Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Drama
Growing up in Mthatha, light-skinned Karabo is called ‘yellowbone’. She often hears her parents argue, not realising her complexion, and questions surrounding her paternity, is the cause. People expect ‘exotic’ Karabo to coast through life on her looks. But she has high aspirations and goes to London to study architecture. When Karabo is invited to a private recital, a priceless antique violin binds her fate to that of virtuoso André Potgieter who came to London to hide his secret – though no saint, he sees angels when he plays a beautiful piece of music. Whether it is synaesthesia or something otherworldly, he cannot say. All he knows is that he would do anything to keep seeing the engele, but these days they rarely come to him. Events on the night of the recital cause Karabo to run away to Ghana to the refuge of her father, but her plans go horribly wrong. And André soon follows for his own selfish reasons. Enthralling and powerfully written, Yellowbone is a tour de force.
As lykbesorger by White Lily Funerals het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, bene gekonnekteer en wasbleek gesigte gegrimeer vir die laaste besigtiging deur roubeklaers. ’n Mens het jou werk en jy doen dit, dit help nie om vir ander goed te wens nie, of hoe? Nietemin wens Seb wel af en toe vir die een of ander ingryping om hom los te ruk uit sy saai bestaan – nie net by die werk nie, maar ook tuis waar hy, sy vrou en tienerkinders verby mekaar leef. Eendag, toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die begrafnisondernemers instap, begin Seb tog in wense glo . . . “’n Fabel vir moderne tye. ’n Heerlike verhaal.” – Kerneels Breytenbach.
Twee plaasdramas oor grense, tradisies, grond en bloed.
Melk & Vleis Dis 1996. Suid-Afrika het verander, maar sekere huishoudings nog nie. ’n Suksesvolle aktuaris los haar werk in die stad nadat sy verlief raak op ’n sjarmante jong boer. Sy probeer haar bes om in te pas by die kleindorpse gemeenskap, haarself in haar huwelik te laat geld, en die familieplaas van ondergang te red. Nadat ’n erfgenaam gebore word, begin dinge egter op die plaas uitrafel ...
Bloed & Bodem Jana besoek haar pa en oom op die familieplaas. Die plaas gaan agteruit en haar pa sit meer op die kroegstoel as die kerkbank. Een nag los hy in sy dronkenskap die hek oop en dit word ‘n aand wat niemand sal vergeet nie... ’n Verhaal oor plaasaanvalle en die desperate nalatenskap van Afrikanermans wat nooit kon heel nadat hulle aan die “verkeerde” kant van die apartheidstryd geveg het nie.
Meet Tannie Maria: the loveable writer of recipes in her local paper, the Klein Karoo Gazette. One Sunday morning, as Maria stirs apricot jam, she hears her editor Harriet on the stoep. What Maria doesn't realise is that Harriet is about to deliver a whole basketful of challenges and the first ingredient in two new recipes - recipes for love and murder. A delicious blend of intrigue, milk tart and friendship, join Tannie Maria in her first investigation. Consider your appetite whetted for a whole new series of mysteries . . .
Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe vind? Libbi de Lange is die langste meisie in die kontrei. In die hele wye wêreld, of so voel dit vir haar. Die lewe werk rof met iemand wat nie by die gewone inpas nie; die neiging is mos oral om die kop af te kap van ’n papawer wat aanhou uitstyg. As jy dan nog die dogter is van ’n pastoor van ’n volksvreemde kerk in die Knysnabosse, is die verleentheid groot en die hoop min. Die nuwe millennium is op pad, die vrees vir die Y2K-virus ’n werklikheid. Libbi moet trou, en gou ook sodat sy die gespot oor haar van kan agterlaat. Nogal moeilik as jou dansmaat se kop deur jou boobs verswelg word. Dis Flooze, haar kamermaat op universiteit, wat Libbi leer om haar eie identiteit te omarm en uitdagend anders te wees, om uit die soetkoekblik te klim. Die verlange na liefde bly egter knaag, die honger van die lyf ook. Toe word sy maar mevrou Libbi Landman – en sit steeds met ’n honger vir 51% meer as wat sy gekry het. Boonop vergemaklik haar vriend Beer se huiwering op haar drumpel glad nie sake nie. Tydens Covid kry die komplikasies rondom haar liewe, halfheilige pa, Beer en haar gesin net kleintjies. Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe ontdek? Voordat die lang papawer kan blom?
’n Verbeeldingryke roman waarin die Suid-Afrikaanse verlede as tema gebruik word. Ná ’n beroerte aan die einde van haar lewe mymer ’n bejaarde vrou oor die verlede – om hierdie lewe te volbring moet sy as die swygsame buitestaander in haar familiekring die raaisels rondom die gebeure en verhoudings van die verlede ontsluit.
’n Verslag van Henry van Eeden se weeklange besoek aan die Silbersteins se groot landgoed om Salome, sy toekomstige bruid, te ontmoet. Elke dag lewer bisarre ervarings op en dit word vir Henry ’n inisiasieproses: hy moet sy onskuld verloor en kennismaak met die verweefdheid van die goeie en die bose.
Die verhaal van 'n slavin wat as die enigste oorlewende van 'n mislukte ekspedisie in die hart van Afrika haar terugtrek in die hol stam van 'n kremetartboom. In toenemende verlatenheid herleef sy haar vroeëre bestaan: hoe sy as kind in haar tuisdorp gevange geneem en weggevoer is, haar lewe in 'n hawestad aan die ooskus as dienares van verskillende meesters, haar reis saam met haar laaste eienaar en beskermheer, haar lewe in die kremetartboom. Hierdie belangrike Afrikaanse roman is reeds in verskeie ander tale gepubliseer, o.m. in Engels deur J.M. Coetzee. Die Italiaanse vertaling word bekroon met die Grinzane Cavour-prys in 1988 en in 1995 word die Franse vertaling verwerk vir die verhoog en opgevoer in die Thèâtre de l'Ante in Parys. "Solank Afrikaans bestaan, sal dié boek waarskynlik die essensie daarvan bly verwarm." – Antjie Krog
Verliesfontein was beoog as die eerste roman in die drieluik Stemme, maar is laaste voltooi. Net soos die ander twee titels, Hierdie lewe en Die uur van die engel, handel dié roman van Schoeman oor die Suid-Afrikaanse verlede. Hier is die sentrale gegewe die inval van die Vrystaatse kommando’s in die Kaapkolonie in die somer van 1900–1901, tydens die Anglo-Boereoorlog.
In 1837 het ’n engel aan ’n jong skaapwagter verskyn, en die weerklank van hierdie gebeurtenis in sy eie lewe en dié van ander mense oor ’n tydperk van anderhalwe eeu is die onderwerp van dié uitsonderlike roman. Die verlede is “’n ander land . . . ’n netwerk wat saamgeweef is uit werklikheid en herinnering”.
Op 'n dag in die vroee sewentigs bemerk 'n afgelee Noord-Kaapse gemeenskap 'n gebou in hul midde waar voorheen net 'n stuk braakgrond was. Drie weke later verdwyn die gebou . . . Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een maal lewe, oor die jong man wat so skaam is dat hy nie op foto's kan vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van 'n paartjie wie se lewenspaaie net vir 'n paar sekondes gekruis het.
Magrieta Prinsloo, dierkundige, se kop haak uit op die verkeerde antidepressant. Sy raak vervreem van haar kollegas, beledig haar departementshoof, en haar illustere akademiese loopbaan kom tot ’n einde. Sy aanvaar ’n betrekking by die Buro vir Voortgesette Onderrig, met die enigmatiese Markus Potsdam as hoof van die Kaapse tak. Daar word van haar verwag om te reis om met medewerkers te skakel, o.m. na die Oos-Kaap. Op hierdie reise kom sy heelwat teë – sowel medewerkers as walvisse – wat haar lewe in ’n beduidende ander koers stuur. Wanneer Markus Potsdam boonop op ’n oggend verdwyn, raak haar lewe nog verder gekompliseer. In Die troebel tyd bewys Winterbach weer haar merkwaardige vernuf as romansier, met ’n eiesoortige, snydende humor en ’n buitengewone insig in die menslike psige. Die roman is as wenner aangewys van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd in 2018.
Duits Suidwes-Afrika, 1905. ‘n Tyd van oorlog en beroering. Die tengerige Siegfried Bock kom as soldaat na die protektoraat om sy staal te wys. Maar hy word gou ontnugter toe hy vergrype aanskou wat hy nie kan vergeet nie. Lisbeth Löwenstein is hier om met ’n man te trou wat sy skaars onthou, ’n setlaar wat vir haar armlastige ouers geld gestuur het om haar tot vrou te neem. Mordegai Guruseb ontsnap uit ’n konsentrasiekamp waar gevangenes van ontbering omkom. Maar kort voor lank word sy vryheid weer bedreig. En dan is daar die mislukte dokter Albert Pitzer wat homself ’n wetenskaplike ag en hoop om data te versamel wat sy teorieë staaf. Alvaus Luipert, ’n plaaslike skoolmeester, duld egter nie sy arrogante aannames en vernederende metodes nie. In die uitgestrekte, majestueuse landskap van Duits Suidwes-Afrika word dié vyf mense se lot vervleg en elkeen se menslikheid word tot die uiterste beproef.
Toe Pamina Vermaak by die werk uitfreak, sit sy skielik sonder inkomste. Boonop verloor sy haar kêrel, haar woonstel in Tamboerskloof, asook die laaste flenters toekomsideale wat sy naarstig aan ’t vasklou was – alles in een dag. Sy is gedwing om druipstert terug te keer na haar ouerhuis op die klein Weskusdorp Witwaterbaai. ’n Plek wat sy gesweer het haar nooit weer sal sien nie. Intussen basuin die voorblaaie van poniekoerante dit uit dat rockster Wolf de Jager se verlowing met aktrise Daniella du Toit verbreek is en krioel dit op sosiale media van steelfoto’s waar sy hom verneuk. Hy moet weg uit die Kaap en ’n lukrake seleksie op Google Maps bring hom tot op Witwaterbaai, waar sy swart leerbaadjie harder as sy Fender Stratocaster skreeu teen die gehekelde doilies in Ant Leentjie se gastehuis. Sal Pamina en Wolf op hierdie slakkepas-dorp van bokkoms droog en stoepsit hul probleme kan ontduik? Of lê daar net nog meer komplikasies voor?
Wanneer Reina Sauer se ouma sterf, hoor sy dat sy haar huis op McGregor erf. Maar ’n ontwikkelaar, die ontnugterde en siniese Derek Retief, wil graag die huis deel van ’n sekuriteitskompleks maak. Al wat Derek kort is Reina se handtekening. Maar dinge is nie heeltemal so eenvoudig nie. Wat op aarde maak Reina met haar ouma se vriende wat afhanklik was van haar ouma? En wanneer Reina die huis begin opruim, kom sy op ’n boks vol briewe in die solder af. Met verstomming lees sy hoe haar ouma dit reggekry het om ’n onmoontlike besluit te neem wat uiteindelik haar kleindogter se lewe moontlik gemaak het. Iewers langs die pad het sy wat Reina is ophou bid, ophou glo, maar terwyl sy deur haar ouma se lewe blaai, ontdek sy weer haar behoefte aan die Here.
“Ek wil ’n enkelkaartjie bespreek,” fluister Selma aan die man agter die toonbank in Flight Centre. “Waarnatoe?” vra hy en kyk op. “Geen idee nie,” sê Selma en lek oor haar droë lippe. “Solank dit baie ver van Johannesburg is.” Selma Barnard se hele lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek deur ’n sogenaamde ridder op ’n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar hartsvriendin van veertig jaar? Hoekom het sý haar nie gewaarsku nie. Indië toe, dis waarheen sy sal vlug, besluit Selma. Sy sal al haar durf en moed bymekaarskraap, vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en ’n nuwe mens terugkom. À la Eat Pray Love.
Henok kry ’n verrassing wanneer sy vrou in Israel kom kuier. Re’uven se pyn oor sy eersgeborene se dood lê nog vlak. Dit laat Marc wonder of hy Adonai nog sal kan liefhê as dit hom sou tref. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is.
Jana is net drie jaar oud toe haar ma tydens ’n besoek aan Ierland spoorloos verdwyn. Op die Bolandse wynplaas Stormkloof treur KleinStorm oor sy pragtige vrou wat hom met haar fluitmusiek betower het. Jana verlang ook na haar ma. Snags roep die wind haar buitentoe, dieselfde wind wat ’n hele huis kan optel en anderkant die berge kan neersit. Maar Jana is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister, hoor sy die soet, hoë note van haar ma se fluit. Een so ’n stormnag ontmoet Jana vir !X’uri − ’n klein dogtertjie, bruin soos klip, met net ’n velletjie om haar heupe en ’n wit stringetjie krale om haar nek. !X’uri kom uit ’n gat in die grond waar die groot olienhoutboom se wortels eens was. !X’uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek. Stormkind is ’n betowerende, liriese verhaal oor verlies, vergifnis en die kulturele erfenis van die Boesmans.
n Verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om die kind wat hulle gesinslewe ontwrig "mens" te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam - oppasma - wat met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste is wat tot "Boetatjie" kan deurdring. Die gelyknamige film (met Diaan Lawrenson in die hoofrol) begin op 16 Februarie 2018 in fliekteaters draai!
Rebecca doesn’t expect to make new friends at this stage of her life. But when she becomes mother to little Amy, she finds herself spending her afternoons in the park. There she meets other mothers: first flamboyant, fun Rose, and then single-mom Lilith, whose inner strength is tangible, and whose eyes never leave her toddler. Very soon the women have formed a trio – the type of friends who feel at home in each other’s kitchens – and their daughters begin to behave like sisters. But Rebecca is about to learn that friendship is not always what it seems, and that sometimes you trust the wrong people. At exactly the moment when she needs to lean on them, one of her new friends harbours a shocking secret, and the other will turn on her in a way she could never have anticipated. Her two park friends will change Rebecca’s life – and her family – forever.
Moet Agab getrou bly aan die ou lsraelitiese waardes, of kan hy sy vrou volg die afvallige tydsgees in? Teenoor lsebel staan die profetiese figuur van Elia - wat die droogte oor Israel voorspel, die profete van Baal in 'n tweestryd op Karmelberg verneder, en uiteindelik die finale doemwoord oor Agab en sy huis uitspreek. Daar is ook die verhaal van Nabot,wat nie bereid om te erken dat God die God van alle mense is nie. En van die liefde van Johanan vir Ada, die dogter van hul dienskneg.
Simon is ’n wereldreisiger, vertroud met die reels van vryheid en ongebonde plesier. Van Bali tot Melbourne, van Tokio tot Kaapstad, soek hy ontmoetings en ervarings op. Deurentyd keer herinneringe terug: kleintyd in die Oos-Kaap, sy pa, die plaas en voorligting aan die hand van ’n beesboerdery. In sy sielkundige se spreekkamer bind Simon die grepe van oomblikke en ervarings saam, met dr. Spiteri se insigte. ’n Vreeslose verkenning van moderne seksualiteit, intimiteit, en identiteit.
Tian Killian se ouers is voor sy oë vermoor, die aand van die vuurwerke op Slootplaas. Nou reis hy, Amsterdam toe en na Kowloon, oral op die spoor van Charlie Oeng, oftewel Koekepan, oftewel Gelatenheid, oftewel Sjinees. Eens op ’n tyd ’n onbeduidende Hollywood-ekstra, maar ’n hoofrolspeler in Tian se wêreld. Hoe harder Tian probeer om die pyn wat hom sedert sy jeug vergesel, te verstaan, hoe tergender word die vraag: Waar eindig die Sjinees se skuld en waar begin sy éie aanspreeklikheid? ’n Ryke verskeidenheid karakters bevolk dié ambisieuse verhaal, van die Sjinese matriarg Ouma Voetjies in Amsterdam tot die blinde siener Ouma Ogies in die Oos-Kaap, van Cor van Gogh, hy met die kleinood in die koker, tot die enigmatiese, naamlose “Sy” . . . Die wêreld van Charlie Oeng staan in die tradisie van breedopgesette vertellings met veelvuldige verhaallyne en uitgebreide agtergrondbeskrywings. Feit en verdigsel is sjarmant verweef in hierdie verbluffende roman.
Wenner van die tweede prys in die Sanlam-Tafelberg Romanwedstryd in 2009. ’n Meesleurende verhaal uit die vyftiger- en sestigerjare, toe die Suid-Afrikaanse platteland nog sy geheime kon bewaar. Carli Botha is amper sewe jaar oud toe haar Italiaansgebore ma sterf tydens die geboorte van haar wanskape boetie. Sy word agtergelaat in die sorg van haar dranksugtige pa, Wilhelm. Dora, wat ook soms in die plaashuis help, kom tot Carli se redding.
Painter Nick Steyn moves to Cape Town after separating from his partner. A young boarder moves in and they soon become friends. But one night she does not come home, and his attempts to trace her come to nothing. Could Nick’s former friend, Victor Schoeman, the author of the outrageous novel The Shallows, have a hand in them? A fantastical, absurd yet haunting novel by the award-winning novelist Ingrid Winterbach. Translated as always by Michiel Heyns. |
You may like...
|