|
|
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
Wil jy graag die diepe vrede ervaar van leef in God se teenwoordigheid?
Wanneer jy saam met God wandel, sal Hy jou treë rig en jou hart rustig
maak in elke lewensituasie.
Mini-oordenkings: Kosbare oomblikke van vrede bied 180 kort maar
kragtige oordenkings wat jou lei na nadenke en rus in God se
teenwoordigheid. Dit herinner ons daaraan dat wanneer ons ons
bekommernisse aan Hom oorgee, ons ruimte maak vir die Heilige Gees om
ons te vul met vrede wat net Hy kan bied. Elke oordenking bevat ’n
kragtige vers uit die Skrif, ’n kort boodskap en ’n gebed. Temas soos
God se oorvloedige liefde, gebedsversoeke, die evangelie van waarheid,
om vreugde in alle omstandighede te vind en jou laste aan Jesus te gee,
moedig jou aan om daagliks nader aan Hom te kom.
- 180 kort oordenkings
- Handige sakpas-grootte
- 184 eenkleur-bladsye
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions: Precious
Moments of Peace
Smag jy daarna om God persoonlik te ken? God se Name openbaar wie Hy is
en hoe Hy optree. Deur sy Name te bestudeer, ontdek ons hoe almagtig,
alomteenwoordig, regverdig, maar ook liefdevol en genadig God is.
Bid die Name van God vir 52 weke is ’n jaar lange Bybelstudie deur
topverkoper-outeur Ann Spangler waarin sy God se belangrikste Name en
titels bestudeer. Leer hoe om te bid met spesifieke fokus op Name soos
El Shaddai, Elohim, Adonai, Abba en El Elion.
Elke week se studie bevat:
- ’n Naam van God: Ontdek wat die Naam beteken, waar dit in die
Skrif voorkom en hoe dit in die oorspronklike taal geskryf en
uitgespreek is.
- ’n Deel vir nadenke met vrae vir persoonlike nadenke en leiding
om ’n spesifieke Naam vir daardie week te bid.
- Skrifgedeeltes vir verdere studie.
Ontdek verrassende verbande tussen die Ou en Nuwe Testament en ervaar
God op ’n nuwe, dieper manier.
- ’n Bybelstudie vir 52 weke.
- Bespreek die belangrikste Name van God en Jesus uit die Ou en
Nuwe Testament.
- Vir groepstudie en individue.
- 272 eenkleur-bladsye.
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Praying the Names of God for
52 Weeks.
Die eerste Afrikaanse vertaling van die Bybel het in 1933 verskyn. Dit
is nuut vertaal uit die Hebreeuse en Griekse brontekste. ’n Hersiening
van hierdie teks is die eerste keer in 1953 gepubliseer. Sedertdien is
dit al telkemale herdruk.
Die Bybel in Afrikaans 1933/1953 is ’n letterlike vertaling wat so
getrou moontlik probeer bly aan die bronteks se taalstruktuur. Dit is
bekend vir sy poëtiese aanslag en bly een van die gewildste
Bybelvertalings onder Bybellesers. Hierdie grootdruk-uitgawe beskik oor
die volgende kenmerke:
- Die volledige teks van Die Bybel in Afrikaans 1933/1953 in
dubbelkolom-uitleg.
- 13-punt lettergrootte
- Teksverse vir spesifieke behoeftes soos beproewings, eensaamheid,
treur en twyfel.
- Bybellees-plan om die Bybel in een jaar deur te lees.
- Verpakking: "Sleeve".
Smag jy na ’n outentieke belewenis van die Heilige Gees?
As daar ooit ’n tyd was dat die Heilige Gees nodig is in die kerk en in die lewe van die gelowiges, is dit sekerlik vandag. En as die Heilige Gees ooit gewillig was om hierdie behoefte en leemte te vul, is dit vandag!
In In Gees en in Waarheid ondersoek Isak Burger die Persoon en werking van die Heilige Gees van Ou-Testamentiese tye af tot nou toe. Hy kyk na aspekte soos die Persoon en simbole van die Gees, hoe Hy betrokke was by Jesus se aardse bediening en die Vroeë Kerk, vervulling en salwing met die Gees, en tekens en gevolge van vervulling met die Gees.
Ons leef in ’n tyd waarin daar wêreldwyd ’n uitstorting is van die Gees soos nog nooit tevore nie. In Gees en in Waarheid is bedoel vir elke gelowige wat smag na ’n outentieke belewenis van die derde Persoon van die Drie-eenheid.
Elke man het soms woorde van wysheid of inspirasie nodig.
365 dinge wat elke man moet weet kombineer wysheid, insig en humor om mans te inspireer en te bemoedig op hul lewenspad.
Onderwerpe sluit in:
- Karakter, voorbeeld en integriteit
- Sukses en selfbeeld
- Finansies en besittings
- Jou werk
- Kommunikasie
365 dinge wat elke man moet weet is die ideale geskenk.
Die geheim tot ’n gelukkige lewe is om met dankbaarheid te leef. Ontdek
opnuut God se genade en kweek dankbaarheid in jou lewe namate jy leer
om op God se oorvloedige seën in jou lewe te fokus.
Ontdek die wonder van God se genade met die 366 dagstukke van In genade
en dankbaarheid. Elke dag bevat ’n toepaslike teksvers, ’n kort
oordenking deur Carolyn Larsen en vrae om oor na te dink. Hierdie
dagstukke sal jou hart met genade vul wanneer jy die seën van God se
liefde, vreugde en hoop in jou lewe herken.
• 366 oordenkings.
• Elke dag het ’n toepaslike teksvers, ’n kort oordenking en vrae vir
nadenke
• Hardeband.
• 388 tweekleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Gift of Grace and
Gratitude.
Hoe kan jy die koning, priester en profeet wees wat God jou gemaak het om te wees?
Om ’n godvresende man en pa te wees, gaan nie oor een groot oomblik nie, dit gaan daaroor om elke dag daar te wees vir jou gesin.
Hoe om jou gesin te lei is ’n kragtige gids vir mans wat hulle gesinne volgens Bybelse beginsels wil lei. Joel Beeke daag mans uit om die drie Bybelse ampte in hul gesinne uit te leef: om ’n profeet te wees wat leer, ’n priester wat opoffer en ’n koning wat lei.
Hierdie sakpas-boek is ’n waardevolle hulpbron vir mans wat hulle gesin doelgerig en met genade wil lei. ’n Kragtige gids vir mans wat die koning, priester en profeet van hul gesin wil wees wat God vra.
Ouerskap vandag is nie maklik nie. Die wêreld verander voortdurend en die uitdagings word al hoe meer. Tog is daar dinge wat nie verander nie. Kinders sal altyd hulle ouers se liefde en leiding nodig hê. Ouers moet dus ’n veilige omgewing skep waarbinne kinders kan floreer, God leer ken en vir die toekoms voorberei word.
In Ouerskap gee Johan Smith 10 riglyne vir ouers om hierdie belangrike taak ’n bietjie makliker te maak. Hy bespreek onder andere kwessies soos dissipline, kommunikasie, konflik, tyd saam deurbring, tegnologie en hoe om jou kinders van God te leer.
Dit is moontlik om hierdie reis saam met jou kinders te geniet terwyl jy verantwoordelike, Godvresende volwassenes grootmaak.
Vertrou jy op jouself ... of vertrou jy op God?
Waar die wêreld ’n mens aanmoedig om op omstandighede, sukses en ander se opinies staat te maak, sê God ons moet Hom ten volle vertrou. As ’n mens dit doelbewus doen, kan dit jou help om goeie keuses te maak, angstigheid te oorkom en ’n positiewe lewensuitkyk te kweek.
In Vertrou God elke dag help internasionale spreker en New York Times-topverkoper-outeur Joyce Meyer jou om elke dag van die jaar reg te begin. Elke dag se stukkie bevat praktiese raad en hulp van Joyce, asook lewensveranderende beloftes uit God se Woord wat jy vinnig en maklik in jou eie lewe kan toepas.
365 Dagstukke om jou te help om goeie keuses te maak, kommer teë te werk, angstigheid te oorkom en ’n positiewe lewensuitkyk te kweek.
In Jesus luister: 100 mini-oordenkings vir dankbaarheid & vreugde
neem Sarah Young jou op 'n reis van 100 dae om al die seëninge uit te
ken wat God elke dag oor jou lewenspad strooi.
Deur hierdie reis saam met haar te onderneem, sal jy:
• agterkom dat geen vreugde volledig is as jy nie daavoor dankbaar is
nie
• 'n fondament van dankbaarheid in jou hart vestig
• op die uitkyk wees vir al die skatte wat God daagliks op jou pad sit
• die seëninge wat jy voorheen misgekyk het, begin raaksien
• groter dankbaarheid begin toon vir God se genade
• meer bewus raak van al die ander seëninge wat God ook voorsien
• vreugde ervaar
Kenmerke:
• 152 mm x 107 mm, sagteband
• 10-punt lettergrootte
Ek Bid vir Jou deur Jean Fischer is een van die beste kinderboeke oor liefde en die gesin wat uitspel hoe ver 'n ma se liefde strek.
Hierdie plaaslike uitgawe van die pragtige storie volg 'n mammabeer se pad van voor haar kindjie se geboorte tot sy eerste dag op skool en hoe sy oor en vir haar kind bid.
Ek Bid vir Jou is vol pragtige, volkleur kunswerk deur Frank Endersby, met 'n gebed op elke dubbelblad.
Hierdie boek is ideaal vir voorlees deur ouers vir hul kinders voor slaaptyd, as 'n beginpunt vir 'boekevat' of stiltetyd.
Laat sy liefde jou lei deur topverkoper-outeur Milanie Vosloo is
geskryf vir vroue wat weet dat die lewe, hulle self en ander nie perfek
is nie, maar wat steeds in die liefde glo. Die dagstukke verseker
vroue: Wat jou drome en ideale ook al is, waar jy jou ook al op die
lewenspad bevind, laat God se liefde jou lei in alles wat jy doen, en
jy sal sy vrede en vreugde ervaar.
Dié dagboek bevat 365 besielende dagstukke vir vroue wat fokus op die
positiewe wat ’n mens kry uit ’n liefde-lewe. Dit sluit temas in soos:
die liefde leef met hoop, die liefde ken dankbaarheid en die liefde glo
die beste.
In Laat sy liefde jou lei nooi Milanie Vosloo lesers om saam met haar
op die pad van die liefde te stap, die waarhede van die
Skrif-oordenkings te lees en te oordink, dit op hul eie lewe toe te pas
en die vreugde wat hulle gaan put uit hul nuutgevonde liefde vir God,
hulself en die mense om hulle te geniet. Maak nie saak wat die vraag is
nie, liefde is die antwoord.
• Handige sakpas-formaat
Dit is normaal vir ouers om besorg te wees oor hulle kinders, veral as
dit by hulle geloof kom. Daarom is dit belangrik om seker te maak hulle
verstaan die Bybel en die belangrikheid daarvan sodat hulle hulle sterk
kan staan in daardie moeilike tienerjare en ook die uitdagings van die
volwasse lewe kan hanteer.
Die Bybel-Trivia Dagboek: 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde
bevat 365 dagstukke vol interessante Bybelse inligting wat tieners sal
uitdaag om die beginsels daarin ook in hulle eie lewe toe te pas. Deur
na te dink oor Skrifgebeure, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse
plekke en gebeure, sal hulle nuwe insig kry in bekende Bybelgedeeltes.
Tieners sal ontdek dat niks in die Bybel onbelangrik is nie, maar dat
dit God se lewende Woord is wat hoop, vrede en lewe in oorvloed bied
vir elkeen wat dit lees.
• 365 oordenkings vir tieners
• Elke dag bevat ’n teksvers, ’n interessante vraag oor die Bybel en ’n
kort dagstuk om jong tieners te help om die regte antwoord te ontdek
• Dit bevat vrae oor Bybelverse, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse
plekke en gebeure
• 384 eenkleur-bladsye
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Trivia Devotional
Baie gelowiges hunker na ’n inniger verhouding met God en wil graag
geestelik meer groei. In 12 Sleutels tot geestelike groei span vier
bekende outeurs saam om vir gelowiges 12 Skrifbeginsels te gee wat ons
geloofslewe moet kenmerk. Dit is Skrifbeginsels wat God wil hê aan die
fondament van elke volgeling van Christus se
geloofslewe moet lê:
- Geloofsekerheid
- Groei
- Gehoorsaam
- Groepe
- Gawes
- Getuig
- Genade
- Gebed
12 Sleutels tot geestelike groei is ideaal vir persoonlike studie, maar
is so saamgestel dat ’n mens groter waarde daaruit sal kry as dit as ’n
handboek gebruik word vir kleingroepe.
Met die deurwerk van hierdie Bybelstudie sal lesers wonderlike groei en
geestelike verryking ervaar. Dit sal hulle ook aanmoedig om die Woord
beter te leer ken en meer vrug te dra in die Koninkryk.
Wanneer dit voel of alles vir jou te veel word, is God se getroue
beloftes daar om jou te verseker dat God getrou is en ons nooit in die
steek sal laat nie.
Die Skrifbeloftes in Beloftes van God vir vroue, ’n pragtige
sakpas-geskenkboekie met tweekleur-drukwerk, sal elke vrou lei en
verseker van God se beskerming en liefde. Die 30 temas – soos gebed,
konflikhantering, onderskeidingsvermoë, troos, vergifnis, vertroue en
vreugde – is alfabeties gerangskik sodat ’n tema maklik opgespoor kan
word.
• ’n Skrifgebaseerde sakpas-belofteboek vir vroue.
• 30 temas in alfabetiese volgorde.
• Tweekleur-drukwerk.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Promises from God for Women.
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir vroue.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag met rits
• 1400 bladsye, goudgerand
• Merklint
• Duimgrepe
Ontsluit die Bybel: ’n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament
is ’n omvattende Bybelreis van Genesis tot Openbaring deur Stephan
Joubert en Leonard Maré. Dié Bybelstudie sal soekendes help om dieper
te delf in die kosbare waarhede van die Skrif en sodoende nuwe insigte
te ontdek op hulle pad na geestelike groei. Ontsluit die Bybel bied 95
studies oor die Nuwe Testament en 71 studies oor die Ou Testament.
Deel 1 van hierdie boek bespreek: “Hoe verstaan en gebruik ons die
Bybel reg?” Daarna volg die fokus op die Bybel self in Deel 2 (Ou
Testament) en Deel 3 (Nuwe Testament). Die Ou en Nuwe Testament word
vir die leser uitgelê deur die ontstaansituasie, opbou, hooffigure
en/of hooftemas van elke Bybelboek te bespreek. Dit word afgerond deur
’n verklarende uitleg van sekere kerngedeeltes.
Ontsluit die Bybel begelei die leser in meer as 160 studies om self
dieper te delf ten einde die onderskeie Bybelboeke se teologie, opbou,
inhoud, doel, verhaalgang en styl te verstaan.
• Bybelstudie ideaal vir groepe of individue.
• 160 studies oor die Ou en Nuwe Testament
• Fokus op die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en/of hooftemas van
elke boek
Ontsluit die Bybel sal lesers uitdaag om die Bybel boek vir boek dieper
te leer ken deur konteks te gee waarmee hulle dan groot vraagstukke kan
deurdink en dieper betekenisse kan ontdek - op hul eie of saam met
ander.
Voel alles in jou lewe buite beheer? Dalk voel dit of jy vir almal in
jou lewe moet ja sê. Dalk neem jy verantwoordelikheid vir ander se
emosies en probleme. Of dalk fokus jy so baie daarop om liefdevol en
onselfsugtig te wees dat jy vergeet het waar jou eie beperkings lê. Of
is dit alles dalk waar van jou?
In Grense: Wanneer Om Ja te Sê en Hoe Om Nee Te Sê Om Beheer Te Neem
Van Jou Lewe help dr. Henry Cloud en dr. John Townsend jou om te weet
wanneer om ja te sê en hoe om nee te sê sodat jy weer in beheer is van
jou lewe en gesonde grense kan stel vir jou eggenoot, kinders, vriende,
ouers, kollegas – en selfs jouself! Dit sal lesers help om hierdie
moeilike vrae te beantwoord:
• Kan ek grense stel en steeds ’n liefdevolle persoon wees?
• Wat is gesonde grense?
• Hoe kan ek my digitale wêreld bestuur sodat dit my nie beheer nie?
• Wat as my grense iemand ontstel of seermaak?
• Hoe antwoord ek iemand wat my tyd, liefde, energie of geld wil hê?
• Hoekom voel ek skuldig of bang wanneer ek daaraan dink om grense te
stel?
• Hoe rym grense met wedersydse onderdanigheid in die huwelik?
• Is dit nie selfsugtig om grense te stel nie?
Jou lewe hoef nie buite beheer te raak nie. Ontdek hoe grense jou lewe
vandag beter kan maak!
As die hoof van die huis wat ook nog werkstres moet hanteer, kan dit
soms vir jou voel of jy die hele wêreld op jou skouers dra. Maar jy is
nie alleen nie. God is reg langs jou.
Die sakpas-Bybel met oordenkings vir mans bevat 366 daaglikse gedagtes
wat jou sal help om die daaglikse eise van die lewe te verruil vir God
se vrede namate dit jou leer om sterk te staan in jou geloof. Elke dag
bevat ’n versameling kernverse uit die Skrif en ’n kort oordenking oor
temas soos spanning, gesin, finansies, leierskap, sukses en wysheid.
Daar is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies
waaroor jy wonder.
Hoe belangrik is vroue vir God? Vroue van die Bybel: 12 Studies Oor
Lewensbeginsels antwoord hierdie vraag deur na belangrike vroue in die
Ou en Nuwe Testament te kyk.
Deur die lewens van twaalf vroue – Eva, Sara, Mirjam, Ragab, Debora,
Rut, Hanna, Ester, die deugsame vrou, Marta en Maria, Maria die ma van
Jesus, en die bruid van Christus – te bestudeer leer lesers belangrike
lewenslesse rakende totale gehoorsaamheid aan God asook die mislukkings
wat spruit uit ongehoorsaamheid. Die Bybelvroue leer lesers ook hoe om
huishoudelike sake en kinderopvoeding te hanteer. In 12 weke met genoeg
studies vir vyf dae van die week bespreek hierdie Bybelstudie nuwe
temas om vroue se posisie voor die Here en sy plan te verstaan. Dit
bied ook antwoorde op moeilike vrae wat algemeen deur hedendaagse vroue
gevra word.
Vroue van die Bybel is ideaal vir vroue wat self ’n verhouding met die
Here wil ontwikkel.
• 12 weke met studies vir 5 dae van die week.
• ’n Interaktiewe studie wat belangrike, interessante skriftuurlike
punte inkorporeer.
• Dit bied ’n historiese perspektief op die karakters.
• Dit gee interessante feite oor die tyd waarin die karakters geleef
het.
In Jesus luister, 'n 366-dagstukkiegebedeboek, word jy uitgenooi om jou
verhouding te verdiep met die Een wat met oneindige liefde na jou
gebede luister.
Deur daagliks tyd in gebed saam met God deur te bring, sal jy:
• Leer hoe om te bid
• Jou gebedslewe verryk
• Ondervind hoe gebed jou hart en lewe verander
• Jou verhouding met God verdiep
• Vrede, vreugde en hoop vir moeilike tye vind
Kenmerke:
• 366 dae van gebed wat gebaseer is op die Bybel
• Met Skrifverwysings ná elke gebed
• 190 mm x 140 mm, hardeband, met 'n lint vir plekaanduiding
• 12-punt lettergrootte
As gelowiges in Christus sien ons uit na die ewigheid en om eendag by
ons geliefde Saligmaker te wees. Maar hoe moet ons intussen leef en hoe
moet ons die kwessies op ons pad hanteer? Vaste geloof se 366 dagstukke
sal jou help om ’n man of vrou na God se hart te wees met ’n geloof wat
gebou is op ’n vaste fondament. Met onwankelbare vertroue op God sal jy
toegerus wees om enige uitdaging, probleem of onsekerheid te hanteer.
Stap saam met Angus Buchan op ’n jaarlange reis en leef elke dag voluit
vir Jesus terwyl jy jou aardse reis sterk en oorwinnend voltooi.
• 366 oordenkings
• 392 bladsye
• Hardeband met merklint
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Firm Faith
Die Nuwe Lewende Vertaling Super Grootdruk is die ideale Afrikaanse
Bybel vir lesers wat van ’n ekstra groot lettertipe hou.
Die Super Grootdruk-uitgawe bevat die volledige teks van die vertroude
Nuwe Lewende Vertaling. Dit kombineer Skrifgetrouheid en
lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse
Afrikaans vir vandag se leser weer te gee. Agt volkleur-kaarte is ook
ingesluit.
Hierdie Bybel beskikb oor die volgende kenmerke
• Verduidelikende voetnote
• 16.5-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• Kunsleer-omslag
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe
|
|