![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
Baie mense gaan deur die lewe met ’n swak selfbeeld, negatiwiteit en minderwaardigheidsgevoelens. Ander sien weer geluk as iets wat "eendag" met hulle sal gebeur. Waarlik gelukkige, vervulde mense is dié wat geleer het hoe om hul beste lewe nou reeds te leef. In Jou beste lewe nou! leer jy hoe om deur hierdie negatiewe denkpatroon te breek sodat jy jou volle potensiaal kan uitleef. Die antwoord lê in ’n nuwe manier van dink oor jou lewe. Deur die volgende sewe stappe te neem, kan jy die eerste tree op die pad na ’n besondere toekoms gee: 1. Verbreed jou visie. 2. Ontwikkel ’n gesonde selfbeeld. 3. Ontdek die krag van jou woorde en denke. 4. Maak jou los van die verlede. 5. Groei deur swaarkry. 6. Leef om te gee. 7. Kies om gelukkig te wees. Joel se bemoedigende boodskap en praktiese raad sal lesers help om die hindernisse in hul lewe te oorwin sodat hulle hul Godgegewe doel kan uitleef.
Elke Christen het ankers nodig, iets wat hulle vashou aan God om te keer dat hulle lewensbootjie op die rotse loop. Die bekende sangeres Nadine Blom wys die ankers waaraan ons moet vashou vir ons uit – maar wys ook watter goed wat ons vashou ons moet laat los.
Nader aan God, nader aan mekaar bevat gesinsoordenkings om gesinne te help om nader aan God en aan mekaar te groei Met kinders se besige skool en buitemuurse programme, en Ma en Pa se stresvolle loopbane, is dit geen wonder dat ons nie tyd het om as gesin saam godsdiens te hou nie. Nader aan God, nader aan mekaar gee die antwoord in die vorm van 52 kort, kragtige gesinsoordenkings wat gesinne sal help om nader aan God en aan mekaar te groei. Elke dag bied iets anders, waaronder spesiaal geselekteerde Bybelverse, aktiwiteite om saam te doen en uitdagings om maar net ’n paar te noem. Hierdie dagstukkieboek bevat ook handige ouerskapswenke vir ouers. Van die inspirerende temas sluit in: Die genade van mislukking, dodelike sondes en hul teenmaatreëls, om hoop in ’n gebroke wêreld te vind en om geloof soos ’n mier te hê.
60 gebede deur Stormie Omartian wat jou hart en gedagtes op God sal rig wanneer vrees jou oorweldig. Daar is baie redes om bang te wes, maar God kan dit almal oorwin. Vind die vrede waarna jy smag te midde van dinge wat jou bang maak met die hulp van hierdie versameling gebede uit Stormie Omartian se boek Die krag van gebed wanneer jy vrees. Elkeen van die 60 gebede word afgerond met ’n Skrifgedeelte wat jou sal help om jou hart en gedagtes op die waarheid van God se Woord te rig wanneer vrees jou oorweldig. Of jy gekonfronteer word met die vrees vir verlies, verwerping of die toekoms, Die krag van gebed wanneer jy vrees – Gebedeboek sal jou die nodige inspirasie gee om kragtig tot God te bid. Ook beskikbaar in Engels onder titel The Power of Praying ® Through Fear Book of Prayers
Nina Smit help elke vrou om opnuut te ontdek wie die God is wat ‘n verhouding met jou begeer, hoe kosbaar jy as vrou vir Hom is en wat jou roeping en identiteit in Hom moet wees. Sy help jou om woestyntye te oorleef en ons kry ‘n voorsmakie vir hoe sy dink die lewe na die dood gaan wees. Soos net Nina kan.
Sou jy bereid wees om jou ou leefwyse te verander en om jouself die geleentheid te gee om jou beste lewe te leef vir die res van jou lewe? Verbeel jou ’n lewe vol van oorborrelende vreugde . . .vars hoop wat daagliks aan jou opgedien word - soos warm brood; vryheid van alewige vrees; vervullende verhoudings; om selfvertroue uit te straal en om te lewe met die verwagting van gestruktureerde sukses. Hierdie waarheid is vervat in Waarvoor wag jy dan? Die resultate hoef nie langer vasgevang te wees in jou gedagtes of op jou wenslysie nie. Die uitkomste kan in jou lewe ervaar word - prakties, konsekwent en kragtig en doeltreffend. Nou waarvoor wag jy dan? Dit is NOU jou tyd om op te staan!
48 Kleur fotos van John Paul II en die Vatikaan, insluitend sy Apostoliese seen die Switserse wagte; St Peter 's Square, Pous basiliek van St Peter in die Vatikaan, St Peter 's Square as 'n plek van die heilige pelgrimstog, die Rooms-Katolieke Kerk, kunswerke, marmer beelde en standbeelde, 'n ou argitektuur, vloer mosaiek; menings van Rome van die koepel van St Peter 's Church (ontwerp deur Michelangelo, ) 'n standbeeld van die Maagd Maria hou die baba Jesus en die aangesig van Jesus wat in 'n klip kleed. Geneem tydens 'n kort pouse, begroting vakansie Rome, Italie 10-17 Oktober 2004. Cover foto: Pous Johannes Paulus II waai vir die skare van sy "Pous Mobile 'in St Pietro, St Peter 's Square, Vatikaanstad, Rome, Italie] Afrikaans Edition]
In haar bykans 35 jaar het Shéri Brynard merkwaardige mylpale bereik ten spyte van die feit dat sy as baba met Trisomie-21-Downsindroom gediagnoseer is. Sy vertel hoe die liefde en aanvaarding van diegene naaste aan haar, veral haar ma, Susette, haar gevorm het. Sy deel met die leser die opwindende avonture op haar pad, die seerkry, vrees, en verliese (die grootste hiervan die dood van haar pa, Jerry), asook die werklikhede waarmee sy as ’n volwassene met Downsindroom gekonfronteer word. Dan gesels haar ma oor ’n lewe in die skaduwee van ’n kind met Downsindroom. Sy deel openhartig haar geloofstryd toe sy gehoor het haar kind het Downsindroom en haar en haar dogter se reis die onbekende in. Shéri – Nes ek is is ’n boek wat grense verskuif, want soos Shéri tereg vra: “Wat is nou eintlik normaal?” Dié boek herinner die leser juis dat ons as kinders van God elkeen ons volle potensiaal kan bereik, ongeag die uitdagings waarvoor ons te staan kom.
Dit wat jy nie omtrent jouself weet nie, kan skadelik wees vir jou, jou verhoudings en hoe jy jou weg deur hierdie lewe baan. Dit kan selfs ’n dieper verhouding met God verhoed. Het jy hulp nodig om uit te pluis wie jy is en waarom jy jouself dikwels in selfverydelende patrone bevind? Die antwoord lê dalk net opgesluit in die persoonlikheidstipes wat deel vorm van die Enneagram. Die Enneagram is ’n persoonlikheidstiperingstelsel wat beskryf hoe mense bedraad is, hetsy positief of negatief. Die unieke verhaaltrant in hierdie boek help jou om die wêreld te sien en ervaar deur die oë van mense wat elkeen van die Enneagram-tipes verteenwoordig. Die komiese oomblikke en verhale wat hierin ingesluit is, sal verseker dat jy aanhou lees nadat jy die hoofstuk oor jou eie tipe klaargemaak het. • Kry ’n beter begrip van hoe om die mense in jou lewe lief te hê • Verbeter jou huwelik • Ontdek wie God bedoel het jy moet wees Deur met die veranderinge te begin wat jy reeds vandag kan aanbring, sal die wysheid wat in die Enneagram opgesluit lê, jou help op die pad na jou beste en ware self.
Sluimerende rassisme het na 1994 se reenboogdroom met 'n knal oopgebars. Die rassisme-sweer is besig om dit wat mooi en uniek van Suid-Afrikaners is, te besmet. In hierdie boek word voorraad opgeneem van die situasie deur na bekendes en minder bekendes se stories en ervarings te luister, dit saam te vat en aan die hand daarvan voorstelle te maak, sodat ons mekaar se andersheid kan vier.
Uit die Beek, die geliefde Afrikaanse Bybeldagboek, kom vanjaar uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuses vir elke dag is grootliks op die Revised Common Lectionary (oftewel die RCL-leesrooster) gebaseer. Dit maak hierdie tydlose Bybelse dagboek weer opnuut geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou 'n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.
Die Bybel se diepste waarhede visueel verduidelik vir ’n nuwe generasie. Ons leef in ’n tyd waarin mense al hoe meer op visuele voorstellings staatmaak om nuwe en moeilike konsepte te verstaan. Maar die visuele voorstelling van waarheid is nie nuut nie. God het self visuele voorstellings gebruik om sy mense die waarheid te leer. Die tabernakel van die Ou Testament was ’n visuele voorstelling van die mens se verwydering van God en God se afdaling na sy volk toe. Elke deel van die tabernakel was bedoel om iets van die mens se verraad teenoor God en God se liefdevolle antwoord daarop te weerspieel. Net so is die sakramente van die Nuwe Testament visuele voorstellings van die mens se sonde en God se antwoord. Selfs die kruis was beide realiteit en ’n visuele demonstrasie. Challies en Byers wil die konsepte en beginsels van sistematiese teologie op ’n vars en informatiewe manier oordra. Hulle doen dit met behulp van: Diagramme en grafiese voorstellings van teologiese uitgangspunte;Praktiese insigte en toepassings vir die daaglikse lewe;Fokusblokkies met ekstra verduidelikings en aanbevelings vir verdere leeswerk. Die visuele evangelie stel die Bybel se diepste waarhede op so ’n manier voor dat dit gesien en verstaan kan word deur ’n generasie wat ingestel is op die visuele.
Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle geskenk wees. - Gewilde NLV-teks - 7,5 punt lettergrootte - Dubbelkolom-uitleg - Bladsye kleurgerand - Merklint
Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) bied ’n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duisende lesers. Die NLV standaard-uitgawes spog nou met ’n verskeidenheid nuwe en opwindende omslae. - 9 punt lettergrootte - Dubbelkolom-uitleg - 8 volkleur-kaarte - Merklint
Van ’n vrou word in vandag se wereld baie verwag. Ons is ma’s, beroepsvroue, huweliksmaats, vriendinne en steunpilare. Hierdie dagstukkieboek is vir elke vrou wat maar alte goed weet dit is nie altyd so maklik nie. In die boek, deel bekende vroue boodskappe van hoop. Hulle wil jou herinner dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan die wete: Jou hemelse Vader ken jou.
Wil jy selfs dieper delf in die Enneagram? Ian Cron en Suzanne Stabile het ’n studiegids geskep wat jou in staat sal stel om selfs meer uit Die pad na jou ware self te kry. Vir diegene wat nog nie weet wat hul tipe is nie, bied dié studiegids die geleentheid om die tipes te verken, en vir diegene wat dit wel weet, bied dit die geleentheid om te besin oor die implikasies vir groei. Dit sluit in: • SNAP – ’n oefening vir persoonlike groei • ’n Oorsig oor die Enneagram met nuwe inligting oor die intelligensiesentrums • Vyf sessies met vrae spesifiek gerig op persoonlike groei of vir groepbespreking, asook plek om antwoorde neer te skryf • Gedagtes van individue van elke tipe oor hoe dit is om daardie tipe te wees Hetsy jy op jou eie of in groepsverband deur hierdie studiegids werk, dit sal jou in staat stel om te groei in kennis oor jouself, empatie vir ander en jou liefde vir God.
Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle geskenk wees. - Gewilde NLV-teks - 7,5 punt lettergrootte - Dubbelkolom-uitleg
Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle geskenk wees. - Gewilde NLV-teks - 7,5 punt lettergrootte - Dubbelkolom-uitleg - Bladsye kleurgerand
'n Goddelike uitwisseling: Vanaf 'n tronk van seksuele misbruik en perversie, gebrokenheid, bitterheid en depressie, na 'n nuwe lewe van vryheid, intieme onvoorwaardelike liefde, vreugde, ware identiteit en 'n doelbewuste bestemming. Die doel van hierdie boek is om uit te lig dat enige iets vir God moontlik is. Hy is die Ware Geneesheer van liggaam, siel en gees. Sal jy God as Geneesheer toegang gee to die geheime kamers van jou hart, sodat Hy die leuens en wonde kan verwyder met Sy skalpel (die Waarheid van Sy Woord) en jy jouself derhalwe uitlewer aan Sy onvoorwaardelike, volhoudende liefde?" Ontdek 'n liefde wat onbeskryflik is
Kom loop saam! nooi die skrywer. Tel op jou kruis, en bring al jou bagasie. Jy sal agterkom dat die bagasie stuk-stuk minder word soos die reis vorder. En die kruis dalk al hoe swaarder. Maar jou bestemming heet Hoop. En hoop is die eerste lig van ’n splinternuwe dag. Hierdie reis na hoop is ’n hartsreis vol moontlikhede. Dit help jou om nuwe gewoontes aan te leer en uitgediendes af te sweer. Dit leer jou om in die spieel te kyk en te sien hoe jy vir jou medemens lyk, en vir God.
Vrouekeur is ’n populere gesinstydskrif wat elke week ’n inspirerende rubriek deur Janine Bevolo-Manders publiseer. Die rubrieke het ’n Christelike inslag en bied raad, hoop en inspirasie. Die Vrouekeur kreatiewe & inspirerende jaarbeplanner bestaan uit ’n versameling van Janine se boodskappe, verpak in die vorm van ’n nuttige jaarbeplanner met oorspronklike illustrasies deur Rina Burger, ’n plaaslike kunstenaar, en illustreerder van die blitsverkoper ROUGE, inkleurboek vir grootmense. Dames kan boek hou van hulle afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as om inspirasie te ontvang en hul kreatiwiteit uit te leef deur die pragtige verbeeldingryke illustrasies in die boek in te kleur. Inkleur vir grootmense is tans baie gewild! Nie net is dit ’n heerlike, verslawende, kreatiewe tydverdryf nie, maar dit het ook terapeutiese waarde.
Ons kan nooit té veel tyd saam met God deurbring nie. “Ek wens ek het meer tyd gehad om net rustig te word by God.” Daar is waarskynlik bitter min gelowiges wat dit nié al gedink het nie. In die 366 grootdruk-dagstukke in Vrede in sy teenwoordigheid plaas Angus Buchan sterk fokus op die feit dat tyd saam met God een van die belangrikste verantwoordelikhede is wat elke gelowige het. Dit bepaal die diepte van jou verhouding met God. Vrede in sy teenwoordigheid is vir elke gelowige wat hunker na meer tyd saam met God. Die feit bly staan: Ons kan nooit té veel tyd saam met God deurbring nie. Ook beskikbaar in Engels onder titel Peace in His Presence. |
You may like...
Service-elearning - Educating for…
Amber Dailey-Hebert, Emily Donnelli-Sallee, …
Hardcover
R2,542
Discovery Miles 25 420
Online Learning and Assessment in Higher…
Robyn Benson, Charlotte Brack
Paperback
R1,554
Discovery Miles 15 540
Creativity and Technology in Mathematics…
Viktor Freiman, Janet Lynne Tassell
Hardcover
R4,792
Discovery Miles 47 920
New Technological Applications for…
Mariusz Kruk, Mark Peterson
Hardcover
R5,301
Discovery Miles 53 010
Smart STEM-Driven Computer Science…
Vytautas Stuikys, Renata Burbaite
Hardcover
R3,403
Discovery Miles 34 030
Mobile Learning and Mathematics…
Helen Crompton, John Traxler
Paperback
R1,611
Discovery Miles 16 110
Recruiting, Preparing, and Retaining…
Jacqueline Leonard, Andrea Burrows, …
Hardcover
R4,905
Discovery Miles 49 050
|