0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (23)
  • R50 - R100 (46)
  • R100 - R250 (223)
  • R250 - R500 (144)
  • R500+ (36)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Christelike Publikasies

Manne van Geloof Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Manne van Geloof Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R89 R75 Discovery Miles 750 Save R14 (16%) Pre-order

Gebed is ’n kragtige hulpmiddel om enige uitdaging met God se krag en wysheid te oorkom. Vind die leiding en genade wat jy nodig het in jou daaglikse stiltetyd by God.

In Manne van geloof Gebedsjoernaal ondersoek topverkoper-outeur Angus Buchan die lewens van 30 geloofshelde wat berge verskuif het deur getroue gebed, waaronder Charles Spurgeon, Oswald Chambers, E.M. Bounds, Johannes Calvyn, Augustinus, en ook Bybelkarakters soos Dawid, Job, Abraham en Salomo.

Met die vrae vir dieper denke, gebedsriglyne, inspirerende aanhalings en bypassende verse uit die Bybel sal hierdie gebedsjoernaal jou help om die man van God te word wat jy bedoel is om te wees.

Efesiërs: 'n Bybelstudie - 8 Studies (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha Efesiërs: 'n Bybelstudie - 8 Studies (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha
R79 R65 Discovery Miles 650 Save R14 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Sien jy ook soms oral waar jy kyk net afgodery, geldgierigheid en vyandigheid teenoor Christene? Is jy bewus van ’n intense geestelike oorlog en wil jy soms net moed opgee? Dis wat die Bybelse gelowiges in die stad Efese ook beleef het! Paulus deel dan sy boodskap met hulle oor die kragtigste wapen om in moeilike tye staande te bly.

Hierdie vers-vir-vers-Bybelstudie oor Efesiërs deur Riekert Botha vestig jou aandag op God se allesoortreffende liefde vir elkeen wat in Christus glo. Ontdek dat dit jou identiteit in Christus is wat jou in staat stel om staande te bly wanneer chaos en vyandskap jou wil onderkry.

Aan die einde van die agt studies is daar verdere vrae om te besin oor die dorp of stad waar jy bly en hoe jy kan meewerk om die evangelie in jou gemeenskap uit te dra.

• Vers-vir-vers-bespreking van Efesiërs vir groepe en individue
• Besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf
• Vrae aan die einde om jou dorp/stad te evalueer vir moontlike evangelisasiewerk
• Relevante tema vir gelowiges vandag
• 120 bladsye

Vreugde In Sy Teenwoordigheid (Afrikaans, Cards): Nina Smit Vreugde In Sy Teenwoordigheid (Afrikaans, Cards)
Nina Smit
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days
Woorde Van Liefde Vir Ma - Inspirasie Uit Die Skrif (Afrikaans, Cards): Woorde Van Liefde Vir Ma - Inspirasie Uit Die Skrif (Afrikaans, Cards)
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days
Geanker In Die Woord (Afrikaans, Cards): Solly Ozrovech Geanker In Die Woord (Afrikaans, Cards)
Solly Ozrovech
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days
Jesus Luister - 100 Mini-oordenkings vir Dankbaarheid en Vreugde (Afrikaans, Paperback): Sarah Young Jesus Luister - 100 Mini-oordenkings vir Dankbaarheid en Vreugde (Afrikaans, Paperback)
Sarah Young
R39 R36 Discovery Miles 360 Save R3 (8%) Ships in 4 - 8 working days

In Jesus luister: 100 mini-oordenkings vir dankbaarheid & vreugde neem Sarah Young jou op 'n reis van 100 dae om al die seëninge uit te ken wat God elke dag oor jou lewenspad strooi.

Deur hierdie reis saam met haar te onderneem, sal jy:

• agterkom dat geen vreugde volledig is as jy nie daavoor dankbaar is nie
• 'n fondament van dankbaarheid in jou hart vestig
• op die uitkyk wees vir al die skatte wat God daagliks op jou pad sit
• die seëninge wat jy voorheen misgekyk het, begin raaksien
• groter dankbaarheid begin toon vir God se genade
• meer bewus raak van al die ander seëninge wat God ook voorsien
• vreugde ervaar

Kenmerke:

• 152 mm x 107 mm, sagteband
• 10-punt lettergrootte

Ek Bid Vir Jou (Afrikaans, Hardcover): Jean Fischer Ek Bid Vir Jou (Afrikaans, Hardcover)
Jean Fischer
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Ek Bid vir Jou deur Jean Fischer is een van die beste kinderboeke oor liefde en die gesin wat uitspel hoe ver 'n ma se liefde strek.

Hierdie plaaslike uitgawe van die pragtige storie volg 'n mammabeer se pad van voor haar kindjie se geboorte tot sy eerste dag op skool en hoe sy oor en vir haar kind bid.

Ek Bid vir Jou is vol pragtige, volkleur kunswerk deur Frank Endersby, met 'n gebed op elke dubbelblad.

Hierdie boek is ideaal vir voorlees deur ouers vir hul kinders voor slaaptyd, as 'n beginpunt vir 'boekevat' of stiltetyd.

Ons Vader Bybelstudie (Afrikaans, Paperback): Becky Harling Ons Vader Bybelstudie (Afrikaans, Paperback)
Becky Harling
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Vir baie eeue het gelowiges oor die wêreld heen bekende gebede gebid om God intiemer te leer ken. Die Ons Vader-gebed is so ’n gebed en ’n geestelike skatkis vir elke Christen.

Gelowiges oraloor bid elke dag die Ons Vader. Maar is daar meer te put uit hierdie geskenk van Jesus self? Becky Harling, skrywer en Bybelonderwyser, het dieper gedelf in die Ons Vader en daardeur ’n groter liefde vir Jesus en die Vader ontwikkel.

Ons Vader: 'n Studie Van Die Diep Waarhede In Jesus Se Modelgebed: 'n 6-week-Bybelstudie SB is ’n studie oor ses weke wat jou verhouding met God versterk terwyl jy hierdie geliefde gebed in diepte bestudeer. Ontdek ses lewensveranderende uitnodigings wat Jesus deur hierdie gebed aan elke gelowige rig. Jesus nooi jou uit om:

• God as Vader te ken
• te aanbid
• jouself oor te gee
• met vertroue te vra
• vryheid te vind deur te vergewe
• oorwinnend te leef

Ons leef in ’n tyd van toenemende vrees, depressie, ontnugtering en teleurstelling. Maar die Ons Vader-gebed bied genesing vir ons siele. Bo en behalwe onderrig oor ons verhouding met God, leer die gebed ons ook belangrike aspekte oor ons verhouding met ander.

Kom saam op ’n ontdekkingsreis deur die Ons Vader en maak God se vrede, vertroue en standvastigheid jou eie.

Jesus Luister - Dagstukkiegebede vir Vrede, Vreugde en Hoop (Afrikaans, Hardcover): Sarah Young Jesus Luister - Dagstukkiegebede vir Vrede, Vreugde en Hoop (Afrikaans, Hardcover)
Sarah Young
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

In Jesus luister, 'n 366-dagstukkiegebedeboek, word jy uitgenooi om jou verhouding te verdiep met die Een wat met oneindige liefde na jou gebede luister.

Deur daagliks tyd in gebed saam met God deur te bring, sal jy:

• Leer hoe om te bid
• Jou gebedslewe verryk
• Ondervind hoe gebed jou hart en lewe verander
• Jou verhouding met God verdiep
• Vrede, vreugde en hoop vir moeilike tye vind

Kenmerke:

• 366 dae van gebed wat gebaseer is op die Bybel
• Met Skrifverwysings ná elke gebed
• 190 mm x 140 mm, hardeband, met 'n lint vir plekaanduiding
• 12-punt lettergrootte

Mini-Oordenkings Oomblikke van Hoop (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Mini-Oordenkings Oomblikke van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R59 R55 Discovery Miles 550 Save R4 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Soms is dit maklik om te sien hoe God in jou lewe aan die werk is, en ander kere het ’n mens ’n anker van hoop nodig.

Mini-oordenkings: Oomblikke van hoop se 180 kort, kragtige dagstukke nooi vroue om stil te word by God en opnuut hoop te vind in Hom. Die dagstukke fokus op hedendaagse kwessies soos gebedstye, tevredenheid, tydsbestuur en verhoudings. Dit sal jou verhouding met God verinnig en jou die moed gee om elke dag aan te pak in die wete dat Hy by jou is en jou liefhet.

Dit is die ideale grootte om oral met jou saam te dra sodat jy enige plek en enige tyd kan stilword by God.

• 180 kort, kragtige dagstukke vir vroue
• 184 eenkleur-bladsye
• Sakpas-grootte
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions: Meaningful Moments with God

Vroue Van Die Bybel Bybelstudie (Afrikaans, Paperback): Wayne Barber Vroue Van Die Bybel Bybelstudie (Afrikaans, Paperback)
Wayne Barber
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Hoe belangrik is vroue vir God? Vroue van die Bybel: 12 Studies Oor Lewensbeginsels antwoord hierdie vraag deur na belangrike vroue in die Ou en Nuwe Testament te kyk.

Deur die lewens van twaalf vroue – Eva, Sara, Mirjam, Ragab, Debora, Rut, Hanna, Ester, die deugsame vrou, Marta en Maria, Maria die ma van Jesus, en die bruid van Christus – te bestudeer leer lesers belangrike lewenslesse rakende totale gehoorsaamheid aan God asook die mislukkings wat spruit uit ongehoorsaamheid. Die Bybelvroue leer lesers ook hoe om huishoudelike sake en kinderopvoeding te hanteer. In 12 weke met genoeg studies vir vyf dae van die week bespreek hierdie Bybelstudie nuwe temas om vroue se posisie voor die Here en sy plan te verstaan. Dit bied ook antwoorde op moeilike vrae wat algemeen deur hedendaagse vroue gevra word.

Vroue van die Bybel is ideaal vir vroue wat self ’n verhouding met die Here wil ontwikkel.

• 12 weke met studies vir 5 dae van die week.
• ’n Interaktiewe studie wat belangrike, interessante skriftuurlike punte inkorporeer.
• Dit bied ’n historiese perspektief op die karakters.
• Dit gee interessante feite oor die tyd waarin die karakters geleef het.

NLV Standaard Bybel met Ritssluiter en Duimgrepe (Taan Bruin) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Standaard Bybel met Ritssluiter en Duimgrepe (Taan Bruin) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale geskenk vir mans.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag met rits
• 1400 bladsye, goudgerand
• Merklint
• Duimgrepe

NLV Bybel (Met Ritssluiter & Duimgrepe) (Neutbruin) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding): Andrie Du Toit, Wil Vosloo NLV Bybel (Met Ritssluiter & Duimgrepe) (Neutbruin) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding)
Andrie Du Toit, Wil Vosloo
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) kombineer Skrifgetrouheid en lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse Afrikaans vir vandag se leser weer te gee.

Hierdie grootdruk-uitgawe met kunsleer-omslag beskik oor die volgende kenmerke:

• Voetnote om begrip en kennis uit te brei
• 12 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe
• Verpakking: “Sleeve”

Jesus Roep Jou - Geniet Vrede In Sy Teenwoordigheid (Afrikaans, Hardcover, Grootdruk): Sarah Young Jesus Roep Jou - Geniet Vrede In Sy Teenwoordigheid (Afrikaans, Hardcover, Grootdruk)
Sarah Young
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie tweede Suider-Afrikaanse uitgawe van Jesus Roep Jou: Geniet Vrede In Sy Teenwoordigheid, 'n 366-dagstukkieboek in Grootdruk, word jy uitgenooi om daagliks tyd in God se teenwoordigheid deur te bring. Deur middel van oordenkings en Skrifgedeeltes bring New York Times-topverkoperskrywer Sarah Young Jesus se boodskap van vrede na jou vandag, en ook elke dag.

Deur daagliks tyd te spandeer in die teenwoordigheid van ons Verlosser met die bekende en geliefde dagstukke in Jesus Roep Jou sal jy:

  • Getroos voel deur woorde van hoop en bemoediging
  • Verseker word van Jesus se oneindige liefde vir jou
  • Onderskragende leiding gebaseer op die Skrif ontvang
  • Jou geloof deur die lees van Bybelverse versterk
  • Jesus daagliks ontmoet deur 'n oordenking gebaseer op God se Woord

Geskryf asof Jesus self direk met jou praat, nooi Jesus Roep Jou jou uit om vrede te ervaar in die teenwoordigheid van die Verlosser wat altyd by jou is.

NLV Bybel (Donkerbruin) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding): NLV Bybel (Donkerbruin) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding)
R699 R615 Discovery Miles 6 150 Save R84 (12%) Ships in 4 - 8 working days

Die Nuwe Lewende Vertaling Super Grootdruk is die ideale Afrikaanse Bybel vir lesers wat van ’n ekstra groot lettertipe hou.

Die Super Grootdruk-uitgawe bevat die volledige teks van die vertroude Nuwe Lewende Vertaling. Dit kombineer Skrifgetrouheid en lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse Afrikaans vir vandag se leser weer te gee. Agt volkleur-kaarte is ook ingesluit.

Hierdie Bybel beskikb oor die volgende kenmerke

• Verduidelikende voetnote
• 16.5-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• Kunsleer-omslag
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe

Ek Is Tot Alles In Staat (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha Ek Is Tot Alles In Staat (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha
R79 R73 Discovery Miles 730 Save R6 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Riekert Botha neem lesers in Ek Is Tot Alles In Staat: Deur Hom Wat My Krag Gee: 10 Studies Oor Die Boek Filippense deur die vreugde-brief Filippense en daag elkeen uit om die ware betekenis van dié bekende boek te ontdek.

Dié bekende skrywer breek Filippense in 10 studies op om te sien wat die boodskap van die boek is. Eerstens word daar gekyk vir wie die boek oorspronklik geskryf is en wat die boodskap vir hulle was. Dan kan die leser uitvind wat hierdie boek vir hom of haar persoonlik sê. Ons omstandighede is vandag anders as die eerste lesers van die brief s’n, maar God se boodskap bly dieselfde deur al die eeue heen.

Groot gedeeltes Bybelteks uit die NLV in Ek is tot alles in staat sorg vir maklike naslaan.

Die Sakpas-Bybel met Oordenkings vir Mans (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Die Sakpas-Bybel met Oordenkings vir Mans (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

As die hoof van die huis wat ook nog werkstres moet hanteer, kan dit soms vir jou voel of jy die hele wêreld op jou skouers dra. Maar jy is nie alleen nie. God is reg langs jou.

Die sakpas-Bybel met oordenkings vir mans bevat 366 daaglikse gedagtes wat jou sal help om die daaglikse eise van die lewe te verruil vir God se vrede namate dit jou leer om sterk te staan in jou geloof. Elke dag bevat ’n versameling kernverse uit die Skrif en ’n kort oordenking oor temas soos spanning, gesin, finansies, leierskap, sukses en wysheid. Daar is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies waaroor jy wonder.

NLV Standaard Bybel (Swart) (Afrikaans, Hardcover): NLV Standaard Bybel (Swart) (Afrikaans, Hardcover)
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling!

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• 1400 bladsye
• Merklint

Die Bybel In Praktyk Studiebybel (Rooi & Swart) (Afrikaans, Hardcover): Fika Janse van Rensburg, Wil Vosloo Die Bybel In Praktyk Studiebybel (Rooi & Swart) (Afrikaans, Hardcover)
Fika Janse van Rensburg, Wil Vosloo 1
R699 R615 Discovery Miles 6 150 Save R84 (12%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bybel in Praktyk is ’n unieke Studiebybel in Afrikaans wat die Bybelleser sal help om sy kennis van en insig in die Woord van God te verbreed én te verdiep. Hierdie Bybel met die volledige teks van die Bybel in Afrikaans 1983/1992 bevat verklaringsnotas en aantekeninge wat help om ’n Skrifgedeelte binne sy konteks te verstaan. Verder verskaf dit belangrike agtergrond en historiese inligting, dit verduidelik moeilike woorde en frases, en dit sluit ook kruisverwysings, karaktersketse, kaarte, rubrieke en diagramme in, wat telkens op dieselfde bladsy voorkom as die gedeelte waarop dit betrekking het.

Die mees uitstaande kenmerk van Die Bybel in Praktyk is veral sy praktykgerigtheid: dit dra nie bloot feitelike Bybelkennis oor nie, maar wys die Bybelleser hoe dit wat in die Bybel geskryf staan, praktyk in sy lewe van elke dag kan word.

Die Bybel in Praktyk is ’n wetenskaplik verantwoorde werk, saamgestel deur ’n paneel bekende teoloë volgens die jongste Bybeluitlegmetodes. Dit wil gelowiges help om die Bybel beter te begryp, maar óók sy daaglikse lewe daarvolgens te rig.

•9.5-pt lettergrootte

Die Bybel-Trivia Dagboek - 365 Dagstukke vir ?n Dag Vol Lig en Vreugde (Afrikaans, Paperback): Die Bybel-Trivia Dagboek - 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde (Afrikaans, Paperback)
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is normaal vir ouers om besorg te wees oor hulle kinders, veral as dit by hulle geloof kom. Daarom is dit belangrik om seker te maak hulle verstaan die Bybel en die belangrikheid daarvan sodat hulle hulle sterk kan staan in daardie moeilike tienerjare en ook die uitdagings van die volwasse lewe kan hanteer.

Die Bybel-Trivia Dagboek: 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde bevat 365 dagstukke vol interessante Bybelse inligting wat tieners sal uitdaag om die beginsels daarin ook in hulle eie lewe toe te pas. Deur na te dink oor Skrifgebeure, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse plekke en gebeure, sal hulle nuwe insig kry in bekende Bybelgedeeltes. Tieners sal ontdek dat niks in die Bybel onbelangrik is nie, maar dat dit God se lewende Woord is wat hoop, vrede en lewe in oorvloed bied vir elkeen wat dit lees.

• 365 oordenkings vir tieners
• Elke dag bevat ’n teksvers, ’n interessante vraag oor die Bybel en ’n kort dagstuk om jong tieners te help om die regte antwoord te ontdek
• Dit bevat vrae oor Bybelverse, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse plekke en gebeure
• 384 eenkleur-bladsye
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Trivia Devotional

Verander Jou Kop, Verander Jou Lewe (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Verander Jou Kop, Verander Jou Lewe (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Besef jy regtig hoe waar die woorde “wat jy dink, bepaal wie jy is” is?

Die mens se brein is ’n fassinerende orgaan wat ons lewe kan verander en groei. In Verander jou kop, verander jou lewe wys Stephan Joubert aan die hand van die jongste navorsing oor die brein:

• mans en vroue verskil inderdaad van mekaar
• kreatiwiteit neem nie af soos jy ouer word nie
• negatiewe omstandighede is sleg vir jou brein
• jou brein is in staat om deurlopend nuwe, beter paadjies te lê
• en vele meer

Navorsing toon ook dat die mens se brein op so ’n unieke manier saamgestel is dat dit inderdaad bedraad is vir godsdiens. Saam met die brein se kapasiteit vir analitiese denke of wiskundige berekening het dit ook ’n ingeboude vermoë om God te ervaar.
Verander jou kop, verander jou lewe sal jou geïntegreerd laat nadink oor jou geloof as ’n verhouding met God wat nie net jou hart nie, maar jou hele menswees insluit.

Liefde en Respek - Die respek wat jy nodig het (Afrikaans, Paperback): Emerson Eggerichs Liefde en Respek - Die respek wat jy nodig het (Afrikaans, Paperback)
Emerson Eggerichs
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Het dit al ooit gevoel of jou man jou nie liefhet nie? Voel dit of jou vrou jou nie respekteer nie? Te veel huwelike eindig vandag in egskeiding omdat mans en vroue mekaar nie verstaan nie. In Liefde en respek openbaar dr. Emerson Eggerichs die geheim: Suksesvolle kommunikasie lê in die wete dat onvoorwaardelike respek vir hom is net so belangrik as onvoorwaardelike liefde vir haar.

Hierdie riglyne, getuienisse en humoristiese staaltjies sal paartjies help om nuut te begin. Hierdie revolusionêre boodskap is vir almal: dié wat gelukkig getroud is, eensaam is of wat ’n huwelikskrisis beleef. Dit is vir verloofde paartjies, slagoffers van buite-egtelike verhoudings en huweliksberaders wat inligting soek wat ’n huwelik kan red.

Deur die riglyne in Liefde en respek toe te pas, kan paartjies nuwe vlakke van intimiteit beleef en die huwelik hê waarvan hulle nog altyd net gedroom het.

NLV Standaard Bybel Met Ritssluiter en Duimgrepe (Pienk Blomme) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Standaard Bybel Met Ritssluiter en Duimgrepe (Pienk Blomme) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale geskenk vir vroue.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag met rits
• 1400 bladsye, goudgerand
• Merklint
• Duimgrepe

Die Sakpas-Bybel met Oordenkings vir Vroue (Afrikaans, Paperback): Norma Rossouw Die Sakpas-Bybel met Oordenkings vir Vroue (Afrikaans, Paperback)
Norma Rossouw
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Ontdek God se beloftes vir jou lewe en ervaar hoe jou geloof daagliks groei.

Die sakpas-Bybel met oordenkings vir vroue bevat 366 daaglikse gedagtes wat jou sal help ontdek dat jy selfs in jou moeilikste oomblikke waardig en sterk in God is. Elke dag bevat ’n versameling kernverse uit die Skrif en ’n kort oordenking oor temas soos geestelike groei, wysheid, moederskap, selfvertroue en om deur God gekies te wees. Daar is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies waaroor jy wonder. Die gerieflike grootte is ideaal vir jou handsak of jou bedkassie.

Perspektief op die Heilige Gees (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Perspektief op die Heilige Gees (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R79 R73 Discovery Miles 730 Save R6 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Kom stap saam met Stephan Joubert in die Bybelstudie Perspektief op die Heilige Gees op die spoor van God se spesiale Helper en ontsluit ’n waarlik Geesvervulde lewe.

Die 10 studies in hierdie Bybelstudie draai om temas rakende die werking van die Heilige Gees, soos: vol van die Heilige Gees, dra vrug wat die Gees verheerlik, getuies van die Heilige Gees en die Gees maak regtig vry. Stephan Joubert wil lesers herinner aan die hemelse hulp wat ons in ons moeilikste tye kan kry en mense se aandag op die wonders van die Gees vestig.

Elk van die 10 studies sluit af met ’n kort samevatting wat die kernwaarhede van die spesifieke gedeelte saamvat.

Perspektief op die Heilige Gees is ideaal vir individuele of groepstudie en sal lesers lei tot ’n Geesvervulde lewe.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Air Fryer Quick and Easy Vol.1 - A…
Sarah Daniel Hardcover R593 Discovery Miles 5 930
A Strategic Approach to the UK…
Stephen Gruneberg Paperback R784 Discovery Miles 7 840
Does the Law Morally Bind the Poor? - Or…
R. George Wright Hardcover R3,081 Discovery Miles 30 810
Biomedical Imaging and Computational…
Ugo Andreaus, Daniela Iacoviello Hardcover R4,400 R3,543 Discovery Miles 35 430
Fixing Democracy - Why Constitutional…
Javier Corrales Hardcover R2,863 Discovery Miles 28 630
The Open Door Manuscript
S. L. Koestler Hardcover R608 Discovery Miles 6 080
A Handbook of Early Arabic Kufic Script…
S. M. V. Mousavi Jazayeri Hardcover R2,430 Discovery Miles 24 300
The Striker
Ana Huang Paperback R295 R264 Discovery Miles 2 640
Image Mosaicing and Super-resolution
David Capel Hardcover R2,893 Discovery Miles 28 930
Subtle Whispers - To An Innocent Child
Laura James Hardcover R907 Discovery Miles 9 070

 

Partners