![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Biografieë
Op elf maande word beide Oscar Pistorius se bene net onder die knie geamputeer weens 'n genetiese gebrek. Maar Oscar laat hom nie van stryk bring nie. Oscar is die verhaal van hoe 'n jong man met die ondersteuning van sy ouers die struikelblokke van die lewe oorkom deur te weier om tou op te gooi. In sy eie woorde vertel Oscar van sy grootwordjare: van boomhuis bou; kaskar ry en rem aanslaan met die kunsbene; van sport en skool en meisies. Dit is 'n beeld van 'n seun soos enige ander, want niks sou hom laat glo hy is gestremd nie. In 2004 begin hy aan atletiek deelneem. 'n Jaar later wen hy twee goue medaljes tydens die Paralimpiese Wêreldkampioenskap. Maar sy wedloop is nog nie voltooi nie. In 2007 neem Oscar deel aan sy eerste internasionale kompetisie vir ongestremde atlete. 'n Polemiek bars los: gee die kunsledemate Oscar 'n onregverdige voordeel? Uitgebreide toetse in Duitsland en Amerika volg, en in 'n verhoor voor die Sporthooggeregshof in Switserland word Oscar gelyk gegee. Hierdie boek volg Oscar Pistorius se verhaal van seuntjie sonder bene tot sportsuperster. Die boek het oorsronklik in Italië verskyn, waar Oscar groot beroemdheid geniet en is deur die bekende radiopersoonlikheid Tossie Lochner vertaal.
She was the long-legged girl from the small town Coligny that set world records as a high jumper and brought Olympic medals back to South Africa. But with the glory, Hestrie Cloete-Els also experienced the pain life can cause: a painful childhood filled with arguments; a marriage she entered into too young; the death of loved ones - often just before her biggest competitions...She writes about all of this - the pain and the glory - in her autobiography. For the first time, she tells about her miscarriage while still married to Andries Cloete in 2004. She also sketches an intimate picture of her new life with Afrikaans singer, Jurie Els and their two children in New Zeeland and says how she feels about the molestationaccusation made against Jurie Els by the young singer, Robbie Klay.
In hierdie langverwagte outobiografie van een van die land se muskiekpromotors word die leser op 'n fassinerende toer geneem. Alhoewel die oorkoepelende tema die lewensverhaal van Louis van Wyk is, met veral die fokus op die seksuele teisterings- en verkragtingsbeskuldigings teen hom, is die verhaal verweef met staaltjies uit die vermaakbedryf oor die afgelope paar dekades. Dit vertel die verhaal van 'n eens flambojante platejoggie wat later name soos Patricia Lewis, Pierre de Charmoy, Mango Groove, Steve Hofmeyr, Leon Schuster, Danie Niehaus, Karin Hougaard, Kurt Darren, Sunette Bridges, Pieter Koen, Nadine, Andre Schwartz, Johannes Kerkorrel, Mike Schutte, Bok van Blerk en Candice Hildebrand sou bestuur, en wat ook internasionale groepe soos Bad Boys Blue, Bonnie Tyler, Smokie, A-ha, Deep Purple, Electric Light Orchestra, The Hollies in die land laat optree het. Die vertel egter ook 'n baie menslike lewensverhaal. Louis van Wyk staan eerlik, onbeskaamd en gestroop voor die leser en deel pynlike grepe uit sy verhaal met die leser. Daarin is daar soveel waarmee die leser sal mee kan identifiseer; die leser word egter met 'n oop na-lees-opiniekeuse gelaat.
Your health is your most valuable asset and determines your level of energy. More than longevity, it is a deciding factor in your happiness and success in all aspects of your life. This book gives women the knowledge to take charge and make informed decisions about prevention and treatment – everything your doctor would like you to know, but never has the time to tell you. The Ultimate Guide to Women’s Health covers every aspect and every stage in a woman’s life:
Anton van Wouw - 'n Biografie sal nie net kunsliefhebbers fassineer nie, maar behoort elke Suid-Afrikaner opnuut te inspireer om ons kunserfenis te waardeer en te bewaar. Kennis van Van Wouw en sy werk is essensieel vir ons jeug en nasietrots.
Die skrywer vertel die lewensverhaal van hierdie legendariese sangeres - haar roemryke loopbaan in Suid-Afrika en Europa, haar triomfe en lewensvreugde, soms hartseer en gegriefdheid, asook 'n ellendige laagtepunt in haar lewe - 'n onverkwiklike hofsaak waarin sy een van die hooffigure was.
Om hom te huldig op 'n leeftyd wat aldus nog altyd in die teken van die oggend staan, bring Lina Spies en Lucas Malan hier 'n sestiental essays, gedigte en geleentheidstukke oor die man en sy werk byeen. Die bydraers is vriende en kollegas wat Aucamp ken en vereer as die skepper van ‘n veelkantige en immer vernuwende oeuvre, maar ook as 'n gewer by uitnemendheid.
Koos Kombuis se outobiografie - die enigste wat deur hom goedgekeur en getjap is as die naakte waarheid - is 'n fassinerende weergawe van sy bittersoet lewe tot dusver, vratte en al!
Wynie Strydom was jare lank ’n onmiddellik herkenbare figuur op die kantlyn van elke Blou Bullewedstryd, plaaslik en in die buiteland. As die Blou Bulle se spanbestuurder het hy oor 17 veelbewoë jare heen die hoogte- en laagtepunte en die suksesse en mislukkings van sy gunstelingspan beleef. In hierdie boek vat Wynie Strydom en sy medeskrywer, Alita Steenkamp, die leser op sy lewenspad wat maar altyd met rugby vervleg was. Dit is onontbeerlik vir alle rugbyliefhebbers, ongeag watter span hulle ondersteun.
n Versameling stories oor rugby, die lewe en allerhande ander dinge wat jou sal laat lag, ontroer en opkikker, deur een van Suid-Afrika se ware rugbylegendes… Theuns Stofberg se glorieryke rugbyloopbaan het van 1976 tot 1985 geduur, en hy word in die algemeen beskou as een van die grootste Springbokke ooit. As die 36ste Springbokkaptein – een van slegs 56 spelers wat die eer kon he – was hy taai en kompromisloos op die veld, maar langs die kantlyn was hy ’n ware heer en uitstekende storieverteller – soos bewys word deur die anekdotes wat byeengebring is in hierdie boek. In Stories van die kantlyn neem hy lesers tot agter die skerms, na sy kinderdae as skoolseun-rugbyspeler, tot die berugte meelbom-toer in Nieu-Seeland in 1981, en ook sy Curriebeker-oorwinnings vir drie provinsies – tot vandag toe ’n ongeewenaarde prestasie. Hy skryf ook oor hoe dit was om saam met legendes soos Morne du Plessis, Gerrie Germishuys, Schalk Burger snr. en Gysie Pienaar te speel, hy roep bewonderaars se vreemde en dikwels fleurige gedrag in herinnering en gee lesers ’n fassinerende blik op die amateurdae van rugby in Suid-Afrika. Hy vertel in sy unieke, onnabootsbare styl van sy persoonlike stryd met ’n spraakgebrek en gesondheidsprobleme, en hoe hy ’n tragedie in die familie hanteer het. Elke Suid-Afrikaanse rugbyliefhebber sal hierdie boek, wat soms diep persoonlik, soms amusant en partymaal nostalgies is, koester en geniet.
Hans van Rensburg se magnetiese persoonlikheid en sy sterk
teenkantingteen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog het
Afrikaners só aangegryp dat die Ossewabrandwag (OB) binne drie jaar na
sy stigting by die 300 000 lede gehad het.
’n Bekroonde joernalis, Malvory Adams, skrik wakker in ’n hospitaalbed en wonder hoe hy daar beland het. Dit tref hom soos ’n tienpondhamer tussen die oë: Sy selfmoordpoging het misluk! ’n Bleddie “Samaritaan” het hom uit die kloue van die dood weggeruk. Malvory se hartverskeurende lewensreis sleep jou enduit saam en laat jou by tye na jou asem snak. Als is nie net swart en wit nie skets ’n prentjie van swaarkry, stryd, sukses, selfvernietiging, ’n dans met die dood en die lewe. ’n QR-kode word ook by Als is nie net swart en wit nie ingesluit van sy nuutste liedjie, “Hemel-Dal” asook ’n Engelse weergawe genaamd “Heaven’s Vale”.
Hierdie boek is Willie Steyn se eerstehandse weergawe van wat ongetwyfeld die grootste ontsnappingsveraal van die Anglo-Boereoorlog is. Hy was een van seshondred Boere wat per skip na die eiland van Ceylon gestuur is om daar in die Diyatalawa-kamp geïnterneer te word. Die skip was op 'n donker, maanlose nag in die hawe van Colombo vasgeanker toe Steyn en vier van sy mede-gevangenes een-een met 'n tou in die water afsak terwyl Britse soldate om die skip patrolleer. Die bekoring van Willie Steyn se persoonlike weergawe lê in die onderbeklemtoning en die feitlike eenvoud daarvan. Hy probeer homself nie as 'n held voorstel nie en maak geen aanspraak op roem nie, maar die intensiteit en krag van die vertelling verhoog namate dit ontvou. Vanaf die oomblik dat hy op die slagveld gevange geneem word, het Willie Steyn een doel voor oë: Hy gáán ontsnap. Die leser word bewus van hierdie dwingende dryfkrag, en leer Willie ken as 'n ongebonde gees, wat selfs in gevangenskap nooit sy brandende begeerte en vasberadenheid om tot die stryd terug te keer, verloor nie. Deneys Reitz - skrywer van Kommando en bekend vir sy eie dapperheid - het in 1903 Steyn as 'een van ons dapperste burgers' beskryf, en sy ontsnapping as 'n daad 'sonder weerga in die geskiedenis van ontsnapping' genoem.
Met sy heel eerste verskyning op televisie as hoërskool-laaitie het Rian van Heerden reeds die volk die josie ingemaak. Sedertdien het hy dikwels koerantvoorblaaie gehaal - en is telkens afgedank! - vir sy omstrede uitlatings. In dié boek skryf hy onbeskaamd oor al die goed wat mense meen hy eerder nié moes gesê het nie. Hy maak vir die eerste keer sy hart oop oor sy persoonlike lewe, sy worsteling met gaywees en sy eerste liefdesverhouding. Blatant eerlik, skreeusnaaks, aangrypend.
’n Fotografiese herdenking van die lewe en loopbaan van Afrikaanse musiek se superster. Steve Hofmeyr is een van Suid-Afrika se suksesvolste musikante en gewildste akteurs, met ’n geweldige aantal toegewyde bewonderaars. Die boek bevat foto’s uit Steve se jong dae en sy deurbraak-jare in die musiekbedryf. Dit dek sy loopbaan in TV, rolprente en musiekblyspele, met inbegrip van Agter elke man, Egoli en 7de Laan. Dit volg sy loopbaan as ’n musikant, met staaltjies oor elk van sy albums en foto’s van hom op die verhoog, agter die skerms en op toer. Dit sluit ook Steve se verhouding met die media, sy aktivisme en liefdadigheidswerk, en sy gevierde loopbaan as skrywer in. Die boek bevat ’n magdom foto’s met byskrifte wat Steve self geskryf het. Hierdie boek word uitgegee in die jaar dat Steve Hofmeyr 50 word en sy 25 jaar in die musiekbedryf vier, en is ’n moet-he vir al sy bewonderaars.
’n Biografie oor Pik Botha, een van Suid-Afrika se kleurrykste figure, en in sy tyd die langsdienende Minister van Buitelandse Sake ter wêreld. |
You may like...
Facelifts for Special Libraries - A…
Dawn Bassett, Jenny Fry, …
Paperback
R1,318
Discovery Miles 13 180
Disaster Management in India - Evolution…
Mohan Kanda
Hardcover
Computer Vision - Concepts…
Information Reso Management Association
Hardcover
R8,976
Discovery Miles 89 760
The Mayor and The Judge - The Inside…
Judge Nelson W Wolff
Hardcover
|