0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (98)
  • R100 - R250 (351)
  • R250 - R500 (136)
  • R500+ (37)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Christelike Publikasies

VOELS EN BYBELS IN DIE GESKIEDENIS (Monochroom Uitgawe) (Afrikaans, Paperback): Tian Hattingh VOELS EN BYBELS IN DIE GESKIEDENIS (Monochroom Uitgawe) (Afrikaans, Paperback)
Tian Hattingh
R477 Discovery Miles 4 770 Ships in 18 - 22 working days

Voels en Bybels in die Geskiedenis het tot stand gekom omdat die skrywer Tian Hattingh beide 'n student van Bybelse Hebreeus en 'n amateur voelkundige is. Na 'n aantal besoeke aan die Heilige Land is hy geinspireer om die voels in die Christelike Bybels te bestudeer. Tian se interessante ontdekkings, tesame met sy begeerte om die kennis met 'n wyer gehoor te deel, het uitgeloop op die publikasie van Voels en Bybels in die Geskiedenis.

Die Mighty Men Verhaal (Afrikaans, Hardcover): Angus Buchan Die Mighty Men Verhaal (Afrikaans, Hardcover)
Angus Buchan
R293 Discovery Miles 2 930 Ships in 4 - 6 working days

Die Mighty Men Verhaal vertel op boeiende wyse hoe een man se gehoorsaamheid aan God herlewing gebring het in Suid-Afrika en duisende lewens vir altyd verander het. "God het my gelei om hierdie storie te skryf sodat ek die ware verhaal kan vertel van wat gebeur het," sê die bekende en geliefde evangelis Angus Buchan self.

Die Mighty Men Verhaal vertel die verstommende verhaal van die Mighty MenTM-fenomeen - hoe dit begin het met 'n mosterdsaad-idee in 2003, tot hoe dit in 2010 geëindig het toe die konferensie deur meer as 300 000 mans bygewoon is.

Meer as 40 persoonlike getuienisse van mans wat by hierdie konferensies aangeraak is deur die Gees sal elke leser aan die hart gryp. Dit spreek van nuutgewonde vuur vir God wat in die harte van duisende mans aangesteek is, en sal lesers inspireer om God met nuwe toewyding te dien.

Die Mighty Men Verhaal vier onwankelbare geloof, oneindige hoop en vreugdevolle en oorvloedige lewe in Christus!

Verby Met Onsekerheid (Afrikaans, Paperback): Beth Moore Verby Met Onsekerheid (Afrikaans, Paperback)
Beth Moore
R68 Discovery Miles 680 Ships in 4 - 6 working days
Wanneer God Stilbly (Afrikaans, Paperback): J. Smit Wanneer God Stilbly (Afrikaans, Paperback)
J. Smit
R73 Discovery Miles 730 Ships in 4 - 6 working days
In Die Sonskyn Van God Se Goedheid (Afrikaans, Paperback): Nina Smith In Die Sonskyn Van God Se Goedheid (Afrikaans, Paperback)
Nina Smith
R127 Discovery Miles 1 270 Ships in 4 - 6 working days
Mosaiek van mense - Ontmoetings Wat My Denke En Lewe Radikaal Verander Het (Afrikaans, Paperback): Nico Smith Mosaiek van mense - Ontmoetings Wat My Denke En Lewe Radikaal Verander Het (Afrikaans, Paperback)
Nico Smith
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Nico Smith vertel in hierdie agtien hoofstukke van sy ontmoetings met sommige van die bekendste mense van ons tyd, so uiteenlopend soos die konserwatiewe teoloog Karl Barth en die ikoon Nelson Mandela. Dit is nie gemoedelike kaggelstories nie. Saam vorm hulle 'n beduidende stuk outobiografie van 'n man wat 'n veelbewoe lewe gelei het, eers in die Afrikaner-establishment, en toe as opstandeling wat uiteindelik in die swart woonbuurt Mamelodi gaan woon het.

'n Lied Van Vreugde (Afrikaans, Paperback): Nina Smit 'n Lied Van Vreugde (Afrikaans, Paperback)
Nina Smit
R146 Discovery Miles 1 460 Ships in 4 - 6 working days

Ten spyte van ons daaglikse struikelblokke bly die lewe steeds 'n vreugde! Nina Smit fokus in 'n Lied Van Vreugde in 52 dele op die verskillende fasette van vreugde. Sy moedig jou aan om vir jou 'n droom te kry, sy lei jou na blywende blydskap en sy wys vir jou die pluspunte van gehoorsaamheid. Vroue van alle ouderdomme sal aanklank vind by hierdie boek.

Elke gedeelte het 'n kernaanhaling, gebed en iets om oor na te dink. Daar is ook vrae met plek waar jy antwoorde en voornemens kan neerskryf.

'n Lied Van Vreugde sal jou help om waarlik elke dag vreugde te lééf.

NLV Bybel - Mini (Afrikaans, Paperback): NLV Bybel - Mini (Afrikaans, Paperback)
R94 Discovery Miles 940 Ships in 4 - 6 working days
Oorwin Die Storms Van Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Matt Woodley, Norman H Wright, Jake Woodley Oorwin Die Storms Van Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Matt Woodley, Norman H Wright, Jake Woodley
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days
'n Man En Sy Werk (Afrikaans, Paperback): Patrick Morley 'n Man En Sy Werk (Afrikaans, Paperback)
Patrick Morley
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days
Gered deur genade (Afrikaans, Book): Radio Kansel Radio Kansel Gered deur genade (Afrikaans, Book)
Radio Kansel Radio Kansel
R125 Discovery Miles 1 250 Ships in 4 - 6 working days
NLV Bybel - Standaard (Afrikaans, Hardcover): NLV Bybel - Standaard (Afrikaans, Hardcover)
R115 Discovery Miles 1 150 Ships in 4 - 6 working days
Om Te Weet Wie Ek is (Afrikaans, Paperback): Nianell Om Te Weet Wie Ek is (Afrikaans, Paperback)
Nianell
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days

Waar die bekende en gewilde Suid-Afrikaanse sangeres en glanspersoonlikheid, Nianell, ook al gaan en optree, het sy een belangrike, inspirerende boodskap: elkeen van ons mag, kan en moet lief wees vir onsself. As ons dit regkry, sal ons die mense rondom ons ook aanraak en so 'n verskil in hul lewens maak. In haar heel eerste boek, Om te weet wie ek is, vertel die bekroonde sangeres van die lesse wat sy in die lewe geleer het en hoe sy ontdek het hoe om lief te wees vir haarself. Nianell neem die leser saam op haar lewensreis van 'n skaam, teruggetrokke skooldogter tot wie sy vandag is en wat sy langs die pad oor haarself en oor die lewe geleer het. Die lewe was vir haar, net soos vir die res van ons, 'n ontdekkingstog wat soms moeilik was. Sy skroom nie om op 'n eerlike, deursigtige en onpretensieuse manier haar persoonlike ondervindings van swaarkry, sukkel om te behoort, liefhe, vrou-wees, ma-wees van 'n drieling en ster-wees met die leser te deel nie. Bowenal, se Nianell, het sy geleer dat ons elkeen vir onsself kan en moet lief wees – en altyd moet onthou wie ons werklik is. Sy gebruik verskeie persoonlike stories – waarvan sy talle vir die eerste keer met die publiek deel – om te vertel hoe sy self by die punt uitgekom het om haarself te aanvaar en om altyd te onthou wie sy werklik is. Nianell se vertellings oor haar persoonlike ondervindings sal elkeen se hart raak en 'n dieper insig gee in haar lewe en in die feit dat glanspersoonlikhede ook maar soms worstel met kwessies waarmee elkeen van ons sukkel. Haar stories sal jou inspireer en jou die waarde daarvan laat besef om jouself te aanvaar en lief te he soos jy is. Om te weet wie ek is is 'n genotvolle kombinasie van biografie en inspirasie – dis 'n lees- en groei-ervaring wat jou sal bybly lank

'n Jaar met God (Afrikaans, Book): Isak Burger, Este Geldenhuys 'n Jaar met God (Afrikaans, Book)
Isak Burger, Este Geldenhuys
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 4 - 6 working days
Agter Die Doellyn (Afrikaans, Paperback): Agter Die Doellyn (Afrikaans, Paperback)
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 6 working days

Rugby in Suid-Afrika is méér as net ’n spel. Dit is ’n weerspieëling van die wese en hartklop van die mense van hierdie land. Dit is sinoniem met sonskyn, biltong en braaivleis.

Sedert rugby die eerste keer in 1861 op Suid-Afrikaanse bodem gespeel is, het die land en rugby ’n wedersydse invloed op mekaar se ryk erfenis gehad. Agter Die Doellyn vier die vreugde en gevoel van eenheid en trots wat onder mense van hierdie land ontstaan het ná die Wêreldbeker-oorwinning in 1995.

Agter Die Doellyn:

  • bied ’n oorsig oor die hoogtepunte in die Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis
  • bring hulde aan die pioniers van rugby
  • bied getuienisse en lewensverhale van spelers soos Victor Matfield, Pierre Spies, Beast Mta¬warira, Jannie en Bismarck du Plessis, Juan Smith en ander prominente spelers asook afrigters soos Peter de Villiers, Frans Ludeke en Pieter Rossouw.
Agter Die Doellyn is 'n kosbare versamelaarsitem vir enige rugby-liefhebber.
Siel Van 'n Vrou (Afrikaans, Hardcover): Milanie Vosloo Siel Van 'n Vrou (Afrikaans, Hardcover)
Milanie Vosloo
R104 Discovery Miles 1 040 Ships in 4 - 6 working days
Max Oor Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Max Lucado Max Oor Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Max Lucado
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days

In Max oor die lewe bied Max Lucado antwoorde op meer as 150 van die dringendste lewensvrae wat hy al van mense ontvang het in sy 25 jaar in die bediening. Vrae strek van alledaagse probleme tot dieper geestelike sake, en Lucado bied sy insig oor: Ouerskap; finansiele probleme; moeilike verhoudings; die rol van gebed; die doel van pyn; redes om te hoop; en die belangrikste vraag: 'Luister God werklik na my?' Max oor die lewe sal lesers boei met Lucado se klassieke aanmoediging en insig. Dit sluit ’n spesiale gedeelte in met raad oor skryfwerk en uitgewery. Hierdie boek is 'n waardevolle hulpbron vir pastors en gemeenteleiers sowel as nuwe en volwasse gelowiges.

Guts (Afrikaans, Book): Eugene Kemp Guts (Afrikaans, Book)
Eugene Kemp
R125 Discovery Miles 1 250 Ships in 4 - 6 working days
Vaste Rots Op Wie Ek Bou (Afrikaans, Paperback): Cas Vos, Dirk Human Vaste Rots Op Wie Ek Bou (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos, Dirk Human
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 4 - 6 working days
Die dood van die God van my vaders - Hoe die lewe in die township Mamelodi my godsbeskouing verander het (Afrikaans,... Die dood van die God van my vaders - Hoe die lewe in die township Mamelodi my godsbeskouing verander het (Afrikaans, Paperback)
Nico Smith
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

In die 1980's verrys 'n vreemde struktuur in Mamelodi, 'n township by Pretoria. Die township-mense skud die kop en doop dit "Smith se Pampoenhuis". Dr. Nico Smith en sy vrou, Ellen, verruil hulle twaalfvertrekhuis in "wit" Stellenbosch vir die viervertrekpondokkie midde-in die woonplek van duisende swart mense – sekerlik die enigste wit Afrikaanse mense wat in daardie jare van opstand en ellende so iets sou waag. In Die dood van die God van my vaders vertel Smith, eertydse professor aan die NG Kerk se Kweekskool op Stellenbosch, die verhaal van sy vereenselwiging met sy gemeentelede in Mamelodi, maar dis nie net Smith se storie nie. Die titel is bowenal die verhaal van die gewone swart mense wat onder apartheid die "ellendiges van die aarde" geword het. Dit was die tyd toe meer as duisend wette elke aspek van hulle kom en gaan beheer het. Dit was ook die tyd van die struggle, wat onafwendbaar op bevryding moes uitloop. Die verhaal word met deernis en insig vertel, soms selfs met humor, en immer met ontsetting. Maar Smith onderneem meer as net 'n fisieke reis van Stellenbosch na Mamelodi. Daar in die township, waar mense onder die haglikste omstandighede hom verseker "Die Here hy is", begin hy indringende vrae vra oor die God wat in die kerk van sy vaders aan hom voorgehou is. Wanneer die God vir hom "sterf", ontwikkel hy 'n gans ander godsbeskouing as die van die konvensionele en dogmatiese gereformeerde leer. Hier is nietemin geen sprake van 'n "God-is-dood-teologie" nie. Smith het net God anders leer ken, en daaroor skryf hy uitvoerig en met oortuiging.

Ontdek God in Die Stories Van Mense (Afrikaans, Paperback): Benescke Janse van Rensburg Ontdek God in Die Stories Van Mense (Afrikaans, Paperback)
Benescke Janse van Rensburg
R168 Discovery Miles 1 680 Ships in 4 - 6 working days
Soos 'n Birimankwe (Afrikaans, Paperback): Francois Hugo Soos 'n Birimankwe (Afrikaans, Paperback)
Francois Hugo
R120 Discovery Miles 1 200 Ships in 4 - 6 working days

In ou Njassaland (vandag Malawi) loop 'n sendelingskind met groot vrae vir so 'n jong seuntjie: oor Liewe Jesus en sonde, oor die "malman" wat 'n stomp om sy nek moet dra, die Roomse paap op sy BSA-motorfiets, Gidarra en Hassan wat elkeen se daar is 'n ander God. Sommer terloops merk hy op die grootmense het Woensdagaand se biduur verskuif sodat hulle oor die saucepandraadloos na Die Du Plooys van Soetmelksvlei kan luister, asook 'n paar ander vergrype wat hy uit sy afluistery van grootmensgesprekke ondervang. Hoekom dr. Banda by hulle huis is vir ete maar dan ry sonder dat hy eet, maak ook nie juis vir hom sin nie. En wat hy veral nie verstaan nie, is dat Gidarra so bang is vir 'n birimankwe (verkleurmannetjie). Die birimankwe is dan so stadig maar so slim. Hy en sy maatjie het seker heel laaste by die ark aangekom terwyl Noag hulle maan: "Julle twee sal moet wikkel, daar kom 'n groot reen aan." Maar toe hy vir hoerskool Suide toe moet gaan en sy ouers eers oor 'n jaar weer sal sien, haal die vrees hom die nag op die trein in, en sy enigste vertroosting is sy pa se laaste gebed: "Hou u hand van bewaring oor ons kinders, en dankie dat ons weet u genade is vir hulle genoeg."

Totdat Jy Vry is (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens Totdat Jy Vry is (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days
Dit is Amper Dag (Afrikaans, Paperback): J. Du Rand Dit is Amper Dag (Afrikaans, Paperback)
J. Du Rand
R105 Discovery Miles 1 050 Ships in 4 - 6 working days
Jesus-beginsels Vir Doelgerigte Liefde (Afrikaans, Paperback): Tom Holladay Jesus-beginsels Vir Doelgerigte Liefde (Afrikaans, Paperback)
Tom Holladay
R174 Discovery Miles 1 740 Ships in 4 - 6 working days

Hoe oorbrug ons die gaping oor verhoudings - die gaping tussen waarop ons hoop en wat ons begeer aan die een kant en wat in werklikheid met ons gebeur aan die ander kant? Aan die een kant van die gaping is die werklikheid van mislukte huwelike, afwesige ouers, opstandige kinders, ontroue vriende en kerkgroepe wat skinder. Aan die ander kant van hierdie gaping moet ons die woorde van Jesus in gedagte hou: “Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhe. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhe” (Johannes 13:34). Jesus was goed met verhoudings. Die skares het na Hom toe gestroom, sy volgelinge was mal daaroor om naby Hom te wees en selfs sy vyande het vir Hom ’n onbedoelde pluimpie gegee toe hulle Hom ’n “vriend van … sondaars” genoem het. Aan die einde van elke dag se leeswerk sal jy drie hulpmiddels kry wat jou in jou studie kan help. Die eerste word genoem “Iets om oor na te dink”, wat die hoofstuk se boodskap in ’n sin saamvat. Tweedens is daar “’n Vers om te onthou”, wat ’n vers uit die Bybel gee wat jy kan leer. Daar is nie baie van ons wat in staat is om ’n vers vir elke dag uit die kop te leer nie, en tog sal jy op verrassende maniere geestelik verfris en versterk word as jy een of meer van die verse by elke week kan kies en memoriseer. Aan die einde van elke hoofstuk is daar ook ’n “’n Vraag om te oorweeg” - ’n persoonlike vraag wat jou sal help om jou gedagtes op handeling en verandering te fokus. Aan die einde van die boek is daar ’n lys van bykomende “Vrae vir vriendekringe, pare en kleingroepe”.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Dangerous Curves Atop Hollywood Heels…
Michael G. Ankerich Hardcover R914 Discovery Miles 9 140
Keplerian Ellipses - The Physics of the…
Bruce Cameron Reed Hardcover R1,446 Discovery Miles 14 460
The Key Fundamentals To Getting Your…
Reginald Kinchen Hardcover R564 R518 Discovery Miles 5 180
The sine-Gordon Model and its…
Jesus Cuevas-Maraver, Panayotis G. Kevrekidis, … Hardcover R3,380 Discovery Miles 33 800
Rethinking Cultural Tourism
Greg Richards Hardcover R3,171 Discovery Miles 31 710
Leviathan (Royal Collector's Edition…
Thomas Hobbes Hardcover R1,259 Discovery Miles 12 590
Special and General Relativity - An…
Rainer Dick Hardcover R2,177 Discovery Miles 21 770
Update on Open Vascular Surgery, An…
Michael T. Lawton Hardcover R2,794 Discovery Miles 27 940
A Man I Am - Saga of Sanitation Strikers…
Michael O Hollowell I Hardcover R781 Discovery Miles 7 810
Ultimate Improv Book - A Complete Guide…
Edward J. Nevraumont, Nicholas P. Hanson Paperback R495 R467 Discovery Miles 4 670

 

Partners