|
|
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
Ongeag hoe vernuftig jy speel, die spel van die lewe sal tot 'n
einde kom. En dan … gaan alles wat jy hier gewen het, terug in die
boks. Wat kan 'n mens wen wat vir altyd sal hou? Begin met die
regte doelwit – om ryk by God te wees – en leef dan met ’n
ewigheidsperspektief, jou oog op die "onverganklike kroon".
Ligdans is 'n titel oor depressie. Die skryfster, 'n vrolike
tydksrifjoernalis, vertel hoe sy in 'n verskrikkende, donker
maalkolk van depressie beland het. Met genade van Bo, 'n diep
geloof, mediese hulp en haar geliefdes se bystand kon sy mettertyd
egter weer met passie begin leef. Sy verweef haar eie rou maar ook
hoogs inspirerende verhaal met die vertellings van 16 ander
Suid-Afrikaanse depressie-vegters wie se ouderdomme, beroepe en
geloofs- en lewensfilosofiee verskil, maar almal openlik erken
(sommige vir die eerste keer) dat hulle teen depressie veg.
Uiteindelik word hulle klopdans van wanhoop egter 'n hoopvolle dans
in die lig – maar sonder dat hier oppervlakkige en onoortuigende
oplossings opgedis word.
Jy as leier het dalk 'n visie, maar is dit by jou mense ingeskerp?
As visie gaan om dit wat kan en moet wees, hoekom is julle nog
vasgevang in dit wat is? Die skrywer glo dat dit leiers se
verantwoordelikheid is om die visie by hulle mense in te skerp. Hy
vertel watter drie oorsake 'n visie laat vervaag..asook op watter
drie maniere jy dit kan skerp hou.
God se genade is die teenoorgestelde van die gedrag wat my gewond
het. Genade is om nie weer deur God seergemaak te word nie. Genade
is om erns met my seer ernstig te maak en te begin om dit te heel.
Genade is om ruimte te maak waar ek dit weer kan waag om verlore
dele van my menswees te ontdek. Genade is om ruimte vir my hele
menswees te skep. Genade is om nie weer, soos baie in die verlede
gedoen het, vir my te se ek moet anders, beter, heiliger,
volmaakter, slimmer, foutloser wees nie. Ek hoef nie die hele tyd
in beheer te wees nie, want ek hoef nie die hele tyd volmaak te
wees nie. Ek kan maar beheer laat gaan.
Die enkele indrukwekkendste leier in die hele geskiedenis is Jesus.
Tog het Hy party kernbeginsels van leierskap verbreek! Die
beginsels is gewoonlik in harmonie met dit wat die Bybel ons oor
dissipelskap leer. Maar wat gemaak as die influistering van die
Gees nie te rym is met die sakewereld en die kenners se beproefde
wyshede oor leier-wees nie?
God se genade is die teenoorgestelde van die gedrag wat my gewond
het. Genade is om nie weer deur God seergemaak te word nie. Genade
is om erns met my seer ernstig te maak en te begin om dit te heel.
Genade is om ruimte te maak waar ek dit weer kan waag om verlore
dele van my menswees te ontdek. Genade is om ruimte vir my hele
menswees te skep. Genade is om nie weer, soos baie in die verlede
gedoen het, vir my te se ek moet anders, beter, heiliger,
volmaakter, slimmer, foutloser wees nie. Ek hoef nie die hele tyd
in beheer te wees nie, want ek hoef nie die hele tyd volmaak te
wees nie. Ek kan maar beheer laat gaan.
Lesers van oraloor het besonder positief gereageer op Die
vriendelike God, die Bybelse dagboek wat 'n jongdominee aan sy
ouers gestuur het. Daarom is 'n verdere jaar se Bybelstudies van
die groepie in "Jongdominee" se studeerkamer ook in 'n titel, Die
vrolike God, saamgevat. Die vrolike God volg dieselfde patroon as
sy voorganger en stel dieselfde God aan lesers voor - die Here wat
sy kinders in sy arms optel, wat vriendelik na hulle toe afkyk
terwyl Hy hulle dra. Ons, sy kinders, kyk op na Hom en sien hoe Hy
na ons toe lag. Liefdevol, troostend, want Hy het alles in sy
hande. Ook vir ons – bekommerde bondeltjies vol vrae en vrese. Die
vrolike God is 'n titel wat lesers dag vir dag herinner aan die God
wie se kinders nie vir Hom te swaar is om te dra nie.
Die skrywer skryf wat hy oor meer as 30 jaar van die Meester self
geleer het. Wat hy geskryf het, het hy geleef al was dit nie altyd
maklik nie. Ons leef in 'n tyd waarin die evangelie van Jesus
goedkoop geword het. Tog kies hierdie skrywer kragdadig om te
verkondig dat Jesus die weg, die waarheid en die Lewe is. In kies
die kruis verwoord die skrywer die essensie van Christenwees vir
elke Christen wat soek na 'n dieper verhouding met God, verlig hy
die boodskap van die kruis en hoe ons dit in die praktyk moet leef,
voordat ons dit vir die wereld vertel, en moedig hy lesers aan om
die radikale besluit te neem om Jesus te volg. Wanneer jy daagliks
kies om Jesus te volg, verander jou hele lewe. Wanneer jy die kruis
van Jesus, die essensie van Christen- wees en selfverloening
verstaan, sal jy in krag, outoriteit en geestelike insig groei.
Die skrywer weet, soms maak God nie vir ons sin nie en is Hy anders
as wat ons gedink het. As Christene volg ons die Here Jesus en
niemand anders nie. Dikwels loop Hy egter op paaie wat ons nie
verstaan nie, 'n ander onbekende pad. Dit is dan dat ons baie vrae
het en na antwoorde soek. In volg die gekruisigde gee die skrywer
sy kantaantekeninge oor sy pad saam met God, vertel hy van die
paaie wat die Here met ander volgelinge van Hom geloop het, en gee
hy die antwoorde wat hom en ander gehelp het om nie om te draai
nie, maar om aan te hou om die Gekruisigde te volg. Wanneer jy
Jesus ontmoet het, het jy aan die einde van 'n reis gekom en begin
'n tweede, opwindende pad saam met Hom.
Die meeste mense weet dat hulle gesonder behoort te leef, maar min
mense kry dit reg om die gesindheid, dissipline en volharding te
kweek wat nodig is vir ’n gesonde leefstyl. In Lyk goed, voel
fantasties! bied die skrywer twaalf sleutels wat mense sal help om
blywende veranderings te maak aan die manier waarop hulle oor hul
liggame dink, voel en optree. Eerder as om te soek na
kitsoplossings, fokus Lyk goed, voel fantasties! op beginsels soos
die volgende: Vertrou sake wat jou kwel aan God toe; herprogrammeer
jouself om van jou liggaam te hou; erken die verband tussen
geestelike, psigiese en fisiese welstand; aanvaar
verantwoordelikheid vir jou gesondheid, en speel klaar met ’n
ongesonde leefstyl. Die Bybel bied al die riglyne wat nodig is om
ons verstandelike, liggaamlike, emosionele en geestelike welsyn te
verseker. Lyk goed, voel fantasties! bied praktiese maniere waarop
elkeen hierdie riglyne kan toepas en optimale gesondheid kan
geniet.
Vir almal wat treur oor 'n geliefde se dood is daar oortuigende
troos in hierdie insiggewende en Bybels begronde boek - Ons troos
is: "dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het,
na Hom toe sal neem" (1 Tess 4:13-14 ). Na hulle dood is ons
geliefdes by God; en ons sal hulle weer sien. Die titel bied
enersyds 'n oorsig oor wat Christene oor die lewe ná die dood kan
glo, en dit ontmasker allerlei dwaalleringe oor hierdie kwessie.
|
|