0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (24)
  • R50 - R100 (13)
  • R100 - R250 (151)
  • R250 - R500 (75)
  • R500+ (17)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Christelike Publikasies

Ons Seuntjie Se Eerste Jaar (Afrikaans, Hardcover): Ons Seuntjie Se Eerste Jaar (Afrikaans, Hardcover)
R349 R287 Discovery Miles 2 870 Save R62 (18%) Ships in 4 - 8 working days
Identiteit - Wie God Sê Jy Is (Afrikaans, Paperback): Alex Kendrick, Stephen Kendrick Identiteit - Wie God Sê Jy Is (Afrikaans, Paperback)
Alex Kendrick, Stephen Kendrick
R199 R164 Discovery Miles 1 640 Save R35 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Wat ’n mens van jou eie doel en waarde glo, bepaal byna elke area van jou lewe – onder andere hoe jy dink en voel, hoe jy op omstandighede reageer en hoe jy jou verhouding met God en ander mense hanteer. Maar wat bepaal jou kern-oortuigings? Is dit gegrond op die waarheid? Of verander dit voortdurend na gelang van ander se opinies of jou eie emosies?

  • Identiteit: Wie God sê jy is is gebaseer op kragtige insigte in die Bybelboek Efesiërs wat gekomplementeer word met persoonlike verhale en praktiese wysheid. Hierdie boek daag lesers uit om die Een wat elke mens deur en deur ken toe te laat om jou hart te rig.
  • Identiteit: Wie God sê jy is is geïnspireer deur die fliek Overcomer. Hierdie boek deur die topverkoper-outeurs Stephen en Alex Kendrick spoor lesers aan om in die wonderlike lig van God se aanvaarding, oorvloedige seëninge en krag te leef.
Geloof Soos Aartappels (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Geloof Soos Aartappels (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
bundle available
R129 R107 Discovery Miles 1 070 Save R22 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Geloof soos aartappels is die inspirerende ware verhaal van bekende evangelis Angus Buchan. Dit is ’n getuienis van hoe geloof ’n mens deur die donkerste tye kan dra. Nadat Angus tot bekering gekom het, is hierdie humeurige man wat van sy drank gehou het, verander in ’n passievolle dienaar van God. Sy geloof het hom al deur droogtes, familietragedie en finansiële krisisse gedra. Sedert hy tot bekering gekom het, het Angus die evangelie oor die wêreld heen verkondig. Hy het ook ’n kinderhuis gestig, verskeie boeke geskryf en duisende mense geïnspireer met sy boodskappe op TV, radio en by sy konferensies. Hierdie aangrypende boek sal jou opnuut verseker van God se almag en sy voorsiening vir sy kinders.

Afrikaanse (1933/1953) Verklarende Studiebybel - (Ligroos) (Afrikaans, Leather / fine binding): Afrikaanse (1933/1953) Verklarende Studiebybel - (Ligroos) (Afrikaans, Leather / fine binding)
1
R599 R493 Discovery Miles 4 930 Save R106 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte.

Unieke kenmerke en eienskappe sluit in:

  • Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans
  • Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek
  • 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat ’n algemene oorsig bied oor die hele Bybel
  • Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste temas en leringe verken
  • Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom
  • Volkleur kaarte

Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
Gebede Vir My Dogtertjie (Afrikaans, Hardcover): Carolyn Larsen Gebede Vir My Dogtertjie (Afrikaans, Hardcover)
Carolyn Larsen
R129 R107 Discovery Miles 1 070 Save R22 (17%) Ships in 4 - 8 working days
My LullaBybel Vir Seuns (Afrikaans, Hardcover): Alette-Johanni Winckler My LullaBybel Vir Seuns (Afrikaans, Hardcover)
Alette-Johanni Winckler
R280 R231 Discovery Miles 2 310 Save R49 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Die bekoorlike volkleur-illustrasies sal klein ogies betower voor hulle toeval terwyl Mamma of Pappa die ritmiese gediggies voorlees om hulle aan die slaap te sus. Elke gediggie het ’n gebed en ’n Bybelvers wat ouers sal aanspoor en bemoedig in hulle kosbare taak om kinders groot te maak.

My LullaBybel Vir Meisies (Afrikaans, Hardcover): Alette-Johanni Winckler My LullaBybel Vir Meisies (Afrikaans, Hardcover)
Alette-Johanni Winckler
R280 R231 Discovery Miles 2 310 Save R49 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Die bekoorlike volkleur-illustrasies sal klein ogies betower voor hulle toeval terwyl Mamma of Pappa die ritmiese gediggies voorlees om hulle aan die slaap te sus. Elke gediggie het ’n gebed en ’n Bybelvers wat ouers sal aanspoor en bemoedig in hulle kosbare taak om kinders groot te maak.

'n Mosterdsaad (Afrikaans, Hardcover): Angus Buchan 'n Mosterdsaad (Afrikaans, Hardcover)
Angus Buchan
bundle available
R250 R206 Discovery Miles 2 060 Save R44 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Bekende evangelis Angus Buchan neem lesers in ’n Mosterdsaad op ’n jaar-lange reis met oordenkings en ’n Skrifbedeelte vir elke dag.

Die 366 oordenkings is nie net “super-gelowiges” nie, maar elkeen wat elke dag opstaan en vir God leef deur elke dag se uitdagings.

Hierdie grootdruk-dagboek is vir elke kind van God wat geloof soos ’n mosterdsaad nodig het om in God se volle genade te wandel en die koninkryk te ontvang wat Hy vir hulle voorberei.

Manne Van Die Bybel (Afrikaans, Paperback): Jim George Manne Van Die Bybel (Afrikaans, Paperback)
Jim George
R170 R140 Discovery Miles 1 400 Save R30 (18%) Ships in 4 - 8 working days

In Manne van die Bybel bied Jim George in 113 dagstukkies ’n Bybelse perspektief op 83 manne in die Bybel. Uit hulle lewens kan ons iets leer van God se liefde, genade en bemoeienis met mense.

Hedendaagse mans sal bemoedig en versterk word deur manne soos:

  • Daniël wat gekies het om elke dag te bid
  • Nehemia wat ander kon inspireer
  • Jesaja wat gewillig was om te dien
  • Paulus wat ten spyte van baie teëspoed getrou gebly het
  • Jesus wat die volmaakte voorbeeld van 'n dienaar is

Jim George wys in Manne van die Bybel dat ons selfs uit die lewens van manne wat gestruikel het of ontrou was, meer bewus kan word van God se vergifnis, getrouheid en heiligheid.
Afrikaanse (1933/1953) Verklarende Studiebybel (Groen) (Afrikaans, Hardcover): Afrikaanse (1933/1953) Verklarende Studiebybel (Groen) (Afrikaans, Hardcover)
R399 R329 Discovery Miles 3 290 Save R70 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte.

Unieke kenmerke en eienskappe sluit in:

  • Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans
  • Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek
  • 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat ’n algemene oorsig bied oor die hele Bybel
  • Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste temas en leringe verken
  • Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom
  • Volkleur kaarte

Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
Leef Voluit & Vreesloos (Afrikaans, Paperback): Joyce Meyer Leef Voluit & Vreesloos (Afrikaans, Paperback)
Joyce Meyer
R145 R120 Discovery Miles 1 200 Save R25 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Vroue in vandag se samelewing gaan gebuk onder gevoelens van onsekerheid. Om daarvoor te vergoed is hulle geneig om ’n vals beeld van sekerheid en selfvertroue te projekteer wat uiteindelik tot gevoelens van skaamte lei. Hierdie gebrek aan selfvertroue veroorsaak probleme in alle verhoudings en in huwelike kan dit selfs tot egskeiding lei.

In Leef voluit en vreesloos (in sy nuwe gerieflike kleiner formaat) ondersoek Joyce die sewe kenmerke van ’n vrou met selfvertroue waaronder ’n vrou wat weet dat sy geliefd is wat weier om in vrees te lewe en wat nie leef deur haarself met ander te vergelyk nie. Ware selfvertroue is om geloof in Christus te hê en bereid te wees om te leer.

Vroue is ’n kosbare geskenk van God aan die wêreld. Dit is ook waar van jou. Leer hoe om vrees te oorkom en met vertroue ’n opwindende betekenisvolle en doelgerigte lewe tegemoet te stap.

Ons Dogtertjie Se Eerste Jaar (Afrikaans, Hardcover): Ons Dogtertjie Se Eerste Jaar (Afrikaans, Hardcover)
1
R349 R287 Discovery Miles 2 870 Save R62 (18%) Ships in 4 - 8 working days
Jesus-Leierskap - Hoe Om Te Lei In 'n Veranderende Wêreled (Afrikaans, Paperback): Roedolf Botha Jesus-Leierskap - Hoe Om Te Lei In 'n Veranderende Wêreled (Afrikaans, Paperback)
Roedolf Botha
bundle available
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is nie maklik om vandag ’n geestelike leier te wees nie. Roedolf Botha probeer die tye waarin ons leef navigeer aan die hand van die Markus-evangelie, met klem op die volgende kwessies: Hoe lei ons getrou aan die missie ons opgelê, wat is die ingesteldhede, aksies en toerusting wat ons nodig het en watter innerlike transformasie vra dit van ons? Hierdie toeganklike boek sal jou help om die duistere waters van ons deurmekaar tye die hoof te bied. “Roedolf Botha neem ons op ’n boeiende reis deur die Markusevangelie om die hartklop van egte leierskap ver en diep te ontgin” - Stephan Joubert

Drie Dekades Van Verandering - Die NG Kerk Se Pad Van Verruiming (Afrikaans, Paperback): Neels Jackson Drie Dekades Van Verandering - Die NG Kerk Se Pad Van Verruiming (Afrikaans, Paperback)
Neels Jackson
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 4 - 8 working days

1990 was ’n waterskeidingsjaar in Suid-Afrika se geskiedenis. Sedertdien het die Suid-Afrikaanse samelewing, en ook die NG Kerk, baie verander. Neels Jackson bied sy indrukke van die belangrikste tendense wat van 1990 tot 2020 in die NG Kerk plaasgevind het. Die wortel van die kerk word teruggevoer na Jesus toe, en die NG Kerk vandag kan ’n uitdagende toekoms op die spoor van Jesus Christus met vertroue tegemoet gaan.

In Stilwees En Vertroue - 366 Oordenkings (Afrikaans, Hardcover): Buchan, Angus In Stilwees En Vertroue - 366 Oordenkings (Afrikaans, Hardcover)
Buchan, Angus
bundle available
R249 R205 Discovery Miles 2 050 Save R44 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Wanneer jy tyd in God se teenwoordigheid deurbring en oor sy kragtige Woord mediteer, bou dit karakter, innerlike krag en ’n godvresende selfvertroue om enige lewensuitdaging te trotseer.

In stilwees en vertroue is 366 oordenkings deur die bekende evangelis Angus Buchan. Elkeen van die daaglikse teksverse, inspirerende oordenkings en diepsinnige gebede sal jou toerus met die krag van die Heilige Gees om sterk te staan teen elke dag se uitdagings. Nou is die tyd om God te vertrou. Bring daarom tyd saam met Hom deur, want ons krag lê in stil wees en vertroue hê (Jes. 30:15).

'n Veilige Vesting - 366 Oordenkings (Afrikaans, Paperback): Joubert Stephan 'n Veilige Vesting - 366 Oordenkings (Afrikaans, Paperback)
Joubert Stephan
R199 R164 Discovery Miles 1 640 Save R35 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Bekroonde outeur Stephan Joubert help lesers in ’n Veilige vesting om opnuut te besef hoe groot God se sorg en liefde vir sy kinders is.

Te midde van ’n wêreld wat lyk of dit enige oomblik uitmekaar gaan val, staan een ding vas en seker: Ons dien ’n magtige en getroue God. Die 365 oordenkings lei lesers om weg te kyk van hulle eie swaarkry en krisisse deur slegs op God te fokus en hul geloof prakties uit te leef.

Daar ís hoop, daar ís ’n toekoms. Vind die troos en leiding wat slegs ’n liefdevolle hemelse Vader vir sy kinders kan gee.

Op Pad Deur Betlehem - 66 Stiltetyd-Oordenkings Van Genesis Tot Openbaring (Afrikaans, Large print, Paperback): Engela Linde Op Pad Deur Betlehem - 66 Stiltetyd-Oordenkings Van Genesis Tot Openbaring (Afrikaans, Large print, Paperback)
Engela Linde
bundle available
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Soos die ganse Ou Testament afgestem was op die koms van die beloofde Messias, so is die Nuwe Testament afgestem op sy reële koms en die totstandkoming van die nuwe Israel. Die skrywer hou daarvan om die kronologie, tydvak en kulturele atmosfeer rondom ’n gebeurtenis of persoon te ondersoek en poog om die stof toeganklik te maak, met herkenbare raakpunte van die lewe vandag. Die daaglikse lewe en geografie in die wêreld van die Nuwe Testament word nagevors. Die universeel menslike dilemma word weerspieël in die tema van alle musiek en literatuur: Verloor, soek, vind. Die goue draad van die verlossingsgeskiedenis bly behoue tot waar dit aangegee word na die evangelieskrywers vir die krip in Betlehem en daarna aan die apostels van Christus, tot by die boek Openbaring.

Jesus Vir Almal - Die Gay-Gesprek In Die Kerk (Afrikaans, Paperback): Neels Jackson Jesus Vir Almal - Die Gay-Gesprek In Die Kerk (Afrikaans, Paperback)
Neels Jackson
bundle available
R235 R202 Discovery Miles 2 020 Save R33 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Neels Jackson, kerkjoernalis van byna 30 jaar, glo dat godsdiens grootliks gaan oor die nakoming van Jesus se oproep om Hom te volg. Vir hom het Jesus se liefde egter bepalende implikasies vir die gay debat. Sy empatie en liefde vir gay mense moet verstaan word in die lig van Jesus se onvoorwaardelike liefde vir die randfigure van sy tyd en hoe Hy teenoor die Fariseërs opgetree het. Die skrywer ontleed die sewe gay­tekste in die Bybel binne die konteks waarin dit geskryf is en kom tot die slotsom dat dit niks met homoseksualiteit te doen het nie. Die skrywer vul sy argument aan met die behandeling van 'n aantal misverstande oor gaywees en gay mense, asook ander argumente wat gaywees as sonde veroordeel. Hy voer dan ook aan dat Jesus se verruiming van die wet, asook die verskerping van die wet, vir ons die riglyn moet wees.

Simfonie Van Seën (Afrikaans, Paperback): Milanie Vosloo Simfonie Van Seën (Afrikaans, Paperback)
Milanie Vosloo
R199 R164 Discovery Miles 1 640 Save R35 (18%) Ships in 4 - 8 working days

God wil vir elke mens ’n lewe van oorvloed gee; ’n lewe waarin ons elke dag diep bewus word van sy genade en seën wat oor ons skyn. Simfonie van seën is ’n viering van hierdie geskenk.

Vroue kan ’n jaar lank saam met Milanie Vosloo stap en God se goedheid en seën elke dag in hulle lewe ervaar. Moed en krag in die-lewe-is-oorweldigend-tye, vertroosting in seerkry-tye, vreugde en blydskap in die-lewe-is-’n-lied-tye. Want God se wens vir elke vrou is dat sy gelukkig en vervuld sal wees.

Mia - 'n Ma Se Storie Van Verlies En Hoop (Afrikaans, Paperback): Mariska Robberts Mia - 'n Ma Se Storie Van Verlies En Hoop (Afrikaans, Paperback)
Mariska Robberts
bundle available
R255 R219 Discovery Miles 2 190 Save R36 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Mia en haar gesin gaan hou vakansie in Stellenbosch. Die gesin in 'n motorongeluk waarin Mia sterf. Die verhaal gaan oor hoe haar ma Mariska haar pyn en hartseer verwerk en haarself vergewe. Maar ook oor nuwe lewe en jou lewe se herstel en terugbymekaar probeer kry na die dood van jou kind.

Die Liefdesboek - God Se Liefde Vir Ons En Ons Liefde Vir Mekaar (Afrikaans, Paperback): Christine Ferreira, Marielle de Vos Die Liefdesboek - God Se Liefde Vir Ons En Ons Liefde Vir Mekaar (Afrikaans, Paperback)
Christine Ferreira, Marielle de Vos
bundle available
R225 R194 Discovery Miles 1 940 Save R31 (14%) Ships in 4 - 8 working days

God se liefde verander alles. Sy groot liefde omvrou alle aspekte van ons lewe. Wanneer ons ons harte vir Hom oopmaak, word die donker in en rondom ons keer op keer deurspoel met lig, sy lig, en met die krag van sy liefde wat ons omring. Die liefde kom ook in vele gestaltes. Die pad van die liefde is nie altyd gelyk nie en dit kom nie vanselfsprekend nie... Met hierdie boek nooi die outeurs jou uit om die vele maniere waarop God sy liefde aan jou bewys opnuut te ontdek en weer jou eie te maak. 

199 Gunsteling Bybelverse vir Mans (Afrikaans, Paperback): 199 Gunsteling Bybelverse vir Mans (Afrikaans, Paperback)
R49 R41 Discovery Miles 410 Save R8 (16%) Ships in 4 - 8 working days

199 van die bekendste en mees geliefde teksverse sal elke dag hoop en bemoediging bied.

Al leef ons in ’n tyd waarin die Bybel met die druk van ’n knoppie beskikbaar is, is dit steeds belangrik om God se Woord in ons hart te bewaar. Die spesiaal uitgesoekte teksverse in die 199 Gunsteling Bybelverse vir mans sal hulle inspireer om juis dit te doen. Die versameling teksverse is tematies gerangskik, kan maklik gememoriseer word en is ’n bemoedigende en inspirerende manier om elke dag te begin.

Ook beskikbaar in Engels onder titel 199 Favorite Bible Verses for Men.

Twee Kinders Later (Afrikaans, Paperback): Charme Kriel Twee Kinders Later (Afrikaans, Paperback)
Charme Kriel
bundle available
R265 R228 Discovery Miles 2 280 Save R37 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Charmé word met pre-eklampsia gediagnoseer toe sy 27 weke swanger is met Lisa. Klein Lisatjie word met ’n noodkeisersnee gebore en Charmé se lewe verander heeltemal. Lisa weeg 850 gram, en sy veg elke dag om haar lewe. Charmé se reis tot ma-word was nie maklik nie. Maar Charmé vertel haar storie met humor en deernis: ‘n universiële storie van oorlewing van elke modern ma.  Charmé se storie help ons om te weet dat ons nie alleen is nie, die ma langs jou het dieselfde pyne, vreugde, angs en vrae.

100 Dae van Dankbaarheid (Afrikaans, Paperback): Francine Prins 100 Dae van Dankbaarheid (Afrikaans, Paperback)
Francine Prins
bundle available
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Mense wat dankbaar is, gelukkiger slaap, beter fokus, is beter en is makliker om mee oor die weg te kom. Om meer dankbaar te leef is seker iets waarna ons almal probeer streef. Francine Prins, redakeur van LiG neem ons op ’n 100 dae reis van dankbaarheid. Sy wys ons hoe ons elke dag kan dankbaar wees, waarvoor ons dankbaar kan wees en hoe om in dankbaarheid te leef.

Hart tot Hart (Afrikaans, Large print, Paperback): Kobus van der Westhuyzen Hart tot Hart (Afrikaans, Large print, Paperback)
Kobus van der Westhuyzen
bundle available
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Vir die afgelope 49 jaar skryf ds Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Dit is die rubriek wat die langste ononderbroke verskyn het in die geskiedenis van die Media24 stal. Ds Van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van ’n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie. Vir hierdie boek het ds van der Westhuysen self 366 paslike stukkies uitgesoek.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen?
Jurie van den Heever Paperback  (1)
R10 R8 Discovery Miles 80
Vind God in die Gewone
Tom Smith Paperback R300 R219 Discovery Miles 2 190
Uit Die Beek 2024 - 366 Dagstukkies
Barend Vos Paperback R265 R228 Discovery Miles 2 280
Pa's En Seuns - Bou 'n Sterk Pa-Seun…
Angus Buchan Paperback R129 R107 Discovery Miles 1 070
My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog
Hykie Berg Paperback  (1)
R270 R232 Discovery Miles 2 320
Kom Ons Praat Oor Die Huwelik
Heinz Winckler, Alette Winckler Paperback  (2)
R280 R241 Discovery Miles 2 410
Laat U Naam Geheilig Word - Leer Ken 24…
Este Geldenhuys Paperback R335 R288 Discovery Miles 2 880
Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se…
Susan Coetzer Paperback R270 R232 Discovery Miles 2 320
Terreur in Kaboel
Hannelie Groenewald Paperback R280 R241 Discovery Miles 2 410
Moed Vir Elke Dag - Maak Elke Dag Jou…
Joyce Meyer Hardcover R249 R205 Discovery Miles 2 050

 

Partners