|
|
Books > Afrikaans > Regte
Die toneelstuk ontgin nie net Andre Huguenet se lewe as mens en
akteur tot met sy tragiese einde nie maar ook die ironiese spel
tussen toneel en werklikheid. Ondanks die hoe eise wat hierdie
tweekuns aan ’n dramaturg stel, bevestig Fourie opnuut sy vermoe om
boeiende, menslike toneel te skep wat toeganklik is vir die
gespesialiseerde sowel as die minder ingewyde teaterganger.
Hierdie bundel gedigte is gepubliseer by geleentheid van Barend Toerien se tagtigste verjaarsdag op 29 Maart 2001.
Naelstring belig die problematiek van transformasie in ’n nuwe
Suid-Afrika en die soms fanatieke eise van swart bemagtiging. Die
drama sentreer rondom ’n moeder wat weier om haar pasgebore baba se
naelstring te knip. Die baba is egter nie bereid om die absurde
situasie gelate te aanvaar nie en neem sy gehoor op ’n reis van
swart komedie en deernisvolle maar pynlike interaksie. Pieter
Fourie, dramaturg en dramaveteraan, is waarskynlik die enigste
Suid-Afrikaanse kunstenaar wat diep spore as toneelspeler,
regisseur, artistieke direkteur en skrywer getrap het. Met
Naelstring deurbreek die bekroonde dramaturg Pieter Fourie opnuut
die grense van sy oeuvre.
“’n Voelboek”, noem die bekroonde digter Johan Marais sy vyfde
bundel. By die natuurliefhebber roep dit dadelik assosiasies van ’n
naslaanboek op. En dan, op die opdragblad, asof die digter sy leser
doelbewus met hierdie assosiasie wou mislei, waarsku hy in Walt
Whitman se woorde: "You must not […] be too precise or scientific
about birds and trees and flowers […]." Die gedigte bly egter
gemoeid met die wetenskaplike benadering tot voels, en hierdie spel
van teenstelling en gelykmaking word deur die hele bundel
voortgesit.
Legal language, or 'legalese' as it is sometimes called, is a
language that many people find hard to understand. This is because
some of the words and phrases that lawyers and other legal experts
use do not form part of regular everyday communication. However,
when these experts speak and write using unfamiliar language it is
often because they have to: 'ordinary' language cannot properly or
accurately describe the often complex concepts and issues involved.
This dictionary bridges the gap between the world of everyday
language and the world of legal language. Users can access over 20
000 legal words, each of which is explained in plain English for
the benefit of people without a legal background, as well as legal
practitioners, law students and other members of the legal
profession. The dictionary deals with the areas of criminal law,
criminal procedural law and law of evidence, and is aimed at
familiarising users with the use of legal language in a number of
settings, including the courtroom. A trilingual publication, this
English-isiXhosa-Afrikaans dictionary also contains a useful list
of Latin terms and phrases, together with explanatory notes, as a
centre insert. Synonyms, homonyms and polysemes are identified and
explained, and the dictionary provides guidance on the use of
abbreviations and how to cross-reference lemmas (headwords).
Min verhale uit die Anglo-Boereoorlog het lesers só aangegryp as die avonture van die Boere-James Bond, kaptein Koos Naudé(1876-1956).
Onvergeetlik is avonture soos dié waarin hy 'n Engelse uniform vrylik in die besette Pretoria rondbeweeg, die Engelse offisiere se spogperde steel, tien keer gedurende die oorlog die stad in die geheim as spioen besoek en 'n groep vroue organiseer om die spioenasie van die ontbinde Geheime Diens voort te sit. Sy avonture, wat in 1904 vir die eerste keer onder die titel In doodsgevaar gepubliseer is, is in 1940 deur G.D. Scholtz verwerk en heritgegee.
Dié boek het intussen een van die klassieke verhale van die Anglo-Boereoorlog geword.
In 1902 het 'n jong Boeretelegrafis en offisier, Filip Pienaar, uit
ballingskap in Portugal een van die eerste boeke oor die
Boereoorlog geskryf: With Steyn and de Wet. 'n Maand na publikasie
is die boek verban – waarskynlik vanwee verwysings in die boek na
die juiste feite oor die omstrede figuur van generaal F.J. Pienaar,
asook leidrade oor wat met die sogenaamde "Krugergoud" kon gebeur
het. Hierdie interessante relaas is die vroee voorgeskiedenis en
wat met die skrywer in die oorlog en in ballingskap in Portugal
gebeur het.
Die verhaal van 'n wonder wat met 'n gesin gebeur het. Op 'n
verlore spoorweghalte is stasiemeester Hendrick McDonald 'n
teleurstelling vir sy vrou, Katrien. Sy loop bedags agter die huis
en huil as sy dink niemand sien haar nie. Hulle dogter, Emma, kan
nie meer klavier speel nie en is vasgevang in 'n saai
liefdesverhouding. Hulle seun, Willem, praat twee jaar lank nie
meer nie. En al vier maak asof niks verkeerd geloop het nie. Maar
dan bring 'n sirkustrein vir Manuel die nar in hul lewens. Eers
werk sy paljas met Willem, dan met hulle as gesin. Nou moet dit nog
met 'n hele gemeenskap werk.
Hoe toets jy die staal van 'n man wat jou beeldskone dogter van jou
af wil wegneem? In hierdie roman word die leser op reis geneem deur
Angola se jagvelde, op soek na 'n reuse-olifantbul – maar dis meer
as 'n dramatiese jagtog. Avontuur, romantiek en manlike drif,
Namibie se ruimtes – dit is die kombinasie waarmee Doc Immelman se
vreeslose skrywershand dekades al sy meer as 30 000 lesers gevange
hou. Self ’n jagter, skryf Immelman uit eerstehandse ervaring. In
sy romans bly die harde verlatenheid van die land noordwes van
Suid-Afrika ’n werklikheid.
Poppie is based in the ground-breaking 1978 novel by Elsa Joubert,
Die swerfjare van Poppie Nongena, and was adapted for stage by
Sandra Kotze. This story follows the trials and tribulations of
Poppie, a black woman living in apartheid South Africa and her
search for a better future for her children. Poppie is die storie
van 'n swart vrou wat in die jare van apartheid met 'n man van die
land getroud was. Soos met Joubert se reisbeskrywings, is hierdie
drama 'n reis in vele opsigte - enersyds Poppie se lang swerftog op
soek na standvastigheid en 'n veilige toekoms vir haar kinders,
andersyds 'n reis van twee verwyderde kulture na mekaar toe, maar
uiteindelik die reis na die hart van 'n medemens.
Internasionaal-bekende historikus prof. Hermann Giliomee dek die
geskiedenis van die Afrikaners in 'n hoogs leesbare narratief. Hy
verken verskeie omstrede kwessies - die redes vir hul opgee van
mag, pogings om saam met ander minderhede te veg vir die Grondwet,
en hul soms stormagtige verhouding met die ANC en president Zuma.
The Explanatory Dictionary of Politics (EDP) contains 2 620 key
political terms and definitions. The main goal of the EDP is to
facilitate a proper understanding of the political realm. The EDP
provides assistance to subject specialists and language
practitioners. The disciplines involved, which are loosely referred
to as the political sciences, include politics, international
politics, international relations, African politics, strategic
studies, as well as aspects of political development, political
administration and political economy. Die Verklarende Politieke
Woordeboek (VPW) is gebaseer op die bekroonde tweetalige Nuwerwetse
Politieke Woordeboek (NPW) van 2011, en bevat 2 620 politieke
kernterme en -definisies. Die hoofdoel van die VPW is om behoorlike
begrip van die politieke bestel moontlik te maak. Die VPW verleen
hulp aan vakspesialiste en taalpraktisyns. Die dissiplines betrokke
en waarna breedweg as die politieke wetenskappe verwys word, sluit
in politiek, internasionale politiek, internasionale verhoudinge,
Afrikapolitiek, strategiese studies, sowel as aspekte van politieke
ontwikkeling, politieke administrasie en politieke ekonomie.
|
You may like...
Toorberg
Etienne Van Heerden
Paperback
R370
R330
Discovery Miles 3 300
|