0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (21)
  • R50 - R100 (45)
  • R100 - R250 (221)
  • R250 - R500 (145)
  • R500+ (40)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Christelike Publikasies

Geseënd Is Julle Bybelstudie (Afrikaans, Paperback): Amanda Jenkins, Dallas Jenkins, S. Huffman Geseënd Is Julle Bybelstudie (Afrikaans, Paperback)
Amanda Jenkins, Dallas Jenkins, S. Huffman
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wat gebeur nadat jy besef en aanvaar Jesus het jou inderdaad gekies? Wanneer ons aan Hom behoort, kry ons nie net ’n nuwe identiteit nie; ons word in ’n nuwe realiteit ingelei – een wat eg, kragtig en lewensveranderend is.

Geseënd is julle is ’n interaktiewe Bybelstudie in 8 sessies vir individue of kleingroepe gebaseer op die tweede reeks van die aanlyn TV-reeks The Chosen. Hierdie studie stel beide die Ou en Nuwe Testament op ’n vars en verstaanbare manier bekend. Elke studie is gebaseer op ’n episode van die reeks en bevat:

• ’n dieper studie van God se karakter, krag en beloftes met Jesus se Bergpreek as raamwerk.
• Skrifgedeeltes en aanhalings uit elke episode.
• Bybelteks as agtergrond vir die studie.
• Breedvoerige inligting oor karakters.
• Addisionele brokkies insiggewende Bybel-inligting.
• Leidende vrae vir nadenke en bespreking vir individue of groepe.

Kosbaar vir Hom - Bevestigings vir Vroue van Geloof Afrikaans (Afrikaans, Cards): Kosbaar vir Hom - Bevestigings vir Vroue van Geloof Afrikaans (Afrikaans, Cards)
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Kosbaar vir Hom: Bevestigings vir Vroue van Geloof

Voel dit soms of jy nie aan die wêreld se standaarde van sukses en skoonheid voldoen nie? Dat jy nie genoeg is nie?

Die 44 inkleurkaartjies van Kosbaar vir Hom is die ideale manier om jouself te herinner aan wie jy in Christus is. Terwyl jy die 44 bevestigings van jou identiteit as kind van God inkleur, sal jy daaraan herinner word dat jy deur jou hemelse Vader uitverkies, vergewe, en verlos is en dat Hy jou baie liefhet. Dink biddend na oor elke bevestiging terwyl jy inkleur en jou verheug in jou identiteit as ’n dogter van die Koning!

• 44 inkleurkaartjies in ’n boksie.
• Elke kaartjie het ’n Bybel-gebaseerde bevestiging wat ingekleur kan word, met ’n ondersteunende Bybelvers.
• Kaartjies is slegs aan een kant gedruk vir plek om oor die bevestiging te besin en aantekeninge te maak.
• Dik papier sodat enigiets van potlode tot waterverf gebruik kan word.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Precious and Loved.

Mini-Oordenkings Groei in Geloof (Afrikaans, Paperback): Mallory Larsen Mini-Oordenkings Groei in Geloof (Afrikaans, Paperback)
Mallory Larsen
R59 R55 Discovery Miles 550 Save R4 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Vind krag, vrede en vreugde in God se teenwoordigheid terwyl jou geloof groei deur hierdie 180 inspirerende oordenkings. Mini-oordenkings: Groei in geloof sal jou herinner aan God se goedheid en liefde terwyl jou geloof sterker word en jy vrugte dra tot sy eer.

• 184 eenkleur-bladsye.
• Sagteband.
• Kompakte grootte.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions: Growing in Faith.

Sterk - Dagstukkies vir 'n Vreeslose & Passievolle Lewe (Afrikaans, Hardcover): Lisa Bevere Sterk - Dagstukkies vir 'n Vreeslose & Passievolle Lewe (Afrikaans, Hardcover)
Lisa Bevere
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

In Sterk: Dagstukkies vir 'n Vreeslose en Passievolle Lewe nooi Lisa Bevere jou uit om sterk te wees en nie daarvan weg te skram nie. Ongelukkig kan jy dit nie op jou eie vermag nie - nie eens deur harder te probeer of meer te doen nie. Jou krag lê in God opgesluit. Leer om jou verhouding met God te verdiep, Hom beter te leer ken en Hom onvoorwaardelik te volg. Aan die hand van 90 dagstukkies wat temas soos vernietigende verhoudings, vergifnis, oordeel, vrede, berou, rus, seerkry, woede ens. insluit en uit Skrifverwysings, 'n Bybelse lering, 'n gebed en 'n Ek is sterk-bevestiging bestaan, kan jy die sterk vrou word wat jy graag wil wees.

• 10 hoofstukke van 9 dagstukkies elk
• 11 punt-lettergrootte
• Met 'n lint om jou plek aan te dui
• Kombineer Bybelse kennis met persoonlike insig en praktiese voorbeelde
• Inspirasie vir vroue van alle ouderdomme
• Ervaar die vreugde om in harmonie met God, ander en jouself te leef

Waag Dit! - Om Lief Te Hê Dagstukke (Afrikaans, Paperback): Alex Kendrick, Stephen Kendrick Waag Dit! - Om Lief Te Hê Dagstukke (Afrikaans, Paperback)
Alex Kendrick, Stephen Kendrick
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Om werklik lief te wees vir ’n ander onvolmaakte mens is nie net ’n romantiese gevoel nie, maar ’n daaglikse keuse. Maar wat moet jy doen om daagliks liefde te gee en te ontvang? Waag dit om lief te hê dagstukke wys huweliksmaats hoe om daardie keuse elke dag te maak.

Deur middel van 52 weeklikse uitdagings nooi hierdie jaar lange dagboek julle uit om dieper in te gaan op die skriftuurlike beginsels van The Love Dare. Dit sal julle verhouding met God en met mekaar verryk.

Kenmerke van hierdie dagboek sluit in:

• 365 dagstukke oor unieke eienskappe van ware liefde
• 52 uitdagings wat julle sal help om liefde in julle huwelik te bewys
• Tientalle spesifieke gebede wat jy vir jouself of jou huweliksmaat kan bid.
• Vrae wat julle sal help om krities oor julle huwelik te dink.
• Meer as 100 Kyk dieper-gedeeltes vir persoonlike Bybelstudie.

Maak die beginsels in hierdie dagboek vir meer as 'n jaar deel van julle lewe. Maak dit julle dapper, volgende tree na ’n leeftyd van liefde.

Omhels - 100 Oordenkings om te weet God hou jou naby (Afrikaans, Hardcover): Lysa Terkeurst Omhels - 100 Oordenkings om te weet God hou jou naby (Afrikaans, Hardcover)
Lysa Terkeurst
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

God skram nie weg van ons dorings nie. Hy trek ons nader. Daar is 100 gewyde dagstukkies in Omhels wat aanklank sal vind by alle vroue en wat ’n goddelike perspektief op jou daaglikse kwessies bied. Geliefde Bybelonderwyser, Lysa Terkeurst, deel haar eie stryd, vertwyfeling en hartseer terwyl sy die pad na God se omhelsing uitwys - Jesus wat sy arms wyd oopstrek aan die Kruis by Golgota om ons vir alle ewigheid te omhels. Hierdie wonderlike en spesiale omhelsing beteken dat ons ons lewe lank op Hom kan vertrou.

Terwyl jy hierdie skatkis van dagstukkies, Skrifgedeeltes en gebedswenke lees, sal jy aangespoor en toegerus word om:

• nuwe maniere te leer om God se liefde te ervaar,
• jou diepste seerkry aan God oor te gee,
• te hoor hoe God intiem jou hart aanraak,
• die vrees dat God soms ver weg voel, af te skud,
• elke dag doelgerigte, begeleide tyd saam met Hom deur te bring.

Kenmerke sluit in:

• 100 oordenkings
• Skrifgedeeltes en gebedswenke
• Lint-merker om jou plek aan te dui
• 215 x 160 mm, hardeband
• 12-punt lettergrootte

NLV Toeligtingsbybel (Donkerbruin) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Toeligtingsbybel (Donkerbruin) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R399 R367 Discovery Miles 3 670 Save R32 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Baie woorde of frases in die Bybel is vir hedendaagse lesers moeilik verstaanbaar.

Die Toeligtingsbybel ontsluit die Woord op ’n lesersvriendelike, toeganklike manier. Dit bevat die volledige teks van die vertroude Nuwe Lewende Vertaling, en verhelder woordkeuses en defi nisies, teologiese begrippe, historiese konteks en geografiese inligting deur verduidelikings in hakies. Hierdie toeligtende verduidelikings lei tot ’n dieper waardering vir die rykdom wat in die Skrif opgesluit lê.

God se Woord is ewig en vandag nog relevant. Die Toeligtingsbybel sal die Skrif op ’n verfrissende wyse verlig en lei tot geloofversterking en geestelike groei.

• Volledige teks van die NLV Bybel.
• Sinonieme, definisies of ekwivalente vir woordkeuses ter wille van betekenisverruiming.
• Verduidelikings van teologiese begrippe.
• Historiese konteks en geografiese inligting om vir die leser ’n vollediger prentjie van die Bybelse leefwêreld te skep.
• Elke Bybelboek het ’n kort inleiding oor die boodskap wat elke boek oordra.
• Kruisverwysings na ander plekke in die Skrif waar ’n bepaalde onderwerp aangeroer word.
• 8.8 punt lettergrootte

NLV Bybel (Afrikaans, Large print, Hardcover): NLV Bybel (Afrikaans, Large print, Hardcover)
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

Die Nuwe Lewende Vertaling Super Grootdruk is die ideale Afrikaanse Bybel vir lesers wat van ’n ekstra groot lettertipe hou.

Die Super Grootdruk-uitgawe bevat die volledige teks van die vertroude Nuwe Lewende Vertaling. Dit kombineer Skrifgetrouheid en lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse Afrikaans vir vandag se leser weer te gee. Agt volkleur-kaarte is ook ingesluit.

Hierdie Bybel beskik oor die volgende kenmerke:

• Verduidelikende voetnote
• 16.5-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Hardeband
• Merklint

Jesus Luister - 100 Mini-oordenkings vir Vertroosting en Vrede (Afrikaans, Paperback): Sarah Young Jesus Luister - 100 Mini-oordenkings vir Vertroosting en Vrede (Afrikaans, Paperback)
Sarah Young
R39 R36 Discovery Miles 360 Save R3 (8%) Ships in 4 - 8 working days

In Jesus luister: 100 mini-oordenkings vir vertroosting & vrede neem Sarah Young jou op 'n reis van 100 dae om vrede in sy teenwoordigheid te vind en verkwik te word.

Deur hierdie reis saam met haar te onderneem, sal jy:

• jou hart voor God kan uitstort
• leer om God werklik te vertrou
• vertroosting vind
• leer om jou wêreldse bekommernisse te vergeet
• ontspan in God se teenwoordigheid
• vrede ervaar
• God se teenwoordigheid kan geniet

Kenmerke:

• 152 mm x 107 mm, sagteband
• 10-punt lettergrootte

Mini-Oordenkings vir Jong Vroue (Afrikaans, Paperback): Mallory Larsen Mini-Oordenkings vir Jong Vroue (Afrikaans, Paperback)
Mallory Larsen
R59 R55 Discovery Miles 550 Save R4 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Is jy ’n gelowige jong vrou wat aan die begin van jou lewensreis as volwassene staan? Het jy dalk raad nodig oor verhoudings, jou loopbaan, die huwelik of sommer net die lewe waar jy op hierdie opwindende nuwe pad staan?

Mini-oordenkings vir jong vroue bied 180 kort dagstukkies wat jou aanmoedig om voluit te lewe as die pragtige vrou wat God jou bedoel het om te wees. Ontdek hoe jy keuses kan maak wat God verheerlik te midde van die lewe se stampe en stote, terwyl jy ander in liefde dien en in elke situasie geleenthede raaksien om jou geloof uit te leef.

• 184 eenkleur-bladsye.
• Sagteband.
• Kompakte grootte.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions for Young Women.

101 Woorde wat Saak Maak vir Vroue (Afrikaans, Paperback): 101 Woorde wat Saak Maak vir Vroue (Afrikaans, Paperback)
R29 R27 Discovery Miles 270 Save R2 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Vrou-wees is nie altyd maklik nie. Vroue moet sterk en onafhanklik wees, maar tegelykertyd vroulik en in beheer, terwyl hulle ’n balans moet handhaaf tussen werk en familie, vriende, tyd vir hulleself en hulle geloof.

101 Woorde wat saak maak vir vroue bied 101 relevante onderwerpe vir vroue, soos geloof, vriendskap, verhoudings, gebed en jou loopbaan, met beloftes uit die Skrif en inspirerende aanhalings. Dit is die ideale manier om inspirasie te bring in die lewe van daardie kosbare vrou wat ’n bietjie bemoediging nodig het.

Die Name van Jesus Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback): Die Name van Jesus Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback)
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wil jy graag ’n sterker, inniger verhouding met Jesus hê? ’n Mens bou jou verhouding met die Here deur tyd in sy teenwoordigheid deur te bring en Hom beter te leer ken.

Die Name van Jesus Gebedsjoernaal sal jou help nadink oor die Name van Jesus en sy karakter en jou help om ’n inniger persoonlike verhouding met Hom te bou. Hierdie gebedsjoernaal bevat:

• 31 inkleur-ontwerpe van die Name van Jesus waaronder Alfa en Omega, Brood van die Lewe, Bruidegom en Goeie Herder.
• ’n Kort beskrywing van elkeen van die Name en wat dit sê oor Jesus se karakter.
• Gedagtes om jou te laat nadink, met teksverse wat pas by die betrokke Naam van Jesus.
• Bladsye met lyntjies waar jy jou gedagtes of gebede kan neerskryf.

Woorde van Wysheid vir Mans (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Woorde van Wysheid vir Mans (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R29 R27 Discovery Miles 270 Save R2 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Pa-wees is een van die kosbaarste geskenke wat God vir enige man kan gee. Dit is ’n groot verantwoordelikheid wat nooit as vanselfsprekend aanvaar moet word nie.

In Woorde van wysheid vir mans moedig Angus Buchan pa’s aan om hulle rol as priester, profeet en koning te vervul en deur hulle voorbeeld te lei in hulle gesinne, besighede en gemeenskappe. Die inspirerende gedagtes deur Angus en bemoedigende teksverse sal mans motiveer om die beste man en pa te wees wat hulle kan wees.

Woorde van wysheid vir mans bevestig die belangrike rol wat mans in die samelewing moet vervul, en sal hulle toerus om hierdie taak met Bybelse wysheid aan te pak.

Die Krag van ?n Biddende Vrou Oordenkings (Afrikaans, Paperback): Stormie Omartian Die Krag van ’n Biddende Vrou Oordenkings (Afrikaans, Paperback)
Stormie Omartian
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Smag jy na ’n meer vervullende huwelik? Is daar areas in jou verhouding met jou man wat hoop en genesing nodig het? Die krag van ’n gelowige, biddende vrou kan nie oorskat word nie. Stormie Omartian bied verrykende insigte wat jou sal versterk en bemoedig terwyl jy vir jou huwelik bid.

Die krag van ’n biddende vrou oordenkings se 100 dagstukke deur topverkoper-outeur Stormie Omartian bied:

• Sielsverrykende oordenkings wat innerlike krag en vrede sal bring.
• Vars perspektief op die situasies en uitdagings wat jy elke dag in die gesig staar.
• Gebede wat fokus op jou eie behoeftes, gebede spesifiek vir jou man en gebede vir julle huwelik.

Wanneer jy jouself en jou man in gebed voor die Here bring, maak jy jou lewe oop vir al die liefde, genade en voorsiening wat God oor julle kan uitstort. Versterk julle huwelik deur elke dag die Heilige Gees se leiding te soek.

Vrede In Jou Hart Inkleurboek (Afrikaans, Paperback): Vrede In Jou Hart Inkleurboek (Afrikaans, Paperback)
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Is jy altyd aan die hardloop tussen werk en gesin en vriende, sonder oomblikke van stilword en rus? Dit is ’n seën om voluit te lewe, maar om werklik ons beste lewe te hê, het ons oomblikke van rus nodig.

Vrede in jou hart inkleuboek laat jou gedagtes stil word terwyl jy die 40 ontwerpe inkleur, en die verse uit die Woord en aanhalings jou siel voed. ’n Addisionele 10 bladsye met kaartjies, boekmerke en etikette is ingesluit wat ook ingekleur en uitgedeel kan word.

Laat God se vrede oor jou spoel terwyl jy die rustige inkleur-oomblikke geniet.

Ses Inkleur Plakker Bladsye (Afrikaans): Ses Inkleur Plakker Bladsye (Afrikaans)
R39 R36 Discovery Miles 360 Save R3 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Tap into your creative side with the Bible Journaling Sticker Sets

These Bible Journaling Stickers include Scripture stickers that have encouraging words, expressions of faith and lovely accents of nature with the added bonus of allowing you to add your own color scheme.

Color these stickers and add them to your journaling Bible as you engage and learn more about God.

• More than 120 Stickers
• Pack of 6 Sheets
• Matt uncoated sticker paper
• Self-seal Bag Packaging
• Afrikaans Product

NLV Bybel (Met Ritssluiter & Duimgrepe) (Blougroen) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding): NLV Bybel (Met Ritssluiter & Duimgrepe) (Blougroen) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding)
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) kombineer Skrifgetrouheid en lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse Afrikaans vir vandag se leser weer te gee.

Hierdie grootdruk-uitgawe met kunsleer-omslag beskik oor die volgende kenmerke:

• Voetnote om begrip en kennis uit te brei
• 12 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe
• Verpakking: “Sleeve”

2026 18-Maande Dagbeplanner vir Vroue - Ek Weet Wat Ek vir Julle Beplan - Kunsleer met Rits (Afrikaans, Leather / fine... 2026 18-Maande Dagbeplanner vir Vroue - Ek Weet Wat Ek vir Julle Beplan - Kunsleer met Rits (Afrikaans, Leather / fine binding)
R299 R250 Discovery Miles 2 500 Save R49 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Die Dagbeplanner vir vroue 2026 is die ideale 18-maande-beplanner vir vroue. Elke maand het ’n maandbeplanner en plek om doelwitte en belangrike datums neer te skryf. Die weekbeplanner, wat strek van Augustus 2025 tot Januarie 2027, is verdeel in oggend- en middag-gedeeltes, met plek om jou eie tye vir afsprake in te skryf. Die dagbeplanner se kunsleer-omslag het ’n rits sodat jy enige los papiere of klein items daarin kan toerits.

Hierdie stylvolle tweekleur-dagbeplanner bied:

• Weekbeplanner van Augustus 2025 tot Januarie 2027 met ’n dubbelbladsy vir elke week
• Plek vir weeklikse gebedslysies, prioriteite en notas
• Plek vir persoonlike inligting en kontaknommers
• ’n Beplanner vir elke maand, asook plek om doelwitte, verjaarsdae en belangrike datums neer te skryf
• Kalenders vir 2026 en 2027
• Lys openbare vakansiedae
• Standaardafmetings en omrekeningstabelle
• Internasionale skakelkodes en tydsones
• Teksvers en aanhaling vir elke week
• Teksverse vir spesifieke behoeftes
• 244 tweekleur-bladsye

2026 18-Maande Dagbeplanner vir Vroue - Sterkte & Eer - Kunsleer met Rits (Afrikaans, Leather / fine binding): 2026 18-Maande Dagbeplanner vir Vroue - Sterkte & Eer - Kunsleer met Rits (Afrikaans, Leather / fine binding)
R299 R250 Discovery Miles 2 500 Save R49 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Die Dagbeplanner vir vroue 2026 is die ideale 18-maande-beplanner vir vroue. Elke maand het ’n maandbeplanner en plek om doelwitte en belangrike datums neer te skryf. Die weekbeplanner, wat strek van Augustus 2025 tot Januarie 2027, is verdeel in oggend- en middag-gedeeltes, met plek om jou eie tye vir afsprake in te skryf. Die dagbeplanner se kunsleer-omslag het ’n rits sodat jy enige los papiere of klein items daarin kan toerits.

Hierdie stylvolle tweekleur-dagbeplanner bied:

• Weekbeplanner van Augustus 2025 tot Januarie 2027 met ’n dubbelbladsy vir elke week
• Plek vir weeklikse gebedslysies, prioriteite en notas
• Plek vir persoonlike inligting en kontaknommers
• ’n Beplanner vir elke maand, asook plek om doelwitte, verjaarsdae en belangrike datums neer te skryf
• Kalenders vir 2026 en 2027
• Lys openbare vakansiedae
• Standaardafmetings en omrekeningstabelle
• Internasionale skakelkodes en tydsones
• Teksvers en aanhaling vir elke week
• Teksverse vir spesifieke behoeftes
• 244 tweekleur-bladsye

NLV Standaard Bybel Met Duimgrepe (Donkerblou en Oranje) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Standaard Bybel Met Duimgrepe (Donkerblou en Oranje) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R499 R459 Discovery Miles 4 590 Save R40 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale geskenk vir jong manne.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe

Manne van die Bybel Eenjaar Dagboek (Afrikaans, Paperback): Ann Spangler, Robert Wolgemuth Manne van die Bybel Eenjaar Dagboek (Afrikaans, Paperback)
Ann Spangler, Robert Wolgemuth
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Net soos die mense van wie ons in die Bybel lees, sukkel ons almal vandag nog met selfsugtige ambisie, ons worstel met vrees en besluiteloosheid, ons kom voor versoekings te staan en ervaar die pyn van eensaamheid. Net soos hulle, begeer ons ook ’n dieper verhouding met God en om te lewe soos Hy van ons verwag.

Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek bestudeer die lewens van 52 mans in die Skrif en bied ’n vars perspektief op die verlossingsverhaal. Elke week fokus op die lewe van een van hierdie 52 mans deur te kyk na:

• Sy storie – ’n vertelling van sy verhaal (Maandag)
• ’n Kykie na die man – delf dieper in sy lewe en ontdek raakpunte jou eie lewe (Dinsdag)
• Sy nalatenskap in die Skrif – ’n Bybelstudie wat gebou is op die beginsels van sy lewe (Woensdag)
• Die Bybelse beloftes wat op sy lewe en jou lewe van toepassing is (Donderdag)
• Sy nalatenskap van gebed – Gebed teen die agtergrond van sy verhaal (Vrydag)

Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek is spesiaal ontwerp vir individuele of groepstudie en sal Bybellees ’n daaglikse gewoonte maak. Hierdie dagstukke sal jou help groei in wysheid en gehoorsaamheid en jou help om ’n man na God se hart te word.

• Vir individuele of groepstudie
• Ondersoek die lewens van 52 mans uit die Bybel deur:
o ’n Vertelling van sy verhaal
o ’n Kykie na hoe sy verhaal ooreenstem met jou lewe
o ’n Bybelstudie wat gebou is op die beginsels van sy lewe
o Bybelse beloftes wat op sy lewe en jou lewe van toepassing is
o Gebed teen die agtergrond van sy verhaal
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Men of the Bible One-Year Devotional

?n Sterk Man Is Wys - 30 Dagstukke oor die Boek Spreuke (Afrikaans, Paperback): Vince Miller ’n Sterk Man Is Wys - 30 Dagstukke oor die Boek Spreuke (Afrikaans, Paperback)
Vince Miller
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Daar word soveel druk op mans geplaas om sterk, wyse leiers en liefdevolle gesinsmans te wees. Daar is versoekings om elke draai en elke nuwe dekade bring nuwe uitdagings mee. Tog is die waarhede van die Skrif vandag nog geldig, en bied die wysheid van die Spreukeboek vir mans onontbeerlike raad en leiding om goddelike mans, eggenote en pa’s te wees.

Elkeen van die 30 kort en kragtige dagstukke in ’n Sterk man is wys fokus op ’n gedeelte uit Spreuke, met ’n oordenking, vraag vir nadenke, praktiese toepassing en gebed. Vince Miller se praktiese raad sal mans help om vas te staan voor die belangrikste uitdagings waarvoor hulle vandag te staan kom. Hy bespreek onder andere temas soos verhoudings, besluitneming, seksuele versoeking, geestelike volwassenheid en die krag wat woorde inhou.

’n Sterk man is wys sal mans bemoedig, uitdaag en ’n Bybelse fondament gee wat hulle nodig het om in wysheid te groei.

• 30 dagstukke vir mans uit Spreuke.
• Elke dagstuk bied ’n oordenking, vraag vir nadenke, praktiese toepassing en gebed.
• Plek vir notas en aantekeninge.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Strong Man Is Wise.

Bid die Name van Jesus (Afrikaans, Cards): Bid die Name van Jesus (Afrikaans, Cards)
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is maklik om ons geestelike fokus te verloor te midde van die gejaagdheid van die lewe. Vir sulke tye het ons ’n nuwe verstaan nodig van wie Jesus is en moet ons stil word by Hom.

Bid die Name van Jesus Kaartjies help jou om teen jou eie pas die Name van Jesus te bid met die kort en kragtige gebede en bypassende teksverse. Terwyl jy nadink oor die 51 eienskappe van Jesus, sal jou fokus en hoop vernuwe word.

• Boksie met 51 volkleur-kaartjies, aan beide kante gedruk.
• Elke kaartjie het ’n Naam van Jesus met ’n bypassende vers aan die een kant en ’n gebed aan die ander kant.
• Deel van Die Name van Jesus-produkreeks saam met ander inkleur-produkte en kaartjies.
•Ook beskikbaar in Engels onder die titel Praying the Names of Jesus (Box of Blessings).

Die Name van Jesus Inkleurkaartjies (Afrikaans, Cards): Die Name van Jesus Inkleurkaartjies (Afrikaans, Cards)
R129 R119 Discovery Miles 1 190 Save R10 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Om na te dink oor Jesus se Name herinner ons aan Wie Hy is – ons Goeie Herder, Brood van die lewe, Vredevors en Môrester. Die 44 kaartjies met teksverse en illustrasies oor die Name van Jesus in hierdie boksie is ideaal om individueel te deel of as een geskenk weg te gee.

Word opnuut herinner aan alles wat Jesus vir ons beteken terwyl jy Die Name van Jesus Inkleurkaartjies inkleur!

• 44 inkleurkaartjies met teksverse en illustrasies oor die Name van Jesus.
• Dik hoëkwaliteit-papier sodat enige medium gebruik kan word.
• Verpak in ’n boksie.
• Deel van Die Name van Jesus-produkreeks saam met ander inkleur-produkte en kaartjies.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Coloring the Names of Jesus.

Wanneer God Stilbly (Afrikaans, Paperback): Johan Smit Wanneer God Stilbly (Afrikaans, Paperback)
Johan Smit
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wonder jy ook soms hoekom slegte dinge met goeie mense gebeur? Waar is God wanneer goeie mense ly?

Ons kan soveel leer uit die verhaal van Job. In Wanneer God stilbly: 'n 7-week-Bybelstudie oor Job verduidelik Johan Smit dat ons, net soos Job, soms ook te staan kom voor tragedies en die ontnugterende gevolge daarvan.

Hierdie Bybelstudie lig in 7 studies die belangrikste temas uit die boek Job uit, soos:

• Waarom gebeur slegte dinge met my?
• Is lyding die straf op sonde?
• Waar kan ’n mens wysheid vind?
• God praat op verskillende maniere.

Johan Smit sluit die Bybelstudie af deur vir gelowiges vandag die doel van lyding te verduidelik, hoe lyding in die Christen se lewe lyk en hoe ’n mens iemand kan help wat deur ’n moeilike tyd gaan.

Wanneer God stilbly is ’n hoopvolle bevestiging dat die lewende God vandag nog in mense se lewens teenwoordig is te midde van moeilike omstandighede.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Frontotemporal Dementia
Bruce L. Miller. Hardcover R6,026 Discovery Miles 60 260
The Shakespeare Book
Dk Hardcover  (1)
R625 R566 Discovery Miles 5 660
Urbanization in Large Developing…
Gavin W. Jones, Pravin Visaria Hardcover R4,633 Discovery Miles 46 330
The Money Supply Process - A Comparative…
Dimitrij Dimitrijevc, George Macesich Hardcover R2,553 Discovery Miles 25 530
Race, Space, and Riots in Chicago, New…
Janet L. Abu Lughod Hardcover R1,343 Discovery Miles 13 430
Erosion - The Psychopathology of…
Golan Shahar Hardcover R2,218 Discovery Miles 22 180
Combating Hatred - Transformational…
Terrance L Furin Hardcover R2,361 R1,861 Discovery Miles 18 610
Fostering Science Teaching and Learning…
Garima Bansal, Umesh Ramnarain Hardcover R5,327 Discovery Miles 53 270
Becoming a teacher
Sarah Gravett, Josef de Beer, … Paperback R676 Discovery Miles 6 760
The Ismailis in the Middle Ages - A…
Shafique N. Virani Hardcover R2,666 Discovery Miles 26 660

 

Partners