0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (24)
  • R50 - R100 (96)
  • R100 - R250 (322)
  • R250 - R500 (86)
  • R500+ (34)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Christelike Publikasies

Sleutels Tot Uitnemendheid (Afrikaans, Leather / fine binding): Sleutels Tot Uitnemendheid (Afrikaans, Leather / fine binding)
R115 Discovery Miles 1 150 Ships in 4 - 6 working days

Laat verandering, inspirasie en sukses weer opnuut in jou ontwaak word. Sleutels tot uitnemendheid bevat 80 bladsye van motiverende aanhalings en gedagtes oor sukses en uitnemendheid, wat met behulp van ’n pragtige uitleg-ontwerp aangebied word. Hierdie geskenkboek is gerig op diegene wat ’n positiewe uitkyk op die lewe wil ontwikkel en behou, en sal mense in staat stel om elke dag te groei en verander.

Met plek vir ’n persoonlike boodskap in die voorkant van Sleutels tot uitnemendheid, is hierdie boek ideaal om te gebruik in die plek van ’n geleentheidskaartjie of as ’n geskenk om ’n vriend of kollega te bemoedig en te motiveer.

5 Tale Van Die Liefde Oordenkings Vir Paartjies - 100 Oordenkings Om 'n Sterker Verhouding Te Bou (Afrikaans, Hardcover):... 5 Tale Van Die Liefde Oordenkings Vir Paartjies - 100 Oordenkings Om 'n Sterker Verhouding Te Bou (Afrikaans, Hardcover)
Gary Chapman
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 4 - 6 working days

’n Pragtige tweekleur-boek uit die pen van topverkoper-outeur Gary Chapman vir paartjies wat hul verhouding met mekaar en met God wil versterk.

Konflik in verhoudings spruit dikwels nie uit ’n gebrek aan liefde nie, maar omdat paartjies nie dieselfde liefdestaal praat nie. 5 Tale van die liefde – oordenkings vir paartjies is die perfekte boek vir paartjies wat weer hulle liefde vir mekaar wil ontdek. Of hulle verhouding sterk en stabiel is en of hulle sukkel om mekaar te verstaan, elke paartjie in enige fase van hulle verhouding sal baat vind by hierdie 100 oordenkings. Dit sal hulle help om opnuut balans te vind in sake soos finansies, kommunikasie, gebed, en dit sal hulle help om mekaar se liefdestale te ontdek

Solank Ek Hier Is - Oor die Soeke na Sin (Afrikaans, Paperback): Johan Cilliers Solank Ek Hier Is - Oor die Soeke na Sin (Afrikaans, Paperback)
Johan Cilliers
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days
Seuns Sonder Pa's (Afrikaans, Paperback): Julian Jansen Seuns Sonder Pa's (Afrikaans, Paperback)
Julian Jansen
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

In Suid-Afrika ken meer as 60% van kinders nie ’n pa nie. Hierdie gebrek aan ’n pa lei dikwels tot ’n gemis aan ’n gevoel van behoort.

Julian Jansen, joernalis van Rapport en oud-onderwyser, ondersoek hierdie fenomeen en hoe die probleem aangespreek kan word. Hy bespreek dit vanuit ’n praktiese én geestelike perspektief en betrek onlangse navorsing en geestelike en ander gemeenskapslede.

Julian verweef ook sy eie storie tussenin, en vra dan: hoekom het hy en sy broers nie skollies geword nie?

???? (Amharic Edition) (Afrikaans, Paperback): Pastor Amelu Geta አሥራት (Amharic Edition) (Afrikaans, Paperback)
Pastor Amelu Geta
R300 Discovery Miles 3 000 Out of stock
In Christus - Van Toeskouer Tot Spoortrapper (Afrikaans, Paperback): Callie Roos In Christus - Van Toeskouer Tot Spoortrapper (Afrikaans, Paperback)
Callie Roos 1
R272 Discovery Miles 2 720 Ships in 4 - 6 working days

“God is nie een of ander control freak nie . . . Hy laat die gelowige self keuses maak en self verantwoordelikheid neem.”

Wat beteken dit om vandag ’n Christen te wees? Dit is lankal nie meer genoeg om blindelings net Sondag ná Sondag die erediens by te woon nie, sê die geestelike leier en oudsoldaat Callie Roos. Dit is slegs deur ’n lewe in Christus dat ons werklik God se krag in ons kan beleef.

Volgens Callie beleef die kerk vandag ’n krisis en georganiseerde godsdiens hou gelowiges gevange in dogma en ’n behoefte aan beheer. Christene moet ontsnap uit die geestelike tronk wat hulle inperk en hul bestaande begripsraamwerk bevraagteken.

’n Lewe in Christus behels dat jy uitgaan in die wêreld en daadwerklik ’n verskil maak. Wanneer gewone Christen-mense Christus word vir ander, kan hierdie nuwe manier van glo ’n massabeweging word wat die ganse mensdom ten diepste sal aangryp.

In Christus beloof om te inspireer en gelowiges nuut oor hul Christenskap te laat dink.

Lewe Met Moslems - Kursusboek (Afrikaans, Paperback): Bert De Ruiter Lewe Met Moslems - Kursusboek (Afrikaans, Paperback)
Bert De Ruiter
R365 Discovery Miles 3 650 Out of stock
Herinnering & Verlange - Gesprekke oor Mag, Geskiedenis en die Bybel (Afrikaans, Paperback): Louis C. Jonker Herinnering & Verlange - Gesprekke oor Mag, Geskiedenis en die Bybel (Afrikaans, Paperback)
Louis C. Jonker
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

‘n Nostalgiese reis styg uit die pen van prof. Louis C. Jonker oor sy eie herinnering aan en verlange na die leermeesters wat hom help vorm het, sy eie ontwaking as bybelwetenskaplike, en sy bediening in die NG kerk. Hy verken ook sy innerlike stryd in hierdie verskillende tydperke. Die uitvloeisel hiervan is ‘n mengsel van historiese novelle, biografie, persoonlike memoires en die akademiese skryfsels van prof.

 Ferdinand Deist, Biskop John Colenso, prof. Johannes du Plessis en ook dié van Jonker. Die vertellings – wat soms aan speelse fantasie grens – word in die boek afgewissel met toegeligte uittreksels uit vakliteratuur deur, en oor, die vier gespreksgenote. Uiteindelik lewer Jonker hiermee belangrike kommentaar oor die huidige stand van Bybelinterpretasie in Suid-Afrika.

100 Dae van Dankbaarheid (Afrikaans, Paperback): Francine Prins 100 Dae van Dankbaarheid (Afrikaans, Paperback)
Francine Prins
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Mense wat dankbaar is, gelukkiger slaap, beter fokus, is beter en is makliker om mee oor die weg te kom. Om meer dankbaar te leef is seker iets waarna ons almal probeer streef. Francine Prins, redakeur van LiG neem ons op ’n 100 dae reis van dankbaarheid. Sy wys ons hoe ons elke dag kan dankbaar wees, waarvoor ons dankbaar kan wees en hoe om in dankbaarheid te leef.

Wanneer Water Wyn Word (Afrikaans, Paperback): Jacqueline Leuvennink, Vivian Kleynhans Wanneer Water Wyn Word (Afrikaans, Paperback)
Jacqueline Leuvennink, Vivian Kleynhans
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

Toe Vivian op 16-jarige ouderdom haar pa in die winkel se deur sien staan met sy hoed in sy hand het sy geweet haar lewe gaan onkeerbaar verander – haar pa het sy werk verloor. Hulle word uit hulle huis op Paternoster gesit. Vivian dink sy is gelukkig toe die veel ouer John by die werk in haar begin belangstel. Hy belowe om vir haar gesin ’n huis op Vredenburg te kry, maar min weet sy die huis het ’n prys. Vivian word vervreem van haar familie en verval in ’n spiraal van mishandeling. Sy laat haar egter nie onderkry nie, en besluit eendag dat sy genoeg gehad het. Sy begin haar lewe van voor af bou. Vivian het ’n kop vir besigheid, en ná verskeie poste besluit sy om haar eie wynbesigheid te begin. Nou, jare later, het sy haar eerste oes afgehaal en word die wyn na Wallmart uitgevoer. Vivian se verhaal is een van hoop, passie, deursettingsvermoë en die wete dat God daar is, al lyk die omstandighede hoe sleg.

Vir Mans - Oorkom Moderne Lewensuitdagings (Afrikaans, Paperback): Johan Ferreira Vir Mans - Oorkom Moderne Lewensuitdagings (Afrikaans, Paperback)
Johan Ferreira
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 6 working days

Mans leef in ’n wêreld waar die rolle van manlikheid so verander het dat dit met tye vir hulle moeilik is om te weet wie hulle werklik is en wat van hulle verwag word. Die eise wat ’n gewone dag aan mans stel kan soms selfs die mees ervare individu laat twyfel aan sy bevoegdhede. Die boek skep ’n bewustheid by mense, en nie net mans nie, van die alledaagse en mees algemene lewensuitdagings waarvoor mans te staan kom, en probeer hulle toerus met relevante inligting wat hulle sal help om meer doeltreffende, emosioneel gelukkige en vervulde lewens te lei. Die boek word verdeel in verhoudings- en lewensfase-uitdagings, verslawing, gemoedsprobleme en traumatiese ervarings.

Die Bybel 1933/1953 Vertaling (Afrikaans, Leather / fine binding): Die Bybel 1933/1953 Vertaling (Afrikaans, Leather / fine binding)
R1,139 Discovery Miles 11 390 Ships in 5 - 8 working days

· Volledige Naslaanbybel

· Mediumgrootte

· Bruin leerband

· Goud-op-snee, duimindeks en merklint

· Voorwoord, kruisverwysings en kaarte

Uit Die Beek 2019: 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Barend Vos Uit Die Beek 2019: 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Barend Vos
R225 Discovery Miles 2 250 Ships in 4 - 6 working days

Vanjaar verskyn die klassieke Uit die Beek weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

Jou Beste Lewe Nou! - 7 Stappe om jou volle potensiaal te bereik (Afrikaans, Paperback): Joel Osteen Jou Beste Lewe Nou! - 7 Stappe om jou volle potensiaal te bereik (Afrikaans, Paperback)
Joel Osteen
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days

Baie mense gaan deur die lewe met ’n swak selfbeeld, negatiwiteit en minderwaardigheidsgevoelens. Ander sien weer geluk as iets wat "eendag" met hulle sal gebeur. Waarlik gelukkige, vervulde mense is dié wat geleer het hoe om hul beste lewe nou reeds te leef.

In Jou beste lewe nou! leer jy hoe om deur hierdie negatiewe denkpatroon te breek sodat jy jou volle potensiaal kan uitleef. Die antwoord lê in ’n nuwe manier van dink oor jou lewe. Deur die volgende sewe stappe te neem, kan jy die eerste tree op die pad na ’n besondere toekoms gee: 1. Verbreed jou visie. 2. Ontwikkel ’n gesonde selfbeeld. 3. Ontdek die krag van jou woorde en denke. 4. Maak jou los van die verlede. 5. Groei deur swaarkry. 6. Leef om te gee. 7. Kies om gelukkig te wees.

Joel se bemoedigende boodskap en praktiese raad sal lesers help om die hindernisse in hul lewe te oorwin sodat hulle hul Godgegewe doel kan uitleef.

Nader Aan God, Nader Aan Mekaar - 52 Gesinsoordenkings (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg Nader Aan God, Nader Aan Mekaar - 52 Gesinsoordenkings (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days

Nader aan God, nader aan mekaar bevat gesinsoordenkings om gesinne te help om nader aan God en aan mekaar te groei

Met kinders se besige skool en buitemuurse programme, en Ma en Pa se stresvolle loopbane, is dit geen wonder dat ons nie tyd het om as gesin saam godsdiens te hou nie. Nader aan God, nader aan mekaar gee die antwoord in die vorm van 52 kort, kragtige gesinsoordenkings wat gesinne sal help om nader aan God en aan mekaar te groei. Elke dag bied iets anders, waaronder spesiaal geselekteerde Bybelverse, aktiwiteite om saam te doen en uitdagings om maar net ’n paar te noem. Hierdie dagstukkieboek bevat ook handige ouerskapswenke vir ouers. Van die inspirerende temas sluit in: Die genade van mislukking, dodelike sondes en hul teenmaatreëls, om hoop in ’n gebroke wêreld te vind en om geloof soos ’n mier te hê.

'n Lewe Voor God (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert 'n Lewe Voor God (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

'n Lewe voor God bestaan uit 366 dagstukkies uit die pen van een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywers en teoloë, Stephan Joubert. Stephan help ons om elke dag bewustelik en met oorgawe in die aangesig van God te leef. Hy lei ons deur middel van alledaagse temas soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade om elke dag in eerlikheid voor God ons lewe aan te pak.

Die Krag Van Gebed Wanneer Jy Vrees (Afrikaans, Paperback): Stormie Omartian Die Krag Van Gebed Wanneer Jy Vrees (Afrikaans, Paperback)
Stormie Omartian
R73 Discovery Miles 730 Ships in 4 - 6 working days

60 gebede deur Stormie Omartian wat jou hart en gedagtes op God sal rig wanneer vrees jou oorweldig.

Daar is baie redes om bang te wes, maar God kan dit almal oorwin.

Vind die vrede waarna jy smag te midde van dinge wat jou bang maak met die hulp van hierdie versameling gebede uit Stormie Omartian se boek Die krag van gebed wanneer jy vrees. Elkeen van die 60 gebede word afgerond met ’n Skrifgedeelte wat jou sal help om jou hart en gedagtes op die waarheid van God se Woord te rig wanneer vrees jou oorweldig.

Of jy gekonfronteer word met die vrees vir verlies, verwerping of die toekoms, Die krag van gebed wanneer jy vrees – Gebedeboek sal jou die nodige inspirasie gee om kragtig tot God te bid.

Ook beskikbaar in Engels onder titel The Power of Praying ® Through Fear Book of Prayers

Deur Dieper Geloof na Lewensvreugde (Afrikaans, Paperback): Nina Smit Deur Dieper Geloof na Lewensvreugde (Afrikaans, Paperback)
Nina Smit
R236 Discovery Miles 2 360 Ships in 4 - 6 working days

Nina Smit help elke vrou om opnuut te ontdek wie die God is wat ‘n verhouding met jou begeer, hoe kosbaar jy as vrou vir Hom is en wat jou roeping en identiteit in Hom moet wees. Sy help jou om woestyntye te oorleef en ons kry ‘n voorsmakie vir hoe sy dink die lewe na die dood gaan wees. Soos net Nina kan.

Ankers vir Vandag (Afrikaans, Paperback): Nadine Blom Ankers vir Vandag (Afrikaans, Paperback)
Nadine Blom
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Elke Christen het ankers nodig, iets wat hulle vashou aan God om te keer dat hulle lewensbootjie op die rotse loop. Die bekende sangeres Nadine Blom wys die ankers waaraan ons moet vashou vir ons uit – maar wys ook watter goed wat ons vashou ons moet laat los.

Waarvoor Wag Jy Dan? (Afrikaans, Paperback): Angelique du Toit Waarvoor Wag Jy Dan? (Afrikaans, Paperback)
Angelique du Toit
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 6 working days

Sou jy bereid wees om jou ou leefwyse te verander en om jouself die geleentheid te gee om jou beste lewe te leef vir die res van jou lewe?

Verbeel jou ’n lewe vol van oorborrelende vreugde . . .vars hoop wat daagliks aan jou opgedien word - soos warm brood; vryheid van alewige vrees; vervullende verhoudings; om selfvertroue uit te straal en om te lewe met die verwagting van gestruktureerde sukses.

Hierdie waarheid is vervat in Waarvoor wag jy dan? Die resultate hoef nie langer vasgevang te wees in jou gedagtes of op jou wenslysie nie. Die uitkomste kan in jou lewe ervaar word - prakties, konsekwent en kragtig en doeltreffend.

Nou waarvoor wag jy dan? Dit is NOU jou tyd om op te staan!

Pope John Paul II Vatican City, Rome, Italy (Afrikaans, Paperback): Llewelyn Pritchard Pope John Paul II Vatican City, Rome, Italy (Afrikaans, Paperback)
Llewelyn Pritchard
R349 Discovery Miles 3 490 Out of stock

48 Kleur fotos van John Paul II en die Vatikaan, insluitend sy Apostoliese seen die Switserse wagte; St Peter 's Square, Pous basiliek van St Peter in die Vatikaan, St Peter 's Square as 'n plek van die heilige pelgrimstog, die Rooms-Katolieke Kerk, kunswerke, marmer beelde en standbeelde, 'n ou argitektuur, vloer mosaiek; menings van Rome van die koepel van St Peter 's Church (ontwerp deur Michelangelo, ) 'n standbeeld van die Maagd Maria hou die baba Jesus en die aangesig van Jesus wat in 'n klip kleed. Geneem tydens 'n kort pouse, begroting vakansie Rome, Italie 10-17 Oktober 2004. Cover foto: Pous Johannes Paulus II waai vir die skare van sy "Pous Mobile 'in St Pietro, St Peter 's Square, Vatikaanstad, Rome, Italie] Afrikaans Edition]

Shéri - Nes ek is (Afrikaans, Paperback): Sheri Brynard, Colleen Naude Shéri - Nes ek is (Afrikaans, Paperback)
Sheri Brynard, Colleen Naude
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

In haar bykans 35 jaar het Shéri Brynard merkwaardige mylpale bereik ten spyte van die feit dat sy as baba met Trisomie-21-Downsindroom gediagnoseer is. Sy vertel hoe die liefde en aanvaarding van diegene naaste aan haar, veral haar ma, Susette, haar gevorm het.

Sy deel met die leser die opwindende avonture op haar pad, die seerkry, vrees, en verliese (die grootste hiervan die dood van haar pa, Jerry), asook die werklikhede waarmee sy as ’n volwassene met Downsindroom gekonfronteer word. Dan gesels haar ma oor ’n lewe in die skaduwee van ’n kind met Downsindroom. Sy deel openhartig haar geloofstryd toe sy gehoor het haar kind het Downsindroom en haar en haar dogter se reis die onbekende in. Shéri – Nes ek is is ’n boek wat grense verskuif, want soos Shéri tereg vra: “Wat is nou eintlik normaal?”

Dié boek herinner die leser juis dat ons as kinders van God elkeen ons volle potensiaal kan bereik, ongeag die uitdagings waarvoor ons te staan kom.

Die Pad Na Jou Ware Self (Afrikaans, Paperback): Ian Morgan Cron, Suzanne Stabile Die Pad Na Jou Ware Self (Afrikaans, Paperback)
Ian Morgan Cron, Suzanne Stabile
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 4 - 6 working days

Dit wat jy nie omtrent jouself weet nie, kan skadelik wees vir jou, jou verhoudings en hoe jy jou weg deur hierdie lewe baan. Dit kan selfs ’n dieper verhouding met God verhoed. Het jy hulp nodig om uit te pluis wie jy is en waarom jy jouself dikwels in selfverydelende patrone bevind? Die antwoord lê dalk net opgesluit in die persoonlikheidstipes wat deel vorm van die Enneagram.

Die Enneagram is ’n persoonlikheidstiperingstelsel wat beskryf hoe mense bedraad is, hetsy positief of negatief.

Die unieke verhaaltrant in hierdie boek help jou om die wêreld te sien en ervaar deur die oë van mense wat elkeen van die Enneagram-tipes verteenwoordig. Die komiese oomblikke en verhale wat hierin ingesluit is, sal verseker dat jy aanhou lees nadat jy die hoofstuk oor jou eie tipe klaargemaak het.

• Kry ’n beter begrip van hoe om die mense in jou lewe lief te hê

• Verbeter jou huwelik

• Ontdek wie God bedoel het jy moet wees

Deur met die veranderinge te begin wat jy reeds vandag kan aanbring, sal die wysheid wat in die Enneagram opgesluit lê, jou help op die pad na jou beste en ware self.

Saam in Suid Afrika (Afrikaans, Paperback): Pieter van Niekerk, Jones, Chris, Saam in Suid Afrika (Afrikaans, Paperback)
Pieter van Niekerk, Jones, Chris,
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Sluimerende rassisme het na 1994 se reenboogdroom met 'n knal oopgebars. Die rassisme-sweer is besig om dit wat mooi en uniek van Suid-Afrikaners is, te besmet. In hierdie boek word voorraad opgeneem van die situasie deur na bekendes en minder bekendes se stories en ervarings te luister, dit saam te vat en aan die hand daarvan voorstelle te maak, sodat ons mekaar se andersheid kan vier.

Uit die Beek 2018 (Afrikaans, Paperback): Vos Barend Uit die Beek 2018 (Afrikaans, Paperback)
Vos Barend
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 4 - 6 working days

Uit die Beek, die geliefde Afrikaanse Bybeldagboek, kom vanjaar uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuses vir elke dag is grootliks op die Revised Common Lectionary (oftewel die RCL-leesrooster) gebaseer. Dit maak hierdie tydlose Bybelse dagboek weer opnuut geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou 'n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Top Trivia Music
R322 Discovery Miles 3 220
Starter Starter Energy Eau De Toilette…
R421 Discovery Miles 4 210
Cybersecurity - Learn Information…
Alan Grid Hardcover R712 Discovery Miles 7 120
eeBoo Mini Playing Cards Assorted (20…
R1,519 Discovery Miles 15 190
EXIT: The Game - The Polar Station
R623 Discovery Miles 6 230
Kids Charades
R399 R299 Discovery Miles 2 990
Lauder Pleasures For Men Cologne Spray…
 (2)
R722 Discovery Miles 7 220
Computational Legal Studies - The…
Ryan Whalen Hardcover R4,379 Discovery Miles 43 790
Premier League Adrenalyn XL Trading…
R1,404 R1,200 Discovery Miles 12 000
Quercetti - FantaMemo Ladybug Nature
R326 Discovery Miles 3 260

 

Partners