.

Hierdie interaktiewe boek is veeldoelig – deels boek, deels Bybel studie, deels groepstudie – en bevat vyf hoofstukke wat die volgende bespreek:

• Wie is die Heilige Gees?

• Die persoonlikheid van die Heilige Gees

• Ons verhouding met die Heilige Gees

• Hoe ons bekragtig word deur die Heilige Gees

• Die taal van die Heilige Gees

Elke hoofstuk is opgedeel in vyf voorgestelde leesstukke met ooreenstemmende Bybelstudies aan die einde van die hoofstuk en ’n afdeling met besprekingsvrae vir groepstudie. Dit bevat ook ’n bonus-hoofstuk met ’n diepgaande vraag en antwoord-gesprek waarin van die moeilikste vrae oor die Heilige Gees beantwoord word.

Lewensgids vir Vroue (Afrikaans, Paperback): Alette-Johanni Winckler Lewensgids vir Vroue (Afrikaans, Paperback)
Alette-Johanni Winckler
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lewensgids vir vroue, Aletté-Johanni se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by vroue van alle ouderdomme sal vind.

Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord sê oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in vroue se daaglikse lewens. Aletté-Johanni gesels met die leser soos ’n goeie, wyse vriendin. Die inhoud bied die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat vroue se hedendaagse leefstyl, verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van vrouwees aan.

Van die onderwerpe wat bespreek word is ‘Hoe om die beste JY te wees’, ‘Hoe om ’n goeie vriendin te wees’, ‘Hoe om ’n goeie jong student te wees’, ‘Hoe om die beste vrou te wees’, ‘Hoe om die beste ma te wees vir babas/kleuters/laerskool kinders/tieners’, ‘Hoe om sosiale media te benader’, ‘Hoe om finansies te hanteer as individu/getroud/gesin’ en vele meer.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bold Women in History - 15 Women's…
Meghan Vestal Hardcover R476 Discovery Miles 4 760
S2000M, International specification for…
Asd Hardcover R1,604 Discovery Miles 16 040
Teach Yourself to Play Guitar Chords - A…
Steve Gorenberg Paperback R325 R305 Discovery Miles 3 050
Quizzes for Rebel Girls
Rebel Girls Paperback R233 R213 Discovery Miles 2 130
Magical Kitchen - The Unofficial Harry…
K T Crownhill Hardcover R758 Discovery Miles 7 580
Piano Adventures Lesson Book Level 3A…
Nancy Faber, Randall Faber Staple bound R240 R227 Discovery Miles 2 270
Heavy Duty - Days and Nights in Judas…
K.K. Downing Paperback R421 R396 Discovery Miles 3 960
Guitar Method
Led Zeppelin, Ron Manus, … Paperback R634 R585 Discovery Miles 5 850
Teach Yourself to Play Ukulele
Morton Manus, Ron Manus Book R344 R315 Discovery Miles 3 150
Jasper Johns - Catalogue Raisonne of…
Robert A. Bernstein Hardcover R33,556 R16,239 Discovery Miles 162 390

 

Partners