0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (22)
  • R50 - R100 (46)
  • R100 - R250 (224)
  • R250 - R500 (142)
  • R500+ (36)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Christelike Publikasies

Les 53 Nouveaux Cantiques en Bulu de l'EPC - Paroles et Musique (Afrikaans, Paperback): Francois Kara Akoa-Mongo Dr Les 53 Nouveaux Cantiques en Bulu de l'EPC - Paroles et Musique (Afrikaans, Paperback)
Francois Kara Akoa-Mongo Dr
R226 Discovery Miles 2 260 Ships in 10 - 15 working days
Kwelvrae Wat Tieners Vra (Afrikaans, Paperback): Jimi Le Roux Kwelvrae Wat Tieners Vra (Afrikaans, Paperback)
Jimi Le Roux
R193 Discovery Miles 1 930 Ships in 2 - 4 working days

Die ideale begin­punt waar tieners kan begin soek na antwoorde.

Jimi le Roux neem jongmense in Kwelvrae wat tieners vra terug na die Bybel vir antwoorde op húlle vra. Die boekie bevat 82 vrae wat Jimi on­der tieners bymekaar gemaak het.

Vrae wat in hierdie boek behandel word, sluit in:

Hoekom verskil mense so erg oor die Bybel?

Wie is nou reg oor die skepping: Die Bybel of die wetenskap?

Wie het God gemaak? Hoe het Hy ontstaan?

Wat word van mense wat sterf sonder dat hulle van Christus gehoor het?

Is daar werklik engele? Wat doen hulle?

Wat gebeur met mense ná hul dood?

Hoe weet ek dis God wat met my praat?

Net 24 Uur! - Plaas Jesus Eerste Te Midde Van 'n Besige Lewe (Afrikaans, Paperback): Kevin Deyoung Net 24 Uur! - Plaas Jesus Eerste Te Midde Van 'n Besige Lewe (Afrikaans, Paperback)
Kevin Deyoung
R193 Discovery Miles 1 930 Ships in 2 - 4 working days

Ons almal het dit al gehoor én gesê: “Ek is net té besig.” Te dikwels kry besig-wees die oorhand oor ons, maar daar is hoop ...

Bekroonde skrywer Kevin DeYoung pak die probleem van besig-wees in Nét 24 uur! aan met die Bybelse gereedskap wat jy nodig het om by die probleem self uit te kom en dit met wortel en tak uit te roei.

Nét 24 uur! kyk na spesifieke lokvalle en struikelblokke in jou besige leefstyl, soos: Wees versigtig vir trots, God verwag nie dit alles van jou nie, jy het prioriteite nodig, raak gerus oor jou kinders en die belangrikheid van rus. Die boek bevat ook ’n Skrifindeks, en jy kan na CrazyBusyBook.com gaan om besprekingsvrae af te laai en na video’s te kyk.

Nét 24 uur! sal jou help om net ’n bietjie asem te skep en te kyk na wat werklik belangrik is.

Een Cappuccino En 'n Creme Soda, Asseblief (Afrikaans, Paperback): Elize Parker, Magriet Smit Een Cappuccino En 'n Creme Soda, Asseblief (Afrikaans, Paperback)
Elize Parker, Magriet Smit
R160 Discovery Miles 1 600 Ships in 2 - 4 working days

Verstaan mense reg­tig waardeur jy gaan? Is daar iewers “tips” vir hier­die ding waarvan jy niks weet nie?

Dit is hoe Elize Parker, en Magriet Smit, albei gevoel het ná hul egskeidings. En uit hierdie behoefte is Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief gebore. Dié boek gee vir enkelma’s prak­tiese raad oor hier­die onbekende, en dikwels baie seer, pad. Die boek bespreek praktiese temas soos: voor­siening, stabiliteit, hoop, verlies, dissipline, vergifnis, visie vir jou gesin, “tweehuise-sindroom” en identiteit. Elke hoofstuk in Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief sluit af met ’n oorwinningsgedagte om saam te vat en bied ook ’n kort Bybel­studie wat ideaal is vir groepbesprekings.

Hierdie boek is voorwaar ’n oorwinningsgids vir elke enkelma en bring net weer die bevestiging dat sy nie alleen is nie, want God sal haar nie hier­die pad alleen laat stap nie.

Oorwin Die Stryd Teen Stres En Bekommernis (Afrikaans, Paperback): Perry Noble Oorwin Die Stryd Teen Stres En Bekommernis (Afrikaans, Paperback)
Perry Noble
R168 Discovery Miles 1 680 Ships in 2 - 4 working days
Die Krag Van Onstuitbare Geloof (Afrikaans, Paperback): Nick Vujicic Die Krag Van Onstuitbare Geloof (Afrikaans, Paperback)
Nick Vujicic
R74 Discovery Miles 740 Ships in 2 - 4 working days

Om onstuitbaar te wees, beteken jy moet glo in jouself, jou talente, jou doel en bowenal in God se groot liefde en sy Goddelike plan vir jou lewe. Nick Vujicic is ’n uitstekende voorbeeld van hoe niks jou kan keer om onstuitbaar te wees as jy kies om so te leef nie.

In Die krag van onstuitbare geloof fokus Nick veral op die onstuitbare krag van geloof in aksie, van geloof wat tot dade oorgaan. Hy moedig lesers aan om hulle geloof elke dag daadwerklik uit te leef en ’n hand uit te steek na ander.

Hierdie kragtige sakpas-boekie is aangepas uit Nick se topverkoper-boek Onstuitbaar.

Pleisters vir verhoudings - Uit die pen van die skrywer van pleisters vir die siel soos uitgesaai in Brekfis met Derrich op RSG... Pleisters vir verhoudings - Uit die pen van die skrywer van pleisters vir die siel soos uitgesaai in Brekfis met Derrich op RSG (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 2 - 4 working days

Wie het nog nie gehoor dat ons mekaar moet liefhe nie? Die saal is stil. "Miskien het jy my nie reg verstaan nie. Ek wil weet wie hier teenwoordig het nog nooit gehoor dat ons mekaar moet liefhe nie?" Geen hande gaan op nie. Hier en daar is 'n skalkse glimlag sigbaar. "Hiermee aanvaar ek dan dat ons almal dit al gehoor het." Qui tacet consentire videtur. Die stilte was die antwoord. "Waarom is hierdie dan steeds die grootste krisis in ons lewe?" Hierdie situasie speel hom telkemale voor gehore af waar ek genooi word om te praat. Ons is gelowiges met 'n ywer vir God, maar met stukkende, geskeurde verhoudings. Het Jesus dan nie juis gekom om dit te kom herstel nie? Wat is fout? Dis ons almal se krisis. Hierdie boek is nie soseer 'n lesing in die dinamika van verhoudings nie, as wat dit 'n belydenis en 'n getuienis is. Is dit nie vreemd dat die meeste van ons eers besef hoe belangrik hierdie saak in ons lewe is as ons aan die bloeikant daarvan staan nie? Kan 'n mens regtig goeie verhoudings he? Selfs met taxibestuurders, politici, misdadigers en teenstanders? En met jou vrou of man of kinders? In hierdie boek se ek hard en duidelik: Ja! Maar dit kos meer as 'n motiveringspraatjie om dit te bewaarheid. My leermeesters op hierdie pad is by uitnemendheid my vrou en kinders en ouers. Hulle word bygestaan deur my vriende, mede-gemeentelede, mede-inwoners op die dorp en vyande. Ek leer by diegene wat my opbou en diegene wat my seermaak. Maar die dekaan van hierdie lewensuniversiteit is Jesus Christus self. Hy is die beste en die kundigste. Dis 'n fees om by Hom en die res van die "fakulteit" te leer wat regtig belangrik in die lewe is. Mag jy saam met my hierin feesvier en leer, want miskien ontmoet ons mekaar more in die straat...

Ek Behoort Aan Die Kerk (Afrikaans, Paperback): Thom S. Rainer Ek Behoort Aan Die Kerk (Afrikaans, Paperback)
Thom S. Rainer
R74 Discovery Miles 740 Ships in 2 - 4 working days

Wat sal gebeur as mense hulle kerk kies nie op grond van wat hulle daaruit kan kry nie, maar op grond van wat hulle kan gee? Thom Rainer beantwoord hier-die vraag inEk Behoort Aan Die Kerk eenvoudig, Bybels en oortuigend.

Dr. Rainer bespreek ses beloftes wat lidmate ver­sigtig en biddend kan maak om die voorreg en vreug­de van kerklidmaatskap te ontdek:

  • Ek sal ’n werkende kerklidmaat wees
  • Ek sal ’n kerklidmaat wees wat verenig
  • Ek sal nie toelaat dat my kerk oor my voorkeure en begeertes gaan nie
  • Ek sal vir my kerkleiers bid
  • Ek sal my gesin lei om gesonde kerklidmate te wees
  • Ek sal kerklidmaatskap as ’n geskenk beskou

Elke hoofstuk eindig met 5 vrae wat lesers help om die beginsels prakties in hulle lewens toe te pas.

Ek behoort aan die Kerk wys vir leraars en lid­mate presies wat ’n verskil gesonde, toegewyde lid­mate in die kerk, hulle gemeenskap en uiteindelik in die wêreld kan maak.

In Ritme Met God (Afrikaans, Paperback): Heinz Winckler In Ritme Met God (Afrikaans, Paperback)
Heinz Winckler
R159 Discovery Miles 1 590 Ships in 2 - 4 working days

Wat maak jou wie jy werklik is? So baie jong mans soek vandag hul identiteit in die wêreld. Maar die wêreld verander elke dag – God is die enigste stand­vastige baken.

Heinz Winckler glo jou identiteit in Jesus staan uit as een van die belangrikste aspekte van jou lewe. As jy weet wie jy in Hom is, kan jy jou roeping vind en uitleef, en deel word van ’n generasie wat God se koninkryk uitbou.

In Ritme Met God begin met ’n soeke na wie ons drie-enige God is, en daarna kyk Heinz na wie Jesus en Paulus gesê het jy is. Daaruit vloei die soeke na elke mens se roeping binne die koninkryk voort.

In Ritme Met God is Heinz se persoonlike getuienis van hoe God hom gelei het tot waar hy vandag is. Hy wil ander inspireer en aanmoedig om hul soeke na God ook hul eerste prioriteit te maak. Die boek word afgerond met twee liedjies, spesiaal geskryf vir die vrystelling van hierdie boek.

Ek is Tot Alles in Staat (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha Ek is Tot Alles in Staat (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha
R138 Discovery Miles 1 380 Ships in 2 - 4 working days

Riekert Botha neem lesers in Ek is tot alles in staat deur die vreugde-brief Filippense en daag elkeen uit om die ware betekenis van die bekende boek te ontdek. Die bekende skrywer en radiopersoonlikheid breek Filippense in 10 studies op om te sien wat hierdie boek vir elkeen individueel, asook in die groter prentjie van die boek wil se. Eerstens word daar gekyk vir wie die boek oorspronklik geskryf is en wat die boodskap vir hulle was. Dan kan die leser uitvind wat hierdie boek vir hom of haar persoonlik se. Ons omstandighede is vandag anders as die eerste lesers van die brief s’n, maar God se boodskap bly dieselfde deur al die eeue heen. Groot gedeeltes Bybelteks uit die NLV in Ek is tot alles in staat sorg ook vir maklike naslaan.

Die Seun Van God (Afrikaans, Paperback): Rick Warren Die Seun Van God (Afrikaans, Paperback)
Rick Warren
R160 Discovery Miles 1 600 Ships in 2 - 4 working days

Die heel belangrikste ding wat jy met jou lewe kan doen, is om tyd deur te bring om Jesus te leer ken. New York Times-topverkoper-outeur Rick Warren help lesers in sy Bybelstudie Die Seun van God om Jesus se lewe te ontdek en die impak wat dit op hulle lewe en lewensdoel het te verstaan. Hy daag lesers uit om te dink wat kan gebeur as hulle die lesse uit gebeure in Jesus se lewe op hulle eie lewe toepas. Hy gee ook praktiese stappe oor hoe om versoeking, lyding en vervolging te oorkom. Hierdie Bybelstudie is gebaseer op Mark Burnett (skepper van Survivor en The Apprentice) en Roma Downey (Touched by an Angel) se fliek Son of God waarvan die DVD in Oktober 2014 vrygestel is. Die Bybelstudie-DVD met dieselfde naam se inhoud is ook by Die Seun van God ingewerk. Buiten vir die ses studies bied dit ook wonderlike hulpmiddels vir kleingroepe, soos riglyne vir die aanbieder, vrae wat gereeld gevra word, ’n kleingroepkalender en -program en nog vele meer.

Gebed - 'N Kragtige Wapen - Bybelstudie (Afrikaans, Paperback): Stormie Omartian Gebed - 'N Kragtige Wapen - Bybelstudie (Afrikaans, Paperback)
Stormie Omartian
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 2 - 4 working days
Geloof Sonder Sekerhede - Hoe Kan Ek Nog Glo (Afrikaans, Paperback, 2nd edition): Anton Van Niekerk Geloof Sonder Sekerhede - Hoe Kan Ek Nog Glo (Afrikaans, Paperback, 2nd edition)
Anton Van Niekerk
R85 Discovery Miles 850 Ships in 2 - 4 working days

Dit is belangriker om te weet hoe om te lewe as om die korrekte belydenis te vind. Die sin van die Christelike geloof is nie soseer dat dit ’n rustige verblyf in ’n hiernamaals waarborg nie, maar dat ons hier in liefde teenoor mekaar kan leef en van hierdie wereld ’n beter plek kan maak. Bekende filosofie professor – en gelegitimeerde predikant – Anton van Niekerk, praat openlik oor hoe ons geloof met rede kan versoen.

Kragtige gebede - Hoe om die Woord te bid (Afrikaans, Paperback): Arthur Odendaal Kragtige gebede - Hoe om die Woord te bid (Afrikaans, Paperback)
Arthur Odendaal
R98 Discovery Miles 980 Ships in 2 - 4 working days

In hierdie boek spel die skrywer die noodsaaklikheid van gebed uit. Hy skryf oor die voordele en krag en die positiewe uitwerking op die persoon wat gereeld en getrou gebede uit die Bybel bid. Arthur gee aan die leser ook goeie wenke oor hoe om hierdie gebede prakties uit te voer en te verpersoonlik en hoe om seen oor ander uit te spreek. Die boek sluit 27 gebedsonderwerpe in wat volgens behoeftes gerangskik is.

God Wil Vir Vroue Sê: Gee Dit Aan! (Afrikaans, Paperback): God Wil Vir Vroue Sê: Gee Dit Aan! (Afrikaans, Paperback)
R149 Discovery Miles 1 490 Ships in 2 - 4 working days

Die Bybelverse in hierdie boek sal jou elke dag, 'n hele jaar lank, herinner aan al die wonderlike dinge wat God vir jou beplan. Dit is so gesond vir jou gees soos 'n daaglikse vitamienpil vir jou liggaam! Elke vers sal jou geloof versterk en jou meer hoop vir jou lewe gee. Dis die mees positiewe manier om jou dag mee te begin (of eindig), kort en maklik om te onthou. Elke vers word deur een woord tematies saamgevat. Hierdie temas is alfabeties gerangskik sodat jy vinnig 'n antwoord uit die Skrif kan naslaan volgens jou behoefte. Of jy kan die boekie na willekeur oopmaak en vertrou dat die spesifieke bladsy 'n hemelse boodskap net vir jou bevat. God wil vir vroue se dat geluk by Hom begin. Maak die waarheid deel van jou sisteem – soos om 'n vitamienpil in te sluk. Dit sal jou troos en bly maak, sodat jy enigiets wat oor jou pad kom, sal kan hanteer.

Pas Op Wat Jy Se! (Afrikaans, Paperback): Deborah Smith Pegues Pas Op Wat Jy Se! (Afrikaans, Paperback)
Deborah Smith Pegues
R127 Discovery Miles 1 270 Ships in 2 - 4 working days

Wag! Nee! Moenie dit se nie! Wie het nie al die heeltemal verkeerde ding op die verkeerde tyd gese nie? Gedragskundige Deborah Smith Pegues weet dat elke verspreking probleme kan veroorsaak in persoonlike en besigheidsverhoudings. Daarom wys sy mense hoe om hul tong vir hulle te laat werk in plaas van teen hulle. Pas op wat jy se! bestaan uit 30 hoofstukke wat lesers sal help om ’n ongetemde liggaamsdeel te verander in ’n waardevolle bate. Lesers sal leer hoe om: op te hou om die verkeerde ding op die verkeerde tyd op die verkeerde manier te se; woorde te spreek wat ander sal opbou; die slaggate en gevolge van leuens, vleitaal, skinder en oordrywings te vermy. Kort staaltjies, selfondersoekende vrae en Bybelsgebaseerde riglyne maak elke hoofstuk ’n lewens- en tongveranderende ervaring. Elke hoofstuk sluit ook af met ’n praktiese bevestiging wat die leser uitdaag om die beginsels in die boek uit te leef.

Staan Jou Man (Afrikaans, Paperback): Nick Vujicic Staan Jou Man (Afrikaans, Paperback)
Nick Vujicic 1
R176 Discovery Miles 1 760 Ships in 2 - 4 working days

Met geen arms of bene nie, was Nick Vujicic elke boelie se droom. Hy ken daardie gevoel wat jou maag laat pyn, die nagmerries laat kom en iemand laat voel asof daar geen hoop is nie ... Maar sy boodskap is dat jy dit kan oorkom, want geen boelie kan vir jou se wie jy is nie. In Staan jou man wys hy vir lesers hoe om ’n beskermingstrategie teen boelies op te bou sodat hulle kan opstaan teen boelies van enige aard. Hierdie boek sal jongmense onder meer leer om: die feit dat hulle geboelie word in ’n positiewe ervaring te omskep; vir hulle ’n veilige ruimte te skep; sterk waardes te vestig wat geen boelie kan skud nie; internet-boelies te hanteer; ’n sterk geestelike fondament te vestig wat kan staan teen boelies; na hulle eie emosies te kyk en hulle reaksies te beheer; ander wat geboelie word te help. Staan jou man is ideaal vir elkeen wat wil opstaan teen wreedheid – hetsy teen hulself of die vir wie hulle lief is. Nick Vujicic is elke boelie se droom ... Hy verstaan beter as enigiemand hoe dit voel as ander op jou pik. Maar hy het daarteen opgestaan en vandag leer hy ander hoe om hierdie traumatiese ervaring te bowe te kom. Staan jou man sal elke jongmens die bemoediging en praktiese raad gee wat hulle nodig het om sonder vrees deur hul daaglikse lewe te gaan.

Ek kies steeds die kerk - Stories, Stryd En Standpunte Oor Die Kerk En Die Wereld (Afrikaans, Paperback): Neels Jackson Ek kies steeds die kerk - Stories, Stryd En Standpunte Oor Die Kerk En Die Wereld (Afrikaans, Paperback)
Neels Jackson
R85 Discovery Miles 850 Ships in 2 - 4 working days

Dit het mode geword om die kerk te kritiseer. As ’n mens jou op van die kritiek moet verlaat, het die kerk, in besonder die Afrikaanse kerke, geen geloofwaardigheid meer nie. En tog is daar steeds elke Sondag honderdduisende Afrikaanse mense in die kerk . . . Neels Jackson, bekende godsdiensskrywer en redakteur van die Kerkbode, is een van die mense, en in Ek kies steeds die kerk beskryf hy die vyf hoofredes waarom hy steeds in die kerk bly. Die boek bevat die beste van sy rubrieke wat verskyn het in Beeld, Rapport, By en e-Hervormer, en vier so 20 jaar se in-diepte verslaggewing oor kerksake en geloof. ’n Paar hoogtepunte is sy onderhoude met bekendes soos Bobby Fischer, Yolanda Dreyer, Hashim Amla, Isak Burger, biskop Desmond Tutu en Adriaan Vlok.

Engele by Ons (Afrikaans, Paperback): Sannie Wiese Engele by Ons (Afrikaans, Paperback)
Sannie Wiese
R207 Discovery Miles 2 070 Ships in 2 - 4 working days

Hoeveel beskermengele is daar per persoon? Word mense engele wanneer hulle sterf? Waarvandaan kom engele? Wat is hul aandeel in die geesteswereld? Engele by ons is 'n interessante studie oor engele en beantwoord die mees algemene vrae oor hierdie geestelike wesens. Dit beskryf verskeie persoonlike ontmoetings met engele, waarna die skrywer fokus op wat die Bybel oor engele se. Sy tref ’n duidelike onderskeid tussen goeie en slegte engele en sluit ook afdelings oor drome, visioene en gesigte, die kwessie van beskermengele, gebedsverhoring en engele en spiritualiteit in.

Flenters - Hoe Omgee Lewens Kan Verander (Afrikaans, Paperback): Lina Du Plessis Flenters - Hoe Omgee Lewens Kan Verander (Afrikaans, Paperback)
Lina Du Plessis
R208 Discovery Miles 2 080 Ships in 2 - 4 working days

Ons leef in 'n stukkende, gebroke wereld. Maar selfs in hierdie wereld is daar oral flentertjies vreugde, liefde, hoop en selfs geloof. Die sleutel is om te weet hoe om betrokke te raak en hoe om 'n helpende hand uit te steek. Volgens UNICEF en ander bronne is daar nagenoeg 2 miljoen weeskinders in Suid-Afrika, maar tussen April 2010 en Maart 2012 is slegs 2 013 kinders aangeneem. Daar word geskat dat daar in 2015 ongeveer 5.2 miljoen vigswesies gaan wees. Dit is ’n werklike probleem in ons land wat ons nie meer kan ignoreer nie. Lina du Plessis is een van daardie juweelmense wie se vingerafdrukke lewenslank op jou hart rondlê. Van 2006 af is Lina betrokke by twee pleegsorghuise in Pretoria. Van 2009 tot onlangs woon sy as pleegouer in een van die huise. Flenterkinders is ’n versameling van Lina se belewenisse en verhale wat sy bymekaar gemaak het in die tyd wat sy by die versorging van weeskinders betrokke was. Hierdie kort sketse oor weeskinders en die vreugdes van pleegsorg word met humor en deernis vertel. Dit vertel vanuit verskillende hoeke aangrypende verhale van God se goedheid. Hierdie boek open nuwe vensters op God se genade wat die leser sprakeloos sal laat en hulle sal aanspoor om God op nuwe maniere aktief te begin dien.

Die Bybel - 1983-vertaling - Grootdrukbybel (Afrikaans, Hardcover, 16th ed): Die Bybel - 1983-vertaling - Grootdrukbybel (Afrikaans, Hardcover, 16th ed)
R551 Discovery Miles 5 510 Ships in 2 - 4 working days

Volledige Bybel, Afrikaans 1983-vertaling met herformulerings tot en met 1992, grootdruk, swart hardeband. Nuwe leservriendelike uitleg met voorwoord, kruisverwysings, voetnote, woordelys, kaarte en kleur-ID-band wat teksgrootte aandui.

Die Bybel - 1933/1953-vertaling - Mediumgrootte Naslaanbybel (Afrikaans, Hardcover, 10th ed): Bible Society of South Africa Die Bybel - 1933/1953-vertaling - Mediumgrootte Naslaanbybel (Afrikaans, Hardcover, 10th ed)
Bible Society of South Africa
R390 Discovery Miles 3 900 Ships in 2 - 4 working days
Soos Jesus (Afrikaans, Paperback): Kobus Neethling, Hennie Stander Soos Jesus (Afrikaans, Paperback)
Kobus Neethling, Hennie Stander
R169 Discovery Miles 1 690 Ships in 2 - 4 working days

Daar is niemand – geen groter leier of beter rolmodel – by wie ons meer kan leer as by Jesus Christus nie. Hy het die afgelope 2000 jaar ’n groter invloed as enige ander mens op die wêreld gehad, en sal die toekoms net soveel beïnvloed. In die Nuwe Testament van die Bybel leer ons Hom ken deur die oë van die Evangelieskrywers. In Soos Jesus volg ons die navorsingsroete om meer van die misterie van Jesus, die mens, te probeer ontdek.

Ons klem in hierdie boek val spesifiek nie op die wat ons van kleintyd af van Jesus weet – op sy Goddelikheid, sy liefde, sy vergifnis, sy wonderwerke, sy nederigheid, sy opoffering of sy passie nie. Ons wou daardie X-Faktor probeer pel wat Hom as mens so uitsonderlik gemaak het en dat mense van die 21ste eeu nog steeds verbyster staan.

Dit is wat ons met hierdie boek wil regkry. Ons gebruik die Bybel om ’n idee te vorm van wat Jesus geleer en gedoen het, soos wat die Evangelieskrywers Hom vir ons teken.

Jesus het in ’n ander tyd en wêreld as ons geleef, en mense wonder soms of ons regtig nog sy voorbeeld in ons hedendaagse lewe kan toepas. Maar in plaas van om Jesus se wêreld met ons s’n te vergelyk, moet ons eerder vra wat is die beginsel agter die gebeur in die Bybel wat on vandag kan toepas om in Jesus se voetspore te volg. Dis na die beginsels wat ons in hierdie boek soek.

Ontsluit Die Krag Van Gebed (Afrikaans, Paperback): Stormie Omartian Ontsluit Die Krag Van Gebed (Afrikaans, Paperback)
Stormie Omartian
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 2 - 4 working days
Die Wonder van die Nuwe Geboorte (Afrikaans, Paperback): Marius Potgieter Die Wonder van die Nuwe Geboorte (Afrikaans, Paperback)
Marius Potgieter
R238 Discovery Miles 2 380 Ships in 10 - 15 working days

As 'n kinderarts, het die skrywer by baie moeilike geboortes bygestaan, die ontwikkeling van babas ondersteun en hulle behandel toe hulle siek, ondervoed of benadeel was deur die nalatigheid en die onnadenkende optrede van volwassenes. In DIE WONDER VAN DIE NUWE GEBOORTE beskrywe hy die ooreenkomste tussen die natuurlike geboorte en die Geestelike geboorte en ontwikkeling. Net soos 'n kind nie normaal kan ontwikkel as hy/sy nie behoorlik gevoed word nie, of benadeel word deur ongesonde substansies waarteen hy/sy beskerm moes word, is Geestelike ondervoeding en vergiftiging alomteenwoordige gevare vir diegene wat van honger vergaan sonder die Woord van God of blootgestel word aan ongoddelike geestelike ondervindinge. Gelukkig is die Woord lewendig en kragtiger as enige medisyne wat nodig mag wees. Heb 4:12

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Global Knowledge on the Commercial Sea…
Annie Mercier, Jean-Francois Hamel Hardcover R4,629 Discovery Miles 46 290
Information Geometry
Nihat Ay, Jurgen Jost, … Hardcover R4,780 Discovery Miles 47 800
Marine Protected Areas and Ocean…
Tundi S. Agardy Hardcover R1,447 Discovery Miles 14 470
The Pilgrim of Hate
Ellis Peters Paperback R585 R534 Discovery Miles 5 340
Swift Analysis of Civil Engineering…
Ali Kaveh, Hossein Rahami, … Hardcover R4,631 Discovery Miles 46 310
Berkshire Encyclopedia of…
Ray C. Anderson Hardcover R2,368 Discovery Miles 23 680
Mathematics for Engineers and…
Huw Fox, William Bolton Paperback R1,370 Discovery Miles 13 700
Temporal Sampling and Representation…
Christina Howard Hardcover R6,577 Discovery Miles 65 770
Calvinism and Middle Knowledge
John D. Laing, Kirk R. MacGregor, … Hardcover R1,536 R1,261 Discovery Miles 12 610
Road And Bridges
Glynnis Hayward Paperback R271 Discovery Miles 2 710

 

Partners