|
|
Books > Children's & Educational > Language & literature > Modern languages (other than English) > Literary texts > General
HoErskoolseuns in ’n skoolkoshuis tydens ’n rugbytoer. Die resep
vir ’n baie lekker storie. Die seuns kla oor die dopery. Hulle
praat ook oor meisies – en natuurlik oor sport. Met Charlieboy of
Vlam (as gevolg van sy rooi hare) en sy pelle is daar altyd hope
pret. Maar die storie raak ook aan spangees en jaloesie. Lees om
meer van Vlam, Mop, Bosaap en Stieks te leer ken!
Die Vuma Leesinstruksieprogram is uniek omdat die skrywers wat dit
geskryf en ontwikkel het, Afrikaanssprekend is en begrip het vir
die taal se gemeenskap en kultuur. Vuma se karakters en hul
omgewing is eg Suid-Afrikaans, iets wat u jong leerders onmiddellik
sal aantrek. Die stories word kleurvol en boeiend vertel. So word
dit pret en genotvol om te leer lees, en aktiwiteit waarop hulle
van meet af aan versot raak. Die Vuma Leesinstruksieprogram is tans
beskikbaar in Afrikaans Huistaal, isiZulu Huistaal, Sepedi Huistaal
en Engels Eerste Addisionele Taal.
Elke aand maak Ben seker sy hennetjie is veilg in haar hok en in
die oggend laat hy haar weer uit. Een oggend is die hok oop en die
hennetjie is weg. Intussen maak hy sy enkel seer en sy ma dink 'n
slim plan uit om sy voet te beskerm. Ben bly bekommerd oor sy hen,
maar is sy eintlik veilig? Heinemann se Lees is Maklik-reeks bevat
‘n verskeidenheid stories vir die Intermediere Fase-leerder.
Die leesboeke is ontwikkel deur taalspesialiste en onderwysers om
die vaardighede in Afrikaans te bevorder en te verryk. Die reeks
dek ‘n verskeidenheid van genres: drama, komedie, avontuur,
rillers, aksie, tradisionele stories, misterie en nie-fiksie. Elke
graad bestaan uit 20 titels, ‘n totaal van 60 titels vir die
Intermediere Fase met stimulerende leesstof vir lesse. Elke verhaal
het opwindende illustrasies en aktiwiteite wat gebaseer is op die
storie.
Braam se lie ingperd Fleur moet verkoop word om skuld te delg. Vir
Braam is dit 'n seer saak en hy wens hy kan iets doen om die
verkopery te stop. Toe sien hy en Karla ‘n kennisgewing wat sy lewe
kan verander. Heinemann se Lees is Maklik-reeks bevat ‘n
verskeidenheid stories vir die Intermediere Fase-leerder. Die
leesboeke is ontwikkel deur taalspesialiste en onderwysers om die
vaardighede in Afrikaans te bevorder en te verryk. Die reeks dek ‘n
verskeidenheid van genres: drama, komedie, avontuur, rillers,
aksie, tradisionele stories, misterie en nie-fiksie. Elke graad
bestaan uit 20 titels, ‘n totaal van 60 titels vir die Intermediere
Fase met stimulerende leesstof vir lesse. Elke verhaal het
opwindende illustrasies en aktiwiteite wat gebaseer is op die
storie.
|
|