0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (7)
  • R50 - R100 (23)
  • R100 - R250 (86)
  • R250 - R500 (165)
  • R500+ (32)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Biografieë

Suiwer Goud (Afrikaans, Paperback): Errol Tobias Suiwer Goud (Afrikaans, Paperback)
Errol Tobias
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 4 - 6 working days

Errol Tobias se verkiesing tot Springbok was onmiddelik omstrede. In 1980 word hy ons eerste swart Springbok rugbyspeler – te midde van internasionale sport-isolasie en groeiende protes weens die regeringsbeleid. In Errol Tobias: Suiwer Goud vertel hy openhartig van sy sportloopbaan: vanaf kindsbeen tot met die groot oomblikke in die groen-en-goud, die vreugdes, die verlies, en die omstredenheid.

Die waarheid agter legendariese rugbywedstryde word onthul, soos die Suid-Amerikaanse toer waar Tobias ’n rekord gebreek het, en die rampspoedige Nieu-Seeland-toer waar protesaksie teen die Springbokspan oorweldigend geword het. Hy skryf oor sy hegte vriendskap met Springboklegende Rob Louw, en die onwrikbare ondersteuning van Danie ‘Dok’ Craven. Hier is ook Tobias se opinie oor vandag se kwotastelsels.

Baie ander mense het al hul opinie oor Errol Tobias en sy rol in Suid-Afrikaanse rugby gelewer. Hier is sý kant van die saak.

Die Ou Met Die Snor By Die Bar (Afrikaans, Paperback): Jack Parow, Theunis Engelbrecht Die Ou Met Die Snor By Die Bar (Afrikaans, Paperback)
Jack Parow, Theunis Engelbrecht
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

In Die Ou Met Die Snor By Die Bar vertel die superster-rapper Jack Parow van sy lewe en al sy wilde, mal avonture.

Die storie begin agter die Boereworsgordyn en maak draaie in plekke soos Onrusrivier, The Lollipop Lounge in Randburg, Mitchells Plain, België, Nederland, Londen, Los Angeles, Hollywood en Moskou.

Daar is sappige staaltjies oor wilde partytjies, warm bokkies, dodgy plekke, trance-paarties en avonture in jacuzzi’s, en hy lig ook die sluier oor sy ervarings met onder andere rofstoeiers, skoonheidskoninginne, polisiemanne, hipsters in nagklubs, ’n sanger wat hom wou bliksem, ooms wat hom van verhoë gegooi wil hê en ’n stewige tannie wat met ’n krieketkolf op hom afstorm.

Parow beantwoord ook taai vrae wat al deur mense aan hom gevra is, soos: Is dit waar wat hulle sê van ’n man met ’n lang pet? En: Hoe kry jy dit reg om jou snor so te hou dat girls dit onweerstaanbaar vind? Hy vertel die stories agter sy gewildste songs en draai nie doekies om oor wat hy van ’n klomp goed dink nie, soos die ‘ou’ Afrikaans en die ‘nuwe’ Afrikaans, die lewe in Suid-Afrika en wat dit regtig beteken om ’n rapper te wees. Die boek bevat ook die lirieke van baie van sy treffers en talle foto’s wat nog nooit voorheen gesien is nie.

Seks & Drugs & Boeremusiek - Die Memoires Van 'n Volksverraaier (Afrikaans, Paperback): Koos Kombuis Seks & Drugs & Boeremusiek - Die Memoires Van 'n Volksverraaier (Afrikaans, Paperback)
Koos Kombuis
R114 Discovery Miles 1 140 Ships in 4 - 6 working days

Koos Kombuis se outobiografie het al meer as tien drukke beleef. Hierdie heruitgawe verskyn op openbare aandrang.

Sy ganse lewensverhaal, Koos se manier om homself te versoen met sy verlede. Hy vertel van sy heel eerste openbare optrede (op die ouderdom van ongeveer vyf sekondes), van sy jeugjare as hedonis, van die paradokse & die pyn, van hoe lekker die lewe nou vir hom is, van die goue jare wat nog voorlê . . .

O ja, natuurlik ook van die seks & drugs & boeremusiek wat al sy pad gekruis het.

Van Pollsmoor tot Prediker (Afrikaans, Paperback): Jaun Truter, Leon Steenkamp Van Pollsmoor tot Prediker (Afrikaans, Paperback)
Jaun Truter, Leon Steenkamp
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days

Jaun Truter was 'n gangster in die ergste graad: Noem dit maar: Dwelms, aanranding, afpersing, en betrokkenheid by die Russiese mafia in Kaapstad. God gryp in op sy lewe op 'n baie tasbare en hoorbare manier en Jaun gaan tronk toe. Hier leer hy om van voor af te begin... Hierdie is 'n aangrypende verhaal van God se beskermende hand en hoe Hy nie sy kinders laat gaan nie.

Kleur -  My lewe, my lied (Afrikaans, Paperback): Amos Van Der Merwe, Randall Wicomb Kleur - My lewe, my lied (Afrikaans, Paperback)
Amos Van Der Merwe, Randall Wicomb
R299 Discovery Miles 2 990 Ships in 4 - 6 working days

Kleur - my lewe, my lied is die resultaat van ses jaar se gesprekke met Randall Wicomb ? van herinneringe aan sy kinderjare tot vertellings oor die eensame bestaan wat hy nou voer. Die onsekerheid rondom sy herkoms en sy moeder se pogings om hom teen apartheid te beskerm het 'n onuitwisbare indruk op hom gelaat en uiteindelik 'n kruis geword wat hy steeds dra. Randall se sangloopbaan vleg tussen veranderende politieke omstandighede en die behoud van Afrikaanse liedere deur om van hom 'n bekende en beminde figuur te maak. Vir meer as veertig jaar sing hy van kleur en liefde, van heimwee en hoop, en van amper vergete liedjies in die taal wat so na aan sy hart is. In hierdie biografiese verhaal vertel Randall van die humor, suksesse en mislukkings wat van hom 'n huishoudelike naam gemaak het. Hy gesels openhartig oor sy familie en die duur prys van roem. Nou, na die diagnose van gevorderde kanker, plaas hy sy lewe onder 'n vergrootglas om sin te maak van die vele hoogte- en laagtepunte wat hy ervaar het. Sy soektog na identiteit word 'n intense ontboeseming van 'n man wat ? met 'n glimlag en 'n traan ? nie skroom om foute te erken en hoop te deel nie. In Kleur onthou Randall die besondere mense wat sy loopbaan beinvloed het asook die rol wat vreemdelinge in sy lewe gespeel het. Die stories van sy besoeke aan Namibie en die polisiestasie in Vereeniging laat hom steeds skater van die lag, terwyl sy weergawe van die Griekwapsalms op 'n onlangse bootreis 'n nuwe rigting aan sy lewe gegee het. Die titel van die boek is doelbewus gekies om meer as een begrip te omvat. Randall Wicomb se agtergrond, sy lewe en sy liedjies word 'n prisma waardeur sy identiteit uiteindelik in fokus kom. Dit is die verhaal van 'n mens wat, ten spyte van omstandighede, steeds sy gehore bekoor en strewe na 'n beter toekoms.

Geheime Revolusie - Memoires van 'n Spioenbaas (Afrikaans, Paperback): Niel Barnard, Tobie Wiese Geheime Revolusie - Memoires van 'n Spioenbaas (Afrikaans, Paperback)
Niel Barnard, Tobie Wiese
R541 Discovery Miles 5 410 Ships in 18 - 22 working days
The Correspondence of the Late John Wilkes - With His Friends, Printed from the Original Manuscripts, in Which Are Introduced... The Correspondence of the Late John Wilkes - With His Friends, Printed from the Original Manuscripts, in Which Are Introduced Memoirs of His Life, Volu (Afrikaans, English, Paperback)
John Wilkes, John Almon
R697 R627 Discovery Miles 6 270 Save R70 (10%) Ships in 18 - 22 working days

This is a reproduction of a book published before 1923. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book. ++++ The below data was compiled from various identification fields in the bibliographic record of this title. This data is provided as an additional tool in helping to ensure edition identification: ++++ The Correspondence Of The Late John Wilkes: With His Friends, Printed From The Original Manuscripts, In Which Are Introduced Memoirs Of His Life, Volume 1; The Correspondence Of The Late John Wilkes: With His Friends, Printed From The Original Manuscripts, In Which Are Introduced Memoirs Of His Life; John Wilkes John Wilkes John Almon Printed for R. Phillips, by T. Gillet, 1805 Biography & Autobiography; General; Biography & Autobiography / General; Biography & Autobiography / Political; Great Britain

Eugene de Kock (Afrikaans, Paperback): Anemari Jansen Eugene de Kock (Afrikaans, Paperback)
Anemari Jansen
R573 Discovery Miles 5 730 Ships in 18 - 22 working days
Tannie Pompie se Oorlog - In die Driehoek van die Dood (Afrikaans, Paperback): Deon Lamprecht Tannie Pompie se Oorlog - In die Driehoek van die Dood (Afrikaans, Paperback)
Deon Lamprecht
R503 Discovery Miles 5 030 Ships in 18 - 22 working days
'Ek Sterf 'N Duisend Maal in Afrika' (Afrikaans, Paperback): Christiaan Herbst 'Ek Sterf 'N Duisend Maal in Afrika' (Afrikaans, Paperback)
Christiaan Herbst
R570 Discovery Miles 5 700 Ships in 18 - 22 working days

As 'n seuntjie het ek aandagtig geluister na al die romantiese verhale van die olifantjagters, en van die waagmoed en dapperheid van die jagters op die spore van die ivoordraers...( stories soos myne) met die dood wat telkemale oor jou hare stryk. In drome het ek myself gesien in woude en woestyne, op die spore van die ivoordraers... agter die alleenloper buffel aan... gedroom van ongelooflike avonture. Het ek maar geweet hoe waar al my drome eendag sou word.

J M Coetzee - 'n Geskryfde Lewe (Afrikaans, Paperback): J C Kannemeyer J M Coetzee - 'n Geskryfde Lewe (Afrikaans, Paperback)
J C Kannemeyer
R372 Discovery Miles 3 720 Ships in 4 - 6 working days

Al is die Nobelpryswenner J.M. Coetzee wereldwyd as romanskrywer en letterkundige bekend, was daar nog geen omvattende biografie oor hom nie. Vir J.M. Coetzee: 'n Geskryfde Lewe het J.C. Kannemeyer, wat veral vir sy Afrikaanse literatuurgeskiedenis in twee dele asook verskeie biografiee van Afrikaanse skrywers bekend is, die samewerking van Coetzee self gehad.

Coetzee het onderhoude aan hom toegestaan, en Kannemeyer met familielede, vriende en kollegas in aanraking gebring. Coetzee het hom ook toegang tot 'n aansienlike aantal dokumente in sy private besit gegee. Voorts het Kannemeyer die geweldig omvattende literatuur oor Coetzee bestudeer en op inligting afgekom wat nie tevore ontgin is nie. Kannemeyer het hierdie biografie voor sy skielike heengaan op 25 Desember 2011 voltooi, en Michiel Heyns het dit uit Afrikaans in Engels vertaal. Die boek is 'n reis deur Coetzee se lewe, en begin met 'n ondersoek na sy geslagsregister. Daarna kom sy kinderjare in Kaapstad en Worcester onder die loep. Na 'n beskrywing van sy skooljare word sy loopbaan, van sy studentejare aan die Universiteit van Kaapstad en sy tyd as rekenaarprogrammeerder in Brittanje, uitgele. Hierna het hy sy doktorsgraad aan die Universiteit van Texas in Austin verwerf, en daarna was hy drie jaar lank 'n lektor aan die New Yorkse Staatsuniversiteit in Buffalo.

Sy deelname aan vreedsame versetoptrede teen die teenwoordigheid van die polisie op die Buffalo-kampus het daarop uitgeloop dat sy aansoek om 'n visum vir verdere verblyf in daardie land geweier is, en hy moes na sy geboorteland terugkeer. Met sy terugkeer in 1971 is Coetzee as lektor in Engels aan die Universiteit van Kaapstad aangestel, en vir die volgende dertig jaar het hy 'n vermaarde akademiese loopbaan geniet. Onder meer was hy besoekende hoogleraar aan universiteite in die Verenigde State, en het hy ook talle lesings en voorlesings by 'n groot verskeidenheid konferensies en instellings gelewer.

Sy eerste roman, Dusklands, het in 1974 verskyn, en is gevolg deur etlike romans wat hom as 'n vooraanstaande romanskrywer in Engels gevestig het. Vir die eerste keer openbaar hierdie biografie inligting oor 'n outeur wat nie net by uitsondering onderhoude aan joernaliste toestaan nie, maar ook baie swygsaam oor sy private lewe is. Die biograaf het 'n geleentheid gekry om talle wanopvattings wat steeds bestaan, reg te stel, en inligting te voorsien wat lig op die ontstaan en implikasies van die romans werp. Die biografie is in wese 'n onontbeerlike bron vir almal wat hulle met die werk van J.M. Coetzee bemoei.

Gesprekke met myself (Afrikaans, Paperback): Nelson Mandela Gesprekke met myself (Afrikaans, Paperback)
Nelson Mandela
R346 Discovery Miles 3 460 Ships in 4 - 6 working days
'Ek Sterf 'N Duisend Maal in Afrika' (Afrikaans, Paperback): Christiaan Herbst 'Ek Sterf 'N Duisend Maal in Afrika' (Afrikaans, Paperback)
Christiaan Herbst
R1,631 Discovery Miles 16 310 Ships in 18 - 22 working days

As 'n seuntjie het ek aandagtig geluister na al die romantiese verhale van die olifantjagters, en van die waagmoed en dapperheid van die jagters op die spore van die ivoordraers...( stories soos myne) met die dood wat telkemale oor jou hare stryk. In drome het ek myself gesien in woude en woestyne, op die spore van die ivoordraers... agter die alleenloper buffel aan... gedroom van ongelooflike avonture. Het ek maar geweet hoe waar al my drome eendag sou word.

The Life Of Field-marshal Arthur, Duke Of Wellington, Volume 1 (Afrikaans, Paperback): Charles Duke Yonge The Life Of Field-marshal Arthur, Duke Of Wellington, Volume 1 (Afrikaans, Paperback)
Charles Duke Yonge
R974 Discovery Miles 9 740 Ships in 18 - 22 working days

This is a reproduction of a book published before 1923. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book. ++++ The below data was compiled from various identification fields in the bibliographic record of this title. This data is provided as an additional tool in helping to ensure edition identification: ++++ The Life Of Field-Marshal Arthur, Duke Of Wellington, Volume 1; The Life Of Field-Marshal Arthur, Duke Of Wellington; Charles Duke Yonge Charles Duke Yonge Chapman & Hall, 1860 Marshals

DF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalisme - Stories van gister en vandag (Afrikaans, Paperback): Lindie Koorts DF Malan en die opkoms van Afrikaner-nasionalisme - Stories van gister en vandag (Afrikaans, Paperback)
Lindie Koorts
R734 Discovery Miles 7 340 Ships in 18 - 22 working days
Mooi loop - The sacred art of vetkat regopstaan kruiper (English, Afrikaans, Paperback): Vetkat Regopstaan Boesman Kruiper Mooi loop - The sacred art of vetkat regopstaan kruiper (English, Afrikaans, Paperback)
Vetkat Regopstaan Boesman Kruiper
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Originally written in Afrikaans, and now accompanied with English translations, Mooi Loop is a fully bilingual book that celebrates the life and artwork of the late Vetkat Regopstaan Boesman Kruiper. The book contains original, finely detailed, and hand-colored drawings in Vetkat's unique style. The silhouetted imagery demonstrates linkages to South African rock art done by the Bushmen. Some of the art collages reprinted in the book have never been seen by the general public within South Africa. Most of the book's poetry is reprinted in the original handwriting of the artist. With each turn of the page, the book follows both a visual and visceral path where beautiful surprises will await the reader on the journey through Mooi Loop. This rarely seen collection of poetry and artwork represents Vetkat's Sacred Art collection as a living memory - a collection that simultaneously tells of the past, the present, and, occasionally, even the future. The simple, yet bold, messages that are written either as text or evoked in Vetkat's art, speaks to a universal living memory of nature, reconnection, human relationships, peace, war, and respect for the land. Vetkat's wife, Belinda Kruiper, both a poet and author, provides the perfect accompaniment to Vetkat's artwork through her own complementary poetry throughout the book. (Series: Unisa Flame - Vol. 1)

Lord Beaconsfield's Letters, 1830-1852 (English, Afrikaans, Paperback, Primary Source ed.): Benjamin Disraeli Lord Beaconsfield's Letters, 1830-1852 (English, Afrikaans, Paperback, Primary Source ed.)
Benjamin Disraeli
R628 Discovery Miles 6 280 Ships in 18 - 22 working days

This is a reproduction of a book published before 1923. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book.

Joost En Amor - Agter Die Skerms (Afrikaans, Paperback): Gavin Prins Joost En Amor - Agter Die Skerms (Afrikaans, Paperback)
Gavin Prins
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Die gevierde Springbok-rugbyheld Joost van der Westhuizen en sy vrou, die sangeres Amor Vittone, was ’n glansryke paartjie wat die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp het. Hulle het as hul land se eie “Posh en Becks” bekend gestaan en was geseënd met sukses, roem, ophemeling deur die publiek, en ’n oënskynlik gelukkige huwelik. Totdat ’n skokberig oor ’n seksvideo op die voorblad van ’n plaaslike Sondagkoerant verskyn het …

In hierdie boek vertel Gavin Prins, die welbekende joernalis en ’n persoonlike vriend en vertroueling van die Van der Westhuizens, nou die storie agter die storie – die een wat nog nooit tevore gepubliseer is nie. Prins, wat die seksvideo-skandaal op die voorblad van Rapport bekend gemaak het, beskryf hoe ’n eenvoudige plaasseun wat ’n nasionale rugbyheld geword het, sy droomvrou ontmoet en met haar getrou het – en toe op die mees openbare en vernederende manier in ongenade geval het. Sy bekentenis het ’n sekere mate van bevryding meegebring – totdat ’n lewensgevaarlike siekte hom op sy knieë gedwing het …

Hierdie kragtige vertelling, wat dikwels skokkend maar uiteindelik opheffend is, is die ware verhaal agter die opspraakwekkende opskrifte wat Suid-Afrika se bekendste paartjie geteister het.

Lothar Neethling - 'n Lewe Vertel (Afrikaans, Paperback): Annette Jordaan Lothar Neethling - 'n Lewe Vertel (Afrikaans, Paperback)
Annette Jordaan
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Die Polisie se slim en gewilde forensiese deskundige kry skielik 'n openbare skadu toe 'n koerantberig met die ergste naamskending denkbaar verskyn. Volgens oudkaptein Dirk Coetzee van die Polisie se eenheid by Vlakplaas het Neethling middels voorsien om mense aan die slaap te maak of te vermoor. Neethling wen uiteindelik 'n lastersaak, maar die vrae bly spook. Wie was die weeskind wat in September 1948 uit 'n verpletterde Duitsland in Kaapstad aangekom het? Die skrywer en akademikus Annette Jordaan het jare later eers uitgevind dat Lothar nie haar biologiese ouboet is nie. Self het hy min oor sy herkoms vertel, dus steun sy op karige bronne vir die rekonstruksie van sy lewe. Mens lees van Paul Tietz wat in die oorlog geveg het, van Hedwig en haar suster wat met hul kinders voor die Russiese leers uit gevlug het, van aanhoudende honger en ontbering en van die begrafnis van 'n bababoetie in 'n woud. Albei ouers sterf, en in 1948 breek 'n nuwe bedeling vir die Duitse weeskinders en vir Suid-Afrika aan. Lothar is deur 'n vurige Afrikaner-nasionalis en sy vrou aangeneem. Hy het vinnig gepresteer, op 'n jong ouderdom twee doktorsgrade behaal en die Polisie se forensiese laboratorium tot een van die bestes ter wereld ontwikkel - die plek waar gif glo ook vervaardig is. Met sy dood in 2005 stroom boodskappe van meelewing en waardering in. En Dirk Coetzee se dis die beste nuus wat hy in jare gehoor het. Wie was Lothar Neethling dan? Uiteindelik praat 'n lewe self.

Grens (Afrikaans, Paperback): Leonette Smit Grens (Afrikaans, Paperback)
Leonette Smit
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Ignatius Smit sterf by geboorte op Woensdag, 3 Maart 1982 op Katima Mulilo in Namibie se Kaprivistrook. Omdat Ignatius se ouers die sendingpaar is, word hy begrawe op 'n afgelee plek in 'n bos, naby die graf van magistraat Trollop wat aan koors in Barotsiland gesterf het.

Sy ma sukkel om sy dood te verwerk, omdat sy as geestelike leier verantwoordelik voel vir die vertroosting van die dorpsmense, wat net so platgeslaan is deur sy onverwagte dood. Jare later haal sy onverwekte dood haar in. Hierdie is haar, Leonette, se verhaal. Dis 'n verhaal van verlies en die verwerking daarvan, wat grootliks afspeel binne die militêre milieu - waarvan grenslewe 'n groot komponent is.

Baie jare later kry sy vertroosting deur berading en musiekterapie van 'n orrelsimfonie van Saint-Saens. Dit gee vir haar 'n visualisering van Ignatius se lewe na die dood. So kry sy volkome bevryding vir haar pynlike smart.

Die Bleek Man Op My Hakke - 'n Skisofreen Vertel (Afrikaans, Paperback): Harriet Christou Die Bleek Man Op My Hakke - 'n Skisofreen Vertel (Afrikaans, Paperback)
Harriet Christou
R236 Discovery Miles 2 360 Ships in 4 - 6 working days

’n Hoogswanger vrou stort in ’n koffiewinkel in duie, en word daarna wakker van die verskriklikste pyn. Sy le op ’n hospitaalbed, langs haar die man met die strepieshemp wat sy in die koffiewinkel herken het voordat sy inmekaar gesak het. Hy is besig om haar ongebore kind stuk vir stuk uit haar te sny...Maar niemand weet hiervan behalwe Harriet nie. Niemand hoor ook die stemme wat so duidelik in haar kop praat nie. Niemand weet dat sy nie eers kan bad nie omdat haar bad voortdurend vol bloed is ... en tog is dit alles vir Harriet die allerverskriklikste werklikheid. Niemand weet van Harriet Christou se lewe met skisofrenie nie, trouens, dit is een van die mees verborge aspekte van menswees in die algemeen. In hierdie aangrypende boek vertel sy ’n uiters sonderlinge verhaal, en sy vertel dit onverskrokke en openhartig. Dit is ’n onthutsende verhaal. Skokkend. Maar ook ’n verhaal van volharding, hoop, menslikheid en begrip vir die kompleksiteit en broosheid van die menslike lewe.

Bewys van die Hemel (Afrikaans, Paperback): Eben Alexander Bewys van die Hemel (Afrikaans, Paperback)
Eben Alexander
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 4 - 6 working days

Die vooraanstaande neurochirurg dr Eben Alexander het homself altyd as 'n man van die wetenskap beskou. Sy vaste geloof in geneeskunde wat op bewyse berus, het hom 'n loopbaan by van die top-institusies in die wereld besorg. Maar dit sou heeltemal verander. Een oggend in 2008 raak hy in 'n koma nadat hy 'n seldsame bakteriese breinvliesontsteking opgedoen het. Breinskanderings wys massiewe breinskade. Hulle verwag nie hy sal leef nie. Terwyl sy gesin hulle op die ergste voorberei, gebeur iets wonderbaarliks: sy brein begin ontwaak uit 'n toestand van byna algehele stilstand. 'n Veranderde man word daar wakker, seker van die oneindigheid van die siel, en seker van 'n lewe anderkant die dood. In hierdie verstommende boek deel dr Alexander sy ondervinding soos hy dit saamgestel het uit notas wat hy gehou het so gou hy weer kon skryf. Anders as vele ander beskrywings van nabydood-ervarings kan hy verduidelik waarom sy brein nie in staat was om sy reis na die hiernamaals te versin nie.

Life and Times of General Sir Edward Cecil, Viscount Wimbledon, Colonel of an English Regiment in the Dutch Service, 1605-1631,... Life and Times of General Sir Edward Cecil, Viscount Wimbledon, Colonel of an English Regiment in the Dutch Service, 1605-1631, and One of His Majesty (English, Afrikaans, Paperback)
Charles Dalton
R912 Discovery Miles 9 120 Ships in 18 - 22 working days

This is a reproduction of a book published before 1923. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book. ++++ The below data was compiled from various identification fields in the bibliographic record of this title. This data is provided as an additional tool in helping to ensure edition identification: ++++ Life And Times Of General Sir Edward Cecil, Viscount Wimbledon, Colonel Of An English Regiment In The Dutch Service, 1605-1631, And One Of His Majesty's Most Honourable Privy Council, 1626-1638, Volume 1; Life And Times Of General Sir Edward Cecil, Viscount Wimbledon, Colonel Of An English Regiment In The Dutch Service, 1605-1631, And One Of His Majesty's Most Honourable Privy Council, 1626-1638; Charles Dalton Charles Dalton S. Low, Marston, Searle, & Rivington, 1885 Biography & Autobiography; General; Biography & Autobiography / General; Biography & Autobiography / Personal Memoirs; Cadiz Expedition, 1625; Netherlands

20 Maande In Gyselaarshel (Afrikaans, Paperback): Debbie Calitz, Ulrike Hill 20 Maande In Gyselaarshel (Afrikaans, Paperback)
Debbie Calitz, Ulrike Hill 1
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 4 - 6 working days

Toe Debbie Calitz en Bruno Pelizzari in Oktober 2010 in Dar-es-Salaam anker lig, sou hulle nooit kon raai dat hulle op ’n hellevaart vertrek nie.

Drie dae nadat hulle as bemanningslede op die seiljag Choizel vertrek het, is die vaartuig gekaap deur Somaliese seerowers wat ʼn losprys vir Debbie en Bruno geëis het. Twintig maande lank is die paartjie van die een donker hool na die ander verskuif, telkens met ander oppassers wat hulle – en veral vir Debbie – aan onbeskryflike gruweldade onderwerp het.

Dit was Debbie se geestelike ingesteldheid, haar medemenslikheid, en ironies genoeg, haar verlede as ʼn slagoffer van mishandeling, wat haar aan die lewe help hou het deur positief te bly en te glo dat sy en Bruno gered sou word.

In hierdie meesleurende boek oor afskuwelike ontmensliking onthul Debbie die besonderhede van hul beproewing en hul uiteindelike bevryding. Dit is die verhaal van ʼn vrou se onoorwinlike moed toe vryheid en menswaardigheid nog net ʼn vae herinnering was.

The Complete Rags of Time - A Season in Prison: (Parts 1 and 2) (Afrikaans, Paperback): Jack Cook The Complete Rags of Time - A Season in Prison: (Parts 1 and 2) (Afrikaans, Paperback)
Jack Cook
R607 Discovery Miles 6 070 Ships in 18 - 22 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
YouTubers - How YouTube Shook Up TV and…
Chris Stokel-Walker Hardcover  (1)
R583 Discovery Miles 5 830
Cross-Scale Coupling and Energy Transfer…
Yukitoshi Nishimura, Olga Verkhoglyadova, … Paperback R3,336 Discovery Miles 33 360
OCUP 2 Certification Guide - Preparing…
Michael Jesse Chonoles Paperback R1,536 R1,392 Discovery Miles 13 920
Energy and Climate Change - An…
Michael Stephenson Paperback R2,766 R2,318 Discovery Miles 23 180
CSSLP Certified Secure Software…
Wm. Arthur Conklin, Daniel Shoemaker Paperback R1,109 Discovery Miles 11 090
A Spy In Time
Imraan Coovadia Paperback R300 R171 Discovery Miles 1 710
The Ministry for the Future
Kim Stanley Robinson Paperback R609 Discovery Miles 6 090
Last and First Men
W. Olaf Stapledon Hardcover R706 Discovery Miles 7 060
Alien Clay
Adrian Tchaikovsky Paperback R407 Discovery Miles 4 070
My First Thai Alphabets Picture Book…
Sirikit S Hardcover R486 Discovery Miles 4 860

 

Partners