0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R100 - R250 (55)
  • R250 - R500 (232)
  • R500+ (9)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Crime

Die Vyfde Slag (Afrikaans, Paperback): Johann Grobbelaar Die Vyfde Slag (Afrikaans, Paperback)
Johann Grobbelaar
R325 Discovery Miles 3 250 Ships in 4 - 6 working days

Karl Louw, ʼn prokureur, word deur Helen Brodie genader om haar in ʼn regsgeding te verteenwoordig. Die regsaak veroorsaak dat Karl en sy vrou Wilma ook met ou wonde van die verlede gekonfronteer word: verraad, verkragting, die mag wat mans in ’n patriargale, chauvinistiese samelewing oor vrouens aanvaar.

Terwyl Karl en Helen veg om haar professionele reputasie te beskerm, worstel Wilma met haar eie donker skuldgevoel en probeer haar man se verlede ontrafel. Sy onskuldige en ietwat idilliese skoolromanse is die grondslag vir alles wat Karl glo van die liefde, verhoudings en intimiteit – en die rede waarom Wilma nie haar geheim met hom kan deel nie.

Hoe vergewe jy as daar nie om vergifnis gevra word nie?

Losprys (Afrikaans, Paperback): Martin Steyn Losprys (Afrikaans, Paperback)
Martin Steyn
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kry ryk mense voorkeurbehandeling in kriminele sake? Die wêreld is nie meer ’n goeie plek nie. Dis maar net hoe dit is.

“Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.”

Adjudant Enzo Ariefdien verkies moorde. Dooie slagoffers. Hy wil nie ’n vermiste lewe in sy hande vashou nie, nog minder ’n kind s’n. Maar dis presies wat hy kry en dis boonop ’n ontvoering vir ’n losprys. ’n Hoë-profielsaak met die desperate Amerikaanse ouers aan die een kant en die ambisieuse kaptein Lubambo aan die ander. En almal wil resultate hê. Intussen trek die onderhandelingspan by die gesin se huis in Llandudno in, adjudant Karla Blanckenberg in die rol van primêre onderhandelaar. Uitgelewer aan die ontvoerders se skedule om kontak te maak – te verbreek – kan sy net wag en dis dan wanneer die handjie met die rooi gaatjie haar bly teister.

Die ontvoerders het duidelik die gesin se roetine geken. Maar is die gesin van buite dopgehou? Of van binne? En hoekom klink dit asof daar iets meer persoonlik agter die ontvoering skuil?

Martin Steyn het twee keer die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur ontvang.

Feeding Time (Paperback): Francois Bloemhof Feeding Time (Paperback)
Francois Bloemhof
R343 Discovery Miles 3 430 Ships in 4 - 6 working days

After an absence of four years, Carl McGregor returns to Cape Town's northern suburbs. His plans are vague, but straightforward - to save his younger brother from the claws of The Zoo. This is how people refer to the other three inhabitants of the house:

the sly Maxie Thorpe with her cosmetically enhanced face

her son Leo, with his tendency towards violence

her daughter Mandy, with her playful but troubled disposition.

Bare Ground - A Novel (Paperback): Peter Harris Bare Ground - A Novel (Paperback)
Peter Harris
R304 Discovery Miles 3 040 Ships in 4 - 6 working days

As the head of Wits Mining, the last major mining company to do an empowerment deal, Max Sinclair has a mandate from the board and a clear directive: to sell a share of the company to a black consortium. Born and bred in the city that remains, at heart, a mining camp built on gold and the greed of men, Max is used to being a player in the high-stakes game of deals and political influence, and he keeps his cards close to his chest.

There is no shortage of takers for the deal. A shareholding spells possible riches for some – like Sifiso Lesibe, geologist and newest member of the board – and increased influence for others, such as the Pradesh family. Support for the deal from government is crucial, particularly when it comes to mining and mineral rights. Politics, power and money are an irresistible combination. Mistrust is everywhere and nothing is as it seems.

Former human rights lawyer Musa Madondo has seen the rise and fall of many a former comrade and he knows he is not immune to the tug of temptation. When Walter Berryman, a former client and friend, comes to Musa for professional advice, in fear of his life after having stumbled across evidence of large-scale industry collusion, he finds himself drawn into an underworld of intrigue and sophisticated espionage every bit as ruthless and deadly in the present day as it was during the country’s struggle for liberation. And in Johannesburg, as in politics, things change in an instant.

Bare Ground is the third book authored by Peter Harris. In a Different Time (2008; winner of the Alan Paton Non Fiction award) was about the 1980s and an extraordinary treason trial. The second book, Birth (2011), was about the extreme challenges that South Africa encountered in getting to and conducting the 1994 election. This novel, located in the cauldron of Johannesburg, is about the society we have become.

Web (Afrikaans, Paperback): Naomi Meyer Web (Afrikaans, Paperback)
Naomi Meyer
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Stellenbosch se studente is opstandig. Die dorp brand, en in Sophia se klein dog veilige huisie droom sy van Pompeii en wegloop, weg van elke dag se sleur by BoekWeb en haar man se speurderwerk. Wanneer haar klein Magriet wegraak en Sophia ontvoer word, moet sy egter spartel om uit die web te kom – haar kind moet van die spinnekop gered word. In Naomi Meyer se debuutroman word die Boland, SA en ons almal se brandpunte helder verlig.

Salemstraat (Afrikaans, Paperback): Erla Diedericks Salemstraat (Afrikaans, Paperback)
Erla Diedericks
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wanneer ʼn man doodgeskiet word deur sy vrou in hul pragtige huis in die noordelike voorstede, besef die bure dat hulle dalk nie die oënskynlike gelukkige paartjie langsaan baie goed geken het nie. Stories oor MJ en Emilee loop skielik die buurt vol, stories wat net so uiteenlopend is soos Salemstraat se inwoners. Almal, van die oud weermagman Stefaans tot die mooie Russiese Natasja, onthul ’n nuwe blik op die paartjie.

Dit val grootliks op die skouers van dr. Ann, afgetrede psigiater, en Liz, die jong prokureur met ’n voorliefde vir hoëprofiel-egskeidings, om uit te vind watter stories waarheid inhou en wat blote bog is. Maar hoe dieper hulle grawe, hoe meer geheime word verklap, en een ná die ander kom die middelklas geraamtes uit die instapkaste getuimel.

Een ding is egter seker: Satan het nog altyd in die suburbs geskuil.

Die Kinders Van Chronos (Afrikaans, Paperback): Pieter Aspe Die Kinders Van Chronos (Afrikaans, Paperback)
Pieter Aspe
R200 R109 Discovery Miles 1 090 Save R91 (45%) Ships in 2 - 4 working days

Van In is terug! Hierdie keer het hy net 'n skeenbeen en sy intuïsie om die donker raaisel mee op te los, maar hy moet gou speel.

Dis nie net sy loopbaan wat op die spel is nie, 'n mooi jong meisie is deur sy toedoen in die booswigte se mag.

Moordhuis (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Moordhuis (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Moordhuis is die derde boek in die reeks met doktor Renata Malan as die hoofkarakter. Die eerste twee boeke in die reeks is Monstersaad en Bloedlyn. Renata is ’n profileerder met ’n donker verlede en ’n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeerfde boosheid wat in haar gene skuil maak van haar ’n gedugte teenstander en ’n gehate vyand. In hierdie roman word die sewejarige Gainsfordtweeling op grusame wyse in ’n skuur op Mooiplaats in die Bloemfonteindistrik vermoor. Binne-in die opstal is vier van die welgestelde Therons doodgemaak, die liggame uitgestal in die sitkamer. Doktor Renata Malan en die span van Malan & Coetsee Privaatondersoeke word deur die tweeling se ouers aangestel om die moordenaar aan te keer. Die ondersoek neem Renata in onverwagse rigtings: Bloemfontein se seksbedryf, die donker web, die nasleepsels van misdaad gedurende die bosoorlog in die tagtigs, die wereld van kinderpornografie en pedofilie, hebsug, haat en buite-egtelike verhoudings. Die een geraamte na die ander tuimel uit die kas en hoewel die lys van verdagtes daagliks groei, is bewyse skaars. Wie behalwe die Therons se erfgenaam sal voordeel trek uit die gesin se dood? Hou die Gainsfordseuns se dood verband met ’n baba se verdrinking drie jaar vantevore? Was Jakes Gainsford dalk self betrokke by sy kinders se dood? Was hierdie die perfekte misdaad? Terwyl Renata en haar vennoot, Stefan Coetsee, die verdagtes se maskers afskil en dieper delf in bloedige intriges, baklei sy teen die onwelkome sagte gevoelens wat Stefan na al die jare skielik in haar wakker maak en die liefde vir haar moordenaar-pa.

Woudfontein (Afrikaans, Paperback): Hannes Haasbroek Woudfontein (Afrikaans, Paperback)
Hannes Haasbroek 2
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 4 - 6 working days

Toe luitenant Roelf Bester die Wiskunde-onnie Tron Marais byna katswink slaan het hy geweet daar kom moeilikheid ...

Wat hy nie geweet het nie, is dat dié moeilikheid 'n verhoging en 'n verplasing sou insluit. kielik is hy nou kaptein Bester, bevelvoerder van die piepklein polisiestasie op Woudfontein, naby Knysna.

Hier moet hy en sy twee kollegas na vermiste luislange soek, spanning tussen die pater en pastoor ontlont en ou tannies wat groot rewolwers rondswaai paai.

Totdat Tron Marais as moontlike psigopaat in die Pik Botha Sanatorium, net buite Woudfontein, opgeneem word. Tron is verbitterd en woedend oor die onreg wat Roelf hom aangedoen het. Hy is geslepe en hoogs intelligent. En hy is besig om sy wraakplan vir kaptein Roelf te verfyn...

My Naam Is Legio (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust My Naam Is Legio (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

In Madelein Rust se sewende misdaadroman veg ’n forensiese sielkundige teen ’n demoon-uitdrywer maar ook teen haar eie demone. Sy word van ’n las verlig maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.

Agents Of The State (Paperback): Mike Nicol Agents Of The State (Paperback)
Mike Nicol 1
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

Late one afternoon on the steps of St George’s Cathedral in Cape Town, the leader of opposition forces in the Central African Republic (CAR) is gunned down. He survives, but his young daughter is killed.

Private investigator Fish Pescado is called in, but his attempts to locate the hitmen come to nothing – hardly surprising, as the assassination attempt was organised by a faction in the South African Secret Service Agency (SSA) loyal to the South African president, who has mining interests in the CAR. Meanwhile Vicki Kahn, an agent in the SSA, is sent to Amsterdam to set up a sting operation to trap the president’s son who is involved in a human trafficking operation.

When Fish, Vicki’s long-time love interest, learns that Vicki is in danger, he needs to take action.

Reis Deur Die Hart (Afrikaans, Paperback): Leandra Naude Reis Deur Die Hart (Afrikaans, Paperback)
Leandra Naude
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 6 working days

Liefde en spanning verweef

Arriana, ’n maatskaplike werker, brand uit weens te lang ure se werk asook om die heeltyd met volwassenes en kinders se probleme te doene te kry. Teen die einde van ’n uitmergelende vergadering met die maatskaplike bestuur in die gemeenskap waar sy werk, bedank sy op die ingewing van die oomblik.

’n Vriend reël vir haar werk in Mauritius as ’n kroegdame/kelnerin by ’n eksklusiewe hotel in Mauritius, en binne maande word haar lewe handomkeer verander.

Sy ontmoet die enigmatiese biljoenêr-Ier Finnigian O’Reilly wat met sy sjarme en persoonlikheid haar hart kort voor lank in die palm van sy hand hou. En hy is nie onaangeraak deur Arriana se plat-op-die-aarde-persoonlikheid nie.

Alles is egter nie pluis op die eiland nie. Jong meisies raak die een na die ander weg, en toe Arriana ook ontvoer word, word ’n nes van mensehandel oopgeruk. Gaan Finnigan, die plaaslike polisie en Interpol egter betyds wees om Arriana en die jong meisies se lot te keer?

Adder (Afrikaans, Paperback): Christelle van Rooyen-Wessels Adder (Afrikaans, Paperback)
Christelle van Rooyen-Wessels 3
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Klara Francke het ’n donker geheim. Sy is vasgekeer in ’n giftige huwelik met die sadistiese Johan. Sy leef in konstante vrees vir haar eie lewe en dié van haar tienerjarige seun.

Wanneer Johan die nuwe ingenieur wat by die sonkragaanleg buite die dorp begin werk het vir ’n braai nooi, is daar onmiddellik ’n wedersydse aangetrokkenheid tussen Klara en haar man se kollega. Terwyl Klara worstel met haar onverklaarbare – en ontoelaatbare – gevoelens, spook speurder Basie Snyman en sy kollega om die moorde op twee jong meisies op te los.

Hulle weet hulle werk teen tyd wanneer ’n derde meisie verdwyn. Kort voor lank ontdek die speurders ’n skakel tussen die drie slagoffers: Klara Francke ...

Eggo's (Afrikaans, Paperback): Vita du Preez Eggo's (Afrikaans, Paperback)
Vita du Preez
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

'n Deerniswekkende verhaal van twee vroue wat elkeen op hul eie manier weer hul voete vind.

Wanneer Bea Klinge as jong boervrou op Leliepan aan die soom van die Namib aankom, glo sy dat sy hier vir haar, Kurt en hul kinders 'n oase van liefde sal kan skep. Ná 'n skokontdekking meer as vier dekades later kry Bea 'n miniberoerte en beland in 'n koma in die hospitaal.

Haar herstel bring Bea voor nuwe keuses te staan. Sy besef sy het haar vier dogters elkeen op 'n manier gefaal deur by Kurt te staan al het hy hulle hoe verontreg. Moet sy oop kaarte met hulle speel oor die donker geheim wat haar vasgevang gehou het in 'n liefdelose huwelik met 'n man wat haar soos 'n onderdaan behandel? Bowenal moet Bea besluit of sy die kans op geluk waarop sy destyds haar rug gekeer het gaan aangryp en vir een keer in haar lewe gaan doen wat reg is vir haar en nie vir ander nie.

Nel, haar rebelse laatlam, gaan soek haar heil in Johannesburg. Hier word sy as sukkelende aktrise met die donker kant van die vermaaklikheidsbedryf gekonfronteer. Sy raak betrokke in 'n toksiese verhouding met 'n invloedryke filmvervaardiger Buks Bothma en word die slagoffer van date-rape. Nel ontdek ook die skokkende waarheid omtrent haar herkoms.

Lex le Roux, 'n medeakteur en donkieboer bied haar 'n kontrak aan om die gesig te wees van sy velsorgprodukte wat uit donkiemelk vervaardig word. Nel gryp die geleentheid met albei hande aan. Ná die trauma waardeur Nel is, het sy tyd nodig om heel te word. Sy besluit om haar droom na te volg en 'n dramakursus in New York te gaan volg. Mettertyd ervaar sy die vreugde om haar pad boontoe te werk en nie te slaap nie. Sy kry dit reg om aan haarself te bewys dat Nel Klinge sonder hulp sukses kan behaal. Nel besef ook dat haar genesingsproses voltooi is en dat sy reg is vir meer as 'n vriendskapsverhouding met Lex.

Face-Off - The Abel Trilogy: Book 3 (Paperback): Chris Karsten Face-Off - The Abel Trilogy: Book 3 (Paperback)
Chris Karsten
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 4 - 6 working days

Abel finds himself in Bruges, with his friend and mentor Ignaz Bouts. Soon he is on the prowl again for skins with tattoos for his Cosmic Travels, now with Ignaz’s help.

In a Sleep Inn in Bez Valley, Ella Neser finds his tracks. But she also has her hands full with the murder of a corrupt official from Home Affairs, found frozen and naked, with his throat cut. A journalist suspects that he supplied South African documents to Muslim militants and other customers willing to pay.

The final part of the Abel-trilogy which began with The Skin Collector & The Skinner's Revenge.

Killer Country (Paperback): Mike Nicol Killer Country (Paperback)
Mike Nicol
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 6 working days

Mace Bishop and Pylon Buso offer guarding services to the rich in Cape Town, but they want out: tired of the egos and of being shot at, they invest dirty money in a property deal.

Obed Chocho is their ruthless opposing bidder and his lawyer, Sheemina February, is as manipulative as he. Part of her agenda concerns her past with Mace. In this mix is Judge Telman Visser, the head of a commission of inquiry into an arms deal scandal, and a son worried that his aging parents aren't safe on their farm. Mace is hired to protect them, taking his daughter along for the ride.

But Chocho and February send a hitman, Spitz, to take out Visser's parents. And with Mace and Pylon well used to taking matters into their own hands, they need to track down the killer and play judge and executioner in an attempt to right some wrongs. But they have not factored into the intrigue the role of Sheemina February. Or her wrath.

The Pride (Paperback): Tony Park The Pride (Paperback)
Tony Park 4
R340 R269 Discovery Miles 2 690 Save R71 (21%) Ships in 5 - 7 working days

Ex-mercenary Sonja Kurtz is out for revenge after her daughter Emma is assaulted by an abalone poacher while on a beachside holiday near Cape Town.

When the poacher is murdered, Sonja is targeted by a violent local gangster and must flee the country. As Sonja leaves a trail of destruction in her wake – from the threatened wilderness of Zimbabwe to the treacherous beaches of northern Mozambique – a concerned Emma must find the courage to rescue her mother.

But is Sonja a cold-blooded killer? Or is there a darker conspiracy taking place in southern Africa’s underworld – one that will change their lives forever?

Die Vloek Van Levitikus (Afrikaans, Paperback): Ben Viljoen Die Vloek Van Levitikus (Afrikaans, Paperback)
Ben Viljoen
R376 Discovery Miles 3 760 Ships in 2 - 4 working days

Die wêreld van die gemarginaliseerde is ’n eensame plek, sou Jakkie Duvenhage spoedig ontdek.

Die bewuswording van sy “andersheid” dompel hom in ’n lewe wat wipplank ry van skoonheidstitels en aanvaarding tot skokterapie en huisgeweld. Deurentyd voel hy die druk van staande te probeer bly teen die sosiale diskriminasie wat sy lewenswyse ontlok.

En dan word hy by ’n reeks sinistere moorde betrek...

Stom Gode - Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Stom Gode - Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 4 - 6 working days

Die gode in Afrika is stom. En lui.

So byna is kolonel Aella O’Malley die ewigheid in gestuur. Nou sy is terug in Afrika se bos nadat sy in Avignon gaan aansterk het. Skaars is sy en haar Franse geliefde weer op haar tuisgrond of hulle word betrek by ’n ondersoek na kadawers wat in die veld gevind is. En dit word gou deur nog lyke opgevolg.

Maar die beeld van ’n ander figuur het haar uit Avignon gevolg, dié van ’n straatkind wat Zoeloe praat en Afrikaans verstaan. Hoe het hy daar gekom, weet sy ma dit en hoe kry Aella die kind terug by die huis? Meer, wie was vir sy lot verantwoordelik? In Afrika se nat veld doem die antwoorde gaandeweg op en dit is afskuwelik.

Liewe Mamma - 'n Riller (Afrikaans, Paperback): Esther Verhoef Liewe Mamma - 'n Riller (Afrikaans, Paperback)
Esther Verhoef
R319 Discovery Miles 3 190 Ships in 5 - 7 working days

Helen se lewe is gemaklik en ongekompliseerd. Sy is tevrede met haar loopbaan, maak drie gelukkige tieners groot en woon in die mees gesogte huis in die straat. Toegegee, sy raak bietjie ontnugter deur haar huwelik met haar werkolis man, Werner. Maar sy glo sy sal dit kan regstel. Toe sy egter een aand by die huis kom, word haar lewe heeltemal onderstebo gekeer deur ’n onverwagse gebeurtenis.

Ralf en Brian is twee jeugmisdadigers vir wie hierdie plan goed sou uitwerk: ’n Vinnige geldmaakskema deur ’n huisinbraak te pleeg. Die teikens wie hulle gekies het, is Helen en Werner. Terwyl Ralf wag hou, verdwyn Brian in Helen en Werner se huis, maar hy kom nooit weer daar uit nie.

Dis die begin van Helen se nagmerrie. Sy sou dit nooit kon voorsien hoe erg dit sou raak en wat sy alles sou doen om haar gesin te beskerm nie.

Die Afloerder (Afrikaans, Paperback): Anel Heydenrych Die Afloerder (Afrikaans, Paperback)
Anel Heydenrych
R304 Discovery Miles 3 040 Ships in 4 - 6 working days

Iemand loer vanuit die skadus.

Verslaggewer Anje Bruwer verruil die gevaarlike strate van Johannesburg vir ’n rustiger lewe in Colesberg om ’n misdaadroman te skryf.

Maar die platteland is allermins rustig: Daar is ’n menseslagter los wie se gruweldade Anje se kop laat duisel. Sy loop haar in sy web vas wanneer sy vir die plaaslike koerant oor sy moorde begin verslag lewer.

Kaptein Siegfried Scholtz – ’n man wie se skuldgevoelens hom ry – kan nie anders nie as om Anje by die ondersoek te betrek.

Gaan hulle daarin slaag om te keer dat die moordenaar nog ’n lewe wreed in ’n bloederige swartsak verpak?

Die afloerder is ’n sielkundige riller so koud en donker as kan kom.

Zola (Paperback): Johan Jack Smith Zola (Paperback)
Johan Jack Smith
R309 Discovery Miles 3 090 Ships in 4 - 6 working days

A cryptic killer is cruising the streets of Johannesburg. He’s picking up young women to torture and mutilate, and it’s down to Captain David Majola and Warrant Officer Jason Basson to follow the trail of blood and find him.

Majola, plagued by cocaine and lost love, feels the need to prove himself after his early promotion; his partner Basson, imprinted by the bad old days, wishes he’d walked out on the SAPS years ago. Tensions between the two rise as the bodies pile up, and while newspapers and politicians hurl accusations and the taxi bosses threaten a devastating strike, Majola and Basson must face the demons of a crazy city.

Leaving Word (Paperback): Steven Boykey Sidley Leaving Word (Paperback)
Steven Boykey Sidley
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 2 - 4 working days

Joelle Jesson is 40 and single and now suddenly unemployed. After a long and distinguished career as a fiction editor at powerful publishing companies, her future is extinguished by a world that no longer cares as much for books as it does for faster and more superficial digital pleasures.

Buddy Rappaport, the young, glamorous new CEO of her famed publisher, CrossMedia, is tasked with letting her go. Soon after, he is found dead at his desk, with no apparent cause. Joelle’s plot instincts light up. Was he killed? And if so, why? Did he commit suicide? A lifetime of massaging the plots of stories leaves her obsessed with getting to the bottom of his death. Is it the dark and taciturn brother, Cubby, a near-unknown artist painting strange canvases in his small apartment? He is a dead ringer for Buddy, volcanically sexy, but so different to his charismatic and successful younger brother.

Or is it the handsome and cynical LAPD detective, Corelli, who accosts Joelle at Buddy’s funeral, trying to get her to read his first manuscript for a novel, a murder story eerily reminiscent of what happened in the corner office of the company where she spent so many years?

Or perhaps the deranged and talentless loner, Thron, desperate for fame and fortune, trying to foist an absurd science fiction manuscript on all and sundry, driven mad by constant rejection and derision, stalking elite publishing executives with a gun in his pocket?

Leaving Word is a literary mystery; a story of homicide; a comic and probing look at our need for stories; a satire about fame, fortune, art and books; a love story and one woman’s quest to find meaning in a chaotic world.

Zola (Afrikaans, Paperback): Johan Jack Smith Zola (Afrikaans, Paperback)
Johan Jack Smith 1
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 4 - 6 working days

Die hel is los in Johannesburg se strate. Iemand is besig om jong meisies wreed af te maai en die bloedspoor wat hy agterlaat, sê: “Reeksmoorde”. Die stapel slagoffers raak kaptein David Majola en adjudant Jason Basson se gemors.

Kaptein Majola: ’n man deurmekaar met wit lyne en opgerolde geldnote wie se ma en suster steeds in die township sit en krepeer. Adjudant Basson: die tipe polisieman wat veel eerder die Mag jare gelede vaarwel moes roep.

Terwyl koerante en politici blaf en die taxibase met ’n verwoestende staking dreig, moet Majola en Basson duiwels in ’n malse stad trotseer.

Die Man van Quatro - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Calvyn van Niekerk Die Man van Quatro - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Calvyn van Niekerk
R325 Discovery Miles 3 250 Ships in 4 - 6 working days

Wanneer ʼn dossier uit ʼn polisiekantoor verdwyn, word ʼn jong vrouekonstabel, Lisa Olckers, van diefstal beskuldig en geskors. Ná ’n grusame aanval op haar ouers se plaas, besef haar broer, Thinus Olckers, dit was meer as net ʼn gewone rooftog. Hy besluit om reg in eie hande te neem en die aanvallers op te spoor.

Maar Thinus Olckers is nie die enigste man uit op wraak nie: die geheimsinnige Patel, ’n oorlewende van ʼn martelkamp in Angola, soek die bloed van Vusi Radebe, destyds ʼn wag in die kamp. Vusi is nou ʼn generaal in die Suid-Afrikaanse Weermag en Patel ’n skatryk goudsmokkelaar. Dit blyk dat die vermiste dossier in opdrag van Patel gesteel is en Thinus Olckers krap nou waar dit nie jeuk nie.

Kaptein Dirk Bremer, ’n stroomop alleenloper, is op die spoor van sowel die plaasaanvallers as Thinus, nou ʼn gevaarlike vigilante. Daar is ʼn gruweldaad op Bremer se werf gepleeg en hy is ewe onverbiddelik as Thinus en Patel.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Duiwelsroos
Leon van Nierop Paperback R360 R321 Discovery Miles 3 210
Nagreisiger
Leon van Nierop Paperback R240 Discovery Miles 2 400
The List
Barry Gilder Paperback R294 Discovery Miles 2 940
Sleeper
Mike Nicol Paperback R300 R277 Discovery Miles 2 770
Koors
Deon Meyer Paperback  (4)
R365 R326 Discovery Miles 3 260
Kringloop
Bets Smith Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Polsslag
Marie Lotz Paperback  (1)
R350 R312 Discovery Miles 3 120
Infanta
Deon Meyer Paperback  (2)
R365 R326 Discovery Miles 3 260
Bloedbande
Jeanette Stals Paperback R320 R300 Discovery Miles 3 000
An Act Of Murder
Tom Eaton Paperback R340 R314 Discovery Miles 3 140

 

Partners