0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (23)
  • R50 - R100 (46)
  • R100 - R250 (225)
  • R250 - R500 (143)
  • R500+ (35)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Christelike Publikasies

Die Bybel in 366 Dae vir Manne van Geloof (Afrikaans, Paperback, Nuwe Buiteblad): Angus Buchan Die Bybel in 366 Dae vir Manne van Geloof (Afrikaans, Paperback, Nuwe Buiteblad)
Angus Buchan
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bybel in 366 dae vir manne van geloof is ’n waardevolle hulpmiddel vir mans wat die Bybel beter wil leer ken, maar nie weet hoe en waar om te begin nie. Nou kan hulle die kerngedeeltes van die Bybel in net een jaar lees.

Belangrike sleutelteksgedeeltes uit die hele Bybel (Nuwe Lewende Vertaling) word chronologies aangebied vanaf Genesis tot Openbaring, saam met kort, inspirerende gedagtes deur Angus Buchan.

Die Bybel in 366 dae vir manne van geloof, in sakpasformaat, is ’n handige hulpbron vir geestelike groei. Dit sal jou geloof versterk en jou inspireer om toegewy aan God te leef.

Die Gevangene In Die Derde Sel (Afrikaans, Paperback): Gene Edwards Die Gevangene In Die Derde Sel (Afrikaans, Paperback)
Gene Edwards 1
R11 Discovery Miles 110 Ships in 4 - 8 working days

Die gevangene in die derde sel is 'n boek vir almal wat omstandighede ervaar wat hulle nie verstaan nie. Dit is die dramatiese verhaal van Johannes die Doper wat in die gevangenis worstel om 'n Here wat nie aan sy verwagtings voldoen het nie, te verstaan.

NLV Standaard Bybel (Met Duimgrepe) (Roesbruin & Goud Linne) (Afrikaans, Paperback): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Standaard Bybel (Met Duimgrepe) (Roesbruin & Goud Linne) (Afrikaans, Paperback)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R500 R459 Discovery Miles 4 590 Save R41 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) bied ’n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duisende lesers.

Die NLV standaard-uitgawes spog nou met ’n verskeidenheid nuwe en opwindende omslae.

  • 9 punt lettergrootte
  • Dubbelkolom-uitleg
  • 8 volkleur-kaarte
  • Merklint
  • Duimgrepe
  • Bladsye goudgerand
Alle Sondaars Welkom - Gedagtes Oor God En Die Grense Van Mense (Afrikaans, Paperback): Jaco Strydom Alle Sondaars Welkom - Gedagtes Oor God En Die Grense Van Mense (Afrikaans, Paperback)
Jaco Strydom
R265 R249 Discovery Miles 2 490 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Alle Sondaars Welkom is ’n mengelmoes gedagtes oor God en sy mense wat oor die laaste paar jaar geskryf is.

Jaco Strydom motiveer lesers om te leer by groot geeste in die verlede en die vreemde wesens wat ronddwaal in die hede; community met ander soekers te ontdek; in verwondering te staan voor die misterie en nuut te kyk na Jesus.

Die boek sal jou uitdaag om saam te soek na die wilde waarheid, na geloof te midde van ongeloof, bygeloof, misterie en verwondering.

Die Jirre Is My Wagter - Psalms En Inkele Annerlike Tekse Ytie Bywel Yt (Afrikaans, Paperback): Elias P. Nel Die Jirre Is My Wagter - Psalms En Inkele Annerlike Tekse Ytie Bywel Yt (Afrikaans, Paperback)
Elias P. Nel
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die Psalms is ongetwyfeld een van die mees geliefde boeke in die Bybel. Dit daag uit, aanbid en bevestig God se bemoeienis met die mens.

Elias P Nel deel in 'n outentieke stem tekste uit die Psalms en ander Bybelboeke in die taal van sy kinderjare, Boesmanlandse Afrikaans. Hy bevestig God se herderskap in ons lewe. Hierdie herskryfde tekste is hartgebeure wat op papier gesit word.

Tekste wat oorgeskryf is sluit die Psalms, Spreuke, Lukas, Johannes, Handelinge, Romeine en Openbaring in.

Gesprekke Met God: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Neale Donald Walsch Gesprekke Met God: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Neale Donald Walsch; Translated by Petrovna Metelerkamp
R183 Discovery Miles 1 830 Ships in 4 - 8 working days

In hierdie buitengewone gesprekke met God vind die skrywer antwoorde op vrae wat so oud is soos die mens: vrae oor die lewe en liefde, die verskil tussen goed en kwaad, erfsonde, die bestaan van die hel, die waarde van gebed, menslike verhoudings, die rol van seks, van geld, die werk wat jy doen, siekte en hoe om gesond te bly, ervaring van die dood, psigiese vermoëns, die Wederkoms.

Die natuurlike, ongekunstelde taal waarin God se boodskappe hier weergegee word, bevredig die moderne mens se behoefte aan ‘n meer direkte verbintenis met die Groot Ongesiene. Die boek neem soveel skuldgevoelens weg en bring soveel hoop – veral hoop dat jy die goddelike in jou kan verwesenlik.

Die dans met God (Afrikaans, Paperback): Abel Pienaar Die dans met God (Afrikaans, Paperback)
Abel Pienaar 1
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Is daar 'n absolute waarheid wat ons lewe beheer? Wereldwyd raak al meer mense in hulle denke volwasse. Hulle aanvaar nie sake onkrities vir 'n "tweedehandse" lewe nie. Die dans met God vra reguit vrae en sny diep deur tradisionele antwoorde om by die sin van die lewe uit te kom. Moderne mense fokus net op dinge wat hulle kan bewys - maar verloor die misterie. Is daar 'n ander pad? Hoe kan ons nuut dink oor God en die geloof, sonder om die innerlike belewing prys te gee? Hierdie oopkop en rustige (soms vrolike) boek neem die leser op 'n lewensreis waar elkeen self kan soek - en vind. Jy leef die oomblik, want dis heilig.

Jesus-Leierskap - Hoe Om Te Lei In 'n Veranderende Wêreled (Afrikaans, Paperback): Roedolf Botha Jesus-Leierskap - Hoe Om Te Lei In 'n Veranderende Wêreled (Afrikaans, Paperback)
Roedolf Botha
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is nie maklik om vandag ’n geestelike leier te wees nie. Roedolf Botha probeer die tye waarin ons leef navigeer aan die hand van die Markus-evangelie, met klem op die volgende kwessies: Hoe lei ons getrou aan die missie ons opgelê, wat is die ingesteldhede, aksies en toerusting wat ons nodig het en watter innerlike transformasie vra dit van ons? Hierdie toeganklike boek sal jou help om die duistere waters van ons deurmekaar tye die hoof te bied. “Roedolf Botha neem ons op ’n boeiende reis deur die Markusevangelie om die hartklop van egte leierskap ver en diep te ontgin” - Stephan Joubert

Twee Kinders Later (Afrikaans, Paperback): Charme Kriel Twee Kinders Later (Afrikaans, Paperback)
Charme Kriel
R265 R249 Discovery Miles 2 490 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Charmé word met pre-eklampsia gediagnoseer toe sy 27 weke swanger is met Lisa. Klein Lisatjie word met ’n noodkeisersnee gebore en Charmé se lewe verander heeltemal. Lisa weeg 850 gram, en sy veg elke dag om haar lewe. Charmé se reis tot ma-word was nie maklik nie. Maar Charmé vertel haar storie met humor en deernis: ‘n universiële storie van oorlewing van elke modern ma.  Charmé se storie help ons om te weet dat ons nie alleen is nie, die ma langs jou het dieselfde pyne, vreugde, angs en vrae.

Die Doelgerigte Lewe (Afrikaans, Paperback): Rick Warren Die Doelgerigte Lewe (Afrikaans, Paperback)
Rick Warren
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die mees basiese vraag waarvoor elkeen in die lewe te staan kom, is: Hoekom is ek hier? Wat is my doel? Volgens Rick Warren lê die antwoord by God en sy ewige doel met elke mens se lewe. Ware betekenis en belang kom van insig in en vervulling van die doel waarvoor God ons op die aarde geplaas het.

Die doelgerigte lewe stel lesers in staat om te begryp waaroor die lewe eintlik gaan, en om die lewe te begin leef waarvoor God hulle geskep het.

Deur die gebruik van Bybelse verhale en deur die Bybel self te laat praat, verduidelik Warren God se vyf doelwitte vir ons elkeen:

  • Ons is beplan vir God se behae: Jou eerste doel is om Hom opreg te aanbid
  • Ons is gevorm vir God se familie: Jou tweede doel is om opregte sielsgemeenskap te ervaar
  • Ons is geskep om soos Christus te word: Jou derde doel is om opregte dissipelskap te leer
  • Ons is gevorm om God te dien: Jou vierde doel is om opregte bediening te beoefen
  • Ons is gemaak vir ’n sending: Jou vyfde doel is om opregte Evangelieprediking uit te leef

Hierdie hersiene en uitgebreide weergawe beklemtoon die vraag: Wat op aarde doen ek hier? Dit is ook die lewensboodskap van Rick Warren, stigterspastor van Saddleback Church. Die boek is in ’n boeiende styl geskryf en in 42 kort hoofstukke (ses weke) ingedeel wat as dagstukkies gelees kan word, deur kleingroepe bestudeer en deur kerke gebruik kan word.
NLV Grootdruk (Wynrooi) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Grootdruk (Wynrooi) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R399 R367 Discovery Miles 3 670 Save R32 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) in grootdruk bied ’n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duisende lesers.

• 12 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint

NLV Bybel (Met Ritssluiter & Duimgrepe) (Tweekleur Bruin) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding): Andrie Du Toit, Wil... NLV Bybel (Met Ritssluiter & Duimgrepe) (Tweekleur Bruin) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding)
Andrie Du Toit, Wil Vosloo
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) kombineer Skrifgetrouheid en lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse Afrikaans vir vandag se leser weer te gee.

Hierdie grootdruk-uitgawe met kunsleer-omslag beskik oor die volgende kenmerke:

• Voetnote om begrip en kennis uit te brei
• 12 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe
• Verpakking: “Sleeve”

Genesing Vir Trauma - In Die Suid-Afrikaanse Konteks (Afrikaans, Paperback): Yvonne Retief Genesing Vir Trauma - In Die Suid-Afrikaanse Konteks (Afrikaans, Paperback)
Yvonne Retief
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die tweede, hersiene uitgawe van Genesing vir Trauma is ’n diepgaande, omvattende handleiding wat steun op dekade lange eerstehandse ervaring in berading. Die tweede uitgawe is nie net volledig opgedateer en bygewerk nie, maar bevat ook nuwe hoofstukke, soos die hoofstuk oor die impak van Covid-19.

Beide beraders en slagoffers sal kan baat vind by die verstaanbare, relevante inhoud propvol algemene wysheid en geestelike begeleiding. Elke hoofstuk bevat waardevolle riglyne oor hoe om mense wat 'n spesifieke vorm van trauma beleef het by te staan, en wel binne die Suid-Afrikaanse konteks.

Hierdie opgedateerde uitgawe spreek tot alle groepe binne die Suid-Afrikaanse samelewing. Hoewel die boek vanuit 'n Christelike perspektief geskryf is, is die beradingstegnieke wetenskaplik-gefundeerd en kan dit deur 'n wyer mark gebruik word. Individuele genesing het ’n genesende uitkringeffek op die gemeenskap wat vir almal van belang is. Yvonne Retief se sentrale boodskap is dat daar genesing en hoop vir slagoffers van trauma is.

Dit Het Jesus Nooit Gesê Nie (Afrikaans, Paperback): Andries Enslin Dit Het Jesus Nooit Gesê Nie (Afrikaans, Paperback)
Andries Enslin
R160 Discovery Miles 1 600 Ships in 2 - 4 working days

Wat het Jesus werklik gesê

• Jy mag nie lag en die lewe geniet nie

• As jy twyfel glo jy nie regtig nie

• ʼn Man is ʼn vrou se baas

• Jou besluite en keuses is jou probleem …

Daar word baie keer verkeerdelik geglo of oorgedra wat hulle dink Jesus gesê het. Mense glo dan iets wat nie altyd waar is nie.

In Dít het Jesus nooit gesê nie word feit en fiksie geskei. Daar word duidelik gesê wat die wêreld glo Jesus sê en wat Hy werklik gesê het.

Profesie Bybel - Nuwe Testament (Bruin) (Afrikaans, Hardcover, 2020 Vertaling): Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die... Profesie Bybel - Nuwe Testament (Bruin) (Afrikaans, Hardcover, 2020 Vertaling)
Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die Bybelgenootskap van Suid Afrika
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die Profesie-Bybel Nuwe Testament is die volledige 2020-vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Nuwe Testament saam met 50 artikels oor profesie - ’n eerste in Afrikaans!

Elke Nuwe-Testamentiese Bybelboek is vergesel van ’n inleiding wat fokus op die profetiese inhoud en belang van daardie boek. Die 50 artikels dek profesieë en sluit temas in soos geheimenisse en profesie, die Kerk en profesie, die laaste dae, tekens van die tye, die Antichris, die merk van die dier, die Nuwe Jerusalem en veel meer. Profesie beslaan ’n groot gedeelte van die Bybel. ’n Bietjie meer as ’n kwart van die Skrif was profeties toe die Heilige Gees dit geïnspireer het. Vervulde profesie wys dat God getrou is om sy beloftes na te kom. Dit wys ook dat die Woord van God waar is.

Omdat God waar en getrou is, kan Hy geglo en vertrou word om steedsonvervulde beloftes en profesieë ook te vervul (vgl Joh 13:19). Verder wys profesieë dat God soewerein oor die geskiedenis en tyd is (Jes 46:9-11; Dan 2:20-22).

God is in beheer: Hy bring sy plan in Christus as Verlosser en Koning in die geskiedenis tot vervulling (Hand 4:12; Op 11:15). Profesie gee hoop vir ons toekoms in Christus.

Draers Van Die Lig - 200 Oordenkings Vir Vandag (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Johan Smith Draers Van Die Lig - 200 Oordenkings Vir Vandag (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Johan Smith 1
R295 R277 Discovery Miles 2 770 Save R18 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Draers Van Die Lig is 200 oordenkings vir mense vandag, geskryf deur goeie vriende Stephan Joubert en Johan Smith.

Die oordenkings is relevant, kragtig en op die man af en bespreek alledaagse kwessies soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade en hoe om steeds draers van die Lig in die wêreld vandag te wees.

Evangelieliedere (Afrikaans, Hardcover): Evangelieliedere (Afrikaans, Hardcover)
1
R129 R119 Discovery Miles 1 190 Save R10 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie bundel is gevul met paslike liedere vir elke omstandigheid en geleentheid. Dit bevat Afrikaanse en Engelse liedere en probeer Engels- en Afrikaanssprekende gelowiges op geestelike gebied nader aan mekaar bring. Die liedere hierin sal enige byeenkoms ophelder en almal wat saamsing en luister tot seen wees.

Spore Van Genade - 45 Woordkunstenaars, 1 Bundel (Afrikaans, Paperback): Spore Van Genade - 45 Woordkunstenaars, 1 Bundel (Afrikaans, Paperback)
R255 Discovery Miles 2 550 Ships in 4 - 8 working days
Tussen Angs En Sekerheid - Gedagtes Rondom Gebed (Afrikaans, Paperback): Ferdinand Deist Tussen Angs En Sekerheid - Gedagtes Rondom Gebed (Afrikaans, Paperback)
Ferdinand Deist
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Wanneer gebed iets is wat jy elke dag moet doen, ’n gesprek met die plafon of die vervelige herhaling van dieselfde woorde het die wonder van gebed vir jou verlore geraak.

In hierdie heruitgawe van Ferdinand Deist se klassieke topverkoper boek oor gebed gesels hy met mense wat wil bid, maar nie kán nie.

Hierdie is geen kitskursus in die kuns van gebed nie, maar 'n toeganklike sagte begeleiding vir elkeen om die geheim van gebed terug te vind.

Verklarende Studiebybel (1933/1953) - (Ligroos) (Afrikaans, Leather / fine binding): Verklarende Studiebybel (1933/1953) - (Ligroos) (Afrikaans, Leather / fine binding)
1
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte.

Unieke kenmerke en eienskappe sluit in:

  • Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans
  • Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek
  • 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat ’n algemene oorsig bied oor die hele Bybel
  • Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste temas en leringe verken
  • Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom
  • Volkleur kaarte
  • 9-punt-lettergrootte

Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
My LullaBybel Vir Meisies (Afrikaans, Hardcover): Alette-Johanni Winckler My LullaBybel Vir Meisies (Afrikaans, Hardcover)
Alette-Johanni Winckler
R280 R258 Discovery Miles 2 580 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die bekoorlike volkleur-illustrasies sal klein ogies betower voor hulle toeval terwyl Mamma of Pappa die ritmiese gediggies voorlees om hulle aan die slaap te sus.

Elke gediggie het ’n gebed en ’n Bybelvers wat ouers sal aanspoor en bemoedig in hulle kosbare taak om kinders groot te maak.

Onverskrokke Vroue - Uitdagings En Oorwinnings Vanaf Bybelse Tye Tot Vandag (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Onverskrokke Vroue - Uitdagings En Oorwinnings Vanaf Bybelse Tye Tot Vandag (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Vroue speel nog altyd 'n sentrale rol in ons samelewing. Hul rol as versorgers word erken, maar wat van oa in die kerk of sakewêreld? Het die vrou se rol oor die jare verander? Bettina Wyngaard ontleed die kwessie in 'n gesprek tussen toeka en nou en Bybel en grondwet. Sy gaan kyk na die sogenaamde "text of terrors" en hoe die eerste vroue bygedra het tot die vryheid wat vroue vandag het in alle sfere van die samelewing geniet. Maak nie saak hoe stadig hul vorentoe beweeg nie, hul beweeg.

Leef Lig - Vyf Gewoontes Van Die Vroeë Kerk En Wat Dit Vir Ons Vandag Beteken (Afrikaans, Paperback): Jaco Strydom Leef Lig - Vyf Gewoontes Van Die Vroeë Kerk En Wat Dit Vir Ons Vandag Beteken (Afrikaans, Paperback)
Jaco Strydom 1
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 4 - 8 working days

'n Suksesvolle lewe gaan gewoonlik oor dinge bymekaarmaak: groter rykdom, meer status. Maar volgens Jesus moet jy iets laat gaan as jy geestelik wil groei. Jy moet ligter reis, nie swaarder nie. Die dissipels moes hulle nette los, die ryk jongman sy rykdom. Tot die kerk het haar grootste impak in die geskiedenis gemaak toe sy die minste besit het. Die boek motiveer ons om af te pak en vyf ou gewoontes by die vroeë kerk aan te leer, gewoontes wat ons kan help om ligter te reis.

Jaco Strydom is die leier van Echo Jeugontwikkeling en deeltyds gekoppel aan Villieria Gemeente. Sy skryfwerk verskyn die afgelope tien jaar in onder andere Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Maroela Media en Weg. Hy is ook 'n gereelde blogger. Hy woon tans in die Echo-gemeenskap in Villeria. Jaco het studeer by NWU en UP.

Kom Sit Aan - Vind Vreugde in die Alledaagse (Afrikaans, Paperback): Rudi Swanepoel Kom Sit Aan - Vind Vreugde in die Alledaagse (Afrikaans, Paperback)
Rudi Swanepoel
R255 R239 Discovery Miles 2 390 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Kan eet teruggeëis word as heilige daad, deels met die wete dat jy nooit geïsoleerd is nie, selfs al voel dit so?

Hedendaagse verbruikerskultuur vergeet die onsigbare, minag die ontasbare en maak ’n bespotting van die geringe. Is daar ’n lewegewende alternatief vir hierdie kultuur? Ons kan dit verander deur Christelike spiritualiteit en die keuse om aandagtig en bewustelik te lewe. Jy kan dit doen by ’n tafel – jy kan ’n sinnelose, bedwelmde bestaan ontkom en jy kan sien en hoor wat jy nooit sal sien en hoor as jy slegs ’n gewone verbruiker bly nie. Begin deur bewustelik te eet. Kyk na jou bord, asem die reuke in, kyk saam met wie eet jy, besef dat iets moes sterf vir daardie kos om op jou bord te beland, hetsy ’n hoender of ’n wortel. Die tafel is die verbindingsplek, met jouself, die natuur, met ander mense en met God. Kry balans in alles – moenie te veel eet nie, moenie te min eet nie, eet van alles, eet volhoubaar.

NLV Grootdruk (Swart) (Afrikaans, Large print, Hardcover): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Grootdruk (Swart) (Afrikaans, Large print, Hardcover)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R399 R367 Discovery Miles 3 670 Save R32 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) in grootdruk bied ’n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duisende lesers.

• 12 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Murdle 3: Even More Killer Puzzles - 100…
G. T. Karber Paperback  (1)
R445 R422 Discovery Miles 4 220
Churchill & Smuts - The Friendship
Richard Steyn Paperback  (6)
R320 R286 Discovery Miles 2 860
LOVE YOUR BASENJI AND PLAY SUDOKU…
Loving Puzzles Paperback R502 Discovery Miles 5 020
Falling Monuments, Reluctant Ruins - The…
Hilton Judin Paperback R395 R365 Discovery Miles 3 650
Facilitating Effective Communication in…
Jason R Parkin, Ashli D. Tyre Paperback R1,109 Discovery Miles 11 090
A Feminist Reading of Debt
Luci Cavallero, Veronica Gago Hardcover R2,651 Discovery Miles 26 510
Batman v Superman - Dawn Of Justice…
Ben Affleck, Henry Cavill, … Blu-ray disc  (16)
R228 Discovery Miles 2 280
Sight Word Trees, Grades K-2
Immacula Rhodes Paperback R297 R278 Discovery Miles 2 780
Gender and Domestic Violence in the…
Ann Marie Bissessar, Camille Huggins Hardcover R4,242 Discovery Miles 42 420
Categories and Representation Theory…
Hideto Asashiba Paperback R3,323 Discovery Miles 33 230

 

Partners