![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
Is jy al ooit deur ’n Christen in die steek gelaat? Het ‘n Christenleier jou al diep seergemaak? Is jy ontnugter deur die kerk? Ongelukkig is die antwoord op hierdie vrae alte dikwels ja. Kan die wonde wat toegedien is, genees word? Kan die kerk verander? Die antwoord hierop is gelukkig ook ’n onomwonde ja. Dave Burchet wys hoe ’n nuwe benadering ons getuienis aan die wêreld kan verander. En hierdie uitdaging word aan die adres van elkeen wat al ooit deur ’n Christen seergemaak is én die gelowiges wat die wonde toegedien het, gerig.
Die Nina Smit-omnibus bevat twee van haar gewildste boeke, naamlik Voluit vrou en Here, leer my bid.
Hoe lief kan ’n mens he? So lief om te laat gaan, soos Hanna met Samuel gemaak het? So lief om selfs ten koste van ander foute oor te sien, soos Eli met sy seuns gemaak het? In Met liefde wat saamgaan werk Annalise Wiid twee van haar groot liefdes aanmekaar. Oorkoepelend is daar die Bybelse verhale van Hanna, Eli en Samuel en hoe God daarmee verweef is. Onderliggend hieraan is hartroerende, soms komiese stories oor alledaagse dinge en gewone mense waarin ons tog iets van God te siene kry.
Hanna is kinderloos. Haar man moet seuns he om sy priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en na nege jaar trou Elkana weer. Peninna skenk die lewe aan die een kind na die ander. Maar Hanna sukkel met Peninna se teenwoordigheid. Hierdie aangrypende verhaal spreek tot elke vrou. Sal Hanna kan vrede maak, met haarself en met Peninna? Sal sy guns kan vind in die oe van God sodat Hy haar lamp weer aansteek en die donker verdryf?
Hierdie boek is die werklike woorde van Jesus. Jesus het in die Bybel baie met sy dissipels gepraat, maar daardie woorde is net so van toepassing vandag as wat dit was in daardie tyd. Die woorde van Jesus is gegroepeer in temas. Daardeur kan die leser meer leer oor die lesse wat die Here sy volk leer. Die eerste van sy soort in Afrikaans!
Drie van Ena se gunstelingverhale in haar laaste omnibus: In Sonneblomstraat 7 bied 'n sopkombuis se bedrywighede vir Wanya 'n veilige hawe, maar alles verander wanneer haar man uit die tronk vrygelaat word. In Die uurglas loop leeg word Karien se man ernstig beseer en vind sy dat sy hunker na nie net een nie, maar twéé dokters. En in Die dae van ons nietigheid is Lizl en Willem, twee mediese topstudente, voortdurend in wedywering met mekaar. En die liefde hou nie van kompetisie nie . . .
Fokus elke dag op die wonderlike seëninge in jou lewe!
In elke seisoen van jou lewe is daar een ding wat konstant bly: God se
liefde en teenwoordigheid. As jy toelaat dat God jou treë rig, sal jy
altyd sy vrede ervaar – selfs wanneer jy deur ’n winterseisoen gaan.
Die geheim tot ’n gelukkige lewe is om met dankbaarheid te leef. Ontdek
opnuut God se genade en kweek dankbaarheid in jou lewe namate jy leer
om op God se oorvloedige seën in jou lewe te fokus.
Daaglikse Hoop, 365 Dagstukke
Slegs ’n paar minute ’n dag kan jou lewe verander en jou dae met
vreugde vul.
Die Bybel bevat soveel leiding en Goddelike raad, maar dit kan
oorweldigend wees om dit van begin tot einde deur te lees. Waar begin
’n mens, en waar vind jy tyd in jou besige skedule? Maar dis geen rede
om God se leiding mis te loop nie.
As gelowiges in Christus sien ons uit na die ewigheid en om eendag by
ons geliefde Saligmaker te wees. Maar hoe moet ons intussen leef en hoe
moet ons die kwessies op ons pad hanteer? Vaste geloof se 366 dagstukke
sal jou help om ’n man of vrou na God se hart te wees met ’n geloof wat
gebou is op ’n vaste fondament. Met onwankelbare vertroue op God sal jy
toegerus wees om enige uitdaging, probleem of onsekerheid te hanteer.
Veerkragtigheid is daardie “iets” wat mens laat opstaan as die lewe jou platslaan. Dit is nie iets wat net sommige mense het nie, almal word daarmee gebore. Ilse Salzwedel, bekende radiopersoonlikheid en joernalis, bespreek die eienskappe van veerkragtige mense en gee raad om dit te ontwikkel. Sy kyk ook watter dinge jy moet vermy wat jou veerkragtigheid kan tap. Ilse gebruik voorbeelde uit haar eie en ander bekendes se lewens om te wys dat veerkragtigheid vir ons elkeen beskore is. |
![]() ![]() You may like...
Trust in Human-Robot Interaction
Chang S. Nam, Joseph B. Lyons
Paperback
R3,243
Discovery Miles 32 430
The Gambling Animal - Humanity's…
Glenn Harrison, Don Ross
Paperback
People's Companion to the Breviary…
Carmelites of Indianapolis
Hardcover
The Eternal Shadow - The Selene Trilogy…
Shameez Patel Papathanasiou
Paperback
![]() R327 Discovery Miles 3 270
SAP Project Management Pitfalls - How to…
Jayaraman Kalaimani
Paperback
|