|
|
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
’n Wonderlike dagboek wat ’n stewige grondslag sal lê vir meisies se
geloofsgroei.
Die 365 dagstukkies in ’n Bybeldagboek vir meisies is gebaseer op van
die bekendste Skrifgedeeltes en beloftes in die Bybel. Jong meisies sal
elke dag van die jaar bemoedig, uitgedaag en geïnspireer word. Enkele
temas wat in hierdie dagboek voorkom, is God, Jesus, die hemel, liefde,
wonderwerke, wysheid en vele meer.
Elke oordenking is gerig op die daaglikse leefwêreld van meisies en
bied woorde van troos, vrede en hoop.
Ontsluit die Bybel: ’n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament
is ’n omvattende Bybelreis van Genesis tot Openbaring deur Stephan
Joubert en Leonard Maré. Dié Bybelstudie sal soekendes help om dieper
te delf in die kosbare waarhede van die Skrif en sodoende nuwe insigte
te ontdek op hulle pad na geestelike groei. Ontsluit die Bybel bied 95
studies oor die Nuwe Testament en 71 studies oor die Ou Testament.
Deel 1 van hierdie boek bespreek: “Hoe verstaan en gebruik ons die
Bybel reg?” Daarna volg die fokus op die Bybel self in Deel 2 (Ou
Testament) en Deel 3 (Nuwe Testament). Die Ou en Nuwe Testament word
vir die leser uitgelê deur die ontstaansituasie, opbou, hooffigure
en/of hooftemas van elke Bybelboek te bespreek. Dit word afgerond deur
’n verklarende uitleg van sekere kerngedeeltes.
Ontsluit die Bybel begelei die leser in meer as 160 studies om self
dieper te delf ten einde die onderskeie Bybelboeke se teologie, opbou,
inhoud, doel, verhaalgang en styl te verstaan.
• Bybelstudie ideaal vir groepe of individue.
• 160 studies oor die Ou en Nuwe Testament
• Fokus op die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en/of hooftemas van
elke boek
Ontsluit die Bybel sal lesers uitdaag om die Bybel boek vir boek dieper
te leer ken deur konteks te gee waarmee hulle dan groot vraagstukke kan
deurdink en dieper betekenisse kan ontdek - op hul eie of saam met
ander.
Ek Bid vir Jou deur Jean Fischer is een van die beste kinderboeke oor liefde en die gesin wat uitspel hoe ver 'n ma se liefde strek.
Hierdie plaaslike uitgawe van die pragtige storie volg 'n mammabeer se pad van voor haar kindjie se geboorte tot sy eerste dag op skool en hoe sy oor en vir haar kind bid.
Ek Bid vir Jou is vol pragtige, volkleur kunswerk deur Frank Endersby, met 'n gebed op elke dubbelblad.
Hierdie boek is ideaal vir voorlees deur ouers vir hul kinders voor slaaptyd, as 'n beginpunt vir 'boekevat' of stiltetyd.
Laat sy liefde jou lei deur topverkoper-outeur Milanie Vosloo is
geskryf vir vroue wat weet dat die lewe, hulle self en ander nie perfek
is nie, maar wat steeds in die liefde glo. Die dagstukke verseker
vroue: Wat jou drome en ideale ook al is, waar jy jou ook al op die
lewenspad bevind, laat God se liefde jou lei in alles wat jy doen, en
jy sal sy vrede en vreugde ervaar.
Dié dagboek bevat 365 besielende dagstukke vir vroue wat fokus op die
positiewe wat ’n mens kry uit ’n liefde-lewe. Dit sluit temas in soos:
die liefde leef met hoop, die liefde ken dankbaarheid en die liefde glo
die beste.
In Laat sy liefde jou lei nooi Milanie Vosloo lesers om saam met haar
op die pad van die liefde te stap, die waarhede van die
Skrif-oordenkings te lees en te oordink, dit op hul eie lewe toe te pas
en die vreugde wat hulle gaan put uit hul nuutgevonde liefde vir God,
hulself en die mense om hulle te geniet. Maak nie saak wat die vraag is
nie, liefde is die antwoord.
• Handige sakpas-formaat
Het jy ook seer en wonder jy heimlik: “Hoe gaan ek hierdeur kom? Hoekom
word my gebede nie beantwoord nie? Waar is God? Wanneer gaan my gebede
beantwoord word?”
Gebore uit die pyn van sy vrou se lewensbedreigende diagnose ondersoek
Pete Greig die donker kant van gebed om aan die ander kant uit te kom
met ’n boodskap van hoop, vertroosting en diepgaande Bybelse insig vir
almal wat in stilte ly. Wanneer God stil is: Verstaan die Stilte van
Onbeantwoorde Gebed is ’n eerlike en diepgaande boek wat kyk na die
moeilike deel van gebed, wat jy moet doen wanneer daar oënskynlik geen
antwoorde is nie en hoe om te reageer wanneer ander mense probeer om
jou ervaring te interpreteer.
Vir dié wat steeds sukkel om God se stem te hoor, is daar aan die einde
van die boek ’n 40-dae-gebedsreis wat jou sal help om jou vrae in
gebede om te sit.
• Delf dieper in die belangrikste kwessies waarvoor mense wat ly te
staan kom:
o Hoe gaan ek hierdeur kom?
o Hoekom word my gebede nie beantwoord nie?
o Waar is God wanneer die hemel stil is?
o Wanneer elke gebed beantwoord is
• Bevat ’n 40-dae-gebesdsreis wat elke dag ’n Bybelgedeelte bestudeer
en tesame met ’n aanhaling uit die boek jou vrae in gebede omsit.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel God on Mute
Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God!
My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe
Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur.
Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies
waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.
Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy
stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin
terwyl jy die woordkuns-verse inkleur.
• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Lesersvriendelike 8.5 punt lettergrootte
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en
ander persoonlike inskrywings
• Ongeveer 400 woordkuns-teksverse
• Indeks van woordkuns-teksverse
• Omslag van egte leer
• Silvergerand
• Merklint
• Verpakking: "Slipcase"
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale
geskenk vir mans.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag met rits
• 1400 bladsye, goudgerand
• Merklint
• Duimgrepe
Ontdek die vreugde van stilword by God! Die NLV Joernaal-bybel bevat
die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling en het breë kantlyne
waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.
Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy
stil word met die Woord van God en nadink oor die ewige waarhede daarin.
• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Lesersvriendelike 8.5-punt lettergrootte
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en
ander persoonlike inskrywings.
• Omslag van egte leer
• Silvergerand
• Merklint
• Verpakking: "Slipcase"
Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) kombineer Skrifgetrouheid en
lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse
Afrikaans vir vandag se leser weer te gee.
Hierdie grootdruk-uitgawe met kunsleer-omslag beskik oor die volgende
kenmerke:
• Voetnote om begrip en kennis uit te brei
• 12 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe
• Verpakking: “Sleeve”
Boet Cronje is hardkoppig, arrogant en ontken dat sy bruin
regterhand op die plaas eintlik sy halfbroer is. Maar met God as
vennoot, 'n familieplaas en 'n erfgenaam lyk die toekoms vir Boet
aanvanklik belowend. 'n Langdurige droogte en die dood van sy seun
laat hom egter in opstand teen God kom. Die koggelaar vertel die
verhaal van 'n man wat oortuig is dat God hom tart; ironies genoeg
word hy die een wat koggel.
Wat gebeur nadat jy besef en aanvaar Jesus het jou inderdaad gekies?
Wanneer ons aan Hom behoort, kry ons nie net ’n nuwe identiteit nie;
ons word in ’n nuwe realiteit ingelei – een wat eg, kragtig en
lewensveranderend is.
Geseënd is julle is ’n interaktiewe Bybelstudie in 8 sessies vir
individue of kleingroepe gebaseer op die tweede reeks van die aanlyn
TV-reeks The Chosen. Hierdie studie stel beide die Ou en Nuwe Testament
op ’n vars en verstaanbare manier bekend. Elke studie is gebaseer op ’n
episode van die reeks en bevat:
• ’n dieper studie van God se karakter, krag en beloftes met Jesus se
Bergpreek as raamwerk.
• Skrifgedeeltes en aanhalings uit elke episode.
• Bybelteks as agtergrond vir die studie.
• Breedvoerige inligting oor karakters.
• Addisionele brokkies insiggewende Bybel-inligting.
• Leidende vrae vir nadenke en bespreking vir individue of groepe.
“Moet ek eers wag tot ek dood is voordat ek God se wil verstaan?” So
begin Stephan Joubert sy boek God se wil vir jou lewe.
Op sy unieke manier doen Stephan Joubert ’n diepgaande ondersoek na
hierdie vraag om vas te stel hoe ons nou al God se wil kan ken. Die
boek is verdeel in twee dele:
• Deel 1 is 9 hoofstukke waarin Stephan onder andere kyk na die
misterie van God se wil, Jesus as die gesig van God se wil, reëls oor
God se wil en vensters op God se wil.
• Deel 2 is 31 Bybelstudies, vir individue of groepe, wat die
verskillende fasette van God se wil bekyk, waaronder: Verander God se
wil my in ’n robot?, Mag ek vrae vra oor God se wil? en vele meer.
God se wil vir jou lewe wys dat God se wil vir ons duidelik in die
Bybel gegee word en dat ons dus nie tot ons dood hoef te wag om dit te
verstaan nie. Dit is moontlik om elke dag in blydskap en volkome binne
God se wil te leef.
Afr (1933 / 1953) Medium Denim Naslaan Rits (Kunsleer)
• Medium
• Volledige Naslaanbybel
• Kunsleer
• Denimomslag
• Ritssluiter
• Kruisverwysing en Kaarte
• 9.4-punt lettergrootte
• Grootte: 160 x 235mm
In ’n tyd wat gekenmerk word deur misdaad en geweld, is dit nie altyd
maklik om moedig voort te beur nie. Maar met God aan ons sy is enigiets
moontlik. Dit is die boodskap in Milanie Vosloo se dagboek Moed vir
elke môre.
Die 366 verkwikkende oordenkings sal vroue inspireer om elke dag met
nuwe moed aan te pak. Met temas soos moed om weer te begin, moed om
vróú te wees, moed om te glo, moed om te huil, moed om vas te byt, moed
om te kniel en nog vele meer, lei Milanie Vosloo vroue om hulle ware
vrouwees daagliks moedig uit te leef.
Moed vir elke môre met sy eenkleur-bladontwerp is bedoel vir elke vrou
wat vasgevang en oorweldig voel. Dit sal haar inspireer om die lewe
weer reguit in die oë te kyk.
Is daar kommer in jou hart, of onbeantwoorde vrae? Neem dit na God toe
in gebed!
Angus Buchan is jou gebedsvennoot met die 365 kort, kragtige en
Skrifgebaseerde gebede. Elke gebed word afgerond met ’n sleutelvers en
aanhaling, asook ’n praktiese wenk om geloofsgroei in jou lewe aan te
moedig. Wat jy ook al nodig het – of dit geduld, vrede, vreugde of
genade is – Sakpas-gebede vir elke dag sal jou lei om jou hart oop te
maak teenoor jou Skepper en só jou verhouding met Hom te verinnig.
Vind nuwe krag en inspirasie wanneer jy met jou Skepper praat en sy
troos, liefde en genade ervaar.
Jou program is oorvol. Jy het skaars energie vir jou werk. Hoe kan jy
nog elke dag vir Christus leef en sy teenwoordigheid in jou lewe ervaar?
Om in hierdie chaotiese tyd vas te hou aan jou geloof, verg die regte
ingesteldheid en fokus. Die wêreld gaan jou beslis nie hiermee help nie
– inteendeel.
In Gereed vir vandag wys Stephan Joubert jou in 365 dagstukke hoe ’n
paar eenvoudige besluite jou denke kan teruglei na die eenvoudige
Bybelse opdragte van vertroue, dankbaarheid, liefhê en respek. Deur
hierdie en ander beginsels in jou dag-tot-dag-lewe toe te pas, word jou
las ligter, die waarheid duideliker en ’n lewe van diens haalbaar.
Jy sal vryer kan asemhaal en elke dag aandurf met die krag en moed wat
slegs van God af kom.
Die dood van ’n geliefde bring intense hartseer mee. Dr. Henk Gous deel
in Wanneer ’n geliefde sterf uit sy jare lange ervaring as berader
asook sy persoonlike ervaring met die verlies van sy dogter. Hy is
daarom ideaal toegerus om jou met wysheid en empatie op hierdie
moeilike pad van rousmart te begelei. Elkeen van die 40 dagstukkies het
plek om jou eie emosies, vrae aan God, ondraaglike pyn, selfs woede, en
enige ander gedagtes neer te skryf. So sal hierdie boekie ’n joernaal
wees van jou uniek persoonlike reis na aanvaarding, vertroosting, vrede
en vreugde.
Ervaar God se troos en liefde sodat jy uiteindelik weer met vreugde kan
leef totdat jy jou geliefdes eendag weer sien.
Angs neem baie vorme aan, dis dalk die vrees wat oor jou skouer loer, die paniek wat alewig aan jou sy blyk te wees of die wolk van bekommernis wat oor jou lewe hang. Vir baie mense is dit ’n reus wat hulle wysmaak dat hulle nooit, ooit weer ’n normale lewe gaan kan lei nie; ’n reus wat jou vasvang in ’n greep van duisternis en wanhoop.
Jy kán egter losbreek en sonder angs lewe.
Uit sy eerstehandse ervaring van die stryd teen angs, deel Pastoor Louie Giglio beide praktiese en geestelike wenke om vry te kom. Aan die hand van ’n boodskap van bemoediging en hoop verduidelik hy die paradoks dat angs dalk dood is, maar steeds dodelik is – met ander woorde, angs is steeds oorweldigend, maar daar is egter Iemand wat reeds die oorhand oor angs gekry het.
Hierdie nuttige hulpbron wys jou hoe om ‘n kruisie te trek deur jou angs met die sterkste wapen tot ons beskikking: Jesus se kruis. Elke dag se oordenking sal jou help om een voet voor die ander te sit en grond te wen in die stryd sowel as om bose vestings af te breek omdat Jesus reeds namens jou die oorwinning behaal het.
Deur die loop van haar invloedryke loopbaan as skrywer het Stormie
Omartian miljoene vroue geïnspireer om kragtig te bid oor hulle
huwelik, gesin en lewe. Nou wil Stormie die volgende geslag
gebedstryders leer hoe om met God te praat.
In Die krag van ’n biddende meisie ontdek ampertiener-meisies tussen 8
en 12 méér as net hoe om met God te kommunikeer. Hulle sal ontdek hoe
lief God hulle het, wat hulle ware geestelike identiteit is, wie Jesus
is en hoe hulle Hom as hulle Verlosser kan aanvaar.
Elke hoofstuk het eenvoudige vrae om meisies in hulle geloof te help
groei, met plek om hulle antwoorde neer te skryf.
Vat hande met Stormie en help ampertiener-meisies om die
lewensveranderende krag van gebed te ontsluit.
Marc, 'n sensitiewe jong Suid-Afrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem
om sy Joodse ouma te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy
vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in
'n geloofstryd. Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy
Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy die chaos
in sy hart probeer orden: Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus
in Israel te leef? Die is die eerste roman in die gewilde Israel-reeks.
Gebeur daar vandag nog wonderwerke? Groot wonderwerke, soos genesing
van terminale siekte en kreupelheid?
Isak Burger vertel in God se wonderbaarlike genesingskrag 11
verstommende ware verhale van gewone mense vir wie daar opreg gebid is
en wat bonatuurlik genees is. Saam met die ware verhale van mense wat
persoonlik wonderbaarlike wonderwerke beleef het, praat Isak oor die
aard van wonderwerke, wonderwerke in die Bybel en die mite dat God en
die wetenskap altyd teenoor mekaar gestel moet word.
Dié ware verhale van bonatuurlike genesings sal elkeen wat dit lees,
verseker dat jý as gelowige Hom ook kan vra om die onmoontlike te doen.
Soms sê Hy ja ...
God se wonderbaarlike genesingskrag getuig van die genade, liefde en
genesingskrag van God – Hy wat gister, vandag en tot in ewigheid
dieselfde is.
Wanneer ’n mens se lewe vreeslik deurmekaar voel met niks wat reg uitwerk nie, mense wat siek word, vriende wat vreemde dinge doen en wêreldwye chaos, het jongmense ’n anker nodig.
As gelowiges is ons grootste lewensanker God en sy Woord. Gewilde skrywer Ewald van Rensburg ken die harte van kinders en jongmense, en hy verstaan hulle vrae en twyfel. Met die opbouende en inspirerende verhale in hierdie 365 Skrifgebaseerde oordenkings wil hy opnuut vir jong tieners hoop bring in ’n wankelende wêreld. Die oordenkings fokus op God se ewige liefde en trou, en sy redding deur Jesus Christus deur vanaf Genesis tot Openbaring chronologies deur die Bybel te werk. Elke kort oordenking word gevolg deur ’n kort gebed.
God in elke storie se 365 oordenkings sal elke jongmens se hart opnuut anker in God se trou.
Baie woorde of frases in die Bybel is vir hedendaagse lesers moeilik
verstaanbaar.
Die Toeligtingsbybel ontsluit die Woord op ’n lesersvriendelike,
toeganklike manier. Dit bevat die volledige teks van die vertroude Nuwe
Lewende Vertaling, en verhelder woordkeuses en defi nisies, teologiese
begrippe, historiese konteks en geografiese inligting deur
verduidelikings in hakies. Hierdie toeligtende verduidelikings lei tot
’n dieper waardering vir die rykdom wat in die Skrif opgesluit lê.
God se Woord is ewig en vandag nog relevant. Die Toeligtingsbybel sal
die Skrif op ’n verfrissende wyse verlig en lei tot geloofversterking
en geestelike groei.
• Volledige teks van die NLV Bybel.
• Sinonieme, definisies of ekwivalente vir woordkeuses ter wille van
betekenisverruiming.
• Verduidelikings van teologiese begrippe.
• Historiese konteks en geografiese inligting om vir die leser ’n
vollediger prentjie van die Bybelse leefwêreld te skep.
• Elke Bybelboek het ’n kort inleiding oor die boodskap wat elke boek
oordra.
• Kruisverwysings na ander plekke in die Skrif waar ’n bepaalde
onderwerp aangeroer word.
• 8.8 punt lettergrootte
|
|