![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Die verhaal van 'n wonder wat met 'n gesin gebeur het. Op 'n verlore spoorweghalte is stasiemeester Hendrick McDonald 'n teleurstelling vir sy vrou, Katrien. Sy loop bedags agter die huis en huil as sy dink niemand sien haar nie. Hulle dogter, Emma, kan nie meer klavier speel nie en is vasgevang in 'n saai liefdesverhouding. Hulle seun, Willem, praat twee jaar lank nie meer nie. En al vier maak asof niks verkeerd geloop het nie. Maar dan bring 'n sirkustrein vir Manuel die nar in hul lewens. Eers werk sy paljas met Willem, dan met hulle as gesin. Nou moet dit nog met 'n hele gemeenskap werk.
In Gif vind die geheime patrone van die natuur neerslag in die mens se persoonlike stryd om oorlewing en begrip. Die hoofkarakter in hierdie roman gaan 'n weddenskap van 'n honderdduisend rand aan vir 'n wedren te perd oor 'n honderd myl; sonder reels, sonder beperkinge. Gaandeweg word dit duidelik: gif kan net met gif besweer word.
Internasionaal-bekende historikus prof. Hermann Giliomee dek die geskiedenis van die Afrikaners in 'n hoogs leesbare narratief. Hy verken verskeie omstrede kwessies - die redes vir hul opgee van mag, pogings om saam met ander minderhede te veg vir die Grondwet, en hul soms stormagtige verhouding met die ANC en president Zuma.
Sarina Dönges het reeds in Nuwwe Stemme 2 gedigte gelewer met beeldryke omskrywings wat die leser deur drome op reis neem. Haar debuutbundel is ryk aan Bybelse intertekste, verwysings uit die kuns en teater. Bekende karakters en figure (Plato, Byron, Pope, Galileo, Boeddha, Dalí, Plath, Ana Blandiana) word betrek by haar verse oor verlore liefde, drome en die dood. Ook tree sy in gesprek met bekende Suid-Afrikaanse skrywers in ’n bundel wat ryk aan intertekste is. ons het haar op ’n Meidag begrawe in die boekery van ons gedagtes (waar sy later stof sal opgaar) enklave buite ons gebied ... ... verslete in haar omslag, binne die bindwerk broos, bly sy vir jou ’n geslote boek; die dag in sy duifgrys pak, bloot boekmerk.
Reise kan soms net los oomblikke van belewing wees. Dis die verbande tussen die momente wat van 'n reeks ervarings 'n reis maak - 'n deurlopende belewing van ontdekking en verrassing, die prikkeling van nuutheid, die raakloop van bekendes. Hierdie titel is nie anders nie. Woorde as momente van taalbelewing maak sin in die verband van ander woorde. Maar dis lesers op hulle leestog wat woord met woord skakel. Die lees van 'n gedig is nie 'n passiewe ervaring nie; dis 'n ontdekking, 'n waagstuk, 'n herskepping en 'n belewing - 'n woordreis. "almal is important", lui die titel van die eenheid in die titel met gedigte oor mense. Dit kan ook gese word van die gedigte in hierdie titel: almal is important. Elke gedig is sorgvuldig gekies en het 'n spesifieke tuiste in die eenheid gekry. Lees gerus die bundel, of ten minste eenhede, van voor tot agter deur. 'n Verdere uitnodiging: lees die gedigte hardop.
Outeur en historikus Karel Schoeman skets in hierdie werk 'n lewende beeld van Susanna Smit: nie net van haar persoonlike wedervarings nie, maar ook die agtergrond waarteen haar lewe afgespeel het: die onrustige tyd aan die Oosgrens, Susanna se verbintenis met Bethelsdorp en die vroee werksaamhede van die Londense Sendinggenootskap, die Groot Trek en die opkoms en ondergang van die Republiek Natalia. Susanna Smit was die suster van die Trekkerleier Gert Maritz en die vrou van die Trekkerpredikant Erasmus Smit. Dit is aan haar dat die kreet "Liewer barrevoets oor die Drakensberge ..." (teen die Britse oorname van Natal) toegeskryf word. Susanna Smit was ook die skrywer van 'n omvangryke dagboek wat in sy behoue vorm die jare 1843-1851 dek en hoofsaaklik haar geestelike belewenisse vasle.
Poppie is based in the ground-breaking 1978 novel by Elsa Joubert, Die swerfjare van Poppie Nongena, and was adapted for stage by Sandra Kotze. This story follows the trials and tribulations of Poppie, a black woman living in apartheid South Africa and her search for a better future for her children. Poppie is die storie van 'n swart vrou wat in die jare van apartheid met 'n man van die land getroud was. Soos met Joubert se reisbeskrywings, is hierdie drama 'n reis in vele opsigte - enersyds Poppie se lang swerftog op soek na standvastigheid en 'n veilige toekoms vir haar kinders, andersyds 'n reis van twee verwyderde kulture na mekaar toe, maar uiteindelik die reis na die hart van 'n medemens.
The Explanatory Dictionary of Politics (EDP) contains 2 620 key political terms and definitions. The main goal of the EDP is to facilitate a proper understanding of the political realm. The EDP provides assistance to subject specialists and language practitioners. The disciplines involved, which are loosely referred to as the political sciences, include politics, international politics, international relations, African politics, strategic studies, as well as aspects of political development, political administration and political economy. Die Verklarende Politieke Woordeboek (VPW) is gebaseer op die bekroonde tweetalige Nuwerwetse Politieke Woordeboek (NPW) van 2011, en bevat 2 620 politieke kernterme en -definisies. Die hoofdoel van die VPW is om behoorlike begrip van die politieke bestel moontlik te maak. Die VPW verleen hulp aan vakspesialiste en taalpraktisyns. Die dissiplines betrokke en waarna breedweg as die politieke wetenskappe verwys word, sluit in politiek, internasionale politiek, internasionale verhoudinge, Afrikapolitiek, strategiese studies, sowel as aspekte van politieke ontwikkeling, politieke administrasie en politieke ekonomie.
'n Versameling van gesprekke met vriende en kennisse van die digter Ingrid Jonker, met kommentaar deur 'n sielkundige. 'n Nuwe boek oor die immer gewilde Ingrid Jonker. Gesprekke oor Ingrid Jonker bevat persoonlike herinneringe van Ingrid se suster Anna, haar psigiater en vriende soos Jan Rabie en Marjorie Wallace, W.A. de Klerk, Berta Smit, Uys Krige en Andre P. Brink. Gesprekke wat dertig jaar gelede deur dr. L.M. van der Merwe, kliniese sielkundige, op band opgeneem is, is deur Petrovna Metelerkamp in boekvorm verwerk. Dit werp 'n nuwe lig op die lewe en tragiese sterwe van die jong Ingrid Jonker.
Personereg, wat nou die sesde uitgawe beleef, het deur die jare 'n standaardwerk oor die Suid-Afrikaanse personereg geword. Hierdie boek is vir die eerste keer in 1995 gepubliseer, net nadat Suid-Afrika 'n nuwe demokratiese bedeling aanvaar het. Die boek is 'n algemene bron oor die personereg wat ook uitgebreide verwysings bevat. Dit reflekteer die transformasie van die personereg om die waardes te weerspieel wat in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, met spesifi eke verwysing na die Handves van Regte, verskans word. Die sistematiese uiteensetting en breedvoerige oorsig maak hierdie boek geskik om as 'n handboek te bruik. Dit is ook in Engels beskikbaar. Eerstejaarstudente kan verwag om die grootste voordeel uit Personereg te put indien dit saam met Law of Persons Sourcebook gebruik word.
Karolina Ferreira gaan na die Vrystaatste dorp Voorspoed om in die omgewing navorsing oor motte te doen. Op pad laai sy 'n onbekende man op en laat haar handpalm lees deur 'n vrou in 'n karavaan.
Designed to be a step-by-step guide to isiZulu, this guide is aimed at the layman and student of comparative languages and contains a detailed list of vocabulary and covers aspects of grammar. English and Afrikaans translations are provided throughout. Previously, African languages were not afforded the same status in South Africa as English and Afrikaans. Now, however they are included in the 11 official languages. Every chapter begins with an orientation to help the learner. The pictorial vocabulary in the first chapter enables easy reference and visual associations.
Die afgelope 21 jaar lank bemagtig Igna Klynsmith luisteraars deur sy RSG-program Regsake met kundige raad en praktiese insig oor regsake wat elkeen raak. Na aanleiding van die groot reaksie op sy program het hy en sy spesialisgaste 'n bruikbare bundel saamgestel wat praktiese regsadvies bied. Dit bevat 'n keur uit regsake van algemene belang asook hofsake wat die wereld laat regop sit het. Wat se die prokureur? wil jou as leser bemagtig met deskundige advies sodat jy ingelig is en weet waar om hulp te kry. Igna bring jou selfs tot binne die hofsale waar opspraakwekkende sake afspeel: gifmoordenaresse, Nuremberg, Nelson Mandela en Rivonia, 'n hofsaak teen kewers ... Dit is min dat 'n mens so 'n bundel teekom waarin kenners saamspan om die Reg vir jou verstaanbaar te maak, maar sonder om tegniese kundigheid in te boet.
Rimpelstories is 'n Afrikaanse reeks wat spesifiek daarop ingestel is omleerders en onderwysers by te staan met die implementering van Kurrikulum 2005 vir Afrikaans hooftaal sprekers. Die Rimperlstories Leesboekies, gedifferensieer op vier vlakke, is volledig geïntegreerd om al die Leerareas te dek. Hulle het volkleur illustrasies en oorspronklike tekste binne die kind se leefwereld. Die Onderwysergidse gee volledige leiding oor hoe om die leesreeks aan te bied. |
You may like...
Alkant Oliphant - 'n Inleiding Tot Die…
C van der Merwe, H. Viljoen
Paperback
R751
Discovery Miles 7 510
Criminal Procedure Casebook…
G. Kemp, S.S. Terblanche, …
Paperback
|