![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Crime
Wanneer iemand jou kind steel, wat is jou breekpunt?
Kassie has never had to cope with a case like this before, and his
emotions are getting the better of him. As a rookie cop he learned to
keep his distance from a case, not get emotionally involved, because
that’s when mistakes happen. But this case makes distance impossible .
. . children’s lives are at stake. And every time he and Rooi seem to
be making progress with the case, it slithers out from under them, like
a venomous snake.
Owami has been happily married for years, until she gets blindsided by
her husband’s infidelity. She is pressured into staying in the marriage
even though their relationship never fully recovers.
Wanneer ’n nuuskierige toeris aan Zanzibar se kus vermoor word, peul die vreemdste karakters uit die spesery-eiland se tropiese woud. Die bou van Giorgio Comaneti se blinknuwe Zanzibar Zen Casino gaan die helfte van die Jozani-woud uitwis. Toast le Roux, omgewingsjoernalis, moet die stootskrapers betyds stop. Maar Comaneti se gevaarlike handlangers, Tjokkie en Bozo, is reeds op Toast se spoor. En hulle wil net vriendelik met hom gesels.
n Televisieprogram oor die rekonstruksie van skedels dwing Carolien se gedagtes terug na ontstellende gebeure vyftien jaar tevore. En na die vreemdeling wat sy toe geteken het. Die taal van been is 'n roman oor gewone mense se strewe en verlies en die onthutsende werklikheid wat onder die oppervlak skuil. Dis tegelyk 'n speurverhaal met 'n politieke ondertoon, die storie van 'n kunsdosent wat haar werk deur regstellende aksie verloor en 'n eiesoortige liefdesverhaal. Uiteindelik gaan dit egter om veel meer. Hierdie roman bly subtiel spook omdat dit dinge se wat die teks verswyg.
Dr Sara Buhle, a troubled obstetrician, is thrust into a frantic search
for a missing newborn in Durban. Sara is pulled into the search by
rising SAPS star Vuyi Vilakazi. But with time working against them, and
rumours of muthi murders hounding the investigation, the pair find
themselves in a race from the city centre and an informal settlement in
the Hammarsdale Hills. Mere minutes will make the difference between
success and failure.
Bianca Fabricious, hygromanskrywer en nuwe eienaar van die
Strandlopergastehuis op St. Helenabaai, het skaars haar voete
gevind of die uitsig voor haar kamervenster verander in ’n
misdaadtoneel.
Alex het 'n teorie oor chaos. Waar hy ookal gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanie bevind. By 'n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, 'n vryskutfotograaf met 'n bos swart krulhare, 'n t-hemp wat se Dr. Seuss is altyd reg, en 'n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reen en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van 'n Amerikaanse IT-biljoener op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang?
When bookish Winifred flees to a sleepy village to escape her past, she reluctantly partners with larger-than-life Sylvie to open a charming bookshop-café. After the slight inconvenience of a dead customer threatens their new venture, the unlikely duo discover they have a talent for creative problem-solving - and disposal. Dark, witty and deliciously macabre, this tale of murder, friendship and small-town secrets will leave you hungry for more.
Joernalis en meestersstudent Rachel April se lyk word gevind met ’n
steekwond in haar hart. Lesea du Plessis, ’n medestudent, stel
ondersoek in. Sy het Rachel se dogtertjie belowe sy sal uitvind wat met
haar ma gebeur het.
Sarah Fourie kry halfvier op ’n koue wintersoggend ’n oproep van Mosela Mosholi, ’n ou vriendin uit haar tronkdae. Sarah moet nóú kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help. Sarah kan nie nee sê nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot. Sy sleep haarself uit die bed, gryp ’n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke moet saam – sy jare as polisieman is al raad wat sy het indien ’n moordenaar in die moederstad skuil. Dit is ’n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. ’n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou stilweg tred hou van goeie én minder goeie dade, en toeriste salig onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei. Nog ’n verbluffende roman deur die meester-krimiskrywer Irma Venter.
When Murphy Meyer arrives at Eden State Hospital on the first of
January 2001, driven to solve a small, personal mystery, the young
doctor has no idea she’s deposited herself into something larger and
darker than she could ever have imagined; something that has a life of
its own.
Speurder Adriaan Kruger is op die spoor van ’n moordenaar wat só pynlik
netjies te werk gaan dat hy oënskynlik geen leidrade agterlaat nie.
Boonop lyk dit asof die moordenaar doelbewus kat-en-muis met hom speel.
Sal hy die moordenaar kan vastrek voordat dié weer toeslaan?
Ricardo woon in Kewtown saam sy ma, ouer broer, Anton, en sussie, Tracy, wat deurmekaar is met die gangster van die blokke, Capone. Maar voor Ricardo sy oë uitvee, is beide sy ma en broer oorlede, en eindig hy op in ’n wendyhuis agter op Capone se jaart. Hoe moet hy maak, as hy nie eers vir sy girlfriend, Mentha, ’n bord warm kos kan aanbied of ’n Sealy Posturepedic vir hulle kan koop nie? ’n Meesleurende bildungsroman deur die bekroonde skrywer van As die Cape Flats kon praat.
Gabriel Laucus has lost his job and his parent’s home is about to be
repossessed. Desperate and on the brink of financial ruin, he devises a
risky insurance scam to salvage his crumbling life. This sets in motion
a catastrophic chain of events.
’n Reeksmoordenaar maai bekendes op ’n streep af.
Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op
Worcester. Wanneer hy die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort,
moet Julia dringend sake beredder – ten spyte van die feit dat sy
gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie.
Om dinge nog meer te kompliseer is Julia heimlik daarvan oortuig dat
die aangeklaagde skuldig is aan moord.
Op ’n verlate grondpad in Limpopo druk hulle twee kilogram se vlekvrye staal – die reuse Smith & Wesson Model 500 – teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: “Waar is dit?” Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle gaan betaal. Hulle gaan ’n spoor trap wat wyd sal loop.
Ella Neser is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van terug in Lou se arms. Haar nuwe opdrag, nou as private speurder, is 'n bisarre een. Donna Maas, huisvrou en eggenoot van die sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het 'n skelmpie. En dit is Ella se taak om met die bewyse vorendag te kom. Die roman begin egter by die einde van die verhaal, waar Ella haar finale verslag optik. Daar is 'n moord gepleeg, maar ons weet nie wie die slagoffer is nie, en nog minder, wie die skurk. 'n Verskeidenheid karakters word betrek in Die versoeking van Thomas Maas, waaronder Thomas, sy vrou, hul tienertweeling, Maas se pa, wat aan dementia ly, en ook die hoof van 'n perdeskool, Amalia Rojas. 'n Verbysterende roman deur een van die mees ervare spanningsromanskrywers in Afrikaans. Karsten dop die genre se reëls op sy kop, en kom vorendag met 'n hoogtepunt nie net in sy eie oeuvre nie, maar in die Afrikaanse krimikorpus
Heerlike verhale uit die pen van Deon Meyer, insluitende die titelverhaal en sy baie gewilde vervolgverhaal "Stiltetyd".
Onheil op Onrus
Ranna Abramson wants to disappear. But she knows she can’t keep running when a former enemy tracks her down in Mumbai with dire news: her onetime lover, journalist Alex Derksen, has disappeared back home in South Africa. Torn between her desire for him and fear of a homecoming, Ranna knows she’s the only one who can find him. But only two things in South Africa would welcome her—the inside of a cell or the bottom of a grave. There, to the police she’s the prime suspect in three murders. To the press, she’s the Black Widow serial killer. Despite her instinct to stay away, Ranna makes the journey. But the key to finding Alex lies in her painful past. And to uncover it, she’ll need to unravel a web of secrets tied to a long-forgotten crime. Even if she finds Alex before it’s too late, Ranna must answer for past sins…or risk losing him forever.
Marinda van Zyl is daarvoor bekend dat sy onverkende gebeure in die geskiedenis ontgin en dit verweef in verhale waarvan die karakters en hulle lotgevalle ’n mens bybly. Rooiborslaksman is ’n welkome opvolg op Van Zyl se die epiese historiese roman Amraal. In Rooiborslaksman word die negentiendeeeuse konflik met die Herero’s en Duitsers in die destydse SuidwesAfrika vervleg met die lewensverhale van Liesbet Lambert (Amraal Lambert se laatlam) wat wees gelaat word tydens die pokkeepidemie en Frederik Vlermuis vir wie Gobabis se kerktoring soos die spierwit pendoring van die kameeldoringboom lyk waaraan die rooiborslaksman genadeloos sy prooi ryg.
’n Reeksmoordenaar jag by stormweer, en Rooi en Kassie moet hom vastrek. Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n aanvallige mede-seëlversamelaar. Vlerksleep is nie vir sissies nie. Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas daarvan verdink dat sy hul ondersoek in die wiele ry, en Kassie moet haar onskuld bewys. Intussen word Kaapse vroue vermoor wanneer daar onweer broei. |
You may like...
|