![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
Laat verandering, inspirasie en sukses weer opnuut in jou ontwaak word. Sleutels tot uitnemendheid bevat 80 bladsye van motiverende aanhalings en gedagtes oor sukses en uitnemendheid, wat met behulp van ’n pragtige uitleg-ontwerp aangebied word. Hierdie geskenkboek is gerig op diegene wat ’n positiewe uitkyk op die lewe wil ontwikkel en behou, en sal mense in staat stel om elke dag te groei en verander. Met plek vir ’n persoonlike boodskap in die voorkant van Sleutels tot uitnemendheid, is hierdie boek ideaal om te gebruik in die plek van ’n geleentheidskaartjie of as ’n geskenk om ’n vriend of kollega te bemoedig en te motiveer.
Hierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar ontvoer het. Ina: Verhaal Van Genade En Genesing is die merkwaardige verhaal van ’n oorwinnaar, ’n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers. Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is. Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.
1990 was ’n waterskeidingsjaar in Suid-Afrika se geskiedenis. Sedertdien het die Suid-Afrikaanse samelewing, en ook die NG Kerk, baie verander. Neels Jackson bied sy indrukke van die belangrikste tendense wat van 1990 tot 2020 in die NG Kerk plaasgevind het. Die wortel van die kerk word teruggevoer na Jesus toe, en die NG Kerk vandag kan ’n uitdagende toekoms op die spoor van Jesus Christus met vertroue tegemoet gaan.
John Eldredge se trefferboek Die ongetemde hart is nou beskikbaar in ’n gerieflike kleiner formaat. Die boek hou ’n heeltemal nuwe benadering tot manwees voor en nooi mans op ’n reis om hul Godgegewe, ongetemde aard te ontdek. Eldredge identifiseer drie kernbegeertes wat diep in elke man se hart geplant is: ’n stryd om te stry; ’n avontuur om te beleef; en ’n skoonheid om te red. Hy bespreek die redes waarom moderne mans nie in voeling is met hierdie begeertes nie, en verduidelik hoe hulle dit kan terugvind en dit kan uitleef tot voordeel van hulleself en hul verhoudings. Die ongetemde hart slaan die persepsie die nek in dat Christenmans vaal mannetjies is wat net in hul spoor trap en weinig anders doen. Dit is ’n uitnodiging om God se ongetemde aard hul eie te maak en ware manlikheid te ontdek.
In God is stééds God deel Benescke 60 hedendaagse lewensveranderende
geloofstories wat die leser se geloof stig. Temas van die stories
wissel van voorsiening, beskerming, bonatuurlike deurbrake tot genesing
en herstel.
“God is nie een of ander control freak nie . . . Hy laat die gelowige self keuses maak en self verantwoordelikheid neem.” Wat beteken dit om vandag ’n Christen te wees? Dit is lankal nie meer genoeg om blindelings net Sondag ná Sondag die erediens by te woon nie, sê die geestelike leier en oudsoldaat Callie Roos. Dit is slegs deur ’n lewe in Christus dat ons werklik God se krag in ons kan beleef. Volgens Callie beleef die kerk vandag ’n krisis en georganiseerde godsdiens hou gelowiges gevange in dogma en ’n behoefte aan beheer. Christene moet ontsnap uit die geestelike tronk wat hulle inperk en hul bestaande begripsraamwerk bevraagteken. ’n Lewe in Christus behels dat jy uitgaan in die wêreld en daadwerklik ’n verskil maak. Wanneer gewone Christen-mense Christus word vir ander, kan hierdie nuwe manier van glo ’n massabeweging word wat die ganse mensdom ten diepste sal aangryp. In Christus beloof om te inspireer en gelowiges nuut oor hul Christenskap te laat dink.
God se liefde verander alles. Sy groot liefde omvrou alle aspekte van ons lewe. Wanneer ons ons harte vir Hom oopmaak, word die donker in en rondom ons keer op keer deurspoel met lig, sy lig, en met die krag van sy liefde wat ons omring. Die liefde kom ook in vele gestaltes. Die pad van die liefde is nie altyd gelyk nie en dit kom nie vanselfsprekend nie... Met hierdie boek nooi die outeurs jou uit om die vele maniere waarop God sy liefde aan jou bewys opnuut te ontdek en weer jou eie te maak.
‘n Nostalgiese reis styg uit die pen van
prof. Louis C. Jonker oor sy eie herinnering aan en
verlange na die leermeesters wat hom help vorm het, sy eie
ontwaking as bybelwetenskaplike, en sy bediening in die NG kerk. Hy
verken ook sy innerlike stryd in hierdie verskillende tydperke. Die
uitvloeisel hiervan is ‘n mengsel van historiese novelle,
biografie, persoonlike memoires en die akademiese skryfsels van
prof.
Jesus het regtig bedoel dat sy dissipels ’n genesende impak op die samelewing moet hê. So het Hyself dit laat gebeur, en so het die vroegste Christene Hom agternageleef. Die uitdaging voor ons is hoe ons almal vir die Here kan bereik. En hoe ons dit gaan regkry op stylvolle maniere, maniere wat ander mense nie afskrik nie, wat mense van God se liefde en omgee oortuig. Ons uitdaging is om vars en nuut te dink oor die stylvolle agternaleef en uitleef van ons geloof. Maar denke alleen gaan ons nie daar kry nie. Nuwe inligting gaan ons ook nie genoegsaam verander nie. Ons kort ’n nuwe styl, Jesus s’n. Ons moet weet wat om te doen en ook wanneer om dit te doen. Ook hoe om ander hartroetes na te streef, roetes wat weer die wêreld rondom ons se verbeelding sal aangryp. Indien ons ons geloof stylvol wil beleef en uitleef, moet ons meer as net goeie tydlesers wees. Ons moet Jesus-lesers wees, mense wat vir Jesus reg aanvoel en verstaan. Dan kan ons stylvolle geloofdelers wees.
Ontdek die verrassings wat weggesteek lê in die bekende tekste van die Evangelies. Weet ons presies wat staan alles in die Evangelies, of dínk ons ons weet? In Geloofskatte in die Evangelies diep Adrio König honderde verrassende skatte op wat die leser op ’n totaal nuwe manier na die Evangelies sal laat kyk. Hy bespreek vrae soos: - Hoekom wou Johannes die doper nie vir Jesus doop nie? - Het Jesus en die dissipels mekaar verstaan? - Het Jesus opgestaan, of is Hy opgewek? - Hoekom het Jesus nie in die Grieke belanggestel nie? - Het Jesus regtig sy dissipels verbied om na die heidene te gaan? Hoe kan ons dan? - Het Jesus iets van boerdery geweet? Hoe kan Hy dan vertel van ’n boer wat driekwart van die saad mors? - Watter slinkse plan het die Joodse leiers gemaak om Jesus te vang? - Het Jesus regtig gesê ons mag niemand oordeel nie? Hy het dan mense erg geoordeel. Adrio König beantwoord hierdie vrae eerlik en die antwoorde is diep begrond in deeglike Skrifstudie. Hierdie kort, amper weggesteekte, genadeskatte sal die leser onder ’n dieper besef bring van al die belangrikste Christelike geloofsoortuigings en só vaster laat staan in sy of haar geloof.
'n Lewe voor God bestaan uit 366 dagstukkies uit die pen van een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywers en teoloë, Stephan Joubert. Stephan help ons om elke dag bewustelik en met oorgawe in die aangesig van God te leef. Hy lei ons deur middel van alledaagse temas soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade om elke dag in eerlikheid voor God ons lewe aan te pak. |
![]() ![]() You may like...
Maths Progress Second Edition Core…
Katherine Pate, Naomi Norman
Paperback
R676
Discovery Miles 6 760
Approaches to Ethnography - Analysis and…
Colin Jerolmack, Shamus Khan
Hardcover
R3,474
Discovery Miles 34 740
Madam & Eve 2018 - The Guptas Ate My…
Stephen Francis, Rico Schacherl
Paperback
Management Training Programs in Higher…
Edgar Oliver Cardoso Espinosa
Hardcover
R4,976
Discovery Miles 49 760
|