![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
As 'n kinderarts, het die skrywer by baie moeilike geboortes bygestaan, die ontwikkeling van babas ondersteun en hulle behandel toe hulle siek, ondervoed of benadeel was deur die nalatigheid en die onnadenkende optrede van volwassenes. In DIE WONDER VAN DIE NUWE GEBOORTE beskrywe hy die ooreenkomste tussen die natuurlike geboorte en die Geestelike geboorte en ontwikkeling. Net soos 'n kind nie normaal kan ontwikkel as hy/sy nie behoorlik gevoed word nie, of benadeel word deur ongesonde substansies waarteen hy/sy beskerm moes word, is Geestelike ondervoeding en vergiftiging alomteenwoordige gevare vir diegene wat van honger vergaan sonder die Woord van God of blootgestel word aan ongoddelike geestelike ondervindinge. Gelukkig is die Woord lewendig en kragtiger as enige medisyne wat nodig mag wees. Heb 4:12
Hierdie nuwe boek fokus op die vele maniere waarop vrees die gelowige se lewe kan beinvloed en hoe om hierdie verskillende vrese te oorkom. Benescke Janse van Rensburg behandel die vele fasette van vrees aan die hand van 'n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe. Oorkom Jou Vrees is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as 'n Bybelstudieboek vir groepe. Die skrywer verskaf Bybelverwysings en besprekingsvrae by elke hoofstuk, wat verdere studie en bespreking moontlik maak, asook 'n gebed wat leiding kan gee aan die leser se eie gesprek met God. Hierdie boek vorm deel van Benescke se passie om God se Woord en beloftes op 'n kreatiewe en relevante manier met ander te deel. Sy verseker haar lesers daarvan dat, ongeag wat die situasie is, jy vreesloos kan leef met die wete dat God steeds wonderwerke doen.
Ignatius Smit sterf by geboorte op Woensdag, 3 Maart 1982 op Katima Mulilo in Namibie se Kaprivistrook. Omdat Ignatius se ouers die sendingpaar is, word hy begrawe op 'n afgelee plek in 'n bos, naby die graf van magistraat Trollop wat aan koors in Barotsiland gesterf het. Sy ma sukkel om sy dood te verwerk, omdat sy as geestelike leier verantwoordelik voel vir die vertroosting van die dorpsmense, wat net so platgeslaan is deur sy onverwagte dood. Jare later haal sy onverwekte dood haar in. Hierdie is haar, Leonette, se verhaal. Dis 'n verhaal van verlies en die verwerking daarvan, wat grootliks afspeel binne die militêre milieu - waarvan grenslewe 'n groot komponent is. Baie jare later kry sy vertroosting deur berading en musiekterapie van 'n orrelsimfonie van Saint-Saens. Dit gee vir haar 'n visualisering van Ignatius se lewe na die dood. So kry sy volkome bevryding vir haar pynlike smart.
Soveel mense probeer God in 'n boksie plaas van wie hulle dink Hy moet wees. In Die God wat ek leer ken het bied Arnold Mol sy insigte en interessante perspektiewe op die God van die Bybel. Elke hoofstuk in Die God wat ek leer ken het kyk na 'n spesifieke onderwerp, onder meer: God se soewereiniteit; sy genade; sy Vaderskap; sy heerlikheid. Die skrywer lig spesifieke verse uit die Bybel uit waarvolgens hy sy geloof en pad saam met God gerig het en wys so vir lesers hoe hulle ook hierdie bemoediging uit die Bybel kan ontdek. Die boek is ook deurweef met persoonlike getuienisse en praktiese verhale wat die heerlikheid van God openbaar. Die God wat ek leer ken het is 'n getuienis van die dinge oor God wat die outeur ontdek het deur sy geestelike ervaring en hoe dit deel kan word van elke gelowige se reis.
Dit maak nie saak of jou huwelik op pad na 'n oorwinning is, in ernstige moeilikheid is of selfs net 'n halftyd-motiveringspraatjie nodig het nie. Jy sal baie goeie raad in Gelukkige maat, gelukkige huwelik kry om 'n sterk en suksesvolle huwelik te bou. Pat en Ruth Williams baseer die boek op die volgende beginsels: seen jou huweliksmaat; bou mekaar op; deel jou ware self; raak jou maat aan in liggaam en gees. Pat en Ruth moedig mans aan om die beste leiers, minnaars en luisteraars te wees en bemagtig vroue om die beste vennote en spelers in 'n wen-verhouding te wees. Tesame met die vrae vir oordenking sal die boek paartjies help om vas te byt ten spyte van die lewe se uitdagings. Gelukkige maat, gelukkige huwelik beklemtoon die noodsaaklikheid daarvan om 'n Christus-gesentreerde huwelik te ontwikkel en daarmee vol te hou.
In Jou laaste selfhelp boek word al die kwessies en nog aangespreek. Die leser se transformasie word as 'n projek aangepak wat bestuur moet word. Dan word jy uiteindelik perfek geposisioneer om die reis na die ontdekking van die outentieke jy aan te pak. Die boek sal jou met nuwe oe na die lewe laat kyk. Dit sal jou opnuut opgewonde maak oor die krag wat in jouself en God se wil vir jou lewe opgesluit le. Jy sal perspektief kry op jou plek in die heelal en leer om dankbaar te wees. Jy sal die kans kry om 'n kwaliteit lewe te leef.
Dis maklik om te dink dat geloof nie meer in vandag se lewe 'n plek het nie. Danksy modern tegnologie en wetenskap is daar verklarings vir alles. Harde bewys. Niemand kan meer stry nie. Hoe moet jy jouself, en ander oortuig dat geloof werklik is? Is daar nog plek waarvoor in ons bestaan? Hennie Stander deel grepe uit sy lewe om die werklikheid van God se teenwoordigheid te illustreer.
Op Oujaarsaand 2011 ontaard 'n lekker familiebraai in 'n skokkende nagmerrie toe 'n bottel vuuraanstekergel in 'n pa se hande ontplof en op sy dogtertjie beland. Met 80% brandwonde gee dokters vir die 2½-jarige Pippie Kruger net 'n 10% kans op oorlewing. Pippie vertel op hartroerende wyse van die pynlike pad wat ma Anice, pa Erwin en hul gesin sedert dié ongeluk gestap het. Die boek deel gebeure en ervarings wat nog nie van-tevore in die media bekendgemaak is nie:
Pippie vertel van 'n ma se stryd met God en 'n wil om nooit moed op te gee nie. Dit is 'n inspirerende verhaal van ongekende deursettingsvermoë, vurige hoop en onwankelbare vertroue in God.
Voels en Bybels in die Geskiedenis het tot stand gekom omdat die skrywer Tian Hattingh beide 'n student van Bybelse Hebreeus en 'n amateur voelkundige is. Na 'n aantal besoeke aan die Heilige Land is hy geinspireer om die voels in die Christelike Bybels te bestudeer. Tian se interessante ontdekkings, tesame met sy begeerte om die kennis met 'n wyer gehoor te deel, het uitgeloop op die publikasie van Voels en Bybels in die Geskiedenis.
Die Mighty Men Verhaal vertel op boeiende wyse hoe een man se gehoorsaamheid aan God herlewing gebring het in Suid-Afrika en duisende lewens vir altyd verander het. "God het my gelei om hierdie storie te skryf sodat ek die ware verhaal kan vertel van wat gebeur het," sê die bekende en geliefde evangelis Angus Buchan self. Die Mighty Men Verhaal vertel die verstommende verhaal van die Mighty MenTM-fenomeen - hoe dit begin het met 'n mosterdsaad-idee in 2003, tot hoe dit in 2010 geëindig het toe die konferensie deur meer as 300 000 mans bygewoon is. Meer as 40 persoonlike getuienisse van mans wat by hierdie konferensies aangeraak is deur die Gees sal elke leser aan die hart gryp. Dit spreek van nuutgewonde vuur vir God wat in die harte van duisende mans aangesteek is, en sal lesers inspireer om God met nuwe toewyding te dien. Die Mighty Men Verhaal vier onwankelbare geloof, oneindige hoop en vreugdevolle en oorvloedige lewe in Christus!
In Geliefde rebel doen Eldredge weg met die tipiese stereotipe sienings oor Jesus soos wat hy in Die ongetemde hart gedoen het om waarheid oor manlikheid te openbaar. In sy gemaklike geselstrant onthul hy die ware Jesus, wat daarvan beskuldig is dat hy misdaad gepleeg het en twyfelagtige vriende gehad het. Hy was so 'n kontroversiele figuur dat mense hom wou doodmaak. Maar baie ander het hom liefgehad. Lesers word genooi om die ryk emosionele lewe van Christus te ontdek. Eldredge help ook die lesers om te sien hoe hulle hierdie ware Jesus kan deelmaak van hul lewens en Hom elke dag te kan ervaar. Hierdie boek sal lesers se aanbiddingslewe verryk en hul intieme verhouding met die ware Jesus verdiep.
Rugby in Suid-Afrika is méér as net ’n spel. Dit is ’n weerspieëling van die wese en hartklop van die mense van hierdie land. Dit is sinoniem met sonskyn, biltong en braaivleis. Sedert rugby die eerste keer in 1861 op Suid-Afrikaanse bodem gespeel is, het die land en rugby ’n wedersydse invloed op mekaar se ryk erfenis gehad. Agter Die Doellyn vier die vreugde en gevoel van eenheid en trots wat onder mense van hierdie land ontstaan het ná die Wêreldbeker-oorwinning in 1995. Agter Die Doellyn:
Waar die bekende en gewilde Suid-Afrikaanse sangeres en glanspersoonlikheid, Nianell, ook al gaan en optree, het sy een belangrike, inspirerende boodskap: elkeen van ons mag, kan en moet lief wees vir onsself. As ons dit regkry, sal ons die mense rondom ons ook aanraak en so 'n verskil in hul lewens maak. In haar heel eerste boek, Om te weet wie ek is, vertel die bekroonde sangeres van die lesse wat sy in die lewe geleer het en hoe sy ontdek het hoe om lief te wees vir haarself. Nianell neem die leser saam op haar lewensreis van 'n skaam, teruggetrokke skooldogter tot wie sy vandag is en wat sy langs die pad oor haarself en oor die lewe geleer het. Die lewe was vir haar, net soos vir die res van ons, 'n ontdekkingstog wat soms moeilik was. Sy skroom nie om op 'n eerlike, deursigtige en onpretensieuse manier haar persoonlike ondervindings van swaarkry, sukkel om te behoort, liefhe, vrou-wees, ma-wees van 'n drieling en ster-wees met die leser te deel nie. Bowenal, se Nianell, het sy geleer dat ons elkeen vir onsself kan en moet lief wees – en altyd moet onthou wie ons werklik is. Sy gebruik verskeie persoonlike stories – waarvan sy talle vir die eerste keer met die publiek deel – om te vertel hoe sy self by die punt uitgekom het om haarself te aanvaar en om altyd te onthou wie sy werklik is. Nianell se vertellings oor haar persoonlike ondervindings sal elkeen se hart raak en 'n dieper insig gee in haar lewe en in die feit dat glanspersoonlikhede ook maar soms worstel met kwessies waarmee elkeen van ons sukkel. Haar stories sal jou inspireer en jou die waarde daarvan laat besef om jouself te aanvaar en lief te he soos jy is. Om te weet wie ek is is 'n genotvolle kombinasie van biografie en inspirasie – dis 'n lees- en groei-ervaring wat jou sal bybly lank
In die 1980's verrys 'n vreemde struktuur in Mamelodi, 'n township by Pretoria. Die township-mense skud die kop en doop dit "Smith se Pampoenhuis". Dr. Nico Smith en sy vrou, Ellen, verruil hulle twaalfvertrekhuis in "wit" Stellenbosch vir die viervertrekpondokkie midde-in die woonplek van duisende swart mense – sekerlik die enigste wit Afrikaanse mense wat in daardie jare van opstand en ellende so iets sou waag. In Die dood van die God van my vaders vertel Smith, eertydse professor aan die NG Kerk se Kweekskool op Stellenbosch, die verhaal van sy vereenselwiging met sy gemeentelede in Mamelodi, maar dis nie net Smith se storie nie. Die titel is bowenal die verhaal van die gewone swart mense wat onder apartheid die "ellendiges van die aarde" geword het. Dit was die tyd toe meer as duisend wette elke aspek van hulle kom en gaan beheer het. Dit was ook die tyd van die struggle, wat onafwendbaar op bevryding moes uitloop. Die verhaal word met deernis en insig vertel, soms selfs met humor, en immer met ontsetting. Maar Smith onderneem meer as net 'n fisieke reis van Stellenbosch na Mamelodi. Daar in die township, waar mense onder die haglikste omstandighede hom verseker "Die Here hy is", begin hy indringende vrae vra oor die God wat in die kerk van sy vaders aan hom voorgehou is. Wanneer die God vir hom "sterf", ontwikkel hy 'n gans ander godsbeskouing as die van die konvensionele en dogmatiese gereformeerde leer. Hier is nietemin geen sprake van 'n "God-is-dood-teologie" nie. Smith het net God anders leer ken, en daaroor skryf hy uitvoerig en met oortuiging.
As ons regtig nederig wil wees, nie net voor God nie, maar ook teenoor alle mense – en as ons in die soort nederigheid vreugde wil vind – dan moet ons insien dat dit nie bloot die teken van berou oor ons sonde is nie, maar dat dit beteken om vol te wees van die heerlikheid en vreugde van die hemel en van Jesus. Jesus het sy heerlikheid daarin gevind om die houding van 'n slaaf aan te neem (Matteus 20:27). Hy verduidelik eenvoudig die waarheid dat niks so Goddeliks en hemels is as om almal se slaaf te wees nie. Wanneer ons insien dat nederigheid oneindig dieper as skuldgevoel le en daaraan dink as ons deelname aan die lewe van Jesus, sal ons begin leer daar le werklike grootheid in. Om almal se dienskneg te wees, is die hoogste vervulling van ons roeping as mens wat na God se beeld geskep is.
Hoe oorbrug ons die gaping oor verhoudings - die gaping tussen waarop ons hoop en wat ons begeer aan die een kant en wat in werklikheid met ons gebeur aan die ander kant? Aan die een kant van die gaping is die werklikheid van mislukte huwelike, afwesige ouers, opstandige kinders, ontroue vriende en kerkgroepe wat skinder. Aan die ander kant van hierdie gaping moet ons die woorde van Jesus in gedagte hou: “Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhe. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhe” (Johannes 13:34). Jesus was goed met verhoudings. Die skares het na Hom toe gestroom, sy volgelinge was mal daaroor om naby Hom te wees en selfs sy vyande het vir Hom ’n onbedoelde pluimpie gegee toe hulle Hom ’n “vriend van … sondaars” genoem het. Aan die einde van elke dag se leeswerk sal jy drie hulpmiddels kry wat jou in jou studie kan help. Die eerste word genoem “Iets om oor na te dink”, wat die hoofstuk se boodskap in ’n sin saamvat. Tweedens is daar “’n Vers om te onthou”, wat ’n vers uit die Bybel gee wat jy kan leer. Daar is nie baie van ons wat in staat is om ’n vers vir elke dag uit die kop te leer nie, en tog sal jy op verrassende maniere geestelik verfris en versterk word as jy een of meer van die verse by elke week kan kies en memoriseer. Aan die einde van elke hoofstuk is daar ook ’n “’n Vraag om te oorweeg” - ’n persoonlike vraag wat jou sal help om jou gedagtes op handeling en verandering te fokus. Aan die einde van die boek is daar ’n lys van bykomende “Vrae vir vriendekringe, pare en kleingroepe”.
Bill Hybels, stigter en pastor van die wereldbekende Willow Creek-gemeenskapskerk in die VSA, stel 'n unieke uitdaging aan almal wat na lewensin soek: Stel vas wat presies die een verkeerde ding is wat jy nie langer kan verdra nie, en gebruik dan die passie van daardie "heilige ontevredenheid" as brandstof om jou aan te vuur om daardie saak te help regstel. Hierdie titel vol praktiese raad inspireer Christene om met God saam te werk om sy koninkryk daad-werklik te laat kom, en so persoonlike sin in die lewe te vind. |
![]() ![]() You may like...
Understanding Australian Construction…
Matt Stevens, John Smolders
Paperback
R1,567
Discovery Miles 15 670
|