|
|
Books > Children's & Educational > Language & literature > Modern languages (other than English) > Literary texts > General
NOW IN SPANISH! Ants are all over. And since little kids travel
fairly close to the ground, ants are often the first animal they
watch and study-sometimes with the intensity of full-fledged
scientists! In this Reader, kids will get up close to learn all
about them. Ants come in different sizes, different colours, and
have different ways of thriving where they live. But thrive they
do, and sometimes with the most amazing adaptations. Through
age-appropriate text and vivid photographs, young readers will
discover what's so wondrous about these amazing and ubiquitous
little critters.
Binne 'n kort tydjie kom Erna Rademeyer baie agter oor liefde en
vriendskap: die verskillende vorme wat dit kan aanneem, die vreugde
daarvan, maar ook die gevaar van verraad en misbruik. Sy kom nie
met haar stiefpa oor die weg nie, terwyl haar eie pa - haar held -
nog in die nabyheid is en sy vreugde het in die voelhok wat hy so
spesiaal vir haar gebou het. Haar beste vriendin, die selfstandige,
uitgesproke June, openbaar dat sy ook probleme het met haar stiefpa
- maar baie meer skrikwekkend as Erna. Dan raak die twee meisies se
vriendskap gekompliseerd as Erna uitvind dat sy en June op
dieselfde seun verlief is. Sal die twee se vriendskap hulle help om
in die lewe reg te kom? Die verhaal word gevolg deur 'n leesgids
met: * inligting oor die outeur * 'n opsomming van die verhaal *
woordverklarings van moeilike woorde * vrae oor die inhoud van die
verhaal en letterkundige aspekte * antwoorde vir die vrae * 'n
glossarium met letterkundige begrippe.
Die vervlegting van die naiewe, die groteske en die bonatuurlike,
asook die stryd van die menslike gees om bevryding, bind Mis,
Mirakel en Drif tot 'n drieluik, 'n musikale eenheid as't ware,
waarin variasies van verskeie temas weerklink. Al die "verlore
persone" ontsnap uit 'n verstikkend gewone lewe en betree deur die
toedoen van "teater" en 'n reeks "towenaars" die buitengewone, dog
gevaarlike wereld van fantasie en vervulling. Terselfdertyd verskil
die drie stemmingstukke wesenlik van mekaar omdat elk 'n spesifieke
atmosfeer het. Reza de Wet, bekroonde dramaturg van
Vrystaat-trilogie, lewer met Trits: Mis, Mirakel, Drif, 'n tweede
trilogie waarin sy noukeurig gestruktureerde werke met die rare
kombinasie van speelbaarheid en leesbaarheid gebruik om boeiende
verhale oor te dra. Hierdie uitgawe help Afrikaans
Huistaal-leerders met hul voorbereiding vir die Nasionale Graad
12-eksamen.
Die Vuma Leesinstruksieprogram is uniek omdat die skrywers wat dit
geskryf en ontwikkel het, Afrikaanssprekend is en begrip het vir
die taal se gemeenskap en kultuur. Vuma se karakters en hul
omgewing is eg Suid-Afrikaans, iets wat u jong leerders onmiddellik
sal aantrek. Die stories word kleurvol en boeiend vertel. So word
dit pret en genotvol om te leer lees, en aktiwiteit waarop hulle
van meet af aan versot raak. Die Vuma Leesinstruksieprogram is tans
beskikbaar in Afrikaans Huistaal, isiZulu Huistaal, Sepedi Huistaal
en Engels Eerste Addisionele Taal.
Die Vuma Leesinstruksieprogram is uniek omdat die skrywers wat dit
geskryf en ontwikkel het, Afrikaanssprekend is en begrip het vir
die taal se gemeenskap en kultuur. Vuma se karakters en hul
omgewing is eg Suid-Afrikaans, iets wat u jong leerders onmiddellik
sal aantrek. Die stories word kleurvol en boeiend vertel. So word
dit pret en genotvol om te leer lees, en aktiwiteit waarop hulle
van meet af aan versot raak. Die Vuma Leesinstruksieprogram is tans
beskikbaar in Afrikaans Huistaal, isiZulu Huistaal, Sepedi Huistaal
en Engels Eerste Addisionele Taal.
|
|