0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R100 - R250 (29)
  • R250 - R500 (236)
  • R500+ (8)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Crime

Thirteen Hours (Paperback): Deon Meyer Thirteen Hours (Paperback)
Deon Meyer 2
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 11 - 16 working days

They killed her best friend. Now they are chasing Rachel Anderson through the streets of Cape Town.

The young tourist doesn't dare trust anyone - except her father, back home in America. When he puts pressure on the politicians, they know that to protect their country's image, they must find Rachel's hiding place before the killers.

So Benny Griessel - detective, maverick and father of teenagers himself - has just 13 hours to crack open a conspiracy which threatens the whole country.

Vuilspel (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Vuilspel (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Verhaal oor sterk vroue, bendegeweld en aanvaarding.

Niemand spreek haar as Nicola de Wee aan nie. Vir Blackie, die kollega in wie se plek sy telkens bevorder word, is sy “ounooi”; vir Peters, wat onredbaar beenaf op haar is, is sy “kaptein”; haar priestervriendin Sally noem haar “Nic”. Dis net die Khayelitsha-stasiebevelvoerder vir wie sy “kaptein De Wee” heet.

Die nag toe hulle na ’n brandende voertuig uitgeroep word, kon kaptein De Wee nie droom dat dit Thandi se motor is nie, dat sy later haar grusaam verminkte lyk sou moes uitken, en watter verreikende uitwerking die moord op haar vriendekring sou hê nie. Allermins dat sy uiteindelik die ondersoek na die moord sou moes lei.

Maar om die agt moordenaars op te spoor en hul motief te ontrafel, is nie die enigste uitdaging waarvoor Nicci in hierdie ongewoon verweefde misdaadroman taan nie. Sy het self ’n geheim wat sy slim verdoesel. Tot die aand dat sy en Blackie en Peters ’n potjie maak.

Innie Shadows (Afrikaans, Paperback): Olivia M. Coetzee Innie Shadows (Afrikaans, Paperback)
Olivia M. Coetzee
R260 R240 Discovery Miles 2 400 Save R20 (8%) Ships in 5 - 10 working days

A page turning, gender and genre-bending novel set on the Cape Flats; a story of people who live in a place of violence which involves drugs, corrupt clergy, queerness, friendships - and how these survive in a society that is dysfunctional due to historical social problems; very much a novel of now, the 21st century.

A book that will change the literary landscape of this country.

Jagter (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Jagter (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Klippe, messe en pyle uit ’n kruisboog: Die vreemste – en wreedste –misdaadtoneel in Kaptein Nicci de Wee se loopbaan.

Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met die nimlike Blackie Swart ’n internasionale insident te voorkom.

Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou.

Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis, moet Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ’n nuwe hel af te weer: van ’n rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ’n paar petrolbomme.

Gou kom Nicci agter die monsters wat haar lewe en dié van haar kollegas bedreig, is gevaarliker as Ramoth, vlymskerp polisiefotograaf Stella Jansen se mak Komododraak.

In Jagter, haar derde Nicci de Wee-riller, draai Bettina Wyngaard al die krane oop.

Die Dooies Praat Nie (Afrikaans, Paperback, Groot Druk): Peet Venter Die Dooies Praat Nie (Afrikaans, Paperback, Groot Druk)
Peet Venter
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days
Brandmerk (Afrikaans, Paperback): Christelle van Rooyen-Wessels Brandmerk (Afrikaans, Paperback)
Christelle van Rooyen-Wessels 1
R320 R295 Discovery Miles 2 950 Save R25 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Hy kan eerlik sê kleintjies hou van hom. Dit laat hom altyd dink dat hy ’n goeie pa sal maak. Die dogtertjie weeg byna niks en hy pluk haar met gemak tot binne-in sy voertuig. Hy trek dadelik weg, die spartelende kind oor sy skoot. Sy probeer onder sy greep uit kom, maar hy druk haar half onder die stuurwiel in.

Hy kyk rond. Niemand storm uit ’n huis of roep agter hom aan nie. Hy gee ’n ingenome laggie. Practice makes perfect, nè.

’n Kombers van boosheid daal neer oor ’n plattelandse dorp wanneer Portia Serape se vyfjarige dogtertjie gegryp word, maar dit is net die begin. Haar familie probeer naarstiglik om die kind op te spoor.

Nuus van die vermiste meisiekind bereik Klara Dean waar sy as maatskaplike werker by Veilige Hawe werk. Klara moes self die stukkies van haar lewe optel nadat sy en haar lieflingseun David die wreedheid van haar eksman oorleef het. Nou het Klara ’n nuwe, liefdevolle man en ’n oulike vierjarige.

Maar die nuwe vlaag onheil bedreig hul veiligheid, en hou kaptein Coghran en die plaaslike polisie wakker tot diep in die nag.

Swyg (Afrikaans, Paperback): Erla Diedericks Swyg (Afrikaans, Paperback)
Erla Diedericks
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Slegs die dooies kan swyg soos die graf ...

In 2009 word Stellenbosch geruk deur ’n sensasionele moord. Vanessa Wessels, dogter van ’n welgestelde familie, vermoor haar studentemaat, maar swyg soos die graf oor die voorval. Dokters beweer sy ly aan psigotiese geheueverlies weens die dwelms wat in haar bloedmonsters gevind is, maar almal het hulle bedenkinge.

’n Paar jaar later jaag die bekende digter en dosent Didi Donkermann, geheime en al, by Voëlklip oor die afgrond in ’n vermeende selfdood.

Die raaisels begin net stof opgaar, toe die Molenberg psigiatriese hospitaal vir dr. Ann Marais laat weet dat Vanessa Wessels haar wil sien. Ná jare se stilte wil sy uiteindelik praat oor wat die aand van die moord gebeur het. Dan kom Didi se seun, die skrywer Louis Donkermann, ook uit die houtwerk met aantygings dat ’n jong skrywer sy nuutste boek geplagieer het.

Maar hoe is hierdie twee ou sake verbind? Waar oorvleuel moord, obsessie en letterkunde? En hoe vind jy die waarheid na soveel jare se stilswye?

Swyg, Erla Diedericks se vierde spanningsroman, snuffel heerlik tussen die geraamtes van die akademiese en uitgewerswêreld.

Dryfveer (Afrikaans, Paperback): Tinus Viviers Dryfveer (Afrikaans, Paperback)
Tinus Viviers
R318 Discovery Miles 3 180 Ships in 2 - 4 working days

Wat is dit wat mense dryf om daardie fyn lyn tussen reg en verkeer doortesteek, welwetende dat hulle in die proses oor die krans gaan ry? Die karakters in Dryfveer is geen uitsondering nie.

'm Mpumalanga Wholesale Supplies spesialis word vermoor en Karl-Jan Schoeman ontbloot bedrog. Beleef die spanning saam met hom, Eileen Wessels wat die rekenaarskelm moet soek en kaptein Marcus Dube wat die kriminele ondersoek na die moord en 'n ontvoering lei.

Voeg hierby ʼn sluimerende romanse, 'n listige vrou wat bedreig voel, en die vonke spat.

Doodsake Op Karibib (Afrikaans, Paperback): Isa Konrad Doodsake Op Karibib (Afrikaans, Paperback)
Isa Konrad
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Isa Konrad laat die sonderlinge speurder van Karibib, Conrad Dorfling, weer krap waar daar 'n lyk is. Sommer gou-gou ontdek Dorfling twee goed, nee drie:

- Die lyk is oud. Dit gaan moeite kos om uit te vind wat aangaan.
- Alet Gouws is terug in Karibib. Hoekom weet hy nie, maar hy is nie seker dat dit goeie nuus is nie.
- Die hele polisiestasie weet skynbaar van sy en Alet se afskeidsoen …

Conrad weet nie wie se lyk dit is nie, maar hy is dankbaar dat dit 'n geraamte is, 'n doodloopsaak dus. Hy kan nie twee moorde in twee weke onder sy neus laat gebeur nie. En boonop krap Alet se teenwoordigheid hom om. Hy het regtig gedink daardie soen was vaarwel. Sy is 'n mooi vrou en Con se vorige huwelik het rampspoedige gevolge gehad ...

Alet het per ongeluk 'n getuie in sy vorige moordsaak geword. Namibië is nie haar wêreld nie, haar lewe en haar man is in Kaapstad. Hoekom het sy skielik teruggekom Karibib toe? Alet het hom laat glo sy was op pad om van haar man te skei. Intussen warm sy doodloopsaak op. Binnekort is hulle op soek na 'n tweede lyk, en binne in sy eie lyf bewe die geraamtes in hulle kaste.

Doodsake op Karibib word uit die manlike hoofkarakter se perspektief aangebied en die skrywer kry dit reg om ʼn lieflike onbeholpe karakter met 'n goeie hart en vergeefbare tekortkominge te skep wat enige vrou se knieë lam sal maak. Die skrywer se fyn waarnemingsvermoë en lekker sin vir humor, asook haar deerniswekkende karakters sorg vir suiwer leesplesier.

Doodsake op Karibib volg op Moord op Karibib. Isa Konrad se boeke vergelyk goed met Sandra Brown s'n.

The Good Nigerian (Paperback): David Dison The Good Nigerian (Paperback)
David Dison
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

From the author of Death in the New Republic comes another thrilling crime story featuring hard-bitten Johannesburg detective, Jerome Nossel.

A distress call from Nossel’s old friend, Alex, breaks into the detective’s lazy Sunday afternoon. He is propelled into the glamour and sleaze of the city’s underworld by a kidnap and a demand for an exotic ransom. Accompanied by Alex’s captivating Nigerian wife Ngozi, they scour the fleshpots of Johannesburg, from its mega-rich northern suburbs to its sordid core in the dark city. They are pursued by the crazed steroidal enforcer who answers to only one man – Yuri Kramerov, the pimpmeister of Doornfontein.

With time running out, and in their desperate quest to recover the ransom, encounters, characters and places create a Chandler-esque story, with Johannesburg as the main attraction.

A Walk At Midnight (Paperback): Alex van Tonder A Walk At Midnight (Paperback)
Alex van Tonder
R270 R245 Discovery Miles 2 450 Save R25 (9%) Ships in 5 - 10 working days

"I am unleashed from my mother’s womb while she is choosing tomatoes at Ralphs. My birth is one of her favourite stories to tell." This is how the reader is introduced to Jane, the main protagonist, in Alex van Tonder’s new novel, A Walk at Midnight.

Jane is a complicated character who readers will empathise with as the novel moves between past and present, revealing some very dark secrets. Secrets that daren’t be spoken of. Van Tonder’s wit, sarcasm and sharp characterisations make for compelling reading.

Her Twitter bio states, "All that we see and seem is but a screen grab from someone else's WhatsApp", and in this carefully crafted psychological thriller, all is not what it seems. A ‘griplit’ novel at its best, Alex van Tonder captures domestic suspense at its finest.

Ondier (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Ondier (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die hulp van die forensiese profileerder, doktor Olaf Demeyer, word ingeroep toe voetslaners aan die voet van Bosberg op die naakte lyk van 'n vrou afkom. Sy is vasgemaak teen 'n jong bloekom. Verskeie meswonde ontsier haar liggaam.

Maar Olaf sien nie kans nie. Hy het sy praktyk gesluit, want “Ek is oor die muur. Ek het vir te lank te veel oor hierdie soort afgronde van mense gehang, om te probeer help. Toe my eie dogter deur 'n reeksmoordenaar ontvoer word, het ek oor my eie afgrond gedonder. Tot onder in die hel. Nooit weer nie. Ek kan nie meer nie. Ek het genoeg gehad.”

Maar so maklik is dit nie om sy rug op hierdie trauma te draai nie. Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober, die vrou vir wie hy lief geword het. Sy het uit sy lewe gestap toe sy agterkom sy verwag sy kind. Cor is nou twee maande oud en hy ly aan 'n ernstige hartdefek. Hy moet dringend in die Kaap kom vir 'n operasie, maar hy het verdwyn. Hy word vermoedelik deur sy ma se moordenaar aangehou. Sy uurglas is besig om leeg te loop.

“Jy het jou dogter se lewe gered,” soebat adjudant Jordaan van Somerset-Oos vir Olaf. “Kom help ons nou om jou babaseun ook te red.”

Kwessies soos geestesversteuring, seksverslawing en kannibalisme word aangespreek teen die agtergrond van 'n reeks bisarre misdade waarin jong vroue grusaam vermink word voordat hulle sterf en hulle babas verdwyn. Ondier is die skrywer se tweede volwasse roman en volg op Die Vyfde Aspoester.

Die Alfadokument (Afrikaans, Paperback): Rene van Zyl Die Alfadokument (Afrikaans, Paperback)
Rene van Zyl
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Geloof en mag sorg vir 'n dodelike kat-en-muis speletjie...

Nadat die biljoenêr, Nico Cohen, die stigter van die Nikolaïete ʼn berugte internasionale geloofsorde, sterf, erf sy twintigjarige dogter, Michaela ('n loskop sosiale vlinder), sy posisie. Die oorblywende direkteure van die Orde, waarvan die hoofkantoor in Kaapstad gesetel is, die Groot Ses, stuit vir niks om te sorg dat hulle in beheer bly nie - ook nie vir moord nie. Dit gaan 'n eks-taakmaglid kos om die rykmansdogter te help om die orde se geheime oop te vlek. Josh Young het sy eie redes waarom hy die onaantasbare maatskappy se onderduimshede wil ontmasker. Saam moet hulle die Orde se geheime Alfadokument opspoor. Dis hulle enigste kans om te wys watse onheilighede werklik agter die sukses van die Groot Ses skuil. Die soektog neem hulle op 'n gevaarlike ekspedisie regoor Europa met ʼn moordenaar kort op hul hakke. Min weet hulle hoeveel bose geheime hulle gaan ontmasker.

The Last Stop (Paperback): Thabiso Mofokeng The Last Stop (Paperback)
Thabiso Mofokeng
R484 Discovery Miles 4 840 Ships in 6 - 10 working days

Set in the taxi industry, the story's main characters are a poor taxi driver, a wealthy taxi owner and the taxi driver's girlfriend.

Crime fiction featuring paranormal elements, The Last Stop combines gritty realism with the magical. It shows what happens between people in times of taxi violence and deals with themes of lust, betrayal and revenge.

The Last Stop is an engaging, clever, interesting and darkly enjoyable read with an incredible plot twist at the end.

Blinde Gode - Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Blinde Gode - Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die vraag wat die Romeinse digter Juvenalis 2000 jaar gelede gevra het, word vandag steeds onbeantwoord gelaat: Wie sal toesien dat die bewakers bewaak word?

Aella O’Malley is bevorder na bevelvoerder van die speurtak op Opathe sedert die dramatiese gebeure in Dowe gode. Dis nou eers ’n week en sy moet nog gewoond raak daaraan wanneer mense haar as kolonel aanspreek.

Sy sukkel steeds om die dood van haar geliefde Roel te verwerk en is getraumatiseer deur Whistler se verraad. Sy ontvang besoek van ’n afgevaardigde van ’n presidensiële kommissie van ondersoek na korrupsie in die strafregstelsel – op die presiese tydstip wat ’n plaaslike landdros dood in sy motor gevind word. Hy is tereggestel.

Aella is verplig om kontak te maak met majoor Christophe Leblanc om haar te help om data te herwin ten einde die ondersoek te bespoedig. Leblanc is ’n Fransman van Interpol wat Suid-Afrika toe gestuur is om uit te vind wat van die geld word wat Europa vir renoster bewaring skenk.

Terselfdertyd word twee renoster stropers koelbloedig voor kolonel Alexander MacLachlan op die verre noordelike grens van die provinsie doodgeskiet. Hy arresteer die moordenaar op die toneel. Sy saak word beduiwel toe die moordenaar homself om die lewe bring.

Hoe hou die moord op ’n landdros en die teregstelling van twee renoster stropers met mekaar verband? Die ondersoek lei O’Malley en MacLachlan na mekaar, met skokkende gevolge.

Die ondersoek is egter ook ’n helingsproses vir O’Malley. Deur die harde werklikheid van ’n moordondersoek leer sy dat die dooies die dooies moet begrawe en dat hoop nooit ydel kan wees nie.

Dowe Gode - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Dibi Breytenbach Dowe Gode - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Dibi Breytenbach
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wanneer het lewe so goedkoop geword en genade so duur?

Masjiengeweervuur skeur deur die stilte van die nag in die distrik van Opathe in die Natalse bosveld. Dit verander die lewe van een boeregesin vir altyd, want twee geslagte word in ’n oogwink koelbloedig op hulle plaas deur gesiglose aanvallers uitgewis.

Aella O’Malley, die ondersoekbeampte, sukkel om sin te maak uit ’n reeks leidrade wat deur politiek, afguns, vrees, geloof en bygeloof tot ’n verwarrende mengelmoes van inligting deurmekaar geroer word. Om sake te kompliseer kry sy ’n boodskap: “Onthou die pad na Opathe,” wat in gewone omgangstaal ’n doodsdreigement is. Net daarna wórd sy inderdaad raakgeskiet.

Wat is die motief? Is dit net nog ’n sinlose plaasmoord, waarom wil iemand Aella uit die weg ruim, en sit daar iets meer agter hierdie slagting?

Haar eerste verdagte word wreed aangerand deur ’n gefrustreerde jong boer, en nou het die oorwerkte polisie hóm ook in hegtenis geneem.

Die roman bied ’n sonderlinge blik op die polisie se werkwyse. Breytenbach werk daagliks in ons strafregstelsel en sy beskryf die polisieprosedures in detail, maar só dat die leser voel jy stap saam in die aanklagkantoor in. Die lykskouings, die vorms, die klagteboeke, alles word deel van die storie. Hier is ’n kenner se hand aan die werk. Wat meer is, die roman toon hoe sekere ondersoekbeamptes steeds probeer funksioneer in ’n disfunksionele stelsel en ondanks politieke inmenging in hulle werk.

Moord, verraad en hoop: Watter een van hierdie drie sal uiteindelik oorwin?

Eers teen die einde, wanneer Aella besef sy is bedrieg, verstaan sy dat die pad na Opathe ’n verraderlike pad is wat met groot omsigtigheid gestap moet word.

Smit Motors (Afrikaans, Paperback): Reney Warrington Smit Motors (Afrikaans, Paperback)
Reney Warrington; Narrated by Cintaine Schutte
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Jou buurman dink hy besit die polisie ...

Petra Smit erf onverwags haar oupa se ou werkswinkel in ʼn klein Vrystaatse dorpie. Daar is gelukkig kopers wat tou staan vir die gebou, maar Petra gaan, heel nuuskierig, kyk na hierdie eiendom waarvan sy nie glad nie geweet het nie. Daar aangekom, ontdek sy die erf vol motorwrakke wat aan die plaaslike slagter behoort. Dié einste slagter is ook die buurman, hy is 'n vroueslaner en hy skeep sy seun, Monty, af, maar hy het kontant en staan gereed om Smit Motors te koop. Petra, wat baie lief was vir haar oupa, wil nie die erflating aan so 'n persoon verkoop nie en 'n mini-oorlog breek uit. Dinge word nog moeiliker toe Arno, 'n reus van 'n man met die psige van 'n kind, aan haar deur kom klop. Hy wil help. Die reus maak homself tuis en word vriende met die slagter se seun, Monty. Petra hoort nie in hierdie dorp nie. Sy mis haar mooi meisie en die roman wat sy wil skryf, bly tweede kom in die oorlog met die slagter. Die slagter hoort wel op die dorp. Hy ken die polisie en intimideer almal. Sal die vreemde Petra en haar twee nuwe maats, Arno en Monty, die oorlog kan wen?

Die boek word uit verskeie perspektiewe vertel. Petra is een perspektiefkarakter, so ook is die Johanna, Monty se oppasser. Aan die ander kant van die wêreld bly Susan, ʼn kunstenaar, vasgevang in ʼn luukse Sweedse kunstepark, nog 'n perspektiefkarakter. Wat het hierdie vroue met mekaar in gemeen? Hoe bind Smit Motors hulle almal? Smit Motors is toeganklike literêre fiksie. Réney Warrington slaag daarin om die spanning snaarstyf te hou, terwyl die leser die speurwerk moet doen, wetende dat iemand se bloed sal moet vloei. Die vraag is: Wie s'n?

Corporation Games (Paperback): Anneleigh Jacobsen Corporation Games (Paperback)
Anneleigh Jacobsen
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“She said we need to send the tokoloshes out, to find where this death is coming from. To find the person, the place, so that we can all know.” Hierdie fiktiewe korporatiewe spanningsverhaal is gebaseer op verskeie werklike finansiële skandale. Die seks, geld en gierigheid van die korporatiewe wêreld staan teenoor die still veerkragtigheid van plattelandse mense van Afrika. Die einde sal jou asem wegslaan.

Bitter Pill (Paperback): Peter Church Bitter Pill (Paperback)
Peter Church
R354 R259 Discovery Miles 2 590 Save R95 (27%) Ships in 9 - 17 working days

Between the USA and SA lies the deep Web. Inside the heaving party hub that is Cape Town’s student playground, someone is preying on the young and unwary. As allegations of drink spiking and illicit sex hit the local papers, university authorities move quickly to limit the damage... A world away in Seattle, Carlos De Palma, the shadowy operator behind Dark Video, is plotting his survival strategy in the ever-changing Internet landscape. With his precious clients clamouring for heightened thrills, Carlos begins tapping into a new service that blur the boundaries between the real and virtual worlds... Enter Robbie Cullen, nice guy and average student, dumped by his girlfriend and struggling with grades. But when it comes to the crunch, Robbie doesn’t know the meaning of stepping back. Once he encounters the beautiful and mysterious Fallon, his small-town bravado is set to make him some powerful enemies. Bitter Pill is a gripping thriller that sweeps through the intoxicating haunts of Cape Town’s nightlife and lingers on the sugary sand of Plettenberg Bay—before exploding on the streets of the Mother City’s exclusive southern suburbs.

Vleisfees Op Karibib (Afrikaans, Paperback): Isa Konrad Vleisfees Op Karibib (Afrikaans, Paperback)
Isa Konrad
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Liefde en dood loop hand aan hand deur die woestyn.

Ná haar egskeiding keer Alet Snyman terug na Karibib toe om die drade wat sy aan die begin van die jaar daar laat lê het, weer op te tel. Haar terugkoms val saam met die jaarlikse Vleisfees, maar toe sy eers daar is, is haar nuwe lewe alles behalwe 'n fees. Sy het 'n man se loopbaan verongeluk - 'n man vir wie sy omgee ook nog. Erika Schultz, die Herero-vrou wat haar aan die begin van die jaar onder haar vlerk geneem het, wil haar nie meer daar hê nie. En toe sy haar eerste konsert op Karibib bywoon, sterf die hoofkunstenaar in die middel van die vertoning.

Inspekteur Con Dorfling, bevelvoerder van Karibib polisie, het pas 'n dissiplinêre verhoor weens aanranding agter die rug. Hy word 'n proeftyd van ses maande opgelê, waarna sy pos geherevalueer sal word. Con is nog in Windhoek, sy vonnis nog nie koud nie, toe hy die nuus uit Karibib kry dat 'n bekende sanger uit Duitsland op sy dorp vermoor is. Ook dat Alet Snyman terug is en by was toe dit gebeur het. Hulle sê rampe gebeur in drieë en dit is die derde keer wat sy Karibib toe kom. Dus moet dit hom eintlik nie verbaas nie.

Want waar Alet gaan, volg moord en doodsake.

Gifbeker (Afrikaans, Paperback): Irna van Zyl Gifbeker (Afrikaans, Paperback)
Irna van Zyl
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Speurders Storm van der Merwe en Andreas Moerdyk is terug. Storm werk nou in Hermanus en tydens ʼn ete saam met ʼn vriendin in Zebardines, ʼn spoggerige restaurant, slaan ʼn gehate kosblogger dood neer. Dit blyk dat daar giftige sampioene in haar kos was.

Dis maar net die begin van Storm se probleme. Haar oudkollega, Andreas Moerdyk, daag sak en pak op haar drumpel op. Hy het bedank en kom soek ʼn nuwe heenkome in Hermanus. Terwyl al die restaurante in die omgewing reg maak vir fooddotcom, ʼn restaurant- en koswebtuiste, se toekenningsaand, waar die beste sjefs in die land vereer word, eis die moordenaar nog slagoffers.

Gaan Storm daarin slaag om die moordenaar vas te trek voor haar tyd uitloop?

As Jy Van Moord Droom (Afrikaans, Paperback): Deborah Steinmair As Jy Van Moord Droom (Afrikaans, Paperback)
Deborah Steinmair
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Wat maak ʼn ma as haar sesjarige kind ontvoer word en 20 jaar later weer verskyn?

Erin se dogter wat op ses verdwyn het, klop 20 jaar later aan haar deur. Maryna praat vlotter Chinees as Afrikaans, sy is grotesk, het ’n daggagewoonte, is stuurs en stil.

Erin is nie ’n emosionele mens nie, haar greep op die werklikheid is glibberig en sy praat moeilik oor haar gevoelens. Sy is obsessief oor die man wat haar verlaat het en die jeugvriend wat steeds na haar hunker. Hoe gemaak met die kuiken wat onder haar vlerk uit gesteel is, wat deur vreemdelinge hanteer is sodat sy haar reuk nie meer eien nie, wat grootgeword en tuisgekom het om te broei?

Wie lê op loer na haar kind? As jy van moord droom voel dit dikwels asof jy in ’n parallelle werklikheid inderdaad gemoor het; jy word met ’n knaende skuldgevoel wakker en wonder waartoe jy regtig in staat is.

Erin het haarself beskou as iemand aan wie moederinstink ontbreek, maar toe haar kind verdwyn het, het haar lewe alle betekenis verloor. Nou is Maryna terug, maar hoe dring sy tot hierdie woedende vreemdeling deur?

En wat sal sy doen om haar dié keer te beskerm?

Hier is ’n karaktergedrewe blitsblaaier vol noir en stokou raaisels.

Doodsengel (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Doodsengel (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Is dit 'n vergeldingsdrang wat iemand laat moor, of kan dit die psigologiese nagevolge van traumatiese kinderjare wees?

Magdalena Bakkes moor vir die derde keer in haar lewe en kies om te vlug, gedring deur die moeras van molestering en geweld wat haar kinderjare gekenmerk het. Niemand behalwe die onbekende vrou wat haar help wegkom, weet van die verkragting nie. En niemand sal weet dat Magdalena haar aanvaller se lewe geneem het nie. Sy sal nooit weer in 'n sel sit nie, al kos dit wát. Sy veg om 'n fasade van normaliteit te behou, help haar beskadigde kliënte en bied vir 'n groep ewe beskadigde elfjarige weeskinders Sondagskoolklasse aan terwyl sy haar blinde ma ondersteun en poog om die psigologiese nagevolge van die verkragting en moord te verwerk. Is daar onheil by die kinderhuis? Hoe diep en wyd strek die boosheid? Is haar ma werklik in die greep van demensie, of is daar iets anders, iets erger aan die gang? Sal die groep vigilantes daarin slaag om haar moord toe te smeer, of sal die groot polisieman sy woord gestand doen en die moordenaar aankeer?

Doodsengel is Rust se 6de boek met 'n splinternuwe hoofkarakter.

Die Seepunt-Insident (Afrikaans, Paperback): Gerhard Greyvensteyn Die Seepunt-Insident (Afrikaans, Paperback)
Gerhard Greyvensteyn
R300 R154 Discovery Miles 1 540 Save R146 (49%) Ships in 5 - 7 working days

Imelda Grys – sakevrou, kunskenner en miljoenêr – val na haar dood op die aand van ’n eksklusiewe Nuwejaarsete. Iemand het met haar stoelhysbak gepeuter, die hyser wat haar 24 meter en teen ’n helling van 33 grade tot by haar voordeur hoog teen die steiltes van een van Kaapstad se rykmansbuurte moes besorg.

Privaat speurder Vos moet die moordenaar vastrek. Sy en haar tweelingbroer, Deventer, was ’n gedugte span toe hulle destyds in die polisie was. Deventer verkies egter deesdae om gesond te eet en sy dae om te mediteer ... Maar sy suster weet wat hy na die ondersoek kan bring en watse knoppies om te druk.

Die moordenaar moes iemand in Imelda se binnekring gewees het, ’n gas dié aand toe sy vir oulaas met swier onthaal het. Was dit miskien een van haar twee kinders, Dennis en Sandra? Dennis se vrou, Fikile, of Sandra se metgesel, James? Wat het die Shanghaise sakevrou Jane Zhang aan tafel gemaak, en Jakkie Brits, die radiojoernalis? En hoe kom dit dat ’n eks-kollega van Vos en Deventer, Bradley Moynahan, ook daar was? Die lys verdagtes is kort, maar met nog lewens in gevaar is Vos en Deventer se tyd selfs korter.

Crackerjack (Paperback): Peter Church Crackerjack (Paperback)
Peter Church
R360 Discovery Miles 3 600 Ships in 2 - 4 working days

Carla Vitale’s dream is shattered when her boss and mentor, Nial Townley, disappears and his luxury vehicle is found in a crevice at the bottom of Chapman’s Peak. She turns to Daniel Le Fleur, a hacker, to help her get her life back.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Wiley-Blackwell Handbook of Couples…
P. Noller Hardcover R1,221 Discovery Miles 12 210
Beyond Order - 12 More Rules For Life
Jordan B. Peterson Paperback R295 R272 Discovery Miles 2 720
Developmental Neuropsychology - A…
Vicki Anderson, Elisabeth Northam, … Paperback R1,343 Discovery Miles 13 430
The Psychologically Literate Citizen…
Jacquelyn Cranney Hardcover R2,380 Discovery Miles 23 800
Anxiety, Volume 103
Gerald Litwack Hardcover R4,521 Discovery Miles 45 210
International Review Research in…
Robert M. Hodapp, Deborah J. Fidler Hardcover R4,807 Discovery Miles 48 070
Understanding Psychopathology
Gale Ure Paperback R699 R619 Discovery Miles 6 190
Cross-Cultural Family Research and…
W.Kim Halford, Fons van de Vijver Paperback R2,578 Discovery Miles 25 780
21st Century Psychology For Nurses - An…
Andrea van Vuren Paperback R629 Discovery Miles 6 290
Mild Head Injury - A Guide to Management
Philip Wrightson, Dorothy Gronwall Hardcover R5,100 Discovery Miles 51 000

 

Partners