![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Biografieë
Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan
aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie
presteer. Maar hy bly ontevrede met homself - hy sug voordurend na
erkenning en aanvaarding. Tot hy besef dat hy ʼn keuse het: Kies die
lewe, óf kies ’n stadige dood. Reggie se verhaal is een van hoop. Sy
storie is een van swaarky, maar ook van uitdagings wat oorkom kan word
en hoe om met Christus aan jou sy sterker anderkant uit te kom.
Farren Cloete is geroep vir ’n tyd soos hierdie, maar wys vir jou
op jou roeping ook: dit maak nie saak wat mense sê nie, as God jou
geroep het kan geen mens jou keer nie en jy hoef aan niemand rekenskap
te gee nie. Farren kom maak ons vry daarvan dat ons dink ons moet ander
gelukkig maak, en help ons om te fokus op wat God van ons wil hê. Dit
maak nie saak hoe moeilik ons roeping is nie, of ons opgewasse voel
daarvoor of nie, God is by ons en Hy roep ons vir ’n tyd soos hierdie.
Min het Zirk van den Berg, toe hy in 1998 met sy gesin na Nieu-Seeland
verhuis, geweet wat dit sou verg vir ʼn huis vol Kapenaars om Kiwi’s te
word. Hy vind homself werkloos, in ʼn piepklein huisie van karton, in
die land van kettingsae en grassnyers. Die son skyn nooit en sy vrou
sniks sags in haar kussing. Tog slaag Zirk uiteindelik daarin om ʼn
betekenisvolle bestaan in Auckland vir hom en sy mense te bou.
Nadat Ockert en Michele Potgieter getroud is, het hulle hul tasse gepak en vertrek Oekraïne toe, nie vir hulle wittebrood nie, maar om daar te werk onder die mense wat onlangs bevry is van agter die ystergordyn. Dit is egter ’n groot ontnugtering vir Michele in die begin – dit is yskoud in die winter en snikwarm in die somer. Die meeste huise het net buitetoilette en daar is min verskeidenheid in basiese kruideniersware. Die mense is baie vriendelik en hulle word meestal met oop arms verwelkom. Maar alles is nie altyd maklik nie, daar is ’n noue ontkoming met die mafia, agtervolging deur die KGB en verraad van binne die gemeente. Dan sterf Ockert tydens die Covid 19-pandemie tydens ’n besoek aan Suid-Afrika. Michele moet besluit of sy teruggaan Oekraïne toe, waar ’n oorlog dreig en of sy in Suid-Afrika by haar mense en haar kinders bly. Dit is ’n aangrypende verhaal oor liefde: liefde vir God, vir die mense van die Oekraïne, maar ook die liefde tussen Michele, Ockert en hul kinders.
Eierigting is‘n regsterm wat beteken dat jy die reg in jou eie hande
neem.
Met hierdie unieke boek vertel Nataniël die verhaal van ’n kindertyd in drie klein dorpies en een groot voorstad, ’n era waartydens reëls blindelings gevolg is en oor ’n jong seun met ’n oorweldigende vrees vir die gewone. Kyk na my is Nataniël se eerste volwaardige memoir.
’n Baie lang brief aan my dogter is Marita van der Vyver, een van Afrikaans se mees geliefde skrywers, se ontroerende jeugmemoir. Dit is 'n speurtog deur die skrywer se beginjare, maar dit is ook ’n liefdesbrief aan ’n dogter en ’n taal en ’n land. En bowenal is dit ’n ma se poging om sin te maak van hierdie onverskillige en wrede wêreld waarin sy haar nou begewe.
“Op die kombuisvloer sit-lê my man met sy rug na my toe. Sy ledemate
hang slap, soos ’n marionet wat pas sy toutjies verloor het. Op die
toonbank lê sy haelgeweer. Ek weet dadelik hy is dood.”
In die verlede, was ek baie keer onseker oor myself, veral as ek in 'n moeilike situasie beland het of 'n krisis moes hanteer. Noudat ek vierkantig daarmee gekonfronteer word, is dit vir my lekker om te weet ek het nie moed opgegee nie. Mathys Roets het sy musiekloopbaan in 1989 begin toe hy met sy kitaar in die hand, in 'n winkelsentrum in Pretoria, vir fooitjies gesing het. In 1996 maak hy 'n belangrike deurbraak met sy debuutproduksie op die KKNK. In hierdie vertoning, Nokturne, sing hy die musiek van Koos du Plessis. Met sy donker fluweelstem het die musiek van Koos du Plessis, Mathys soos 'n handskoen gepas. Deur sy loopbaan het Mathys bekendheid verwerf vir sy sielvolle vertolkings van die wereld se mooiste ballades, veral die musiek van Leonard Cohen, Roger Whittaker en Neil Diamond. Die pad wat hy gestap het was nie maklik nie. Hy het harde bene gekou, self luidsprekers rondgedra en van restaurant na restaurant gegaan om daar te sing, maar toe hy uiteindelik raakgesien word, het dinge behoorlik vir hom vlam gevat. Op 6 April 2009, op pad na die KKNK in Oudtshoorn, ry Mathys met sy geel BMW motorfiets van die pad af. Vir dae lank hang sy lewe aan ? draadjie en uiteindelik reik die Rosepark Hospitaal ? verklaring uit: Mathys is verlam. Ten spyte van hierdie terugslag, besluit Mathys om vorentoe te kyk en steeds voluit te leef. Steeds Mathys is die inspirerende lewensverhaal van Mathys Roets, soos vertel aan Alita Vorster. Dis 'n verhaal wat lesers sal laat glimlag, maar ook aangryp en besiel. Na die lees van hierdie boek moet 'n mens wonder hoe jy enige uitdaging as te groot kan beskou!
1 Recce: Agter vyandelike linies neem die leser tot in die Recces se “binnekamer”. In hul eie woorde vertel Recce-operateurs van die lewensgevaarlike operasies wat hulle onder groot geheimhouding in die laat 1970’s in Angola, Rhodesië en Mosambiek uitgevoer het. Dié wat daar was vertel van die spanning, afwagting, vrees, adrenalien, moegheid, dors en hartseer wat hulle beleef het, maar ook van die humoristiese momente en die hegte vriendskapsbande wat hulle gesmee het.
Geloof soos aartappels is die inspirerende ware verhaal van bekende evangelis Angus Buchan. Dit is ’n getuienis van hoe geloof ’n mens deur die donkerste tye kan dra. Nadat Angus tot bekering gekom het, is hierdie humeurige man wat van sy drank gehou het, verander in ’n passievolle dienaar van God. Sy geloof het hom al deur droogtes, familietragedie en finansiële krisisse gedra. Sedert hy tot bekering gekom het, het Angus die evangelie oor die wêreld heen verkondig. Hy het ook ’n kinderhuis gestig, verskeie boeke geskryf en duisende mense geïnspireer met sy boodskappe op TV, radio en by sy konferensies. Hierdie aangrypende boek sal jou opnuut verseker van God se almag en sy voorsiening vir sy kinders.
Gedurende die Grensoorlog het die Spesiale Magte se 4 Verkenningsregiment tientalle klandestiene seewaartse operasies saam met die SA Vloot uitgevoer. Van Cabinda in Angola tot Dar es Salaam in Tanzanië het hulle strategiese teikens soos oliedepots, vervoerinfrastruktuur en selfs Russiese skepe aangeval. Die bestaan van 4 Recce is grootliks geheim gehou, ook in die SAW. Ystervuis uit die see beskryf 50 operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot. Daaronder tel Operasie Kerslig (1981), waartydens ’n operateur dood en ander beseer is in ’n aanval op ’n olieraffinadery in Luanda, en Operasie Argon (1985) toe kaptein Wynand du Toit in Angola gevange geneem is. Die skrywers, wat self aan etlike van die operasies deelgeneem het, het ook toegang gekry tot uiters geheime dokumente wat intussen gedeklassifiseer is. Hul dramatiese vertellings wys hoe veelsydig en doeltreffend hierdie elite-eenheid was. Die omvattende boek is ’n moet vir enigeen met ’n belangstelling in die Spesmagte. Dit neem jou na die hart van die aksie, die adrenalien en vrees van seewaartse operasies.
Dana Snyman sien dinge op sy eiesoortige, aweregse manier. In deel een is hy op pad saam met die TV-span van Op pad met Dana. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook sy eie innerlike reis. Hy kom huistoe met 'n optelhond -- en met 'n nuwe manier van kyk. In deel twee kyk hy rugby. In kroee, township-huisies, saam met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen. Snaaks, skerp en onthutsend eerlik.
• Daarna is dit ‘n gepaste geskenk vir enige tyd van die jaar.
Toe die eerste bomme op Februarie 2022 Kijif aan flarde skiet, was Kobus Olivier gereed. Maar om te vlug was bloot nie ’n opsie nie – wat sou van sy vier geliefde honde word? In Met my honde word Kobus en sy vier brakke se verhaal vertel. Die angswekkende nagte terwyl bomme om hul neerreën, die verhaal van onvoorwaardelike liefde tussen mens en dier, en hoe jy selfs tydens ’n oorlog op die hulp van vreemdelinge kan staatmaak.
“Sy bly nog steeds ná 50 jaar in die vermaaklikheidsbedryf ’n nooi soos Min!” – André H. van Dyk In hierdie pragboek word foto’s en memento’s uit Min Shaw se persoonlike fotoalbums en plakboeke opgeneem. Min se herinneringe aan haar kinderdae, haar transformasie van onderwyseres tot sang- en filmster, en die mense wat haar op haar pad na sukses gehelp het, word in haar eie woorde weergegee. Min deel verder snaakse staaltjies uit haar verlede, skoonheidsgeheime en interessante “Min-feite”. Sy vertel hoe haar geloof haar positief en plat op die aarde hou. Boodskappe aan Min van bekendes soos Corlea Botha, Franz Marx, Lance James en Leon van Nierop word ook ingesluit.
“Dis politici wat oorlog verklaar, nie ons nie. Ons het gedoen wat ons
geglo het ons moes doen en hulle [die vyand] ook . . .” – Marco
Caforio, ouddienspligtige
Dis 'n fassinerende verslag van die lewe in maksimumsekuriteit-gevangenisse, met vars invalshoek: China was hondemeester, aan die voorfront tydens tronkgevegte. Gewapen slegs met 'n knuppel en sy hond moes hy messtekers en oproeriges afweer.
Hy is 'n mensch, 'n ongeslypte diamant met hart en ondernemingsgees.
Annamarie van Niekerk gaan brutaal eerlik om met vraagstukke waarmee ons daagliks worstel: plaasmoord, geweld teen vroue, skuld en onmag, aandadigheid en keuse. Sy woon in Den Haag, maar keer terug Suid-Afrika toe vir die begrafnis van haar liewe vriend, Ruben, wat saam met sy ma in ʼn wrede plaasmoord vermoor is. Dié reis lei terug na ander reise: Van haar kinderjare in PE in ʼn streng Nasionale huishouding met ʼn Broederbondpa. Na Umtata, waar sy gaan klasgee en verlief raak op ʼn swart kollega. Na Hillbrow, waar die twee van hulle onwettig saamwoon en aktief is in skrywersirkels met vriende soos Nadine Gordimer en Njabulo Ndebele. Tot geweld ook hul verhouding binnedring. Uiteindelik na die tronk, waar sy Ruben se moordenaars gaan soek in haar strewe na verstaan. Van Niekerk vervleg haar eie storie aangrypend met ’n verkenning van die groot kwessies in ons land. Onder ʼn bloedrooi hemel is ʼn diep ontroerende persoonlike reis, van geweld na genade, meesterlik vertel.
Petrovna Metelerkamp het geen bekendstelling nodig nie. Sy het jare lank vir tydskrifte soos Huisgenoot en Insig geskryf en in 2000 die uitgewery Hemel & See Boeke gestig. Sy het bekendheid verwerf vir haar biografieë van Ingrid Jonker en Jeanne Goosen. Petrovna was ook verantwoordelik vir die publikasie van die brieweboeke van onder andere Audrey Blignault, Uys Krige en Hennie Aucamp, asook die memoires van Wilna Snyman, Fanus Rautenbach en Ollie Viljoen. Met hierdie langverwagte boek deel Petrovna haar herinneringe, wat die geskiedenis van haar herkoms en haar persoonlike ervarings oor baie dekades insluit.
In Kambrokind deel F.A. Venter sy jeugherinneringe vanaf sy voorskoolse jare tot op universiteit. Op boeiende wyse vertel Venter hoe hy die Karoo se sagte én harde kant leer ken. Hy kon homself wees in die veld en sy gedagtes vrye teuels gee, maar hy het ook die wreedheid van droogtes en siektes en die lang trekpad met skaap na beter weiding ervaar. Op skool het sekere onderwysers hom ontvanklik gemaak vir die wêreld van boeke en oordenking en het dit hom gedryf om hard te werk sodat hy met ’n studielening en twee pakke klere kon gaan studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.
Die derde deel van die reeks Imperiale somer word aan Johannesburg in die onmiddellike nasleep van die Anglo-Boereoorlog gewy, waarby alle dele van die destydse gemeenskap aandag geniet, met inbegrip van die swart stadsinwoners en die ontwikkeling van ’n eie stadskultuur onder hulle en die mynwerkers. Anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Babilon ’n interessante leeservaring.
Rosette Jordaan (gebore Theron) het vyftig jaar gelede Theuniskraal toe getrek as jong vrou van Kobus Jordaan, een van die plaas se twee erfgename. Hierdie boek bevat grepe uit haar lewe op dié spogplaas in die Tulbagh-vallei – die fabelagtige “Land van Waveren” – waar van Suid-Afrika se beroemdste wyne gemaak word. Dit vertel ook Theuniskraal se verhaal en die vallei se geskiedenis vandat Jan van Riebeeck se landmeter, Pieter Potter, dit besigtig het, en die eerste setlaars hul so dertig jaar later daar gevestig het. Amusant, interessant en soms ontroerend, dis ’n lekkerleesrelaas van ’n halwe eeu van lief, lag en leed op ’n besonderse Bolandse plaas. Bowenal spreek dit van die skryfster se deernis vir haar gesin, Theuniskraal, al sy mense en diere, en haar hele gemeenskap.
Suid-Afrika se Mnr. Pinotage, Beyers Truter, se passie vir die lewe en wyn is oral bekend. In hierdie boek kyk hy terug op sy eerste treë as wynmaker van Kanonkop, asook die deftige funksie in Londen toe hy in 1991 as Wynmaker van die Wêreld aangewys is. Hy vertel ook van die vlammetjie wat altyd in hom gebrand het om op sy eie plaas wyn te maak en die groot oomblik van Beyerskloof se eerste oes. Sy lewensreis as eienaar en wynmaker van Beyerskloof is een van vriendskap, nederigheid en lojaliteit. Die bekende ou skrywer van cowboy-boeke Louis L'Amour se betekenis van traildust was nog altyd vir hom 'n rigsnoer in sy lewe as wynmaker, ouer en vriend. Beyers sien altyd die humor in situasies raak en dis een van die redes hoekom hy die wyntoere so baie geniet het saam met Jannie Engelbrecht, Jan-Boland Coetzee, Kevin Arnold en Johan Malan. Hy het ook 'n lang paadjie geloop met die bekende Etzebeth-rugbybroers, asook Koos Kombuis. Hy deel ook sy liefde vir sy honde, duik, seekos en Namibië.
Brig.genl. Willem (Kaas) van der Waals kyk terugskouend na sy loopbaan
wat gekenmerk is deur veelsydigheid — valskermsoldaat en instrukteur,
operasionele diens in SWA, Angola en Rhodesië, militêre diplomaat en
SAW se hoof van buitelandse betrekkinge. |
You may like...
Athenian Comedy in the Roman Empire
C.W. Marshall, Tom Hawkins
Hardcover
R4,640
Discovery Miles 46 400
Magnetism and Synchrotron Radiation…
Eric Beaurepaire, Herve Bulou, …
Hardcover
R5,226
Discovery Miles 52 260
Via Afrika Ekonomie Graad 10 Leerderboek
G.S. Mabaso, J.N.T. Mbotho, …
Paperback
R299
Discovery Miles 2 990
The Arctic - A Barometer of Global…
Neloy Khare, Rajni Khare
Paperback
R2,821
Discovery Miles 28 210
|