|
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
'n Mens sou kon se dat daar vandag 'n soort "stille krisis" in kerk
geledere sluimer. Te midde van indringende bevraagtekening van
bybelwaarhede is die gewone kerklidmaat op homself aangewese om
antwoorde te soek. Dit is in die lig dat hierdie werk van die
skrywer gesien moet word. Hierdie titel is van aktuele belang en
kan aanbeveel word by almal wat na die waarheid soek.
Die psalmboek is ’n eeue oue bron van vertroosting. Dit verwoord ons vrese, onsekerhede, vreugde en hoop. Dit spreek tot ons met troos en verwagting en afwagting. Die psalms is hartswoorde wat uit die dankbare of gekwelde hart van mense na God opstyg.
Daar is verwondering oor die skoonheid van die skepping en die vaste patrone daarin. Daar is ook psalms wat deurdronge is van ervarings van krisis en nood. Dis ’n roepe uit ons hart na God. Daar is psalms waarin die lofliedere, dankbaarheid en hernude verwondering oor God se genade en voorsiening opklink. In Die tint van ons toekoms ondersoek Johan Cilliers die psalms as wegwysers na oordenkings oor verwonding, verwondering en verwagting met die hoop dat dit die leser op ’n nuwe weg sal plaas, ’n nuwe toekoms tegemoet.
In die psalms praat en bid, sug en sing mense hul hart voor God uit. Maar God praat daarin ook sy hart teenoor ons uit. In ’n sin is dit ’n gesprek van hart tot hart. Dis God wat ons uit die skadu’s van lyding en leed, verwonding en dood uitlei en ons toekoms algaande versadig met lig.
Hanna is kinderloos. Haar man moet seuns he om sy priesterlike
pligte as Leviet voor die Here na te kom, en na nege jaar trou
Elkana weer. Peninna skenk die lewe aan die een kind na die ander.
Maar Hanna sukkel met Peninna se teenwoordigheid. Hierdie
aangrypende verhaal spreek tot elke vrou. Sal Hanna kan vrede maak,
met haarself en met Peninna? Sal sy guns kan vind in die oe van God
sodat Hy haar lamp weer aansteek en die donker verdryf?
Hierdie manuskrip was nie bedoel om gepubliseer te word nie. Dit was
aanvanklik ’n bestekopname van die skrywer se betrokkenheid by en blootstelling
aan die NG Kerk-familie waarin hy gebore is, grootgeword en uiteindelik as
predikant gedien het.
Ben du Toit se eerste boek, God? Geloof in ‘n postmoderne tyd, is in 2001 met die
gesogte Andrew Murray-prys vir Christelike publikasies bekroon. Dit het ’n
woordeskat gebied vir talle ander mense se reis. Amper twee dekades later neem
hy die vraag oor God en die relevansie van godsdiens en geloof verder.
Vir baie mense sal hierdie boek nie ’n gemaklike leeservaring wees nie. Daar sal
egter lesers wees wat ’n eie bevrydende ervaring in hul verhouding met die kerk,
geloof en met God sal beleef deur die boek te lees. En wat ’n woordeskat sal
vind.
Net soos Du Toit se eerste boek baie mense minder alleen met hulle teologiese
ongemak en kritiese vrae laat voel het, kan hierdie boek ’n wonderlike
verrassende volgende fase van hul lewens inlei, soos dit tans met die skrywer die
geval is.
Die afronding van die teks het plaasgevind aan die begin van die wêreldwye
Covid-19-pandemie. Hierdie boek toon hoe die vraag na die betrokkenheid van
God gevra word, net soos telkens in die verlede tydens ander krisisse.
Net soos wat die Covid-19-pandemie ’n nuwe era inlui, kan hierdie publikasie ’n
nuwe denkraamwerk ten opsigte van geloof inlui.
Hier word baie name genoem en na vele stemme geluister. Uiteindelik gaan dit
nie oor hulle as individue nie, maar wel, kollektief, oor Die Kerk – ’n bepaalde
verteenwoordiging van die verskynsel wat Godsdiens genoem word. Maar
inderwaarheid gaan dit nie eers oor hulle nie, maar oor God – terwyl die enigste
manier waarop ons iets van God kan weet, deur die woorde en lewens van
mense is.
|
You may like...
Boytjie
Johnny Davids
Paperback
R280
R241
Discovery Miles 2 410
Die Bybel
Leather / fine binding
R549
R429
Discovery Miles 4 290
|