![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
’n Hele jaar se dagstukkies van bekende skrywers nou saam in een Bybeldagboek, soos die uitgesaai is op RSG. Sukkel jy ook om te hoor wat die Here se wil vir jou lewe is? Die geraas van die wêreld maak dit moeilik om stil te word en te luister. Daar is so baie stemme wat aandring op jou aandag – jou huweliksmaat, jou kinders, kollegas, sosiale media... Wanneer jy so oorweldig word, hoor jy nie meer God se Stem nie. Sonder hierdie konneksie met jou Skepper, voel ’n mens alleen en sonder hoop, toegegooi met probleme en frustrasies. Die 44 skrywers in hierdie Bybeldagboek wil jou daarom elke dag, ’n hele jaar lank verseker dat innerlike vrede en geluk ook vir jou bedoel is. Soos wat hulle stemme oor die radio gehoor is, sal hulle jou leer om weer die belangrikste Stem uit die hemel te hoor. Sielsgedagtes bied jou... - Riglyne vir jou dag – alles van geld tot kinders grootmaak, werk tot ontspanning, goeie gewoontes tot standvastige vriendskappe - Insig oor aktuele kwessies waaroor gelowiges vrae het - Beloftes waaraan jy kan vashou wanneer swaarkry oor jou pad kom - Wyshede en inspirasie uit die pen van Riekert Botha, Stephan Joubert, Piet Smit, Johan Smit, Elza Meyer, Louis Brittz, Retief Burger en ander gewilde predikers van RSG se oggendprogram - ’n Alternatiewe grootdruk uitgawe vir makliker lees. Jy kan die oordenkings lees voor jy met ’n nuwe dag begin. Of jy kan hulle gebruik wanneer jy terugkyk na ’n dag wat verby is. Jy sal telkemale ontdek dat God met jou praat.
Hoekom is ek so, wat is fout met my? Ek kan nie regtig met iemand hieroor praat nie. Ek sien nie kans vir die verwerping, spot en veroordeling nie. Wanneer my ouers, vriende en familie dit uitvind, hoe gaan hulle reageer? Wat dink God van alles, waar pas Hy in? Hoekom straf Hy my so? Ek bly liewers stil en leef ’n lewe van leuens. Hierdie is 'n moet-lees boek vir:
Of jy nou krag nodig het vir ’n moeilike dag, of troos te midde van
uiters uitdagende tye, Alles wat ek nodig het sal jou bemoedig met
beloftes en hoop uit God se Woord. Die 366 oordenkings deur die bekende
evangelis Angus Buchan sal jou bewus maak van God se teenwoordigheid in
jou lewe en dat Hy alles voorsien wat jy nodig het.
Die behoefte aan romantiese liefde is diep in ons onderbewussyn
gewortel. Om die liefde in die huwelik lewend te hou, is ’n baie
ernstige saak.
Ons land se voorspoed is afhanklik van die finansiele sukses en onafhanklikheid van ons as individue. Hierdie titel handel oor die persoonlike suksesse van elkeen van ons. Sukses is die resultaat van dit wat bereik word deur ons pogings en toewyding. Behoorlike voorbereiding is die sleutel tot ons sukses. Ons dade en die bereiking van ons doelwitte is die gevolg van ons wysheid en begrip. Dit is die doel van hierdie titel: om aan hulle wat na finansiele sukses en insig streef, te help om geld te maak, om die geld te hou en om jou geld vir jou te laat werk. In die volgende bladsye word ons teruggevoer na antieke Babilon, die wieg van destydse rykdom en welvaart, waar hierdie wette gekoester en toegepas is en deur alle eeue steeds deur suksesvolle mense toegepas word. Hierdie verhaal is vir elke mens, jonk en oud, wat nou deel gaan word van lesers reg deur die eeue, wat hierdie verhale gehoor, gelees en oorvertel het. Dis 'n verhaal van mense wat deur praktiese toepassing en ervaring lesse geleer het en sodoende die waarde van geld ontdek het.
Stormie Omartian se boeke het al baie mense se lewens aangeraak en
hulle gehelp om die krag van gebed te ervaar. Die hartroerende en
kragtige gebede in Kragtige gebed deur God se Woord – Gebedeboek is
saamgestel uit haar boek Kragtige gebed deur God se Woord.
Dawid skryf in Psalm 119:103, “Hoe aangenaam is U Woord, soeter as heuning in die mond.” Soos wat ’n vars byekorf nog uitgepers moet word om egte, onverwerkte heuning voort te bring, so help Soeter as heuning jou om Bybelse waarhede te ontdek en selfs te herontdek, soos jy diep oor elkeen nadink en dit in jou lewe toepas. Deur God se Woord sorgvuldig in te neem, ontdek Dawid die diepte van God se liefde en vergifnis. Hy ervaar innerlike genesing en lewensvreugde wat net God in sy lewe kon bring. Soeter As Heuning kan jou help om ook so ’n ervaring soos Dawid te hê.
Dr Piet Muller is ’n toekomskundigie, skrywer en godsdiens-filosoof, wat oor die afgelope drie dekades verskeie boeke oor spiritualiteit geskryf het. Hy was onder meer redakteur van die baanbrekende boek Die Nuwe Hervorming en van Kom ons Bid. Hy het ook verskeie boeke oor meditasie geskryf. Onlangs het Die Evangelie volgens Jesus verskyn. Op Pad is die resultaat van dertigjaar se saamleef met die Evangelie volgens Thomas, waaroor hy ’n kommentaar geskryf het.
Kom Saam is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie, wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis. Ons dae is tot oorlopens toe vol met aktiwiteite, beplanning, besluite, krisisse en vrese. Hoe weet ons wat is die regte keuses as daar so baie is? Wat gebeur as ons verkeerde besluite neem en hoe hanteer ons die gevolge? Elke dag moet ons te midde van die gewoel koers kies en antwoorde ge-reed hê oor die lewe vir onsself en ander; en nie net ten opsigte van ons persoonlike- en werksverhoudinge nie, maar ook ons geloof. Gelukkig is daar ook vreugde, vriende en samesyn op die paaie van ons lewensreise – en ons betroubare, drie-enige God. Hierdie dagstukkies nooi jou uit om teen jou eie pas Jesus Christus beter te leer ken, om te begryp hoe innig God jou lief het, en hoe naby Hy langs jou stap op jou lewenspad.
Prof. Anton van Niekerk skryf oor iets waaroor daar in Afrikaans nog bitter min buite die teologie geskryf is. Hy praat openhartig oor die vrae waarmee ons worstel by die afsterf van geliefdes en verduidelik beide persepsies van die dood oor eeue heen sowel as die nuutste denkstrome. Omstrede kwessies soos bystanddood en selfdood kom ter sprake. Uiteindelik is dié boek ’n oproep om elke oomblik ten volle te leef.
Te veel gelowiges voel skuldig omdat hulle nie voldoen aan ander se
geestelike verwagtings nie. Of omdat hulle nie die standaard-resepte
uitleef wat gedurig in die kerk uitgedeel word van hoe ’n “regte
Christen” moet leef nie. Hulle is kerklik betrokke, maar voel
moedeloos. Godsdienstige uitbranding is ’n paar van hulle se voorland.
Tot vervelens beleef hul die Here is teleurgesteld met hulle.
Ons almal se paaie lyk nie dieselfde nie. Net omdat jou pad anders is, beteken dit nie daar wag nie ’n gelukkige einde nie. Glansaktrise Nadia Beukes nooi jou saam op die paaie wat sy al geloop het: kronkelpaaie, bergpasse, en soms ook ompaaie. Só leer ken ons die ware Nadia weg van die kalklig. Sy deel haar verhaal van diepe hartseer, maar ook van uitbundige vreugde.
Luister na die braste, wat kruisbeen oppie trap sit. Behalwe entertainment, kry ’n taste wat Afrikaaps is! Aitsa, sy boots het stars .. Aitsa, hy’s soe die star ... Aitsa, gloe dis waar .. Hy’s John Wayne in Afrikaans! Sy kop in die wolke ... en sy voete stewig op die aarde. Dit is HemelBesem. In hierdie boek nooi die gewilde kletsrymer jou om saam te stap op sy lewenspad. Hy gesels reguit oor die dinge wat hom gevorm het, die sake wat hom na aan die hart le ... en hy doen dit in die taal van sy hart. Afrikaans. Oor sy Afrikaans se hy: “Afrikaans is ’n groot deel van wie ek is. Dis die taal waarin ek my in oomblikke van woede kras uitgedruk het. Dis die taal waarin ek goed gese het terwyl ek baklei het, waaroor ek agterna spyt was. Dis die taal waarin ek liefkosing uitgedruk en ontvang het ... As Ma geskel het, of jy bang was ... dis alles momente, en alle momente vorm my bestaan.” Daarom nooi hy met hierdie boek lesers om ’n ander Afrikaans te leer ken. Elke hoofstuk het Afrikaanse uitdrukkings uit sy grootword- en leefwereld as vertrekpunt, en dit is vervleg met sy bekende kletsrym-lirieke waarmee hy vlymskerp kommentaar lewer op maatskaplike kwessies en dinge wat hom na aan die hart le.
Jesus was 'n mens soos ons elkeen. Dit is die mening van Hennie J. de Villiers in sy nuutste baanbrekende boek oor die betekenis van lewe. De Villiers, 'n sielkundige, het in GLO - om te kry wat jy nodig het, navorsing gedoen oor Jesus se aardse lewe, sonder om deur die geykte teologiese modelle beinvloed te word. Hierdeur wil De Villiers vir die hedendaagse mens in 'n postmoderne tydvak nuwe sielkundige waarneming bied oor Jesus se benadering tot ? sinvolle lewe. Verder het De Villiers bevind dat Jesus soos alle mense gebore is en gesterf het. Tog is Jesus se lewe gekenmerk deurdat hy in kontak met die Godheid geleef het. Sodoende het Jesus oor die krag van "glo" beskik. Deur te glo, het hy siekes gesond gemaak, 'n honger skare kos gegee en mense die sin van lewe laat ervaar. Hierdie dinge het Jesus egter nie gedoen in 'n toestand van goddelikheid nie - dit was die Godheid, wat dit gedoen het op grond van Jesus se krag van glo. Die doel van Jesus se aardse lewe was om te toon dat ook ons, in kontak met die Godheid, oor hierdie krag van glo beskik. Deur te glo die Godheid dit sal bewerk, kan ons dinge kry wat ons nodig het om die betekenis van ons lewe te vervul. Ons as mense is sielkundig so saamgestel dat ons ons betekenis wil vervul. Viktor Frankl, die Oostenrykse sielkundige, se bevinding was dat mense se sterkste wil nie is om hulle seksbehoeftes te vervul (Sigmund Freud), of hulle mag te demonstreer (Adolf Adler) nie. Mense is daarop ingestel om die betekenis van hulle lewe te verwerklik. Dit is hoekom mense nie natuurlikerwys in 'n lewe na die dood belangstel nie. Daarom is dit duidelik dat die mens se lewe juis op hierdie planeet 'n doel dien, met vir elkeen ? unieke taak. De Villiers is van mening dat die Christendom tot dusver te veel daarop ingestel was om slegs op Jesus as die verlosser van sonde te fokus. Gevolglik is die sinvolle betekenis van sy aardse lewe verwaarloos. In hierdie verband is Hennie J de Villiers daarvan oortuig dat alle mense - ongeag hulle spirituele oortuigings - uit Jesus se aardse lewe riglyne kan vind. So kan hulle leer hoe hulle met die krag van glo dinge kan bekom wat hulle nodig het, en sodoende die sin in hulle lewe vervul. Ontken ons die sielkundige bevinding dat Jesus 'n mens soos ons was, verwerp ons daarmee ook die Christelike motief dat Jesus as mens vir die sonde van alle mense gestraf moes word.
In hierdie boek spel die skrywer die noodsaaklikheid van gebed uit. Hy skryf oor die voordele en krag en die positiewe uitwerking op die persoon wat gereeld en getrou gebede uit die Bybel bid. Arthur gee aan die leser ook goeie wenke oor hoe om hierdie gebede prakties uit te voer en te verpersoonlik en hoe om seen oor ander uit te spreek. Die boek sluit 27 gebedsonderwerpe in wat volgens behoeftes gerangskik is.
Dit het mode geword om die kerk te kritiseer. As ’n mens jou op van die kritiek moet verlaat, het die kerk, in besonder die Afrikaanse kerke, geen geloofwaardigheid meer nie. En tog is daar steeds elke Sondag honderdduisende Afrikaanse mense in die kerk . . . Neels Jackson, bekende godsdiensskrywer en redakteur van die Kerkbode, is een van die mense, en in Ek kies steeds die kerk beskryf hy die vyf hoofredes waarom hy steeds in die kerk bly. Die boek bevat die beste van sy rubrieke wat verskyn het in Beeld, Rapport, By en e-Hervormer, en vier so 20 jaar se in-diepte verslaggewing oor kerksake en geloof. ’n Paar hoogtepunte is sy onderhoude met bekendes soos Bobby Fischer, Yolanda Dreyer, Hashim Amla, Isak Burger, biskop Desmond Tutu en Adriaan Vlok.
Hierdie is Ina Bonnette se eie weergawe van die wrede aanval en marteling deur die Modimolle Monster wat opslae gemaak het toe hy en drie handlangers haar ontvoer het. Ina: Verhaal Van Genade En Genesing is die merkwaardige verhaal van ’n oorwinnaar, ’n vrou wat wreed oorval en gemartel is deur haar eksman en sy handlangers. Ina moes nie net die onmenslike trauma, pyn en lewensveranderende gevolge van daardie dag verduur nie, sy het ook haar seun aan die dood afgestaan toe hy deur haar aanvaller vermoor is. Hierdie is haar verhaal van oorlewing, genade en uiteindelike genesing.
Gordon MacDonald se Onder die waterlyn is ideaal vir Christelike leiers, sowel as Christene in sekulere beroepe. Hierdie samestelling artikels, wat in Leadership Journal verskyn het, gee raad oor hoe om 'n meer effektiewe leier te word. Gordon moedig Christelike leiers aan om te groei en 'n sterk, geestelike fondament te vestig. Die boek is geanker in Bybelse waarhede, geestelike leiding en lewenservaring, en sluit onderwerpe in soos: verstaan wat jou motiveer; die wortel van leierskap om die moeilike dinge te se; wanneer dinge lelik raak; die privaat tye van 'n openbare leier; die krag van openbare gebed.
Dis asof byna almal in die een of ander stadium met dwelms eksperimenteer. Dit lyk dalk cool om 'n pil by raves te pop, of om 'n joint te rook omdat dit natuurlik is. Maar daar bestaan nie so iets soos om drugs te kan control nie. Dwelmmisbruik is 'n swaar las om te dra. Dit kan jou lewe vieslik opmors. Hierdie titel is bedoel vir ouens wat nog ietsie gebruik, en vir die wat oorweeg om in die toekoms 'n ding of twee uit te probeer. Dit is ook vir diegene wat besef hulle is hooked of meen dis cool om af en toe te drug en uit te chill … Dit gaan eintlik oor hoe om los te kom van dwelms en hoe om al jou cravings te hanteer.
Dit is 'n onaanvegbare, universele waarheid - Jesus van Nasaret is die band wat die Woord en die wetenskap verbind. Tog is die implikasies van die kennis en vars perspektief wat ontsluit word, verstommend. Die ontdekking van die ooglopende en kragtige skakel ontsluit nuwe insig op eeu-oue tradisies te midde van skerp aanvalle op die kerk.
|
You may like...
Abstraction and Calligraphy - Towards a…
Didier Ottinger, Marie Sarre
Hardcover
|