0
Your cart

Your cart is empty

Books > Food & Drink > General cookery > Cookery dishes & courses > Cakes, baking, icing & sugarcraft

Buy Now

Kolwyntjies Met Skop - Meer as 50 Soet Versoekings Met 'N Beskonke Vonk (Afrikaans, Paperback) Loot Price: R173
Discovery Miles 1 730

Share your images

Kolwyntjies Met Skop - Meer as 50 Soet Versoekings Met 'N Beskonke Vonk (Afrikaans, Paperback)

Simone Balman

 (sign in to rate)
Loot Price R173 Discovery Miles 1 730

Bookmark and Share

Expected to ship within 10 - 15 working days

Slegs volwassenes ...Dis kostelik om te sien hoe iemand wat 'n happie neem van wat op die oog af soos 'n doodgewone kolwyntjie lyk en dan uitvind dat dit eintlik 'n kinkel in die vorm van 'n gewilde drankie bevat, se gesig ophelder. Die skrywer van Kolwyntjies met skop het baie jare in die buiteland deurgebring waar haar man gewerk het, en daar begin eksperimenteer met kolwyntjies wat alkohol in verskeie vorms bevat. Sy kon sommer gou skaars voorbly om in die vraag daarna te voorsien. Hierdie versameling resepte is deeglik getoets, verfyn en waar nodig aangepas om te verseker dat hulle feitlik flatervry is. Sommige kolwyntjies se versiering bevat likeur, by ander is daar wyn of bier in die beslag self, en by verskeie word jou hap na die middel toe beloon met 'n verleidelike, loperige binnekant van die gewildste skemerkelkies. Stap-vir-stap-aanwysings verduidelik presies hoe elke kolwyntjie gemaak word, en hoewel dit in hierdie boek nie gaan oor koekversiering as sodanig nie, sluit die skrywer fantastiese idees in om die kolwyntjies so op te dollie dat dit so 'n ietsie van die ongewone aard daarvan weerspieel. Die lieflike volbladfoto's van elke baksel kolwyntjies sal selfs die traagste bakker aanspoor om die resepte op die proef te stel, en die nuttige wenke wat deurgaans verskyn, sal help om sukses te verseker. Daar is ook heelwat voorstelle vir alternatiewe en aanbevelings vir plaasvervangers as jy nie spesifieke drankies in die drankkabinet het nie. Met omskakeltabelle, basiese inligting oor kolwyntjies en feite oor alkohol en hoe dit in beslag en versiersuiker reageer, het jy toegang tot alles wat jy moet weet om jou eie kolwyntjies met skop te bak. Of jou gunstelingdrankie Pina Colada of blos-vonkelwyn, Mai Tai of chardonnay is, hierdie boek wil jy he - laatmiddagtee sal net nooit weer dieselfde wees nie!

General

Imprint: Metz Press
Country of origin: South Africa
Release date: September 2014
Authors: Simone Balman
Dimensions: 260 x 195 x 12mm (L x W x T)
Format: Paperback - With flaps
Pages: 128
ISBN-13: 978-1-928201-25-0
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Health, Home & Family > Cookery / food & drink etc
Books > Health, Home & Family > Cookery / food & drink etc > General cookery
Books > Health, Home & Family > Cookery / food & drink etc > General cookery > Cookery dishes & courses
Books > Health, Home & Family > Cookery / food & drink etc > General cookery > Cookery dishes & courses > Cakes, baking, icing & sugarcraft
Books > Food & Drink > General cookery > Cookery dishes & courses
Books > Food & Drink > General cookery > Cookery dishes & courses > Cakes, baking, icing & sugarcraft
Books > Afrikaans
Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin
Books > Afrikaans > Kook en Geniet
Books > Local Author Showcase > Food & Drink
Promotions
LSN: 1-928201-25-3
Barcode: 9781928201250

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Partners