0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (7)
  • R50 - R100 (23)
  • R100 - R250 (87)
  • R250 - R500 (162)
  • R500+ (32)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Biografieë

Als Is Nie Net Swart En Wit Nie (Afrikaans, Paperback): Malvory Adams Als Is Nie Net Swart En Wit Nie (Afrikaans, Paperback)
Malvory Adams
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

’n Bekroonde joernalis, Malvory Adams, skrik wakker in ’n hospitaalbed en wonder hoe hy daar beland het. Dit tref hom soos ’n tienpondhamer tussen die oë: Sy selfmoordpoging het misluk! ’n Bleddie “Samaritaan” het hom uit die kloue van die dood weggeruk.

Malvory se hartverskeurende lewensreis sleep jou enduit saam en laat jou by tye na jou asem snak.

Als is nie net swart en wit nie skets ’n prentjie van swaarkry, stryd, sukses, selfvernietiging, ’n dans met die dood en die lewe.

’n QR-kode word ook by Als is nie net swart en wit nie ingesluit van sy nuutste liedjie, “Hemel-Dal” asook ’n Engelse weergawe genaamd “Heaven’s Vale”.

Die Groot Boere-Ontsnapping (Afrikaans, Paperback): Willie Steyn Die Groot Boere-Ontsnapping (Afrikaans, Paperback)
Willie Steyn
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie boek is Willie Steyn se eerstehandse weergawe van wat ongetwyfeld die grootste ontsnappingsveraal van die Anglo-Boereoorlog is. Hy was een van seshondred Boere wat per skip na die eiland van Ceylon gestuur is om daar in die Diyatalawa-kamp geïnterneer te word. Die skip was op 'n donker, maanlose nag in die hawe van Colombo vasgeanker toe Steyn en vier van sy mede-gevangenes een-een met 'n tou in die water afsak terwyl Britse soldate om die skip patrolleer.

Die bekoring van Willie Steyn se persoonlike weergawe lê in die onderbeklemtoning en die feitlike eenvoud daarvan. Hy probeer homself nie as 'n held voorstel nie en maak geen aanspraak op roem nie, maar die intensiteit en krag van die vertelling verhoog namate dit ontvou. Vanaf die oomblik dat hy op die slagveld gevange geneem word, het Willie Steyn een doel voor oë: Hy gáán ontsnap. Die leser word bewus van hierdie dwingende dryfkrag, en leer Willie ken as 'n ongebonde gees, wat selfs in gevangenskap nooit sy brandende begeerte en vasberadenheid om tot die stryd terug te keer, verloor nie.

Deneys Reitz - skrywer van Kommando en bekend vir sy eie dapperheid - het in 1903 Steyn as 'een van ons dapperste burgers' beskryf, en sy ontsnapping as 'n daad 'sonder weerga in die geskiedenis van ontsnapping' genoem.

Rian - 16 Dinge wat ek nie moes sê nie (Afrikaans, Paperback): Rian van Heerden Rian - 16 Dinge wat ek nie moes sê nie (Afrikaans, Paperback)
Rian van Heerden
R304 Discovery Miles 3 040 Ships in 4 - 6 working days

Met sy heel eerste verskyning op televisie as hoërskool-laaitie het Rian van Heerden reeds die volk die josie ingemaak. Sedertdien het hy dikwels koerantvoorblaaie gehaal - en is telkens afgedank! - vir sy omstrede uitlatings. In dié boek skryf hy onbeskaamd oor al die goed wat mense meen hy eerder nié moes gesê het nie. Hy maak vir die eerste keer sy hart oop oor sy persoonlike lewe, sy worsteling met gaywees en sy eerste liefdesverhouding. Blatant eerlik, skreeusnaaks, aangrypend.

Steve Hofmeyr 50 (Afrikaans, Paperback): Steve Hofmeyr Steve Hofmeyr 50 (Afrikaans, Paperback)
Steve Hofmeyr
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

’n Fotografiese herdenking van die lewe en loopbaan van Afrikaanse musiek se superster. Steve Hofmeyr is een van Suid-Afrika se suksesvolste musikante en gewildste akteurs, met ’n geweldige aantal toegewyde bewonderaars. Die boek bevat foto’s uit Steve se jong dae en sy deurbraak-jare in die musiekbedryf. Dit dek sy loopbaan in TV, rolprente en musiekblyspele, met inbegrip van Agter elke man, Egoli en 7de Laan. Dit volg sy loopbaan as ’n musikant, met staaltjies oor elk van sy albums en foto’s van hom op die verhoog, agter die skerms en op toer. Dit sluit ook Steve se verhouding met die media, sy aktivisme en liefdadigheidswerk, en sy gevierde loopbaan as skrywer in. Die boek bevat ’n magdom foto’s met byskrifte wat Steve self geskryf het. Hierdie boek word uitgegee in die jaar dat Steve Hofmeyr 50 word en sy 25 jaar in die musiekbedryf vier, en is ’n moet-he vir al sy bewonderaars.

Pik Botha En Sy Tyd (Afrikaans, Hardcover): Theresa Papenfus Pik Botha En Sy Tyd (Afrikaans, Hardcover)
Theresa Papenfus
R450 Discovery Miles 4 500 Ships in 4 - 6 working days

’n Biografie oor Pik Botha, een van Suid-Afrika se kleurrykste figure, en in sy tyd die langsdienende Minister van Buitelandse Sake ter wêreld.

Stiletto - In Die Onderwereld Van Die Seksindustrie (Afrikaans, Paperback): Carel F. Cronje, Karin Eloff Stiletto - In Die Onderwereld Van Die Seksindustrie (Afrikaans, Paperback)
Carel F. Cronje, Karin Eloff
R516 Discovery Miles 5 160 Ships in 18 - 22 working days

Karin Eloff is 'n Boeremeisie met 'n honneursgraad in sielkunde en 'n Dopper-agtergrond. Stiletto vertel die ware verhaal van die pad wat die kuis en voorbeeldige skooldogter gestap het om uiteindelik Zoe te word – eers as gewone stripper, toe as danseres en masseuse in die Streel-kasteel en uiteindelik redakteur van 'n pornografiese tydskrif. Haar pad le besaai met middeljarige mans, Afrikanermeisies met eksotiese Engelse verhoogname, gevaarlike seks en dwelms. Stiletto vertel hoe sy daar beland het, wat sy daaruit geleer het en hoe sy dit oorleef het.

Goeiemore, Mnr. Mandela (Afrikaans, Paperback): Zelda la Grange Goeiemore, Mnr. Mandela (Afrikaans, Paperback)
Zelda la Grange
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 4 - 6 working days

Goeiemôre, mnr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe Zelda la Grange se lewe, oortuigings en vooroordele omvergewerp word deur die grootste staatsman van ons tyd.

Dit volg die ongelooflike lewenspad van ’n verskrikte tikster in haar vroeë twintigs wat gekies word as Nelson Mandela se lojaalste steunpilaar en haar loopbaan daaraan wy om reisgenoot en versorger te word van die man wat sy ‘Khulu’ noem.

Hierdie boek wentel om liefde en tweede kanse. Dit sal jou lewe raak en jou laat glo elkeen van ons, ongeag wie ons is en wat ons gedoen het, het die mag om te verander.

Zephany - Twee Ma's. Een Dogter. 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback): Joanne Jowell Zephany - Twee Ma's. Een Dogter. 'n Ongelooflike Ware Verhaal. (Afrikaans, Paperback)
Joanne Jowell 2
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) In Stock

“Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met ’n hoodie aan en ’n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek … Dit het my gebreek. Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word ’n misdadiger genoem.”

Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid.

’n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miché Solomon pas met matriek begin. Sy het ’n kêrel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat ’n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en ’n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie.

Miché is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer háár storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis.

Jeremy Vannie Elsies (Afrikaans, Paperback): Jeremy Vearey Jeremy Vannie Elsies (Afrikaans, Paperback)
Jeremy Vearey
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Van laaitie tot politieke kryger, bandiet tot generaal-majoor, ondergrondse operateur tot presidensiële lyfwag…

Van sy kleintyd in Elsiesrivier neem Jeremy Vearey se lewe talle onvoorspelbare wendings. Sy eiesoortige vertelling sluit die ouere manne van sy jeug in, die ooms by die damstafel, kerkjeugkampe en die Kommuniste-manifes, skoolhou en ondergrondse werk vir MK, en sy aanhouding op Robbeneiland. As Mandela se lyfwag help hy ’n opstand in die Karoo ontlont, voor hy deel word van die nuwe SAPD, waar hy saam met die gewese vyand terrorisme en Kaapse bendes takel.

En onder alles loop ’n donker stroom.

Ai, Abraham (Afrikaans, Paperback): Abraham Luckhoff Ai, Abraham (Afrikaans, Paperback)
Abraham Luckhoff
R307 Discovery Miles 3 070 Ships in 6 - 10 working days

Dr. Abraham Lückhoff het as dominee, koerantman en diplomaat op drie vastelande gewerk en so ’n leeftyd se humoristiese staaltjies en stories bymekaargemaak.

Hy vertel van sy sorgelose kinderdae op Clanwilliam, die guitige manewales van sy tienerjare op Graaff-Reinet en die snaakse wedervaringe van sy lewe as predikant in Amerika, Mexiko en België.

Op Soek Na Saartjie - Lagenhoven Se Geheime Liefde (Afrikaans, Paperback): Dominique Malherbe Op Soek Na Saartjie - Lagenhoven Se Geheime Liefde (Afrikaans, Paperback)
Dominique Malherbe 2
R367 Discovery Miles 3 670 Ships in 4 - 6 working days

Op 15 Julie 1932 sterf CJ Langenhoven skielik. Dat hy ’n jong Joodse vrou, die vurige rooikop Sarah Eva Goldblatt, as eksekuteur van sy literêre nalatenskap benoem, kom as ’n verrassing. Dominique Malherbe was van kleins af gefassineer deur die familiefluisteringe oor dié groottante van haar en haar verhouding met Langenhoven. Uiteindelik besluit sy om antwoorde te soek  oor Saartjie se lewe, haar werk en die raaisel rondom haar babaseun.’n Ongewone en boeiende literêre liefdesverhaal.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Song For Sarah - Lessons From My Mother
Jonathan Jansen, Naomi Jansen Hardcover  (3)
R100 R93 Discovery Miles 930
Simple Quilts - From Me and My Sister…
Barbara Groves, Mary Jacobson Staple bound R414 Discovery Miles 4 140
Seks, Skoonma's & Skuld - 'n Troostante…
Elize Parker Paperback R5 Discovery Miles 50
John Wesley in America - Restoring…
Geordan Hammond Hardcover R3,436 Discovery Miles 34 360
Curated Stories - The Uses and Misuses…
Sujatha Fernandes Hardcover R3,271 Discovery Miles 32 710
The Role of Theoretical Debate in the…
Louise Duncan Hardcover R4,215 Discovery Miles 42 150
Fabric Decoupage - Transform Your Home…
Alet Genis Paperback R95 R88 Discovery Miles 880
E-Learning as a Socio-Cultural System…
Vaiva Zuzeviciute, Edita Butrime, … Hardcover R4,962 Discovery Miles 49 620
SBAs and MCQs for the Final FRCA
Rakesh Tandon Paperback R2,132 Discovery Miles 21 320
Handbook of Research on Writing and…
Elizabeth A. Monske, Kristine L. Blair Hardcover R6,789 Discovery Miles 67 890

 

Partners