0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (23)
  • R50 - R100 (46)
  • R100 - R250 (225)
  • R250 - R500 (143)
  • R500+ (35)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Christelike Publikasies

Die Koggelaar (Afrikaans, Paperback): Pieter Fourie Die Koggelaar (Afrikaans, Paperback)
Pieter Fourie
R245 R230 Discovery Miles 2 300 Save R15 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Boet Cronje is hardkoppig, arrogant en ontken dat sy bruin regterhand op die plaas eintlik sy halfbroer is. Maar met God as vennoot, 'n familieplaas en 'n erfgenaam lyk die toekoms vir Boet aanvanklik belowend. 'n Langdurige droogte en die dood van sy seun laat hom egter in opstand teen God kom. Die koggelaar vertel die verhaal van 'n man wat oortuig is dat God hom tart; ironies genoeg word hy die een wat koggel.

'n Gelukkige Kind - Bemagtig Jou Kind Om Positief te Dink (Afrikaans, Paperback): Pieter van Jaarsveld 'n Gelukkige Kind - Bemagtig Jou Kind Om Positief te Dink (Afrikaans, Paperback)
Pieter van Jaarsveld
R325 R305 Discovery Miles 3 050 Save R20 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Jou kind word nie met 'n handboek gebore nie, en jy kry geen opleiding of kwalifikasies in kindgrootmaak nie. Dalk weet jy net jy wil nie jou kinders grootmaak soos jou ouers jou grootgemaak het nie, maar jy is ook nie seker wat die beste manier sal wees nie.

Baie ouers weet nie hoe belangrik hulle woorde en gedrag vir ʼn kind se breinontwikkeling is nie. Hulle besef nie dat ons vandag met ons kennis van neurowetenskap, verstandelike intelligensie en emosionele intelligensie ons kinders kan grootmaak om wonderlike, gelukkige en positiewe mense te wees nie.

Dr Pieter van Jaarsveld, ’n kenner op die gebied van emosionele intelligensie en positiewe denke, begelei jou deur goed begronde navorsing om jou kind se brein te verstaan en om jou kind se brein van vroeg af reg te bedraad met oefeninge en speletjies sodat jou kind ‘n gelukkige, gebalanseerde en florerende grootmens kan word. Hy behandel ook belangrike kwessies soos hoe om empatie te ontwikkel en hoe om dissipline aan te pak.

Die Goeie Boek (Afrikaans, Paperback): Deron Spoo Die Goeie Boek (Afrikaans, Paperback)
Deron Spoo
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Ontdek en leef die 40 grootste lewensveranderende waarhede in die Bybel.

Is daar ʼn boek wat vir ons kan sê wat om oor God te glo? Die voor die hand liggende antwoord is die Bybel. Maar waar begin ons die Bybel lees om werklik te verstaan?

In Die Goeie Boek bespreek Deron Spoo sleutel-Bybel­hoofstukke wat hy as kardinaal beskou vir ons verstaan van die Bybel en van God. Hy help lesers om die konteks en inhoud van 20 Ou-Testamentiese en 20 Nuwe-Testamentiese hoofstukke te verstaan wat die hele Bybel vir ons sal oopbreek. Elke hoofstuk onthul een lewens­verande­rende waarheid van God en sluit af met ʼn “om te oordink”-gedeelte wat jou sal help om daardie waar­heid prakties in jou lewe toe te pas. Die Bybelteks van die hoofstuk wat bespreek word, word ook telkens ingesluit (NLV-teks).

Die Goeie Boek sal aanklank vind by jare lange Bybellesers, maar is ideaal vir mense wat aan die begin van hulle Christelike geloofsreis staan. Dit sal lesers help om die lewensveranderende waarhede in die Bybel te verstaan en te leef.

Ook beskikbaar in Engels onder die title The Good Book.

Begin Die Reis (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Begin Die Reis (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R30 R28 Discovery Miles 280 Save R2 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Om Jesus te volg – en Hom met ander te deel – is die belangrikste lewensbesluit wat iemand ooit kan neem. In Begin die reis sal lesers weer bewus word van God se perfekte plan vir verlossing deur Jesus Christus. Op ? eenvoudige manier verduidelik Angus Buchan die probleem van sonde en God se plan om ons verhouding met Hom te herstel. Angus bespreek wat ’n mens moet doen nadat jy jou redding aanvaar het. Die boek is ’n ideale evangelisasie-hulpmiddel en fokus veral op: Redding: wat dit beteken om Jesus Christus as persoonlike Here en Redder te ken. Groei in God: hoe om te groei in jou wandel met God. Die groot opdrag: hoe om die Goeie Nuus met ander te deel. Ingesluit is verse uit die Bybel oor verlossing en die Christelike leefwyse wat lesers kan memoriseer om hulle te versterk. Daar is ook ’n lys Skrifverwysings oor waar om belangrike gedeeltes in die Bybel te kry. As ’n gelowige is dit belangrik om hierdie lewensveranderende nuus met ander te deel en Begin die reis sal elke gelowige help om die roeping uit te leef.

Openbaring Ontsluit - ?n Verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha Openbaring Ontsluit - ’n Verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha 1
R179 R165 Discovery Miles 1 650 Save R14 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Hoeveel mense het al Openbaring gelees en álles verstaan? Tog sê Riekert Botha Openbaring kán verstaan word. Die sleutel lê in een spesifieke vraag: "Wat het Openbaring beteken vir die eerste mense aan wie dit geskryf was?"

Riekert kyk in Openbaring ontsluit na die volgende aspekte wat vorm gee aan hierdie Bybelboek:

• Wie was die oorspronklike ontvangers van die boodskap?
• Wat was die omstandighede waarin hulle geleef het?
• Watter spesiale behoeftes of sake het moontlik aanleiding gegee tot die skrywe van die boek?
• Wat was God se boodskap aan daardie mense in daardie tydvak en spesiale omstandighede?

Riekert bespreek dan die boodskap aan die sewe gemeentes en die sewe visioene in Openbaring teen hierdie agtergrond.

Openbaring ontsluit bied ’n verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel. Dit is ideaal vir elkeen wat ’n verstaanbare uitleg van Openbaring wil hê.

Granate Bloei in Jerusalem (Afrikaans, Paperback): Marzanne Leroux-Van Der Boon Granate Bloei in Jerusalem (Afrikaans, Paperback)
Marzanne Leroux-Van Der Boon
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Marc, 'n sensitiewe jong Suid-Afrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in 'n geloofstryd. Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy die chaos in sy hart probeer orden: Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leef? Die is die eerste roman in die gewilde Israel-reeks.

Die NLV Familiebybel (Afrikaans, Leather / fine binding, Nuwe Uitgawe): Die NLV Familiebybel (Afrikaans, Leather / fine binding, Nuwe Uitgawe)
R1,250 R1,036 Discovery Miles 10 360 Save R214 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Ontdek opnuut die wonderlike erfenis wat God vir ons het met Die Familiebybel.

Die Familiebybel sal God se Woord lewend maak in gesinne. Hierdie Bybel met die volledi­ge teks van die Bybel Nuwe Lewende Vertaling be­skik oor die vol­gen­de unieke kenmerke:

  • ’n Stamboom.
  • ’n Afdeling wat die oorsprong en gesag van die Bybel bespreek.
  • ’n Afdeling getiteld “Waar staan dit in die Bybel?” wat Skrifverwysings gee vir be­lang­­ri­ke gebeur­te­nisse in die Bybel, bekende teks­­gedeeltes, profe­sieë oor Jesus, Jesus se wonderwerke en sy ge­ly­ke­nisse.
  • ’n Afdeling getiteld “Wat sê die Bybel oor ... ” waar­in ’n wye spektrum onder­wer­pe, van abo­r­sie tot wysheid, alfabeties en te­ma­ties ingedeel is met Skrifverwysings oor waar om meer daar­oor te lees.

Die Familiebybel sal gesinne aanmoedig om weer saam om die Woord van God te ver­gader en sal le­sers opnuut laat besef watter opwin­dende erfe­nis God vir ons het
Die Bybel In Praktyk Bybel (Met Duimgrepe) (Bruin) (Afrikaans, Leather / fine binding): Fika Janse van Rensburg, Wil Vosloo Die Bybel In Praktyk Bybel (Met Duimgrepe) (Bruin) (Afrikaans, Leather / fine binding)
Fika Janse van Rensburg, Wil Vosloo 1
R849 R730 Discovery Miles 7 300 Save R119 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bybel in Praktyk is ’n unieke Studiebybel in Afrikaans wat die Bybelleser sal help om sy kennis van en insig in die Woord van God te verbreed én te verdiep. Hierdie Bybel met die volledige teks van die Bybel in Afrikaans 1983/1992 bevat verklaringsnotas en aantekeninge wat help om ’n Skrifgedeelte binne sy konteks te verstaan. Verder verskaf dit belangrike agtergrond en historiese inligting, dit verduidelik moeilike woorde en frases, en dit sluit ook kruisverwysings, karaktersketse, kaarte, rubrieke en diagramme in, wat telkens op dieselfde bladsy voorkom as die gedeelte waarop dit betrekking het.

Die mees uitstaande kenmerk van Die Bybel in Praktyk is veral sy praktykgerigtheid: dit dra nie bloot feitelike Bybelkennis oor nie, maar wys die Bybelleser hoe dit wat in die Bybel geskryf staan, praktyk in sy lewe van elke dag kan word.

Die Bybel in Praktyk is ’n wetenskaplik verantwoorde werk, saamgestel deur ’n paneel bekende teoloë volgens die jongste Bybeluitlegmetodes. Dit wil gelowiges help om die Bybel beter te begryp, maar óók sy daaglikse lewe daarvolgens te rig.

•9.5-punt lettergrootte

Sulamiet (Afrikaans, Paperback): Lina Spies Sulamiet (Afrikaans, Paperback)
Lina Spies
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Sulamiet is ’n bundel oor medemenslikheid, liefde, die wisseling van seisoene, die skoonheid van die natuur en die kunste in ’n land en ’n wêreld van geweld. Die titel Sulamiet verwys na die vroulike spreker in die Bybelboek Hooglied waarin die verlore tuin van Eden ná die sondeval deur die liefde herskep word. Die verse in die bundel handel oor die liefde in vele vorme, die belewenis van die religieuse en die skoonheid van die natuur en die kunste waaraan altyd ’n tekort verbonde bly weens menslike ontoereikenheid. Binne die perspek­tief van die herwonne paradys staan Jesus nie sentraal as die Gekruisigde en die Wonderwerker nie, maar as die Joodse rabbi wat die koms van die Koninkryk reeds op aarde verkondig het. God is transendent: die hiëroglief, die ontwykende aan wie ons verbonde is in ons woordeloosheid en deur die musiek.

Die Kinderbybel (Afrikaans, Hardcover): Anne De Graaf Die Kinderbybel (Afrikaans, Hardcover)
Anne De Graaf; Illustrated by Jose Perez Montero
R349 R321 Discovery Miles 3 210 Save R28 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Byna 300 onvergeetlike verhale van die Bybel word op dramatiese en aanskoulike wyse deel van kinders se lewe.

Die kleurvolle illustrasies maak die gebeure vir die kind aangrypend werklik en boei sy aandag van die eerste tot die laaste bladsy. Die verhale bly ook deurgaans Skrifgetrou en by elkeen word toepaslike Skrifverwysings gegee.

In Die Kinderbybel word die mooiste verhale van die Bybel boeiend oorvertel sodat elke kind dit sal verstaan en onthou.

Jesus deur ander oe - Literere en sosiologies-historiese interpretasies van Markus en Johannes (Afrikaans, Paperback): J.C. de... Jesus deur ander oe - Literere en sosiologies-historiese interpretasies van Markus en Johannes (Afrikaans, Paperback)
J.C. de Klerk, C.W. Schnell
R135 Discovery Miles 1 350 Ships in 7 - 10 working days
Die Metodiste gesangboek (Afrikaans, Hardcover, 3rd Ed): Die Metodiste gesangboek (Afrikaans, Hardcover, 3rd Ed)
1
R170 R157 Discovery Miles 1 570 Save R13 (8%) Ships in 5 - 10 working days
Bybel Blokraai - 70 Blokraaie & 10 Woordsoeke (Afrikaans, Paperback): Heidri Mittendorf Bybel Blokraai - 70 Blokraaie & 10 Woordsoeke (Afrikaans, Paperback)
Heidri Mittendorf 1
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) In Stock

Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en - opsteller.

Die Bybel Blokraai bevat 70 blokraaie wat opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 10 woordsoeke gebaseer op temas uit die Bybel.

Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.

Weerlose Weerstand - Die Gaydebat in die NG Kerk (Afrikaans, Paperback): Andre Bartlett Weerlose Weerstand - Die Gaydebat in die NG Kerk (Afrikaans, Paperback)
Andre Bartlett
R85 Discovery Miles 850 Ships in 4 - 8 working days

In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem. Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind. Ook die selibaatsvereiste wat tot op daardie stadium vir gay predikante gegeld het, is opgehef. Met hierdie besluit het die NG Kerk die eerste hoofstroomkerk in Suid-Afrika en Afrika geword wat totale gelykwaardige menswaardige behandeling van alle mense, ongeag seksuele oriëntasie, erken – en is gedoen wat slegs in ’n handjievol kerke wêreldwyd uitgevoer is. Die besluit het egter gelei tot groot konsternasie. Verskeie appèlle en beswaargeskrifte is ingedien, distriksinodes het hulle van die besluit distansieer, en in die media was daar volgehoue kritiek en debat.

Waarom lewe ek (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): Viktor Frankl Waarom lewe ek (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
Viktor Frankl
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Lyding is onlosmaaklik verweef met dit wat elke dag met ons almal gebeur. Jy kan die nie systap nie. Dit kan 'n skielike verlies wees, 'n ongeluk; die trauma van geweld of gesondheidsprobleme. Soms is lyding kronies. Jy ontsnap bykans nooit daaraan nie. Die kan selfs pandemies wees soos in die geval van MIV/Vigs. Dit is juis dan, by hierdie grensoomblikke van lewe, dat ons begin vra: Hoekom ek? Gelowiges vra: Waarom God? Waar is God in hierdie ellende? Lyding stroop ons van alle oppervlakkige en kunsmatige sekerhede. Sonder sin in die lewe word ons maklik 'n prooi van sinisme, vertwyfeling of wanhoop. Nelson Mandela tuur vir 27 jaar deur die tralievensters... Wat het hom geinspireer om voort te gaan? Viktor Frankl kont onstnap van haglike kamptoestande. Wat laat hom op daardie laaste oomblik omdraai na sy sterwende vriend toe? Hy was bereik om selfs sy vryheid te verruil vir die luise van 'n kamp...

Yasha Ahayah Bybel Skrif Aleph Tav (Afrikaans Edition YASAT Study Bible) (Afrikaans, Hardcover): Timothy Neal Sorsdahl Yasha Ahayah Bybel Skrif Aleph Tav (Afrikaans Edition YASAT Study Bible) (Afrikaans, Hardcover)
Timothy Neal Sorsdahl
R5,920 Discovery Miles 59 200 Ships in 10 - 15 working days
Daaglikse Wysheid Vir Leiers (Afrikaans, Paperback): Johan C. Maxwell Daaglikse Wysheid Vir Leiers (Afrikaans, Paperback)
Johan C. Maxwell
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Daar word gese die noordewind het geboorte geskenk aan die Wiking, en dit beskryf ’n belangrike beginsel vir elke potensiele leier. Die beste leiers word gevorm deur die uitdagings wat oor hul pad kom. Die pad van leierskap is dikwels vol onverwagte verrassings. Daarom verg dit wysheid om te weet hoe om, ten spyte van al die struikelblokke, koers te hou tot by ’n waardige bestemming. John C. Maxwell se Daaglikse wysheid vir leiers sal aan leiers uit alle sfere van die samelewing die nodige wysheid gee om te volhard. Die 365 dagstukkies is die keur van Maxwell se leierskapkennis uit verskeie van sy topverkoperboeke oor leierskapontwikkeling. Elke dag het ’n toepaslike Bybelvers, en onderwerpe handel oor leierskapskwessies soos sukses, rentmeesterskap, spanwerk en mentorskap. Hierdie dagstukkies sal leiers die nodige wysheid gee vir die daaglikse uitdagings wat oor hul pad kan kom.

God, Gay, Genade (Afrikaans, Paperback): Retha Benade God, Gay, Genade (Afrikaans, Paperback)
Retha Benade
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days

Hoekom is ek so, wat is fout met my? Ek kan nie regtig met iemand hieroor praat nie. Ek sien nie kans vir die verwerping, spot en veroordeling nie. Wanneer my ouers, vriende en familie dit uitvind, hoe gaan hulle reageer? Wat dink God van alles, waar pas Hy in? Hoekom straf Hy my so? Ek bly liewers stil en leef ’n lewe van leuens.

Hierdie is 'n moet-lees boek vir:

  • Die wat anti-gay is (ouers, familie, vriende, kerkleiers) en nie besef watter bloedspoor gelos word deur die misbruik van die Skrifte, mites en ongevoelige uitsprake teenoor gay mense nie.
  • Die gelowige gay mens wat met sy of haar seksualiteit sukkel en hopelik aangespoor sal word om hulleself te aanvaar.
  • Die pro-gay mense (ouers, familie, vriende, kerkleiers) wat swaar dra in die proses om die gay mens te beskerm.
Die Bybel - 2020 Vertaling (Afrikaans, Hardcover, 2nd ed): Die Bybel - 2020 Vertaling (Afrikaans, Hardcover, 2nd ed)
R610 R549 Discovery Miles 5 490 Save R61 (10%) Ships in 5 - 10 working days
Die Genesing Van Herinneringe (Afrikaans, Paperback): Daniel Veldsman Die Genesing Van Herinneringe (Afrikaans, Paperback)
Daniel Veldsman
R56 Discovery Miles 560 Ships in 4 - 8 working days

Bybelse figure wat moes leer wat geloof as herinnering beteken, word as inspirasie binne die moderne samelewing gebruik. Ook wanopvattings oor genesing deur herinneringe word aan die kaak gestel deur te ondersoek wat herinneringe is. Hierdie insigte word binne die unieke Suid-Afrikaanse konteks gesitueer om die individu, asook die hele gemeenskap, van raad te bedien. In die slothoofstuk word praktiese voorstelle bespreek as riglyne vir diegene wat ander op die pad van die genesing van herinneringe wil help. Wanneer ’n familielid, vriend, kollega of kennis hulp nodig het, kan hierdie koersaanduidings van groot waarde wees. Ook diegene wat self moet genees van herinneringe word bystand verleen deur professionele aanbevelings.

Afrikaans 1983 Medium Bybel (Afrikaans, Hardcover, 18th ed): Afrikaans 1983 Medium Bybel (Afrikaans, Hardcover, 18th ed)
R635 R568 Discovery Miles 5 680 Save R67 (11%) Ships in 5 - 10 working days
Die Bybel - 2020-Vertaling (Afrikaans, Hardcover): Die Bybel - 2020-Vertaling (Afrikaans, Hardcover)
R419 R387 Discovery Miles 3 870 Save R32 (8%) Ships in 5 - 10 working days
God Op Soek? - Oor Geloof in 'N Taai Tyd (Afrikaans, Paperback): Frits Gaum God Op Soek? - Oor Geloof in 'N Taai Tyd (Afrikaans, Paperback)
Frits Gaum
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days

Waar is God? En waar was God? Waar was God toe derduisende Boerevroue en hulle kinders in Engelse konsentrasiekampe gesterf het? Waar was God toe Christennasies mekaar met die Eerste en Tweede Wereldoorloe aan die keel gegryp het? Waar was God toe apartheid mense se lewens verwoes het? Waar was God met 9/11 in Amerika toe terroriste, nogal in die naam van Allah, in geboue vasgevlieg en duisende mense se dood veroorsaak het? Waar was God met Sharpeville? En met Marikana? Waar was God toe booswigte 'n Vrystaatse boer en sy vrou afgemaai het toe hulle na Sondagoggend- kerk by die huis aangekom het? Waar was God toe 'n kindjie van vier in 'n fratsongeluk dood is? Waar was God? Is daar ooit 'n God? Oor sulke vrae, wat tot in die hart van ons bestaan gryp, gaan dit in hierdie boek. Oor ons geloof en twyfel, oor ons "sekerhede" en ons wanhoop. Dis 'n boek wat jou uitnooi om saam te dink. En by nog vrae uit te kom. En, dalk, by antwoorde.

Ontmoet God In Gebed (Afrikaans, Paperback): Este Geldenhuys Ontmoet God In Gebed (Afrikaans, Paperback)
Este Geldenhuys
R285 R267 Discovery Miles 2 670 Save R18 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Wat is gebed? Watter waarde vind ons daarin? Hoe bid 'n mens?

Die uitnodiging van hierdie boek is: Kom ons ontdek wat dit behels om tyd in die teenwoordigheid van ons Skepper deur te bring tot die punt waar ons weet dat ons ’n bewussyn ontwikkel van sy karakter, sy liefde en sy sorg vir ons as sy kinders.

In hierdie boek probeer Esté Geldenhuys die wêreld van gebed oopbreek deur:

  • God se karakter te ontgin
  • Die DNS van gebed te ondersoek
  • Verskeie getuienisse te plaas oor die grootheid en almag van die lewende God

Mag die inhoud van hierdie boek vir elkeen wat dit lees ’n nuwe verstaan bewerk van die karakter van ons Vader, die offer wat ons Verlosser gebring het en die wonderbare kontak en kommunikasie wat die Gees van Christus vir ons bied.

Leef Vry - 366 Oordenkings (Afrikaans, Hardcover): Dalene Reyburn Leef Vry - 366 Oordenkings (Afrikaans, Hardcover)
Dalene Reyburn
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Hou vrees vir die verlede, hede en toekoms jou gevange met spyt, stres en onsekerheid?

Die 366 dagstukke in Leef Vry: 366 Oordenkings Oor Ware Vryheid - Deur Totale Oorgawe Aan God sal jou lei tot ’n dieper verstaan van die lewe wat joune is deur Jesus se kruisdood. Hierdie daaglikse oordenkings, vrae, gebede en vrae om oor na te dink, sal jou uitdaag, inspireer en bemoedig terwyl jy die vryheid ontdek wat joune is in God, maak nie saak in watter seisoen jy is of wat jou omstandighede is nie.

Dag een tot vyf bevat ’n Skrifgedeelte en oordenking, terwyl dag ses vrae bevat oor die voorafgaande vyf dae se dagstukke. Dit kan vir persoonlike of groepstudie gebruik word. Dag sewe fokus daarop om hierdie waarhede in jou lewe toe te pas deur gebed of jou eie dagboekinskrywings.

Kom ervaar self wat dit beteken om vrygemaak te wees van vrees sodat jy kan voel, vra, floreer, volg, liefhê, leer, gee, rus, misluk en droom.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Brigade - An Epic Story of…
Howard Blum, Inc Hardscrabble Entertainment Paperback R517 R482 Discovery Miles 4 820
Taming the Oriental Bazaar…
Pushkar Sohoni Hardcover R4,000 Discovery Miles 40 000
Countdown 1945 - The Extraordinary Story…
Chris Wallace Paperback R446 R417 Discovery Miles 4 170
The Spatialities of Radio Astronomy
Guy Trangoš Hardcover R4,165 Discovery Miles 41 650
Affective Spaces - Architecture and the…
Federico De Matteis Paperback R1,362 Discovery Miles 13 620
Neuroscience for Designing Green Spaces…
Agnieszka Olszewska-Guizzo Hardcover R4,166 Discovery Miles 41 660
Urban Environments and Health in the…
Mary Anne Alabanza Akers Hardcover R4,464 Discovery Miles 44 640
Tell Johnny Hello - From the Letters and…
John C Cleland Hardcover R727 R680 Discovery Miles 6 800
Our Man in Tokyo - An American…
Steve Kemper Paperback R829 R734 Discovery Miles 7 340
The Governance of Urban Green Spaces in…
Judith Schicklinski Hardcover R4,486 Discovery Miles 44 860

 

Partners