![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Crime
The Woman in the Blue Cloak is a brilliant novella which will thrill and entertain fans of Deon Meyer's much-loved detective Benny Griessel. Benny Griessel is a cop on a mission: he plans to ask Alexa Bernard to marry him. That means he needs to buy an engagement ring - and that means he needs a loan. So Benny has a lot on his mind when he is called to a top-priority murder case. A woman's body is discovered, naked and washed in bleach, draped on a wall beside a picturesque road above Cape Town. The identity of the victim is a mystery, as is the reason for her killing. Gradually, Benny and his colleague Vaughn Cupido begin to work out the roots of the story, which reach as far away as England and Holland... and as far back as the seventeenth century.
The enigmatic and darkly compelling Harry O'Connor, better known as Badger, is back in a fourth gripping crime thriller from Amanda Coetzee. This time the Major Crimes detective must pit his skills and wits and his dedicated team against a deadly sniper whose dark past in Afghanistan and South Africa has come back to haunt the streets of Bedford as they explode in an unprecedented drug war. The ex-sniper from the British Armed Forces is a suspect in a series of killings and, despite the unusual affinity that Badger feels for the man, he must put aside his own devastating personal loss to track him down - from the rooftops of Bedford to the diamond auctions of the North West province in South Africa - to prevent the body count from climbing any higher.
Privaatspeurder Willem Lotriet se besigheid floreer, maar dis al. Sy liefdeslewe is een groot gemors. Hy was reeds in vele verhoudings, maar kon sover nie een maak werk nie. Nou vrees hy dat hy nooit tot trou sal kom nie. Dan tref drie rampe hom binne 24 uur. Terwyl hy soek na die mense wat daarvoor verantwoordelik is, kry hy boonop 'n opdrag om iemand in Katar se agtergrond te ondersoek. In die proses ontmoet hy twee vroue in wie hy belangstel. Ilse, sy opdraggewer se persoonlike assistent en Susan Naudé, 'n joernalis met burgerskap in beide Suid Afrika en Katar. Susan is besig met 'n storie oor die opstande in die Arabiese wêreld en ondersoek 'n groep mans wat klaarblyklik skuldig is aan aanhitsing tot opstand en finansiering daarvan. Toe sy al ses van hulle aan 'n nuwe maatskappy kan verbind en ook uitvind dat vier vermoor is, vra sy Willem om haar te help. Tydens hulle ontleding van die leidrade, raak hulle by mekaar betrokke. Kort daarna moet Willem terugkeer SuidAfrika toe en glo sy probleem om tot trou te kom is opgelos. Dan kry hy die finale skakel tussen die moorde en ontplof alles rondom hom.
Alles voel verkeerd hier ...
“Vang jy hom onbehoeds van voor, dan lyk hy soos ‘n man wat nou net met ’n stok geslaan is. Maar hou hom dop uit die hoek van jou oog, dan bespeur jy die glorie van ’n slim man. ’n Mooi man.” George is gebore toe Jan Smuts dood is, word op ’n plaas in die Noord-Kaap groot, dien as aaspeloton in Angola, raak deurmekaar met die Baader-Meinhofbende in Duitsland, werk as joernalis tydens die noodtoestande in Kaapstad, maar op die ou end word hy ’n saboteur, ’n skaapsmokkelaar, ’n mal man, ’n boemelaar. Tussendeur kul en koggel George prokureurs, kopdokters, en vroue. Gedeeltelik bewolk is ’n pittige, aweregse debuutroman wat jou soos ’n vuishou in die maag slaan.
When the former assassin, Zikhona, wakes up next to a dead body in an affluent Johannesburg suburb, she knows of only one person who can clean up her mess, uncle Zenzele. The incident unravels ghosts of the past, forcing the Z Gang to crawl out of their Mozambican hideout. It is not only Zikhona’s situation that is intricate but the gang’s wealth back home is threatened by the torching of their taxis. They are also about to lose their millions through the elaborate laundering syndicate of a murderous underworld mobster while also nursing a terminally-ill member. Zenzele resorts to the only thing he knows best – guns, treachery and dark powers – while unleashing his battle-hardened gang to fend off the police and the underworld mobsters chasing Zikhona hell-bent on forcing her back into her contract-killing past. Her marriage to a flamboyant Nigerian pastor hits the skids. With fewer friends and desperate to save their millions, Zenzele is forced to tap deep into the reserves of old connections, where loyalties still hold. His knack to keep everyone in his debt reaches its pinnacle. Staying alive would take ingenuity, conniving, outsmarting the SAPS crime intelligence and a Police Minister, desperate to save his political career. However, discovering that their enemies are closer to home than they had thought is the ultimate betrayal.
Dinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe se ma voor ’n trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen toe, al is sy tot oor haar ore met ’n moordsaak: Beebee Bukelwa Babu, befaamde Suid-Afrikaanse modeontwerper, lê leweloos in ’n luukse hotel op Hermanus. Hande om Storm te help met die ondersoek ná Beebee se dood is min, want protesaksie lê die dorp lam. Boonop sweep ’n charismatiese profeet die skare op tot ’n histerie. Storm besef gou nie net haar ma se lewe is in gevaar nie. Sy is ook ’n teiken. Intussen probeer haar ekskollega, Andreas Moerdyk, nou ’n privaat speurder, om ’n skaars rooi diamant van onskatbare waarde op te spoor. Van Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van Port Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van ’n sneltrein.
Hy kan eerlik sê kleintjies hou van hom. Dit laat hom altyd dink dat hy
’n goeie pa sal maak. Die dogtertjie weeg byna niks en hy pluk haar met
gemak tot binne-in sy voertuig. Hy trek dadelik weg, die spartelende
kind oor sy skoot. Sy probeer onder sy greep uit kom, maar hy druk haar
half onder die stuurwiel in.
Klippe, messe en pyle uit ’n kruisboog: Die vreemste – en wreedste –misdaadtoneel in Kaptein Nicci de Wee se loopbaan. Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met die nimlike Blackie Swart ’n internasionale insident te voorkom. Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou. Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis, moet Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ’n nuwe hel af te weer: van ’n rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ’n paar petrolbomme. Gou kom Nicci agter die monsters wat haar lewe en dié van haar kollegas bedreig, is gevaarliker as Ramoth, vlymskerp polisiefotograaf Stella Jansen se mak Komododraak. In Jagter, haar derde Nicci de Wee-riller, draai Bettina Wyngaard al die krane oop.
Isa Konrad laat die sonderlinge speurder van Karibib, Conrad Dorfling,
weer krap waar daar 'n lyk is. Sommer gou-gou ontdek Dorfling twee
goed, nee drie:
Slegs die dooies kan swyg soos die graf ...
They killed her best friend. Now they are chasing Rachel Anderson through the streets of Cape Town. The young tourist doesn't dare trust anyone - except her father, back home in America. When he puts pressure on the politicians, they know that to protect their country's image, they must find Rachel's hiding place before the killers. So Benny Griessel - detective, maverick and father of teenagers himself - has just 13 hours to crack open a conspiracy which threatens the whole country.
From the author of Death in the New Republic comes another thrilling crime story featuring hard-bitten Johannesburg detective, Jerome Nossel. A distress call from Nossel’s old friend, Alex, breaks into the detective’s lazy Sunday afternoon. He is propelled into the glamour and sleaze of the city’s underworld by a kidnap and a demand for an exotic ransom. Accompanied by Alex’s captivating Nigerian wife Ngozi, they scour the fleshpots of Johannesburg, from its mega-rich northern suburbs to its sordid core in the dark city. They are pursued by the crazed steroidal enforcer who answers to only one man – Yuri Kramerov, the pimpmeister of Doornfontein. With time running out, and in their desperate quest to recover the ransom, encounters, characters and places create a Chandler-esque story, with Johannesburg as the main attraction.
Die hulp van die forensiese profileerder, doktor Olaf Demeyer, word ingeroep toe voetslaners aan die voet van Bosberg op die naakte lyk van 'n vrou afkom. Sy is vasgemaak teen 'n jong bloekom. Verskeie meswonde ontsier haar liggaam. Maar Olaf sien nie kans nie. Hy het sy praktyk gesluit, want “Ek is oor die muur. Ek het vir te lank te veel oor hierdie soort afgronde van mense gehang, om te probeer help. Toe my eie dogter deur 'n reeksmoordenaar ontvoer word, het ek oor my eie afgrond gedonder. Tot onder in die hel. Nooit weer nie. Ek kan nie meer nie. Ek het genoeg gehad.” Maar so maklik is dit nie om sy rug op hierdie trauma te draai nie. Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober, die vrou vir wie hy lief geword het. Sy het uit sy lewe gestap toe sy agterkom sy verwag sy kind. Cor is nou twee maande oud en hy ly aan 'n ernstige hartdefek. Hy moet dringend in die Kaap kom vir 'n operasie, maar hy het verdwyn. Hy word vermoedelik deur sy ma se moordenaar aangehou. Sy uurglas is besig om leeg te loop. “Jy het jou dogter se lewe gered,” soebat adjudant Jordaan van Somerset-Oos vir Olaf. “Kom help ons nou om jou babaseun ook te red.” Kwessies soos geestesversteuring, seksverslawing en kannibalisme word aangespreek teen die agtergrond van 'n reeks bisarre misdade waarin jong vroue grusaam vermink word voordat hulle sterf en hulle babas verdwyn. Ondier is die skrywer se tweede volwasse roman en volg op Die Vyfde Aspoester.
Carla Vitale’s dream is shattered when her boss and mentor, Nial Townley, disappears and his luxury vehicle is found in a crevice at the bottom of Chapman’s Peak. She turns to Daniel Le Fleur, a hacker, to help her get her life back.
Geloof en mag sorg vir 'n dodelike kat-en-muis speletjie...
Set in the taxi industry, the story's main characters are a poor taxi driver, a wealthy taxi owner and the taxi driver's girlfriend. Crime fiction featuring paranormal elements, The Last Stop combines gritty realism with the magical. It shows what happens between people in times of taxi violence and deals with themes of lust, betrayal and revenge. The Last Stop is an engaging, clever, interesting and darkly enjoyable read with an incredible plot twist at the end.
Die vraag wat die Romeinse digter Juvenalis 2000 jaar gelede gevra het,
word vandag steeds onbeantwoord gelaat: Wie sal toesien dat die
bewakers bewaak word?
"I am unleashed from my mother’s womb while she is choosing tomatoes
at Ralphs. My birth is one of her favourite stories to tell." This
is how the reader is introduced to Jane, the main protagonist, in
Alex van Tonder’s new novel, A Walk at Midnight.
When the body of a Bushman is discovered near the Central Kalahari Game Reserve, the death is written off as an accident. But all is not as it seems. An autopsy reveals that, although he’s clearly very old, his internal organs are puzzlingly young. What’s more, an old bullet is lodged in one of his muscles … but where is the entry wound? When the body is stolen from the morgue and a local witch doctor is reported missing, Detective ‘Kubu’ Bengu gets involved. But did the witch doctor take the body to use as part of a ritual? Or was it the American anthropologist who’d befriended the old Bushman? As Kubu and his brilliant young colleague, Detective Samantha Khama, follow the twisting trail through a confusion of rhino-horn smugglers, foreign gangsters and drugs manufacturers, the wider and more dangerous the case seems to grow. A fresh, new slice of ‘Sunshine Noir’, Dying to Live is a classic tale of greed, corruption and ruthless thuggery, set in one of the world’s most beautiful landscapes, and featuring one of crime fiction’s most endearing and humane heroes.
Meet Tannie Maria - recipe writer turned crime fighter - and before she has time to take her Venus Chocolate Cake out of the oven, our glorious heroine finds herself embroiled in another mystery. In this wonderful sequel to Recipes for Love and Murder, Slimkat the bushman finds his life under threat and Tannie Maria is determined to find out who wants to kill him. But her boyfriend is keen to keep Tannie out of danger, and she's pretty sure he's hiding something so Tannie has mysteries of her own solve . . . Blending a perfect whodunnit with lovable characters, Sally Andrew really does have the perfect recipe for a crime series.
Wanneer het lewe so goedkoop geword en genade so duur? Masjiengeweervuur skeur deur die stilte van die nag in die distrik van Opathe in die Natalse bosveld. Dit verander die lewe van een boeregesin vir altyd, want twee geslagte word in ’n oogwink koelbloedig op hulle plaas deur gesiglose aanvallers uitgewis. Aella O’Malley, die ondersoekbeampte, sukkel om sin te maak uit ’n reeks leidrade wat deur politiek, afguns, vrees, geloof en bygeloof tot ’n verwarrende mengelmoes van inligting deurmekaar geroer word. Om sake te kompliseer kry sy ’n boodskap: “Onthou die pad na Opathe,” wat in gewone omgangstaal ’n doodsdreigement is. Net daarna wórd sy inderdaad raakgeskiet. Wat is die motief? Is dit net nog ’n sinlose plaasmoord, waarom wil iemand Aella uit die weg ruim, en sit daar iets meer agter hierdie slagting? Haar eerste verdagte word wreed aangerand deur ’n gefrustreerde jong boer, en nou het die oorwerkte polisie hóm ook in hegtenis geneem. Die roman bied ’n sonderlinge blik op die polisie se werkwyse. Breytenbach werk daagliks in ons strafregstelsel en sy beskryf die polisieprosedures in detail, maar só dat die leser voel jy stap saam in die aanklagkantoor in. Die lykskouings, die vorms, die klagteboeke, alles word deel van die storie. Hier is ’n kenner se hand aan die werk. Wat meer is, die roman toon hoe sekere ondersoekbeamptes steeds probeer funksioneer in ’n disfunksionele stelsel en ondanks politieke inmenging in hulle werk. Moord, verraad en hoop: Watter een van hierdie drie sal uiteindelik oorwin? Eers teen die einde, wanneer Aella besef sy is bedrieg, verstaan sy dat die pad na Opathe ’n verraderlike pad is wat met groot omsigtigheid gestap moet word.
Jou buurman dink hy besit die polisie ... Petra Smit erf onverwags haar oupa se ou werkswinkel in ʼn klein Vrystaatse dorpie. Daar is gelukkig kopers wat tou staan vir die gebou, maar Petra gaan, heel nuuskierig, kyk na hierdie eiendom waarvan sy nie glad nie geweet het nie. Daar aangekom, ontdek sy die erf vol motorwrakke wat aan die plaaslike slagter behoort. Dié einste slagter is ook die buurman, hy is 'n vroueslaner en hy skeep sy seun, Monty, af, maar hy het kontant en staan gereed om Smit Motors te koop. Petra, wat baie lief was vir haar oupa, wil nie die erflating aan so 'n persoon verkoop nie en 'n mini-oorlog breek uit. Dinge word nog moeiliker toe Arno, 'n reus van 'n man met die psige van 'n kind, aan haar deur kom klop. Hy wil help. Die reus maak homself tuis en word vriende met die slagter se seun, Monty. Petra hoort nie in hierdie dorp nie. Sy mis haar mooi meisie en die roman wat sy wil skryf, bly tweede kom in die oorlog met die slagter. Die slagter hoort wel op die dorp. Hy ken die polisie en intimideer almal. Sal die vreemde Petra en haar twee nuwe maats, Arno en Monty, die oorlog kan wen? Die boek word uit verskeie perspektiewe vertel. Petra is een perspektiefkarakter, so ook is die Johanna, Monty se oppasser. Aan die ander kant van die wêreld bly Susan, ʼn kunstenaar, vasgevang in ʼn luukse Sweedse kunstepark, nog 'n perspektiefkarakter. Wat het hierdie vroue met mekaar in gemeen? Hoe bind Smit Motors hulle almal? Smit Motors is toeganklike literêre fiksie. Réney Warrington slaag daarin om die spanning snaarstyf te hou, terwyl die leser die speurwerk moet doen, wetende dat iemand se bloed sal moet vloei. Die vraag is: Wie s'n?
Alistair Morgan has it all: looks, charm and money—plus the attention of the hottest girls on campus. When he discovers the dark web, the lure is so strong that he is about to lose it all. |
You may like...
|