![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
Hierdie boek is die werklike woorde van Jesus. Jesus het in die Bybel baie met sy dissipels gepraat, maar daardie woorde is net so van toepassing vandag as wat dit was in daardie tyd. Die woorde van Jesus is gegroepeer in temas. Daardeur kan die leser meer leer oor die lesse wat die Here sy volk leer. Die eerste van sy soort in Afrikaans!
Die klassieke topverkoper nou weer beskikbaar! Simon van Cirene word gelas om Jesus se kruis te dra, op pad na Golgota. Simon, die man wat nie glo nie. Maar hoe kan ’n mens onveranderd gelaat word deur ’n ontmoeting met Christus? Hierdie is die verhaal van Christus se aanslag op ’n heidense wereld. Dit is ’n beeld van wroeging en botsing en van haat en liefde, van ongeloof teenoor geloof. Maar veral is dit die verhaal van verlossing: die oorwinning van die gees oor die aardse.
By sy geboorte het Jesus na mirre geruik, daarna lees ons weer by die kruisiging van mirre wanneer een van die soldate dit vir Jesus aanbied om te drink. Tussen krip en kruis en graf het Jesus na baie dinge geruik. As timmerman het Hy na hout geruik, by sy dissipels op die skuite het Hy na vis geruik, op die paaie het Hy na sweet en stof geruik en aan die kruis het Hy na bloed geruik. Jesus ruik na mirre en stof sal Jesus op 'n unieke aardse manier aan jou bekendstel.
Word toegerus vir daardie eerste tree op jou nuwe lewenspad. Die Een-minuut Bybel vir ʼn nuwe begin neem nuwe gelowiges deur die vroeë stappe van geestelike ontwikkeling. Dit sal ʼn stewige fondament lê vir verdere geestelike groei. Maar dit is nie net nuwe gelowiges wat by die Een-minuut Bybel vir ʼn nuwe begin sal baat vind nie. Of jy nou ʼn splinternuwe Christen is of ʼn jare lange gelowige is wat net weer van vooraf wil begin met nuwe toewyding en erns, sal die Een-minuut Bybel vir ʼn nuwe begin jou die heel beste toerus om daardie eerste tree op jou nuwe lewenspad te neem. • Leer wat bekering en redding werklik kos … en werklik beteken • Vorm ʼn prentjie van die mens wat jy kan word met God se hulp • Kyk in breë trekke na die dinge waarin Christene glo • Vestig die daaglike dissipline van ʼn Christen-leefstyl • Leer om die gevare te herken waarvoor daar uitgekyk moet word • Dink elke dag nuut • Berei jouself voor op die ewige lewe
Drie van Ena se gunstelingverhale in haar laaste omnibus: In Sonneblomstraat 7 bied 'n sopkombuis se bedrywighede vir Wanya 'n veilige hawe, maar alles verander wanneer haar man uit die tronk vrygelaat word. In Die uurglas loop leeg word Karien se man ernstig beseer en vind sy dat sy hunker na nie net een nie, maar twéé dokters. En in Die dae van ons nietigheid is Lizl en Willem, twee mediese topstudente, voortdurend in wedywering met mekaar. En die liefde hou nie van kompetisie nie . . .
Veerkragtigheid is daardie “iets” wat mens laat opstaan as die lewe jou platslaan. Dit is nie iets wat net sommige mense het nie, almal word daarmee gebore. Ilse Salzwedel, bekende radiopersoonlikheid en joernalis, bespreek die eienskappe van veerkragtige mense en gee raad om dit te ontwikkel. Sy kyk ook watter dinge jy moet vermy wat jou veerkragtigheid kan tap. Ilse gebruik voorbeelde uit haar eie en ander bekendes se lewens om te wys dat veerkragtigheid vir ons elkeen beskore is. |
![]() ![]() You may like...
Motivation, Sinn und Spiritual Care
Godehard Bruntrup, Eckhard Frick
Hardcover
R2,774
Discovery Miles 27 740
Ministry Among God's Queer Folk, Second…
Bernard Schlager, David Kundtz
Hardcover
|