|
|
Books > Afrikaans > Christelike Publikasies
As ons regtig nederig wil wees, nie net voor God nie, maar ook
teenoor alle mense – en as ons in die soort nederigheid vreugde wil
vind – dan moet ons insien dat dit nie bloot die teken van berou
oor ons sonde is nie, maar dat dit beteken om vol te wees van die
heerlikheid en vreugde van die hemel en van Jesus. Jesus het sy
heerlikheid daarin gevind om die houding van 'n slaaf aan te neem
(Matteus 20:27). Hy verduidelik eenvoudig die waarheid dat niks so
Goddeliks en hemels is as om almal se slaaf te wees nie. Wanneer
ons insien dat nederigheid oneindig dieper as skuldgevoel le en
daaraan dink as ons deelname aan die lewe van Jesus, sal ons begin
leer daar le werklike grootheid in. Om almal se dienskneg te wees,
is die hoogste vervulling van ons roeping as mens wat na God se
beeld geskep is.
As 'n grootouer wil jy 'n spesiale band met jou kleinkinders he.
Maar dit is nie altyd maklik nie. Die jong gesinne beweeg deesdae
dikwels in 'n koorsagtige tempo rond. Selfs as julle in dieselfde
dorp woon, kan dit dus moeilik wees om te kliek. As jy duisende
kilometer ver bly, het jy bykomende uitdagings. Die skrywer het
kreatiewe maniere aangeleer om die kilometers te oorbrug. Haar
idees, met die van ander grootouers, is prakties getoets en verfyn
– supermaklike en meer betrokke maniere om sterk verhoudings met
jou kleinkinders op te bou. Maak dus gereed om jou kleinkinders te
geniet, nuwe dinge te leer en om met jou kleinkinders te kliek – of
hulle naby of ver is.
Baie Christene ervaar 'n gevoel van mislukking omdat hulle nie
heeltemal is wat hulle behoort te wees nie. In Jy kan word wat jy
is help Arnold Mol jou om vry te kom van sulke gedagtes en 'n lewe
van ontspanne heiligheid na te volg. Nie alleen beklemtoon die
titel die verstommende posisie van die gelowige se plek in Christus
nie, maar wys ook daarop dat geestelike groei God se
verantwoordelikheid is – nie ons s'n nie. Die talle 'Hoe om te ...
' - hoofstukke fokus op die aanwending van die oorvloedige
hulpbronne wat tot elke gelowige se beskikking is. Die titel eindig
met 'n kort beskrywing van die opwindende vooruitsigte waarna elke
gelowige kan uitsien. Die inhoud is sterk gegrond op
Skrifverwysings, maar bevat ook praktiese illustrasies en
toepassings op alledaagse situasies waarmee gelowiges hulself kan
vereenselwig. As jy wil weet wat dit beteken om 'n Christen te wees
en hoe om ’n oorwinnende lewe te lei, is Jy kan word wat jy is die
boek om te lees.
Die titel in 'n hele paar jaar oor die rouproses spesiaal vir die
vrou geskryf. Die skryfster praat met deernis en begrip uit eie
ervaring, maar het ook wyd oor die onderwerp gelees. Sy gee aan die
einde 'n bibliografie van die boeke waaruit sy aangehaal het. Hier
word nie net gepraat oor die pyn en verlies as gevolg van die dood
van 'n dierbare nie, maar ook oor aborsie, miskraam, verkragting en
siektes wat verlies meebring. Egskeiding en verhuising word ook
bespreek. Die skryfster wys ook daarop dat verlies en hartseer
pluspunte het , soos geestelike groei, deernis met ander en die
wete dat jy jou seeninge moet tel. Aan die einde van elke hoofstuk
is daar aanhalings van bekendes wat troos bring. Die somberheid van
die onderwerp word getemper deur die onwrikbare vertroue in God en
die hoop op ’n toekoms sonder pyn en hartseer.
'n Deeglike studie uit die wye versameling literatuur oor die
verbruikerskultuur as die sogenaamde "ideologie van ons tyd" wat
alle terreine van die samelewing ingedring het. Sonder dat ons
altyd daarvan bewus is, beheer dit ons manier van leef – ook ons
geloofslewe en kerkwees, soos ons dit opmerk in die "megakerke" en
bid-groot-godsdienste. Vanuit 'n "groen" perspektief vind ons die
ontmaskering van hierdie vals evangelie en sulke afgodery, maar ook
die uitnodiging tot 'n nuwe ingesteldheid en waardes (deugde) wat
die omgewing op die hart dra. Hierdie herstelde waardes wys die pad
na geestelike verdieping vir die "gewone" gelowige wat kan meehelp
om 'n gebalanseerde "groen" lewenskuns oor hierdie
samelewing-siekte in te sien en in die samelewing in te dra.
In byna elke koerant is daar ’n berig van nog iemand in ’n
leiersposisie wat om al die verkeerde redes die koerant haal. Die
verskonings wat hulle vir hulle optrede aanbied as hulle uitgevang
word, is om van te huil. En Christene is nie hiervan gevrywaar nie.
Koerantopkrifte basuin dit graag uit as gelowiges voete van klei
het. Met al die korrupsie rondom ons, is integriteit van groot
belang. Ons verwag dit van leiers – veral van leiers wat se dat
hulle Christene is. In 2 Korintiers skryf Paulus oor die druk wat
op Christene is om met integriteit te lewe en op te tree. Hy skryf
oor die vreugde wat gelowiges kan he omdat hulle weet dat hulle
onder die wakende oog van God die voortou neem. As jy vir ander 'n
voorbeeld wil wees, moet jy elke oomblik met integriteit optree.
Hanteer die brandende vraag in die een of ander stadium in ons
geloofslewe: Hoe kom ek weer aan die bid en hoe leer ek om reg te
bid? Fokus op die regte vertrekpunt vir ons gebede: die lewende
verhouding met ’n persoonlike God wat met ons gesprek voer en ons
sy geskenk vir ons geestelike lewe, gebed, wil laat geniet. Gesonde
riglyne uit die Bybel oor hoe om opnuut te leer bid, en sinvol te
bid – gebede wat God hoor en verhoor.
God kan nie in een enkele beeld vasgevang word nie. En ons
gedagteprent van God bepaal hoe ons dink God se karakter of aard
is. Die skrywer werk met 'n wye verskeidenheid Godsbeelde in die
Bybel om gelowiges te help nadink oor die God wat ons daaruit leer
ken … en watter impak dit op ons lewe het.
Bill Hybels, stigter en pastor van die wereldbekende Willow
Creek-gemeenskapskerk in die VSA, stel 'n unieke uitdaging aan
almal wat na lewensin soek: Stel vas wat presies die een verkeerde
ding is wat jy nie langer kan verdra nie, en gebruik dan die passie
van daardie "heilige ontevredenheid" as brandstof om jou aan te
vuur om daardie saak te help regstel. Hierdie titel vol praktiese
raad inspireer Christene om met God saam te werk om sy koninkryk
daad-werklik te laat kom, en so persoonlike sin in die lewe te
vind.
Mense wat 'n verskil maak, is kreatief en gemotiveerd – en moeilik
en veeleisend. Hulle het 'n visie wat nie so maklik werklikheid
word nie. Die skrywer deel met ons die vyf en twintig lesse wat hy
met moeite en frustrasie geleer het. Toe die skrywer gevra is om
die leraar van die sterwende middestad-gemeente te word, het hy
geweet wat hy wou he. Maar dit was nie so maklik om dit te laat
gebeur nie. Hy moes leer dat elke "ja" minstens "nee" impliseer, om
te aanvaar dat hy nie almal se vriend kan wees nie, dat daar meer
mislukkings as suksesse is, dat jy stadiger vorder as ander mense
saam met jou reis, dat niks so eenvoudig is dat dit nie verkeerd
verstaan kan word nie. Met erns en humor, toegelig met voorbeelde
uit sy eie bediening, verduidelik die skrywer hoe jy ’n verskil kan
maak – sonder dat dit jou geestelike en emosioneel uitput.
Die klein boekie oor lewensvreugde – die lied oor die skoonheid van
die lewe, musiek en liefde – is 'n meesleurende melodie van
variasies op die tema: Se ja vir die lewe! Laat die lewe jou
betower. Maak tyd vir jou siel, luister na jou liggaam – en geniet
dit met jou hele hart en al jou sintuie. Moenie jou lewe omwens
nie, maar benut eerder elke oomblik wat die lewe jou bied.
|
|