0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (98)
  • R100 - R250 (349)
  • R250 - R500 (137)
  • R500+ (38)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Christelike Publikasies

Leef Met Selfvertroue (Afrikaans, Paperback): Joyce Meyer Leef Met Selfvertroue (Afrikaans, Paperback)
Joyce Meyer
R250 R189 Discovery Miles 1 890 Save R61 (24%) Ships in 5 - 10 working days

Joyce Meyer help vroue al jare lank om hulself te verbeter deur emosionele hindernisse en fisiese en geestelike struikelblokke in hul lewe te identifiseer.

Ons samelewing het 'n onsekerheid-epidemie, veral onder vroue.

Kompensasie deur voor te gee om veilig te voel – 'n algemene reaksie – lei slegs tot gevoelens van skaamte. Gebrek aan selfvertroue veroorsaak groot probleme in alle soorte verhoudings, en in huwelike kan dit selfs tot egskeiding lei.

In Leef met selfvertroue ondersoek Joyce die sewe eienskappe van 'n vrou met selfvertroue, wat 'n vrou insluit wat weet sy is liefgehê, wat weier om in vrees te leef, en wat nie haarself met ander vergelyk nie.

Joyce verduidelik dat selfvertroue spruit uit positief wees in jou aksies en eerlik leef, maar belangrikste van alles uit geloof – in God en in onsself.

Ontdek God Se Wil Vir Jou Lewe (Afrikaans, Paperback): Joyce Meyer Ontdek God Se Wil Vir Jou Lewe (Afrikaans, Paperback)
Joyce Meyer
R250 R189 Discovery Miles 1 890 Save R61 (24%) Ships in 5 - 10 working days

God het elkeen van ons geskep om groot dinge te doen. Maar hoe kan ons seker wees dat ons werklik God se roeping vir ons lewe gevind het?

Geliefde skrywer en TV-persoonlikheid Joyce Meyer nooi jou uit om saam met haar te reis na vertroue, vryheid en vrede in die wete dat jy die pad loop wat Hy vir jou bestem het. Sy verken God se karakter, sy liefde – en sy doel vir jou. Hierdie boek deel ook praktiese stappe wat help om jou vertroue in God te bou. Dit wys hoe jy sy leiding kan soek en die vrees dat jy sy beste vir jou gaan misloop kan oorkom.

Ontdek God se wil vir jou lewe sal jou vul met vrede en selfvertroue sodat jy met vreugde in God se liefde kan leef.

Genesing Vir Elke Vrou - 90 Oordenkings (Afrikaans, Paperback): Joyce Meyer Genesing Vir Elke Vrou - 90 Oordenkings (Afrikaans, Paperback)
Joyce Meyer
R280 R210 Discovery Miles 2 100 Save R70 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Ontvang genesing vir jou emosionele wonde en ontdek jou lewensdoel as God se kind in hierdie 90-daedagstukkieboek.

Genesing vir elke vrou 90 oordenkings delf diep in Joyce Meyer se eie lewensverhaal en haar reis na genesing. Ten spyte van jare se mishandeling, verwerping en verraad deur die mense die naaste aan haar, glo Joyce dat elke vrou wat diep seergekry het deur lewensomstandighede, ten volle genees kan word in hart en siel. Haar onwankelbare aanspraak het ontstaan uit haar eie reis na genesing, en ook die pad wat sy gestap het met soveel vroue wat nie wou glo dat hulle hul pyn ten volle sou oorwin nie.

Joyce neem jou op ’n 90-dae-reis om jou te bemoedig deur die lewe se struikelblokke om jou ware lewensdoel te bereik. Die Here kan jou pyn genees, en Hy wil dit in jou hart doen sodat jy die wonderlike, vreugdevolle toekoms wat God vir jou beplan het kan leef!

Wen die stryd in jou gedagtes (Afrikaans, Paperback, 30 Jaar Uitgawe): Joyce Meyer Wen die stryd in jou gedagtes (Afrikaans, Paperback, 30 Jaar Uitgawe)
Joyce Meyer
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Bekommernis, twyfel, verwarring, depressie, woede en gevoelens van veroordeling is alles aanvalle op die gemoed. Bekende outeur Joyce Meyer sal jou help om hierdie belangrike gevegte te wen. In hierdie opgedateerde uitgawe leer Joyce ons hoe om ons gedagtes te fokus op die manier waarop God dink. Sy deel persoonlike stories uit haar eie lewe, saam met Bybelse waarhede en aanmoediging om jou te help om doelgerig te dink, die gevegte in jou gedagtes te wen en 'n vreugdevolle lewe te begin.

Die Sleutels Tot 'n Gesonde Huwelik (Afrikaans, Paperback): Joyce Meyer Die Sleutels Tot 'n Gesonde Huwelik (Afrikaans, Paperback)
Joyce Meyer
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Leer die geheime van ’n suksesvolle huwelik by die topverkoper Joyce Meyer. Of jy nou dertig dae of dertig jaar getroud is, jy wil ’n huwelik hê wat in moeilike tye floreer. Maar ons huwelike lyk nie altyd soos ons gedink het dit sou nie. Miskien het jy nie probleme in jou
huwelik nie, maar jy wil jou verhouding so sterk as moontlik maak. In Die sleutels tot ’n gesonde huwelik, leer die geliefde skrywer Joyce Meyer jou om kragtige waarhede uit God se Woord vir jou en jou huwelik te ontsluit, struikelblokke na gesonde verhoudings te oorkom, in vrede met ’n onseker persoon te leef en die fokus van jouself en jou gade af te haal en eerder na die Here te kyk. Joyce Meyer se leeftyd van Bybelse wysheid en haar praktiese en persoonlike ervaring sal jou help om in jou huwelik te groei. Ongeag in watter
stadium van die huwelik jy is, jy kan hoop en moed ervaar in God se beloftes van genesing, herstel en ’n lewe vol van sy goedheid!

Op Soek na Wysheid - Lewensveranderende waarhede uit Spreuke (Afrikaans, Paperback): Joyce Meyer Op Soek na Wysheid - Lewensveranderende waarhede uit Spreuke (Afrikaans, Paperback)
Joyce Meyer
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die boek Spreuke is 'n skatkis van geestelike en praktiese wysheid wat ons toerus om ons beste lewe te lei. Kennis is belangrik, maar as dit nie in aksie omgeskakel word nie, slaag dit nie daarin om ons lewe te verander nie.

Dit is belangrik om 'n deurdagte en praktiese begrip van die sewe fundamentele beginsels in die boek Spreuke te verkry:

• Wysheid
• Begrip
• Versigtigheid
• Kennis
• Onderskeidingsvermoë
• Onderskeiding
• Vrees van die Here

As ons hierdie eienskappe wil besit, moet ons 'n verbintenis maak tot 'n dieper begrip en implementering van hierdie waardes in ons daaglikse lewe.

Met inspirerende vrae om deurdagte refleksie te bevorder, sal Op soek na wysheid jou die fundamentele beginsels leer en God se hulp verseker om dit te beoefen.

Die boek werk volledig deur al die hoofstukke van Spreuke.

Geroep vir Meer - Hoe om suksesvol te leef (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg Geroep vir Meer - Hoe om suksesvol te leef (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Hykie Berg, bekende akteur, topverkoperskrywer en entrepreneur, gee praktiese riglyne oor hoe jy suksesvol kan leef. Hykie inspireer jou en gee raad oor hoe ook jy jou drome kan waarmaak: Bou selfdissipline; tree doelbewus; raak ontslae van verskonings; los die slagoffermentaliteit; vind uit wat jou dryf; ontleed jou verskonings en besef watter denkpatrone nie geldig is nie. Jy hoef nie bloot ’n gemiddelde lewe te leef nie. Jy kan ’n uitstekende lewe leef. Dìt is wat God vir jou wil hê.

Nogtans-geloof (Afrikaans, Paperback): Ivor Swartz Nogtans-geloof (Afrikaans, Paperback)
Ivor Swartz
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

"Hoe hou ek vas aan God terwyl my ervaringe nie hoop weerspieël nie? Ivor Swartz lei ons om aan die hand van die Habakuk 3:17 te vra hoe lyk 'n nogtans-geloof gebedslewe, hoe praat en leef ek voor ander met my nogtans-geloof en hoe bly ek geanker in God, eerder as die uitkoms? 

Ivor leer ons om 'n nogtans-geloofuitkyk toe te pas, deur te kies: kies om te lewe vir wat ewigheidswaarde dra, om ons perspektief te verander na nogtans-geloof in tyd van krisis en om te reageer op ’n nogtans-manier."

Super C - Van swaarmoedige Sannie tot supervrou (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Super C - Van swaarmoedige Sannie tot supervrou (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Susan Coetzer was ’n swaarmoedige Sannie eerder as Susan Super C. Christus met sy wyse rigtingwysers het haar begeester om haar moue op te rol en geestelike transformasiewerk in haar lewe te doen. Hierdie proaktiewe werk het ’n paar mooi dinge gebring soos vryheid, vrede en wysheid. Susan nooi jou om saam met haar op ’n reis te gaan. Mag hierdie reis jou aanspoor om nooit moed te verloor nie, maar aan te hou stap totdat jy ook ’n energieke, veerkragtige en borrelende mens in Christus is.

Bybelblokraaie 2 (Afrikaans, Paperback): Heidri Mittendorf Bybelblokraaie 2 (Afrikaans, Paperback)
Heidri Mittendorf
R150 R134 Discovery Miles 1 340 Save R16 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en -opsteller. Die Bybelblokraaie 2 bevat 65 blokraaie wat opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 6 woordsoeke en 4 woordspeletjies gebaseer op temas uit die Bybel. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.

Vredemaker - 'n Aangrypende verhaal van hoop (Afrikaans, Paperback): Reggie Peace Vredemaker - 'n Aangrypende verhaal van hoop (Afrikaans, Paperback)
Reggie Peace
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie presteer. Maar hy bly ontevrede met homself - hy sug voordurend na erkenning en aanvaarding. Tot hy besef dat hy ʼn keuse het: Kies die lewe, óf kies ’n stadige dood. Reggie se verhaal is een van hoop. Sy storie is een van swaarky, maar ook van uitdagings wat oorkom kan word en hoe om met Christus aan jou sy sterker anderkant uit te kom.

Inspirerende Leierskap - Riglyne vir sukses uit die sakewêreld en die Woord (Afrikaans, Paperback): Brand Pretorius, Jurie... Inspirerende Leierskap - Riglyne vir sukses uit die sakewêreld en die Woord (Afrikaans, Paperback)
Brand Pretorius, Jurie Schoeman
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Leiers kan nie op hulle eie die leierskapspad kan aandurf nie. Hulle het wysheid, perspektief, insig en liefde nodig. Hierdie boek illustreer op 'n praktiese manier hoe tydlose beginsels en waardes steeds toepaslik is in die ongenaakbare sakewêreld en dat indien hierdie waardes die onderbou van 'n besigheid se kultuur verteenwoordig, die kans op volhoubare sukses soveel groter is. Hierdie boek bevat ook gevallestudies wat die voordele van beginselvaste, waardegebaseerde leierskap uitbeeld.

Die Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding, 2020-Vertaling): Die Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding, 2020-Vertaling)
R630 R564 Discovery Miles 5 640 Save R66 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Afrikaanse 2020-vertaling, mediumgrootte volledige Bybel met luukse bruin kunsleeromslag, kruisverwysings, voetnote, woordelys en kaarte.

• 8.5-punt lettergrootte
• Grootte: 150 x 220mm

Bruistablette Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Bruistablette Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkieboek is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat jy (en ek) meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit en probleme.

Die Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding, 2020-Vertaling): Die Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding, 2020-Vertaling)
R650 R580 Discovery Miles 5 800 Save R70 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Afrikaanse 2020-vertaling, hoofletter uitgawe, mediumgrootte volledige Bybel met luukse bruin gebreide kunsleeromslag, kruisverwysings, voetnote, woordelys en kaarte.

• 8.5-punt lettergrootte
• Grootte: 150 x 220mm

Jan Smuts, 1870-1950 - 'n Fotobiografie (Afrikaans, Hardcover): Anton Joubert Jan Smuts, 1870-1950 - 'n Fotobiografie (Afrikaans, Hardcover)
Anton Joubert; Edited by Fransjohan Pretorius
R105 Discovery Miles 1 050 Ships in 6 - 10 working days
Geagte Jahwe (Afrikaans, Paperback): Willie Esterhuyse Geagte Jahwe (Afrikaans, Paperback)
Willie Esterhuyse
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Willie Esterhuyse is 'n produk en kind van Suid-Afrika; wereldbekend as denker, spreker en raadgewer vir staatsleiers. Sy passie vir reis bring hom uit by oerbeskawings waar hy godsdiens se geboorte sien. Tydens besoeke aan Malta raak hy vertroud met die eilandjie se onstuimige voorgeskiedenis en erfenisterreine. Hy ontdek veral die arena vir die konflik tussen Christene en Moslems, 'n kwessie wat vandag die wereld aan die praat en vrees het. In opvolg van, God en die gode van Egipte, en Die God van Genesis, sluit hy die trilogie af met Geagte Jahwe. Meesterlik besluit hy om direk 11 briewe te rig aan God op sy Bybelse noemnaam, Jahwe. Hierin kan Willie vlymskerp die kernsake van ons tyd oopsny en basiese lewensvrae oopboor, soos die stryd tussen gelowe, ineenstorting van samelewings. Hy bied ook rigting vir soekende denkers oor 'n ander kyk op God vir ons tyd. Willie daag ons uit om verder te dink: met die "gees van omgee" wat verby die stukkkend en seer kyk - na 'n wereld wat menslik en leefbaar vir almal is.

Sonneblomme & Sneeu In Oekraine (Afrikaans, Paperback): Michele Potgieter Sonneblomme & Sneeu In Oekraine (Afrikaans, Paperback)
Michele Potgieter
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Nadat Ockert en Michele Potgieter getroud is, het hulle hul tasse gepak en vertrek Oekraïne toe, nie vir hulle wittebrood nie, maar om daar te werk onder die mense wat onlangs bevry is van agter die ystergordyn.

Dit is egter ’n groot ontnugtering vir Michele in die begin – dit is yskoud in die winter en snikwarm in die somer. Die meeste huise het net buitetoilette en daar is min verskeidenheid in basiese kruideniersware. Die mense is baie vriendelik en hulle word meestal met oop arms verwelkom. Maar alles is nie altyd maklik nie, daar is ’n noue ontkoming met die mafia, agtervolging deur die KGB en verraad van binne die gemeente. Dan sterf Ockert tydens die Covid 19-pandemie tydens ’n besoek aan Suid-Afrika. Michele moet besluit of sy teruggaan Oekraïne toe, waar ’n oorlog dreig en of sy in Suid-Afrika by haar mense en haar kinders bly.

Dit is ’n aangrypende verhaal oor liefde: liefde vir God, vir die mense van die Oekraïne, maar ook die liefde tussen Michele, Ockert en hul kinders.

Geseënd Is Julle Bybelstudie (Afrikaans, Paperback): Amanda Jenkins, Dallas Jenkins, S. Huffman Geseënd Is Julle Bybelstudie (Afrikaans, Paperback)
Amanda Jenkins, Dallas Jenkins, S. Huffman
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wat gebeur nadat jy besef en aanvaar Jesus het jou inderdaad gekies? Wanneer ons aan Hom behoort, kry ons nie net ’n nuwe identiteit nie; ons word in ’n nuwe realiteit ingelei – een wat eg, kragtig en lewensveranderend is.

Geseënd is julle is ’n interaktiewe Bybelstudie in 8 sessies vir individue of kleingroepe gebaseer op die tweede reeks van die aanlyn TV-reeks The Chosen. Hierdie studie stel beide die Ou en Nuwe Testament op ’n vars en verstaanbare manier bekend. Elke studie is gebaseer op ’n episode van die reeks en bevat:

• ’n dieper studie van God se karakter, krag en beloftes met Jesus se Bergpreek as raamwerk.
• Skrifgedeeltes en aanhalings uit elke episode.
• Bybelteks as agtergrond vir die studie.
• Breedvoerige inligting oor karakters.
• Addisionele brokkies insiggewende Bybel-inligting.
• Leidende vrae vir nadenke en bespreking vir individue of groepe.

'n Sonneblom Vir Elke Dag (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer 'n Sonneblom Vir Elke Dag (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer 1
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die wêreld het meer sonneblommense nodig mense wat hulle koppe na die Son toe draai, mense wat meer en meer soos die Son wil wees eerder as giftige ivies, stink Afrikaners, stekelrige kaktusse, knieserige rosies of klaende hangkop wilgers.

Transformasie begin as ons ons deel begin doen en verantwoordelikheid aanvaar om ons negatiewe gedagtes elke dag bewustelik by die alomteenwoordige Son te vernuwe. Ons moet onsself daagliks toewy in die bestudering van die Meester Sonneblom se lieflike kwaliteite en meer van die vrug van sy liefdevolle genadige gees te kweek deur ons gedagtes by hom te vernuwe. Om ou negatiewe gewoontes en denke af te breek vra baie herhaling en volharding.

Kom ons maak dit ons doel om elke dag 'n rapsie meer na Jesus se voorbeeld van christenskap en menswees te lyk. Met hierdie 260 sonneblom dagstukkies nooi Susan jou uit na 'n avontuur van sonsoek al agter die Son aan.

Geniet die sonneblomreis.

Die Name van Jesus Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback): Die Name van Jesus Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback)
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wil jy graag ’n sterker, inniger verhouding met Jesus hê? ’n Mens bou jou verhouding met die Here deur tyd in sy teenwoordigheid deur te bring en Hom beter te leer ken.

Die Name van Jesus Gebedsjoernaal sal jou help nadink oor die Name van Jesus en sy karakter en jou help om ’n inniger persoonlike verhouding met Hom te bou. Hierdie gebedsjoernaal bevat:

• 31 inkleur-ontwerpe van die Name van Jesus waaronder Alfa en Omega, Brood van die Lewe, Bruidegom en Goeie Herder.
• ’n Kort beskrywing van elkeen van die Name en wat dit sê oor Jesus se karakter.
• Gedagtes om jou te laat nadink, met teksverse wat pas by die betrokke Naam van Jesus.
• Bladsye met lyntjies waar jy jou gedagtes of gebede kan neerskryf.

Kosbaar vir Hom - Bevestigings vir Vroue van Geloof Afrikaans (Afrikaans, Cards): Kosbaar vir Hom - Bevestigings vir Vroue van Geloof Afrikaans (Afrikaans, Cards)
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Kosbaar vir Hom: Bevestigings vir Vroue van Geloof

Voel dit soms of jy nie aan die wêreld se standaarde van sukses en skoonheid voldoen nie? Dat jy nie genoeg is nie?

Die 44 inkleurkaartjies van Kosbaar vir Hom is die ideale manier om jouself te herinner aan wie jy in Christus is. Terwyl jy die 44 bevestigings van jou identiteit as kind van God inkleur, sal jy daaraan herinner word dat jy deur jou hemelse Vader uitverkies, vergewe, en verlos is en dat Hy jou baie liefhet. Dink biddend na oor elke bevestiging terwyl jy inkleur en jou verheug in jou identiteit as ’n dogter van die Koning!

• 44 inkleurkaartjies in ’n boksie.
• Elke kaartjie het ’n Bybel-gebaseerde bevestiging wat ingekleur kan word, met ’n ondersteunende Bybelvers.
• Kaartjies is slegs aan een kant gedruk vir plek om oor die bevestiging te besin en aantekeninge te maak.
• Dik papier sodat enigiets van potlode tot waterverf gebruik kan word.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Precious and Loved.

Die Krag van ?n Biddende Vrou Oordenkings (Afrikaans, Paperback): Stormie Omartian Die Krag van ’n Biddende Vrou Oordenkings (Afrikaans, Paperback)
Stormie Omartian
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Smag jy na ’n meer vervullende huwelik? Is daar areas in jou verhouding met jou man wat hoop en genesing nodig het? Die krag van ’n gelowige, biddende vrou kan nie oorskat word nie. Stormie Omartian bied verrykende insigte wat jou sal versterk en bemoedig terwyl jy vir jou huwelik bid.

Die krag van ’n biddende vrou oordenkings se 100 dagstukke deur topverkoper-outeur Stormie Omartian bied:

• Sielsverrykende oordenkings wat innerlike krag en vrede sal bring.
• Vars perspektief op die situasies en uitdagings wat jy elke dag in die gesig staar.
• Gebede wat fokus op jou eie behoeftes, gebede spesifiek vir jou man en gebede vir julle huwelik.

Wanneer jy jouself en jou man in gebed voor die Here bring, maak jy jou lewe oop vir al die liefde, genade en voorsiening wat God oor julle kan uitstort. Versterk julle huwelik deur elke dag die Heilige Gees se leiding te soek.

Vrede In Jou Hart Inkleurboek (Afrikaans, Paperback): Vrede In Jou Hart Inkleurboek (Afrikaans, Paperback)
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Is jy altyd aan die hardloop tussen werk en gesin en vriende, sonder oomblikke van stilword en rus? Dit is ’n seën om voluit te lewe, maar om werklik ons beste lewe te hê, het ons oomblikke van rus nodig.

Vrede in jou hart inkleuboek laat jou gedagtes stil word terwyl jy die 40 ontwerpe inkleur, en die verse uit die Woord en aanhalings jou siel voed. ’n Addisionele 10 bladsye met kaartjies, boekmerke en etikette is ingesluit wat ook ingekleur en uitgedeel kan word.

Laat God se vrede oor jou spoel terwyl jy die rustige inkleur-oomblikke geniet.

Ses Inkleur Plakker Bladsye (Afrikaans): Ses Inkleur Plakker Bladsye (Afrikaans)
R39 R36 Discovery Miles 360 Save R3 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Tap into your creative side with the Bible Journaling Sticker Sets

These Bible Journaling Stickers include Scripture stickers that have encouraging words, expressions of faith and lovely accents of nature with the added bonus of allowing you to add your own color scheme.

Color these stickers and add them to your journaling Bible as you engage and learn more about God.

• More than 120 Stickers
• Pack of 6 Sheets
• Matt uncoated sticker paper
• Self-seal Bag Packaging
• Afrikaans Product

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Advanced Home Baking - Recipes for…
Jaclyn Rodriguez Paperback R471 Discovery Miles 4 710
The Argonaut; v. 70 (Jan.-June 1912)
Anonymous Hardcover R982 Discovery Miles 9 820
Mass Spectrometry in Biopharmaceutical…
Igor A. Kaltashov, Shunhai Wang, … Hardcover R2,800 Discovery Miles 28 000
The Ultimate MOOSOO Electric Airfryer…
James Fitzgerald Hardcover R695 Discovery Miles 6 950
Write For Life - Creative Tools For…
Julia Cameron Paperback R498 Discovery Miles 4 980
Vintage 1950 A Great Year - 100 Pages 6…
Rwg Paperback R227 R188 Discovery Miles 1 880
Nonequilibrium Dynamics of Collective…
Edoardo Baldini Hardcover R2,702 Discovery Miles 27 020
Charge Dynamics in 122 Iron-Based…
Aliaksei Charnukha Hardcover R3,193 Discovery Miles 31 930
Membrane Characterization
Nidal Hilal, Ahmad Fauzi Ismail, … Paperback R4,259 R3,962 Discovery Miles 39 620
The Argonaut; v. 38 (Jan.-June 1896)
Anonymous Hardcover R983 Discovery Miles 9 830

 

Partners