![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
Dr Piet Muller is ’n toekomskundigie, skrywer en godsdiens-filosoof, wat oor die afgelope drie dekades verskeie boeke oor spiritualiteit geskryf het. Hy was onder meer redakteur van die baanbrekende boek Die Nuwe Hervorming en van Kom ons Bid. Hy het ook verskeie boeke oor meditasie geskryf. Onlangs het Die Evangelie volgens Jesus verskyn. Op Pad is die resultaat van dertigjaar se saamleef met die Evangelie volgens Thomas, waaroor hy ’n kommentaar geskryf het.
Bakens van geloof is ’n kragtige getuienis en praktiese voorbeeld van ’n daaglikse bonatuurlike wandel met God. Hierdie boek sal jou ’n voorskou gee van hoe groot en hoe werklik God se goedheid is teenoor sy kinders. Ilse Roux deel haar passie vir die Woord en haar praktiese geloofspad met God op so ’n manier dat mens net weer oorweldig word met wie hierdie liefdevolle God werklik is. Sy het die waarde daarvan ontdek om in kinderlike geloof op God se Woord te vertrou en sien die vrug daarvan in haar en haar gesin se lewens. Die deurlopende draad van gehoorsaamheid aan God se beginsels en sy stem, sal jou inspireer om ook jou verhouding met Hom te verdiep en sal jou leer dat jy Hom ten alle tye kan vertrou. Kort voor lank sal jy jou eie bakens van geloof hê wat spruit uit jou persoonlike geloofspad met Hom.
Te veel gelowiges voel skuldig omdat hulle nie voldoen aan ander se
geestelike verwagtings nie. Of omdat hulle nie die standaard-resepte
uitleef wat gedurig in die kerk uitgedeel word van hoe ’n “regte
Christen” moet leef nie. Hulle is kerklik betrokke, maar voel
moedeloos. Godsdienstige uitbranding is ’n paar van hulle se voorland.
Tot vervelens beleef hul die Here is teleurgesteld met hulle.
Prof. Anton van Niekerk skryf oor iets waaroor daar in Afrikaans nog bitter min buite die teologie geskryf is. Hy praat openhartig oor die vrae waarmee ons worstel by die afsterf van geliefdes en verduidelik beide persepsies van die dood oor eeue heen sowel as die nuutste denkstrome. Omstrede kwessies soos bystanddood en selfdood kom ter sprake. Uiteindelik is dié boek ’n oproep om elke oomblik ten volle te leef.
Luister na die braste, wat kruisbeen oppie trap sit. Behalwe entertainment, kry ’n taste wat Afrikaaps is! Aitsa, sy boots het stars .. Aitsa, hy’s soe die star ... Aitsa, gloe dis waar .. Hy’s John Wayne in Afrikaans! Sy kop in die wolke ... en sy voete stewig op die aarde. Dit is HemelBesem. In hierdie boek nooi die gewilde kletsrymer jou om saam te stap op sy lewenspad. Hy gesels reguit oor die dinge wat hom gevorm het, die sake wat hom na aan die hart le ... en hy doen dit in die taal van sy hart. Afrikaans. Oor sy Afrikaans se hy: “Afrikaans is ’n groot deel van wie ek is. Dis die taal waarin ek my in oomblikke van woede kras uitgedruk het. Dis die taal waarin ek goed gese het terwyl ek baklei het, waaroor ek agterna spyt was. Dis die taal waarin ek liefkosing uitgedruk en ontvang het ... As Ma geskel het, of jy bang was ... dis alles momente, en alle momente vorm my bestaan.” Daarom nooi hy met hierdie boek lesers om ’n ander Afrikaans te leer ken. Elke hoofstuk het Afrikaanse uitdrukkings uit sy grootword- en leefwereld as vertrekpunt, en dit is vervleg met sy bekende kletsrym-lirieke waarmee hy vlymskerp kommentaar lewer op maatskaplike kwessies en dinge wat hom na aan die hart le.
Gordon MacDonald se Onder die waterlyn is ideaal vir Christelike leiers, sowel as Christene in sekulere beroepe. Hierdie samestelling artikels, wat in Leadership Journal verskyn het, gee raad oor hoe om 'n meer effektiewe leier te word. Gordon moedig Christelike leiers aan om te groei en 'n sterk, geestelike fondament te vestig. Die boek is geanker in Bybelse waarhede, geestelike leiding en lewenservaring, en sluit onderwerpe in soos: verstaan wat jou motiveer; die wortel van leierskap om die moeilike dinge te se; wanneer dinge lelik raak; die privaat tye van 'n openbare leier; die krag van openbare gebed.
Een of ander tyd word almal geraak deur die dood van 'n geliefde. Die pyn van so 'n verlies is soos geen ander pyn nie, hoewel elkeen dit op sy eie manier beleef. Die smart wat na die verlies volg, is 'n normale reaksie, hoewel dit glad nie normaal voel nie, en die rouproses is nodig om te kan aangaan met die lewe. 'n Reis na die lig deur Marge Stathakis is 'n joernaal vir die reis deur verlies. Die boek bied die volgende unieke kenmerke: eerlike en openhartige beskrywings van die skrywer se persoonlike ervaring; spasie in elke hoofstuk om persoonlike; ervarings en emosies neer te skryf; praktiese raad om kinders te help om verlies te verwerk; perspektief op die rol van vriende tydens die rouproses. 'n Reis na die lig is 'n waardevolle hulpmiddel op die reis deur verlies.
Samba is 'n versameling van Jeanne Els se rubrieke wat oor die jare in koerante en tydskrifte verskyn het. Sy het al twee ander boeke uitgegee wat ook danstemas gehad het – Ligdans en Tango. In Samba neem sy die leser op wereldreise en binnetogte, sy vertel hulle van plekke wat sy gesien het, ervarings wat sy gehad het en mense wat sy ontmoet het. Dis ’n boek wat lesers sal wys dat ’n mens kan dans te midde van teespoed en ander dinge wat die lewe op ons pad bring.
Dis asof byna almal in die een of ander stadium met dwelms eksperimenteer. Dit lyk dalk cool om 'n pil by raves te pop, of om 'n joint te rook omdat dit natuurlik is. Maar daar bestaan nie so iets soos om drugs te kan control nie. Dwelmmisbruik is 'n swaar las om te dra. Dit kan jou lewe vieslik opmors. Hierdie titel is bedoel vir ouens wat nog ietsie gebruik, en vir die wat oorweeg om in die toekoms 'n ding of twee uit te probeer. Dit is ook vir diegene wat besef hulle is hooked of meen dis cool om af en toe te drug en uit te chill … Dit gaan eintlik oor hoe om los te kom van dwelms en hoe om al jou cravings te hanteer.
Engele bestaan werklik, al kan ons hulle gewoonlik nie sien nie. Maar wat doen engele, waar woon hulle en watter rol gaan hulle in die toekoms speel? Die onsienlike wêreld van engele fokus nie net op die heilige engele nie, maar ook op Satan en sy gevalle engele wat ná hul skepping téén die Skepper gekies het. Hierdie boek neem die leser op ’n opwindende reis deur die Bybel: die kosmiese oorlog wat sedert Satan se val in die onsienlike wêreld van engele afspeel. Elke mens speel ’n rol in hierdie worstelstryd, veral in die laaste tye. Uitverkore engelwesens bly naby die troon van God in die derde hemel, maar soos wat die “dag van die Here” nader kom, is goeie én veral slegte engele toenemend by wêreldgebeure betrokke. Wanneer die Here van die leërskare in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, sal die onsienlike dan sienlik word?
’n Storieryke wandeling deur plaashuisgange, landerye wat reg en ryp is vir oes en God se drome van oorvloed vir ons lewens. Caitlin Henderson vertel allerhande verhale oor alles van steekse trekkers tot haar waarnemings oor ’n eens vaal huwelik wat nou floreer, en alles en nog wat tussenin. Sy verweef haar staaltjies met God se Woord en leer ons hoe om verlossing in ons eie stories raak te sien. Selfs al woon jy in die stad en nie iewers op die platteland soos Caitlin nie, sal jy aanklank vind by haar interessante, en somtyds lawwe stories. Die universele lesse en waarhede daarin spreek tot die hart van elkeen wat waarlik nader aan God wil leef. In Geanker in geloof verken ons bybelse waarhede deur die oë van ’n boer se vrou. Of jy nou jaag om die kinders by die skool te kry, hard werk om jou eie besigheid op die been te bring, of rustig deur die weivelde van jou eie stukkie grond stap, dáár kan jy hoop kweek en vreugde vind.
Ek skryf hierdie boek vir al die mense wat soos ek, nie meer gemaklik voel met die tradisionele antwoorde wat gegee word op lewens- en geloofsvrae nie. Mense wat self wil uitvind en ontdek. Mense wat nie bang is om wetenskap, filosofie en spiritualiteit deel te maak van hulle denke oor wie hulle is, van waar hulle kom en waarheen hulle oppad is nie. Binne hierdie bladsye dekonstrueer ek o.a my geloof waarmee ek grootgeword het. Ek probeer ook om my eietydse soeke en denke nuut te verwoord, om my prentjie van God eerlik te ondersoek en te dekonstrueer. Om daarmee mede soekers en vrydenkers te help om ook op hulle eie spirituele avontuur te kan gaan. Hierdie boek is dus vir 'n nuwe generasie van Afrikaner; waar geslag, ras, kultuur, geloof, taal, ouderdom en seksualiteit hulle nie meer noodwendig definieer nie. 'n Generasie van vrydenkers; mense vir wie die beginsels van liefde, eerlikheid, respek, kritiese denke, oop soeke en eietydse spiritualiteit veel belangriker is. Hulle is reisigers; mense wat op 'n Kop en hart reis die dieper betekenis van hulle lewens wil ondersoek. En al wat van elkeen op hierdie reis gevra word, is om nooit hulle koppe af te skakel of hulle harte stil te maak nie. Daarom betree ek heilige grond met eerlike vrae. Ek beskou geen tema as verbode of onaantasbaar nie, so of dit nou God of godsdiens is, evolusie of die Bybel is, ek dekonstrueer en poog om nuwe maniere van dink en praat te vind. Ek nooi elkeen uit om saam met my bietjie dieper te delf in die misterie, die misterie wat ons God en die lewe noem.
Jy is ongetwyfeld op soek na rus, daarom het jy nou hierdie boek in jou hand. Aan die een kant is jy elke dag deel van hierdie gejaagde wêreld. Maar aan die ander kant weet en glo jy dat daar iets meer vervullends in die lewe moet wees. En jy’s reg! Daar is regtig meer vreugde in die lewe te vind as wat die meeste mense tans geniet. ’n Lewe van rustigheid en innerlike vrede is selfs vandag nog moontlik. Om God se vrede te ervaar, daardie vrede wat jou elke dag soos ’n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So ’n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus. Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na ’n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur ’n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar. Geniet hierdie jaarprogram. Gebruik dit as jou bousteen vir jou jaar van geestelike groei. Dan gaan dit die opwindendste een ooit wees.
Jesus was 'n mens soos ons elkeen. Dit is die mening van Hennie J. de Villiers in sy nuutste baanbrekende boek oor die betekenis van lewe. De Villiers, 'n sielkundige, het in GLO - om te kry wat jy nodig het, navorsing gedoen oor Jesus se aardse lewe, sonder om deur die geykte teologiese modelle beinvloed te word. Hierdeur wil De Villiers vir die hedendaagse mens in 'n postmoderne tydvak nuwe sielkundige waarneming bied oor Jesus se benadering tot ? sinvolle lewe. Verder het De Villiers bevind dat Jesus soos alle mense gebore is en gesterf het. Tog is Jesus se lewe gekenmerk deurdat hy in kontak met die Godheid geleef het. Sodoende het Jesus oor die krag van "glo" beskik. Deur te glo, het hy siekes gesond gemaak, 'n honger skare kos gegee en mense die sin van lewe laat ervaar. Hierdie dinge het Jesus egter nie gedoen in 'n toestand van goddelikheid nie - dit was die Godheid, wat dit gedoen het op grond van Jesus se krag van glo. Die doel van Jesus se aardse lewe was om te toon dat ook ons, in kontak met die Godheid, oor hierdie krag van glo beskik. Deur te glo die Godheid dit sal bewerk, kan ons dinge kry wat ons nodig het om die betekenis van ons lewe te vervul. Ons as mense is sielkundig so saamgestel dat ons ons betekenis wil vervul. Viktor Frankl, die Oostenrykse sielkundige, se bevinding was dat mense se sterkste wil nie is om hulle seksbehoeftes te vervul (Sigmund Freud), of hulle mag te demonstreer (Adolf Adler) nie. Mense is daarop ingestel om die betekenis van hulle lewe te verwerklik. Dit is hoekom mense nie natuurlikerwys in 'n lewe na die dood belangstel nie. Daarom is dit duidelik dat die mens se lewe juis op hierdie planeet 'n doel dien, met vir elkeen ? unieke taak. De Villiers is van mening dat die Christendom tot dusver te veel daarop ingestel was om slegs op Jesus as die verlosser van sonde te fokus. Gevolglik is die sinvolle betekenis van sy aardse lewe verwaarloos. In hierdie verband is Hennie J de Villiers daarvan oortuig dat alle mense - ongeag hulle spirituele oortuigings - uit Jesus se aardse lewe riglyne kan vind. So kan hulle leer hoe hulle met die krag van glo dinge kan bekom wat hulle nodig het, en sodoende die sin in hulle lewe vervul. Ontken ons die sielkundige bevinding dat Jesus 'n mens soos ons was, verwerp ons daarmee ook die Christelike motief dat Jesus as mens vir die sonde van alle mense gestraf moes word.
Paasfees is 'n tyd om werklik stil te word en opnuut bewus te word van God se onvoorwaardelike liefde vir sondaarmense. So lief het God die wereld gehad bestaan uit 15 kort hoofstukke met Skrifgedeeltes asook aanhalings deur bekende Suid-Afrikaanse sowel as internasionale skrywers oor Jesus se lewe en sterwe. Hierdie boekie dra Christus se verhaal en sy boodskap wat vandag nog staan uitstekend oor. Temas soos die profesie oor die Messias, beloftes wat vervul moet word, ons Verlosser, die pad na Golgota, die kruis en die lee graf word aangeraak in hierdie spesiale geskenkboekie met sepia-foto's. So lief het God die wereld gehad is ideaal vir evangelisasie en verseker lesers opnuut dat Jesus vir ons sonde betaal het sodat ons vir altyd in 'n hegter verhouding met God kan leef.
Oorgewig, lui, ongedissiplineerd en moeg. Dit beskryf miljoene mense - mans en vroue wat te gefrustreerd is om God en hulle gesinne te dien omdat hulle liggaam en denke hulle in die steek laat. In Gesond.Gelukkig.Sonder giere! gee gesondheidskrywer Lisa Morrone 'n praktiese, maklik deurvoerbare plan vir almal om hulle energievlakke te herstel en hulle natuurlike lus vir die lewe terug te kry. Hierdie gesondheidsplan is daarop gemik om 'n persoon se lewenswyse te verander deur op sewe spesifieke areas te fokus: gewigsverlies, voeding, postuur, krag, soepelheid, breinkrag en ontspanning. Die boek bied ook praktiese voorbeelde wat maklik verduidelik word met sketse, foto's en voorbeelde in tabelvorm. Gesond.Gelukkig.Sonder giere! sal 'n langtermyn-verandering in 'n persoon se lewe teweegbring wat sal voortduur omdat die dryfkrag daaragter 'n groter doelwit het - 'n beter verhouding met God, jou gesin en vriende.
Hierdie boek gaan kyk na die mees prominente stories oor seks in terme van geloof, waardes en natuurlik voorgeskrewe geslagsrolle. Die boek gaan ook oor stil-bly stories. Dit gaan oor die stories van hoe ons seks verstaan en hoekom ons seks op 'n spesifieke manier verstaan. Stories het die geneigdheid om 'n invloed op mense te he en daarom gaan kyk ons ook na die effek van stories rondom seks. Die doel van hierdie boek is om mans en vroue te bevry van stereotipe seks-stories om sodoende hul seksualiteit voluit te kan beleef en uit te leef. Lesers sal hulle verlustig in die openlikheid waarmee opvattinge oor seks, seksualiteit en gender verken word, asook begryp hoe sulke konstruksies ons intieme verhoudings raak. Die boek takel eeue oue sienings en bied 'n verfrissende en stimulerende kykie op seksualiteit vandag.
My liewe magtige medeskepper EK DAAG JOU UIT om hierdie titel te lees en jouself in Noag se skoene te sit terwyl jy rond hardloop om almal in 'n ry te hou vir die loopplank parade. Wees 'n waaghals om terug te kom in Josef se skoene en klere te soek om aan te trek - pasop dat jy nie dalk jou AK47 op neem en al jou broers uithaal nie. Maar meeste van alles, wees dapper, kyk na Kain deur die oe van 'n ma of pa, 'n gewone mens, wat 'n seun die boendoes instuur. En ten laaste hoop ek jy kan dit in jou hart kry om Kain se gedagtes jou eie te maak, want God koek en tee saam met hom ook.
Stories is medisyne, die Lennon's van die lewe. Stories het al menigmaal my lewe gered. As ek myself in die storie herken of as 'n storie 'n spieel word vir n groot gebeurtenis in my lewe, help dit my om getuie te word van my eie lewe. Hierdie kortverhale vertel die stories wat op ons werf op Theefontein uitspeel, stories oor my kinderdae op Carnarvon, stories oor kwaai kalkoene, stories oor die son as hy sambokslaan op ons sinkdakke, stories oor hoe mens die weer vir weke ''lees'' op die uitkyk vir reen en stories oor die baldadige vreugde as die Blou Dak se Baas 'n slag sy gieter oor die vlaktes en die berge laat leegloop.
|
![]() ![]() You may like...
Manga Drawing 101 - How To Draw Manga…
Howexpert, Rebecca Bauer
Hardcover
R786
Discovery Miles 7 860
|