![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
Die dood van ’n geliefde bring intense hartseer mee. Dr. Henk Gous deel
in Wanneer ’n geliefde sterf uit sy jare lange ervaring as berader
asook sy persoonlike ervaring met die verlies van sy dogter. Hy is
daarom ideaal toegerus om jou met wysheid en empatie op hierdie
moeilike pad van rousmart te begelei. Elkeen van die 40 dagstukkies het
plek om jou eie emosies, vrae aan God, ondraaglike pyn, selfs woede, en
enige ander gedagtes neer te skryf. So sal hierdie boekie ’n joernaal
wees van jou uniek persoonlike reis na aanvaarding, vertroosting, vrede
en vreugde.
Angs neem baie vorme aan, dis dalk die vrees wat oor jou skouer loer, die paniek wat alewig aan jou sy blyk te wees of die wolk van bekommernis wat oor jou lewe hang. Vir baie mense is dit ’n reus wat hulle wysmaak dat hulle nooit, ooit weer ’n normale lewe gaan kan lei nie; ’n reus wat jou vasvang in ’n greep van duisternis en wanhoop. Jy kán egter losbreek en sonder angs lewe. Uit sy eerstehandse ervaring van die stryd teen angs, deel Pastoor Louie Giglio beide praktiese en geestelike wenke om vry te kom. Aan die hand van ’n boodskap van bemoediging en hoop verduidelik hy die paradoks dat angs dalk dood is, maar steeds dodelik is – met ander woorde, angs is steeds oorweldigend, maar daar is egter Iemand wat reeds die oorhand oor angs gekry het. Hierdie nuttige hulpbron wys jou hoe om ‘n kruisie te trek deur jou angs met die sterkste wapen tot ons beskikking: Jesus se kruis. Elke dag se oordenking sal jou help om een voet voor die ander te sit en grond te wen in die stryd sowel as om bose vestings af te breek omdat Jesus reeds namens jou die oorwinning behaal het.
Deur die loop van haar invloedryke loopbaan as skrywer het Stormie
Omartian miljoene vroue geïnspireer om kragtig te bid oor hulle
huwelik, gesin en lewe. Nou wil Stormie die volgende geslag
gebedstryders leer hoe om met God te praat.
Gebeur daar vandag nog wonderwerke? Groot wonderwerke, soos genesing
van terminale siekte en kreupelheid?
Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op
die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande
teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en
inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat
dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die
nuutste Bybelkundige insigte.
Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
Wanneer ’n mens se lewe vreeslik deurmekaar voel met niks wat reg uitwerk nie, mense wat siek word, vriende wat vreemde dinge doen en wêreldwye chaos, het jongmense ’n anker nodig. As gelowiges is ons grootste lewensanker God en sy Woord. Gewilde skrywer Ewald van Rensburg ken die harte van kinders en jongmense, en hy verstaan hulle vrae en twyfel. Met die opbouende en inspirerende verhale in hierdie 365 Skrifgebaseerde oordenkings wil hy opnuut vir jong tieners hoop bring in ’n wankelende wêreld. Die oordenkings fokus op God se ewige liefde en trou, en sy redding deur Jesus Christus deur vanaf Genesis tot Openbaring chronologies deur die Bybel te werk. Elke kort oordenking word gevolg deur ’n kort gebed. God in elke storie se 365 oordenkings sal elke jongmens se hart opnuut anker in God se trou.
Baie woorde of frases in die Bybel is vir hedendaagse lesers moeilik
verstaanbaar.
Baie woorde of frases in die Bybel is vir hedendaagse lesers moeilik
verstaanbaar.
Voel dit of die eise van die lewe jou wil oorweldig? Smag jy na ’n plek
waar jy kan wegkom van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor
die toekoms?
Is jy op soek na vrede? ’n Kalm oomblik te midde van die chaos? Voel
dit of selfs één dag sonder bekommernisse eenvoudig buite jou bereik is?
Marc, 'n sensitiewe jong Suid-Afrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem
om sy Joodse ouma te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy
vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in
'n geloofstryd. Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy
Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy die chaos
in sy hart probeer orden: Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus
in Israel te leef? Die is die eerste roman in die gewilde Israel-reeks.
Kinders vra soms uitdagende vrae, soos: Wie het vir God geskep? Waar is
die hemel? Hoekom laat God toe dat virusse oorneem? Kan God enigiets
doen? Kan Hy dinosourusse weer laat lewe? As God alles weet, hoekom
moet ek bid?
Dit is harde werk om ’n ondersteunende huweliksmaat te wees en jou
huwelik sterk en bevredigend te hou. Dit kan soms voel asof jy en jou
huweliksmaat besig is om uitmekaar te dryf omdat julle lewens so vol en
besig is. Kragtige gebede om jou huwelik te verryk Gebedeboek is ideaal
om kwaliteit-tyd in gebed saam met jou huweliksmaat deur te bring.
Psalms vir ’n vreugdevolle lewe is ’n versameling inspirerende
aanhalings uit die psalms wat volgens temas ingedeel is. Temas soos lof
en aanbidding, rykdom en vertroue op God bring elke leser nader aan
God. Psalms vir ’n vreugdevolle lewe bevestig opnuut hoeveel troos en
bemoediging die Skrif bied vir elke gelowige wat tot God nader.
Hoe wonderlik dat God ons vertrou om Sy ligdraers te wees. Nog beter nuus, Hy maak ons gewillig en bekwaam om Sy ligdraers te wees. As ons aan onsself die vraag sou vra: Hoe vervul ons die verwagting van God, om sy werk hier op aarde te doen? Alles gaan nie noodwendig oor ons woorde nie, maar die grootste kommunikasie is wat mense by ons sien, ons optrede elke dag. In die boek probeer ek ’n paar punte uitlig waarop ons kan fokus om die verwagting wat God oor ons het, na te kom. Die groot beloning vir ons staan in Fillipense 2 v. 16 waar die Woord sê dat God trots gaan wees op ons omdat ons Sy ligdraers was. Ons geloof is ’n offer in Sy diens.
Of jy vandag leiding nodig het, God wil loof vir sy seëninge, of God se
aangesig soek omdat jy mislukking of versoeking ervaar, Beloftes vir
elke dag het die inspirasie wat jy nodig het om jou in God se
teenwoordigheid te bring. Temas soos beskerming, genade, krag, redding
en liefde vir God, en aanhalings deur mense soos Billy Graham en
Charles Spurgeon belig God se beloftes aan gelowiges. Dit lei elke
leser om te weet dat God elke oomblik by ons elkeen is.
Geloof soos aartappels is die inspirerende ware verhaal van bekende evangelis Angus Buchan. Dit is ’n getuienis van hoe geloof ’n mens deur die donkerste tye kan dra. Nadat Angus tot bekering gekom het, is hierdie humeurige man wat van sy drank gehou het, verander in ’n passievolle dienaar van God. Sy geloof het hom al deur droogtes, familietragedie en finansiële krisisse gedra. Sedert hy tot bekering gekom het, het Angus die evangelie oor die wêreld heen verkondig. Hy het ook ’n kinderhuis gestig, verskeie boeke geskryf en duisende mense geïnspireer met sy boodskappe op TV, radio en by sy konferensies. Hierdie aangrypende boek sal jou opnuut verseker van God se almag en sy voorsiening vir sy kinders.
Mini-oordenkings vir vroue is ’n geskenk van hoop en vreugde wat vroue
herinner dat God altyd naby hulle is. Die 180 kort en inspirerende
oordenkings sal elke vrou aanmoedig om God se belofte van onfeilbare
liefde te koester.
Spreuke vir jou daaglikse wandel bied praktiese wysheid vir elke
gelowige oor ’n verskeidenheid lewensaspekte. Die versameling
bemoedigende teksverse uit Spreuke is tematies gerangskik en bied
leiding en insig oor sake soos jou verhoudings, beroepslewe, finansies
en ander aspek van die lewe.
Gebede om jou hart te seën is propvol inspirasie vir elke gelowige wat
in gebed tot God wil nader, maar sukkel om die regte woorde te vind.
Dit bevat gebede uit die Woord, asook klassieke gebede van skrywers
soos Dietrich Bonhoeffer, Amy Carmichael, St. Augustinus en Ruth Bell
Graham. Van die temas wat aangeroer word, is lofprysing, danksegging,
tye van swaarkry en geestelike groei.
Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op
die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande
teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en
inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat
dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die
nuutste Bybelkundige insigte.
Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
Ons seuntjie se eerste jaar is kostelike herinneringsboeke wat ouers
sal help om daardie kosbare herinneringe van hulle kleinding se
eerstelewensjaar vas te bewaar. Hierdie pragtige boeke bied:
’n Omvattende Afrikaanse Studiebybel gebaseer op die vertroude teks van
die NLV wat die temas van die Bybel in diepte ontgin.
|
You may like...
|