![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Crime
Die gode in Afrika is stom. En lui. So byna is kolonel Aella O’Malley die ewigheid in gestuur. Nou sy is terug in Afrika se bos nadat sy in Avignon gaan aansterk het. Skaars is sy en haar Franse geliefde weer op haar tuisgrond of hulle word betrek by ’n ondersoek na kadawers wat in die veld gevind is. En dit word gou deur nog lyke opgevolg. Maar die beeld van ’n ander figuur het haar uit Avignon gevolg, dié van ’n straatkind wat Zoeloe praat en Afrikaans verstaan. Hoe het hy daar gekom, weet sy ma dit en hoe kry Aella die kind terug by die huis? Meer, wie was vir sy lot verantwoordelik? In Afrika se nat veld doem die antwoorde gaandeweg op en dit is afskuwelik.
’n Donkerkopmeisie se liggaam word in ’n agteraf hotel in ’n Aspoester-uniform gevind. Haar linkervoet se tone is afgesny sodat die voet in die glasskoen kon pas. Haar oë is netjies verwyder. Daarna is haar nekaar gekloof sodat sy haar kon doodbloei. “Hoe sal jy voel as ek dieselfde met jóú dogter doen? Haar naam is mos Franci?” Dit is wat die elektronies vermomde stem vir doktor Olaf Demeyer, forensiese profileerder, vra terwyl hy die dossierfoto’s van die moordtoneel bestudeer. “Hoekom sou jy dieselfde met my dogter wou doen?” ’n Koggellaggie klink op. “Dit is wat jy moet uitvind, Doktor. Kom ons kyk of jy werklik so baie vir verontregde vroue omgee soos wat die media beweer. En kom ons kyk of jy my betyds met jou agtste sintuig kan uitoorlê.” Die lyke van nog drie meisies word binne ’n paar dae gevind. Olaf besef hy sal baie diep in sy eie donker profiel moet delf na die waarheid as hy wil verhoed dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word. Herinneringe aan sy traumatiese kinderjare, sy oordrewe skuldgevoelens en sy fobie vir lemme, maak nie sy taak vir hom ligter nie. Intussen voel hy hoe die uurglas baie vinnig vir Franci leeg loop.
Luna Joubert se moed en vernuf word weer tot die uiterste beproef in Dag drie. Sy en haar medespeurder, Johan, vergesel vir Mike, ’n volbloed diepdekkingsagent, op ’n missie na Mauritius waar Mike met ’n informant kontak sal maak. Luna en Johan moet die skyn van gewone vakansiegangers vir hom help bewaar, maar niks loop volgens plan nie. Hulle eerste dag op die eiland lewer die lyk van ’n jong meisie op wat ooglopend vermoor is. Die informant laat nie van hom hoor nie en hulle word uit die bloute deur wildvreemde mense ‘bevriend’. Rooi ligte flikker toe hulle genooi word vir ’n visvang-uitstappie op ’n luuksejag. Luna het nie ’n goeie gevoel oor die eienaar van die boot nie, want hy is net ’n bietjie té gretig om hulle van naderby te leer ken. Nie alleen beland sy en haar twee kollegas in lewensgevaar nie; toe Johan verdwyn waag sy dit ook op baie dun ys om hom te probeer opspoor en dag drie eindig onvermydelik in ’n breekspul.
’n Grieselige gesig begroet speuradjudant Storm van der Merwe en haar hond op Grootbaai se strand: die lyk van ’n jong joernalis – sonder haar arm. Vir dié kusdorpie se inwoners is dit slegte nuus; lyke wat rondlê kan die haaiduikbedryf waarvoor Grootbaai beroemd is, erge skade berokken. Storm se hande jeuk om die saak te ondersoek, maar sy is vir eers ingeperk tot saai kantoorwerk. Boonop het sy nie ’n ryding nie nadat ’n inwoner – ’n aantreklike een daarby – met sy insleepwa in haar Volla vasgejaag het. Intussen sukkel Storm se onmoontlike oudkollega, Andreas Moerdyk, om te fokus terwyl hy ondersoek instel na die dood van ’n bekende Springbokstut wie se motor op die N1 deur ’n soortgelyke trok getref is. Het Storm se ongeluk iets met die rugbyspeler se noodlottige botsing te doen? En hoe steek die joernalis se dood en die stories oor perlemoenstropery op Grootbaai in mekaar? Terwyl Storm antwoorde op dié tergende vrae soek, raak dinge vir haar gevaarliker as ’n haaihokduik – sonder die hok.
'n Deerniswekkende verhaal van twee vroue wat elkeen op hul eie manier weer hul voete vind. Wanneer Bea Klinge as jong boervrou op Leliepan aan die soom van die Namib aankom, glo sy dat sy hier vir haar, Kurt en hul kinders 'n oase van liefde sal kan skep. Ná 'n skokontdekking meer as vier dekades later kry Bea 'n miniberoerte en beland in 'n koma in die hospitaal. Haar herstel bring Bea voor nuwe keuses te staan. Sy besef sy het haar vier dogters elkeen op 'n manier gefaal deur by Kurt te staan al het hy hulle hoe verontreg. Moet sy oop kaarte met hulle speel oor die donker geheim wat haar vasgevang gehou het in 'n liefdelose huwelik met 'n man wat haar soos 'n onderdaan behandel? Bowenal moet Bea besluit of sy die kans op geluk waarop sy destyds haar rug gekeer het gaan aangryp en vir een keer in haar lewe gaan doen wat reg is vir haar en nie vir ander nie. Nel, haar rebelse laatlam, gaan soek haar heil in Johannesburg. Hier word sy as sukkelende aktrise met die donker kant van die vermaaklikheidsbedryf gekonfronteer. Sy raak betrokke in 'n toksiese verhouding met 'n invloedryke filmvervaardiger Buks Bothma en word die slagoffer van date-rape. Nel ontdek ook die skokkende waarheid omtrent haar herkoms. Lex le Roux, 'n medeakteur en donkieboer bied haar 'n kontrak aan om die gesig te wees van sy velsorgprodukte wat uit donkiemelk vervaardig word. Nel gryp die geleentheid met albei hande aan. Ná die trauma waardeur Nel is, het sy tyd nodig om heel te word. Sy besluit om haar droom na te volg en 'n dramakursus in New York te gaan volg. Mettertyd ervaar sy die vreugde om haar pad boontoe te werk en nie te slaap nie. Sy kry dit reg om aan haarself te bewys dat Nel Klinge sonder hulp sukses kan behaal. Nel besef ook dat haar genesingsproses voltooi is en dat sy reg is vir meer as 'n vriendskapsverhouding met Lex.
In die paar dae voor Kersfees neem Hendrik en Amalia se lewe ’n onverwagse wending, iets waarvoor hulle nooit voorsiening gemaak het nie. Maar wat vir hulle ’n nuwe era in hulle verhouding sou kon wees, word verdonker deur ’n verskriklike voorval waarvoor Hendrik in hegtenis geneem word. Nog Amalia, ’n staatsaanklaer op Witteberg, nog Hendrik se knap prokureur kan verhoed dat hy opgesluit word – deels vir sy eie veiligheid, deels omdat ’n lafhartige speurder sy mag misbruik. Wat voorbereiding vir ’n heugelike gebeurtenis en Kersfees moes word, word dae waarin Hendrik intiem met die binnekant van ’n sel en die se bewoners kennis maak. Daar word van moord gepraat op die taxibaas se seun wat deur ’n dwaalkoeel getref word en dis die taxibaas se woord teen Hendrik s’n. Boonop leef die grensoorlog steeds in Hendrik se gedagtes; die nagmerrie toe hy ’n makker wat deur die Kubane gevange geneem is, gaan red het. Dekades later buk ’n Kubaanse dokter oor hom in ’n hospitaal. En as Hendrik gemeen het dat Amalia veilig is, het hy ’n fout gemaak …
Klara Francke het ’n donker geheim. Sy is vasgekeer in ’n giftige huwelik met die sadistiese Johan. Sy leef in konstante vrees vir haar eie lewe en dié van haar tienerjarige seun. Wanneer Johan die nuwe ingenieur wat by die sonkragaanleg buite die dorp begin werk het vir ’n braai nooi, is daar onmiddellik ’n wedersydse aangetrokkenheid tussen Klara en haar man se kollega. Terwyl Klara worstel met haar onverklaarbare – en ontoelaatbare – gevoelens, spook speurder Basie Snyman en sy kollega om die moorde op twee jong meisies op te los. Hulle weet hulle werk teen tyd wanneer ’n derde meisie verdwyn. Kort voor lank ontdek die speurders ’n skakel tussen die drie slagoffers: Klara Francke ...
Paola Dante is a driven project manager employed by a large multinational information technology corporation who reads war strategy books for relaxation. In general she prefers computers to people with their random uncontrolled emotions. Long ago she made a decision that matters of the heart were inherently messy and should be kept at arm’s distance. But her husband had surprised her; she had no resistance against Daniel. Now she sees herself as a survivor who has successfully moved on from the traumatic events and terrible truth surrounding her husband’s sudden disappearance years before. But the truth is that ever since the night he walked out on their marriage back to his old ways she’s found it hard to get on with normal life. An unlikely and ill-equipped mother, she stands alone between their adopted daughter Simone and the criminal kingpin who wants the teenage girl for his own ends and has set the savage wolves on her. To save her daughter - and herself - once and for all, Paola will face her every fear, her every mistake, and the past she thought she’d finally processed and left behind.
Dawid Neethling is ’n suksesvolle psigiater op Stellenbosch met ’n deeltydse pos by die universiteit, ’n knalgeel Porsche en ’n steriele huwelik. Wanneer die beeldskone musiekstudent Eva Rodriguez sy pasiënt word, kan hy hom nie indink langs watter paadjies sy hom sal laat loop nie. Voor hy sy oë kan uitvee, staan hy in die beskuldigdebank op aanklag van moord. En dan begin onbeheersde kragte uitspeel wat uiteindelik sy éie lewe sal bedreig.
A cold case for Captain Benny Griessel and Vaughn Cupido of the Hawks elite police unit - not what they were looking for. And a difficult case, too. The body of Johnson Johnson, ex-cop, has been found beside a railway line. He appears to have jumped from South Africa's - perhaps the world's - most luxurious train, and two suspicious characters seen with him have disappeared into thin air. The regular police have already failed to make progress and others are intent on muddying the waters. Meanwhile in Bordeaux, Daniel Darret is settled in a new life on a different continent. A quiet life. But his skills as an international hit-man are required one more time, and Daniel is given no choice in the matter. He must hunt again - his prey the corrupt president of his homeland. Three strands of the same story become entwined in a ferocious race against time - for the Hawks to work out what lies behind the death of Johnson, for Daniel to evade the relentless Russian agents tracking him, for Benny Griessel to survive long enough to take another huge step in his efforts to piece together again the life he nearly destroyed - and finally ask Alexa Bernard to marry him. The Last Hunt shows one of the great crime writers operating at the peak of his powers. (Released as Prooi in Afrikaans)
Bailey Kellerman verlaat Suid-Afrika finaal ná nog ’n liefdesteleurstelling deur haar eerste liefde, Adam. Hulle het ’n aan-en-af-verhouding sedert hulle jong dae, maar Adam verneuk haar gereeld en kom nie tot trou nie. In London trou sy met ’n Fransman, maar word ook deur hom in die steek gelaat. Terwyl sy oorsee is, word haar ouers wreed in hul huis in Johannesburg tydens ’n rooftog vermoor. Haar broer, Zak, daag woedend by haar huis op en dring daarop aan dat sy terugkom Suid-Afrika toe. Hy verwyt haar ook dat sy nie by die begrafnis was nie, min wetend wat haar omstandighede daardie tyd was. Sewe maande later is Bailey terug in Suid-Afrika, maar iewers is daar ’n slang in die gras. Hoekom het haar pa nie die kluis tydens die rooftog vir die rowers oopgemaak nie? Wat is in die toegesluite kluis? En gaan Adam weer amok in haar lewe kom maak?
Mace Bishop and Pylon Buso offer guarding services to the rich in Cape Town, but they want out: tired of the egos and of being shot at, they invest dirty money in a property deal. Obed Chocho is their ruthless opposing bidder and his lawyer, Sheemina February, is as manipulative as he. Part of her agenda concerns her past with Mace. In this mix is Judge Telman Visser, the head of a commission of inquiry into an arms deal scandal, and a son worried that his aging parents aren't safe on their farm. Mace is hired to protect them, taking his daughter along for the ride. But Chocho and February send a hitman, Spitz, to take out Visser's parents. And with Mace and Pylon well used to taking matters into their own hands, they need to track down the killer and play judge and executioner in an attempt to right some wrongs. But they have not factored into the intrigue the role of Sheemina February. Or her wrath.
Moordhuis is die derde boek in die reeks met doktor Renata Malan as die hoofkarakter. Die eerste twee boeke in die reeks is Monstersaad en Bloedlyn. Renata is ’n profileerder met ’n donker verlede en ’n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeerfde boosheid wat in haar gene skuil maak van haar ’n gedugte teenstander en ’n gehate vyand. In hierdie roman word die sewejarige Gainsfordtweeling op grusame wyse in ’n skuur op Mooiplaats in die Bloemfonteindistrik vermoor. Binne-in die opstal is vier van die welgestelde Therons doodgemaak, die liggame uitgestal in die sitkamer. Doktor Renata Malan en die span van Malan & Coetsee Privaatondersoeke word deur die tweeling se ouers aangestel om die moordenaar aan te keer. Die ondersoek neem Renata in onverwagse rigtings: Bloemfontein se seksbedryf, die donker web, die nasleepsels van misdaad gedurende die bosoorlog in die tagtigs, die wereld van kinderpornografie en pedofilie, hebsug, haat en buite-egtelike verhoudings. Die een geraamte na die ander tuimel uit die kas en hoewel die lys van verdagtes daagliks groei, is bewyse skaars. Wie behalwe die Therons se erfgenaam sal voordeel trek uit die gesin se dood? Hou die Gainsfordseuns se dood verband met ’n baba se verdrinking drie jaar vantevore? Was Jakes Gainsford dalk self betrokke by sy kinders se dood? Was hierdie die perfekte misdaad? Terwyl Renata en haar vennoot, Stefan Coetsee, die verdagtes se maskers afskil en dieper delf in bloedige intriges, baklei sy teen die onwelkome sagte gevoelens wat Stefan na al die jare skielik in haar wakker maak en die liefde vir haar moordenaar-pa.
Stellenbosch se studente is opstandig. Die dorp brand, en in Sophia se klein dog veilige huisie droom sy van Pompeii en wegloop, weg van elke dag se sleur by BoekWeb en haar man se speurderwerk. Wanneer haar klein Magriet wegraak en Sophia ontvoer word, moet sy egter spartel om uit die web te kom – haar kind moet van die spinnekop gered word. In Naomi Meyer se debuutroman word die Boland, SA en ons almal se brandpunte helder verlig.
Meet Tannie Maria: the loveable writer of recipes in her local paper,
the Klein Karoo Gazette.
After 602 days dry, Captain Benny Griessel of the South African police services can't take any more tragedy. So when Benny is called in to investigate a multiple homicide, it pushes him close to breaking point - a former friend and detective colleague has shot his wife and two daughters, then killed himself. Benny wants out - out of his job, his home and his relationship with his singer girlfriend, Alexa. He moves into a hotel and starts drinking. Again. But Benny's unique talent is urgently required to help investigate another crime - the high profile murder of Ernst Richter, MD of a new tech startup, Alibi, whose body is discovered buried in the sand dunes north of Cape Town. Alibi is a service that creates false appointments, documents and phone calls to enable people to cheat on their partners. It has made Richter one of the most notorious people in South Africa. Can Benny pull together the strands of his life in time to catch the killer?
Wanneer ʼn man doodgeskiet word deur sy vrou in hul pragtige huis in die noordelike voorstede, besef die bure dat hulle dalk nie die oënskynlike gelukkige paartjie langsaan baie goed geken het nie. Stories oor MJ en Emilee loop skielik die buurt vol, stories wat net so uiteenlopend is soos Salemstraat se inwoners. Almal, van die oud weermagman Stefaans tot die mooie Russiese Natasja, onthul ’n nuwe blik op die paartjie. Dit val grootliks op die skouers van dr. Ann, afgetrede psigiater, en Liz, die jong prokureur met ’n voorliefde vir hoëprofiel-egskeidings, om uit te vind watter stories waarheid inhou en wat blote bog is. Maar hoe dieper hulle grawe, hoe meer geheime word verklap, en een ná die ander kom die middelklas geraamtes uit die instapkaste getuimel. Een ding is egter seker: Satan het nog altyd in die suburbs geskuil.
When Detective Persephone (Persy) Jonas is forced to work with retired criminal psychologist Dr Marge Labuschagne to solve the murder of a suspected sex offender, suspicion and distrust threaten to derail the investigation. Persy believes the killer is her childhood sweetheart, now turned vicious gangster; Marge is sure the answer lies in the victim's shady past. As the women race against time and their own prejudice to hunt the killer, past and present collide, unearthing long buried secrets and lies. As the hunt intensifies they realise they have more in common than they think and are bound in ways they could never have imagined. Finally faced with a ruthless killer, it seems that the darkest secrets are the ones they are hiding from themselves.
South Africa has a rich and varied criminal community. The Italians with their mafia connections, the Chinese triads, the Nigerians, the Russians, Koreans, Indians . . . not to mention all the homegrown felons. Still grieving following the death of her dad, her guiding light and an honest cop if ever there was one, Ellie McKenna accepts a mission to infiltrate Cape Town’s dark criminal underbelly. She knows full well that in her line of work the brave often end up dead . . . blindsided by a faceless enemy. Wilna Adriaanse’s Blindside is the first of her novels to be translated into English, soon to be followed by its sequel, Endgame.
Abel finds himself in Bruges, with his friend and mentor Ignaz Bouts. Soon he is on the prowl again for skins with tattoos for his Cosmic Travels, now with Ignaz’s help. In a Sleep Inn in Bez Valley, Ella Neser finds his tracks. But she also has her hands full with the murder of a corrupt official from Home Affairs, found frozen and naked, with his throat cut. A journalist suspects that he supplied South African documents to Muslim militants and other customers willing to pay. The final part of the Abel-trilogy which began with The Skin Collector & The Skinner's Revenge.
Ella Neser is on compulsory sick leave after her close encounter with Abel Lotz’s scalpel. Between therapy sessions and harp lessons, she ponders over the photographs of Abel’s four victims, dead set on catching him before he kills again. When a burglary results in the death of one of the victims, Ella returns to duty to catch the culprits. But she isn’t the only one on their trail. Has Abel Lotz returned, or is there a new killer in Dorado Park?
The Woman in the Blue Cloak is a brilliant novella which will thrill and entertain fans of Deon Meyer's much-loved detective Benny Griessel. Benny Griessel is a cop on a mission: he plans to ask Alexa Bernard to marry him. That means he needs to buy an engagement ring - and that means he needs a loan. So Benny has a lot on his mind when he is called to a top-priority murder case. A woman's body is discovered, naked and washed in bleach, draped on a wall beside a picturesque road above Cape Town. The identity of the victim is a mystery, as is the reason for her killing. Gradually, Benny and his colleague Vaughn Cupido begin to work out the roots of the story, which reach as far away as England and Holland... and as far back as the seventeenth century.
A cryptic killer is cruising the streets of Johannesburg. He’s picking up young women to torture and mutilate, and it’s down to Captain David Majola and Warrant Officer Jason Basson to follow the trail of blood and find him. Majola, plagued by cocaine and lost love, feels the need to prove himself after his early promotion; his partner Basson, imprinted by the bad old days, wishes he’d walked out on the SAPS years ago. Tensions between the two rise as the bodies pile up, and while newspapers and politicians hurl accusations and the taxi bosses threaten a devastating strike, Majola and Basson must face the demons of a crazy city.
Hoë politici sweer saam om Suid-Afrika in ’n diktatorskap te dompel. Die armes het genoeg gehad en kom in opstand. Die land brand. Mense vir wie Thys Krige omgee, kry seer. Iemand moet daarvoor boet. Hierdie keer word hy betrek by korrupsie en komplotte op regeringsvlak. ’n Korrupte president speel in die hand van buitelandse moondhede met imperialistiese ambisies wat ’n voet in die deur soek. Sagte kolonisasie, noem mens dit. Staatskaping noem die media dit. Die tentakels daarvan al so diep in die struktuur van mense in sleutelposte dat niemand meer seker is wie betrokke is en wie vertrou kan word nie. In sulke gevalle protesteer mense gewoonlik. Hulle kan byvoorbeeld so aggressief gemaak word dat hulle mekaar begin uitroei. Traangas word gedokter met dwelms wat ten doel het dat mense mekaar te lyf gaan. Grootskaalse chaos maak ’n land onregeerbaar. Dryf die mense se frustrasie tot breekpunt. Sweep hulle teen mekaar op. Maar daar is maniere om hulle stemme stil te kry. In Krige se stryd het drie vroue deel van sy wêreld geword: sy halfsuster, ’n gestremde IT-spesialis en ’n genie wat die donkerweb met die donkerbewuste in die mens se psige in verband bring. Al drie gaan gebuk onder pyn en trauma, soos Krige, en vir al drie ervaar hy iets wat aan liefde gelykgestel kan word. “Hy voel die wonderlike pyn wegsak, diep in, dieper, dieper, tot dit sag word en tot rus kom op die koue en harde ding in hom.”
Imelda Grys – sakevrou, kunskenner en miljoenêr – val na haar dood op die aand van ’n eksklusiewe Nuwejaarsete. Iemand het met haar stoelhysbak gepeuter, die hyser wat haar 24 meter en teen ’n helling van 33 grade tot by haar voordeur hoog teen die steiltes van een van Kaapstad se rykmansbuurte moes besorg. Privaat speurder Vos moet die moordenaar vastrek. Sy en haar tweelingbroer, Deventer, was ’n gedugte span toe hulle destyds in die polisie was. Deventer verkies egter deesdae om gesond te eet en sy dae om te mediteer ... Maar sy suster weet wat hy na die ondersoek kan bring en watse knoppies om te druk. Die moordenaar moes iemand in Imelda se binnekring gewees het, ’n gas dié aand toe sy vir oulaas met swier onthaal het. Was dit miskien een van haar twee kinders, Dennis en Sandra? Dennis se vrou, Fikile, of Sandra se metgesel, James? Wat het die Shanghaise sakevrou Jane Zhang aan tafel gemaak, en Jakkie Brits, die radiojoernalis? En hoe kom dit dat ’n eks-kollega van Vos en Deventer, Bradley Moynahan, ook daar was? Die lys verdagtes is kort, maar met nog lewens in gevaar is Vos en Deventer se tyd selfs korter. |
![]() ![]() You may like...
Unix / Linux FAQ - (With Tips to Face…
N B Venkateswarlu
Hardcover
Linux Device Drivers
Jonathan Corbet, Alessandro Rubini, …
Paperback
|