|
|
Books > Afrikaans > Regte
In hierdie verbeterde, uitgebreide en aangepaste uitgawe van
Algemende Plantkunde is die benadering steeds om basiese
plantkunde, die vakwetenskap wat oor plante handel, aan studente
bekend te stel. Die boek bied aan studente op voorgraadse vlak 'n
waardevolle biologies-wetenskaplike basis. Die skrywers, onder
leiding van HP van der Schijff, is gemoeid met die bekende, byna
klassieke, maar tog moderne vorm van plantkunde om sodoende die
hedendaagse student en navorser tot diens te wees, en aan hom/haar
'n onderbou te gee in die werklikheid van vorm, bou , funksie en
voortplanting van die plante waarmee hy/sy werk.
Die werk bied 'n sistematiese benadering tot anatomie. Hierdie
benadering, in teenstelling met die regionale benadering wat deur
mediese en tandheelkundige studente gevolg word, is veral gerig op
medies-verwante beroepsrigtings soos verpleegkunde, radiografie,
arbeidsterapie en fisioterapie. Die boek is in 'n maklik leesbare
styl geskryf en daar word aan elk van bogenoemde kursusse se
behoeftes voldoen.
Hierdie bundel gedigte is gepubliseer by geleentheid van Barend Toerien se tagtigste verjaarsdag op 29 Maart 2001.
Legal language, or 'legalese' as it is sometimes called, is a
language that many people find hard to understand. This is because
some of the words and phrases that lawyers and other legal experts
use do not form part of regular everyday communication. However,
when these experts speak and write using unfamiliar language it is
often because they have to: 'ordinary' language cannot properly or
accurately describe the often complex concepts and issues involved.
This dictionary bridges the gap between the world of everyday
language and the world of legal language. Users can access over 20
000 legal words, each of which is explained in plain English for
the benefit of people without a legal background, as well as legal
practitioners, law students and other members of the legal
profession. The dictionary deals with the areas of criminal law,
criminal procedural law and law of evidence, and is aimed at
familiarising users with the use of legal language in a number of
settings, including the courtroom. A trilingual publication, this
English-isiXhosa-Afrikaans dictionary also contains a useful list
of Latin terms and phrases, together with explanatory notes, as a
centre insert. Synonyms, homonyms and polysemes are identified and
explained, and the dictionary provides guidance on the use of
abbreviations and how to cross-reference lemmas (headwords).
In hierdie bundel loop die skrywer op sy kinderspore terug na die
dorre Kalahari soos dit in die 1930's daaruit gesien het en word
verskeie gebeure en emosies weer opgeroep: 'n lieflinghond wat in
die duinestrate agterbly, 'n verharde pa, ontbering en uiteindelik:
liefde. Onder verskeie prikkelende opskrifte – "Die
Krismishoenders", "Agarob", "Weggooikinders", "Bruilof vir oom
Wessel", "Oubaas Vogelbruck se stompore" – gee die 27 vertellings
'n helder beeld van 'n kind se grootword in die Kalahari. Dr.
Willem D. Kotze is in 1931 op die plaas Texas langs die
Nossobrivier in Namibie gebore. As kind het hy, agter die
karakoeltrop en beeste, sy vader se Kalahariplaas Wilheben
deurkruis.
In 1902 het 'n jong Boeretelegrafis en offisier, Filip Pienaar, uit
ballingskap in Portugal een van die eerste boeke oor die
Boereoorlog geskryf: With Steyn and de Wet. 'n Maand na publikasie
is die boek verban – waarskynlik vanwee verwysings in die boek na
die juiste feite oor die omstrede figuur van generaal F.J. Pienaar,
asook leidrade oor wat met die sogenaamde "Krugergoud" kon gebeur
het. Hierdie interessante relaas is die vroee voorgeskiedenis en
wat met die skrywer in die oorlog en in ballingskap in Portugal
gebeur het.
“’n Voelboek”, noem die bekroonde digter Johan Marais sy vyfde
bundel. By die natuurliefhebber roep dit dadelik assosiasies van ’n
naslaanboek op. En dan, op die opdragblad, asof die digter sy leser
doelbewus met hierdie assosiasie wou mislei, waarsku hy in Walt
Whitman se woorde: "You must not […] be too precise or scientific
about birds and trees and flowers […]." Die gedigte bly egter
gemoeid met die wetenskaplike benadering tot voels, en hierdie spel
van teenstelling en gelykmaking word deur die hele bundel
voortgesit.
Die kortverhale in Maansiek verken 'n wye register: die Rooms-Katolieke geloof, charismatiese aanbidding, Afrika-mistiek, erotiek en moederskap, konflik tussen ras en geslag en sosiale status, spanning tussen die hede en die historiese, die sienlike en die onsienlike.
As basis vir sommige verhale dien 'n nugter koerantberig of tydskrifartikel uit vervloe dekades wat binne die verhaalkonteks tegelyk humoristies en ontstellend is.
Ander is gegrond op minder bekende aspekte van bekende figure of vertellings van onbekende vroue met uiteenlopende agtergronde.
Hoe toets jy die staal van 'n man wat jou beeldskone dogter van jou
af wil wegneem? In hierdie roman word die leser op reis geneem deur
Angola se jagvelde, op soek na 'n reuse-olifantbul – maar dis meer
as 'n dramatiese jagtog. Avontuur, romantiek en manlike drif,
Namibie se ruimtes – dit is die kombinasie waarmee Doc Immelman se
vreeslose skrywershand dekades al sy meer as 30 000 lesers gevange
hou. Self ’n jagter, skryf Immelman uit eerstehandse ervaring. In
sy romans bly die harde verlatenheid van die land noordwes van
Suid-Afrika ’n werklikheid.
Dit was nog nie behoorlik dag nie toe Kaatjie Danster, haastig op
pad Halte toe, die kind van die weemoed in die voetpaadjie voor
haar gewaar. Tjoepstil het hy gestaan en luister na die wind. Sy
het dadelik geweet: Druppeltjie du Pisanie, kind van Waterwyser du
Pisanie en KensTillie Moolman, het die lewe vir die dood verruil.
Maar hoe Druppeltjie onder in die boorgat beland het, dit weet
niemand nie. En die af-arm magistraat wat nou, veertien maande
later, kom ondersoek instel na die oorsaak van sy dood, torring
verniet aan dinge wat verby is. Want Toorberg se mense – die
lewendes en die dooies – ken van geheime wegbere. Net oor een ding
het magistraat van der Ligt dit reg: hoe meer getuies daar is, hoe
verder wyk die waarheid.
|
|