0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (7)
  • R50 - R100 (23)
  • R100 - R250 (85)
  • R250 - R500 (164)
  • R500+ (27)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Biografieë

A Memoir of the Life of Samuel Austin Hitchcock, of Brimfield, Mass (Afrikaans, English, Paperback): Charles McEwen Hyde A Memoir of the Life of Samuel Austin Hitchcock, of Brimfield, Mass (Afrikaans, English, Paperback)
Charles McEwen Hyde
R331 R303 Discovery Miles 3 030 Save R28 (8%) Ships in 18 - 22 working days

This is a reproduction of a book published before 1923. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book. ++++ The below data was compiled from various identification fields in the bibliographic record of this title. This data is provided as an additional tool in helping to ensure edition identification: ++++ A Memoir Of The Life Of Samuel Austin Hitchcock, Of Brimfield, Mass Charles McEwen Hyde A. Mudge & Son, Printers, 1874

20 Maande In Gyselaarshel (Afrikaans, Paperback): Debbie Calitz, Ulrike Hill 20 Maande In Gyselaarshel (Afrikaans, Paperback)
Debbie Calitz, Ulrike Hill 1
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 4 - 6 working days

Toe Debbie Calitz en Bruno Pelizzari in Oktober 2010 in Dar-es-Salaam anker lig, sou hulle nooit kon raai dat hulle op ’n hellevaart vertrek nie.

Drie dae nadat hulle as bemanningslede op die seiljag Choizel vertrek het, is die vaartuig gekaap deur Somaliese seerowers wat ʼn losprys vir Debbie en Bruno geëis het. Twintig maande lank is die paartjie van die een donker hool na die ander verskuif, telkens met ander oppassers wat hulle – en veral vir Debbie – aan onbeskryflike gruweldade onderwerp het.

Dit was Debbie se geestelike ingesteldheid, haar medemenslikheid, en ironies genoeg, haar verlede as ʼn slagoffer van mishandeling, wat haar aan die lewe help hou het deur positief te bly en te glo dat sy en Bruno gered sou word.

In hierdie meesleurende boek oor afskuwelike ontmensliking onthul Debbie die besonderhede van hul beproewing en hul uiteindelike bevryding. Dit is die verhaal van ʼn vrou se onoorwinlike moed toe vryheid en menswaardigheid nog net ʼn vae herinnering was.

6 Ster: Binne die ingewande van Pretoria-Sentraal (Afrikaans, Paperback): T.Rex 6 Ster: Binne die ingewande van Pretoria-Sentraal (Afrikaans, Paperback)
T.Rex
R278 Discovery Miles 2 780 Ships in 4 - 6 working days

Ek kyk op en ek tel: Een, twee, drie...sewe-en-twintig, agt-en-twintig. Daar is drie groepe van agt-en-twintig klein, horisontale, reghoekige ruite. Dit lyk soos tralies, maar dis plat, met glas tussenin. Ek kan nie slaap - soos al die vorige aande. Gedagtes maal deur my kop: Sal ek ooit slaap in die hel? Vrae en nogmaals vrae is al wat by my opkom waar ek op my bed le en opkyk. Hoe het ek hierin beland? Gaan ek ooit weer die buitewereld sien? Wat gaan ek doen as ek eendag uitkom? Ek, TRex, le en ruite tel in 'n half donker sel in Pretoria-Sentral gevangenis. 'n Storie soos in 'n fliek of boek is dit beslis nie.......

Vyftig vurig en fabulous (Afrikaans, Paperback): Brumilda Van Rensburg Vyftig vurig en fabulous (Afrikaans, Paperback)
Brumilda Van Rensburg 1
R188 Discovery Miles 1 880 Ships in 4 - 6 working days

Brümilda van Rensburg is ʼn magneet vir komplimente. Hoe lyk ʼn mens vir só goed? Waar kry sy haar styl vandaan? Hoe is sy op vyftig plus steeds ʼn rolmodel vir twenty-something aktrises? En waar steek sy haar mojo-resep weg?

Brümilda van Rensburg is ʼn magneet vir komplimente. Hoe lyk ʼn mens vir só goed? Waar kry sy haar styl vandaan? Hoe is sy op vyftig plus steeds ʼn rolmodel vir twenty-something aktrises? En waar steek sy haar mojo-resep weg?In Vyftig,vurig en fabulous gee Brümilda die antwoorde. Dis nie ʼn outobiografie nie, maar dit gee die leser wél ʼn kykie op wie sy is en wie haar help vorm het. ʼn Inspirasieboek!

Brümilda verklap dat wie sy is iets te doen het met die verlede. Met mense en hulle invloed op haar lewe. Wie jy is, het baie te doen met wie jy jou omring en styl kan nie gekoop word nie. Brumilda het geleer dat enkellopendheid jou nie definieer nie, maar jou uitdaag. Dat wanneer jou paadjie nie noodwendig uitdraai soos jy hoop nie, die road less travelled soms ander verrassings bied. Die geheim tot sensualiteit, het iets te doen met denke, dade en leefstyl.

Maar een ding is irrelevant Lees en vind uit wat dit is! Brümilda se bates (innerlik én uiterlik) is binne jou bereik. Van vandag af kan jy stylvol, smeulend, vervuld en tydloos volvrou wees.

Dis Nou Ek - 'n Outbiografie (Afrikaans, Hardcover): Carel Boshoff Dis Nou Ek - 'n Outbiografie (Afrikaans, Hardcover)
Carel Boshoff
R441 Discovery Miles 4 410 Ships in 4 - 6 working days

Carel Boshoff was by uitstek 'n intellektuele aktivis. Hoewel sy lewe in hierdie boek gepen is, is dit meer as 'n lewensverhaal; daar word besin oor die teologie, die kerk se sendingtaak, en oor die rol van die kerk in die samelewing. Sy uitgebreide openbare lewe word vertel aan die hand van sy ervarings in die Afrikaner-Broederbond (waaruit hy later bedank het), die Voortrekkers en die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasseaangeleenthede. Boshoff het alle mense met respek en toegeneentheid behandel en in 'n loopbaan met omstrede standpunte het hy vriende onder medewerkers en teenstanders gemaak.

Agter Die Skerms - My Donker Reis Na Die Lig (Afrikaans, Paperback): Christo Gerlach Agter Die Skerms - My Donker Reis Na Die Lig (Afrikaans, Paperback)
Christo Gerlach
R152 Discovery Miles 1 520 Ships in 4 - 6 working days

Met hierdie ware verhaal onthul die akteur en televisie-vervaardiger Christo Gerlach die skokkende werklikhede agter die glans van die vermaaklikheidsbedryf. As kind moes Christo die papawers uit sy ouma se tuin ruk omdat sy oupa in die Volksblad gelees het dat die blom 'n bron van opium is. Jare later sou Christo homself moes ruk uit die kloue van 'n kokaiene-verslawing. In sy soms pynvol eerlike verhaal vertel hy van sy soeke na die liefde en aanvaarding wat sy pa nooit vir hom gegee het nie, van sy reis van toneelspeler en TV-ster tot vervaardiger van top-reekse soos Idols, Glitterati en Tonge Los. Hy ontbloot sonder skroom wat agter die skerms van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf aangaan. Hy beskryf ook sy tekortkominge in sy drie langtermynverhoudings – wat telkens in skerwe eindig. En hy praat reguit oor sy verslawings aan kokaiene en Stilnox. En dan is daar die skim van Alfredo – die man wat in sy donkerste ure deel van sy vernietiging was. Christo se reis neem hom van die donkerte tot 'n plek waar genesing kan begin – ’n nuwe lewe van selfaanvaarding.

Viva la Vicki! (Afrikaans, Paperback): Vicki Fourie Viva la Vicki! (Afrikaans, Paperback)
Vicki Fourie 1
R187 Discovery Miles 1 870 Ships in 4 - 6 working days
Anacharsis Cloots - L'Orateur Du Genre Humain, Volumes 1-2 (Afrikaans, Paperback): Georges Avenel Anacharsis Cloots - L'Orateur Du Genre Humain, Volumes 1-2 (Afrikaans, Paperback)
Georges Avenel
R1,155 Discovery Miles 11 550 Ships in 18 - 22 working days

This is a reproduction of a book published before 1923. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book. ++++ The below data was compiled from various identification fields in the bibliographic record of this title. This data is provided as an additional tool in helping to ensure edition identification: ++++ Anacharsis Cloots: L'orateur Du Genre Humain, Volumes 1-2; Anacharsis Cloots: L'orateur Du Genre Humain; Georges Avenel Georges Avenel A. Lacroix, Verboeck-hoven & ce., 1865 France; Revolutionaries

Victor: My Reis (Afrikaans, Paperback): Victor Matfield Victor: My Reis (Afrikaans, Paperback)
Victor Matfield
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Een Wêreldbeker, ’n reeks-oorwinning oor die Britse en Ierse Leeus, twee Drienasies-titels, drie Super Rugby-trofeë en drie Curriebekers… Dit is een man se buitengewone prestasies in ’n loopbaan wat oor 16 ongelooflike jare gestrek het. Sy naam is Victor Matfield, en hy is ’n internasionale en Suid-Afrikaanse sportlegende. Jy wíl sy storie lees…

Vanaf sy grootwordjare toe hy ’n skaam, sport-mal seuntjie in Pietersburg was totdat hy die kruin van sy sukses in sy rugbyloopbaan bereik het, het Victor as ’n professionele sportman op die harde manier geleer van die plesier wat die lewe bied sowel as die pynlike druk wat daarmee saam gaan. In hierdie outobiografie waarna daar met groot afwagting uitgesien is, vertel hy openhartig van sy verhoudings met sy afrigters, insluitend Heyneke Meyer, Jake White en Peter de Villiers, die sterk bande wat hy met sy spanmaats gesmee het by die Bulle en in die nasionale span, en sy diepgaande liefde en respek vir die Springbok-trui. Hy bespreek die strydige kwessies wat die Suid-Afrikaanse rugbytoneel geteister het in die tydgleuf waarbinne sy loopbaan geval het, die opgang in Blou Bul-rugby en hul tekortkominge ten opsigte van topvorm-kondisie tydens sy laaste rugbyseisoen, die Bokke se kontroversiële kwarteindstryd wat die einde van hul mededinging om die Rugbywêreldbeker in 2011 beteken het, sy uittrede uit rugby en veel, veel meer.

Victor: My Reis is ongetwyfeld die een boek wat elke rugbyliefhebber sál wil lees.

David Kramer - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback): Dawid De Villiers, Mathilda Slabbert David Kramer - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback)
Dawid De Villiers, Mathilda Slabbert
R192 Discovery Miles 1 920 Ships in 4 - 6 working days

David Kramer se bekendheid strek wyer as die Karoovlaktes. Sy weghol-treffers en oorrompelende glimlag in die Volkswagen-advertensies het in die 1980's 'n huishoudelike naam van hom gemaak. Net meer as 'n dekade later het sy musiekblyspele saam met Taliep Petersen internasionale roem gebring met vertonings op die West End en Broadway. Maar wie is die man agter die kitaar en die rooi velskoene? Die biografie onthul 'n woordkunstenaar wat kan toor met Afrikaans, 'n slim sakeman en iemand met sterk beginsels wat opstaan teen ongeregtigheid. Die boek vertel van sy grootwordjare in Worcester en hoe hy sy stem as kunstenaar gevind het. Dit vertel ook van die uiters private mens agter die "almal se pel"-persona en van die skadukant van skielike roem. Kramer se lewenslange droom om 'n stem te gee aan die randfigure binne die Afrikaanse leefwereld het die afgelope dekade 'n werklikheid geword namate hy die werk van bruin folk musikante van die Karoo begin opteken het. As musikale antropoloog het hy 'n groot bydrae gelewer om ons verstaan van Suid-Afrikaanse musiek verder uit te brei. Die onthullende boek bied 'n rare blik op wat agter die skerms gebeur het in die loopbaan en die lewe van een van ons gewildste musikante.

Om Te Weet Wie Ek is (Afrikaans, Paperback): Nianell Om Te Weet Wie Ek is (Afrikaans, Paperback)
Nianell
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days

Waar die bekende en gewilde Suid-Afrikaanse sangeres en glanspersoonlikheid, Nianell, ook al gaan en optree, het sy een belangrike, inspirerende boodskap: elkeen van ons mag, kan en moet lief wees vir onsself. As ons dit regkry, sal ons die mense rondom ons ook aanraak en so 'n verskil in hul lewens maak. In haar heel eerste boek, Om te weet wie ek is, vertel die bekroonde sangeres van die lesse wat sy in die lewe geleer het en hoe sy ontdek het hoe om lief te wees vir haarself. Nianell neem die leser saam op haar lewensreis van 'n skaam, teruggetrokke skooldogter tot wie sy vandag is en wat sy langs die pad oor haarself en oor die lewe geleer het. Die lewe was vir haar, net soos vir die res van ons, 'n ontdekkingstog wat soms moeilik was. Sy skroom nie om op 'n eerlike, deursigtige en onpretensieuse manier haar persoonlike ondervindings van swaarkry, sukkel om te behoort, liefhe, vrou-wees, ma-wees van 'n drieling en ster-wees met die leser te deel nie. Bowenal, se Nianell, het sy geleer dat ons elkeen vir onsself kan en moet lief wees – en altyd moet onthou wie ons werklik is. Sy gebruik verskeie persoonlike stories – waarvan sy talle vir die eerste keer met die publiek deel – om te vertel hoe sy self by die punt uitgekom het om haarself te aanvaar en om altyd te onthou wie sy werklik is. Nianell se vertellings oor haar persoonlike ondervindings sal elkeen se hart raak en 'n dieper insig gee in haar lewe en in die feit dat glanspersoonlikhede ook maar soms worstel met kwessies waarmee elkeen van ons sukkel. Haar stories sal jou inspireer en jou die waarde daarvan laat besef om jouself te aanvaar en lief te he soos jy is. Om te weet wie ek is is 'n genotvolle kombinasie van biografie en inspirasie – dis 'n lees- en groei-ervaring wat jou sal bybly lank

Woord Vir Woord (Afrikaans, Paperback): Johan Stemmet Woord Vir Woord (Afrikaans, Paperback)
Johan Stemmet
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Daar is min gesigte op Suid-Afrikaanse televisie so wyd herken en geliefd soos die van Johan Stemmet, en min kenwysies so sinoniem met naweekaand-vermaak as die vrolike Noot vir Noot-klingel. Dat Johan Stemmet al vir meer as dertig jaar ononderbroke by televisie betrokke is, voor en agter die skerms, mag dalk sommige verras (hy lyk dan nie 'n dag ouer as dertig nie?) - maar nog interessanter is die doodgewone aardsheid en opregte menswees wat die toonaard bepaal vir die gebore Weskusklong se lewenslied. Woord vir Woord is 'n reis deur Johan se lewe: 'n kleurvolle concerto met 'n goeie sarsie dawerende akkoorde (geweet dat Johan as student vir Paul Getty II partytjiemusiek verskaf het? Of die een was wat gesorg het vir Tolla van der Merwe se eerste televisieverskyning?) en onverwagse vingerlopies (hy't Afrikaans gegee by Rondebosch Boys High - en dink self sy onderbaadjies op televisie lyk verspot!). Of jy nou 'n getroue aanhanger is, of eerder grappenderwys dink 'Kyk hoe kyk hy vir my!' - Woord vir Woord is meer as bloot die vertel van 'n fassinerende lewe. Dis ook die verhaal van die ontvouing van die Suid-Afrikaanse televisiebedryf en 'n sout-van-die-aarde-storie wat nie anders kan as om wyd te resoneer en te boei nie!

Ek wil he jy moet weet.... - Sy is steeds my kind (Afrikaans, Paperback): Susan Lemmer Ek wil he jy moet weet.... - Sy is steeds my kind (Afrikaans, Paperback)
Susan Lemmer
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days
Een Glas Dooswit, Asseblief? - Sober Besinnings Van 'n Skuldenaar (Afrikaans, Paperback): Linette Retief Een Glas Dooswit, Asseblief? - Sober Besinnings Van 'n Skuldenaar (Afrikaans, Paperback)
Linette Retief
R204 Discovery Miles 2 040 Ships in 4 - 6 working days

Linette Retief, bekroonde advertensie kopieskrywer, steek haar trots in haar sak en betree die wereld van skuldberading. Sy maak ook nadere kennis met twee-minuut noedels ... 'n Aksie-avontuur waar Linette as enkelma-verbruiker haar vrou moet staan teen verbruikerslandmyne. Die verhaal van hoe sy in die skuld beland het en hoe sy stadig maar seker weer besig is om daar uit te ontsnap sal lesers nie net vermaak nie, maar is ook prakties en vol nuttige wenke.

Tydbom - Skerwe Van 'n Polisielewe (Afrikaans, Paperback): Johan Marais Tydbom - Skerwe Van 'n Polisielewe (Afrikaans, Paperback)
Johan Marais
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

Op 16 verlaat Johan Marais die skool om by die polisie aan te sluit. Op 'n vroee ouderdom word hy reeds blootgestel aan geweld, lyke en 'n rits polisievergrype. Maar as avontuurlustige jong man sluit hy in die laat sewentigerjare by Koevoet aan op soek na meer aksie. By halssnoermoorde en faksiegeweld is sy eenheid eerste op die toneel. Hy is 'n ooggetuie van verskeie voorvalle van polisiebrutaliteit. Hy ontken egter die gevolge van al die trauma, maar hy verlaat wel die polisie om sy eie besigheid te begin. Sy huwelik loop op die rotse. Soos hy afgaan in 'n maalkolk van depressie en fisieke pyn weens sy drankmisbruik, eksperimenteer hy ook met dwelms. Hy pleeg amper selfmoord voordat hy teenoor homself erken dat hy hulp nodig het. Marais het die boek geskryf om sy duiwels te besweer. Sy eerlike, reguit vertelling getuig van rou menslikheid. Dit skok en gryp jou terselfdertyd aan die hart.

Vereeniging - Die Onvoltooide Vrede (Afrikaans, Paperback): Leon Wessels Vereeniging - Die Onvoltooide Vrede (Afrikaans, Paperback)
Leon Wessels
R272 Discovery Miles 2 720 Ships in 4 - 6 working days

In David Goldblatt se boek Some Afrikaners Revisited is daar 'n foto van 'n berede jong Afrikaner, geneem by 'n Nasionale Party-viering in 1964. Daardie jong man was in 1990 die eerste lid van die NP-regering wat verskoning vir apartheid gevra het, en in November 2009 het hy uitgetree as Menseregtekommissaris. Watter pad het hom tot hier gelei? En watter pad het Suid-Afrika in dieselfde tyd geloop? Wessels vertel pakkend van die groot politieke veranderings wat hy beleef het, as minister in die laaste apartheidskabinet, as grondwetonderhandelaar en menseregte-kommissaris. Maar dis 'n groter verhaal wat hy vertel. "Dit maak my vies wanneer apartheid die skuld kry vir alles wat skeef loop," se hy. "Dit maak my net so vies wanneer mense maak asof apartheid geen impak het op hedendaagse vraagstukke nie." Met sy vertrekpunt dat die nuwe Suid-Afrika se grondwet op die aandrang van Nelson Mandela by Vereeninging onderteken is, waar ook die Vrede onderteken is wat die Unie tot stand gebring het, vra hy die vraag hoe ver ons op die weg van vereniging gevorder het. Hy beantwoord dit aan die hand van vyf groot temas: die regstaat, menseregte, rassisme, versoening, en armoede. Wessels, wat 'n ver pad gekom het sedert sy berede dae, praat oorredend en met ontwapenende eerlikheid oor nasionale en eie dwalings.

Richard Wagners Briefe in Originalausgaben, Volume 9 (Afrikaans, Paperback, Large type / large print edition): Richard Wagner,... Richard Wagners Briefe in Originalausgaben, Volume 9 (Afrikaans, Paperback, Large type / large print edition)
Richard Wagner, Franz Liszt, Wilhelm Altmann
R971 Discovery Miles 9 710 Ships in 18 - 22 working days

This is a reproduction of a book published before 1923. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book.

Woerterbuch Zu Dr. Martin Luthers Deutschen Schriften, Volume 1 (Afrikaans, Paperback): Philipp Dietz Woerterbuch Zu Dr. Martin Luthers Deutschen Schriften, Volume 1 (Afrikaans, Paperback)
Philipp Dietz
R1,102 Discovery Miles 11 020 Ships in 18 - 22 working days

This is an EXACT reproduction of a book published before 1923. This IS NOT an OCR'd book with strange characters, introduced typographical errors, and jumbled words. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book.

Koos Meyer: Lag-lag 'n Legende - Soos Oorvertel Deur Deon Van Zyl (Afrikaans, Paperback): Deon Van Zyl Koos Meyer: Lag-lag 'n Legende - Soos Oorvertel Deur Deon Van Zyl (Afrikaans, Paperback)
Deon Van Zyl
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 6 working days

Koos Meyer is ‘n legende. Op laerskool reeds was hy ‘n entrepreneur met die aardigste geldmaakplanne. As nie-studerende student op Stellenbosch het hy roem verwerf as poetsbakker en kansvatter. En as joernalis, prospekteerder, grootwildjagter, matroos, hotelbestuurder, wildbewaarder en toespraakmaker het hy hom onderskei deur sy ongewone manier van doen.

Hy het nooit nodig gehad om snaaks te wees nie; hy was dit net. Met verborge agter die plesierige masker ‘n diepte waarvan min weet. Hier is bekende en minder bekende Koos-stories – nostagiese plesier vir tydgenote van hom, en ‘n aansteeklike kennismaking vir jonger lesers.

Soos Ollie Viljoen sê: “Daar is net één Koos Meyer.”

Richard Wagners Briefe in Originalausgaben, Volumes 7-8 (Afrikaans, Paperback): Richard Wagner, Franz Liszt, Wilhelm Altmann Richard Wagners Briefe in Originalausgaben, Volumes 7-8 (Afrikaans, Paperback)
Richard Wagner, Franz Liszt, Wilhelm Altmann
R808 Discovery Miles 8 080 Ships in 18 - 22 working days

This is a reproduction of a book published before 1923. This book may have occasional imperfections such as missing or blurred pages, poor pictures, errant marks, etc. that were either part of the original artifact, or were introduced by the scanning process. We believe this work is culturally important, and despite the imperfections, have elected to bring it back into print as part of our continuing commitment to the preservation of printed works worldwide. We appreciate your understanding of the imperfections in the preservation process, and hope you enjoy this valuable book.

Charlize - Ek Leef My Droom (Afrikaans, Paperback): Chris Karsten Charlize - Ek Leef My Droom (Afrikaans, Paperback)
Chris Karsten
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

As a young girl Charlize Theron saw Darryl Hannah in Splash and she was convinced that she would make a better mermaid. Ever since, she has pursued her dream with single-minded obsession. Prize-winning author Chris Karsten traces Charlize 's meteoric rise from a smallholding in South Africa to the pantheon of stars. Personal interviews with friends and family in South Africa and extensive research flesh out the life and career of this remarkable woman. Judging from the first 33 years of her life as revealed in this part-biography, Charlize will indeed one day be able to look back on her life and say: This has been one helluva ride.

Konsert Van Die Lewe - Die Storie Van Tolla Van Der Merwe  (Afrikaans, Paperback): Tania Du Toit Konsert Van Die Lewe - Die Storie Van Tolla Van Der Merwe (Afrikaans, Paperback)
Tania Du Toit
R164 Discovery Miles 1 640 Ships in 4 - 6 working days

Tien jaar ná sy dood, word hy steeds onthou vir sy stories, sy unieke taal, sy humor in Afrikaans, maar méér dalk nog deur dié wat hom geken het vir sy aardsheid, sy menslikheid, vir hoe hy ander op soveel vlakke aangeraak en onvoorwaardelik van homself gegee het.

’n Tekort aan feite oor Tolla is daar nie. Die vraag was hóé om sy storie te vertel ... Die draad wat regdeur sy lewe geloop het is dié van Tolla die gewer, die een wat uitdeel – nie net tasbare goed nie, maar ook van homself, om die lewe ’n beter plek te maak.

Dalk verduidelik juis dít die gevoel van groot verlies toe hy skielik nie meer daar was nie.

Joost - Spieelbeeld (Afrikaans, Paperback): David Gemmell Joost - Spieelbeeld (Afrikaans, Paperback)
David Gemmell
R230 Discovery Miles 2 300 Ships in 4 - 6 working days

Joost van der Westhuizen, bes moontlik die beste skrumskakel wat unie-rugby al ooit opgelewer het, het sowel op die veld as daarvan af vir eweveel opwinding in die media gesorg. Waaroor dit ook al gegaan het, van sy onverskrokkenheid op die rugbyveld tot sy huwelik met die glansryke Amor Vittone en selfs die onlangse aantygings teen hom in die seksvideo-skandaal, Joost het tot nog voortdurend in die nuus gebly. Hierdie titel volg die verloop van sy rugbyloopbaan, maar gee ook die spieel 'n spreekbeurt en kyk na Joost as man. Dit is 'n fassinerende verhaal van 'n rugby-wonder en kontroversiele glanspersoonlikheid. Dit bring die waarheid agter die aantygings en teenaantygings wat Joost tans omring, aan die lig.

Oscar (Afrikaans, Paperback): Oscar Pistorius Oscar (Afrikaans, Paperback)
Oscar Pistorius
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days

Op elf maande word beide Oscar Pistorius se bene net onder die knie geamputeer weens 'n genetiese gebrek. Maar Oscar laat hom nie van stryk bring nie. Oscar is die verhaal van hoe 'n jong man met die ondersteuning van sy ouers die struikelblokke van die lewe oorkom deur te weier om tou op te gooi. In sy eie woorde vertel Oscar van sy grootwordjare: van boomhuis bou; kaskar ry en rem aanslaan met die kunsbene; van sport en skool en meisies. Dit is 'n beeld van 'n seun soos enige ander, want niks sou hom laat glo hy is gestremd nie. In 2004 begin hy aan atletiek deelneem. 'n Jaar later wen hy twee goue medaljes tydens die Paralimpiese Wêreldkampioenskap. Maar sy wedloop is nog nie voltooi nie. In 2007 neem Oscar deel aan sy eerste internasionale kompetisie vir ongestremde atlete. 'n Polemiek bars los: gee die kunsledemate Oscar 'n onregverdige voordeel? Uitgebreide toetse in Duitsland en Amerika volg, en in 'n verhoor voor die Sporthooggeregshof in Switserland word Oscar gelyk gegee. Hierdie boek volg Oscar Pistorius se verhaal van seuntjie sonder bene tot sportsuperster. Die boek het oorsronklik in Italië verskyn, waar Oscar groot beroemdheid geniet en is deur die bekende radiopersoonlikheid Tossie Lochner vertaal.

My Pyn, My Glorie (Afrikaans, Paperback, Uitg ed.): Hestrie Cloete-Els My Pyn, My Glorie (Afrikaans, Paperback, Uitg ed.)
Hestrie Cloete-Els
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days

She was the long-legged girl from the small town Coligny that set world records as a high jumper and brought Olympic medals back to South Africa. But with the glory, Hestrie Cloete-Els also experienced the pain life can cause: a painful childhood filled with arguments; a marriage she entered into too young; the death of loved ones - often just before her biggest competitions...She writes about all of this - the pain and the glory - in her autobiography. For the first time, she tells about her miscarriage while still married to Andries Cloete in 2004. She also sketches an intimate picture of her new life with Afrikaans singer, Jurie Els and their two children in New Zeeland and says how she feels about the molestationaccusation made against Jurie Els by the young singer, Robbie Klay.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Moed Vir Elke Dag - Maak Elke Dag Jou…
Joyce Meyer Hardcover R249 R229 Discovery Miles 2 290
Brooklyn Dodgers in Cuba
Jim Vitti Hardcover R719 R638 Discovery Miles 6 380
Playing Our Game - Why China's Rise…
Edward S. Steinfeld Hardcover R809 Discovery Miles 8 090
Mexican American Baseball in Orange…
Richard A. Santillan, Susan C Luevano, … Hardcover R719 R638 Discovery Miles 6 380
Rise and Kill First - The Secret History…
Ronen Bergman Hardcover R972 R860 Discovery Miles 8 600
The Well
A.J. Whitten Paperback R485 R409 Discovery Miles 4 090
Phenomena - Code of the Grand Original…
Klaus Heinemann, Gundi Heinemann Hardcover R884 Discovery Miles 8 840
Ready-to-Use Independent Reading…
Maureen Lodge, Beverley Jones Paperback R371 R348 Discovery Miles 3 480
UFO Sightings - The Evidence
Robert Sheaffer Hardcover R824 R763 Discovery Miles 7 630
The Texas Murders
James Patterson, Andrew Bourelle Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300

 

Partners