![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Om hom te huldig op 'n leeftyd wat aldus nog altyd in die teken van die oggend staan, bring Lina Spies en Lucas Malan hier 'n sestiental essays, gedigte en geleentheidstukke oor die man en sy werk byeen. Die bydraers is vriende en kollegas wat Aucamp ken en vereer as die skepper van ‘n veelkantige en immer vernuwende oeuvre, maar ook as 'n gewer by uitnemendheid.
Katriena is 'n kombuis-Sjeherazade wat vir elke krisis of insident 'n kostelike storie het. In die verhale leer ons Kateriena ken in al die situasies wat so eie aan ons land en sy mense is.
Baie mense is maar skrikkerig vir binneversiering en bekommer hulle oor hoeveel tyd en geld dit gaan kos. Die skrywer het 'n eenvoudige en tydbesparende benadering en wys jou hoe om stylvolle bybehore en treffende afwerkings in jou huis te skep - met die minimum inspanning en onkoste. Maak jou huis mooi bevat meer as 40 binneversieridees wat in hoofstukke gegroepeer is volgens die benaderde tydsduur vir elke projek. Jy besluit self of jy binne naastenby 'n uur 'n lampskerm van gefotokopieerde bladmusiek wil maak, of a naweek aan die opknapping van jou badkamer wil bestee. 'n Verskeidenheid tegnieke - soos verfafwerkings, trompe l'oeil, stensilwer en decoupage - word uitvoerig verduidelik vergesel van kleurfoto's en -illustrasies.
Dis 'n verhaal van 'n tiener wat weier om sy droom prys te gee. Dis 'n storie van sukkel, vasbyt en wen!
Companies and other Business Structures in South Africa offers a unique synthesis of legal and accounting expertise to provide a clear, practical and authoritative overview of company law and particularly the far-reaching changes introduced by the Companies Act, No 71 of 2008. The book integrates common law and an applied, business orientated approach, providing an invaluable analysis of the purpose and rationale of the new provisions. It provides a careful explanation of the concepts and principles of company law, highlights how the legislative provisions of the new Companies Act depart from the existing company law regime, and considers their impact and relevance for companies and the legal and accounting professions. This book has been written primarily for students of commerce studying the compulsory undergraduate course on the law of companies and other business structures. Companies and other Business Structures in South Africa is designed to comply with the suggested syllabus for commercial law as outlined in the SAICA education requirements for Part 1 of the Qualifying Examination (revised 2005).
God sou nooit so 'n spesie bedink nie," se Seamus Butler van sy kantelbokke, die genetiese frats wat sy vader toevallig geteel het op die Setlaar-familieplaas. Die bokke het 'n aangebore defek wat goud werd is: hulle slaan flou neer as hulle skrik. 'n Enkele kantelbok wei saam met 'n trop kleinvee en as 'n ongedierte toeslaan, word die bok prooi en die kudde ontkom. Hulle, die weemoedige bokke met die spottende geel oe, gee die Butlers rykdom en invloed in die Oos-Kaap – en dis belangrik in die tyd van die groot politieke ommekeer. Want die oopbars van 'n oliebron reg in die middel van die hawestad Port Cecil dryf die swart civic-organisasie se aandrang op 'n verenigde stadsraad op die spits. Aan die voorpunt van die swart aspirasies staan MaNdlovu Thandani, onvernietigbaar en groter as lewensgroot. Teenoor haar: Seamus Butler met sy donker; depressiewe buie wat in hom sleur soos die rivier wat in sewe deltabene deur die stad in die see uitmond. En rondom hulle, in twee werelde wat deur die geskiedenis op mekaar afgestuur word, is elkeen se familiekring wat dreig om mee te gee onder die druk van die tyd. Dis hier waar die verhaal van Die stoetmeester meesleurend deurloop, deur die lewens van mense, elkeen betrokke by, elkeen uitgelewer aan die boeiende oerwereld van die Oos-Kaap in 'n tyd waarin skoonheid en wreedheid, gewelddadigheid en hoop verstrengel raak. Die stoetmeester is, na die satiriese roman Casspirs en Campari's, veel meer verwant aan die sfeer van Toorberg, Etienne van Heerden se hoogs suksesvolle tweede roman. 'n Storie soos min, wat opstaan uit die weeige maar grootse landskap van die Kei.
Rimpelstories is ‘n leesprogram vir die Grondslagfase (Afrikaans
huistaal), wat uit 88 aantreklike geïllustreerde storie- en
feiteboekies bestaan. Die reeks is uitkomsgebaseerd met ‘n
vaardigheidsbenadering as grondslag. Luister-, praat-, lees-,
skryf-, taal-, leer- en denkvaardighede word op ‘n natuurlike wyse
geïntegreer en ontwikkel progressief.
Rimpelstories is ‘n leesprogram vir die Grondslagfase (Afrikaans
huistaal), wat uit 88 aantreklike geïllustreerde storie- en
feiteboekies bestaan. Die reeks is uitkomsgebaseerd met ‘n
vaardigheidsbenadering as grondslag. Luister-, praat-, lees-,
skryf-, taal-, leer- en denkvaardighede word op ‘n natuurlike wyse
geïntegreer en ontwikkel progressief.
In die middel staan Ben du Toit, "'n doodgewone, onskadelike, onmerkwaardige mens". Maar dan word sy ingebore sin vir regverdigheid geskok deur die gewettigde moord op sy swart tuinier en die se seun tydens die 1976 Soweto-betogings en oproer. Ben se pogings om agter die waarheid te kom, bring hom in opstand teen die hele geskiedenis en stelsel wat hom gevorm het. Hy is nie 'n politieke kruisvaarder nie, hy wil slegs agter die waarheid kom. Sy familie dink hy is dwaas, maar vir hom is dit 'n morele kwessie. Danksy die vriendskap van Stanley, die taxibestuurder uit Soweto, en die liefde van die joernalis Melanie, voer hy sy bitter stryd teen apartheid tot by die onvermydelike en skokkende einde. Wanneer Ben vermoed sy lewe is op die spel, besorg hy al die dokumente, uitknipsels, verklarings, ens. - inligting wat hy teen die Veiligheidspolisie ingesamel het - aan 'n ou universiteitsvriend, 'n skrywer wat dit alles kan dokumenteer. Sodat niemand hierna ooit durf se: "Ek het nie geweet nie."
In 1825 vind die enigste slaweopstand in die ou Kaapse geskiedenis plaas, die sg Bokkeveldse Opstand, ontketen deur An droom van vryheid wat nie bewaarheid word nie. As kinders het Nicolaas en Galant saam gespeel; nou is hulle baas en slaaf. Tussen hulle staan die vurige, wederstrewige Hester. Die roman is An koor van stemme, maar die hooffiguur is die slaaf Galant wat die menigte stemme bind. Ma-Roos se: So praat ons, so praat ons, An ry stemme in An ketting, almal saam en almal apart, almal anders en almal dieselfde, en die skakels mag lieg maar die ketting is waar. En die naam van die ketting is Houd-den-Bek. In die stemme van die dertig verskillende vertellers, deur vier dele, waarin die elemente van aarde, wind, water en vuur opgeroep word, groei An persoonlike opstand uit tot An universeel menslike stryd teen onreg - op so An aangrypende wyse dat Artur Lundkvist van die Sweedse Akademie dit by die boek se verskyning bestempel het as miskien die grootste voorstelling van slawerny wat ooit geskryf is.
Ruben Olivier se lewe is besig om uitmekaar te val. Sy vrou is dood. Die biblioteek wat die passie van sy lewe was, het hom 'n pakket aangebied om plek te maak vir 'n jong swart opvolger. Een van sy seuns het klaar die land verlaat en die tweede staan op vertrek. Sy beste vriend is sinneloos vermoor. Sy hede word deur drie figure oorheers. Daar is sy huishoudster, Magrieta, wat hom nie toelaat om te vergeet van die werklike wereld rondom sy soliede ou huis in Nuweland nie. Daar is Antje van Bengale, 'n jong slawemeisie wat drie eeue gelede tereggestel is en nou nog in die huis bly spook. En dan is daar Tessa, wat een nag uit die reen opdaag op soek na blyplek en soos 'n donker maan die landskap van sy lewe belig met die teenstrydige onthullinge uit haar verlede en die uitdaging van haar troebel seksualiteit.
Sedert die verskyning van hierdie titel in 1985 het dilt een van die toonaangewende metodologiehandboeke in Suid-Afrikaanse tersiere onderwys geword. Dit verskaf 'n inleiding tot die fundamentele begrippe in geesteswetenskaplike navorsing en vul ander boe |
You may like...
Job Scheduling Strategies for Parallel…
Dror G. Feitelson, Larry Rudolph
Paperback
R1,454
Discovery Miles 14 540
BEM-based Finite Element Approaches on…
Steffen Weisser
Hardcover
Computation and Storage in the Cloud…
Dong Yuan, Yun Yang, …
Paperback
Geospatial Abduction - Principles and…
Paulo Shakarian, V.S. Subrahmanian
Hardcover
R1,408
Discovery Miles 14 080
Recent Trends in Computational…
Miriam Mehl, Manfred Bischoff, …
Hardcover
Algorithms and Complexity in…
Nicolas Fillion, Robert M. Corless, …
Hardcover
R2,684
Discovery Miles 26 840
Recent Advances in Parallel Virtual…
Yiannis Cotronis, Jack Dongarra
Paperback
R1,581
Discovery Miles 15 810
|