![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Die geel kafee het oorspronklik in die 1980's onder Koos Kombuis se skrywersnaam Andre Letoit verskyn. Met die publikasie van hierdie gedigte was die Nuwe Suid-Afrika nog net 'n pypdroom. Toe hy vir die eerste keer “weer hierdie ou poems... deurlees,” skryf Kombuis in sy voorwoord by die tweede druk, het twee dinge hom opgeval: hoe hy al hoe nader aan sy loopbaan as liriekskrywer beweeg het en hoe Eurosentries die digbundel was. “Maar," voeg hy by: “... dalk, wie weet, dien dit as inspirasie vir jong digters en skrywers vandag.”
This edition contains more words than its predecessors, especially words from the commercial sphere. It follows a new style, namely to group derivations under the leading word instead of treating them as separate entries. There appear after the main word, in bold print and alphabetically, the suffixes to the main word with translations. Concessions have again been made to anglicisms for the sake of clarity of meaning.
Sedert die verskyning van die derde uitgawe van Kommersiele Reg in 2006 het omvattende veranderinge op sekere regsgebiede 'n vierde uitgawe genoodsaak. 'n Nuwe hoofstuk oor elektroniese betalingsmetodes is bygevoeg. 'n Nuwe deel word aan die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 gewy, terwyl die invloed van die Wet ook in die afsonderlike hoofstukke oor byvoorbeeld die kontraktereg en besondere kontrakte soos die koopkontrak bygewerk is. Origens is nuwe wetgewing en regspraak waar moontlik bygewerk tot einde Augustus 2011. Kommersiele Reg het ten doel om volledig te handel met die belangrikste beginsels van sowel die algemene kontraktereg as die benoemde kontrakte wat die meeste in die handelsverkeer aangetref word, soos kredietooreenkomste, koop-, huur-, borg-, pand-, verband-, diens-, arbitrasie-, werkaannemings- vervoer- en versekeringskontrakte. Die werk word ingelei met 'n nuttige bespreking van die oorsprong, totstandkoming en sistematiek van die reg, gevolg deur 'n bespreking van die bronne van die regsverbintenis, soos die kontrak, delik en ongeregverdigde verryking, wat nodig is vir 'n beter begrip van die kontraktereg.
Frank Modiba bly saam met sy ma en sy suster, Katie, in Botala in 'n huurhuis. Dan kry hulle rusie met die huiseienaar oor sy seun wat by Katie kuier. Hulle moet 'n nuwe huis kry, maar Frank se ma word beseer in 'n taxi-ongeluk en op die ou end moet hy sorg dat hulle geholpe raak - binne een dag!
Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Nuwe Nasionale Kurrikulum in die Intermediëre Fase. Die reeks poog om die jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende tekste wat ryklik geïllustreer is. Die tematiese inhoud sluit sensitiewe vraagstukke soos besoedeling, boelies en vigs in, maar dit sluit aan by die leefwêreld van die lesers met humor wat wyd gebruik word.
Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum
in die Intermediêre Fase. Rimpelstories is 'n leesreeks vir die
Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks
poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul
visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende
tekste wat ryklik geïllustreer is.
Rimpelstories is ‘n leesprogram vir die Grondslagfase (Afrikaans
huistaal), wat uit 88 aantreklike geïllustreerde storie- en
feiteboekies bestaan. Die reeks is uitkomsgebaseerd met ‘n
vaardigheidsbenadering as grondslag. Luister-, praat-, lees-,
skryf-, taal-, leer- en denkvaardighede word op ‘n natuurlike wyse
geïntegreer en ontwikkel progressief.
Elke sent tel in die onderwys! Uitgawes moet bestuur en inkomste moet uitgebou word binne die raamwerk van 'n magdom onderwyswette, -regulasies en -beleide. Dus bly die bestuur van finansies in openbare skole 'n reuse-uitdaging vir die meeste betrokkenes by die onderwyssektor. Die doel van Finansiele Bestuur in Openbare Skole is om 'n oorsig te bied van die belangrikste wetgewing oor skoolfinansies, en om die praktiese implikasies daarvan te verduidelik. Die boek behandel die kerngebiede van die raamwerk van finansiele bestuur in openbare skole en dien as 'n praktiese handleiding vir beheerliggaamlede, skoolhoofde en finansiele beamptes by skole, terwyl onderwysamptenare, regspraktisyns, rekenmeesters en ouditeure in 'n raadgewende hoedanigheid dit ewe nuttig sal vind. Met bydraes deur bekende praktisyns op die terrein van skoolbeheer en finansies bied Finansiele Bestuur in Openbare Skole waardevolle praktiese advies oor die bestuur van finansies in openbare skole.
The casebook on the South African law of persons provides clear and concise analysis of the facts and principles enunciated by the courts on the law of persons. It contains commentary and extracts from cases referred to in The South African law of persons.
Hierdie is die vyfde uitgawe van die boek wat vir die eerste keer in 1992 as 'n relatief bondige teks, spesifiek gemik op studente in die erfreg, verskyn het. Die boek het egter deur sy opeenvolgende uitgawes tot 'n meer algemene bron vir die Suid-Afrikaanse erfreg ontwikkel. Tog is dit deur sy aanslag, aanbiedingswyse en sistematiek steeds ideaal om ook as handboek in erfregkursusse gebruik te word. Die huidige weergawe poog weereens om aan die leser 'n omvattende oorsig oor die verskillende fasette van die erfreg te gee, met inagneming van die jongste ontwikkelings wat hierdie regsgebied beinvloed het.
This text deals with the basic concepts of the law and explains the operation of the law and the administration of justice. It features practical exercises at the end of each chapter to help the student develop the ability to analyse information and apply knowledge. Another feature is the appendixes in which step-by-step explanations are given of how to research and apply primary sources of the law such as statutes and decisions in court.
Hierdie nuwe bekendstelling behels 'n omvattende uiteensetting van die generieke vereistes gemeen aan alle vorderingsaksies gebaseer op ongegronde verrykingsreg en voeg daaraan toe die eiesoor tige aspekte wat in die regspraak vir spesifieke vorderings ontwikkel het. In elke onderafdeling word die toonaangewende uitsprake daarvoor afsonderlik belig en bespreek. Wat hierdie werk ook onmisbaar maak vir praktisyns is die insluiting van 'n deeglike trefwoordregister vir vinnige naslaandoeleindes.
The Casebook on South African Family Law provides a clear and concise analysis of the facts and principles enunciated by the courts on the law of family. It contains commentary and extracts from cases referred to in South African Family Law. This work reflects the law as at 31 July 2004. Decisions up to July 2004 have been considered for inclusion.
Rimpelstories is ‘n leesprogram vir die Grondslagfase (Afrikaans
huistaal), wat uit 88 aantreklike geïllustreerde storie- en
feiteboekies bestaan. Die reeks is uitkomsgebaseerd met ‘n
vaardigheidsbenadering as grondslag. Luister-, praat-, lees-,
skryf-, taal-, leer- en denkvaardighede word op ‘n natuurlike wyse
geïntegreer en ontwikkel progressief.
Dit het die land geruk, die wêreld geboei en sal in die geskiedenis bekendstaan as die opspraakwekkendste hofsaak tot nog toe in Suid-Afrika. Oscar Pistorius se moordverhoor is die storie van die dekade. Dis ’n liefdesverhaal wat ’n misdaadriller geword het, ’n sprokie wat in bloed geëindig het. En dís hoe Marida Fitzpatrick die verhaal vertel. Sy weef die skrikwekkende gebeure van daardie noodlottige nag en die mees dramatiese hoofstukke van die verhoor op só ’n manier ineen dat dit soos ’n spanningsverhaal lees. Tussendeur dié boeiende vertelling is uittreksels uit onderhoude wat Fitzpatrick met van die betrokkenes se naastes gevoer het. Saam met al die menslike vertellings verskyn daar ook ’n interessante ontrafeling van die tegniese aspekte van die verhoor: Wat het die ballistiek, die getuienis oor die gille en Oscar se twee verwere uiteindelik vir hom beteken? Dit word alles geïllustreer met treffende foto’s wat op die toneel geneem is en grafiese voorstellings. Die Staat vs. Oscar is ’n fassinerende storie wat nie net al die legkaartstukke van die Oscar-raaisel in plek laat val nie, maar deurentyd aangryp en meesleur.
This is a reproduction of a book published before 1923. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book. ++++ The below data was compiled from various identification fields in the bibliographic record of this title. This data is provided as an additional tool in helping to ensure edition identification: ++++ Annual Report, Volumes 30-38 Astor Library, New York
|
You may like...
|