![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Maatskaplike Wetenskappe
Bevat navorsingsgebaseerde inhoud wat dubbel en dwars deur Suid-Afrikaanse en internasionale toepassings gesteun word. Assesserings konsolideer leer doeltreffend. Maak onderrig en leer maklik met belangrike konsepte en terminologie wat gelys word. Het vrae wat geformuleer is in die styl wat deur die eksamenriglyne vereis word. Bied ’n maatstaf vir Rekeningkundekursusse wat deur Suid-Afrikaanse Rekeningkunde-onderwysers gebruik word.
Sedert die verskyning van hierdie titel in 1985 het dilt een van die toonaangewende metodologiehandboeke in Suid-Afrikaanse tersiere onderwys geword. Dit verskaf 'n inleiding tot die fundamentele begrippe in geesteswetenskaplike navorsing en vul ander boe
What makes the Ekonomiese en bestuurswetenskappe Vandag course unique? Full-colour pages with diagrams and illustrations to enhance learning; lots of varied, interesting and well-structured activities on financial literacy, the economy and entrepreneurship; the financial literacy sections have worked examples with explanatory notes to consolidate knowledge; lots of accounting exercises to consolidate accounting principles. Trust TODAY to be up-to-date and fresh for the classroom: opportunities for revision, exam practice and assessment throughout; develops language skills alongside subject knowledge; all content is fully CAPS-compliant. Your easy-to-use complete classroom solution! Today, for successful teaching tomorrow.
Die kleur van liefde is ’n verhaal van onreg. Twee mense raak verlief op mekaar, maar dis ’n verbode liefde want die regering van die dag duld nie liefde oor die kleurgrens nie. Dis die sestigerjare, en Suid-Afrika is vasgevang in die knelgreep van Apartheid. Selinah Phaswane raak swanger en beide sy en Paul Mills weet dat dit onmoontlik sal wees om die baba te behou. Op Paul se aandrang vlug Selinah met die pasgebore baba na Lydenburg waar daar ’n groot bruin gemeenskap is. Sy laat haar baba in die sorg van die Nagels, min wetend dat haar kind daar nooit enige liefde of koestering sal ervaar nie.
Kollig Op is in die kol! Kollig Op is die gewildste kursus in Suid-Afrika en het alles wat ’n leerder nodig het in een boek. Kollig Op verbeter uitslae, maak leer prettig, maak onderrig ’n plesier en is maklik om te gebruik. Die Kollig Op Onderwysersgids het beplanningsmateriaal, Formele Assesseringstake, hersieningstoetse en eksamens.
Kollig Op is in die kol! Kollig Op is die gewildste kursus in Suid-Afrika en het alles wat ’n leerder nodig het in een boek. Kollig Op verbeter uitslae, maak leer prettig, maak onderrig ’n plesier en is maklik om te gebruik. Die Kollig Op Onderwysersgids het beplanningsmateriaal, Formele Assesseringstake, hersieningstoetse en eksamens.
Van laaitie tot politieke kryger, bandiet tot generaal-majoor, ondergrondse operateur tot presidensiële lyfwag… Van sy kleintyd in Elsiesrivier neem Jeremy Vearey se lewe talle onvoorspelbare wendings. Sy eiesoortige vertelling sluit die ouere manne van sy jeug in, die ooms by die damstafel, kerkjeugkampe en die Kommuniste-manifes, skoolhou en ondergrondse werk vir MK, en sy aanhouding op Robbeneiland. As Mandela se lyfwag help hy ’n opstand in die Karoo ontlont, voor hy deel word van die nuwe SAPD, waar hy saam met die gewese vyand terrorisme en Kaapse bendes takel. En onder alles loop ’n donker stroom.
Veerkragtigheid is daardie “iets” wat mens laat opstaan as die lewe jou platslaan. Dit is nie iets wat net sommige mense het nie, almal word daarmee gebore. Ilse Salzwedel, bekende radiopersoonlikheid en joernalis, bespreek die eienskappe van veerkragtige mense en gee raad om dit te ontwikkel. Sy kyk ook watter dinge jy moet vermy wat jou veerkragtigheid kan tap. Ilse gebruik voorbeelde uit haar eie en ander bekendes se lewens om te wys dat veerkragtigheid vir ons elkeen beskore is.
Hierdie boek kon seker nie op 'n beter tyd verskyn het nie, want die vuur op plase wil maar nie gaan lê nie. Dit terwyl die ekonomie insink en dié in hoë posisies skynbaar rustig op die soustrein kuier. Die boek handel dan juis oor die gebeure van 'n anderste tyd – oor mense se ervarings tydens fase 5 tot 2 van die inperking. Elke leser sal hom- of haarself waarskynlik in een of meer van die karakters herken. Pandemie-paniek kan jou lagspiere prikkel, maar die grendeltyd kan ook pyn, trauma, vereensaming, onsekerheid en intense verlies meebring. Ongelukkig sien gewetenlose gierigaards toe 'n geleentheid om hulleself te verryk ten koste van armes en siekes, terwyl ander besig is om sinlose “gesondheidsregulasies” uit te vaardig. Daar was dié wat kanse vat en ander wat elke jota en tittel van (soms) absurde wette gehoorsaam. Amusante gedrag, pynlike situasies en onbeholpe wetstoepassing is boeiende leesstof in 'n tyd waarin almal sukkel om sin te maak uit dit wat was en wat is en wat kom. |
You may like...
|