![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Ideaal as
geskenk vir egpare.
Ons lees dikwels in die Bybel van mense wat gekies is om God te dien,
maar wat beteken dit werklik om gekies te wees? Om deur Jesus gekies te
wees, het wonderlike en verreikende implikasies – hoewel dit meer sê
oor die Een wat kies as oor die een wat gekies is. Ons is geliefd, want
Hy is liefde. Ons is gered, want Hy is genadig. Ons behoort aan God se
familie, want Jesus nooi ons, waardeur al die beloftes in die Bybel vir
ons net so waar is as wat dit in die Bybelse tyd was.
Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en
-opsteller. Die Bybelblokraaie 2 bevat 65 blokraaie wat
opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 6
woordsoeke en 4 woordspeletjies gebaseer op temas uit die Bybel. Al die
antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan
blokraailiefhebbers.
Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan
aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie
presteer. Maar hy bly ontevrede met homself - hy sug voordurend na
erkenning en aanvaarding. Tot hy besef dat hy ʼn keuse het: Kies die
lewe, óf kies ’n stadige dood. Reggie se verhaal is een van hoop. Sy
storie is een van swaarky, maar ook van uitdagings wat oorkom kan word
en hoe om met Christus aan jou sy sterker anderkant uit te kom.
Leiers kan nie op hulle eie die leierskapspad kan aandurf nie. Hulle
het wysheid, perspektief, insig en liefde nodig. Hierdie boek
illustreer op 'n praktiese manier hoe tydlose beginsels en waardes
steeds toepaslik is in die ongenaakbare sakewêreld en dat indien
hierdie waardes die onderbou van 'n besigheid se kultuur
verteenwoordig, die kans op volhoubare sukses soveel groter is. Hierdie
boek bevat ook gevallestudies wat die voordele van beginselvaste,
waardegebaseerde leierskap uitbeeld.
Susan Coetzer was ’n swaarmoedige Sannie eerder as Susan Super C.
Christus met sy wyse rigtingwysers het haar begeester om haar moue op
te rol en geestelike transformasiewerk in haar lewe te doen. Hierdie
proaktiewe werk het ’n paar mooi dinge gebring soos vryheid, vrede en
wysheid. Susan nooi jou om saam met haar op ’n reis te gaan. Mag
hierdie reis jou aanspoor om nooit moed te verloor nie, maar aan te hou
stap totdat jy ook ’n energieke, veerkragtige en borrelende mens in
Christus is.
Nadat Ockert en Michele Potgieter getroud is, het hulle hul tasse gepak en vertrek Oekraïne toe, nie vir hulle wittebrood nie, maar om daar te werk onder die mense wat onlangs bevry is van agter die ystergordyn. Dit is egter ’n groot ontnugtering vir Michele in die begin – dit is yskoud in die winter en snikwarm in die somer. Die meeste huise het net buitetoilette en daar is min verskeidenheid in basiese kruideniersware. Die mense is baie vriendelik en hulle word meestal met oop arms verwelkom. Maar alles is nie altyd maklik nie, daar is ’n noue ontkoming met die mafia, agtervolging deur die KGB en verraad van binne die gemeente. Dan sterf Ockert tydens die Covid 19-pandemie tydens ’n besoek aan Suid-Afrika. Michele moet besluit of sy teruggaan Oekraïne toe, waar ’n oorlog dreig en of sy in Suid-Afrika by haar mense en haar kinders bly. Dit is ’n aangrypende verhaal oor liefde: liefde vir God, vir die mense van die Oekraïne, maar ook die liefde tussen Michele, Ockert en hul kinders.
“Moet ek eers wag tot ek dood is voordat ek God se wil verstaan?” So
begin Stephan Joubert sy boek God se wil vir jou lewe.
In ’n tyd wat gekenmerk word deur misdaad en geweld, is dit nie altyd
maklik om moedig voort te beur nie. Maar met God aan ons sy is enigiets
moontlik. Dit is die boodskap in Milanie Vosloo se dagboek Moed vir
elke môre.
Is daar kommer in jou hart, of onbeantwoorde vrae? Neem dit na God toe
in gebed!
Jou program is oorvol. Jy het skaars energie vir jou werk. Hoe kan jy
nog elke dag vir Christus leef en sy teenwoordigheid in jou lewe ervaar?
Die dood van ’n geliefde bring intense hartseer mee. Dr. Henk Gous deel
in Wanneer ’n geliefde sterf uit sy jare lange ervaring as berader
asook sy persoonlike ervaring met die verlies van sy dogter. Hy is
daarom ideaal toegerus om jou met wysheid en empatie op hierdie
moeilike pad van rousmart te begelei. Elkeen van die 40 dagstukkies het
plek om jou eie emosies, vrae aan God, ondraaglike pyn, selfs woede, en
enige ander gedagtes neer te skryf. So sal hierdie boekie ’n joernaal
wees van jou uniek persoonlike reis na aanvaarding, vertroosting, vrede
en vreugde.
Angs neem baie vorme aan, dis dalk die vrees wat oor jou skouer loer, die paniek wat alewig aan jou sy blyk te wees of die wolk van bekommernis wat oor jou lewe hang. Vir baie mense is dit ’n reus wat hulle wysmaak dat hulle nooit, ooit weer ’n normale lewe gaan kan lei nie; ’n reus wat jou vasvang in ’n greep van duisternis en wanhoop. Jy kán egter losbreek en sonder angs lewe. Uit sy eerstehandse ervaring van die stryd teen angs, deel Pastoor Louie Giglio beide praktiese en geestelike wenke om vry te kom. Aan die hand van ’n boodskap van bemoediging en hoop verduidelik hy die paradoks dat angs dalk dood is, maar steeds dodelik is – met ander woorde, angs is steeds oorweldigend, maar daar is egter Iemand wat reeds die oorhand oor angs gekry het. Hierdie nuttige hulpbron wys jou hoe om ‘n kruisie te trek deur jou angs met die sterkste wapen tot ons beskikking: Jesus se kruis. Elke dag se oordenking sal jou help om een voet voor die ander te sit en grond te wen in die stryd sowel as om bose vestings af te breek omdat Jesus reeds namens jou die oorwinning behaal het.
In ’n lewe propvol dringende prioriteite en afsprake is daar min tyd
vir stilword en nadink oor hoe groot en almagtig God is. Dan is dit
maklik om te vergeet dat Hy, die Skepper van die heelal, in al jou
behoeftes kan voorsien.
Deur die loop van haar invloedryke loopbaan as skrywer het Stormie
Omartian miljoene vroue geïnspireer om kragtig te bid oor hulle
huwelik, gesin en lewe. Nou wil Stormie die volgende geslag
gebedstryders leer hoe om met God te praat.
Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op
die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande
teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en
inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat
dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die
nuutste Bybelkundige insigte.
Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
Gebeur daar vandag nog wonderwerke? Groot wonderwerke, soos genesing
van terminale siekte en kreupelheid?
Baie woorde of frases in die Bybel is vir hedendaagse lesers moeilik
verstaanbaar.
Baie woorde of frases in die Bybel is vir hedendaagse lesers moeilik
verstaanbaar.
Voel dit of die eise van die lewe jou wil oorweldig? Smag jy na ’n plek
waar jy kan wegkom van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor
die toekoms?
Wanneer ’n mens se lewe vreeslik deurmekaar voel met niks wat reg uitwerk nie, mense wat siek word, vriende wat vreemde dinge doen en wêreldwye chaos, het jongmense ’n anker nodig. As gelowiges is ons grootste lewensanker God en sy Woord. Gewilde skrywer Ewald van Rensburg ken die harte van kinders en jongmense, en hy verstaan hulle vrae en twyfel. Met die opbouende en inspirerende verhale in hierdie 365 Skrifgebaseerde oordenkings wil hy opnuut vir jong tieners hoop bring in ’n wankelende wêreld. Die oordenkings fokus op God se ewige liefde en trou, en sy redding deur Jesus Christus deur vanaf Genesis tot Openbaring chronologies deur die Bybel te werk. Elke kort oordenking word gevolg deur ’n kort gebed. God in elke storie se 365 oordenkings sal elke jongmens se hart opnuut anker in God se trou.
Is jy op soek na vrede? ’n Kalm oomblik te midde van die chaos? Voel
dit of selfs één dag sonder bekommernisse eenvoudig buite jou bereik is?
Kinders vra soms uitdagende vrae, soos: Wie het vir God geskep? Waar is
die hemel? Hoekom laat God toe dat virusse oorneem? Kan God enigiets
doen? Kan Hy dinosourusse weer laat lewe? As God alles weet, hoekom
moet ek bid?
Hoe wonderlik dat God ons vertrou om Sy ligdraers te wees. Nog beter nuus, Hy maak ons gewillig en bekwaam om Sy ligdraers te wees. As ons aan onsself die vraag sou vra: Hoe vervul ons die verwagting van God, om sy werk hier op aarde te doen? Alles gaan nie noodwendig oor ons woorde nie, maar die grootste kommunikasie is wat mense by ons sien, ons optrede elke dag. In die boek probeer ek ’n paar punte uitlig waarop ons kan fokus om die verwagting wat God oor ons het, na te kom. Die groot beloning vir ons staan in Fillipense 2 v. 16 waar die Woord sê dat God trots gaan wees op ons omdat ons Sy ligdraers was. Ons geloof is ’n offer in Sy diens.
Dit is harde werk om ’n ondersteunende huweliksmaat te wees en jou
huwelik sterk en bevredigend te hou. Dit kan soms voel asof jy en jou
huweliksmaat besig is om uitmekaar te dryf omdat julle lewens so vol en
besig is. Kragtige gebede om jou huwelik te verryk Gebedeboek is ideaal
om kwaliteit-tyd in gebed saam met jou huweliksmaat deur te bring. |
![]() ![]() You may like...
Intelligent Data Analysis for COVID-19…
M. Niranjanamurthy, Siddhartha Bhattacharyya, …
Hardcover
R5,144
Discovery Miles 51 440
|