![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
Byna 300 onvergeetlike verhale van die Bybel word op dramatiese en
aanskoulike wyse deel van kinders se lewe.
In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem. Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind. Ook die selibaatsvereiste wat tot op daardie stadium vir gay predikante gegeld het, is opgehef. Met hierdie besluit het die NG Kerk die eerste hoofstroomkerk in Suid-Afrika en Afrika geword wat totale gelykwaardige menswaardige behandeling van alle mense, ongeag seksuele oriëntasie, erken – en is gedoen wat slegs in ’n handjievol kerke węreldwyd uitgevoer is. Die besluit het egter gelei tot groot konsternasie. Verskeie appčlle en beswaargeskrifte is ingedien, distriksinodes het hulle van die besluit distansieer, en in die media was daar volgehoue kritiek en debat.
Koos van der Merwe nooi jou uit om met hierdie digbundel te besin oor wat régtig saak maak: geld, status, mense? Jy word gelei om te besef dat jy nooit moet vergeet wie jou hartsmense is nie. Elke mens wonder soms oor die lewe. Ons almal kry seer. Ons het lief. Ons word op die een of ander stadium ontnugter en stoei met geloof. Ons is geneig om soms net so bolangs te leef omdat ons te bang is om ons vrese en drome te konfronteer. Met hierdie versameling verse wil Koos jou uitnooi om te besin oor wat régtig saak maak: geld, status, mense? Jy word gelei om te besef dat jy nooit moet vergeet wie jou hartsmense is nie. Hy laat jou binneste reis na daardie ervarings wat pynlik was en jy word uitgedaag om jou pyn ’n naam te gee. Seerkry wat geďgnoreer word sal elke keer terugkom en jou weer treiter. Konfronteer eerder jou issues en werk daardeur, dan sal jy genesing vind. Moenie jou verlede vergeet nie. Koos vra jou om die tye van “heilige afsprake” en “ontmoetings met Lig” te koester, want “om jou verlede te ag is die anker van jou toekoms.” Die temas van God en geloof word ook aangeraak en jy kom diep onder die indruk van jou afhanklikheid van Sy genade.
Afrikaanse Oudiobybel (1983)(MP3 USB) - Die volledige Bybelteks in
MP3-formaat op ’n geheuestokkie; enkelstemopname (nie gedramatiseer
nie). Hierdie is waarlik vir almal, siggestremdes sowel as siende
luisteraars. Ook in die 1953-vertaling beskikbaar.
Lyding is onlosmaaklik verweef met dit wat elke dag met ons almal gebeur. Jy kan die nie systap nie. Dit kan 'n skielike verlies wees, 'n ongeluk; die trauma van geweld of gesondheidsprobleme. Soms is lyding kronies. Jy ontsnap bykans nooit daaraan nie. Die kan selfs pandemies wees soos in die geval van MIV/Vigs. Dit is juis dan, by hierdie grensoomblikke van lewe, dat ons begin vra: Hoekom ek? Gelowiges vra: Waarom God? Waar is God in hierdie ellende? Lyding stroop ons van alle oppervlakkige en kunsmatige sekerhede. Sonder sin in die lewe word ons maklik 'n prooi van sinisme, vertwyfeling of wanhoop. Nelson Mandela tuur vir 27 jaar deur die tralievensters... Wat het hom geinspireer om voort te gaan? Viktor Frankl kont onstnap van haglike kamptoestande. Wat laat hom op daardie laaste oomblik omdraai na sy sterwende vriend toe? Hy was bereik om selfs sy vryheid te verruil vir die luise van 'n kamp...
Bybelse figure wat moes leer wat geloof as herinnering beteken, word as inspirasie binne die moderne samelewing gebruik. Ook wanopvattings oor genesing deur herinneringe word aan die kaak gestel deur te ondersoek wat herinneringe is. Hierdie insigte word binne die unieke Suid-Afrikaanse konteks gesitueer om die individu, asook die hele gemeenskap, van raad te bedien. In die slothoofstuk word praktiese voorstelle bespreek as riglyne vir diegene wat ander op die pad van die genesing van herinneringe wil help. Wanneer ’n familielid, vriend, kollega of kennis hulp nodig het, kan hierdie koersaanduidings van groot waarde wees. Ook diegene wat self moet genees van herinneringe word bystand verleen deur professionele aanbevelings.
Afrikaanse Oudiobybel (1933/1953)(MP3 USB) - Die volledige Bybelteks in
MP3-formaat op ’n geheuestokkie; enkelstemopname (nie gedramatiseer
nie). Hierdie is waarlik vir almal, siggestremdes sowel as siende
luisteraars.
50 skrywers skryf saam om vrae rondom die kerk, geloof en God te beantwoord en gee ook opinies oor hoekom kerke leeg loop ... Sominge gelowiges voel dat ander Christene hulle met ‘n valkoog dophou. Hulle het ‘n vrees vir die kerk se hoë standaard en hulle dink net perfekte mense hoort daar. Baie het al negatiewe ondervindings gehad en seergekry en is liefdeloos behandel. 50 skrywers het saamgespan en deel hulle wysheid oor Christenskap en sal jou nuut laat dink oor kerkwees en wat dit regtig betek om Jesus te volg
Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en - opsteller. Die Bybel Blokraai bevat 70 blokraaie wat opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 10 woordsoeke gebaseer op temas uit die Bybel. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.
Vir die afgelope 49 jaar skryf ds Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Dit is die rubriek wat die langste ononderbroke verskyn het in die geskiedenis van die Media24 stal. Ds Van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van ’n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie. Vir hierdie boek het ds van der Westhuysen self 366 paslike stukkies uitgesoek.
Kaiings wil sę: Waarheid en wysheid is twee karperde wat weet dat dit in die ritme van lewe nie altyd klopdisselboom gaan nie. Mens word ontnugter deur die feit dat waarheid dikwels verpak is in kaiings van twyfel, sinisme, valsheid en oppervlakkigheid. Selfs Pilatus het gesukkel terwyl die Sanhedrin hom woedend aangluur: Wat is waarheid? Die media beweeg dikwels tussen feit en sensasie. Waarheid word omhul deur skyn en die teendeel van feitelikheid, naamlik bedrog en leuens. Die media laat mens twyfel. So ook is wysheid meestal ‘n masker vir dwaasheid en eie gewin. Veral in publieke kommunikasie en politieke debatte. Ook die waarheid van die Christelike geloof word maklik verpak in kerspapier van kerklike formules en sinodeverslae oor hoe om geloof suiwer te hou en van dwaling te bevry. Ongelukkig kan geloofsbelydenisse ook met behulp van die kulkuns van interpretasie en kultuurparadigmas, met hermeneutiese ‘spekskiet’ verpak word. Die titel wil sę: Die waarheid van kaiings braai uit en kierankies vorm harde kastaiings wat niemand weet hoe om uit die vuur te krap nie. Selfs die harde neut van hoe om oor God op outentieke wyse na te dink proe, na baie eeue van ortodoksie, effe galsterig. Hierdie boek waag nie met definisies oor die wat van geloof en die sin van die lewe nie, maar karring voort oor die hoe van geloof: Om met blomkoolore te skrum (volharding), met derms te geniet (God se vrolike ruil) en empatie te luister (barmhartigheid). Om weer sinvol te lees en te leef, in bliksemgedagtes met dood te moet worstel en te voorkom dat ek as pastor bloot as ‘n hoëpriester met aparte pyn gebrandmerk word, moet ek soms van Weskus bokkom-spraak, asook van tinktinkietaal en mossiegetjirp gebruikmaak!
Sulamiet is ’n bundel oor medemenslikheid, liefde, die wisseling van seisoene, die skoonheid van die natuur en die kunste in ’n land en ’n węreld van geweld. Die titel Sulamiet verwys na die vroulike spreker in die Bybelboek Hooglied waarin die verlore tuin van Eden ná die sondeval deur die liefde herskep word. Die verse in die bundel handel oor die liefde in vele vorme, die belewenis van die religieuse en die skoonheid van die natuur en die kunste waaraan altyd ’n tekort verbonde bly weens menslike ontoereikenheid. Binne die perspektief van die herwonne paradys staan Jesus nie sentraal as die Gekruisigde en die Wonderwerker nie, maar as die Joodse rabbi wat die koms van die Koninkryk reeds op aarde verkondig het. God is transendent: die hiëroglief, die ontwykende aan wie ons verbonde is in ons woordeloosheid en deur die musiek.
Jou kind word nie met 'n handboek gebore nie, en jy kry geen opleiding of kwalifikasies in kindgrootmaak nie. Dalk weet jy net jy wil nie jou kinders grootmaak soos jou ouers jou grootgemaak het nie, maar jy is ook nie seker wat die beste manier sal wees nie. Baie ouers weet nie hoe belangrik hulle woorde en gedrag vir ʼn kind se breinontwikkeling is nie. Hulle besef nie dat ons vandag met ons kennis van neurowetenskap, verstandelike intelligensie en emosionele intelligensie ons kinders kan grootmaak om wonderlike, gelukkige en positiewe mense te wees nie. Dr Pieter van Jaarsveld, ’n kenner op die gebied van emosionele intelligensie en positiewe denke, begelei jou deur goed begronde navorsing om jou kind se brein te verstaan en om jou kind se brein van vroeg af reg te bedraad met oefeninge en speletjies sodat jou kind ‘n gelukkige, gebalanseerde en florerende grootmens kan word. Hy behandel ook belangrike kwessies soos hoe om empatie te ontwikkel en hoe om dissipline aan te pak.
’n Reenboog deur my trane is ’n bron van ryke troos en bemoediging vir enigeen wat treur oor die verlies van ’n geliefde en wat genesing soek vir hulle verskeurde harte. Dit bied 31 dagstukkies, gebede en inspirerende aanhalings wat God se vertroosting in onstuimige tyde met die leser deel, asook ’n lys van beloftes uit die Bybel vir spesifieke behoeftes in tye van nood.
Draers Van Die Lig is 200 oordenkings vir mense vandag, geskryf deur goeie vriende Stephan Joubert en Johan Smith. Die oordenkings is relevant, kragtig en op die man af en bespreek alledaagse kwessies soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade en hoe om steeds draers van die Lig in die węreld vandag te wees.
Die gevangene in die derde sel is 'n boek vir almal wat omstandighede ervaar wat hulle nie verstaan nie. Dit is die dramatiese verhaal van Johannes die Doper wat in die gevangenis worstel om 'n Here wat nie aan sy verwagtings voldoen het nie, te verstaan.
In hierdie buitengewone gesprekke met God vind die skrywer antwoorde op vrae wat so oud is soos die mens: vrae oor die lewe en liefde, die verskil tussen goed en kwaad, erfsonde, die bestaan van die hel, die waarde van gebed, menslike verhoudings, die rol van seks, van geld, die werk wat jy doen, siekte en hoe om gesond te bly, ervaring van die dood, psigiese vermoëns, die Wederkoms. Die natuurlike, ongekunstelde taal waarin God se boodskappe hier weergegee word, bevredig die moderne mens se behoefte aan ‘n meer direkte verbintenis met die Groot Ongesiene. Die boek neem soveel skuldgevoelens weg en bring soveel hoop – veral hoop dat jy die goddelike in jou kan verwesenlik.
Hou vrees vir die verlede, hede en toekoms jou gevange met spyt, stres
en onsekerheid?
Elke mens het deel aan twee węrelde: die fisiese węreld waarvan jy jou
met jou sintuie kan vergewis, en die geesteswęreld waarvan ’n mens nie
langs fisiese kanale insig kan kry nie. Die feit dat sommige mense die
bestaan van hierdie geesteswęreld ontken, beteken beslis nie dat dit
nie bestaan nie of dat ons nie deel is daarvan nie.
Vriendelikheid is om jou krag te gebruik om saggies heel te maak, sonder om iets terug te verwag. Die bekende skrywer en Andrew Murray-pryswenner Andries Cilliers begelei lesers op ’n kragtige, maar deernisvolle 100-dae reis. Hy inspireer ons om vriendeliker te leef en te wees: met die mense rondom ons, en met onsself. Só leer ken ons ook ons Vriend.
Leer hoe om ʼn verskil in iemand se lewe te maak. Om met iemand te praat moet jy woorde gebruik. Alles wat ons elke dag doen is deur woorde. Of jy praat by die werk, ʼn e-pos aan ʼn kliënt of ʼn boodskap aan ʼn vriendin stuur, dit wat jy sę kan ʼn baie groot impak op iemand se lewe hę. Jou woorde het krag en dit is tyd dat vroue in ons land dit verstaan en begryp. Alhoewel ons woorde nie iets kan skep, soos God die węreld geskep het nie, kan jy iemand se lewe opbou of afbreek. 40 leraars skryf saam om jou te leer hoe om ʼn verskil in iemand se lewe te maak, wat jou nie tyd of moeite sal kos nie, net twee keer dink voor jy praat. |
You may like...
|